Brief van Elijah en Elisabeth se reaksie daarop.
Is Elijah Tishbite een van die Twee Getuies? NEE!
Email van Hong Kong af.

Die Elijah Droom
Tydens 9 Julie 1999, het ek hierdie droom ontvang:


Ek het myself in n vertrek gesien saam met 'n klomp ander mense. Ons het op stoele gesit, soos in 'n vergadering. Ek het 'n man genaamd Elijah hoor praat. Hy het gesê dat hy soek na nog mense met die naam Elijah, maar almal met die naam was in die tronk behalwe een. 'n Prediker genaamd Sherrie Elijah! Toe wys hy sy vinger na my toe en sê, “DIT IS JY!” Ek het geglimlag, en dit was asof ons alreeds vriende was.

Toe het iemand hom weggelei na 'n grot toe aan die linkerkant van die vertrek. Dit was 'n toer van die grot waar skatte gestoor word! Ek was nie saamgenooi nie. Ek het hom uit die grot sien kom. Toe ek hom sien, was ek aan die regterkant van die vertrek. Daar was n tafel daar en iemand met 'n hoë outoriteit het my dop gehou terwyl ek kinders geleer het deur prentjies vir hulle te wys. Ek het 'n prentjie van YAHUSHUA (Jesus) vasgehou, en Hy het 'n rooi kleed aangehad terwyl HY kniel in die tuin van Getsemane. Hy het geween. Die kinders het by skoolbanke gesit terwyl ek hulle prentjie na prentjie wys en die prentjies verduidelik het. Die persoon met die hoër outoriteit, wat agter die tafel gesit het, was tevrede met die manier hoe ek die kinders geleer het. Hy het aandagtig geluister.

Einde van die droom.

Ek weet nie wat hierdie droom beteken nie. Ek het die droom meer as 'n jaar terug al ontvang. Profete, bid asseblief vir die interpretasie van hierdie droom, want die Heilige Gees het onlangs 'n dringendheid op my hart geplaas om weer hierdie droom op ons webtuiste te plaas.
Ons addresse is:

Contact Us">Contact Us
Contact Us">Contact Us

Mag YAHUSHUA julle ryklik seën.

Liefde aan julle almal

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah