Profesie 130

YAHUSHUA verskyn aan Elisheva Eliyahu as die Roos van Sharon!!!

Die Wonderwerk, opgeneem op audioband, van YAHUSHUA by die bed van Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu (Elisabeth Elijah) 5 Julie 2016

* * * * * * *

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toe doen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY Naam; en MY eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:80

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gesê om die volgende by te voeg as 'n waarskuwing vir dié wat spot:

2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, SY woorde verag en met SY profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Kathrynyah: Ons het U lief!

YAHUSHUA: Geliefde dogter Elisheva. EK sien jou. Jy probeer.

Elisheva: O, goeiste dit ruik so lekker ek gaan sommer huil!

YAHUSHUA: Jy probeer om so baie op een slag te doen en jy verbly MY so baie. EK IS hier ! EK het in hierdie kamer ingeloop. EK sit op jou bed terwyl jy met Tatiana praat, terwyl Kim en Tatiana doen wat jy hulle gevra het om te doen. En jy het vir Justin gebel en jy het MY Woorde van bestraffing gegee om MY geliefde dogter te beskerm, en om die kwaad wat gedoen is onklaar te maak.

So Elisheva, EK wil jou MY vrede gee en EK wil aan jou vertel dat EK hier is en dis die eerste keer dat jy ooit MY geur geruik het, en dis die Roos van Sharon wat hier is. (Hooglied van Salomo 2:1) EK sit op jou bed. Die Woorde vandag – jy het die Woorde gehoor wat EK gesê het.

So baie sal jou haat vir daardie Woorde, en hulle gaan in opstand kom maar moenie vrees nie want, Elisheva, EK het vandag bewys dat EK hier is.

EK IS hier, EK IS nooit ver weg nie. Vir die eerste keer in al hierdie jare ruik jy MY geur en die Salwing bedek jou, so ook MY Liefde en MY Teenwoordigheid. So baie opofferings het jy gemaak, en steeds, sê EK jou, het EK die seëninge vermenigvuldig op elkeen, nie net die leierskap nie, maar op almal wat die Bediening seën.

So EK gee aan jou ‘n nuwe Teken, Wonder en Wonderwerk en dit is selfs nou opgeneem saam met Tatiana en Kim hier. Wanneer jy dit die minste verwag, verwag die onverwagte. Want julle wandel in MY Tekens, Wonders en Wonderwerke. En “YAHUSHUA Demon Stompers” is feitlik gereed om op te skuif na ‘n hoër vlak. Terwyl EK vir Ezra stuur, wat Elisheva bring waar hy ookal gaan.

So maak gereed, maak gereed verwag die onverwagte vanaf Die Hemel en maak gereed, en selfs die geur van die rose verhoog die Salwing in jou nou. En EK het gekom om vir jou te sê kalmeer net. EK gee julle MY Shalom, EK gee julle vrede wat alle verstand te bowe gaan en EK gee julle ‘n nuwe Woord. EK het vir julle gesê dat julle sal moet jaag om by te bly.

EK dek ‘n banket tafel voor jou, jy is te midde van, en jy ruik die Geur van MY Teenwoordigheid op ‘n nuwe manier, en daar is geen geur op aarde wat kan vergelyk met MY geur nie. En Tatiana EK het jou vergewe, EK het dit toegelaat om jou te laat besef dat niks verander het nie, jy bid en jy wag vir ‘n teken. “Het daardie biologiese moeder verander?”

Nee MY dogter sy wil jou weg ruk, sy kan nie jou wonde/seerkry verander nie want sy verkies om dit nie te doen nie. Jy weet jou moeder en vader is, jy weet, wie mentor en lief het. Jy weet wie jou Hemel toe lei. Dis nie net MY Elisheva nie en dis nie net Kathrynyah nie maar nou is dit ook Ezra. Want jy wou nog altyd die liefde van ‘n vader hê en nou, binnekort Tatiana, sal hy jou omhels en onthou jy kry nie net een nie, jy kry die liefde van ‘n moeder en ‘n vader, wanneer jy hom met jou eie oë aanskou, wanneer hy jou ‘n drukkie gee. En moenie skaam wees om te huil nie.

Einde van die Woord

Hierdie skrywe is ‘n byvoeging t.o.v. hierdie Wonderwerk:

YAHUSHUA het met Elisheva gepraat nadat hierdie Wonderwerk gebeur het en vir haar gesê om na die foto op die voorblad van hierdie web bladsy te kyk.

(op die gegewe tyd van 6 Julie 2016 - sien ook die foto hieronder)

YAHUSHUA het aan Elisheva gewys hoe hul beide, sy en Ezra, omring is deur die Rose en albei dra SY geur. YAHUSHUA het gesê: “Toe EK na jou toe gekom het, Elisheva, het EK terselfdertyd ook vir Ezra bedek met MY geur en teenwoordigheid en hom selfs meer Shalom gegee. So hy het meer salwing om jou te kalmeer wanneer jy dit nodig het.”

Sonder dat hy fisies geweet het wat tydens hierdie Wonderwerk gebeur het, het Apostel Ezra gesê: “ Ek het fisies gevoel hoe iets op my hand gelê word, en ek het na my arm en voorarm gekyk, en ek het gesê 'goeiste' dis ‘n baie eienaardige gevoel wat ek nou voel. En ek het geweet dat iets op my gelê was. En op my skouer – iets was op my skouer gelê. Jy weet soos wanneer iemand ‘n kledingstuk op jou lê, voel jy dit regtig, en dis hoe dit was. Ek het dit, wat YAHUSHUA op my gelê het, werklik gevoel.”

Elisheva: Wow en ek ruik steeds die rose. YAHUSHUA U kom na my toe! Hier sal ek meer plek maak vir U.. ek sal my grimering uit die pad moet kry… Dis so wow! Dis asof ek in ‘n roostuin lê. Wow ek wil hê die wêreld moet dit hoor!

Dit is awesome! Dit is… O! Nee! Het ek dit aan(my bandopnemer)? O, ja, ek het dit aan.

Kathrynyah: Prys YAHUSHUA. Dank U, ons het U lief, ons het U lief, ons het U lief!

Elisheva: Ek voel net asof my…my alles…dit is is…ek het nog nie eens vandag tyd gehad om parfuum aan te sit nie. Weet julle dat ek selfs onder die Salwing gesweet het. Ek erken! Ai, “ok” wêreld! Ek kry só warm.

Kathrynyah: HY het jou so lief.

Elisheva: Ek weet nie eers wat om te sê nie. Dis asof ek wil huil. Ek weet nie of ek moet huil of moet lag nie. Ons is besig om in, wat, vyf verskillende rigtings te beweeg vandag, en HY sê “Kalmeer net”. Ek weet nie wat om te doen nie.

Tatiana: Ek huil vir jou!

Kim: Amen!

Kathrynyah: Prys YAHUSHUA!

Elisheva: Prys YAHUSHUA. O, ja! Ek het vergeet Geliefde YAHUSHUA, dankie ek is so geëerd, ek het nog nooit U geur geruik nie. En o, goeiste, ek behoort aan U vandat ek ‘n jong tiener was en ek het nog nooit , ooit-ooit - dis soos om in die mees geurigste roos tuin te lê. U klere, dit moet sekerlik U klere wees. Geliefde YAHUSHUA, dank U. Dis U Teenwoordigheid, dis U Salwing.

Ek weet nie eers wat om te sê nie. Ek is so geskok. Ek weet nie eers wat om te sê nie, ek is so geëerd. Ek was net besig om met Tatiana te praat oor inkopies, ek probeer, ek bedoel ons doen al die Profesieë regdeur, sonder ophou - ummmm - ons het ons het massa bevryding op hande en ons moet sekere verwarring uit-sorteer.

Ek het met die web bestuurder gepraat. Ons probeer om dinge te vertaal – ummm - nuwe Profesieë – ons - wat doen ons alles? Ons het so baie dinge aan die gang terselfdertyd, en te midde van dit alles, kom U na my toe en sit by my en sê: “kalmeer net”.

(Almal lag)

Kathrynyah: HY het gesê - HY het gesê dat jy gehaat sal word vir hierdie nuwe Woord maar HY het gesê “Moenie bekommerd wees nie, EK sal met jou wees” En HY het gesê “verwag die onverwagte”!

Elisheva: En verwag die onverwagte! Wel ek het beslis nie hierdie verwag nie “ok” maar ek is sekerlik geëerd. En wanneer Ezra dit hoor- wow! Elke enkele keer, elke-elke enkele keer wanneer ek met hom praat – en Kathrynyah is getuie hiervan, sover as jy die Wonderwerke, wat ons met ons eie oë sien, kan ontvang na die mate van jou geloof - daar is nooit ooit-ooit ‘n keer waar YAHUSHUA nie ‘n teken, Wonder of Wonderwerk doen nie.

Ek het nog nooit so iets gesien nie en julle ouens gaan dit met jul eie oë sien. Maar eerstens sal “YAHUSHUA Demon Stompers” moet opskuif na ‘n hoër vlak van geloof want in hierdie eind-tye sal die mense moet glo - jaag nie agter die tekens, wonders en wonderwerke aan nie – want die duiwel kom met 'n nabootsing en ons weet - dit word die antichris genoem – Maar YAHUSHUA - jaag agter YAHUSHUA aan. En hoe meer sal julle agter HOM aan gaan, en hoe meer sal julle HOM omhels en hoe meer sal julle HOM gehoorsaam.

Daardie Tekens, Wonders en Wonderwerke is skielik ‘n deel van jul lewens. En vandag is net bewys daarvan: Ek het net probeer om iets normaals te doen, soos inkopies doen, maar daar is niks normaal in my lewe nie! En ek het Geliefde YAHUSHUA wat hier was. Ek dink die geur is nou besig om weg te gaan – YAHUSHUA moenie van my af weggaan nie! Ek wil nie hê HY moet weggaan nie – Aawwww – YAHUSHUA - HY kan nie hier bly vir ewig nie – ek verstaan U het ander dinge om te doen.

Kathrynyah: HY het gesê die YDS gaan ‘n vlak hoër op.

Elisheva: Huh?

Kathrynyah: Die YDS gaan ‘n vlak hoër op.

Tatiana: Prys YAHUSHUA!

Elisheva: Awwww - ek wil nie hê HY moet weggaan nie! Ek weet U is steeds hier YAHUSHUA – maar HY het gekom, HY het op ‘n ander manier na my toe gekom. Awwww, maar nou is die geur besig om weg te gaan. Maar dankie YAHUSHUA, Dank U!

Elisheva:Julle altwee – ek bedoel julle gaan altwee op die audioband wees ouens – weet julle dit? Ek weet nie of jul stemme hoorbaar sal wees nie.

Tatiana: - Ek’s net... ek is so geëerd om dit net te kon hoor. En jy weet toe YAHUSHUA my hele pa-situasie aangeroer het – dis wow – soos, ek kan nie glo dat HY ons so lief het nie! En HY weet waar dit seermaak – ons hoef nie eers daaroor te praat nie.

(praat met trane in haar stem)

Elisheva: Nee, nee jy hoef nie, en nie eers dat ek ‘n man het en die wêreld om dit verstaan nie! Ek wag net vir die feesviering in die Hemel, maar ek het ‘n man wie die hoogste gebeds bedekking is wat mens kan kry. Ok?

En ek weet hierdie roos tuin –ek weet nie wat hy besig was om te doen vandag nie – maar hy was verseker besig om op ‘n ander manier te bid – dis al wat ek te sê het. Want weet jy Kathrynyah, ek kon dit nie glo nie. Ek het gedog jy was besig om parfuum of iets te spuit daar iewers. En toe besef ek: nee, dit kom hier van my bed af!

Kathrynyah: Ek het 'n lig op jou kop gesien!

Elisheva: Sien, sy het die lig op my kop gesien toe ek dit gesien het – sien, sy het ook.. sy het ook gawes. So nou goed dan, ek dink ons moet seker terugkeer na die praktiese dinge. Ek het blydskap! Ek bedoel; kyk hoe lank reeds is ek gered en nog nooit vantevore het ek HOM so geruik nie, en dit het aangehou totdat ek begin het... totdat julle weet.. – maar ongelukkig kan HY nie heeltyd hier wees en aanhou om dit te doen nie. Maar Dank U!

Kim: Amen!

Elisheva: Ek is net soos geskok, en soos geskok. Dis so lieflik. Daar is niks sterker, daar is geen roos wat met daardie geur kan vergelyk nie.

Kathrynyah: Dit was ‘n geskenk vir jou want ék het dit nie ruik nie.

Tatiana: Wow!

Elisheva: Dit was in my bed, dit was in my bed!

Kathrynyah: Dis Wonderlik!

Elisheva: Die bed, wat ek altyd sê is so eensaam, is nou nie meer eensaam nie.

Kathrynyah: Amen!

Tatiana: Dit is wat ek wil he. Dis die Salwingsolie wat ek wil hê wanneer ek een kry.

Elisheva: Wat sê sy – wat sê sy – wat sê sy?

Kim: Dit is die Salwingsolie wat sy wou koop – Die Roos van Sharon – en YAH het dit net vir jou gegee.

Elisheva: Julle almal, Wow! Dis hoekom ek dit gekry het. Dankie Tatiana! Ek dink nie ek het dit al ooit geruik nie - die Roos van Sharon (salwings-olie) – het ons?

Kathrynyah: Ja, ek het daarvan.

Kim: Wow dit is lieflik.

Elisheva: Wel Pa sal opgewonde wees. Dis alles omdat ons besig is om inkopies te doen vir Pa en ons moet nou terugkeer na die praktiese dinge. So ek gaan nou hierdie afskakel.

Kathrynyah: Ons is lief vir julle!

‘n Teken gegee aan Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu

5 Julie 2016

* * * * * * *

Print Friendly and PDF