Profesie 40

MOENIE DEEL WEES VAN DIE VALSE BRUID NIE, INDIEN JULLE IS ... VLUG!

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)
deur Apostel Sherrie Elijah
September 17, 2000

*******

(Bid asb vir hierdie Diensmaagd Sherrie Elijah, vir wie God uitgekies het om hierdie harde boodskap te bring wat miljoene sal affronteer, maar sy is slegs die boodskapper. Moet asb nie die boodskapper stenig nie, sy herhaal slegs dìt wat die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) vir een doel sê : om siele in die Koninkryk van die Hemel in te bring. Weens die lengte van hierdie profetiese boodskap, het ons dit in 2 dele verdeel).

*******

Wees voorbereid om huistoe te gaan, Gaan huistoe. Julle tuiskoms word afgewag. MY Bruid moet gereed wees om huistoe te gaan. Vertel MY Bruid om gereed te wees om huistoe te gaan. Ek maak MY Bruid gereed om huistoe te gaan om opgeraap te word langs MY sy terwyl julle nog lewe. Vertel hulle ver en wyd, waarsku hulle per land, per lug en per see. Wees voorbereid om huistoe te gaan saam met MY, EK kom vir MY Bruid. Wees gereed om huistoe te gaan, om na die Bruilofsmaal van die Lam te gaan. EK kan nie wag vir MY Bruid om huistoe te kom in die Hemel nie want EK wag al so lank. Vertel hulle EK kom vir MY Bruid. Ek kom, vertel hulle ver en wyd. Spaar geen onkoste nie. Lê neer julle trots, bring die boodskap, en vertel MY Bruid om gereed te wees om huistoe te gaan.

Watter Bruid weet nie wanneer die Huweliksdag naderkom nie? Watter Bruid weet nie waneer om haar huweliksrok aan te trek nie? Onderdompel julleself, reinig julleself, bad julleself, and dompel julleself in MY Bloed wat vir julle gestort is op Golgota. Wees gereed om huistoe te gaan. Watter Bruid wil nie haar aroma laat ruik soos die geur van lieflike blomme en speserye nie? My Bruid se geur is nie deur mensehande gemaak of kan nie in botteltjies gevind word nie. My Bruid se lieflike geur is vanuit die Hemel gestuur. Dit is die salwing van die RUACH ha KODESH (HeiligeGees) wat julle geur. Dit is nie mensgemaak nie. Dit word nie in 'n bottel gevind nie, dis MY RUACH ha KODESH se salwing wat julle geur. Dié wat sonder die salwing gevind word is 'n stank in MY neusgate en sal nie huistoe gaan Hemel toe saam met MY nie. Die geur van MY salwing is heilig.

Daar is sommige wat hulself MY Bruid noem, maar hulle is nie MY Bruid nie. Hulle is die Kerk van die Nabootsers wie voorgee dat hulle MY ken en MY tog nie ken nie. Hulle geur is 'n namaaksel en is 'n stank in MY neusgate. Die vals bruid dra naas-wit. Haar juwele is net geslypte glas. Haar tiara (hooftooisel) is van blik gemaak. Sy beweer sy het MY lief, en daar is geen liefde nie. Hoekom sê hierdie vals bruid dat hulle MY liefhet maar wil nie gehoorsaam wees nie? Hulle sê hulle doen wonderwerke in MY NAAM, maar hulle vreemde vuur bring MY skande.

Hulle is die vyf dwase maagde wat met geen olie in hulle lampe aangetref word nie. Die lamppit is nie afgewerk nie. Hulle sny en versnipper MY Woord, selfs MY Gebooie om hul eie beeld te verander in wie "EK IS" is. Hulle skeld sonde vry selfs as EK dit sonde noem. Hulle gaan selfs so ver om hulself 'n god te noem. Hulle herskryf MY Gebooie, hulle herskryf die Woord van "EK IS". Hulle geestelike leier sit selfs op 'n troon. Hy reik gebooie (edikte) uit in sy naam. Hy bespot MY YSTERSTAF en noem dit 'n septer. Hy bespot MY kleed van geregtigheid en dra 'n kleed geborduur met die fynste edelgesteentes. Hy spot met MY sleep wat die Tempel vul en sy soom het 'n lang sleep aan. Hy bespot selfs MY Heilige Woord en laat toe dat MY mense hom 'U Heilige' noem. Hy, hierdie geestelike leier is wêreldbekend. Daar is ander geestelike leiers in ander kerkorganisasies wat geleer word om 'n man te aanbid wat slegs uit 'n vrou gebore is nie en nie uit 'n maagdelike geboorte nie. Die vals geestelike leiers dwing die mense om aan hul voete neer te buig, en bespot MY Woord wat sê dat elke knie sal buig en elke tong sal bely dat YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) die Here is.

'n Ander geestelike leier soek 'n ander om by die Godheid te voeg. Hierdie geestelike leier hou MY nagmaal en vertel nooit aan die mense om hul sondes te bely nie. Dit is alles net vertoon. Hulle wat hierdie geestelike leier volg sal hom reg tot in die put van die Hel en in die Poel van Vuur volg. Daar is niks Heiligs omtrent hierdie onheilige een nie, want hy soek om MY plek in te neem. Dit is deel van die vals bruid wat 'n stank in MY neusgate is. Hierdie geestelike leier sal nooit so laag in sy eie oë of in die oë van ander daal om 'n ander se voete te was nie. Hierdie kerkorganisasie is die rykste in die wëreld, maar hulle is die armste in geloof. Hierdie een wat so baie mislei om selfs hulle sondes voor hom te bely. Hierdie een durf dit waag om te spot met die enigste Een wie die reg het om regter oor die hele mensdom te wees, en tog word die priesters geleer dat hulle die reg het om boetes op te lê. Hulle oordeel ander se sondes en die priesters lê die vonnis neer.

Niemand wat dit doen is deel van MY Bruid nie. Hulle is 'n stank in my neusgate. Selfs die manier van vervoer bespot die weg wat ek op 'n donkie gery het. Hulle bespot selfs die teken van die kruis. Dit is slegs 'n deel van die vals bruid. Hulle praat 'n taal wat lank vergete slegs aan studente bekend was. Wees gewaarsku, vlug indien julle deel is van hierdie vals bruid. Want dit is 'n stank in MY neusgate. Onthou Ek is die Here julle God en julle sal geen ander gode voor MY hê nie. Moenie mislei word nie want EK word nie maklik bespot nie. Daar is 'n prys om te betaal.

So is dit gespreek en so is dit geskrywe onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). Deurgegee aan die nederige Diensmaagd Sherrie Elijah.

6:15 nm September 17, 2000

DEEL 2 - PROFESIE 41 - SAL DIE REGTE BRUID ASSEBLIEF OPSTAAN!