Profesie 107

Hou Uit! Hou Uit!

Hou Uit!

Moenie Julle Salige Hoop Verloor nie!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH

deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah

(Elisheva Sherrie Eliyahu)

7 Februarie 2009


* * * * * * * *


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit alleenlik deur jou hand was sou dit lank gelede al misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16
“maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

*******

Nota: Hierdie Woord het na vore gekom nadat ons geliefde suster ‘n droom gehad het en sy besig was om van die droom te vertel. In die droom het sy gesê dat die Etiopiese Jode die uitverkorenes is en ek het onmiddellik ‘n droefheid in my gees gevoel en ek het geweet die droom was nie van YAHUVEH af nie. Dit maak nie saak wat die kleur van jou vel is nie, solank jy YAHUSHUA as jou MASHIACH aanvaar het en daarna strewe om Heilig te lewe en YAHUVEH te gehoorsaam, is dit al wat saak maak. Nietemin, hierdie Woord het na vore gekom terwyl ek dit aan haar verduidelik het. IMMAYAH het in tale deur my begin praat en ek kon dit nie keer nie, selfs nie eers om vir die ander iets te sê nie en hierdie Woord het na vore gekom.


Hier is die droom wat sy op 5 Feb. 2009 gehad het.

Ek het gedroom ek het in ‘n sitkamer gesit saam met my gewese vriend, my niggie het in die hoek gestaan.

Ek het vir my gewese vriend gesê dat ons swartes die uitverkore Volk van God is en ons is swart Jode.

My niggie het nader gekom en langs my kom sit, want sy wou meer hoor.

Later was ons 3 op die straathoek. Die straat was stampvol en daar was baie swartmense in die straat en mense wat op hul balkonne gestaan het.

Daar was twee mans hoog op die vertrek se balkon wat op hul dromme gespeel het.

Hulle het Hebreeus gepraat, hulle het ‘n luidspreker teen ‘n outydse platespeler gehad en het Hebreeuse liedjies gespeel.

Ek het vir my niggie gesê, (sien! hulle weet ons is swart Jode).

Einde van Droom.


*******


Profesie 107

Hou Uit! Hou Uit!

Hou Uit!

Moenie Julle Salige Hoop Verloor nie!


Moenie in satan se strikke trap nie. Die enigste uitverkorenes wat op hierdie aarde tel, is hulle wie gewas is in die gestorte Bloed van YAHUSHUA MASHIACH. Dit maak nie saak watter ras julle is nie. Dit maak nie saak watter taal julle praat nie. Dit maak nie saak wat die kleur van julle vel is nie. Moenie val vir die gees van rassisme nie.(Jesaja 56:7) Maar MY Geliefde, EK het vir jou oë gegee om nooit kleur te sien nie, maar kyk met hoeveel drome vul satan julle waar julle na die kleur van die vel moet oplet. Dit is nie EK nie, so bestraf die gees van rassediskriminasie.

n Etiopiese Jood is nie ‘n reis na die hemel gewaarborg nie. Slegs deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Slegs in die gehoorsaamheid aan MY Woord. MY uitverkorenes is alleenlik in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH. Daar sal baie verskillende tale en nasionaliteite in die Hemel wees. EK is die een wat die kleur van die vel kies, maar weereens, dit het niks te doen met die gees daar binne nie. Want EK is lief vir alle nasionaliteite. EK is lief vir alle soorte tale. Hulle wie aan MY behoort het die Bloed van YAHUSHUA MASHIACH, maar dit beteken nie die biologiese bloedlyn moet van Hebreeuse oorsprong wees nie. Dit beteken hulle het die geestelike bloedlyn van YAHUSHUA MASHIACH.

Onthou, dit is diegene wie aangeneem is en dit is diegene wie ingegraveer is. As dit die geval was, sou enigeen met Hebreeuse bloed komende van hulle bloedlyn, ‘n weg na die Hemel gewaarborg wees. ‘n Waarborg Hemel toe en tog, kyk na Israel. Kyk na Jerusalem. Hoe min oorblyfsel het YAHUSHUA as MASHIACH aanvaar en totdat hulle doen, sal hulle verdoem wees. Hulle sal nie die Hemel sien nie. Hulle ken die Torah. Hoe min gehoorsaam die Torah. Hulle weet watter dag die Sabbat is. Hoe min eer daardie Sabbat. Dit is meer as om net ‘n rustyd te geniet. Dit is meer as net ‘n ritueel. YAHUSHUA is die Here van die Sabbat.

Ellende wag op hulle wat die vals dwaalleer verkondig, die valse leerings wat sê geen swartes sal in die Hemel toegelaat word nie. Hulle sal weet en hulle (diegene wie alreeds gesterf het) het alreeds die diepste vlak van die hel gevoel. EK oordeel nie MY geliefdes op die kleur van hulle vel of nasionaliteit nie. Want EK het elkeen (as ‘n) individu geskape.

As EK wou gehad het julle moet dieselfde lyk, sou EK julle geskape het om dieselfde te lyk. EK is nie ‘n vervelige YAHUVEH nie. As EK wou gehad het julle moet almal dieselfde persoonlikheid hê, sou EK almal van julle in dieselfde persoonlikheidskategorie geplaas het. EK het elkeen van julle geskape, elkeen van julle tot by julle haarstringe.

EK het vir elkeen van julle die DNA gegee waarmee julle gebore is. Julle is so ontsaglik en wonderbaarlik geskape. EK is die een, julle Abba YAHUVEH wat die hoeveelheid chromosome in julle liggaam bepaal het, die getal atome wat julle bymekaar hou en molekules. EK, YAHUVEH, ken nie slegs die getal hare op julle hoof nie. (Mattheus 10:30) EK ken die getal hare op julle liggaam. EK ken die getal hare op julle arms. EK ken die breedte van julle naels. EK is die een wat die lyne in julle handpalms geplaas het. Elkeen van julle is so wonderbaarlik geskape.

Ag, hoe hartseer is EK. Ag, hoe treur EK. Ag, hoe gevul met woede en raserny is EK oor dit wat hulle met die ongeborenes doen. Om hulle uit te gooi, daardie kosbare babas uit te gooi, om hulle op te sny en hulle liggaamsdele uit te haal. Om martelingstrumente te vat en hul klein liggaampies stukkend te skeur en die finale belediging is wanneer daardie kind die aborsie oorleef, om die woorde te hoor “laat dit doodgaan, gooi dit uit.

EK het geprofeteer en EK sal dit weer sê, groot sinkgate sal onder die plekke wees wat hierdie gruweldade pleeg. Vir die van julle wat aborsies goedkeur, julle kan nie eers begin om die gruwel te bedink wat EK vir julle het wat op julle wag nie. Julle sal tot in ewigheid die geskreeu van die ongeborenes hoor. Met elkeen van hierdie klein babatjies, het EK, YAHUVEH tyd spandeer wetende dat hulle nie toegelaat sou word om lewendig gebore te word nie en hulle wat die aborsies oorleef, sou doodgemaak word. Nogtans het EK tyd geneem en EK het elke identiteitsmerk van YAHUVEH op hulle geplaas. EK is die een wat hulle mens genoem het.

Julle saad van satan, wie is julle om dit wat EK mens noem, niks meer as afval te noem. Weet julle nie, julle wat hierdie wette uitvaardig en Amerika nou voeg jy jou sonde saam en sê jy sal vir die aborsies in ander nasies betaal. Is daar nie genoeg bloed aan jou hande as gevolg van die geaborteerde babas in jou eie land nie?! Weet jy nie dat hierdie kinders op ‘n offertafel geplaas word aan Molek nie?! (Psalm 106:38; Lev. 20:2) Dit is nie anders as in die bybelse tye nie en EK spreek nou dieselfde waarskuwing uit. Ellende wag op hulle wie die babas aan die valse god Molek offer! Ellende wag op hulle wie nie teen dit protesteer nie, wie oogknip vir hierdie sonde!

O, daardie kleintjies is verseker nou in die Hemel. Hulle sal voortdurend Hemel toe kom, maar weet dit; as hulle toegelaat was om gebore te word, sou hulle sulke spesiale kinders gewees het. Soos wat EK voorheen geprofeteer het, sal EK weer profeteer, groot sinkgate sal onder hierdie plekke wees wat hierdie aborsies pleeg.

Dokters wat geskik het, in die verlede het julle gesê, “ek wil geen deel hieraan hê nie”, maar nou het julle MY uitverkoop. Julle het menslikheid uitverkoop omdat julle gedreig was, omdat hulle sê, ons sal jou lisensie, jou reg om te praktiseer wegneem, nou pleeg julle ook hierdie aborsies, hierdie gruweldade van sonde. Wees verseker, EK sal geen verskonings van julle aanvaar nie. Die bloed is aan julle hande. Hospitale wat eens gesê het, ek wil geen deel hê hierin nie, ons sal nie babas aborteer nie, maar julle het geskik. Julle glo die regering se dreigemente en leuens. Julle het nie eers probeer terugveg nie. Verpleegsters, die bloed is aan julle hande!

Kinders word nou in skole geleer, gooi uit wat julle nie wil hê nie. Menslikheid is niks meer as ‘n wegdoenbare pan nie, julle gebruik dit eenmaal, gooi dit weg om nooit weer gesien te word nie. Dit is waarop dit alles neerkom. Dit is die nuwe geloofsbelydenis wat die heidene verkondig.

Dit is wat die President van die Verenigde State nou voor staan en ellende wag op enige kind wat ‘n aborsie oorleef, selfs deur MY wonderwerkende hand. EK het sommige toegelaat om lewendig gebore te word om hulle te toets en te kyk wat hulle sal doen. Hierdie kosbare kleintjies wat inderdaad lug ingeasem het, is weggegooi op ‘n vullishoop.

Hoe lank, hoe lank, hoe lank, hoe lank word MY woede en raserny al opgekrop. Weet net dit; teen die tyd wat, dit wat julle die Groot Verdrukking noem, kom, sal hierdie aarde daardie Groot Verdrukking en MY woede en MY raserny verdien en die bakke vol toorn sal uitgegiet word. (Psalm 110:5-6, Openbaring. 14:10, 16:19) Almal van julle wat hoor en almal van julle wat hier lees beter nou begin bid dat julle waardig geag sal word in YAHUSHUA MASHIACH se oë om hierdie tyd van MY woede te ontvlug.

Daar is nou so baie maniere om die kinders dood te maak, selfs om hulle kos te vergiftig, hulle speelgoed te vergiftig. Moenie mislei word nie, die seuns van satan noem dit bevolkingsbeheer.

Dit is deel van hulle plan terwyl selfs die lug wat julle inasem vergiftig is vol dood en vernietiging en siektes. Maar vra vir die nuwe wêreldorde, diegene in hul geheime samelewing en as hulle vir julle hul geheim sou meedeel, sou hulle vir julle vertel dit gaan alles oor bevolkingsbeheer. Slegs die rykes sal oorleef. Die rykstes van die rykes, maar EK verwar die vyand. Hulle wie in MY Seun se Gestorte Bloed op Golgota bedek is, hulle wie uitroep na YAHUSHUA MASHIACH. Daardie bloed is hulle immuniteit. Hou aan bid, hou aan om MY te herinner om MY wraak te neem op hulle wie die gif in die lug versprei en MY wraak sal op hulle kom wie hierdie formules van dood, siektes en vernietiging skep (en) die politici wie dit toelaat.

So het dit alles deur ‘n droom begin. ‘n Waarskuwing sodat hierdie nuwe Woord kon uitkom net om elkeen te laat weet hoe ontsaglik en wonderbaarlik almal van julle gemaak is. EK is die een wie selfs julle bloed ‘tipeer’. O, hulle wat MYNE is, MY Geliefdes, o hoe lief het EK julle. EK het elke dag beplan wat julle in julle moeder se skoot was. EK het vir julle ‘n keuse gegee, maar EK het selfs geweet, en dit is neergeskryf, watter keuses julle gemaak het, want EK het voorkennis van alle dinge. EK kan dit vooruit bepaal, voorbeskik, want EK weet watter keuses julle maak selfs voordat julle dit maak. (Romeine 8:29-30, Efesiërs 1:3-12) So, moet dit nie vergeet nie. EK weet watter sondes julle sal pleeg selfs voordat julle daardie sonde pleeg. EK ken julle volgende gedagte selfs voordat julle dit dink. Dit is hoe wonderbaarlik julle gemaak is. EK ken die laaste getal asemteue wat julle longe sal inasem voordat julle van hierdie aarde weggeneem word, voordat jul gees weggeneem word. Dit is hoe wonderbaarlik julle gemaak is en wie alleen weet al hierdie dinge?

EK is YAHUVEH en EK vertel vir julle al hierdie dinge nie net met die doel om dit te weet nie, want julle weet hoe waardevol julle vir MY is. Hulle wat MY Seun YAHUSHUA liefhet. Hulle wat HOM as MASHIACH, Koning van Konings, Almagtige God MY eniggebore Seun aanroep en eer.

EK vertel al hierdie dinge vir julle om vir julle te laat weet; is EK nie instaat om julle te versorg terwyl EK al hierdie dinge weet nie? Waar EK weet waar die volgende slaggat is wat satan vir julle uitlê. Is EK nie instaat om vir julle te sê, moenie daardie pad loop nie? Vertrou MY net. Vertrou net MY Seun. Vertrou MY Gees wat in julle woon. EK praat nie nou met die heidene nie. Vertrou die kosbare RUACH ha KODESH. Leun op MY, rus jou hoof op MY skouer. EK is jou ABBA YAHUVEH, vertrou MY. EK weet wie MYNE is en EK weet wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskrywe is.(Psalm 37:3) Net soos EK weet wie se name in die boek van die verdoemdes geskrywe is en dit is hulle wat die saad van satan is.

Leun nie op julle eie begrip nie, maar vertrou MY in AL, AL, AL julle weë en EK belowe julle EK sal julle paaie rig.(Spreuke 3:5-6) Soek MY terwyl EK nog te vinde is. Roep die Naam van YAHUSHUA MASHIACH aan, HY sal julle nie begewe nie, HY sal julle nie in die steek laat nie. (Rom.10:13) Gehoorsaam MY. Onderwerp julle wil aan MY. (Handelinge 5:29) Lees en bewys julself waardig. Bestudeer die Heilige Skrifte. Weet wat MY, YAHUVEH behaag (Efesieërs 5:17) en meeste van alles, aanvaar MY eniggebore Seun as die enigste geregtigheid en die enigste Bloed en die enigste Naam wat julle terug sal kry in die Hemel.(Johannes 8:29) Want die van julle wie se name in die Boek van die Lewe geskrywe is, die Hemel is julle enigste ware tuiste. Julle het slegs op hierdie aarde rondgedwaal.(2 Kor. 5:1-2)

Nou praat EK met YAHUSHUA MASHIACH se Bruid. Dit sal nie meer lank wees nie. Hou nog ‘n klein bietjie langer uit en EK sal vir MY Seun sê, “GAAN en versamel JOU Bruid huis toe.” Hou uit. Hou uit. Hou uit. Moet daardie Salige Hoop nie prysgee nie. (1 Johannes 3:2-3)

Luister na die woorde wat EK deur Elisabeth[Elisheva] se mond gespreek het. Strewe daarna om elke dag meer Heilig te wees. Strewe elke dag daarna om MY meer te behaag. Vra vir die Bloed van YAHUSHUA MASHIACH om enigiets wat MY mishaag, te bedek en weg te was. Vra HOM om jou te verander. Vra HOM om jou hart te verander.(Psalm 51:10) Vra HOM om jou verstand te verander. Dit wat MY behaag, moet jou behaag. Want as jy MY nie op hierdie aarde kan aanbid nie, en as jy MY nie op hierdie aarde kan loof nie en as jy MY nie op hierdie aarde kan gehoorsaam nie, (Psalm 50:23) wat laat jou dink dat jy dit in die Hemel sal doen of begeer om dit te doen? EK gee nou vir julle hierdie begeerte op hierdie aarde sodat julle tot in ewigheid die begeerte sal hê om MY, YAHUVEH, MY Seun YAHUSHUA en julle IMMAYAH die RUACH ha KODESH, ook genoem die Heilige Gees, te behaag.(Filippense 2:12-13)

Onthou net, MY woede, MY gramskap, MY raserny is nie bedoel vir hulle wie MY liefhet nie. Dit is nie bedoel vir hulle wie YAHUSHUA MASHIACH dien nie. Dit is nie bedoel vir hulle wie gewas is in YAHUSHUA MASHIACH se Bloed nie. Strewe daarna om Heilig te wees. Want, sê MY Woord nie in hierdie laaste dae, Die wat Heilig is sal meer Heilig word, nie. Dit beteken julle sal ‘n begeerte hê om MY, YAHUVEH te gehoorsaam en te behaag en die heidene, die wat nie in YAHUSHUA se Bloed gewas is nie, sal meer maniere vind om MY aanstoot te gee. Om MY Heilige Wette terug te gooi in MY gesig. Om die 10 Gebooie, wat EK die 10 Wette noem, op te skeur. Om vir die mense te vertel om nie langer na die uitgedateerde Skrifte te luister nie. Dit is hulle wat geskik is vir MY verdoeming. Hulle wat bose dinge voor MY aangesig doen en nie eers die betekenis van berou ken nie.(Psalm 50:16-22)

Dan het julle een laaste kategorie. Hulle wat voorgee om Heilig te wees, om ‘n vertoning voor die mense te gee. Hulle sit in hul kristal katedrale of hulle kom in die vorm van ‘n man genaamd Joel Osteen. EK noem jou die saad van satan. Die welvaart-leeraar (pimp) wat julle leer om die almagtige geldeenheid, van watter nasie julle ookal is, te aanbid en vir julle sê om dit vir hulle op te hoop. Hulle wat die valse leerings verkondig en vir julle vertel homoseksualiteit is nie verkeerd nie. Seks met dieselfde geslag is net so heilig soos tussen ‘n man en ‘n vrou. EK kon aangaan en aangaan, maar EK hoef nie, want julle weet wat sonde is. (Openbaring 3:14-22)

Onthou net MY Geliefdes, net omdat julle in hierdie wêreld lewe, beteken nie dat julle na die beeld van hierdie wêreld moet verander nie. Maar julle moet hervorm word in MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH se beeld en julle wat dit doen, sal MY aangesig aanskou. Julle sal ontelbare guns in MY oë geniet en julle sal tot in alle ewigheid aan die sy van YAHUSHUA wees waar HY woon. (1 Kor 11:1)

So, hou aan. Moenie laat enigiemand julle as gevolg van nasionaliteit of velkleur skei nie. Hou aan. Laat die gestorte Bloed van YAHUSHUA die enigste ding wees wat julle identifiseer. (Rom.5:9) Hou aan en EK sal julle vashou en EK sal julle nie laat gaan nie. Vlug van die sonde. Moenie eers toelaat dat dit deel van julle lewe is nie. Laat satan weet julle wil geen deel van hom hê nie (Jakobus 4:7). Vlug van hom af weg. Vlug weg van enigiemand wat julle verlei om te sondig. Bestraf hulle en moenie bang wees om hulle aanstoot te gee nie.

En vir enigiemand wat hierdie profesieë vals noem. Weet net dit, jy het bewys wie jou ware vader is. Hoe kan jy hierdie Profeet vals noem wanneer elke woord Heiligheid verkondig en die sonde bestraf. Dit bewys aan wie jy regtig behoort. Dit bewys waar jy bestem is om heen te gaan. Deur jou dade ruk EK die masker van jou gesig af sodat almal die vrot vrugte in jou kan sien. Jy gebruik die naam Jesus Christus en tog ken jy HOM nie eers nie. Jy spog dat jy nie ‘n profeet is nie. Maar wat is ‘n ware Profeet? Dit is ‘n vriend van YAHUVEH met wie HY SY geheime deel. En jy is reg, jy wat jouself heilig noem en daar is geen heiligheid binne in nie, jy is geen vriend van MY nie. Jy kan net ‘n man of ‘n vrou bedrieg. Jy kan nie die Skepper bedrieg nie. Jy kan nie die enigste MASHIACH (MESSIAS) bedrieg nie. Die waarheid is; daar’s geen Heilige Gees in jou nie..

So MY Geliefde Kinders, EK versamel MY skape en MY lammers. Waarsku! Waarsku! Waarsku! wanneer julle ‘n wolf gewaar. Moenie bang wees om aanstoot te gee nie. Waarsku veral MY nuwe klein baba lammetjies en moenie ‘n kompromie met sonde aangaan nie. (Hebreërs 10:26-27)

Einde van Woord



Elisabeth [Elisheva] praat: Dit is al wat ek hoor. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U dat U daardie Woord uitgespreek het. Dit het ‘n droom van ______ geneem om dit alles aan te wakker.

Abba YAHUVEH, dit maak niemand beter nie, of hulle Etiopiese Jode is, of hulle wit is, of hulle Chinees is, of hulle Koreaans is, maak nie saak watter nasionaliteit hulle is nie. Ons is slegs verenig deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH. Dit is die boodskap wat U gegee het.



Dank U. Dank U. Dank U. Dank U. Dank U vir nog ‘n onverwagse Woord wat voortgekom het net omdat ons geliefde suster hierdie droom gedeel het wat U nie eens vir haar gegee het nie, maar waaruit U iets goeds laat uitspruit het . Want alle dinge werk waarlik ten goede mee omdat ons U s’n is en ons geroep is volgens U doel om aan U al die Lof, Eer en Heerlikheid te bring. Om die Naam van YAHUSHUA ons geliefde MASHIACH op te lig sodat alle mense nader getrek kan word.

In die Naam van YAHUSHUA ons geliefde MASHIACH

Dank U. Dank U. Dank U. Dank U dat U weereens hierdie Woord van U uitgespreek het deur hierdie lippe van klei in YAHUSHUA se Naam bid ek.

Amen

In YAHUSHUA, vir U Heerlikheid alleen, bid ons.

Amen

Gespreek deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Sherrie Eliyahu)

7 Februarie 2009

Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.

www.allmightywind.com

www.almightywind.com

Geliefde Familie in YAHUSHUA ons MASHIACH,

Kan julle glo ons lewe in sulke bose tye? Kan julle glo dit gaan nog erger raak? YAHUVEH wees asseblief genadig teenoor ons, wat nie hierdie dinge kan stopsit nie, maar aanhou bid daarteen.

n Babdogtertjie wat op 23 weke geaborteer was by ‘n aborsiekliniek - sy het geleef. Sy was deur die verpleegster opgetel en soos vullis in ‘n vullisdrom uitgegooi en uitgegooi! Dit alles voor die 18 jarige moeder. Weens gebrek aan beter woorde, dit is nie ‘n moeder wat so iets sou toelaat nie!

Ek (Elisabeth/Elisheva) het geboorte aan ‘n identiese tweelingseuns gegee wat nou in hul 20’s is en hulle was in die 28ste week gebore. Toe ek dit lees, het ek vir hierdie babadogtertjie gehuil, wat soos vullis verwerp was!

Ek ontvang e-posse van vrouens wat aborsies oorweeg en van mans wat wil hê ek moet bid dat hul vriendin nie voortgaan met die aborsies nie.

Een vrou het vir ons ‘n foto van die baba gestuur wat geaborteer sou word as sy nie na hierdie bediening toe gekom het en veroordeel gevoel het terwyl sy die profesieë gelees het en die aborsiesbladsye gesien het nie. Sy koester haar baba en ons het die vreugde om te weet omdat YAHUVEH hierdie bediening gebruik het, was ten minste een baba se lewe gered.

Dit is nie die eerste keer dat die onderstaande verhaal plaasgevind het nie, dit is slegs die mees onlangse wat die nuus gehaal het. Ek vra vir almal wat hier lees, doen soos ek gedoen het en vra YAHUVEH om onmiddellik wraak te neem op almal wat deelgeneem het aan die moord op hierdie onskuldige baba.

Ek bid ABBA YAHUVEH dat U geen genade sal hê nie en ABBA YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH dat U hierdie mense wat deelgeneem het in hierdie moord en marteling, in die wynpers van U toorn op hierdie aarde en in die hel sal gooi. Ek bid U onverdunde toorn op almal wat hierdie wette uitvaardig en aborsies wettig verklaar en vir al die mense wat dit kwytskeld. Ek bid die toorn van YAHUVEH op al die dokters, verpleegsters, moeders wat nie berou nie en nie wegdraai van hierdie euwel nie, in die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Ek bid dat U sinkgate onder die geboue dwarsoor die wêreld sal sit en die grond sal oopmaak en elkeen lewendig hel toe neem soos U in die ou dae gedoen het. (Numerie 16:1-33) Berou en draai weg van hierdie euwel! Julle wat onskuldige babas vermoor en die gawe van lewe teruggooi in die gesig van ons SKEPPER ABBA YAHUVEH! Die Heilige Skrifte sê “Wraak kom MY toe, sê YAHUVEH, EK sal vergeld!!”

My persoonlike gebed is dat die politici wat hierdie wette uitvaardig sal weet hoe dit voel as YAHUVEH julle eersgebore kinders, of hulle vir wie jul liefhet, deur SY eie hand wegneem!

Die oordeel wat die bose Farao gely het in die tyd van Moses, moet op julle huishouding neergebring word, is my gebed in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, ook bekend as JESUS CHRISTUS. Ag, ek treur omdat hulle wat aborsies goedkeur, gebore was, of dat YAHUVEH hulle toegelaat het om self kinders te hê.

Elisabeth[Elisheva]

Hier is ‘n artikel wat ek onlangs op “Drudge Report” ontdek het.

Fla. Dokter ondersoek in Aborsie waar baba lewendig gebore is en in vullissak gegooi en uitgegooi was.

Agtien en swanger, Sycloria Williams het na ‘n aborsiekliniek buite Miami gegaan en $1,200 aan Dr Pierre Jean-Jacque Renelique betaal om haar 23-week swangerskap te termineer.

Drie dae later het sy in ‘n gemakstoel gesit, medikasies ontvang om haar serviks te verdun en haar andersins gereed te kry vir die prosedure. Maar Renelique het nie betyds opgedaag nie. Volgens Williams en die Florida Gesondheidsdepartement, het sy in kraam gegaan en ‘n lewendige babadogtertjie gebaar.

Wat Williams en die Gesondheidsdepartement sê wat volgende gebeur het, het mense aan beide kante van die aborsiedebat geskok: Een van die kliniekeienaars, wat geen medieselisensie het nie, het die baba se naelstring geknip. Williams sê die vrou het die baba in ‘n plastiese bio-risiko (bio-hazard) sak geplaas en dit uitgegooi.

Polisie het ‘n week later die ontbinde oorblyfsels in ‘n kartondoos ontdek nadat hulle ‘n naamlose wenk ontvang het.

Ek gee nie om wat jou politiek is, wat jou sedes is nie, dit moes nie in ons gemeenskap gebeur het nie,” het Tom Pennekamp, ‘n Miami prokureur wat Williams verteenwoordig het in haar hofsaak teen Renelique (ren-uh-LEEK) en die kliniekeienaars, gesê. Die staat se Medieseraad moet Vrydag Renelique se saak aanhoor en bepaal of hulle sy lisensie moet wegneem. Die staatsprokureur se strafbaremanslag-afdeling is besig met ‘n ondersoek alhoewel geen klagtes gelê is nie. Terry Chavez, ‘n woordvoerder by die “Miam-Dade County State” Prokureurskantoor, het hierdie week gesê die aanklaers nader ‘n besluit.

Renelique se prokureur, Joseph Harrison, het in ‘n e-pos aan “The Associated Press” die aanklagte as “misleidend en onvolledig” beskryf. Hy het geen verdere inligting verskaf nie.

Die saak het die anti-aborsiegemeenskap, wat die kliniek se saamgestelde moorddade betwis, uiters ontstig.

Die baba was net eenvoudig soos ‘n stuk afval behandel,” het Tom Brejcha, president van “The Thomas More Society” ‘n regsfirma wat ook vir Williams verteenwoordig het, gesê. “Mense oor die hele land is verslae.”

Selfs diegene wat aborsieregte ondersteun, is besorgd oor die beweringe.

"Dit het my waarlik ontstel”, het Joanne Sterner, president van die “Broward County Chaper of the National Organization for Women” gesê, nadat sy die administratiewe klagte teen Renelique nagegaan het. “Ek weet daar is sulke klinieke daar buite. En ek hoop ons kan vrouens weerhou om na hierdie tipe klinieke toe te gaan.”

Volgens die staatsverslae, het Renelique sy mediese opleiding aan die Staatsuniversiteit van Haiti ontvang. In 1991 het hy ‘n vierjaar residensie in verloskunde en ginekologie aan die “Interfaith Medical Center” in New York voltooi.

New York se verslae wys dat Renelique ten minste vyf mediese wanpraktykbetalings in die laaste dekade gemaak het, waarvan geen besonderhede van die omstandighede in die leërs aangeteken is nie.

Verskeie pogings om Renelique te bereik was onsuksesvol. Sommige van sy kantoornommers was gediskonnekteer, geen huisnommer kon gevind word nie en hy het op geen boodskappe gereageer wat by sy prokureur gelaat is nie.

Williams het geworstel met die besluit om ‘n aborsie te hê, het Pennekamp gesê. Sy het ‘n onderhoudsversoek van die hand gewys wat deur hom gemaak was.

Sy het besluit dat sy nie die bronne of volwassenheid gehad het om ‘n kind op te voed nie en op 17 Julie 2006 na die “Miramar Women’s Center” gegaan. Volgens die Gesondheidsdepartement het Sonartoetse aangedui dat sy 23 weke swanger was. Sy het Renelique twee dae later by ‘n tweede kliniek ontmoet.

Volgens die administratiewe klagte, gelê deur die Gesondheidsdepartement. het Renelique vir Williams “laminaria” gegee, ‘n dwelm wat die serviks verdun en drie ander medikasies voorgeskryf, Sy is aangesê om na ‘n ander kliniek toe te gaan, ‘n “Gyn Diagnostic Center” in Hialeah, waar die prosedure die volgende dag, 20 Julie 2006, uitgevoer sou word.

Williams het die oggend gearriveer en was meer medikasie gegee.

Die Gesondheidsdepartement rekening het as volg gelui: Net voor middag het sy begin siek voel. Die kliniek het vir Renelique gekontak. Twee uur later het hy nog nie opgedaag nie. Williams het in kraam gegaan en geboorte aan die baba gegee.

Sy het van aangesig tot aangesig met ‘n mens gekom,” het Pennekamp gesê. “En dit het alles verander.”

Die aanklag sê dat een van die kliniekeienaars, Belkis Gonzalez, ingekom het en die naelstring met ‘n skêr geknip het, die baba in ‘n plastieksak geplaas het en daarna die plastieksak in ‘n vullisblik.

Williams se regsgeding bied ‘n wreder weergawe: Sy sê Gonzalez het die baba van die gemakstoel, waar sy geboorte geskenk het, afgestamp tot op die grond. Die baba se naelstring was nog nie af-gebind nie, en sy het haar uitgebloei. Gonzalez het die baba, plasenta en nageboorte in ‘n rooi plastiek bio-risikosak bymekaargevee en dit uitgegooi.

Geen werkbare telefoonnommer vir Gonzalez kon gevind word nie en ‘n prokureur wie die kliniek in die verlede verteenwoordig het, het op geen boodskap teruggeantwoord nie.

Op 23 weke, sou ‘n andersins gesonde fetus ‘n skraal maar regmatige kans op oorlewing gehad het. ‘n Drieling wat verlede jaar op 23 weke by die Nebraska Mediese sentrum gebore was, het oorleef.

n Nadoodse ondersoek het bepaal dat Williams se baba - sy het haar Shanice genoem - se longe vol lug was, bedoelende dat sy lewendig gebore was, volgens die Gesondheidsdepartement. Die oorsaak van dood was gelys as uiterste vroeggeboorte.

Die Gesondheidsdepartement glo dat Renelique, buiten ander misstappe, wanpraktyk gepleeg het deur nie te verseker dat gelisensieerde personeel teenwoordig sou wees wanneer Williams daar was nie.

Die departement wil hê die Mediese Raad, ‘n aparte agentskap, moet Renelique se lisensie permanent intrek, buiten ander strawwe. Sy lisensie is tydelik opgeskort, wat hom slegs toelaat om aborsies uit te voer wanneer ‘n ander gelisensieerde geneesheer teenwoordig is en sy mediese verslae kan nagaan.

Indien aanklaers moordklagtes lê, moet hulle bewys dat die baba lewendig gebore was, het Robert Batey, ‘n professor in kriminele strafreg aan die Stetson Universiteit Regskollege in Gulfport, gesê. Die verdediging mag beslis dat die kind in elkgeval sou sterf, maar meeste howe sou nie daardie argument toelaat nie, het hy gesê.

Om die dood van ‘n individu wat terminaal siek is, te verhaas, word steeds beskou as om die dood van daardie individu te veroorsaak, het Batey gesê. “ En ek dink ‘n hof sou soortgelyk beslis in hierdie soort saak.”

President Obama se eerste prioriteit!!

Is u bewus daarvan dat President Obama verlede Vrydag ‘n wetgewing geteken het wat ons belastingdollars toelaat om gebruik te word om aborsies internasionaal te befonds? Dit is nou te laat vir ons om enigiets daaraan te doen.

Maar ons kan steeds die komende FOCA (Freedom of Choice Act) beveg. Hierdie wetgewing sal aborsie op versoek vereis tot en met die datum wanneer ‘n vrou geboorte gee en dit ‘n misdaad maak vir ons hospitale, dokters en verpleegsters om beswaar te maak teen die uitvoering van aborsies.

Die onderstaande skakel sal jou toelaat om ‘n petisie te teken om FOCA te beveg. Hoekom veg hulle so hard om die regte van terroriste te beskerm, maar vermoor ons babas?

http://www.fightfoca.com/

* * * * * * *

Print Friendly and PDF