PROFESIE 62

                                                                                                       DIE KONING KOM!

 

Elisabeth: [Nikomia kan ook in die agtergrond gehoor word]

So Hemelse Vader, God YAHWEH, in die naam van U Seun YAHUSHUA, vra ek watter woord het U vir ons op hierdie dag van Yom Kippur? Ons kom na U op soek na U stem. Sal U asseblief ons eer met ‘n woord vanaf U? Ons is soos ‘n takbok wat water soek, Vader ons is dors om meer van U te hoor. Ons dank U, Vader. Satan ons wys jou tereg en bind jou weg vanaf ons, in die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, jy het geen deel hieraan nie, omdat ons aan YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH behoort. Jy het hoegenaamd geen houvas wat watter aard ookal op ons nie. Ons gee onsself aan die Here God Almagtige YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH en ons weerstaan jou satan en jy moet vlug.

[Praat in tale]…Lukas 10:19, "Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap en oor al die mag van die vyand en niks sal julle ooit skade doen nie." So, satan ons staan op daardie woord. GAAN WEG DUIWEL, JY HET GEEN HOUVAS OP ONS NIE! [Nikomia: Ons maak daarop aanspraak in die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH]…Dis reg, die enigste woorde wat gaan voortkom, is die woorde wat van YAHUWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH gaan kom. Geen valse woord gaan deur my vlees gemanifesteer word nie, geen valse woorde gaan deur ‘n demoon, deur my vlees gemanifesteer word nie, geen valse woorde kan na vore kom nie, omdat ek slegs woorde van my Pappa, God, YAHUWEH, wat my geskape het, voortspreek, in die naam van YAHUSHUA. Woorde wat HY wil hê wat ek moet voortspreek. Woorde wat die naam YAHUWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH grootmaak en Loof.

Praat met U kinders, O Pappa, praat met U kinders as U ‘n woord vir ons het…

                                                                                                                 *******

Vertel dit vir die mense, skree dit vanaf een deel van die aarde tot ‘n ander…

MY SEUN GAAN KOM! DIE KONING VAN DIE KONINGS, DIE HERE VAN AL DIE HERE!

Vertel hulle, MY kinders…BEROU! DIE KONINKRYK VAN DIE HEMEL IS HIER! VAL OP JULLE GESIGTE OP HIERDIE DAG VAN YOM KIPPUR! VAL OP JULLE GESIGTE IN DIE GEESTESRYK. SIEN JULLESELF WAAR JULLE PLAT OP JULLE GESIGTE LÊ!

DIE KONING GAAN KOM!

Laat die wêreld maar spot! Laat die Fariseërs maar spot! Dit sal nie ophou nie…OMDAT DIE KONING GAAN KOM! HY kom nie vir diegene wat dink dat hulle NIE sondaars is nie, wie dink dat hulle so regverdig is, dat hulle nie eers hoef te berou nie. HY GAAN KOM VIR KINDERS! VIR DIE BRUID WAT BEGEER OM GEHOORSAAM TE WEES! HY KOM VIR DIE VEGTERS WIE IN SY HEILIGE NAAM VEG. HY kom vir diegene wie nederig erken dat ALMAL TE KORT HET VAN MY GLORIE!

Wees net gereed, MY kinders. Dit maak nie saak of julle die dag of uur weet nie. Watter bruid weet nie wanneer haar bruidegom aankom nie? Watter bruid maak haarself nie voor die tyd gereed nie? MY Ware Bruid hoor nou MY stem. Hulle maak hulleself gereed. Hulle soek en begeer Heiligheid. Hulle verafsku die suurdeeg van die Fariseërs.

Gaan kruip weg MY kinders, net vir ‘n klein rukkie. Die ganse hemel woed, en daar woed ‘n oorlog teen satan en sy demone. Die oorlog is aan die gang, omdat DIE KONING GAAN KOM! Die aarde bewe en skud weens vrees in verskeie dele van die wêreld. Julle sien die vloede. Dit is MY trane! Onthou julle toe die vloede in Noag se tyd gekom het? Onthou julle hoe hy bespot was? En hulle het gespot totdat die tyd van die reën aangebreek het. Maar EK het MY kinders, Noag en sy familie vertel om in die ark in te gaan en om die deur toe te maak. En toe die vloede kom het die goddeloses aan die deur gehammer. Toe wou hulle ingaan, toé het hulle geglo wie EK is, maar dit was te laat vir hulle en die vloede het hulle ingesluk.

So sal dit weer wees. Dié wat in MY Seun se regverdigheid staan, dié wat hulle huise gesalf het, dié wat in my woord skuil, dié wat daarna streef om gehoorsaam te wees, dié wat MY liefhet en dien en MY eerste plaas, dié wat weet dat hulle nie die skatte van die aarde na hulle Hemelse woning gaan neem nie. Hulle besef dat diewe in hierdie wêreld nog kan inbreek. Mot en roes verderf dit wat julle dink is skatte op die aarde. Skatte wat julle nie kan saamvat wanneer julle die aarde verlaat nie.

MY ware kinders, MY ware Bruid sal eerder hulle Hemelse skatte opbou waar mot en roes en diewe dit nie kan bederf nie. Diewe kan nie jou skatte in die Hemel steel nie. So baie ly gebrek, maar hulle doen dit vir MY onthalwe. Hulle staan luukshede af, sodat siele gered kan word. HULLE IS MY GELIEFDES! HULLE IS DIE WARE SKATTE OP DIE AARDE! Die wat uitroep in MY Seun se naam, in die Naam van YAHUSHUA, diegene wat elke dag so baie bid dat hulle nie meer kan rekord hou nie, HIERDIE is MY kinders, HIERDIE is diegene vir wie die Koning gaan kom.

YAHUSHUA IS AAN DIE KOM! DIE KONING GAAN KOM! HY is julle versoening vir sonde. HY is die perfekte Lam wat geoffer was. Geen vlek, geen kreukel, geen sonde was in HOM gevind nie. HY het vir die wêreld betaal. HY was losgekoop vir hierdie wêreld, vir almal wat kan glo en die Bloed wat by Golgota gestort was, sal ontvang. HY het die versoening vir julle sonde betaal. HY is julle Hoëpriester. Vir die Jode wat HOM ontken, vir die Moslems wat HOM ontken. Hulle erken Abraham, Isak en Jakob…maar hulle wil HOM NIE as die MESSIAS aanvaar nie.

Wanneer dit kom by die naam van YAHUSHUA, dan sal hulle geoordeel word deur die wette van Moses…dan beter julle nie een gebod verbreek het nie. Hoeveel van julle vind dit moeilik om aan tien gehoorsaam te wees. Probeer 613! Hoekom dink julle het EK vir julle ‘n Hoëpriester gegee wat geraak sal word deur julle siektes en swakhede? Dit is MY begeerte dat niemand sal ondergaan nie. Maar vir diegene wat daarop aandring om deur Moses veroordeel te word, Moses sal hulle dan veroordeel…weë oor hulle wat deur Moses veroordeel word. Daar is geen genade in Moses nie.

So, tydens hierdie tien dae van eerbied, moet diegene wat YAHUSHUA as Here ken, bly wees, wees bly dat HY julle MESSIAS is, die EEN wat julle gesond maak, die EEN waarmee EK julle seën, wanneer julle na MY roep in SY naam. EK, YAHUWEH word verheerlik deur MY Seun YAHUSHUA en YAHUSHUA word verheerlik deur SY Vader YAHUWEH. En dit gee MY groot plesier om MY kinders te beskerm en om die vyand op verskillende maniere deurmekaar te maak.

DIE KWARANTYN WAT NOG GAAN KOM

EK het vandag vir hierdie Diensmaagd vertel om julle te waarsku teen die kwarantyn wat nog gaan kom. Die mens maak siektes wat nie deur MY geskep is nie. Dan maak hulle iets wat hulle ‘n teenmiddel noem. Wees versigtig, MY kinders, daar gaan ‘n dood wees wat hulle in julle wil inspuit. Moenie die inentings van die mens vertrou nie. Vertrou op Psalm 91. Glo in MY Seun se Naam, en roep MY aan en staan by Psalm 91, sodat EK die plae van julle wonings sal weghou. Terwyl julle MY eer op die ware Sabbatdag, terwyl julle julle bes probeer om gehoorsaam te wees, terwyl julle vir MY eerste in julle lewe en liefde plaas, en terwyl die man die regmatige plek bo die vrou inneem, sal daar beskerming oor julle huise kom, omdat dit MY Seun se Bloed is wat vir julle gestort was by Golgota, wat julle sal beskerm en bedek, asook diegene wat deur MY geroep is, diegene wat ‘n goddelikheid van binne het.

EK sal meer hieroor praat op ‘n latere stadium, nou is nie die seisoen daarvoor nie. MY kinders EK waarsku julle nou. Bid dat julle nie deel sal wees van die getal mense wat in kwarantyn geplaas sal word nie. So baie mense sal soos beeste binne in stadions en kolossiums ingelei word. Die bose mense sal sê, dit is omdat julle die beskerming van ‘n mens geweier het, nou is julle besmet en is julle in gevaar. En soos beeste wat gelei word sal daar baie mense saam gedwing word en daar sal skaars enige plek wees om te staan.

MY kinders, wees versigtig vir die gif wat in julle are ingespuit gaan word. MY kinders, wees versigtig vir die gewone lug wat julle gaan inasem. MY kinders, wees versigtig vir die water wat julle gaan drink. Waarlik, as dit nie vir MY genade was nie, sou Lewe heeltemal van die aarde afgevee gewees het. MY kinders, wees versigtig vir wat julle in julleself ingespuit het.

Onthou waar julle geloof en julle vertroue is. Staan op vir wat reg is. Staan nou op vir julle vryheid. Predikante, hou op om omkoopgeld te aanvaar, omdat julle nou al vir te lank stilgemaak is. EK sal julle verantwoordelik hou omdat julle nie MY skape gewaarsku het nie! En as julle nie nou opstaan en na vore kom en begin praat, net soos MY Diensmaagd nou doen nie, sal dit wees soos skape wat na die slagpale gelei word. Eers die jongstes en dan die ouer mense en dan sal die middeljariges ook val. Maar nie een van MY kinders wat op die naam van YAHUSHUA roep, sal val nie. As hulle maar net MY stem wil hoor en gehoorsaam wees, en glo dat EK hulle sal beskerm, en wat Heilig lewe vir MY, soos EK Heilig is, en wat selfs sal wegvlug van enige sonde. EK sal hulle beskerm. EK sal aan hulle wysheid gee. EK sal hulle wegsteek. MY engele sal rondom hulle plek inneem en vir hulle die oorlog voer.

Julle is vrygekoop. Daar is versoening vir julle sondes gedoen. Dit is wat julle moet vier op die dag van Yom Kippur. En YAHUSHUA is SY Naam. So moenie meer langer skaam wees om te sê, DIE KONING GAAN KOM NIE!!! Maar EK sê weer…HY kom nie vir ‘n ongehoorsame Bruid nie, HY kom nie vir ongehoorsame kinders nie. SO BEROU NOU…MY KINDERS, VOORDAT DIT TE LAAT IS! ‘n Groot boosheid is aan die kom. Dit is op ‘n hoë fratsgolf. ‘n Fratsgolf van goddeloosheid. Maar kyk op, MY kinders, EK sal ‘n standaard teen dit laat oprys, as julle maar net in MY Seun se Liefde, vergifnis en genade sal glo, dan sal julle die Waarheid ontvang.

BEROU! Dit sal julle aan almal wyd en ver moet roep. KONING YAHUSHUA GAAN KOM!

                                                                                                                 *******

Elisabeth:

So is dit gespreek, so is dit geskryf op die 16de September, die eerste dag van Yom Kippur. Begin om 5:18 en eindig 5:46 in die oggend. Dit was gedurende private gebedstyd saam met my man terwyl ons besig was om die gebedsversoeke van ons vennote na vore gebring het. Ek vra om verskoning vir die hoes wat julle gehoor het. Die satanistiese oorlog is werklik. Die duiwel wou nie daardie boodskap laat uitkom nie. Dit was asof hande my keel gewurg het toe ek begin sê, "Die Koning gaan kom!" Ons worstel nie teen vlees en bloed nie, maar daar is heersers in donker plekke en satan en sy demone wil nie dat die profeet praat nie.

Maar nietemin bied ek nederig hierdie woord aan julle op die eerste dag van Yom Kippur. Ek sien uit daarna om julle in die Hemel te sien.

In die Liefde van YAHUSHUA, julle suster,

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah

--------------------------------------------------------------------------------

Soos YAHUSHUA ons van die laaste dae vertel het, "en mense se hartesal beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom."

Is julle geestelik gereed? Is julle familie? Dit is die doel van hierdie bediening, om met die profetiese boodskappe te waarsku, asook om aan te moedig en om verlore siele na YAHUSHUA, die enigste MESSIAS, te lei.

As jy YAHUSHUA aangeneem het as jou Redder, maar jy is nogsteeds louwarm in jou liefde, gehoorsaamheid en geestelike pad met HOM, dan moet jy onmiddelik om vergifnis vra vir HOM, asook vir die hervulling van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). Jy moet nie net berou hê nie, maar ook wegdraai van jou sondes en vir YAHUSHUA vra dat HY jou sondes sal wegwas in SY gestorte Bloed by Golgota. HY sal jou onmidddelik vergewe en jou hart vul met die vreugde van die RUACH ha KODESH.

As jy nog nooit vir YAHUSHUA as jou Redder aangeneem het nie, maar jy het wel deur die Heilige Bybel en hierdie profetiese boodskappe begin besef dat HY wel bestaan, en dat SY koms baie naby is, en jy wil SY gratis geskenk van die ewige lewe in die Hemel aanvaar, sê dan hierdie reddingsgebed hieronder op en bedoel dit met jou hele hart…YAHUSHUA is getrou om jou te vergewe terwyl jy jou sondes bely, berou het daaroor en wegdraai daarvan, in die naam van YAHUSHUA. Vra HOM om in jou hart in te kom en om SY lewe binne in jou te kom lewe, dat HY jou sal gebruik vir YAHUSHUA en YAHWEH se Glorie.

Reddingsgebed

Liewe YAHUSHUA, ek aanvaar U nou as my Heer en Verlosser, U is the God wat ek liefhet.  Ek glo U het die prys vir my sondes op Golgota betaal, U het gesterf en op die derde dag uit die dood opgestaan.  Ek vra U om in my hart te kom, vergewe my al my sondes, was my skoon van alle ongeregtighede.  Ek is jammer ek het gesondig en ek draai nou weg van daardie sondes.  Dankie dat U my nou met U Heilige Gees vul en my die begeerte gee om U al die dae van my lewe te dien en U lewe in my te lewe, YAHUSHUA sodat U Verheerlik sal word!  Dankie dat U my die begeerte gee om U Bybel te lees en gee my die wysheid om dit te verstaan. Dankie dat U my liefhet en my siel red, en my geloof laat groei sodat ek eendag saam met U in die Hemel kan wees.  Vul my nou met U Heilige Gees en verlos my van die bose in U Naam YAHUSHUA bid ek!  Help my YAHUSHUA om te onthou dat almal gesondig het en tekort het aan die Heerlikheid van YAHUWEH en U het gekom om ons sondaars te red, daarom word U ons Verlosser genoem.  Amen

Lees hierdie gebed, lees dit dan weer, hierdie keer moet jy dit nie met kennis van die verstand lees nie, maar met kennis van die hart, glo dit deur GELOOF, en onthou, YAHUSHUA is nie net God nie, maar HY is jou beste vriend! HY gee baie om vir jou, HY het jou so lief, net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die SONDAAR, so lief!

YAHUSHUA het die prys betaal vir jou sondes, jy hoef nie meer skuldig of veroordeeld te voel nie! Bely jou sondes by YAHUSHUA! Noem jou sondes vir HOM, sê vir HOM dat jy jammer is, vra vir HOM dat HY jou sal vergewe! Al jou sondes in die verlede en in die toekoms. ‘n Sonde is enigiets wat jy gedoen het of nou doen, wat ons Heilige YAHUWEH ongelukkig maak. Niemand is perfek nie. Onthou dit!

Lees die Nuwe Testament en begin om te leer wie YAHUSHUA is. Johannes 3:16. Die Bybel sê dat jy HOM moet bely as Here en Redder, sodat hy jou sal bely voor die Vader. Moenie skaam wees vir YAHUSHUA nie, HY is nie skaam vir jou nie. Vertel vir iemand dat jy vir YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, op hierdie dag aangeneem het! Al die engele in die Hemel is verheug, omdat daar nog ‘n naam in die Lam se Boek van die Lewe bygevoeg is!

Laat ons verheug wees. As jy ‘n pastoor nodig het, het ons meer as een. Welkom by die familie van YAHUSHUA! ONS SIEN UIT DAARNA OM JOU IN DIE HEMEL TE ONTMOET, INDIEN ONS NIE OP DIE AARDE GAAN ONTMOET NIE.

Stuur ‘n e-pos aan Elisabeth en vertel haar van die geskenk van die ewige lewe, indien jy dit so pas vanaf YAHUSHUA ons MESSIAS ontvang het!

Ons sien uit daarna om van jou te hoor!