Profesie 103


EK, YAHUVEH, Oordeel Julle volgens Julle Vrugte!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
9 November 2008

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende van 2 Kronieke by te voeg voor elke Profesie.

2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Elisabeth (Elisheva): Ek het wakker geword met 'n baie interessante droom. Julle weet 'n Profeet is iemand aan wie YAHUVEH SY Geheime toevertrou, maar dit sou nie reg wees om hierdie geheim vir myself te hou nie en ek weet dat ek veronderstel is om dit met hulle te deel wie waarlik, waarlik daarna strewe om ons Geliefde YAHUVEH en ons Geliefde YAHUSHUA MASHIACH en ons Geliefde RUACH ha KODESH, ons IMMAYAH, kosbare, kosbare HEILIGE GEES, ons MAMMA WYSHEID te behaag. 

Ek het hierdie droom (tweemaal) kort na mekaar gehad en ek het dieselfde ding gesien. Ek het 'n verslagkaart gesien en in daardie verslag is dit YAHUVEH wie ons die Verslagkaart gee. Maar HY hou nie rekord soos in Amerika waar ons volgens die alfabet gegradeer word nie, A, B, C, D, F. Nee, HY het 'n hoër graad waarvolgens HY gradeer en HY gradeer op drie verskillende maniere. HY gradeer eerstens persentasiegewys, volgens die persentasie tyd wat ons HOM gehoorsaam, volgens die gesindheid waarmee ons HOM gehoorsaam. Met ander woorde, ek gaan dit weer sê. Volgens ons optrede, volgens hoe vinnig ons optree en die houding wat ons openbaar wanneer ons vir HOM optree, wanneer ons HOM dien, wanneer ons gehoorsaam. 

Julle sien, ons word op ons verslagkaarte gegradeer, en my hand begin bewe, volgens ons gehoorsaamheid. Al drie gesamentlik. HY neem daardie telling en HY neem 'n persentasie en twee maal agtermekaar het ek het [‘n] Verslagkaart gesien. Dit was 93%. Ek glo dat die Bruid hiervandaan weggeraap gaan word, net soos Henog, ek was herinner hieraan, en 'n Woord het begin voortkom omdat ek probeer het om alles te begryp wat YAHUVEH gesê het. Henog het 100% gehad. Hoe weet ek hy het 100% gehad? Na aanleiding van Hebreers 11:5 [Henog was weggeneem. Hy het die dood nie gesien nie, want voor sy wegneming het hy YAHUVEH behaag.]

 

HEY, dit is omdat YAHUVEH 100% van die Bruid verwag! Ons sal nie hiervandaan weggaan voordat ons nie 100% bereik nie! So ..... elke keer wat ek 'n Boodskap ontvang dat die Bruid nog nie gereed is nie, probeer ons om ons telling te verbeter. Terwyl ek hieroor gepeins het, en deel van my graad, ek het nie my Verslagkaart gesien nie, maar deel van my graad is hoe vinnig ek 'n Woord of 'n droom sal uitspreek, selfs al dink ek dat dit iets is wat moontlik iets kan wees waarmee iemand nie ingenome gaan wees nie.

Ons sal nie 100% kry nie voordat YAHUSHUA sê "Kom na vore," julle weet, so hy weet hoeveel hy daaraan moet werk en, soos ek gesê het, die gesindheid gedeelte.

Ons kan dinge doen en ons kan net sê, "O ek moet dit doen en ek moet dat doen." Die gesindheid is wat ek dink die Bruid werklik harder aan moet werk. Dit is dat ons dit vreugdevol doen. En wat YAH ookal sê, ek meen ons vlees gaan ineenkrimp, maar wanneer HY beveel om iets te doen en julle sê, “Ag nou goed, ek sal dit doen” (wrewelrig). Raai wat mense, julle persentasie het dan sopas gedaal. Dit wil sê ons moet dit opgeruimd doen soos vir die Here. 

Wanneer dit tyd word om 'n tiende te gee, sê HY om die tiende te gee, en julle gee die tiende waar jul gevoed word. Dit is net soos hierdie Bediening. Julle sal verbaas wees, verbaas, as julle weet hoe baie net eenvoudig dink dit is 'n plek waarheen hulle net kan gaan en geestelik gevoed word, maar hulle gee nie regtig om of ons gevoed word nie. Julle sal werklik, werklik verbaas wees. Dit is wat ons 24 uur per dag doen. Ons is hier om ons Geliefde ABBA YAHUVEH te dien, om SY Skape en Lammers te voed. 

Hierdie webwerf gee julle nie net woorde alleen nie, en dit is nie net mooi om na te kyk nie. YAHUVEH het ons vir gesê om buitengewoon en oorvloedig meer te doen as wat julle selfs voor vra en julle het die prag daarvan. Selfs vir diegene wat nie die tyd wil neem om te lees nie, julle kan selfs net luister na die Woord. Ek meen, ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer. Ons probeer doen wat ABBA YAHUVEH hierdie Bediening beveel het om te doen, om te doen wat HY mý beveel het om te doen. 

Byna 14 jaar gelede, toe ek die eerste keer op die internet gekom het, waar HY my voor die hele wêreld 'n "Profeet vir die Nasies" genoem het – voordat ek HOM gedien het, maar dit was nie as 'n Profeet vir die Nasies nie – toe ek op daardie internet gekom het, het dit 'n Profeet vir die Nasies geword. Dit is toe dat HY gesê het ek moet hierdie verharde Eindtyd generasie vermaak en ook inlig. 

OK, nou het julle die mooiheid en nou kan julle selfs die Woord hoor en nou kan julle die Woord lees en wat julle daarmee doen is nie my verantwoordelikheid nie. My verantwoordelikheid is toe HY my 'n droom gegee het en vir my gesê het, en HY het hoorbaar met my gepraat en vir my gesê, "Voed MY skape." So, ons doen ons bes om julle te vermaak sowel as in te lig. Maar hoe min van julle wys selfs julle waarde-ring, maar dit maak regtig nie saak nie, want ons graad van optrede word nie deur hierdie wêreld gegee nie. Ons graad van optrede word vanaf die Hemel gegee en ek vra nou vir U ABBA YAHUVEH en ek dank U. U het tweekeer vir my die droom gegee en U het gesê U gaan selfs my optrede gradeer oor hoe vinnig ek die droom sou vertel.

Die elementêre dinge–weet julle wat, dis nie genoeg nie. ABBA YAHUVEH [sê] “Goed jy het tot hier gevorder, nou het EK ‘n hoër roeping vir jou.”

So wanneer YAHUVEH sê, "gaan jy [mens] gehoorsaam of gaan jy MY gehoorsaam?" sê ek vir julle dat ek gaan [YAH gehoorsaam.] Ek glo eerlikwaar dit is 100% Bruid. Wanneer dit 100% bereik, is ons weg hiervandaan! En ek is nog steeds hier daarom weet ek dit is nog nie 100% nie. 

[Elisabeth (Elisheva) praat in Heilige Tale.] O ABBA YAHUVEH, dank U, dank U, dank U vir daardie droom. Dank U. Dank U vir daardie openbaring. Niemand, niemand, niemand het hierdie openbaring nie. U het my weereens vertrou om dit vir U mense te gee, om U mense te bemoedig, om vir hulle te wys wat U van hulle verlang en verwag. 

Profetiese Woord Begin: 

O MY Geliefde, MY Geliefde, MY Geliefde, eers toe julle vir YAHUSHUA julle geliefde MASHIACH, in julle harte, in julle lewens aanvaar en HOM eerste in julle liefde plaas, begin julle net daarna strewe om die Tien Gebooie, die Tien Wette te gehoorsaam. Maar dit is maar net laerskool want MY Woord sê, “Wees julle Heilig soos EK Heilig is."

Dit is waarna julle elke dag strewe maar wanneer julle in die Bruidsklas kom is dit asof julle in julle aardse opleidingskollege kom vir julle Meestersgraad, want julle wil julle MEESTERS graad hê en vir die van julle aan wie daardie Hemelse diploma op daardie dag oorhandig word, dit is wanneer julle vir MY soos ‘n Henog sal wees en julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet. 

Ek praat met MY Eerste Vrugte. EK praat met diegene wat die 144,000 is. EK gradeer persentasiegewys, nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Nie "as" julle MY gehoorsaam nie, maar met watter gesindheid julle het dat julle MY gehoorsaam; hoe vinnig julle MY gehoorsaam én die graad van die uitvoering, hoe volkome julle MY gehoorsaam. 

Doen julle dinge in julle tyd? Of doen julle dinge in MY tyd? Wanneer EK vir julle sê dat julle iets moet doen, doen julle dit met 'n vrolike hart? Wanneer EK vir julle sê om hierdie Bediening te ondersteun, gee julle vir hulle slegs die oorskiet kleingeld, asof julle vir 'n kelnerin of 'n kelner 'n fooitjie gee? Maak julle seker dat die profete wat julle bedien, wat julle voed, gevoed en gehuisves is? Want hierdie bediening reis deur die wêreld. Hulle bly slegs in een plek totdat EK, YAHUVEH vir hulle sê om aan te beweeg. Weet julle hoe baie kere moes hulle alles agterlaat? Hoe baie van julle sal so 'n lewe kan lei? Hoe baie sal gewillig wees om hulle geliefdes agter te laat? Agter te laat in 'n land wat hulle nooit weer sal sien nie, omdat EK, YAHUVEH, so gesê het? Dit sal nie deur MY Hand wees dat hulle ooit terug sal keer nie. Elkeen, elkeen, elkeen, wat YAHUSHUA as julle MASHIACH aanvaar, elkeen wat YAHUSHUA die Eniggebore Seun van YAHUVEH noem, moet elke dag daarna strewe om MY, YAHUVEH te behaag.

Toe YAHUSHUA julle MASHIACH hierdie aarde bewandel het, het HY een, een, een begeerte gehad, dat HY MY, YAHUVEH behaag. HY het julle konstant daaraan herinner dat die dinge wat HY gedoen het, het HY gedoen om MY, YAHUVEH te behaag. Dit is wat MY Bruid doen. Dit is wat YAHUSHUA se Bruid doen. Aan die nuwe baba bekeerlinge, julle is nog maar net in die laerskool, maar net soos 'n kind in die laerskool na die nuwe graad wil gaan, so moet julle ook daarna strewe. 

Onthou vir Henog. Vra MY. Wees eerlik met MY en EK sal vir julle jul persentasiegraad wys. Dit is nie sodat julle opgepof kan raak met trots nie, want niemand, niemand, niemand, nie eers die Kringleier “Ringmaiden” wat hier praat, het al 100% nie. Die dag wat EK vir YAHUSHUA MY Eniggebore Seun sê, "Gaan haal JOU Bruid," sal hulle wat opgeraap word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet, daardie dag weet, hulle het 100% MY tevredenheid bereik.

Daar sal diegene wees wat hierdie Boodskap sal hoor wat net met hulle laaste asem in die Hemel sal kom. Hulle sal alles doen wat hulle kan om net die Tien Gebooie te onderhou, om op daardie manier Heilig voor MY te leef. Hulle sal op daardie dag in die Paradys wees. Maar julle sien, daar is vlakke in die Hemel en die Bruid se sielsbegeerte is om instaat te wees om direk in die Troonkamer te kom. Hulle is die 100% presteerders. 

EK oordeel julle volgens die persentasie van die tyd wat julle MY gehoorsaam, weereens hoe vinnig julle MY gehoorsaam. Gee julle MY julle beste? Of kom julle net-net by? Ag, hoe hartseer wanneer sommige van julle net krummels vir MY gooi. Julle sien, EK, YAHUVEH, oordeel julle hart. Ek luister nie net na julle mond nie, EK weet wanneer julle teësinnig iets vir MY doen of wanneer julle vrolik is. Net soos wat EK diegene opgerig het om helpers vir hierdie Bediening te wees, julle het begin as 'n vriend tot hierdie Bediening. Julle het gebid en as nuwe bekeerlinge het julle gebid en gebid en wou YAHUSHUA meer en meer elke dag behaag en het gesê "ABBA YAHUVEH, wat kan ek doen om hierdie Bediening te help, wat kan ek doen om my lewe te laat tel in hierdie wêreld? Gee my 'n werk ABBA YAHUVEH. Maak my lewe die moeite werd." Derhalwe het EK vir julle 'n werk gegee. 

Ek praat met die een wat voorheen die briewe van hierdie Bediening hanteer het. Ek het vir jou 'n taak gegee. Jy het met vreugde begin. Jy het begin asof jy nie genoeg kon doen nie, om bewus te wees daarvan dat die briewe aangestuur moet word is ‘n werk, 'n Heilige werk wat EK vir jou gegee het. Hulle wat die briewe hanteer, hulle wat die finansies hanteer word deeglik beproef. Hulle wat aangesê word om van hulle finansies te gee om hierdie Bediening te ondersteun word deeglik beproef. Maar word jy sterker? Of word jy swakker? Verloën jy die taak wat EK jou gegee het om te doen? 

Sommige het gesteel, die mense wie EK vir Elisabeth [Elisheva] gesê het dat sy hulle kon vertrou, het verraad gepleeg, want op die tydstip wanneer EK dit spreek, kan hulle vertrou word. Maar EK het nooit gesê vir hoe lank nie. Maar EK het vir haar gesê diegene in haar huishouding kan ten volle vertrou word. Julle ken julle name. Daar is diegene in YAHUSHUA se Demon Stompers, die Heilige Gebedsvegters Intersessors, hulle staan in die Voorste Linies, op hulle kan daar staatgemaak word om te vas en te bid, om Heilig voor MY te lewe, hulle kan huidiglik vertrou word. 

O hoe baie rou EK oor hulle wat sê, "Gee my net 'n werk om te doen. Gee my 'n werk om te doen. Wat is my werk op hierdie aarde, ABBA YAHUVEH." En EK gee vir hulle hul werk en hulle moet geëerd voel en hulle sê hulle is geëerd en hulle begin met die regte gesindheid en dan word die beproewing te swaar en hulle vlees staan op en hulle gooi die taak terug in MY gesig en hulle verraai hierdie Bediening weereens. Weet julle nie EK oordeel julle hiervoor nie? EK oordeel julle einste hart. 

Elke keer wat julle daardie brief ter ondersteuning uitskryf, oordeel EK julle en die persentasie. Wanneer 'n Woord te voorskyn kom wat die vlees aanstoot gee, net soos hierdie Woord gaan doen, oordeel EK julle hart. Bedank julle MY? Bedank julle die Boodskapper? Plaas julle aksie agter julle woorde? Doen julle enigiets om hierdie Bediening te help? EK, YAHUVEH, oordeel julle want julle sien, die Heilige Skrifte sê, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Is julle bang om julle geliefdes se vlees aanstoot te gee, julle bure se vlees, vreemdelinge se vlees, meer as wat julle bang is om MY, YAHUVEH aanstoot te gee? 

Praat julle hard en vrylik teen homoseksualiteit,'n gruwel wat julle "selfde-geslag huwelike" noem? Dit is geen huwelik nie! Satan spot MY daardeur! 

Verdedig julle die ongeborenes? Staan julle op vir sedelikheid? Vir wie het julle gedurende die 2008 verkiesings gestem? Skik julle met sonde?

EK gradeer julle MY Kinders. En op daardie dag in die Hemel wanneer julle voor MY Troon staan en die Boek van Lewe is geopen, daar sal julle graad ook wees. 

Vra vir MY. Moenie vir 'n ander vra nie. Vra vir MY, YAHUVEH om vir jou 'n droom te gee, om vir jou 'n teken te gee en as jou hart opreg is en as jy instaat is om jou graad te hanteer, en as dit jou nie mismoedig maak of jou laat ophou om te probeer nie, sal EK vir jou jou graad wys, hoe gewillig jy was om jou lewe neer te lê vir MY, vir MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se onthalwe, hoe gewillig jy was en watter gesindheid jy het wanneer jy jou Getuienis van YAHUSHUA, MY Geliefde Seun deel. Is jy 'n hulp of is jy 'n hindernis vir hierdie Bediening? Aangesien jy hierdie Boodskap van hierdie Bediening hoor, word jy nou verantwoordelik gehou. Staan jy op en verdedig? Vertel jy vir jou familie, jou vriende, waar hulle die Waarheid kan gaan hoor wat direk uit die Hemel kom? 

EK het julle so lief. Vir diegene wie slegs in die laerskool is, julle ABBA YAHUVEH het julle so lief! Julle het die eerste stap geneem! Julle het julle lewe vir YAHUSHUA julle MASHIACH gegee. Maar julle kan nie in die laerskool stop nie anders sal julle net vrugte wees wat aan die wingerdstok doodgaan. Julle moet. Julle moet. Julle moet aangaan. Moenie dink julle kan ophou nie. Strewe. Strewe. Strewe daarna om in alle gevalle Heilig te wees want EK verwag meer in hierdie Eindtye. EK sal julle aan julle vrugte ken. Die ander Heiliges sal julle aan julle vrugte ken. Deur julle vrugte gradeer EK julle vir die persentasie van julle vrug, hoeveel is goed en hoeveel is sleg. 

Dit is hoekom die Bruid van YAHUSHUA MASHIACH SY Eerste Vrugte genoem word, SY beste. Hulle is gestamp en geslaan en hulle is gekneus deur hierdie wêreld maar in SY oë, in YAHUSHUA se oë, is hulle die beste vrugte want hulle het daardie kneusing gevat, hulle het daardie kneusing terwille van SY Naam gevat en hulle is SY beste vrugte. Hulle is die Bruid.

En nou praat EK met die Bruid van Openbaring 7. Julle is ook goeie vrugte. Ag, maar julle gestamp en julle kneusing was nie tot die graad van die Openbaring 14 Bruid nie, maar julle vrugte behaag MY. En EK kan julle vertrou soos EK die Bruid van Openbaring 14 kan vertrou, want alhoewel julle nie 100% is nie, strewe julle elke dag daarna om dit te wees.

Derhalwe, deel EK nou hierdie geheim uit die Hemel wat niemand nog ooit vrygestel het nie. So, loof MY en vra wat jou graad is en as EK dink jy kan dit hanteer, sal EK dit met jou deel, maar weereens, EK doen dit nie om een met 'n ander te vergelyk nie, want as EK dink julle sal opgepof word met trots, want EK, YAHUVEH ken julle hart en gedagte, sal EK nie vir julle vertel nie. As EK dink dit sal gebruik word om jou deur satan in die grond in te slaan en as julle nie instaat is om dit te hanteer nie, sal EK julle nie vertel nie. Maar julle het niks om te verloor nie, vra MY net.

Onthou dit, almal van julle wat aan YAHUSHUA julle Geliefde MASHIACH, MY Eniggebore Seun behoort, is almal ‘n produk in wording. Julle almal bewerk jul pad terug Hemel toe waarheen julle belonings julle sal volg, maar dit is nie julle werke wat julle in die Hemel bring nie, buiten om die Tien Wette te gehoorsaam, dit is YAHUSHUA se werk op Golgota, toe HY SY lewe neergelê het vir julle en toe HY weer opgestaan het uit die dood. Dit is SY werk wat julle in die Hemel bring sodat geen mens kan roem nie. 

Selfs julle Verslagkaarte, julle Vorderingskaarte, soos EK dit noem, is nie vir julle om oor te spog nie. Dit is deur SY Naam en SY Bloed, dit is volgens die graad wat julle die RUACH ha KODESH toelaat, julle Kosbare IMMAYAH, om deur julle te werk dat julle gegradeer word. As julle skaars die Tien Gebooie kan onderhou is julle maar net in die laerskool en as dit die enigste graadgemiddelde is wat julle kan bereik, sal EK julle in die paradys sien, die eerste vlak van die Hemel. 

Dit is waar die dief wat op Golgota bely het, heengegaan het. Dit is hoekom YAHUSHUA gesê het, "EK sal jou in die Paradys sien." Hy het niks anders vir MY gedoen behalwe dat hy YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun as die Seun van YAHUVEH erken het nie en hy het gesê, "Dink aan my in die Hemel," en julle sal hom in die Paradys ontmoet. Maar hy was die eerste een wat bely het voor YAHUSHUA opgevaar het, net voor YAHUSHUA opgevaar het. Hy het die ander een aan die kruis daaraan herinner, hy het vir die ander een gesê, "Ons verdien die prys wat ons betaal maar hierdie man het niks gedoen om dit te verdien nie." Sy tuiste is nou in die Paradys. 

Derhalwe MY Geliefdes, wees aangemoedig. Nou weet julle hoe EK, YAHUVEH julle gradeer en EK ken julle aan julle vrugte. Aan die vrugte van hierdie Bediening, weet julle dit, want julle weet dit was vir julle 'n seën en EK het hierdie dag vir julle vars manna vanuit die Hemel gegee om te eet en nuwe wyn in julle uitgestort en julle het goeie vrugte geëet, vir hulle wie waarlik aan MY Eniggebore Seun, YAHUSHUA, julle MASHIACH behoort. Vir sommige van julle het die werk pas begin, vir sommige van julle kom julle taak tot 'n einde. Vra vir MY wat julle graad is en as EK dink julle kan dit hanteer, sal EK vir julle vertel. 

Ter afsluiting, herinner EK julle aan die rykman wat 'n disippel van YAHUSHUA kon word, wie geglo het hy was waardig om die Disippel van YAHUSHUA te wees. YAHUSHUA het vir hom gesê, "Gaan en verkoop alles wat jy het aan die armes en kom en volg MY." Maar EK het sy hart geoordeel. EK het na hierdie rykman se hart gekyk want in der waarheid was sy liefde vir sy rykdomme groter as YAHUSHUA. Sy begeerte na materiele dinge was groter as YAHUSHUA. Hy was nie gewillig om alles neer te lê vir YAHUSHUA, julle Geliefde MASHIACH nie en hy het hartseer weggegaan, want 'n mens kan nie twee here dien nie, hy sal die een haat en die ander liefhê.

YAHUSHUA julle MASHIACH is julle MEESTER. Vir watter persentasie was julle gewillig om alles neer te lê? Toe EK met MY Goddelike Hand huwelike verdeel het wat EK nie georden het nie, waar julle ongelyk gebonde was, wat is julle gesindheid? EK het dit vir julle eie beswil gedoen omdat hulle hulself gebind het aan satan en sy leuens. Hoeveel erger sal dit in die Groot Verdrukking wees, die Tyd van Jakob se Moeilikhede, waar daardie verraad die ander Heilige een se lewe sal kos, wat was julle gesindheid? Het julle 'n "Ag ellendige ek," gesindheid? Het jy 'n brommende kwaad gesindheid? Wat is jou gesindheid? EK ken jou vrugte, daardeur oordeel EK jou. 

Vir die van julle wat die dae aftel, en daar is 'n webbladsy “Five Doves”, hoeveel skade het julle berokken en alhoewel julle bedoel om MY te eer, bou julle mense op vir so 'n dag wat julle sê, “Die wegraping sal kom.” Julle vertel vir die mense, “Al wat julle moet doen is om YAHUSHUA as MASHIACH te aanvaar en julle is gewaarborg in daardie eerste wegraping.” Julle Amerikaners is so opgepof met trots. 

Julle sê, "Voordat verwoesting oor Amerika gaan gebeur, voordat enige oorlog kan uitbreek in Amerika, voordat enige kernbom Amerika kan tref, sal ons weg wees want YAHUVEH het die Amerikaners so baie lief! Meer as enigiemand anders op die ganse aarde! Ja, ons Amerikaners, ons sal gespaar word.” Dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, dwaas, DWAAS! Dink julle dat EK, YAHUVEH, dat MY Seun YAHUSHUA, Amerikaners meer liefhet as die res van die wêreld?! Waar kry julle hierdie idees vandaan? 

In plaas daarvan om mekaar te bestraf, in plaas van om te sê, “‘n Leuen- en misleidende gees het uit jou droom, jou visie, jou openbaring, gespreek,” waar was die bestraffing vir Pastoor (F.M.) Riley? Waar was die bestraffing vir Jim Bramlett? En al die ander wie valslik gespreek het? Wat is fout Jim? Jy wou dit nie plaas nie. Jy wou dit nie erken nie. Hoe baie is teneergedruk? Hoeveel was verleë, verneder, het opgegee, instede daarvan om te erken dat jy verkeerd was? Pastoor Riley, EK het dit teen jou, jy wat jou formule gebruik op “Five Doves”, om in die laerskool te wees is nie genoeg nie, noem dit grammatika, kleuterskool, in jou oë, voorskool. Wanneer iemand slegs YAHUSHUA aanvaar is hulle in voorskool. Hulle het nog nie eers begin om die Tien Wette te gehoorsaam nie, tog waarborg jy hulle die Hemel?! Jy waarborg hulle die wegraping?! Jy gee 'n datum wat nie kom nie. 

Hoeveel was vernietig, hoeveel sal hel toe gaan? Waar hierdie Bediening die Waarheid uitspreek en nie bang is om enige man of vrou aanstoot te gee nie. Julle moet Heilig lewe. Julle moet Heilig wees. Julle moet daarna strewe om Heilig te wees anders sal julle nie die Hemel sien nie.

Julle kan nie oor die hel leun so ver soos julle kan en dink julle sal nie inval nie! BEKEER! BEKEER! BEKEER! Almal van julle wat in Amerika is, julle is so opgeblaas met trots, julle dink oorlog sal nooit na julle kuslyn toe kom nie. Julle sê, “Ek is die grootste nasie!" Maar EK kyk na julle, o, Amerika, EK kyk na die een wat julle so pas as president verkies het en dit was nie deur MY hand nie, maar EK het julle keuse toegelaat omdat die een wat julle gekies het, die gees in Amerika openbaar en dit is niks om op trots te wees nie! DIT WYS DIE OMVANG VAN DIE STANK VAN SONDE! 

En Amerika, julle wie eens (Heilige) sendelinge oorsee gestuur het, julle wie eens teen die diktators van hierdie wêreld gestaan het, julle het nou sopas vir julleself 'n diktator van diktators gekies. Julle het self sopas 'n president verkies wie vir alles staan wat EK haat! 

Geniet julle ondergang Amerika. Huil en treur, O Amerika. Ag, julle kerke, wat Oprah Winfrey se “evangelie” gesluk het. Die bose geheime, geheimsinniges, sal nou die Withuis vul. EK het deur hierdie Kringleier “Ringmaiden” geprofeteer. EK het julle gewaarsku oor die bose geheimsinniges. (Lees Profesie 51 oor die bose geheimsinniges). Gaan terug en kyk want mense het na haar (Elisabeth [Elisheva]) toe gekom en gesê “Wie is die bose geheimsinniges? Watse bose geheime?” EK vertel nie vir haar alles nie want dit is lank vooruit geprofeteer voordat die geheime selfs vrygestel was. Onthou die geheime is uit die hel gestuur. Daar is slegs een weg Hemel toe. Daar is slegs een weg deur MY Seun YAHUSHUA MASHIACH se Bloed en Naam. Daar is slegs een weg, een Evangelie, en enigiemand wat vir julle vertel daar is ander maniere, julle beter hardloop. (Dit gaan oor Oprah Winfrey se goedkeuring oor ‘n valse nuwe evangelie genaamd “The Secret”)

Julle moet liewer wegkruip want die een wat so pas verkies is tot president vat daardie vals evangelie binne in die Withuis in en dit sal 'n stank wees en julle sal sien wat gebeur as julle 'n vyand van julle siel verkies het, en selfs diegene wie se name opgeskryf is in die Lam se Boek van die Lewe, julle het deelgeneem hieraan, wetende hy staan vir kindermoord, wetende hy is pro-aborsie, wetende sy agenda is homoseksualisme! En EK kon soveel meer sê .... 

Julle sal sien hoe dit is om onder 'n diktatorskap te lewe. In die vorige verkiesing het EK vir julle gesê dat Bush die kleinste van twee booshede was. EK het julle gewaarsku wat sou gebeur as Gore ingekom het. Die doodskampe vir die Christene sou gevul wees, maar EK het vir Amerika meer tyd gegee. 

EK het die U.K. (Verenigde Koninkryk) gewaarsku. EK het die wêreld gewaarsku oor Harry Potter. Die toordery het nou versprei, nie net in huise nie, maar in nasies. Ek waarsku voordat EK Oordeel stuur. Hoeveel wou nie luister nie? Hoeveel van julle wie julself Christene noem, lees nogsteeds die Harry Potter boeke vir julle kinders? So, moenie verbaas wees as julle die gees van rebellie en die ergste sonde in julle kinders, die tingerigste van die kleintjies, sien manifesteer nie. EK, YAHUVEH, het julle gewaarsku. Moenie verbaas wees wanneer julle sien verwoesting kom oor julle nasie omdat julle nie opstaan vir Heiligheid nie. Hierdie is die Eindtye en EK ken julle aan julle vrugte. Aan elke nasie, aan elke leier, EK ken julle. Hoeveel is net waardelose, verrote stank in MY neusgate! 

Aan die wat MY gehoorsaam, aan die wat MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en julle Geliefde RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, eerste in julle lewe en julle liefde plaas, moenie stilbly nie. 

Hulle (Homoseksualiste, Lesbiëns en ander) marsjeer en betoog in die strate en sê, “Ons eis die reg vir selfde-geslag huwelike! Ons eis die reg om erken te word as lesbiëns en gays. Dit is ons Konstitusionele reg.” Die voorvaders wat daardie Konstitusie geskryf het, het nooit dit bedoel nie. In MY oë het julle geen regte nie! Julle wie dit bevorder is 'n gruwel! Julle sal dieselfde lot hê as 'n Sodom en ‘n Gomorrah en die sewe stede wat ook vernietig was. Julle het geen regte nie, behalwe die hel indien julle nie berou nie. EK oordeel julle aan julle vrugte. EK ken julle aan julle vrugte. 

Nou waar is MY Heiliges om op te staan en nie stil te bly nie en aan te hou om te praat teen hierdie afgryslikheid! Vir julle wat dit gedoen het en teen aborsie gestaan het, EK sal ekstra genade oor julle hê. Want weet julle nie; vir elke baba wat geaborteer word, word dit gedoen as 'n offer aan satan! Dit word voor die voete van Molok gelê! Onskuldige, onskuldige, onskuldige, onskuldige bloed word gestort! Daar is niks onskuldiger as die ongeborenes nie! Vir die van julle wat dit gedoen het, vir die van julle wie dit toelaat, as julle nie berou en wegdraai van hierdie boosheid nie, sal julle tot in ewigheid die geskreeu van die onskuldiges hoor terwyl hulle in die moederskoot vermoor was! 

EK, YAHUVEH het hulle stil geskreeu gehoor! En nou is daardie kinders by MY. Maar julle, julle, julle, julle slagters, julle wie opstaan en sê, “Die vrou het die reg om die ongeborene dood te maak,” wat van die ongebore kind se reg? As julle nie gehoereer het nie, sou dit nie gebeur het nie! Dit is julle, julle moeders wat die keuse het! Dit is julle, wie julleself vaders noem, wat 'n keuse gehad het! 

Lees weer die Profesieë en julle sal sien, EK het julle gewaarsku dat die moorde by die ongeborenes sou begin met die om hulle níé mense te noem nie. Waar is hulle onvervreembare regte? Waar is hulle reg tot die strewe na geluk? Waar is hulle reg om te lewe? Hoekom het julle dit weggevat? Hoekom moes julle 'n president kies wat een stap verder neem in hierdie gruwel en gedoen het wat niemand voorheen gewaag het om te doen nie en gesê het "As 'n kind aborsie oorleef, is dit die reg van daardie moeder om dit te laat doodgaan, moenie dit aanraak nie, laat dit ly in pyn en laat dit sterf.”

Dit is die hart van die een wat julle as president verkies het. Wat dink julle sal met julle gebeur? Huil, O treur, O Amerika, want julle het so pas julle ondergang verkies! Want EK ken die vrug in Barack Hussein Obama en vir die van julle wie huil en treur, wie weet dit is nie Amerika se beste uur nie, bid en vra MY wat julle moet doen en waarheen julle moet gaan voordat die gruwel Amerika oorval, want Amerika, EK ken jou vrugte! Aan jou vrugte, O Amerika, sal EK jou oordeel! Net soos die ander nasies van hierdie wêreld! Dit is die tyd waarin kwaad, goed genoem word, en goed, kwaad genoem word. 

En nou eindig EK dit deur met MY Geliefde Kinders te praat. EK sluit nou af en praat met YAHUSHUA se Bruid en MY, YAHUVEH, se Bruid. Strewe elke dag daarna om beter grade met MY te maak. Strewe elke dag daarna om MY, YAHUVEH, te behaag sodat julle dieselfde getuienis as Henog kan hê. En dit word slegs gedoen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA, MY Eniggebore Seun. Pasop vir enigiemand wat net die Naam JESUS sê en homself nou 'n "profeet" noem, want alhoewel EK gesê het dat daar nog steeds vergifnis, genesing, verlossing, opstan-dingskrag is in die Naam van JESUS CHRISTUS, wees versigtig en maak seker julle weet van watter Jesus hulle praat. Dit is hoekom EK altyd vir hierdie Profeet sê, wat nou met julle praat, dit is YAHUSHUA MASHIACH, YAHUVEH se Eniggebore Seun, gebore uit 'n maagd, wat gesterf en weer op die derde dag opgestaan het, die enigste losprys vir sonde is SY gestorte Bloed. Dit is dié YAHUSHUA MASHIACH. Daar is geen ander nie! En die enigste weg na die Hemel, is slegs, slegs, slegs deur SY Naam en Bloed, die enigste weg na die Hemel! So, moenie na enigeen luister wat vir julle anders vertel nie. Daar is geen ander deur na die Hemel nie! Deur na 'n ander evangelie te luister sal julle hel toe gelei word. (Oprah Winfrey se evangelie). 

So het EK weereens op hierdie dag deur MY Kringleier “Ringmaiden” gespreek. Wat julle met hierdie Woord gaan doen, hang van julle af. Weet net dat julle geoordeel sal word want EK ken en onderskei julle harte selfs terwyl julle gelees en julle gehoor het. Is julle meer as ooit gedetermineerd om MY te behaag? Of sal julle jul hande wanhopig in die lug opgooi? EK ken julle vrugte. Dit is waarop EK julle gradeer. EK ken julle vrugte. Dit is of julle sal weet dat julle Hemel toe of hel toe gaan. Vir baie is dit 'n nuwe dag omdat julle oë oopgegaan het en nou weet julle wat MY, YAHUVEH behaag.

Einde van Woord. 

Elisabeth [Elisheva]: Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U vir die eer om U Woorde uit te spreek. Dank U omdat U vir my hierdie droom kort na mekaar gegee het. Dank U dat U my vertrou om U geheime mee te deel om U Skape en Lammers te bemoedig. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U. Vir die Glorie van ons Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, U Eniggebore SEUN, is ons geëerd en ons het U so baie lief. Ons aanbid U. Ons loof U. Ons sal voortgaan om die skape en die lammers te voed. Help ons asseblief om hierdie boeke uit te kry. Asseblief ABBA YAHUVEH, laat die mense opstaan. Laat hulle 'n hulp vir hierdie Bediening wees en nie langer 'n hindernis nie. O, ABBA YAHUVEH, asseblief, asseblief, asseblief rig die Heiliges op. Ons het hulle nodig. Ons het hulle gebede nodig. Ons het hulle ondersteuning nodig. Ons het hulle liefde nodig. Ons het hulle aanmoediging nodig. Ons is geëerd om U te dien ABBA YAHUVEH. Ons is geëerd dat U hierdie Bediening met U Waarhede vertrou. Dank U. Dank U.

Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)  
9 November 2008 

As hierdie Profesie vir jou 'n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet. 

Kontak Ons

www.allmightywind.com
www.almightywind.com

1Thes 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees.


Jes 40:31 Maar die wat op YAHUVEH wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.


Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die Son van Geregtigheid opgaan en daar sal genesing onder Sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Matteus 25
1: Dan sal die koninkryk van die Hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
2: En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
3: En toe die wat dwaas was hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
4: Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hulle lampe geneem.
5: En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
6: En om middernag was daar 'n geroep: Kyk die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
7: Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
9: Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
10: En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
11: Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12: Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet (waarop die Seun van die mens kom) nie.

Judas 1:14-15
14: En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Meester het gekom met sy afgesonderde tienduisendtalle.
15: Om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle afvallige werke wat hulle gedoen het, en oor al die harde woorde wat die afvallige sondaars teen Hom gepraat het.

Openbaring 3:10

10: Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Matteus 13
24: 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê : Die koninkryk van die Hemel is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;

25: Maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
26: En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
27: En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meester, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
28: En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaar maak?

29: Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30: Laat altwee saam groei tot die oes toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
41: die Seun van die mens sal sy boodskappers uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die wetteloosheid beoefen.
42: en sal hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
43: Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.


47: Verder is die koninkryk van die hemel soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
48: en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
49: So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die boodskappers sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei.

50: en hulle in die vuurroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Matteus 20
8: En toe dit aand geword het, sê die meester van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
9: En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n dinarius ontvang.
10: Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n dinarius ontvang.
11: En toe hulle dit ontvang, kerm hulle by die huisheer
12: en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
13: Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir 'n dinarius nie?
14: Neem dan wat joue is en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
15: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
16: So sal die wat laaste is, eerste wees en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies

Matteus 21
40:Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense - hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
42: YAHUSHUA sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
43: Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van Elohim sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44: En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, daardie een sal hy vermorsel.

Matteus 22
1: En YAHUSHUA het weer deur gelykenisse met hulle begin praat en gesê:
2: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het
3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak.
6: En die origes het sy dienskengte gegryp en mishandel en doodgemaak.
7: Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
8: Daarop sê hy vir sy dienskengte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
9: Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
10: En daardie dienskengte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
11: En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.
12: En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
13: Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
14: Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Skrifgedeeltes rakende spreek in Tale: 

Markus 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle praat,

Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hand 2:11 Kretense en Arabiere - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van Elohim praat.
Hand 10:46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en Elohim groot maak. Toe het Petrus begin praat:
Hand 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gepraat en geprofeteer..

1Kor 12:10 aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.

1Kor 12:28 En Elohim het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerlei tale.

1Kor 12:30 Het almal bedieningsgawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?

1Kor 13:1 Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

1Kor 14:5 Ek wens dat julle almal in tale praat, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

1Kor 14:6 Maar nou, broers, as ek na julle kom en in tale praat, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle praat óf deur 'n openbaring, óf deur kennis, óf deur profesie, óf deur lering nie?

1Kor 14:18 Ek dank my Elohim dat ek meer in tale praat as julle almal;

1Kor 14:21 In die Torah is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk praat, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê YAHUVEH.

1Kor 14:22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.

1Kor 14:23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale praat en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?

1Kor 14:39 Daarom, broers, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gepraat word nie. 


* * * * * * *

Print Friendly and PDF