Profesie 106


EK, YAHUVEH, Sê, “MAAK SKOON JOU HUIS”!!!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
4 Januarie 2009



Hierdie Profetiese Woord het uitgekom toe ons besig was om vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA te bid. Die hele Woord word nie geplaas nie, want dit is persoonlik, maar hierdie is ‘n gedeelte van die Woord wat op baie ander van toepassing is en ons is deur YAH opdrag gegee om dit ter wille van hulle te plaas. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit vir net een persoon nie, maar vir baie.


Die onderstaande uittreksel van Profesie 105 is nie op hierdie audio nie. (Die nou “ex” web bestuurder) het vergeet om dit oorspronklik by Profesie 105 te voeg. Ons het dit nou daar bygevoeg en YAHUVEH het ons opdrag gegee om hierdie paragraaf van nou af by elke nuwe Profesie te plaas. Dit bewys dat hierdie Bediening van YAHUVEH afkomstig is. As hierdie my woorde was, soos YAH gesê het, sou dit lankal misluk het.


* * * * * * *


Hieronder volg die Profesie soos dit voortgekom het

met Profete Ezra & Elisheva se “Heilige Tale” soos Die HEILIGE GEES van GOD (Handeling 2:3-4) in Hemelse of aardse tale uiting gee (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6). Ezra begin gebed in intersessor tale (Rom. 8:26-27; 1 Kor. 14:15)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU יה is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה

wat letterlik beteken: “Prys YAH” YAHUVEH/YAHWEH י-ה-ו-ה GOD DIE VADER; YAHUSHUA / YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN- (HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’, ELOHIM אלוהים beteken “GOD”)

Die openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארהas die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש, (in Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”) - is ook op hierdie web werf. (HA SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID) Addisioneel, ABBA YAH אבא יה  beteken ‘VADER YAH” en IMMA YAH אמא יה beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, waar daar verwys word na “SY” soos dit reflekteer in die onderstaande Profesie en Skrifaanhalings.

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui

* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:

Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku

om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,

Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,

Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH

geboorte gegee.

Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,

jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE SE WIND

wat oor hierdie aarde waai,

die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM:

En MY EER sal EK aan geen ander gee,

of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8

(Profesie 105)


In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel om hierdie gedeelte by te voeg om die wat spot, te waarsku:


“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag,

SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH

teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

2 Kron. 36:16

Asook in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om seer te maak — om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie my gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as EK, ABBA YAHUVEH jou tong uitgeskeur het!

(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku julle almal —diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en myself— en al die Bedienaars van AmightyWind Ministry – Ek waarsku julle nou, 'Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie' (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie Bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Prophecy 106

EK, YAHUVEH, Sê, “MAAK SKOON JOU HUIS”!!!

Hierdie Profesie was via audioband opgeneem. Hier is die transkripsie.

00:00 / 43:00



WordPress Audio Player Free Version

EK het vir jou gesê in 2009 gaan alles en enigiets geskud word wat geskud kan word. Moenie verbaas wees nie, Elisabeth [Elisheva] want julle gaan hulle, wat julle die YDS noem, geskud sien word, ons sal sien hoe duidelik hulle van MY afkomstig is, ons sal sien hoeveel die prys wil betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien, soos julle gesien het wat in New Zealand gebeur. Dit is maklik, dit is so maklik as daar geen beproewing is nie, dit is so maklik om te sê, U wil geskied O YAHUVEH. Nogtans wanneer MY wil dan teen julle wil gaan, sal julle nog steeds sê, U wil geskied, O YAHUVEH?

EK sal hulle wat weier om heilig te wandel, selfs hulle wat EK deur MY eie hand bymekaar gebring het, met MY eie hand verdeel. EK praat nie net met hierdie huishouding nie, maar met almal wat beweer hulle behoort aan MY. (Lukas 12:51-53) Wil julle agtergelaat word in die Groot Verdrukking? Wil julle hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie eenvoudiger stel as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet julle is niks anders as stof nie en dat EK deur MY genade daardie stof gevat het en ‘n man geskape het en EK het asem in daardie man ingeblaas. (Psalm 111:10)

Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet MY nie langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van Heiligheid. (Handelinge 5:9)

Te midde van die YDS; sal EK dit wat EK in New Zealand openbaar het, die boosheid ontbloot het wat weggesteek was, so sal EK ook doen met hulle wat beweer dat hul deel wil wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie Heilige Bediening, maar julle sien, dit is soos jy gesê het, geliefde seun Sylvester, op die oppervlak lyk dit so. Solank die leierskap nie weet nie kan ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, hulle wat EK die YDS noem; hulle wat genooi is na die YDS forum om byeen te kom, julle word meer verantwoordelik gehou.

Wees verseker in 2009 sal alles wat verborge is, geopenbaar word. (Mattheus 10:26) Enige sonde wat julle dink julle weggesteek het, sal deur die salwing van die RUACH ha KODESH geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie eindtye groei die bose boser, maar MY Heiliges moet meer Heilig groei en enigiemand wat ‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie, sal ontbloot word. EK sal hulle nie toelaat om deel van hierdie Bediening te wees nie. EK sal dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So, dit is nou julle keuse, wie kies julle regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel? So, jy sien Elisabeth [Elisheva], EK het ‘n ander rede waarom jy na jou seuns toe moet gaan.


MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie, maar jy moet kies, jy moet vandag kies. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.

EK skud die ganse aarde. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17) Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n Berouvolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bely nie, dit is iemand wat met hulle kop en hulle hart bely en vasberade is om MY nie te mishaag nie. EK het vir julle (hierdie wêreld) gesê julle staan op die punt van ‘n menseslagting (holocaust). Wil julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle beskerm? Wil julle hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle uit YAHUVEH se hand ruk nie, of wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle met MY eie hand in die vlamme van die hel werp?

Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle hê EK moet julle mentor? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag en Abednégo wees, wandel soos hulle gewandel het en in die gloeiende vuuroond gegooi was? (Daniël 3). Nogtans het EK nie eers toegelaat dat dit waarmee hulle gebind was gebrand het nie. EK het nie toegelaat dat hulle klere geskroei het nie, hulle eie klere wat hulle gebind het nie, want julle sien, dit was die vyande wat verbrand het. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het, wat verbrand het. Wil julle soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo wees wat in die gloeiende vuuroond geloop het maar die 4de man was daar en daardie 4de man is YAHUSHUA julle MASHIACH.

Wil julle soos Daniël wees toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie opgevreet nie, alhoewel die leeus wreedaardig was. (Daniël 6) Dit is julle keuse. Wil julle MY beskerming hê? Wil julle soos die weduwee van Sarfat wees? (1 Konings 17:10) Die een na wie EK Elijah van Ouds ook gestuur het. Wanneer dit by julle laaste krummeltjie brood kom, wil julle hê EK moet dit vir julle vermenigvuldig sodat julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te Verheerlik.

Hulle sê dit is hierdie jaar 2009, volgens hoe die mens die tyd merk. Julle sien EK vra nie net vir julle hierdie vrae nie, EK vra hierdie vrae aan almal wat glo dat die Waarheid uit hierdie Bediening voortkom en dat EK voortspreek. Wat wil julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet weer die Rooi See kloof sodat julle veilig na die oorkant kan deurgaan wanneer die vyande julle agtervolg? (Exodus 15:4) Wil julle hê dat die vyande moet verdrink sodat hulle julle nie skade kan aandoen nie? Wat wil julle hê moet EK doen?

EK is YAHUVEH en die mate van (julle) beskerming hang af van julle dade. EK speel nie speletjies nie. Wil julle onder die beskerming van MY vleuels wegkruip soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met hulle wat sê hulle het MY lief. EK praat net met hulle wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, MY eniggebore Seun. EK spreek dit nie voort tot die heidene wie se name nie in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is nie. Julle is slegs geskik vir oordeel. Julle is slegs geskik vir die hel. Julle is verworpenes “reprobate”. Julle is verworpe silwer.

Maar EK praat nou met hulle in die jaar wat julle gemerk het as 2009, MAAK SKOON JULLE HUIS! Julle huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1 Korintiërs 6:19). Julle huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat MY aanstoot gee, gooi dit uit. EK spreek deur hierdie Elijah van Nuuts (In Hebreeus, Eliyahu) en EK spreek die woorde wat Elijah van Ouds (In Hebreeus, Eliyahu) gespreek het, kies julle vandag watter God julle sal dien. Bely en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net woorde hê nie, EK wil aksie agter daardie woorde sien. Geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg van julle verskonings gehad oor hoekom julle sondig. Wat se tipe voorbeeld is julle?

As die wêreld van die verworpenes vandag ‘n hofsitting moes hou, sou daar genoeg bewyse wees dat julle MY dien? Dat julle siele na YAHUSHUA toe bring? Dat julle Heilig vir MY lewe? Sal julle moet sê, “Ek pleit skuldig op al hierdie dinge” omdat dit is wat EK verwag? Is julle gewillig om julle lewe vir YAHUSHUA neer te lê soos wat HY gewillig was om SY lewe vir julle neer te lê?

Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?

Weet julle nie dat dit die trotses is wat neergewerp word nie. Trots kom voor ‘n val. (Spreuke16:18) Ag, hoe baie van julle wat dit sal hoor en dit lees is so opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie beweeg word nie, wanneer YAH in 2009 hierdie wêreld skud, sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade en Bloed van YAHUSHUA alleen dat julle nie geskud sal word nie en dit hang af van wat julle gedoen het. (Kolossense1:13-20) Het julle geheime sonde? Dink julle niemand weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien tot binne-in jul hart. EK weet wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet wie probeer nie eers nie en maak verskonings vir hul sondes.

EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle vertel wat EK van julle verwag. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag is want julle is omring daarmee. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle aan die plae en EK herinner julle oor hoe dit nie op die kinders van Israel gekom het nie. Dit het net op MY vyande gekom. Steek julself weg in die klere van MY geregtigheid. Steek julself weg teen MY toorn. Vir hulle wie EK MY kinders noem as julle maar net daarna wil strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlik bely en wegdraai van boosheid. EK sal julle wegsteek. EK sal julle troos. EK sal julle Seën. EK sal vir julle voorsien. EK sal julle salf, as julle maar net elke woord wil gehoorsaam wat EK sê en ophou om verskonings te maak vir sonde.

EK weet alreeds watter pad julle gevat het. Die pad na die hel is so breed, so wyd. Daar is net ‘n smal weg na die Hemel. Hoe baie van julle wat dit lees en hierna luister sal die smal pad kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n reguit pad nie, dit is ‘n kronkelende pad en toets na toets sal kom, want die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)

EK is die een wat julle op die proef stel. EK bring julle na hierdie Bediening want dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n beproewer van metale. Hoe baie het hierdie leierskap gesien kom. Hoe baie het hulle gesien val. Hoe baie, hoe baie, hoe baie trane het Elisabeth [Elisheva] gestort terwyl hulle wie sy so seker is nie sal val nie, hulle wie sy seker is Heilig voor MY wandel en hulle val. Hoe baie staan nooit weer op nie.

(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word genoem: 'Verworpe silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)

Waar is jou lojaliteit? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy regtig die RUACH Ha KODESH, jou IMMAYAH in jou? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of luister jy na die dwaasheid van satan self? Dit is jou keuse.

Kyk, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal nie hierdie leierskap toelaat om ‘n woord te verkondig wat hulle nie self navolg nie. Elisabeth [Elisheva] weet sy beter doen wat sy verkondig. Die res wat deel is van hierdie Bediening weet hulle moet doen wat hulle verkondig anders sal satan hulle tot klein flentertjies verskeur.

Julle wie julself YAHUSHUA se Demon Stompers en gebedsintersessors noem, sommige van julle het geheime sondes. EK het dit nog nie bekend gemaak nie, maar wees verseker, dit sal geopenbaar word as julle nie vinnig bely nie. Julle moet vandag kies wie julle wil dien. Hierdie geheime sonde mag dalk ‘n maat wees waaraan julle vasklou waar EK vir julle gesê het om te laat gaan, terwille van jul eie siele, terwille van julle eie lewens. Waar julle meer lojaliteit aan hulle betoon het as wat julle aan MY betoon het.

Julle geheime sonde is om die werk, waarvoor EK jou geroep het, nie te doen nie. Wanneer EK vir julle ‘n taak gee en EK sê “Doen dit om die taal van jou mense te bereik” en jy sê, “Ag nee, ek het nou te veel van my eie persoonlike probleme” en jou oë is meer gevestig op die heidene as op die siele, meer as die skape en die lammers wat nodig het om gevoed te word. Dit is sonde in MY oë, want jy het jou hand aan die ploeg geslaan en teruggekyk. Jy het jou hand van die ploeg afgehaal. Jy het opgehou om die grond te bewerk en te besaai en hierdie Woorde in jou eie taal te spreek sodat ander gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie aanhou wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek in te neem. (Op hierdie stadium het Elisabeth [Elisheva] ‘n visioen gesien met die woord China).

Pasop vir enigiemand wat hierdie Bediening haat, want hulle haat werklik dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.

EK praat nou met hulle wat die waarheid liefhet wat van hierdie Bediening afkom. Julle weet dis EK, YAHUVEH wat praat. Julle weet julle MASHIACH YAHUSHUA praat. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, Moeder Wysheid, praat. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste begeleidende lig te wees. (1 Petrus 2:9)

Aan hulle wat teen hierdie Bediening praat, aan hulle wie Elisabeth [Elisheva] ‘n vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisabeth [Elisheva] en die Bediening se vrugte). Maak hulle verskoning om te sondig? Maak hulle verskoning om nie die Torah se wette soos MY Sabbat, na te kom nie? Ondersoek hulle vrugte, julle antwoorde lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan vir my vertel wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om vrugte-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het julle alreeds vooruit gewaarsku, julle grootste vyande kan in jul eie fisiese bloedlyn gevind word.

EK spreek MY oordele uit deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde en MY leiding uit deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede uit deur hierdie Bediening wat nie die naam van ‘n man of ‘n vrou dra nie, maar slegs die Naam van die Heilige Drie-eenheid. EK sal altyd ‘n woordvoerder (mondstuk) hê. (Amos 3:7) EK het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY woordvoerder te wees. Die Profeet bo alle Profete want YAHUSHUA julle MASHIACH is die ware Gees van Profesie.

Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY geheime aan die Heiliges vertel.

So dit is die Woorde wat EK te sê het. Moenie verbaas wees oor wie volgende gaan val nie want hulle kan staande bly solank hulle nie getoets word nie, maar wanneer die toetsing kom, vir julle wat speletjies gespeel het, julle sal val. Maar julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is SY Bloed wat julle afwas, maar onthou dit, as die verlore seun nie teruggekeer het nie, sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)

Moenie MY genade en MY barmhartigheid vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder julle voet vertrap nie, en dit onheilig maak en ongeoorloof terwyl julle weer en weer sondig en dink HY is net ‘n verskoning om te sondig. EK weet wie speel spele-tjies en EK weet wie is opreg. EK weet wie ‘n seën vir die Koninkryk van die Hemel is en EK weet wie dit is wat skande gebring het alhoewel hulle dit in YAHUSHUA se Naam gedoen het.

Daar is niks wat julle kan wegsteek nie, daar is geen plek waar julle kan wegkruip nie, want EK, YAHUVEH is daar. EK het julle geskape en MY oog is vir ewig op julle. (Psalm 139)

Kies julle vandag watter God julle waarlik wil dien, nie net met julle monde nie maar met julle dade, want dit spreek harder as julle woorde.

Want wat julle in Israel sien, gebeur met die geestelike Israel. Julle word gebombardeer, missiele word vanuit die hel gestuur om julle te probeer vernietig. Om julle uit te wis. Julle sal slegs staande bly in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA, julle een en enigste MASHIACH.

Einde van Woord

Elisabeth [Elisheva] begin bid:

Dank U Abba YAHUVEH vir hierdie Woorde wat onverwags (gekom het) terwyl ons vir ‘n ander gebid het wat in die moeilikheid is, een wie ons ons seun in YAHUSHUA noem. Abba YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons bring lof aan U, ons het U lief, ons bewonder U. O, Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief, asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Laat ons asseblief hierdie aarde verlaat met ‘n getuienis dat ons U behaag het. Daar is geen hoër begeerte nie en ek praat nie net vir myself nie maar vir die res van die ware Bruid wat Heilig voor U is.

Ons is nie geïnteresseerd in onheiligheid nie. Dit trek ons nie aan nie. Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die gemors van hierdie wêreld, die dwelms, die alkohol, dit lok ons nie. Ons het een begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geles kan word nie en dit is net een, meer as die begeerte om ons geliefde te plesier, en dit is die begeerte om U te behaag, YAHUVEH. Om U te behaag YAHUSHUA ha MASHIACH en alle Lof, Eer en Heerlikheid aan U te bring. Daar is geen groter begeerte as om te weet dat ons weet dat ons weet ons doen alles wat ons kan doen, deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om die bose te verslaan, om sonde te verslaan. Om nie toe te laat dat dit enige deel van ons lewe wees nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te draai van dit wat U aanstoot gee.

Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringleier “Ringmaiden” roep uit na U en sê, “Kom, YAHUSHUA, Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-put maar terwyl ons hier is wil ons vir U skitter. Gee ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n droom gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n mishoop is nie, niks anders as mis nie, niks anders as ontlasting nie. Dit is hoe dit lyk wanneer U afkyk op die aarde. Behalwe, U het klein skitterende edelgesteentes, klein sprankelende juweeltjies, wat te midde van hierdie ontlasting verborge is en ons sprankel uit die Hemel (Elisabeth [Elisheva] het hier bedoel om te sê aarde en nie Hemel nie) vir U.

Ons konstante gebed is ons wil voortgaan om waardig genoem te word in die oë van YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie liggame sal aanraak nie. Dat ons sal wees onder hulle wat U eerstevrugte noem van Openbaring 14 en Openbaring 7 en opgeneem sal word om U in die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O, asseblief poleer hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U juwele. Poleer ons asseblief sodat ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer ons asseblief so helder dat die sprankel die oë van die vyande sal verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek glo ek is een van hulle, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, hulle wat die vernietiging van die Heiliges soek, na die wynpers van U toorn tereg hier op hierdie aarde, stuur hulle na die wynpers van U toorn.

Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n. Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring. Ek praat nou namens al die getroues en al die opregtes. Wys vir ons hoe ons U meer kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane van U oë kan afvee wanneer U seergemaak is. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan vertroos. U is ons Pappa, U is ons Pappie, ons het niemand anders nie.

My hart is nou so oorvol as ek een na die ander sien wat ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlakte het hulle Heilig voorgekom maar toe ons ‘n bietjie dieper grawe, toe U (hulle) blootgestel het, is dit is soos ‘n vrug, ek sien ‘n visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan, wanneer jy ‘n diep genoeg hap in daardie vrug gee, sal jy sien dit is binne verrot. Of jy sal ‘n wurm in daardie appel vind. Ons het dit gesien en ek het dit al so lank gesien dat ek u gesmeek het, moet ek aanhou om dit te sien? Vir hulle wat ons vertrou, vir hulle in wie ons glo.

O Abba YAHUVEH, die pyn wat na vore gekom het soos geboortepyne asook die trane wat gestort is oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel meer pyn moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het Heilig is en ek sien hoe hulle voor my oë val. Net U is instaat om daardie verlore dogter terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind wat gesterf het, te blaas. En soos Elijah van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] gebruik was om lewe in daardie kind te blaas, noem U my U Elijah van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu]. (1 Konings 17:17-24) Ek vra dit, dat hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie kind sal blaas. ‘n Begeerte om Heilig te wees, nie net ‘n woord van berou uit haar mond nie maar ‘n wegdraai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele familie saam met haar vat.

Abba YAHUVEH, ek vra dat U my soos daardie Elijah van Ouds [in Hebreeus, Eliyahu] sal gebruik om my liggaam op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters in YAHUSHUA noem. Ek vra U, blaas lewe in hulle, blaas lewe in hulle wat begin het om U te volg. Wat begin het om Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba YAHUVEH gebruik hierdie Elijah van Nuuts [In Hebreeus, Eliyahu]. Laat hierdie woord lewe in hulle blaas met ‘n groter vasberadenheid as ooit tevore om sonde te versaak, om satan te versaak, om boosheid te versaak, om enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is die begeerte wat U in my hart plaas om te bid.

Want ek weet dit is U woorde, omdat ek nooit so iets sou gespreek, of gedink het nie. Gebruik nou hierdie liggaam om hulle te bedek. Gebruik nou hierdie woorde om lewe in hulle te blaas. Gebruik nou hierdie woorde sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid sal hulle vrymaak. Want U Woord sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sal nie vir ons sê om dit te doen as dit onmoontlik was nie.

Dank U dat U my gebed hoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U omdat U hom terugbring soos die verlore seun. Dank U Abba YAHUVEH.

Vir hulle wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag vir hulle ‘n begeerte sal gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille sal van hul oë afval en die was sal uit hul ore kom en hulle gaan geestelik hoor, hulle gaan fisies sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan lewe.

Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening tot ‘n groter mate as wat U ooit tevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir U Glorie.

Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.

Ek het dit gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart dat ons werk nie tevergeefs is nie. Laat ons van julle hoor. Laat ons van julle hoor. Laat ons weet. Laat ons weet hoe baie deur hierdie woord geraak is tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Julle wie die verlore seuns en dogters is, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug. Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle woning nie. Moenie toelaat dat sonde julle langer in die versoeking bring nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer mislei nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH dwing julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, dwing julle. Verlore seuns en dogters, kom huis toe. Laat julle getuienis al die Glorie aan YAHUSHUA ons MASHIACH bring. Onthou saam met daardie getuienis kom toetse op alle vlakke en net sodra julle een slaag, sal YAH ‘n ander een op julle bring, maar dit is dit werd.

Amen
Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
4 Januarie 2009



As hierdie Profesie ‘n seën vir jou was, e-pos my asseblief en laat my weet.

Kontak Ons


www.allmightywind.com
www.almightywind.com


* * * * * * *

Print Friendly and PDF