Profesie 104

Wêreld, Pasop vir die Diktator van Diktators!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
24 November 2008

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende van 2 Kronieke by te voeg voor elke Profesie .

2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Geliefde kleinode van YAHUSHUA ons MASHIACH, YAHUSHUA se “Demon Stom-pers”, julle wie gekies is om hierdie Bediening se gebedsdekking te wees.

Ek lees elkeen van julle briewe hardop met trane wat oor my wange stroom en is somtyds skaars instaat om te praat. Ek kon julle liefde voel gekombineer met die baie e-posse wat deur ander mense gestuur word, van liefde en waardering, vir wat hierdie Bediening voor staan en vir dit wat ons doen en toe ontvang ek die onderstaande profetiese boodskap.  Die woorde van julle liefde en salwing het geboorte gegee aan ‘n onverwagse Profesie 104.  Julle is so baie spesiaal, dat woorde nie my waardering aan elkeen van julle kan oordra nie.

* * * * * * *

Geliefde Elisabeth [Elisheva], diegene wie hierdie Bediening as ‘n seën beskou, is jou geliefde geestelike kinders, diegene wie jou naam oplig voor ABBA YAHUVEH, wie nou help dra, nie net aan die laste van die Bediening nie, maar hulle help ook dra aan jou laste, en hulle help om die Bediening se vyande, wie YAHUVEH se vyande is, te beveg.  Pasop, sommige van hierdie vyande kom as wolwe in skaapsklere en soek wie hulle kan verslind.  Die wolwe word deur die bose herder, satan, gestuur en hulle word met een doel gestuur, om jou, Elisabeth [Elisheva], te vernietig en om hierdie Bediening te vernietig.  Die wolwe spreek lasterlike leuens oor jou Elisabeth [Elisheva], hulle vrugte is verrot en ‘n stank in MY neusgate alhoewel sommige dit durf waag om MY hulle Here te noem. Deur hulle aksies bewys hulle dat EK nie hulle Here is nie.  EK sal vir hulle sê, gaan weg van MY jou werker van ongeregtigheid want EK het jou nooit geken nie!

Onthou dit is ABBA YAHUVEH wie wraak sal neem op al MY Heilige kinders se vyande, want hulle veg nie teen jou, ‘n eenvoudige persoon nie, maar hulle veg teen YAHUVEH.  Pasop, almal wie hierdie Heilige Bediening aanval, met elke aanval teen hierdie Bediening, is dit soos om ‘n naald in YAHUVEH se oë te steek!  Daar is niks wat met ABBA YAHUVEH se woede en raserny vergelyk kan word nie want dit hou die hel se vuur aan die brand en dit hou die Poel van Vuur tot in ewigheid aan die brand.

Diegene wat hierdie Bediening seën, EK noem hulle jou geestelike kinders Elisabeth [Elisheva], en hulle ouderdom maak nie saak nie, want jy is soos ‘n geestelike moeder en mentor hulle.  Jy word gebruik om voort te spreek en MY gesalfde woorde in hulle gedagtes, liggaam, gees en siel te saai.  Jou geestelike familie is lief vir jou en respekteer jou soos ‘n biologiese familie nie kan liefhê nie, tensy hulle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA jou MASHIACH, en die Kosbare HEILIGE GEES aanbid.  Jy het dit in gemeen met almal wat dit doen.

MY Gees het elkeen van julle na hierdie Bediening toe getrek vir MY goddelike doel.  Nou Elisabeth [Elisheva], deel EK MY aardse kleinode met jou.  MY heilige kinders wie MY mees kosbaarste Juwele is.  Hulle leef Heilig want hulle wil ‘n seën vir YAHUVEH wees en MY geen skande berokken nie.  Geliefde Kinders, hou aan om in MY, YAHUSHUA julle MASHIACH te woon en EK sal aanhou om in julle te woon, en julle sal tot in ewigheid saam met MY in die Hemel woon.

Geliefdes, julle hoef nie te vrees dat enigeen MY Bruid sal aanbid nie, want die wêreld sal MY Bruid verwerp, vervolg en haat soos wat die heidene MY haat, want hulle haat alles wat Heilig is.  Onthou dit altyd, slegs die vervalsing wie nie van MY Gees is nie, word aanbid!  MY ware Bruid sal dit nooit toelaat nie.  Pasop vir ‘n vervalsing wat Amerika se gekose President is wat niks gedoen het nie en tog, deur massa verstandbeheer, hipnose en verstandmanipulasie met woorde alleen, geskryf deur ander, word hy nou soos ‘n Hitler aanbid en niemand kan uitredeneer hoekom nie.

O Amerika, onthou die profetiese droom wat EK deur Elisabeth [Elisheva] vrygestel het oor Hitler wat verrys, so pasop Wêreld vir die diktator van diktators, want dieselfde gees wat vir Hitler gedryf het, is dieselfde gees wat weer Washington D.C. sal bestuur.  Julle was gewaarsku.  Wanneer julle sien ‘n persoon word aanbid en vergelyk met MY, YAHUSHUA, besef dan dit is ‘n vervalsing deur satan gestuur om MY te tart.

Regerings in verskeie dele van die wêreld het verstandbeheer metodes op die massa bevolking in verskeie vorms toegepas, op verskeie maniere, en deur verskeie metodes.  Dit is alles om voor te berei vir die een wat Die Vals Profeet genoem word, en die een wat die anti-chris genoem word.  MY Heilige kinders is nie mislei nie en sal nie die vervalsing aanbid nie, hulle sal bestraf en teen die vervalsing waarsku.

Almal van julle wie by hierdie Bediening versamel is, is hierheen gelei om as MY Skape en Lammers op groen weivelde te wei.  Almal van julle hier, sal geestelik groei soos wat julle die waarhede ontvang wat hier te vinde is.  Plaas MY, YAHUSHUA julle MASHIACH eerste in julle liefde en lewe en wees lief vir mekaar wie MY HEILIGE GEES in hulle het.  Julle is MY kosbare Skape en Lammers en EK is YAHUSHUA, julle GOEIE HERDER.  MY skape ken MY stem en EK spreek MY boodskappe voort deur MY Kringleier “Ringmaiden” en dit is hoekom almal van julle na hierdie Bediening geroep is.  Dit is julle groen weiveld waar julle geestelike voedsel uit die Hemel eet en Nuwe Wyn drink asof dit water is.

EK is YAHUSHUA julle MASHIACH en al hierdie woorde is van toepassing op almal wie hierdie Bediening as ‘n seën beskou, en aan MY geliefdes wat hierdie Bediening seën as ‘n helper.  EK spreek ‘n woord van liefde en waardering veral teenoor diegene wie YAHUSHUA se Demon Stompers genoem word, MY voorste linie Heilige gebedsintersessors soos geen ander.

EK spreek ‘n woord van waardering en liefde aan MY vertalers wie die profesieë  en boodskappe vat en dit in die verskillende tale vertaal.

EK spreek ‘n woord van liefde en waardering tot hulle wie hierdie Bediening getrou ondersteun met hulle tiendes en offergawes.  Julle wie ‘n seën vir hierdie Bediening is sal in ‘n groot mate geseënd wees.  Terwyl julle die naam van hierdie Bediening oplig en seënbede bid op almal wat daarin bedien en magtige krygers in MY Naam is en op die voorste linies veg en die leuenaars bestraf wat laster en geestelike oorlogvoering doen teen die vyande van hierdie Bediening en alles wat Heilig is verdedig.  Julle belonings wat julle Hemel toe volg, sal groot wees.

EK, YAHUSHUA julle MASHIACH belowe julle, dat EK julle nooit sal begewe of verlaat nie, julle sal nooit honger, dors of sonder skuilplek wees nie.  Julle sal soos ‘n baba kuikentjie in die palm van MY hand bedek word, weggesteek en beskermd terwyl julle voortgaan om julle vleeslike begeertes neer te lê en in MY HEILIGE GEES te wandel, in gehoorsaamheid aan MY Heilige Skrifte uit liefde en waardering, meer as vrees.

Gegee aan hierdie Kringleier “Ringmaiden” van YAHUSHUA ons MASHIACH,

Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)

op 25 November 2008.

Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asb en laat my weet.


www.allmightywind.com
www.almightywind.com


Lees Profesie 33 - Die Gruwel, Die Gruwel, Die Gruwel! Soos In Die Tyd van Hitler, So Sal Dit Weer Wees!

Lees die Droom – Moslem Die Hoof van Opvoeding!


* * * * * * *

Print Friendly and PDF