Droom
Is jy een van YAHUSHUA se pêrels?

Gegee aan Elisabeth (Elisheva) Elijah
19 April 2008




Ek het 'n stuk papier gesien en op die papier was die alfabet van bo na onder geskryf. Van A regdeur tot by Z. Daar was niks anders op die papier geskryf nie, behalwe net die alfabet. Ek let toe op dat daar aan die onderkant van die papier, by die letter Z, 'n groot hand van 'n man is, met 'n groot skryfding in sy hand. Die hand begin toe dotjies op die papier maak. Hy het by Z begin en van links na regs, regoor die papier dotjies gemaak. Hy het hardop getel soos hy die dotjies op die papier maak. 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10. Dan omsirkel hy die 10de dotjie en sê, "Dit is my pêrel, en ek het die prys vir daardie pêrel betaal." So het hy dan aangehou om dotjies oor die papier te maak en hulle genommer, 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10, en dan het hy weer die 10de een omsirkel en dieselfde gesê. Die hand het net aangehou en aangehou en aangehou dieselfde ding doen. En toe word ek wakker.

Einde van die droom

Ek het hierdie droom gehad net voordat ek en my man wakker geword het van 'n middag slapie, so 3:30 die middag. Op daardie stadium was dit so 5:30 in die middag in Jerusalem gewees. Dit was dieselfde tyd wat YAHUSHUA nog aan die kruis was. Ons glo dat YAHUSHUA so vanaf 3 uur die middag tot omtrent 6 uur die middag aan die kruis was. Die skrif sê dat HY net voor sononder van die kruis afgehaal was, omdat hulle vinnig wou maak en YAHUHSUA in die graf wou kry voordat die Hoog Heilige Sabbat van die ongesuurde brood begin het. Ek sê dit, omdat ek glo dat YAHUSHUA hierdie droom vir my gegee het, op dieselfde oomblik toe HY die prys vir ons aan die kruis betaal het, omtrent so 2000 jaar gelede.

Hier is my onderskeiding van die droom, vanaf YAHUSHUA. Die alfabet stel die eindtye waarin ons is, voor. Z is die einde van die alfabet. Die groot hand is YAHUSHUA se hand en HY maak die dotjies met die skryfding, terwyl HY tel. HY sê dat slegs 1 persoon van elke 10 mense, SY pêrels is. Bedoelende dat net 1 in elke 10 mense in hierdie eindtye gered sal word. YAHUSHUA sê dat HY die prys vir SY pêrels betaal het. Die 9 ander mense uit die 10, sal hel toe gaan. Die kanse is nie baie hoog om 'n pêrel van YAHUSHUA HA MESSIAS te wees nie. Is jy een van die pêrels wat bereid is om die prys te betaal om YAHUSHUA s'n te wees?

Mattheus 13:45-46 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. (Afrikaanse Ou Vertaling)

Mattheus 13:45-46 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat pragtige pêrels soek; en wanneer hy een pêrel vind wat uniek is, gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop dit. (Aramese Vertaling)

www.allmightywind.com
www.almightywind.com