Profesie 102

YAHUSHUA Sê,

"Dis Net 'n Kwessie van Tyd"

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH

deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

17 Oktober 2008

Gedurende Sukkot

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. Jes. 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie gevoeg moet word:

2 Kronieke 36:16“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Dit was vanaf 'n oudioband oorgeskryf:

Elisabeth [Elisheva]: 17 Oktober 2008. Ek kon nie slaap nie. Baie is op die oomblik in ons lewens aan die gang. Haat kom vanaf so baie rigtings na my toe, dit voel net soos 'n wapen en ek weet die vyand gaan my haat, maar wat die meeste seermaak, is hulle wat beweer dat hulle JESUS (YAHUSHUA) liefhet en tog stuur hulle hul wapens van haat. En haat is 'n gees of mense dit weet of nie en wanneer jy haat, stuur jy 'n bose gees uit, veral wanneer dit teenoor iemand is wat YAHUSHUA liefhet.

In elkgeval, ons was in gebed en ek het hierdie visioen gehad wat ek weer en weer en weer sien. Ons was besig om hier in die Bruid se Heiligdom oor iets persoonliks in ons lewens te bid, want die aanvalle was hewig, veral sedert ons daardie $6,500 spandeer het net om in staat te wees om die Waarheid teenoor hulle te spreek wat rense.com sou lees. Ons kry die briewe van die afvalliges wat teruggekeer het en die nuwe bekeerlinge wat hulle lewe vir YAHUSHUA MASHIACH gegee het, maar ons ontvang ook haatlike, haatlike, haatlike briewe. En ellende wag op julle wat hierdie haatlike briewe stuur. Die eienaardigste deel is ons hoor ook van ruimtewesens (aliens) maar ons sal nie nou daarop ingaan nie, omdat hulle regtig nie snaaks is nie en ons weet hulle is werklik. Dit is net dat selfs húlle dink hierdie Bediening is 'n bedreiging.

So, hier is my visioen terwyl ek saam met Kathrynyah gebid het. Ons was besig om te bid en dit is die visioen wat ek oor en oor gesien het. Ek het nog nooit so 'n visioen gehad nie omdat ek dit kon vashou. Ek kon dit vashou sodat ek kon sien wat daar was en toe het ek my oë oopgemaak en ek het met Kathrynyah gepraat en ek het weer my oë weer toegemaak en dit was weer terug. Dit het 3 keer gebeur en ek wil dit altyd onthou. Dit is 'n tyd van Sukkot. Dit sal vanaand die derde aand wees, so dit sal 'n Sukkot Boodskap wees. Wat ek gesien het was 'n reghoekige venster en dit het beslis gelyk asof dit in 'n tronksel was. Dit het 5 dik tralies voor gehad. Ek het gekyk en ek het die tralies getel. Dit was swart, dik, swaar tralies. Terwyl ek by die venster uitkyk kon ek vaagweg 'n boom uitmaak. Ek het toe gesê, "Wat is dit wat ek sien? O, dit is 'n boom." Skielik het YAHUVEH die tralies weggeneem en ek kon duidelik sien. Daar was 5 baie groot, sterk, gesonde, 'n mens kan dit Immergroen Bome noem, maar ek hoor aanmekaar die woord "denne" (fir) boom, wat in 'n ry staan, lieflike bome. Toe maak ek my oë oop en ek sê vir Kathrynyah, "Whoa", kyk wat het ek nou net gesien". Ek is nie een wat maklik sulke visioene kry nie, gewoonlik het hulle so vinnig gekom en gegaan, maar hierdie was 'n langdurige visioen. HY wou hê dat ek dit moet sien. Elke keer wanneer ek my oë oopgemaak en weer toegemaak het en ons op 'n ander onderwerp was, en "whoa", ek sien weer die tronktralies. Toe sien ek hulle is weg en toe sien ek weer die 5 bome.

Ek het agterna hieroor gepeins. Ek het gesê, "Bid asseblief hieroor. Ek weet nie wat dit beteken nie, dit pla my en ek sal nie vrede hê voordat ek die betekenis van hierdie visioen het nie." Terwyl ons begin bid het, was dit skielik so maklik en 'n Woord het na vore begin kom. So, nou gaan ek in geloof glo dat ABBA YAHUVEH dit vir my gaan teruggee, die betekenis van die visioen en die Woord wat HY het.

Ek het alreeds gevra en ek het alreeds die Bloed van YAHUSHUA ons MESSIAS oor my lippe gepleit. Ek het alreeds 'n slot en grendel op hulle gesit. Ek het HOM alreeds daaraan herinner dat HY die SKEPPER van hierdie lippe is en HY is die enigste EEN wat kan verhoed dat hierdie lippe enige woord sal spreek wat nie van HOM af is nie. Ek moedig enigeen aan wie glo dat hulle die gawe van 'n profeet het, dat hulle dieselfde moet doen, omdat daar werklik op hierdie oomblik oral vals profete is en dan is daar diegene wie vals profeteer en tog het hulle YAHUSHUA lief en ek betwyfel dit nie. Maar die dinge wat hulle profeteer realiseer nie en hulle was deur 'n bose gees mislei of hulle het uit hul vlees gespreek. Hulle was in beide gevalle mislei en tog het YAHUVEH gesê hulle is nie "vals profete" nie, maar hulle profeteer valslik. 'n Vals profeet is iemand wat opsetlik mense mislei vir hul eie beweegredes, en sal hulle na 'n ander waarheid lei, na 'n ander god.

Ek lag nou want ek dink aan 'orgone' en 'n sekere vals profeet genaamd Sherry Shriner wat wil hê jy moet jou geloof in 'orgone' plaas wat nou die afskuwelikste leuens teen my en hierdie Bediening sê, maar nou ja, wat kan jy van 'n ruimtewese (alien) verwag? So, in elkgeval, ek vra nou vir ABBA YAHUVEH om hierdie Woorde aan my terug te gee.

In die Naam van YAHUSHUA ons MESSIAS. So, ABBA YAHUVEH, ek vra U weer of U asseblief aan my sal herhaal of dit U was wat hierdie Woorde gespreek het, herhaal dit dan weer aan my, wat was die tronktralies wat ek gesien het? Hoekom was hulle verwyder en hoekom het die 5 sterk bome daar gestaan, die dennebome?

* * * * * * *

Elisabeth [Elisheva] praat in Heilige Tale:

O ABBA YAHUVEH, gee dit asseblief weer vir my. Ek is so jammer dat ons nie ge-reed was nie. Gee dit asseblief vir my terug. Toe ek gesê het ons was nie gereed nie, het ons nie batterye in die bandopnemer gehad nie en die Salwing is so broos.

Die Profetiese Woord Begin.....

O' MY kosbare Bruid, MY kosbare Bruid, My kosbare Bruid, in hierdie tyd van feesviering gedurende Sukkot gee EK vir julle hierdie Boodskap van hoop. EK praat met hulle wat MY eerste stel in hulle liefde, in hulle lewe. Wie nie skaam is vir die Naam van YAHUSHUA julle MESSIAS nie. Al die ander gaan voort en bly doof en bly blind. Hierdie Woord is nie vir julle op hierdie tyd nie.

EK wys vir jou, Elisabeth [Elisheva] 'n visioen van 'n tronkvenster met 5 tralies. MY kosbare Bruid, julle word verteenwoordig deur die 5 Wyse Maagde in die Gelykenis in die Heilige Skrifte. Die vyand sal probeer om julle te vang en op te sluit op 5 verskillende maniere. Daar is net een uitweg. Daar is net een uitsig.

Want EK verwyder daardie tralies reg voor jou oë Elisabeth [Elisheva], want dit is MY belofte aan MY Bruid en julle sal soos daardie denneboom staan wat geplant is by water, die LEWENDE WATER en EK spreek gesondheid, en EK spreek voorspoed en EK spreek die seëninge wat in Deut. 28 gereserveer is vir hulle wie gehoorsaam. En die 5 bome verteenwoordig die 5 Wyse Maagde wie MY Ware Bruid verteenwoordig.

EK sal altyd vir julle 'n weg voorsien om te ontsnap, selfs wanneer julle dink die vyand het julle ingeperk, keer op keer het EK vir Elisabeth [Elisheva] gesê, julle wandel in geloof en nie deur sig nie. Pasop MY kosbare Bruid, 5 verskillende maniere, die vyande van hierdie wêreld en die vyande wat na hierdie wêreld toe kom, sal op 5 verskillende maniere probeer om julle gevange te neem.

EK waarsku julle nou, soek MY, bid waar julle Ark is. Bid wanneer dit nie meer vir julle veilig is om te bly waar julle nou is nie, bid dat EK vir julle 'n plek van veilige bewaring (safe house) sal oprig, 'n veilige heiligdom. EK sê vir julle voor die tyd wat die vyand beplan om te doen.

Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.

Weeg julle woorde versigting. Geliefde Bruid, raak gewoond daaraan om oor jul skouer te kyk want selfs hulle wie julle liefhet, sal aanval as hulle nie gered is nie. Pasop MY Bruid. Bewaar julle tong. So was dit in die dae van ouds. Jammer om te sê hierdie dae het vir sommige aangebreek. Vir andere sal dit later aanbreek.

Die vyand spioeneer op julle. Hulle probeer om elke beweging van julle dop te hou. Hulle verdraai julle woorde asof dit 'n dolk is om in julle hart te druk. MY geliefde Bruid, daar is nie meer so iets soos vryheid vir julle op hierdie aarde nie, tensy dit deur MY is nie. In MY Naam, in die Naam van YAHUSHUA julle MESSIAS, is daar vryheid in MY. So, verberg julleself vir 'n kort rukkie totdat MY woede en MY raserny en MY toorn oor hulle wie net goed genoeg is om MY vyande te wees, verbygaan. Vir die haatlike woorde en dade wat aan julle gedoen word, vir die vervolging wat na julle toe kom, dit is omdat hulle MY in julle sien.

Hulle kan MY nie aanraak nie. Maar omdat julle in die vlees is, weet die vyand waarheen hulle hul wapens kan gooi. Julle leef in 'n bose, bose, bose tyd waar goed boosheid genoem word en boosheid goed genoem word, waar seksuele sonde onbeheersd rondwoed en al die moraliteitsgrense verduister is; selfs in die meerderheid kerke weier hulle om te praat oor wat sedelikheid is! Hulle vrees die regering meer as vir YAHUVEH! En hiervoor gaan julle pastore boet. Julle het julle siele verkoop vir hierdie belastingvrystellingstatus. Hoe julle geldelik beloon kan word deur van MY te preek.

Sommige van julle het bely want julle het nie geweet wat julle doen nie. Sommige van julle het gesê, "Vat hierdie belastingvrystellingstatus (Elisabeth [Elisheva] sê, "Goed, ek sal dit sê") en druk dit waar die son nooit skyn nie!" Julle behaag MY. Julle is vergewe. Julle het die verkeerde reggestel.

Maar vir die ander pastore van die ander kerke wie hierdie omkopery van die regering gevat het en 'n slot en grendel op julle lippe geplaas het, (Elisabeth [Elisheva] sê, “Ai tog, my hand is gevoelloos!") sê EK, “Weg van MY af! EK het julle nooit geken nie! MY GEES is nie in julle kerke nie.”

Joel Osteen, jy het 'n prys om te betaal. Met jou siel sal jy betaal! Jy is niks meer as die Spreker nie. Jy staan agter 'n kansel maar daar is niks Heiligs in jou of jou vrou en die gemeente wat hierdie saal volmaak en die kerkbanke vlak vir vlak volmaak nie, EK ken niemand van julle nie! Julle is nie Heilig nie.

Julle kom net om julle ore te vul met dit wat julle die begeertes van julle harte gee. Julle wil van niks weet van enige iets wat met julle gees te doen het nie, behalwe om blymoedige gedagtes te koester en gelukkig te wees nie! Julle is bedwelm, julle verkeer onder 'n illusie! Julle is onder breinbeheer, julle is onder breinmanipulasie! Julle vul die offersakke tot oorlopends toe, en hoop die rykdom op vir iemand wat homself (Elisabeth [Elisheva] begin probleme ondervind om te praat. Die duiwel wil nie hê sy moet praat nie en val haar stembande aan) as 'n keiser beskou.

Joel Osteen, en Ek praat met al die pastore wat in sy voetspore volg, EK gaan die goue kalf reg voor julle oë van julle af wegruk! Julle sal die vloeke van Deut. 28 soos 'n tweede vel dra, want julle het die mense mislei. Die blindes lei die blindes. Julle het hul oë op die rykdom van hierdie wêreld gefokus sodat hulle nie die armoede in hul eie siele sal raaksien nie!

Dit is net 'n kwessie van tyd!

Wees bemoedig MY kosbare Bruid. Julle gaan sien hoe hierdie vyande val. EK waarsku julle MY kosbare Bruid, julle grootste vyande sal in julle eie huishouding gevind word. Hulle wat nie hul lewens en hulle liefde aan my oorgegee het nie, hulle wat MY nie eerste in hul lewens en hul liefde plaas nie, hulle wat weier om die Waarhede in die Heilige Skrifte te glo, hulle wat weier om te erken dat daar net een weg na die Hemel is, deur MY Naam en gestorte Bloed, hulle wat weier om te glo dat daar 'n hel is om te betaal vir onbelyde sonde.

Julle grootste vyand sal in julle eie huishouding gevind word, want dit is hulle wat die meeste pyn kan toedien. Dit is hoekom EK MY skeidingswaard bring! Dit is niks nuuts nie. Lees die Woord. EK beskerm julle want daar kom 'n dag en dit is net 'n kwessie van tyd, dat diegene wat julle beskou as jul geliefdes, julle sal verraai, julle aan die geregshowe van die land sal offer, aan die beloning op julle koppe gehoor sal gee wanneer hulle vra, "Waar is hulle?"

Dit is net 'n kwessie van tyd.

Dit is hoekom EK dit nou vir julle sê, wees voorbereid want Bruid, voordat EK julle huis toe neem na die Hemel, voordat julle weggeraap word saam met MY, gaan EK julle moet leer hoe om te hardloop en weg te kruip, hoe om weg te kruip vir die oë van die vyande, maar dis alles in orde, MY geliefdes, want dit is net 'n kwessie van tyd.

Hou styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laat los nie. Terwyl julle in julle Sukkhas slaap, onthou dat dit net 'n tydelike tabernakel is, net soos hierdie sterflike vlees 'n tydelike tabernakel is. En net soos wat EK julle veilig bewaar in julle Sukkhas, hoeveel te meer sal EK vir julle doen terwyl julle MY op die Heilige Feeste eer, terwyl julle die feesdae van hierdie wêreld vermy, terwyl julle aan MY vasklou soos aan 'n Geliefde wie se omhelsing julle nie wil verlaat nie, hoeveel te meer sal EK julle vashou? Hoeveel meer sal EK julle liefkoos?

(Elisabeth [Elisheva] sê, "O, ek wil net sê, die Salwing is so intens!")

O, hoe lief het EK julle. Soos wat julle daarna verlang dat EK moet kom, hoeveel te meer verlang EK om na julle toe te kom! Ek vang elke traandruppel van julle op. Die flessies word hier in die Hemel gestoor en wanneer julle na MY uitroep omdat julle vervolg word, vang EK elke traandruppel van julle op! Goue flessies wat met juwele omhul is en elkeen van julle het 'n verskillende een. Elkeen het 'n ander skoonheid. Dit hang af van die lyding wat julle namens MY gely het, hoe gewillig julle was om vervolg te word en allerhande bose name genoem te word, hoeveel julle gely het en gewillig was om dit tot MY Eer te doen. Dit is hoe lieflik julle flessie is. Hoeveel julle vir MY opgeoffer het. Hoe die van julle jul 'weduwee se laaste bydrae' (widow’s last mite) vir hierdie Bediening gegee het, verstaan julle nie? Niks was vermors nie.

Vir hulle wie opgeoffer en opgestaan het vir die moraliteit, julle lê julle lewens neer om ‘n ongebore kind te beskerm. Julle was gewillig om verneder te word en in die tronk gegooi te word om teen aborsie, dieselfde-geslag huwelike te protesteer. Op soveel verskillende maniere, afhangende van waar julle in die wêreld is. Sommige was mishandel; sommige was gemartel; sommige was toegesluit. Ag MY geliefdes! Afhangende van die vervolging, afhangende van die lyding wat julle moes ly, dit is die beskrywing van julle lieflike flessie wat julle trane bevat wat soos 'n soete geur in MY neusgate opkom en EK omhels daardie flessies liefdevol want EK weet watter prys julle terwille van MY betaal! En MY liefste Bruid, dit gaan nie makliker raak nie! (YAHUSHUA huil deur Elisabeth [Elisheva]) Want satan haat julle so! Hy haat julle! Hy haat julle! Hy haat julle! Want MY lof is voortdurend in julle mond! Hy sê woedend, "Prys my! Aanbid my!" Maar in plaas daarvan sê julle, "Ons bestraf jou satan! Gaan weg! Die gestorte Bloed van YAHUSHUA is teen jou!" En hy krimp ineen en hy hardloop!

EK het vir julle ons Heilige Name geleer. EK het vir julle die belangrikheid van die Heilige Feeste gewys. EK het vir julle gesê om op te staan vir Heiligheid en nooit 'n kompromie aan te gaan deur te doen wat julle weet verkeerd is nie! Julle treur en julle huil wanneer EK julle families skei, wanneer EK 'n man beveel om van 'n vrou te skei of 'n vrou om van 'n man te skei. Moenie hierdie Profeet haat wat hier praat nie, want sy praat niks wat nie in MY Heilige Woord is nie. Die Heilige Woord sê, "Moenie ongelyk gebonde wees nie". Hierdie is die Eindtyd.

(2 Kor.6:14) (Matt. 10:34 Handel oor swaard wat skeiding bring.)

Dit is net 'n kwessie van tyd...

Alles wat deur hierdie Bediening geprofeteer was, sal gebeur!

Die gevalle engele gaan opstaan. Die gevalle engele sal sê "Moenie langer in hierdie Bybel glo nie! Dit is verouderd! (passe) Dit is net 'n boek vol feëverhale! Dit is die 'Moderne eeu’. ”Homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike ... hulle sal skree hul is reg om die ongebore baba in die moederskoot dood te maak.

Die politieke leiers, wie se harte satan oorlopens toe gevul het, sal te kere gaan en skree, "Julle wie in hierdie YAHUSHUA glo, julle koppe sal rol!"

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En nou praat EK nie met die Bruid nie. EK praat met hulle wie die Gaste by die Huweliksmaal van die LAM sal wees. Julle moet gewillig wees om julle lewe neer te lê vir MY. Julle sal in die Groot Verdrukking wees. Vir julle wie sê, "Dit is te moeilik, te hard om Heilig te lewe, ek sal dit in die Groot Verdrukking regkry." EK wil vir julle dit sê, as julle dit nie nou kan doen nie, en daar was tot dusver geen opoffering wat julle moes maak nie, julle was nie gesê om julle lewe neer te lê nie, om julle kop onder die guillotien te plaas nie, wat laat julle dink julle kan dit dan doen as julle dit nie eers nou kan doen nie? Wat laat julle dink dat julle dan meer geloof sal hê wanneer julle hongersnood en dood en verwoesting en onverstaanbare gruwels rondom julle sal sien? Wanneer julle deur strate vol bloed moet strompel? Wat laat julle dink dat julle dan meer geloof sal hê? Nou kos dit julle niks anders as om 'n Bybel dweeper (Bible thumper) genoem te word nie.

En EK praat nie nou met die lande waar dit julle baie duur te staan kom nie, EK praat met die oorgrote meerderheid op hierdie aarde waar hulle gesê het, “Ag, dit is te moeilik vir my om Heilig te lewe! Ag, die duiwel versoek my so met pornografie! Ag, ek kan nie die sigarette op die altaar neerlê nie! Ag, ek kan nie die drank neerlê nie! Ag, dit is te moeilik om Heilig te lewe! Ek kan nie die vloekwoorde keer wat uit my mond kom nie! Ek kan nie Heilig lewe nie! Bid vir my, ek kan nie Heilig lewe nie!" Wat laat julle dink dit gaan makliker wees dán?

(Fil.4:13 "Ek is tot alles in staat deur YAHUSHUA wat my krag gee")

Julle mae is nou vol! Julle tonge is nie nou uitgedroog van dors nie! (YAHUSHUA ween deur Elisabeth [Elisheva]). En nogtans kan julle MY nie nou Loof nie? Wat laat julle dink dat dit dán makliker gaan wees?!

Julle spot Profete soos hierdie! Julle sê, "Moenie dit waag om van die hel en die gevolge van sonde te praat nie!" Julle spot Bedienings soos hierdie! Julle sê, "Julle is niks anders as verdoeming en donkerheid (doom and gloom) nie." EK sal vir julle verdoeming en donkerte wys!

En nou praat EK met die vyande van hierdie Bediening en hulle wat (on)heiligheid verkondig. EK sal vir julle verdoeming wys. EK sal vir julle wys wat dors is. EK sal vir julle wys wat honger is! Diegene wie hulle oë op die Goue Kalf van hierdie wêreld vestig, EK sal vir julle wys wat honger is! Julle sal julle eie tonge weens honger kou! Julle wat so ryk en magtig is, julle vertrap en trap op diegene wat nie in julle inkomstegroep val nie, EK sal julle wys. EK sal julle wys wat gebeur met daardie Goue Kalf. EK sal julle wys!

Kyk, EK was net eenmaal daardie geslagte LAM. EK het die vyand toegelaat om MY gesig te slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die vernedering van hierdie wêreld verdra! Maar dit was net eenmaal..... EK het aan daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het gedors na julle! EK het gedors vir julle ongeregtigheid! EK het gesmag na julle! EK was gespot en EK was verag! Hierdie (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op aarde! En hoe min erken dit selfs! Hulle sal 'n heidense vakansiedag vat wat toegewy is aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) wat direk uit die put van die hel is, en hulle het MY daardie verjaardag gegee? Maar hoe min eer MY in hierdie tyd van Sukkot? Hoe min eer die prys wat EK betaal het?...

O, maar EK het my getroue Bruid. EK het die prys betaal, maar dit was slegs eenmaal! EK moes slegs eenmaal sterf! En geen mens het MY lewe geneem nie! Dit was EK en net EK, YAHUSHUA wat gesê het dit is volbring! En dit was MY tyd! EK het nie op 'n mens se tyd gesterf nie! EK het nie op 'n mens se tyd opgestaan nie! EK het in YAHUVEH se tyd opgestaan!

So, EK sê vir julle dit, O vyande van MY, julle wat hierdie lasterlike leuens oor hierdie Profeet en Bediening skryf, dit is net 'n kwessie van tyd, EK gaan op julle trap! EK het julle vervloek net so seker as wat EK die vyeboom vervloek het wat nie vrugte gedra het nie! Dit is net 'n kwessie van tyd! So, gaan voort en doen julle toordery. Gaan voort en probeer die Profeet wat hier praat, vernietig. Julle sien, EK rig haar net weer en weer op! En sy kom net terug en spreek weer MY Woorde uit. Julle kan nie haar lewe neem nie! Dit behoort nie aan julle nie! Satan het geen deel aan hierdie Bediening nie! Gaan voort en verkleineer hierdie Bediening! Beskuldig haar dat sy "te Heilig" is, "te regverdig". Gaan voort en bespot hierdie Bediening wat sê julle moet die Tien Gebooie gehoorsaam en Heilig lewe soos wat YAH Heilig is. Gaan voort en spot...

EK het die Farisieërs gespot. EK het hulle "slange" genoem en EK het hulle "adders" genoem. EK het gesê hulle is net geskik vir die hel! En nou sê EK dieselfde vir julle!

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En die hel en die poel van vuur sal julle siele eis. Julle het een kans; dit is nadat julle hierdie Boodskap hoor. Sal julle bekeer? En die van julle wat bid en julle sê daar is net een Naam en SY Naam is J-E-S-U-S, JESUS, EK het nooit gesê daar is in hierdie tyd geen krag in daardie Naam nie. EK het vervolgens weer en weer in hierdie Profetiese Boodskappe gepraat en gesê daar is vergifnis, genesing, bevrydingskrag in die Naam van JESUS CHRISTUS.

Maar dit is net 'n kwessie van tyd wanneer die Groot Verdrukking aanbreek en die man van verderf daar staan, Judas het weer teruggekeer, en hy sal alles wat Heilig is bespot. Hy sal sê hy is "Jesus Christus". Hy sal die Naam van YAHUSHUA vermy want die Naam van YAH is in daardie Naam. Wat sal julle dan doen? Want wanneer julle in die naam van Jesus Christus bid en hy sy hand opsteek en sê, "Hier is ek", wat sal julle dan doen?

Want julle weier om MY Hebreeuse Naam te gebruik! Julle sê, "Enige naam sal doen". En dan praat EK met diegene wat aanhou sê "Yeshua", EK het oor en oor gesê "YAH" is in MY Naam. YAHUVEH is MY VADER. EK IS SY Eniggebore SEUN. EK het vir julle gesê EK gee nie om of julle YAHUVEH of YAHWEH sê nie, maar laat ons dit nie nou tot die uiterste neem nie, want enige naam sal nie deug nie.

O die haatlike, haatlike, haatlike, haatlike briewe, hoe durf, hoe durf sommige van julle julself MYNE noem? Wanneer julle hierdie Boodskap hoor, beter julle op julle aangesigte neerval voor MY. Julle beter bely en julle beter 'n brief aan hierdie Bediening skryf en probeer om die wonde te streel wat julle toegedien het omdat sy durf waag om oor die hel te waarsku, omdat hierdie Bediening van Heiligheid preek, omdat hierdie Bediening oor die gevolge van sonde waarsku, omdat hierdie Bediening die toekoms vooruit profeteer.

Wat dink julle is 'n Profeet? En vir hulle wat lag en spot en sê, "Daar is nie so iets soos Profesieë nie;" "Daar is nie meer sulke goed soos Profete nie," wat sal julle met MY Heilige Skrifte doen? Besef julle nie dat EK die GEES VAN PROFESIE is nie! Wat sal julle met MY Heilige Skrifte doen?! EK is PROFEET VAN DIE PROFETE! EK is PROFESIE! Die Profete het geprofeteer dat EK sou kom! As daar nie so iets soos Profete was nie wat gaan julle met die boek van Openbaring doen! Hoe dwaas, hoe dwaas, hoe dwaas is so baie van julle, want Johannes die Openbaarder het geprofeteer oor wat gaan kom.

(Open. 1:1

dat dit "Die openbaring van YAHUSHUA ha MASHIACH is, wat YAHUVEH aan hom gegee het om SY diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.”

Open. 1:1-2

Die openbaring van YAHUSHUA ha MASHIACH..... HY het dit bekend gemaak deur SY engel na SY kneg Johannes te stuur, wat van alles getuig wat HY gesien het -- wat die Woord van YAH en die getuienis van YAHUSHUA ha MASHIACH is.”

Open. 19:10

Want die getuienis van YAHUSHUA ha MASHIACH is die gees van profesie." En die profesie wat YAHUSHUA ha MASHIACH aan ons gegee het is die boek van Openbaring.

Open. 22:16

"EK, YAHUSHUA het MY engel gestuur om vir jou hierdie getuienis te gee om aan die gemeentes oor te dra.)

Elende wag op hulle wat nie waardig gevind word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Elende! Elende! Elende! Elende! Elende wag op hulle wie nie waardig geag word om die Groot Verdrukking te ontvlug nie! Julle weet nie wat julle gedoen het nie. Julle weet nie wat julle gedoen het nie! Maar dán sal julle. Sommige sal die Gaste wees. Ag, hoe baie het julle hierdie Bediening gehaat! Julle sal in daardie tyd huil en julle sal bely oor die gees van verwoesting wat julle gestuur het. O, julle sal bely, maar dit gaan julle jul lewens kos. En julle gaan Elisabeth [Elisheva] in die oë moet kyk in die Hemel en julle sal moet erken hoe lief EK haar het. En julle sal haar bedank vir die prys wat sy betaal het. En almal wat hierdie Waarheid verkondig. Julle sal almal vir wie julle gespot en verag het, in die oë kyk en julle sal hulle om verskoning vra.

Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd...

Dit is net 'n kwessie van tyd dat die reuse uit die lug sal val. (YAHUSHUA ween dwarsdeur hierdie laaste gedeelte). O! satan spot en hy sê, "Die ruimteskip sal op hierdie datum kom." Hy spot wetende dat dit MY tyd is en nie syne nie. En die reuse sal uit die lug val.

EK laat nie toe dat net enige droom by hierdie Bediening geplaas word nie. Hierdie is Heilige Intersessors. En EK het vir hulle drome na drome gegee wat vooruit waarsku oor wat uit die lug sal kom, wanneer die mens na die lug sal opkyk en hulle harte sal beswyk weens vrees. Julle het geen idee nie! Julle het geen idee wat hierheen gestuur word nie! So, wanneer julle leuens hoor wat uitgespreek word, godslasterlike leuens wat teen hierdie Profeet en hierdie Bediening gespreek word, onderskei die vrug waarvandaan dit kom en julle sal sien dat EK dit vervloek het.

Hierdie Bediening lê alles neer, elke finansie, offer na offer op maniere wat julle nie kan begin om te verstaan nie, net om een siel te bereik op maniere wat niemand van julle sal weet nie. Hoeveel van julle het gehelp? Hoeveel van julle het selfs 'n weduweesbydrae gegee? Hoeveel kan sê hulle is deel van hierdie Bediening? Hoeveel van julle kom selfs terug en sê "Dankie"? Dit is nie anders as toe EK tien melaatses genees het en net een teruggekom het om "Dankie" te sê nie. Julle sien, wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun sodat dit kan voortgaan om te doen wat EK dit geroep het om te doen, doen EK dit nie net om hulle te seën nie, EK doen dit omdat EK julle wil seën! Julle wat nou hier lees, julle wat luister, julle moes niks opoffer nie, julle moes nie 'n prys betaal nie, want met elke Profesie wat deur Elisabeth [Elisheva] gespreek word, is daar 'n prys om te betaal, want hoe groter die Salwing hoe groter is die prys wat betaal word. Ware Profete weet wat lyding is.

Die lammers word ter slagting gelei. Die Sondag kerke sal die Slagpale wees. In die Groot Verdrukking sal dit die Slagpale wees. Martelaars sal soos nagmaalbrood opgedien word. Die wyn in hul glase sal die bloed van die martelaars wees. EK het julle gewaarsku wat die Merk van die Dier is. Die Waarheid is hier. Hoeveel van julle sal julle ore toedruk? Hoeveel van julle sal julle oë bedek? Hoeveel van julle sal sê, "Ek wil dit nie hoor nie?"

Maar, EK praat nou met die Gaste. Die Groot Verdrukking is op die horison. Julle staan op die rand van die afgrond. En julle sal hier wees. En dit is net 'n kwessie van tyd. Dan praat EK met die Gaste. Julle beter nou julle geloof baie fyn instel, want as julle nie nou genoeg geloof het om MY in die klein dingetjies te vertrou nie, hoe kan julle my in die Groot Verdrukking vir groter dinge vertrou? Sal julle die geloof hê om vir 'n klip in MY Naam te sê dit is brood? Vir die van hulle wat EK wegsteek en vir die van hulle vir wie EK voorsien, sal dit soos manna wees, soos doudruppels op die gras in julle agterplase. Maar net julle oë sal dit sien, en dit is net as julle geloof het en in MY glo. Julle beter julle geloof nou fyn instel. Anders gaan julle geloof net ge-noeg wees om julle lewe te gee.

(Open. 14:12

Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van ELOHIM en die geloof in YAHUSHUA bewaar.

Open. 12:17

En die draak …het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van ELOHIM bewaar en die getuienis van YAHUSHUA hou.”

Dit is net 'n kwessie van tyd.

Dit is net hulle wat nou na MY uitroep wat beskerm word teen die Breinbeheer-golwe wat in die lug is. Hulle beheer julle verstand deur die water en deur die kos wat julle eet. Hulle plant die ‘chips’ wanneer julle dit die minste verwag, om julle soos 'n hond op te spoor om presies te weet waar julle is. As dit nou so erg is, kan julle dink hoe dit in die Groot Verdrukking sal wees?

Dit is net 'n kwessie van tyd.

Maar aan My Bruid, aan MY kosbare, kosbare Bruid, EK het vir julle die tronktralies gewys. EK het vir julle gewys hoe hulle dink hulle jul in 5 verskillende maniere gaan gevange neem en EK het vir julle die visioen gewys toe EK die tralies wegneem, en daar sal julle staan, julle wat MY Vyf Wyse Maagde verteenwoordig, julle BRUIDEGOM kom! Julle BRUIDEGOM kom! En EK bring MY belonings saam met MY! En EK waardeer elkeen van julle liefdevol! Julle BRUIDEGOM kom!

Hou styf vas aan die soom van MY kleed! Moenie, moenie deur die oë van die vlees kyk nie! Kyk deur die oë van julle kosbare RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH! Kyk deur die oë van julle MOEDER WYSHEID! Bid vir meer Wysheid! Bid vir meer Wysheid want julle het dit nou nodig! En ag, julle wie die Gaste is, bid vir meer Wysheid! Bid vir groter onderskeiding want julle het dit nie net nou nodig nie, julle gaan dit nodig hê in die tyd van Jakob se Benoudheid (Jer. 30:7). Julle gaan dit nodig kry in die Groot Verdrukking wanneer 'n blote mens, aanbid en vereer gaan word! Julle het nou julle afgode o wêreld. Julle noem hulle rolprentsterre of bose demoniese politici, maar EK vertel vir julle dit, daar kom 'n man wat die seun van die verderf gaan wees, die werklike seun van satan. Pasop! Julle is gewaarsku! Wees gewaarsku! Wees versigtig! Wees baie versigtig! Wees waaksaam! Wees op julle hoede! As hulle wie jul dink julle kan vertrou, nie vol van MY GEES is nie, as hulle nie hul knie voor MY gebuig het nie, as hulle nie gehoorsaam voor MY lewe nie, as hulle hart nou gevul is met opstandigheid, dink net hoeveel erger dit sal wees. Julle is gewaarsku!

Julle kla omdat EK huwelike opbreek, maar dit is huwelike wat EK nooit georden het nie. Dit was julle vlees wat julle saamgevoeg het. En vir die veiligheid, vir die veiligheid van MY Bruid, vir die veiligheid van selfs die Gaste, vat EK MY skeidingswaard en EK skei moeder en vader en kinders, hulle wat hulself mans en vrouens noem, susters en broers, lede van die familie en vriende, EK skei hulle wie ongelyk gebonde is in besighede, op alle maniere. Julle kan net dié vertrou wie MY Naam aanroep.

Dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is net 'n kwessie van tyd.

EK sal MY Bruid bymekaar maak, beide Open. 7 en 14, ag julle sal aan MY sy wees, maar verberg julleself nog vir 'n klein tydjie. Verberg julleself vir 'n klein tydjie totdat MY toorn oorgaan. Want YAHUVEH sal nie aanhoudend gespot word nie.

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En dink aan die belonings wat julle verdien het en dit alles sal verbygaan en julle sal weet dit was die moeite werd, watter lyding julle ookal bestem was om te ly, doen dit soos vir MY. Wanneer julle om MY Naams ontwil vervolg word, weet dan dat hulle MY in julle sien.

Dit is net 'n kwessie van tyd.

En julle sal sien MY Liefde vir julle is so 'n werklikheid. So, vat MY Genade en vat MY Goedertierenheid. Neem MY hand. Laat EK MY arms om julle vou. Laat EK julle omhels! Ag, hoe baie dank EK julle dat julle MYNE is, dat julle gewillig is om die prys te betaal om YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid genoem te word.

Einde van Woord

Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]

Sukkot 17 Oktober 2008

Indien hierdie Profesie vir jou 'n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.

www.almightywind.com

Elisabeth [Elisheva]: Dit is al wat EK hoor. Ek dank U vir hierdie eer, geliefde

YAHUSHUA dat U deur hierdie lippe van klei gespreek het en ek is net 'n spreekbuis vir U en ek bid dat ek elke Woord gehoor het net soos wat U dit gespreek wil hê. Ons dank U vir hierdie Boodskap van Sukkot 2008. Ons dank U vir hierdie eer. Ons bid dat dit beide die Bruid en die Gaste sal bemoedig en ons bid dat dit vrees in die vyande sal veroorsaak. Ons dank U. Ons prys U. Ons aanbid U. Ek weet dat ek gebruik word om sommige aanstoot te gee, ok, baie aanstoot te gee en sommige te verlig, maar dit is tot U Eer en U Eer alleen. Dank U Geliefde YAHUSHUA. Dank U. Dank U. Dank U. En die GEES en die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH sê, "Kom! O kom! YAHUSHUA, kom asseblief! Kom gou! Ons wag vir U! En tog weet ons dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is dit.

Oor en uit. Ek het twee gevoellose hande hier!

Nota: Toe hierdie Woord gegee was, het Elisabeth [Elisheva] se hande gevoelloos geraak! Wanneer YAHUSHUA SY stem verskeie kere verhef het, het Elisabeth [Elisheva] gesê dit was asof 'n Krag van Bo soos 'n stukrag in haar liggaam gestuur is! Haar liggaam het letterlik gespring toe dit plaasgevind het! En sy het energie gevoel na hierdie Woord ontvang is. Maar die Salwing was so strerk, ons het deur twee stelle batterye gegaan om hierdie Woord op te neem en daarna te luister! Die Salwing speel vinnig klaar met batterye se krag!

Open. 6:9:

Ek het onder die altaar die siele gesien van die wat gedood is ter wille van die woord van Yahushua en die getuienis wat hulle gehad het .....

Die Man van Wetteloosheid

1: Aangaande die koms van ons Yahushua ha Mashiach en ons wat bymekaar gemaak gaan word vir hom, vra ons julle, broeders, 2: Moenie maklik verward of verskrik raak deur enige profesie, verslag of brief wat veronderstel is om van ons af te kom, wat sê die dag van die Here het alreeds gekom nie. 3: Moenie laat enigiemand julle op enige manier mislei nie, want (daardie dag sal nie aanbreek nie) totdat die opstandigheid voorkom en die man van wetteloosheid geopenbaar is, die man bestem vir vernietiging. 4: Die teëstander wat hom verhef bo al wat God ge-

noem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Is die man van wetteloosheid die letterlike seun van satan, op die punt om geopenbaar te word? Sal die mense van hierdie aarde hom as hulle God kies? Sal hy eers verkies word, en dan later sy eis dat hy God is aankondig, en aandring dat hy aanbid word? Die goddeloses sal neerbuig en hom as hulle Messias aanbid, maar niemand sal dit doen tensy hulle naam nie in die Boek van die Lewe opgeskrywe is nie, wat voor die grondlegging van die wêreld opgeskryf was nie. Moenie vrees nie, julle kan nie per ongeluk die Merk van die Dier neem nie. Net die wat Yahushua ha Mashiach ontken sal die een aanbid wat die antichris genoem word.

www.allmightywind.com

www.almightywind.com


* * * * * * *

Print Friendly and PDF