WAARSKUWING! DIE PAD NA DIE HEL IS WYD EN BAIE GAAN DAAR IN!

Profetiese Woord aan Profeet Gayl
25 Desember 2008

Verduideliking: Ek het gedroom dat my seun my ou leesbril wou dra. Ek het in my joernaal daaroor geskryf en daaroor gepeins en gewonder wat dit beteken toe die Here YAHUSHUA die volgende met my begin praat het:

Woord:

EK het vir hom daardie gawe gegee om goed te kyk en dinge van naby te sien en sy lewe volgens MY beeld te verander, as hy dit so verkies. Dit is sy keuse. EK sal nie sy wil teëstaan nie, maar hy sal tot niet gaan sonder MY om hom te lei, om aan sy sy te wees want EK is die enigste VERLOSSER. EK is die REDDER van die wêreld alhoewel baie dit nie weet nie.

EK sal vir jou 'n opening vir jou (voeg die naam van jou ongeredde familielid in) om MY voor ander te erken. Sê vir haar/hom ek het haar/hom nie weggegooi nie - dis sy/hy wat weghardloop vir MY en sy/hy probeer vinnger as EK hardloop.

Weet sy/hy nie dat ek 'n plan vir haar/sy verlossing het as sy/hy dit maar net wil aanvaar en MY in al MY weë erken want EK is die HEERSER van die HEELAL. Daar is geen ander nie. EK is alles vir alle mense as hulle MY maar net wil erken, na MY luister en buig na MY wil.

So baie wil dinge op hulle manier doen maar hulle ken nie die pad nie - hulle is verlore - onvrugbaar - op pad hel toe want die pad na die hel is breed en ag, so baie gaan in. (Ek het 'n visioen van satan wat vir hulle wink en hulle verlei en dit so maklik maak om tot in die hel te gly).

So vertel vir (voeg jou ongeredde familielid se naam hier in) om MY te erken in al hulle weë en dat hulle oppad hel toe is as hulle nie hul sondes bely en MY toelaat om in te kom nie. Wil hulle regtig die ewigheid deurbring deur in die vlamme van die dood te brand en gemartel te word? Sê vir hulle die hel is 'n werklikheid, nie net 'n versinsel van iemand se verbeelding nie. Sê vir hulle om tyd te vat, om hulleself met MY te bemoei - om MY te leer ken. Hulle sal MY nie vind deur na iemand soos Robert Schuller te luister wie alles afwater sodat daar niks oor is as net sy eie vleeslike begeertes nie - hy probeer om MY smaaklik te maak en vernietig op die einde die bietjie kennis wat hy van MY het.

Pasop O Sondaar! EK kom vir die verlorenes sodat hulle kan berou, op hul aangesigte voor MY neerval en MY in al hulle weë erken, want die pad na die hel is wyd - dit is 'n glibberige pad waarop so baie gly totdat dit te laat is en hulle in die put, die bak daaronder is waar satan sy koninkryk, sy vleeslike, wellustige ondergrondse, fluitspel (fifedom) van haat, gevul met wellus, diep onder die skeure het - daar is geen beskikbare toestel om uit die hel te kom nie. Jy kan nie wegkom daarvandaan as jy eenmaal daar is deur jou eie sonde en owerspel/hoerery, jou eie twyfel oor MY bestaan nie. Mense besef dit nie. Hulle neem nie tyd op aarde om te leer nie. Hulle betwyfel MY koms. Hulle betwyfel MY bestaan. Hulle water MY af om hul eie smaak te pas - hulle spoeg MY (kennis oor MY) uit hul monde, daarom spoeg EK hulle uit wanneer hulle probeer om in die Koninkryk van die Hemel te kom. Daar is geen toegang na die Hemel tensy EK dit voorsien nie. Daar is geen weg na die Hemel sonder MY nie. (Ek het 'n visioen van mense op hul aangesigte wat voor YAHUSHUA buig). Hulle moet MY ken in al hulle weë anders sal die duiwel maalvleis van hulle maak en hulle oor die rand van die afgrond gooi net soos hy met baie ander gedoen het. Hierdie is nie 'n Boodskap om ligtelik op te neem nie - hierdie Verlossingsboodskap - maar ernstig. Hulle moet MY in al hul weë ken.

Julle kinders moet hierdie Boodskap van passie en liefde vir hulle hoor as hulle maar net wil bely, wegdraai van hul sonde en MY in al hul weë erken. Hulle harte, gedagtes, liggame en siele/geeste vir altyd vir MY oopmaak. EK begeer om in ewigheid by hulle te wees as hulle MY maar net wil erken in al hul weë. Hulle lewens vir MY oopmaak. MY toelaat om in te gaan. EK het 'n (goeie) plan vir hulle as hulle dit maar net wil ontvang. Hulle moet dit aanneem.

EK sal nie MY planne op iemand afdwing nie maar EK kom vir die verlorenes sodat hulle nie verlore sal gaan in/deur hul eie toedoen nie. EK het 'n verlossingsplan. EK is die Plan van Verlossing.

EK strewe so lank na elke siel wat gered moet word. EK mors nie MY tyd of MY asem nie. EK praat wanneer dit tyd is en nodig is om te praat, nie 'n minuut voor en nie 'n minuut na nie, want MY tydsbereking is op tyd. EK is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste. EK wedywer met geen mens oor sy tyd nie. EK bepaal die tyd. Almal moet MY erken om eienaarskap van hul lewens te neem. EK sal nie ingaan waar EK nie welkom is nie. Jou (plaas jou ongeredde familielid se naam hier) is net geskik vir die verdoemenis as hulle nie hul wil aan MY voorlê nie. Jy kan vir hulle sê EK het so gesê want hulle sal MY eendag aanskou en dan sal dit te laat wees as hulle nie nou voor MY gesag buig nie.

Ontvang die Waarhede wat EK vandag vir jou gee, ken MY in al jou weë sodat EK kan inkom en jou lewe oorneem. Laat MY toe om MEESTER van jou Heelal te wees, om oor jou te regeer terwyl jy jou wil aan MY wil onderwerp, as jy MY maar net wil inlaat - om jou keuses vir jou te maak - om nie toe te laat dat ongeloof jou van MY planne en doelwitte afskrik nie Ja, jy word aangeval kleintjie.

Jy buig en slinger in die windjie - hou styf aan MY vas kleintjie - moenie laat los nie (o die Salwing kom hier terwyl ek opgewarm word). Jy raak jou pad byster as jy ingee vir die geeste van twyfel, bekommernis, ergernis, begeerte, verwarring, paniek, maar vertrou MY. Laat MY toe om MY werk te doen soos EK goed dink, kleintjie. Jy moet MY gehoorsaam want die tyd is tog so kort voor MY spoedige koms vir die regverdiges vir wie MY bloed gestort was en in wie EK lewe, beweeg en MY bestaan het.

EK sê vir die wêreld, 'Kies vandag wie julle wil dien'. EK waarsku. EK sê hulle moet na MY stem luister en ag slaan op MY oproep. Julle het baie werk om te doen. Moenie uitstel nie. Moenie talm nie. Soek MY wil. Buig na MY wil. Laat MY HEER en MEESTER wees, EK is niks anders nie.

Einde van Woord

Geliefde YAHUSHUA hoe lief het ek U. Ek koester U en geen ander nie. Baie dankie vir die voorreg dat U met my praat.


ALPHA & OMEGA ALMIGHTYWIND RUACH ha KODESH WILDFIRE LAST CHANCE MINISTRY

www.allmightywind.com  |   www.almightywind.com
Please go to the other if one is off line.

We are Sabbath-Keepers, Not Seventh-Day Adventists
Click Here For More Info

Mailing and Email Addresses


By Faith Enoch was translated that he should not see death: and was not found, because YAHUVEH had translated him: for before his translation he had this testimony, that he pleased YAHUVEH. Hebrews 11:5

By Faith Enoch was translated that he should not see death: and was not found, because YAHUVEH had translated him: for before his translation he had this testimony, that he pleased YAHUVEH. Hebrews 11:5