PROFESIE 44

STAAN OP WAGTERS OP DIE MURE!

Gespreek tot Eerw. Sherrie Elijah.
8 Oktober 1998

* * * * * * *

 

EK roep nou baie na vore, sê YAHUVEH.  Hierdie is MY kruike en instrumente, wat buigbaar is onder stres en aanvalle, in MY bonatuurlike weermag wat eenheid in MY liggaam sal bring.  Hulle sal orde bring want nou is die tyd, sê YAHUVEH, nou is die tyd vir MY wagters.  Nou is die tyd vir hulle wie in die middernagtelilke ure gewandel het.  Staan op, staan op, staan op, O slapende mense.  Staan nou op, staan nou op, staan nou op en proklameer die oorwinning.  ‘n Weermag vreesloos en sterk, ‘n weermag wat die vyand sal laat skud en bewe met vrees en angs by die aanhoor van die geraas van julle samekoms en van julle marsjering deur die land.  Hou aan om uit te roep en proklameer en verkondig die Evangelie van Verlossing.

 

Neem deel aan julle geestelike voeding en skud die slaap uit julle ooglede en hoor die stemme van MY wagters.  Want dit is hulle vir wie EK dit gegee het, MY Woord, vir julle om op te staan, staan op, staan op, sê YAHUVEH doen dit wat kosbaar is voor MY aangesig.  Doen dit wat MY Glorie sal bring en dit wat ‘n groot oes van siele sal meebring en EK sal weet dat julle MY waarlik liefhet.  Staan op, staan op, staan op en ontwaak tot die waarheid en omgord julleself met die waarheid en wandel in daardie waarheid, want MY ewigheidsplan het onder julle gemanifesteer en daar is nogsteeds baie voorbereiding om te doen en te doen waarvoor EK julle geskape het om te doen.

(MY Hemelse Vader het vandag met my gepraat en hierdie dinge so duidelik, so helder vir my gesê vandag.  Want daar is stormwolke aan die broei in die harte van manne wat nie in die natuurlike sigbaar is nie en soos die oorlogswolke oor die horison vergader, en soos die donder en die weerlig van die krag van daardie oorlogswolke aanhou om binne-in hulself te manifesteer.)

Julle hoor en julle sien, moenie bang wees vir daardie dinge wat van MY af kom nie, sê YAHUVEH.  So berei julle harte voor, al hierdie dinge kom in beweging, en sal hulself manifesteer, sê die Almagtige YAHUVEH.  EK het my uitgeroeptes goed voorberei.  Dit is nie julle verantwoordelikheid om die waarheid te laat ontkiem nie.  Dit is slegs julle verantwoordelikheid om op MY Waarhede te reageer, sê die Here julle GOD.  Want julle sal die ware van die valse onderskei en julle sal vrede in julle harte hê dat daardie dinge wat van MY af is, vir julle ten goede is en julle sal daardie dinge onderskei wat vals is en dat wat deur die vyand en sy volgelinge gestuur is, gestuur is om julle te mislei.  Gebruik omsigtigheid; moenie julle waaksaamheid verslap nie.