Click hier vir 'n belangrike openbaring van die droom

Droom is ontvang 16 April 1999, Elisabeth Sherry Elijah.

Die openbaring van hierdie droom het ons presies drie jaar later, op dieselfde dag ontvang.

Ek het gedroom ek sit in n huis. Dit het vir my gevoel asof ek in Israel is. Ek het geweet dat dit beslis nie Amerika is nie. Ek het by n pragtige tafel gesit wat met tafel linne oorgetrek is, en daar was n mooi rangskikking op die tafel. Daar was nog geen kos uitgesit nie. Ek het langs n ouer vrou gesit en het uit liefde met my kop op haar skouer gelê. n Ouer man het gesê dat alles op die tafel - kos, tafeldoek en breekware - alreeds geseën is. Alles was gereed en ons het net gewag vir die gaste en veral n spesifieke persoon of persone.

Ek was nie seker waarvandaan die druiwe gekom het wat gebruik is om die wyn te maak nie. ‘Kiersk’ of ‘Kierska’ was op die bottle geskryf. Die ouer man wat soos n vader vir my kon wees, het dit vir my gewys. Oorkant die wyn was daar n sakdoek, waarop ek n mandjie vol pers druiwe aan n wingerdstok geborduur het. Dit was baie kleurvol. Dit was asof die sakdoek wat ek geborduur het op n ereplek gelê het en ek het dit gewys vir my beste vriend (beste vriend in die regte lewe ook). Ek het nog nooit geborduur nie.

Die vrou op wie se skouer ek gelê het, het gevoel of ek haar goed ken, soos n ma figuur. Die man was soos n vader figuur. Ek het veilig en geliefd gevoel in die plek. Ek was ingenome met die idee dat alles alreeds geseen was, en ek het my vriend daarvan vertel!

Die kombuis het n groot opening in die muur gehad waardeur ons kon sien wat in die kombuis aangaan, maar tog was die kombuis toe rondom. Borde kon deur die muur in die kombuis gesit word, en ons kon deur die muur in die kombuis sien, maar daar was niemand in die kombuis nie. Die kombuisdeur was regs van waar ons gesit het. Die deur was by ons tafel. Almal het gewag vir die gaste, veral diegene wat die nuwe wyn gemaak het wat op ons tafels staan. Ons het vir die persoon of persone gewag om eerste te arriveer.

************

Bevestiging

Aan Sherrie

Die droom wat jy aan my vertel het, voel ek handel oor die bruilofsmaal van die Lam!!!! Die dinge wat daarna verwys is die feit dat alles geseen is en die geborduurde sakdoek.

Almal sal werke hê wat hulle voor God se voete lê. Maar hulle is soos vuil lappe voor God. Maar jy het jou lap geseen en geseen totdat dit n sakdoek geword het. Borduurwerk is n tipe van weef, en om te weef is n tipe van n web en die prentjie daarop dui op die harde werk wat ingesit is om dit so te kry. Ek glo die sakdoek stel jou webtuistes voor. (www.almightywind.com en www.amightywind.com)

Ek glo die kombuis stel die hemel voor. En dat die eetkamer n ander plek voorstel. Dit lyk of daar werk is om gedoen te word voordat ons die hemel kan ingaan en dit is hoekom jy in die eetkamer is.

Yahushua het ook gesê dat Hy nie wyn gaan drink voordat Hy teruggekom het nie. Kan dit wees waar die wyn vandaan kom? Dit is al waaraan ek nou kan dink.

************

Nota van Elisabeth Elijah.

Onthou, ons wag vir iemand wat kom van Kiersk of Kierska af waar die gebottelde wyn sit op n rak. Dit is die plek waar die druiwe en wyn vandaan kom. Die persoon van hier afkomstig is baie spesiaal. Ek het die naam op die wynbottel gesien. Ek het gesoek op die internet na n plek genaamd Kiersk of Kierska maar kon nie so n plek in Israel kry nie.
Indien jy weet wat dit beteken, stuur asseblief vir my 'n e-pos by Contact Us">Contact Us
Belangrike openbaring oor die feesmaal tafel droom
16 April 2002
20:00

Kierska is KHERSA, n dorp naby die oosterse strand van Galilea. Na al hierdie jare was dit geopenbaar aan ons tydens n Bybelstudie saam met Elisabeth en haar man Nikomia.

Elisabeth het gewag vir hierdie openbaring want van daar kom die twee gaste wat die nuwe wyn sal bring. Profete wat die vermoë besit om drome te interpreteer, bid asseblief vir die interpretasie van hierdie droom, aangesien hierdie twee gaste sal kom net voor die huweliksmaal van die Lam.

YAHUSHUA het nou aan Nikomia en Elisabeth die openbaring gegee om hierdie twee profete na vore te roep in geloof en in haar droom wag sy vir hierdie twee persone met die nuwe wyn. Hulle kom van die land waar die nuwe wyn gemaak word genaamd KHERSA.

Ons bid dat almal wat hierdie droom lees sal bid dat iemand wat hierdie droom lees sal weet van wie gepraat word en na vore sal kom en vir Nikomia of Elisabeth sal bel met die inligting. Dit is dringend. Ons vra vir diegene met kontakte in Israel om daar rond te vra of daar dalk enige Messiaanse Jode is, wat moontlik hierdie twee gesalfde profete is wat gevul is met nuwe wyn. Apostel Nikomia en Elisabeth is baie opgewonde want dit wys net hoe naby ons is aan die huweliksmaal van die Lam en die koms van YAHUSHUA vir Sy bruid!

As jy enige Messiaanse Jode of christene ken wat bly in KHERSA of die omliggende gebiede, laat hulle ons asseblief deur epos kontak by Contact Us">Contact Us
Lees ook Mattheus 22:1-14
en Mattheus 25:1-13