Apostel en Profeet
|
|
Groete in die naam van ONS HERE! Baie lank gelede, het God vir my 'n woord gegee: "As die lyding NIE groot was nie, sou die bediening nie groot wees nie." |
Elisabeth Elijah
Nikomia My lewe was nie maklik nie, maar die Here YAHUSHUA
het aan my 'n woord gegee wat sê "moenie skaam wees oor jou verlede nie
maar gebruik dit tot Eer van YAHUSHUA om 'n getuie vir Hom te wees om
siele na YAHUSHUA te bring." Ek het nooit 'n moeder of vader se liefde
geken nie, of van 'n suster of broer, tante of oom, neef/niggie, of ouma
en oupa nie. Ek was van een pleeghuis na 'n ander gestuur, bang om ongehoorsaam te wees en probeer om alles te wees wat almal wou hê ek moes wees, maar het altyd gevoel dat ek nêrens hoort nie. So gou soos die nuwigheid afgewater begin raak het in die kinderhuise, was ek weggegooi soos die vullis op Vrydag, en weer opgetel deur 'n welsynswerker. My ma het altyd gesê ek was nie werd dat iemand my moet liefhê of versorg nie. Ek was die vrot appel wat die res bedorwe het. Ek was seksueel aangerand, gemolesteer, verkrag as 'n kind deur my ma se eks-mans, mansvriende, stiefbroers en natuurlik deur haar. Sy het my gehaat en sover ek kan onthou nooit eers soveel as haar arms om my gesit nie. Ek het van jongs af geleer om niemand te vertrou nie. Ek het van jongs af geleer dat ek myself en die lewe gehaat het. Ek het baie maal selfmoord probeer toe ek nog 'n jong kind was, deur voor bewegende motors in te loop en 'n oordosis pille te neem op die ouderdom van 8 jaar. Groot skade is aan my gedoen en op die ouderdom van 10 het my ma se mansvriend 'n nefie van hom aan my voorgestel as my eks-man, wie baie beherend, koud, afsydig en baie ouer as ek was. My ma wou ontslae raak van my want hoe ouer ek geword het, hoe meer was ek 'n aanmaning vir haar dat sy besig is om ouer te word. Ek was weggeneem van haar af en het onder die sorg van die hof gekom en omdat hulle nie geweet het wat om met my te maak nie, het ek op 'n baie jong ouderdom getrou. My eks-man het my vader geword en as gevolg van die ouderdomsverskil het hy my totaal gedomineer op elke gebied, maar ek was slegs 'n besitting wat nie liefde geken het nie, slegs mishandeling in 'n erge graad, beide geestelik en liggaamlik en seksueel. Ek sal nie op al die besonderhede ingaan nie maar die eerste week na ons troue, het ek selfmoord probeer pleeg omdat hy owerspel gepleeg het. Na dit (tussen miskrame, selfmoordpogings en ineenstortings), was dit my lewe vir 6 jaar, totdat ek virYAHUSHUA gevind het... of ek moet eerder sê, YAHUSHUA my gevind het. Met die laaste selfmoordpoging het ek 'n bottel Seconal (100mg) geneem nadat my eks-man my weereens verkul het en gesê het hy gaan nie terugkom nie. Ek het die naaste aan doodgaan gekom as ooit tevore... het selfs 'n ervaring buite my liggaam gehad. Ek sal nie daarop ingaan nie, maar ek wil net sê ek het gebid terwyl ek besig was om dood te gaan en het gesê : "YAHUSHUA, voordat jy my in die Hel gooi, sê net vir my hoekom het jy my nie liefgehad nie?? Stuur net asseblief iemand om my hand vas te hou terwyl ek sterf." Ek sal nooit daardie gebed vergeet nie, want ek het daar gelê van die middag twaalf tot middernag, drie dae voor my verjaarsdag, tussen bewustheid en bewusteloosheid, en het slegs lank genoeg bygekom om op te gooi en in my eie braaksel te lê terwyl ek weer my bewussyn verloor het. Hoe iemand my gevind het weet NIEMAND tot vandag toe nie! Dit was 'n wonderwerk maar die polisie het die deur afgebreek en YAHUSHUA was die hele tyd daar en het my gebed beantwoord en my hand vasgehou alhoewel ek dit nie geweet het nie. Ek was vir 72 uur dag en nag in intensiewe sorg geplaas maar niemand was daar om my dop te hou behalwe die verpleegsters nie. Geen besoekers nie; selfs my eks-man was kwaad en
het geweier om my te besoek, en het gesê hy moet werk om die
hospitaalrekening te betaal wat ek veroorsaak het. Ek het nie 'n
selfmoordbrief gelos nie, so my eks-man het die hospitaal verplig om my in
sy sorg vry te laat. Ek was nog minderjarig. Toe ek tuis kom, was dit my
verjaarsdag 4 April, die dag waarop ek begrawe moes word. Dit was ook
Paastyd. Vir die eerste keer in my lewe het ek gedink ek was mooi. Daar was nooit weer selfmoordpogings nie, ek het 'n doel gehad en dit was om mense lief te hê op 'n manier wat ek nooit geken het nie en om seker te maak dat mense weet hoeveel YAHUSHUA hulle liefhet en hoe om hulle lewens vir YAHUSHUA te gee en gered, geheilig en gevul te word met die Heilige Gees. Dit was 25 jaar gelede en die vuur in my beendere het net vuriger geword, my ywer vir my Here YAHUSHUA ken geen perke nie. Ek het YAHUSHUA lief en Hy is my EEN en ENIGSTE WARE LIEFDE BO ENIGIETS ALLES. My grootste begeerte is om Hom al die dae van my lewe te dien .. om mense op enige manier te help waar ek kan, op maniere wat niemand my ooit gehelp het nie. Om daar te wees en die gebroke mishandelde liggaam van YAHUSHUA te troos en hulle te laat besef dit is die duiwel wat hulle slaan, NIE YAHUSHUA Ha Mashiach nie. Baie kere het God my gebruik om mans en vrouens te keer om hulleself dood te maak, soos wat ek my getuienis gedeel het. Hulle is aan die einde gered en selfs my selfmoordpogings (voordat ek YAHUSHUA geken het) het 'n doel gedien. Ek is geroep om die evangelie van YAHUSHUA Ha Mashiach te verkondig deur die salwende krag van die Heilige Gees. My doel is om miljoene gered, geheilig en gevul met die Heilige Gees se manifesterende krag, te sien. Ek strewe daarna om YAHUSHUA te gehoorsaam en stel Hom op elke gebied eerste in my lewe. Ek het Hom lief en aanbid Hom en stel Hom eerste in my privaat lewe en bediening, en doen alles wat ek kan om die mishandelde, gekneusde, verlate en onbeminde, verwerpte liggaam van YAHUSHUA te bereik ... om te bewys YAHUSHUA Ha Mashiach het hulle regtig lief en het gesterf en op die derde dag opgestaan en dat Hy dieselfde sou gedoen het as dit slegs EEN persoon is wat Hom aanneem. Ek wil hê hulle moet weet dat die Woord van God nie kan lieg nie, en hulle leer en vir hulle bid en meeste van alles, hulle lief hê. Ek het hard probeer om altyd die soete Heilige Gees se stem te hoor en voel bevoorreg wanneer Hy hierdie gebroke kleipot gebruik om die verlorenes na YAHUSHUA toe te bring en hulle wonde te verbind, en vir hulle te wys dat YAHUSHUA lewe en nogsteeds regeer en Hy is Lief vir Ons en gee om vir enigiets waaroor ons omgee. Ek wil gebruik word om aan YAHUSHUA Ha Mashiach lof, eer en heerlikheid te bring wanneer ons siele gered, verlos, en genees sien deur die Naam, Woord en Bloed van YAHUSHUA Ha Mashiach, wat bewys dat God waarlik alles kan doen deur YAHUSHUA Ha Mashiach wat my versterk. Wanneer ek bedien verwag ek wonderwerke, en ek ontvang dit tot YAHUSHUA se Eer. My lewe het baie verander in hierdie 21 jaar, maar die roeping nie. Miskien sou ek nie die deernis gehad het wanneer ek
bedien, as my lewe nie was soos dit was nie en daar is min skoene wat ek
NIE in geloop het nie, so ek kan met hulle pyn identifiseer. YAHUSHUA
Ha Mashiach is my Heer en Verlosser en ek wil ander leer wat God my geleer
het, sodat hulle weer vir ander die ontsagwekkende wonder van die God wat
ons dien, kan leer. Ek glo dat die enigste doel in my lewe was om te
wees wat ek nou is. 'n Geseënde dienskneg, dissipel en kind van die Koning
van Konings en Here van die Here! YAHUSHUA Ha Mashiach. Is daar enige hoër
roeping as dit? Ek dink nie so nie! Bid asseblief vir my dat ek altyd die stem van ONS
HERE en VERLOSSER YAHUSHUA Ha Mashiach sal hoor en Sy volmaakte wil doen en
te volbring waarvoor Hy my geskape het. Ek was aangesê dat ek nooit
hierdie bediening sal kan neerlê nie want dit is my identiteit, wie ek is,
'n gebroke erdekruid van God YAHUVEH maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA
Ha Mashiach (YAHUSHUA Messias) Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah. Hoekom noem ek myself
Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah Hierdie is vrae en antwoorde vir hulle
wie wou weet en te bang is om te vra. Ek pos dit op die webwerf. Iemand
het inderdaad vir my geskryf en AL hierdie vrae gevra, hy wou nie die
profesieë pos totdat hy die antwoorde gekry het nie. Die Heilige Gees het
hom oortuig. Hy het dit later in elkgeval afgehaal. Selfs hierdie vrae wat my seergemaak
het, het ek nou 'n doel voor om te beantwoord. YAHUSHUA mors niks of
niemand nie! Geseënd is die Naam van die HERE! 2. Die tweede vraag is oor trots. Is
jy besoedel deur die gees van trots in jou lewe? Het die vyand jou mislei
om na meer te smag as wat die Here jou geroep het om te doen? Word jy op
hierdie oomblik deur Sy Heilige Gees gelei wat vir jou sê wat om te doen?
Sal hulle sê dat dit van die Here af kom of van jou? Ek laat my motiewe aan die HERE
YAHUSHUA oor om my te regverdig want Hy weet dat ek SLEGS soek om Hom te
dien en Hom te Aanbid en ander na die Enigste God van Verlossing te lei!
YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota! My grootste doel in die lewe is om te
hoor : 'Welgedaan goeie en getroue dienskneg. Kom nou in en rus!'. Prys
YAHUSHUA! Nogtans het ek 'n werk om te doen en sal nie kan huistoe gaan
voordat ek klaargemaak het waarvoor Pappa God my georden en bepaal het om
te voltooi nie tot Eer van YAHUSHUA Ha Mashiach alleen. JA ek is 'n geordineerde leraar.
Internasionale prediker wat beteken dat ek gelisensieerd is om die
evangelie aan die wêreld te verkondig ... kommunistiese lande te vermy
natuurlik, tensy YAHUSHUA my anders aansê. Ek was verlede Nov bevestig. As
ek 'n skandeerder gehad het, sou ek dit vir jou gestuur het. Die HERE het weliswaar gesê dat as ek
daardie belastingvrystellingstatus aanneem, sal dit my enigste finansiële
beloning wees. Deur dit nie te aanvaar nie, bly ek getrou aan wat die
Heilige Gees deur profesieë tot my spreek. Elke profesie wat aan my gegee is, verstom my meer as wat dit ALMAL van julle verstom. Dit is aan my gesê dat ek die troepe op die muur bymekaar moet maak. Dit is 500,000 Gideonsoldate vir YAHUSHUA Ha Mashiach! Dit is die soldate reg rondom die wêreld. Ek het twee drome kort na mekaar gehad, (21 Jan 1997) en toe 'n ander een. Baie bevestiging. Hulle sal deurmiddel van hierdie Kerkwebwerf bymekaar gemaak word en uit baie verskillende dele van die Wêreld. Wat hulle moet volbring, en die droom sal ingesluit word na "Hoekom ek myself 'n Eerwaarde noem?" Weereens, wat ek ookal vir jou stuur, voel vry om dit te pos as jy so verkies. My lewe moet Heilig en aanvaarvaar voor die God wees wat ek dien. Daar kan GEEN skande in hierdie bediening wees nie, want ek word verantwoordelik gehou vir die Hoë roeping wat Hy my gegee het. Ek het NIE hiervoor gevra nie, ek vra vir God, hoekom ek? Dan word ek daaraan herinner dat Hy die POTTEBAKKER is en ek maar net die KLEI, hy vorm my soos Hy wil en ek het GEEN sê meer in hoe dit gedoen word nie. OK, lees 'Hoekom noem ek myself Eerw' hieronder want ek het hierdie antwoorde gekry terwyl ek gebid en gevra het of ek nogsteeds moet voortgaan om Eerw. voor my naam te sit. Ek wonder of jy sou omgegee het om hierdie vraag te vra as ek 'n man was en NIE 'n vrou nie. My nooiensvan is Elijah, maar enigeen kan daardie naam dra, kyk na Cher se seun (sanger, aktrise) sy het 'n seun genaamd Elijah Blue! So, dit is NIE die naam nie maar die GEES agter nie NAAM! Ek kies om my naam te GEBRUIK om lof, eer en glorie aan YAHUSHUA Ha Mashiach alleen te bring! Om Hom te dien! en aanbid en plaas HOM eerste in alles wat ek doen! Ek gaan onder die naam wat my aardse vader aan my gegee het, maar weereens, dit is hoe ek daardie naam gebruik wat meer belangrik is, bring ek Eer aan YAHUSHUA of beskaam ek Hom? Ek glo my lewe Eer en lig die naam bo ALLE name YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota en Nasaret op! Nou, vir wat jou vraag wie my 'n profeet gemaak het? lees die Bybel, veral HANDELINGE en jy sal sien ek is deur die Heilige Gees gesalf! Dit is NIE iets wat 'n mens doen nie! Maar Vader God doen! Die Heilige Gees het my die salwing van die vyfvoudbediening gegee, die apostel se gawes. Wat betref wie my Eerw. noem, dit is
op my bedieningslisensie en ek het ook ongemaklik gevoel om Eerwaarde
genoem te word, totdat ek en YAHUSHUA 'n openhartige gesprek gehad het,
dit is wat die woord Eerw. beteken wanneer ek dit hoor of dit GEBRUIK. Ek
gee nie om wat ander se opinies is nie, net wat die HERE YAHUSHUA en ek
weet wat dit beteken. Ek eerbiedig Sy REDDENDE, VERLOSSENDE, GENESENDE, GESALFDE BLOED WAT VIR MY OP GOLGOTA GESTORT IS! SY SALWING, SY SOETE HEILIGE GEES MY TROOSTER EN LEERMEESTER. EK EERBIEDIG VADER GOD YAHUVEH! WIE SY ENIGGEBORE SEUN GEGEE HET SODAT EK GERED KON WORD! Die woord Eerw. herinner my hieraan elke keer as ek dit skryf of sien! Die Heilige Gees het vir my gesê ek moet hierdie woord gebruik en verduidelik die rede daarvoor in hierdie konteks. Miskien begin jy nou verstaan. Baie ander pastore het aan my geskryf en dankie gesê! Ek het die e-pos om dit te bewys. Want hulle het gemaklik gevoel om Eerw. te gebruik en nie verstaan hoekom nie, nou weet hulle hoekom. EK EERBIEDIG YAHUSHUA Ha Mashiach VAN GOLGOTA EN NASARET WIE IN DIE VLEES GEKOM HET EN IN DIE VORM VAN 'N BABA UIT 'N MAAGD MET DIE NAAM MARIA GEBORE IS! Die ENIGSTE bemiddelaar voor die Vader God YAHUVEH! Die ENIGSTE WAARHEID, DIE LEWE, DIE WEG NA DIE HEMEL! Dit is wat dit vir my beteken! 'n herinnering aan Wie ek EERBIEDIG! As ander nie verstaan nie, is dit hulle probleem want alles is wel met my siel en motiewe. Die naam Eerw. is op my predikerslisensie, maar hoekom hulle gekies het om dit daar as 'n titel te plaas weet ek nie, ek weet net hoekom ek dit aanvaar het! Die Heilige Gees het my aangesê om dit aan te neem vir al hierdie redes. Hy skryf dit nou deur my. DIE MENS kan my predikerslisensie vat! Maar my titel Eerwaarde sal dieselfde bly want weereens, my God het aan my gesê wat hierdie naam vir my moet beteken! NIE 'n mens nie. Die woord Eerw. voor my naam is 'n ONTSAGWEKKENDE! NEDERIGE verantwoordelikheid om ander sover te kry om dieselfde HERE en VERLOSSER te EERBIEDIG wie ek dien! 'n HERINNERIG aan WIE EK DIEN EN EERBIEDIG EN GEHOORSAAM! Ek neem nie die taak om 'n pastoor te wees of dra die naam Eerw. Sherrie Elijah, ligtelik op nie. Die Heilige Gees het gesê ek is deur 'n mens gelisensieër! deur GOD bevestig! YAHUSHUA Ha Mashiach! Vader God YAHUVEH, en die Heilige Gees! Elke keer wat ek die woord EERW. sien word ek daaraan herinner dat ek bevestig en geroep is en vertrou word deur Vader God Almagtige Homself, en dat ek nie vir YAHUSHUA of sy mense in die steek moet laat nie. Dat ek beveel en bevestig was om die verlorenes na YAHUSHUA te bring, om Sy mondstuk te wees, en die Evangelie van YAHUSHUA Ha Mashiach te verkondig, met ander woorde bevestig om Jesaja 61 te doen en Sy SKAPE te Voed. Om Eerw. te wees beteken om 'n vinger te wees wat die weg na die ENIGSTE een aan te dui wie Eerbiedig moet word YAHUSHUA Ha Mashiach VAN GOLGOTA EN NASARET! As die persoon wie my bevestig het van my verskil, kan hulle my lisensie vat, dit is slegs 'n stukkie papier. Maar ek het 'n hoër roeping en ek is deur Vader God YAHUVEH en YAHUSHUA bevestig en deur die Heilige Gees gesalf. Die naam Eerw. beteken Wie ek eerbiedig NIE wie ek is nie! Wat meer is, Ek het 'n God wie op ek staat maak om te doen wat ek bevestig en geskape was om te doen. Hierdie naam herinnner my konstant aan die Heilige roeping om 'n Pastoor vir Sy mense te wees, om hulle te troos en lief te hê, hulle te onderrig en 'n seën vir Sy Mense te wees. Ek kan die woord Pastoor noem, maar ek is nie 'n Pastoor vir enigeen nie, slegs hulle na wie God my toe stuur ... maar Eerw. Sherrie Elijah staan vir iets baie meer. Dit herinner my aan die ontsagwekkende verantwoordelikheid wat aan my gegee is, 'n Heilige een en ek mag NIE die EEN en ENIGSTE een wie ek EERBIEDIG, in die steek laat nie! Die Heilige Drie-eenheid my YAHUSHUA Ha Mashiach van GOLGOTA en NASARET! Ek is niemand, maar 'n sondaar gered deur genade en die Bloed van die EEN wie ek EERBIEDIG! Ander mag aanstoot neem oor die titel, maar ek doen wat die Heilige Gees my aangesê het om te doen. Dit is hulle probleem, nie myne nie. Myne is OM TE GEHOORSAAM en ek word verantwoordelik gehou vir wat ek weet. Daarom, laat die Heilige Gees dit in jou bevestig of hierdie slegs woorde is of die waarheid. Ek sal hom toelaat om my in jou oë te regverdig, as Hy so verkies. Ek sal nogsteeds Eerw. Sherrie Elijah bly. Laat weet my wat jy besluit. Lees asb weer die profesieë en vergeet dat 'n vrou dit vir jou gegee het, en instede daarvan hoor die Gees van die HERE deur die woorde spreek. Ek is slegs die gehoorstuk wat Sy stem hoor praat deur die Heilige Gees se mondstuk, hoor wat God in my gees spreek en die internet is die telefoonverbinding wat dit na die mense toe neem! Ek loof YAHUSHUA dat ek toegelaat is om gebruik te word om die eindtydoes in te samel! want ek weet hoe baie ek Hom aanbid, hoe baie ek begeer om Sy diensmaagd te wees, Sy Helper op enige manier wat ek kan. Ek bid dat hierdie sommige van jou vrae beantwoord het. Enigiemand wat enige vrae het en ek voel gelei deur die Krag van die Heilige Gees om dit te antwoord, sal ek. Joël 2 sê in die eindtyd sal Hy Sy Gees oor alle vlees uitstort en Sy diensmaagde sal profeteer. Ek is slegs een van daardie diensmaagde. Geseënd is die naam van ons Soete, liefdevolle Here YAHUSHUA Ha Mashiach! Aan HOM alleen kom toe al die Lof, Eer en Heerlikheid. Asseblief YAHUSHUA, gebruik hierdie om vrede aan die mense te bring wie omring word deur bose wolwe in skaapsklere, valse profete en bose herders! Gee aan hulle vrede terwyl hulle hierdie lees en laat hulle deur U Heilige Gees besef dat ek NIE soos hierdie wolwe in skaapsklere is wat net kom om die lammers te verslind nie! Ek is NIE die goeie herder nie! Daar is MAAR NET EEN! Ek dui slegs die weg aan na die ENIGSTE goeie Herder, en dit is U YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota en Nasaret! maar ek vra dat U sal toelaat dat U Gees in my skyn sodat die mense nie vir my sal sien nie, maar laat hulle die lig van YAHUSHUA Ha Mashiach in my sien. Ek is NIE 'n klein GODJIE nie! Ek sal nie laster deur so 'n ding te sê soos so baie nou op die kansels sê nie! Ek is slegs 'n sondaar gered deur genade, NIE deur my werke nie sodat geen mens daarop kan roem nie! dit is deur 'n regte verhouding met U alleen, YAHUSHUA, dat ek, of enige van ONS die Hemel sal sien! Help my om alles te doen waarvoor ek geskape en bevestig was om te doen vir U LOF, EER en GLORIE alleen YAHUSHUA! Ek vra dit in U Naam YAHUSHUA! Laaste opgradering: Bid dat die HERE ander borge sal oprig in hierdie bediening en ander vennote. Ek moet nou wag vir die man om by hierdie bediening aan te sluit, ek ken sy naam, maar weet nie waar om hom te vind nie. Sy naam is Nikomia of Evangelis Niko, bid asseblief dat ek hom sal vind, of dat iemand sal weet van 'n man wat hierdie beskrywing pas en sê vir hom, Eerw. Sherrie Elijah van Amerika soek na hom. Liefde van 'n kleipot maar 'n Magtige soldaat van YAHUSHUA Ha Mashiach! Want ek staan NIE in my krag of mag nie maar deur die krag van die HEILIGE GEES! In die naam van YAHUSHUA Messias, Die Bloed van YAHUSHUA Messias is teen jou Satan!
|