Profesie 105

EK, YAHUVEH Sê, “In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan word!”

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
29 Desember 2008



Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende van 2 Kronieke by te voeg voor elke Profesie .

2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Nota: Hierdie Profetiese Woord was aan ons gegee as deel van ‘n persoonlike Woord vir ons.  YAHUVEH het gesê ons moet hierdie gedeelte van die Woord aan SY Getroues en Opregtes gee vir 2009.

* * * * * * *

[Hierdie eerste paragraaf was bygevoeg op 8 Januarie 2009. Die webbestuurder het vergeet om dit by te voeg vanaf die oorspronklike woord wat gegee was op 29 Desember 2008.]

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK gaan in 2009 alles skud wat geskud kan word.  As julle nie op die Soliede Rots gebou is nie, gaan julle op sinkende sand gebou word.  Dit sal wees asof dit dryfsand is en julle sal onder gaan.  EK toets MY Bruid.  Toe EK vir julle gesê het om te gaan, het julle gegaan, julle het nie gesê, “Maar hoekom moet ons gaan?”, nie.  Julle het net gehoorsaam.  EK is die Bevelvoerder, julle moenie MY bevele bevraagteken nie.  Julle moet gaan waarheen EK sê julle moet gaan, julle moet bly waar EK sê bly, julle moet loop wanneer EK sê loop, julle moet hardloop wanneer EK sê hardloop, julle moet praat wanneer EK sê praat, julle moet stil wees wanneer EK sê wees stil, julle moet veg wanneer EK sê veg, julle moet rustig wees wanneer EK sê vrede.

Moet nooit sê dat EK nie iets sal doen nie, want EK, YAHUVEH, sal julle beskaamd laat staan.  Moenie aanvaar dat julle MY wil ken nie, instede daarvan vind uit wat MY wil is.  Vir die Getroues en die Opregtes, hierdie is die Woorde wat EK vir 2009 vir julle gee en alhoewel dit nie 2009 is nie, sal hierdie gedeelte aan die wêreld bekend gemaak word. Slegs deur die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH sal julle instaat wees om staande te bly.

EK sê weer alles en enigiets wat geskud kan word, sal geskud word, so wees nou voorbereid terwyl EK julle in 2008 waarsku.  Moet niks as vanselfsprekend aanvaar nie, moenie julle water as vanselfsprekend aanvaar nie, moenie julle voedsel as vanselfsprekend aanvaar nie, moenie julle inkomste as vanselfsprekend aanvaar nie, moenie julle huise as vanselfsprekend aanvaar nie, moenie julle familie as vanselfsprekend aanvaar nie en die familie is hulle wie aan die liggaam van YAHUSHUA MASHIACH behoort.  Want julle sal vind julle grootste vyande kan in julle eie huishoudings aangetref word deur julle eie bloedlyn, maar nie deur die bloedlyn van YAHUSHUA julle MASHIACH nie.  Dít is julle ware familie, hulle is die mense wat julle nie sal verraai nie.

Julle kom nou nader aan die datum van die menseslagting “holocaust”.  Leer deeglik die les van hulle wat oorleef het, van hulle wat nie gevang is nie.  Julle lojaliteit behoort aan MY, YAHUVEH, nie aan die wette van die mens nie.  As hulle nie in lyn is met wat EK sê nie, gooi hulle weg.  Julle weet wat die Woord sê.  Want EK sal vir julle sê om te doen wat julle nie gedink het nie, EK sal vir julle sê om te sê wat julle nie gedink het nie, EK sal julle op ‘n manier wegsteek wat julle nie gedink het nie.

Gegee deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
29 Desember 2008

As hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.

www.allmightywind.com
www.almightywind.com


* * * * * * *

Print Friendly and PDF