Profesie 101


EK, YAHUVEH Sê, "Julle Dade Praat Harder As Julle Woorde"


Geskryf/Gespreek onder
die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah 2 Oktober 2008 om 3 vm
Rosh HaShanah

* * * * * * *

My man, Niko was besig om aan 'n verduideliking oor die 10 Dae van Ontsag/Eerbied (Awe) te werk om op die Bedieningswerf te pos en hy het my gevra of ek enige iets het om by te voeg by die verduideliking oor hoe YAHUSHUA ons MASHIACH in hierdie Heilige tyd inpas. Terwyl ek besig is om vir YAHUVEH te vra wat ek moet sê, het hierdie lering na vore gekom, sowel as, tot my verbasing, 'n heeltemal nuwe Profesie wat gebore is op die eerste dag van Rosh haShanah, 2 Oktober 2008.

Dit is wat ek gehoor het rakende die lering oor die 10 Dae van Ontsag.

Dit is 'n tyd wanneer ons oor ons verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA moet nadink en of ons 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding met hulle het. Ons het almal gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van YAHUVEH omdat daar geen volmaakte persoon op hierdie aarde is behalwe YAHUSHUA ons MASHIACH nie. Selfs 'n verkeerde gedagte is sonde. Die Ortodokse Jode glo nie dat die Messias al gekom het nie, so hulle het geen bloedoffer vir die versoening van hulle sondes nie. Hulle verwerp YAHUSHUA ons MASHIACH as die MESSIAS en die Eniggebore Seun van YAHUVEH.

Hierdie Heilige tyd is nie net 'n tyd van feesvieringe nie, maar dit is 'n tyd van groot vrees vir diegene wie nie weet of hulle name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is nie. Ons wie ons opgestane MESSIAS YAHUSHUA dien en aanbid, weet dat daar slegs een bemiddelaar voor ons Skepper YAHUVEH is en slegs een weg na die Hemel deur YAHUSHUA ons MASHIACH se Naam en gestorte Bloed op Golgota. YAHUSHUA ons MASHIACH is ons Bloefoffer. Ons Messiaanse Jode het nie nodig om op Yom Kippur te huil en te treur omdat ons nie 'n bedekking vir ons sonde het soos hulle wie vir YAHUSHUA verwerp het nie. Ons bemoedig julle in hierdie Heilige tyd om nader aan YAHUSHUA ons MASHIACH te kom as ooit te vore.

* * * * * * *

EK, YAHUVEH sê,

"Julle Dade Spreek Harder as Julle Woorde".


Dit is toe YAHUVEH weer begin praat het.

So spreek EK, YAHUVEH, moenie wag om julle sondes te bely nie, doen dit dadelik. Moenie 'n vorm van godsaligheid hê, maar geen godsaligheid binne-in nie. Laat elke gedagte gevange geneem word tot gehoorsaamheid aan MY, YAHUVEH. Moenie oor sonde peins nie, draai weg van die bose en maak geen verskoning vir sonde nie. Hou op om die duiwel vir julle gedagtes en dade te blameer, want hy kan niks doen wat julle hom nie toelaat om deur julle te doen nie. Ek spreek hierdie woorde aan dié van julle wat sê julle behoort aan YAHUSHUA ha MASHIACH, wie sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, wie in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bid en nogtans waarsku EK, YAHUVEH julle nou, julle wie julle liefde vir MY en MY Seun YAHUSHUA proklameer, Ek ken julle harte en julle dade spreek harder as julle woorde!

Hou op om die RUACH ha KODESH te beproef, hou op om MY Gees te bedroef. Hierdie wêreld staan nou op die rand van 'n krans/afgrond, die krans is die Groot Verdrukking. Roep YAHUSHUA ha MASHIACH nou aan terwyl daar nog tyd is. Onthou op Yom Kippur, gedurende hierdie 10 dae van Ontsag/Eerbied (Awe) hoor EK slegs die gebed van die nederige van hart. Moenie selfvoldaan in jou eie verlossing wees nie.

In die ou tyd het die kinders van Israel grootliks teen MY gesondig. Hulle het hul goud en silwer geneem wat EK vir hulle gegee het as 'n seën en 'n goue kalf gemaak om te aanbid en voor neer te buig, Daar is nou geen verskil nie. Hierdie wêreld vat die goud en silwer en buig neer voor die rykdom en aanbid dit, maar EK wys vir julle, net soos julle springmielies op 'n stoof spring, so skud EK hierdie wêreld en hulle wie so opgeblaas is met trots en baie weelde en wie gesê het hulle is god, hulle het geen ander god nodig nie, hulle verag MY Heilige Woorde, hulle verag MY Heilige Gebooie, hulle besmet alles wat Heilig is en soos verbrande springmielies sal julle die stank ruik as julle sien hoe hulle verskroei en verbrand word.

Ellende wag op die bose, bose manne wie hulself pastore noem. Julle wie die naam 'kerk' gebruik en die geestelik honger mense gebruik om julle eie finansiële koninkryke te bou. Julle sal skroei en julle sal brand en EK, YAHUVEH sal self met MY eie hand julle finansiële koninkryk afbreek en julle sal ontbloot word vir die euwel wat julle is. EK sal nie vir Sodom en Gomorra om verskoning vra nie, ellende wag op die wêreld wie in hulle voetspore volg! Julle staan op die rand van 'n krans en slegs hulle wie waarlik 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding met MY, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH het, sal gered word. Bely vandag, môre mag dit te laat wees.

Die planne van die vyand, beide in die regering en in satan se koninkryk, is boos, om te steel, te slag en te vernietig. Om te verhonger, en die lug wat julle inasem te vergiftig. Om met die water wat julle drink te eksperimenteer, waar allerhande soorte gif alreeds julle water besoedel. Die rykes wil die aarde ontvolk, om al die hulpbronne vir hulself te spaar, maar EK, YAHUVEH sê, EK sal die laaste sê hê. EK sal nie bespot word nie. EK sal hulle beskerm wie MYNE is en die vyande se eie wapens sal hulle verteer.

Dit is nou die tyd om op te staan en standpunt in te neem vir Heiligheid terwyl julle nog kan. Hou op om met die duiwel en met die diensknegte van satan te skik. Vrees eerder om MY, YAHUVEH te beledig as om blote sterflike mense te beledig.

Einde van Profetiese Woord.

Deut 31:8 - En dit is YAHUVEH self wat voor julle trek en HY sal met julle wees, HY sal julle nie begewe of verlaat nie. Moenie bevrees wees nie, moenie verskrik wees nie.

Gegee deur Elisabeth (Elisheva) Elijah
Rosh haShanah 2 Oktober 2008 om 3 vm.

As hierdie Profesie vir julle tot seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.

* * * * * * *

Hier is die verduideliking van die gewoontes en oortuigings van baie Jode vir die 10 Dae van Ontsag/Eerbied (Awe).

Die tien dae wat begin met Rosh HaShanah en eindig met Yom Kippur, is algemeen bekend as die Dae van Ontsag/Eerbied (Awe) (Yamim Noraim) of die Dae van Berou. Dit is 'n tyd vir ernstige introspeksie, 'n tyd om die sondes van die vorige jaar te oordink en te bely voor Yom Kippur.

Een van die aanlopende temas van die Dae van Ontsag is die konsep dat YAHUVEH "boeke" het waarin HY ons name inskryf, en neerskryf wie die volgende jaar sal lewe en wie sal sterwe, wie sal 'n goeie lewe geniet en wie sal 'n slegte lewe geniet. Daar word op Rosh HaShanah in hierdie boeke geskryf, maar ons dade gedurende die Dae van Ontsag kan YAH se bepaling wysig. Die dade wat die bepaling verander is "teshuvah, tefilah en tsedakah", belydenis, gebed en goeie dade (gewoonlik welsyn). Hierdie "boeke" word op Yom Kippur geseël. Hierdie konsep om in die boeke te skryf, is die bron van die gewone groet gedurende hierdie tyd "Mag jy ingegraveer en verseël word vir 'n goeie jaar."

Onder die gebruike in hierdie tyd, is dit algemeen om rekonsiliasie te soek met mense vir wie jy dalk gedurende die loop van die jaar te na gekom het. Die Talmoed bevat slegs die Yom Kippur versoening van sondes tussen die mens en YAH. Vir versoening van sonde teen 'n ander persoon, moet jy eers rekonsiliasie met daardie persoon soek, die verkeerde regmaak wat jy teen hulle gepleeg het, indien moontlik.

'n Ander gebruik wat gedurende hierdie tyd waargeneem word, is kapparot. Dit word selde vandag toegepas en word slegs deur Chasidic en somtyds deur Ortodokse Jode in die werklike vorm waargeneem. Jy koop basies 'n lewendige hoender en op die oggend voor Yom Kippur swaai jy dit oor jou kop en sê 'n gebed op en vra dat die hoender as versoening vir sondes aanvaar moet word. Die hoender word dan geslag en aan die armes gegee (of die waarde daarvan word gegee). Sommige Jode gebruik eenvoudig 'n sak met geld, in plaas van 'n hoender. Meeste Hervormde en Konserwatiewe Jode het nog nooit van hierdie praktyk gehoor nie.

Werk word soos gewoonlik gedurende die week toegelaat op die dae tussen die Dae van Ontsag, van 3 September tot 9 September, behalwe natuurlik op Sabbatdag.

Die Sabbat wat gedurende hierdie tydperk voorkom is bekend as Shabbat Shuvah (die Sabbat van Terugkeer). Dit word as 'n redelike belangrike Sabbatdag beskou.