Profesie 109

 

EK, YAHUVEH, Sê, Dankie vir Julle Getrouheid!


Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah
27 Maart 2009



Getranskribeer vanaf ‘n oudioband:

Elisabeth sê: Ek het gehoor dat iets veronderstel was om op 27 Maart te gebeur.  Daar is ‘n film wat by die teater gaan wees, wel, maar elkgeval, so Niko en ek het gedink, o daar was ‘n aftelling op dit, en het gedink dit gaan op TV wees.

Niko sê: Nee, jy het so gedink..

Elisabeth sê: Ja, maar die hoofsaak is dat dit nie dit was nie.  Daar was iets spesiaal vandag, dit was nadat ons nagmaal gehou het en ons gevra het of Niko na die winkel kon gaan om ‘n paar goedjies te kry, want dit eer Vader en HY beskerm hom as ons vra.  Skielik het HY (YAHUVEH) begin praat oor geloof en HY het gesê hoe HY ons beloon wanneer jy iets doen wat YAHUVEH jou gesê het om te doen en dit vat ‘n groot stap van geloof om dit te doen.  Jy moet jou vlees beveg, jy moet jou vrees beveg, jy moet omstandighede beveg, maar jy sal gehoorsaam wanneer YAHUVEH vir jou sê om daardie stap van geloof te vat.  HY sê wag en kyk of EK jou nie meer sal seën as waarvan jy ooit gedroom het moontlik sou wees nie.

Die volgende wat HY toe vir my gesê het, HY het gesê dit was net so met my en Niko, ons het nog nooit ‘n lekker huis gehad  om in te woon nie.  Dit was altyd, o my genade, ons sal nie eers op die kort termyne ingaan in plekke waar ons gebly het en wat die verhuurders aan ons gedoen het nie of toe ons in ‘n bus gebly het of altyd van een plek na ‘n ander moes hardloop nie.  Dit was aaklig.  Ons was nie geseënd toe ons in Amerika gewoon het nie.  Behalwe toe ons die grootste stap van geloof geneem het, wel in my oë was ons nie (geseënd in Amerika), ons het ons nietemin ons grootste stap van geloof geneem alhoewel ek en Niko Alaska toe wou gaan, Danny wou Alaska toe gaan maar dit was een plek waar ek geen deel aan wou hê nie.  Ek het in elkgeval my grootste stap van geloof geneem toe ek daardie oggend wakker word, soos Niko gesê het, ek sou dit nooit gedoen het as YAHUSHUA nie vir my gesê het nie en HY het gesê ons moes Alaska toe gaan.  Deur trane heen het ek vir Nilo gesê dat YAH gesê het ons moet Alaska toe gaan.

Alhoewel ek nooit daardie houthuis vir 6 maande as ‘n seën beskou het nie, moet ek sê goeie dinge het daaruit voortgekom omdat HY iemand opgerig het, Cathy, (Niko het per ongeluk hierdie volgende paragraaf uitgevee op die oudioband toe hy daarmee gewerk het om dit te pos.  So, hierdie volgende paragraaf is nie op oudioband nie.  Wat gaan ek met hom maak?)  alhoewel sy nou ‘n vyand is en ons was eerstens in staat, ons het eerstens nie geweet hoe ons die geld in die hande sou kry om te gehoorsaam om Alaska toe te gaan nie.  HY het vir Sini opgerig om die geld te stuur, wat ons totaal verras het.  Daardie jong klein meisie was pas gered en het pas die waarheid deur hierdie Bediening ontdek en dit is hoe ons Alaska toe kon gaan en dit was ‘n reuse stap van geloof om Alaska toe te trek.  Toe ons aangesê is ons moet Alaska verlaat en ons nie verstaan het waarheen ons moes gaan nie, wat ons gaan maak nie, het hy vir Cathy opgerig en weer was dit ‘n reuse stap van geloof om Amerika te verlaat.

Op stromende oudio, weer Deel 2)

Toe het HY net vir my gesê terwyl ek gebid het, HY het gesê dat ek waarlik, die seëninge het waarlik nie voortgevloei totdat ons ‘n stap van geloof geneem het toe HY gesê het, julle sal nooit weer terugkeer na Amerika toe nie, julle moet nooit weer teruggaan Amerika toe nie.  Ek weet nie, ek glo in vertroue dat HY nooit sal toelaat dat iemand ons dwing om dit te doen nie, maar deur ons eie wil sal ons nooit teruggaan Amerika toe nie.  Dit is, dit is ‘humungous’, ek meen al ons families is daar, biologiese families is daar en om te weet dat ons nooit ooit daarheen sal teruggaan nie.  Maar HY het gesê, EK het MY seëninge uitgestort en HY het.  HY het ons uitermate en oorvloediglik geseën sedert ons daardie reuse stap van geloof geneem het en Amerika verlaat het.

Net soos met Kathrynyah, toe het HY met my oor Kathrynyah begin praat en haar reuse stap van geloof.  Kyk nou waarmee sy beloon was, sy het haar geliefde Adam en ons kosbare suster wou baie graag ons net ontmoet en nou bly sy by ons en sy het daardie reuse stap van geloof geneem.  Ek meen, elkeen van ons en dit is die les vandag op 27 Maart.  YAH het ‘n belofte gemaak, wanneer jy daardie reuse stap van geloof neem wat HY jou sê om te doen, sal HY jou uitermate en oorvloediglik meer seën as wat jy ooit gewaag het om van te droom of te vra.  Dit is wat ek vandag op 27 Maart 2009 geleer het.

HY herinner my ook aan my reuse, reuse, reuse stap van geloof, ek het hierdie deel vergeet maar toe Niko alles wat waar was verlaat het en hy op my drumpel verskyn het en dit was so ‘n reuse stap van geloof toe hy, hy het sy vrygesel lewe gehad en hy het gedink hy het alles volgens plan en hier is ons sewe jaar later gelukkig gegtroud.  Vir my, my ‘humungous, humungous’ stap van geloof was om ooit weer ‘n ander man te vertrou, ag om mee te begin, ek het nooit ‘n man vertrou nie, totdat Niko en Adam gekom het.  Maar die dag toe ek op die Bedieningswerf, op sy verjaarsdag, voor ons eerste soen, voor enige teken dat hy my Nikomia was en ek moes vir hom gee aan die hele wêreld vertel, my Nikomia het gekom, ek hoef nie meer na hom te soek nie en ek was veronderstel om alles vir hom te gee.  Gits, ek het vir hom my bank gegee en beheer oor my finansies, alles en ek het gedink ek het mal geword.  Ek het gesê, wel YAH ek gehoorsaam U en ek het nog nooit ooit enige van dit berou nie.  Ek Dank U net, Abba YAHUVEH vir U belofte solank ons U waarlik hoor en U ons aansê om daardie stap van geloof te neem, U moet getrou wees en ons beskerm en U sal dit doen en U sal ons uitermate en oorvloedig seën.

(Deel 3 van Stromende oudio begin hier)

Ek het ‘n stap van geloof wat ek met Daniël geneem soos ek vir Niko vertel het, ek het gesê ek kon gejok het en ek kon vir Lisa aanvaar het en ek kon ontken het dat sy nie van U gees was nie YAHUSHUA.  Ek kon, ek kon my aansien red, regtig ek kon.  Op stuk van sake het ek eenkeer gesê ek gaan haar aanvaar as my dogter wetende dat as ek nie doen nie, ek my seun sou verloor.  Maar my stap van geloof is, hy gaan terugkeer omdat ek gehoorsaam was.  So, dit is al wat ek te sê het oor dit.  Ons gee U die Eer Abba YAHUVEH.  U is so getrou.

Elkekeer as my man winkel toe gaan, elke enkele keer wat hy by hierdie deur uitloop vertou ons dat hy weer veilig sal terugkeer in my arms. Ons juig wanneer hy daardie deur bereik, ons neem dit nie doodluiters aan nie, omdat YAH gesê het ons moenie.  So Pappa YAH ons dank U en ons Loof U.  Ons gaan dit nou in gebed opneem of hy kan uitgaan om ‘n paar dinge te kry want Pappa sê elke keer as ons dit doen, Abba YAHUVEH sê dit eer HOM en dit behaag HOM dat ons gehoorsaam en dit nie doodluiters aanneem nie.  So dit is wat ek te sê het, reg liefie.

(Ek het dit nie op die band gesê nie maar een van my grootste stappe van geloof was toe Abba YAHUVEH vir ons gesê het ons moet Afrika toe gaan.  NEE, NEE, ek wou GLAD NIE Afrika toe gaan nie.  Dit was selfs erger as om Alaska toe te gaan.  Ek het visioene in my kop gehad van in ‘n grashut te woon met geen lugreëling nie en ek was so ontsteld.  Maar toe gee ons Geliefde YAHUVEH my ‘n woord en HY het my daaraan herinner dat HY my Sy lugreëling baba noem en dat HY na ons sou omsien en ons seën omdat ons gehoorsaam.  YAHUVEH is so getrou want dit is toe ons werklik geseën begin word het en ons het aangehou om elke dag meer geseën te word omdat ons gehoorsaam is.  Hoe groter die stap van geloof is, hoe groter is die seëninge.  O ja, ons het ook oral lugreëling gehad waar ons gebly het. PRYS YAHUSHUA!)

Elisabeth begin in tale praat:

Waar ons gevra het of Niko moes gaan en HY gesê het, “ Wees rustig MY kind, hy kan gaan.”

EK, YAHUVEH, Sê Dankie Vir Julle Getrouheid!

 

Julle het MY bedank vir MY getrouheid MY Geliefdes, maar EK Dank julle vir julle getrouheid.  Vir al 5 vir julle getrouheid, want al 5 van julle het MY julle lewe gegee en gesê, “Gebruik dit soos U wil, gebruik dit om U Eer te bring, gebruik dit om U Seun YAHUSHUA Eer te bring.”  Al 5 van julle is lewende offergawes vir MY.  EK is konstant in julle gedagtes.  Julle plaas MY in julle planne.  Julle sê, “Wat wil U hê moet ek doen Abba,” en dit behaag MY.  Julle streef getrou, getrou daarna om MY te gehoorsaam en te behaag op elke manier en bereik siele vir die Eer van MY Seun.  Julle aanbid en prys getrou.  Julle neem ONS nie as vanselfsprekend nie.

En nou praat EK nie net met julle 5 nie, maar EK praat met die getroue YDS’e (YAHUSHUA se demon stompers, gebedsintersessors) want hulle doen dieselfde.  Dit is die merk; dit is die seël van hulle wie die Bruid van YAHUSHUA genoem word.  Hulle is getrou.  Hulle is lojaal.  Hulle sal nie skik (compromise) nie.  Hulle sal nie terugval nie.  Hulle sal staan vir wat reg is.  Hulle sal bestraf wat verkeerd is.

Watter tipe huwelik sou julle twee gehad het as julle nie geweet het die ander een is getrou nie?  Elisabeth, as Niko nie by jou is nie hoef jy nie bekommerd of te verknies dat sy oog op ‘n ander vrou sal wees wat hy begeer nie.  En dieselfde geld vir jou Niko, want julle weet die ander een is getrou.  EK hoef nie begaan te wees dat julle oog na ‘n vals god sal draai nie want EK weet julle is getrou.  So julle Dank MY vir MY getrouheid.  EK Dank julle vir julle getrouheid.

EK dank julle vir al die kere  wat julle julle planne maak en sê, “Ek sal dit of dat vandag doen,” en EK dank julle vir julle getrouheid selfs wanneer EK julle planne omverwerp en sê, “Nee MY kinders, julle gaan dit op hierdie manier doen.”  Julle gee MY getrou nogsteeds die lof en sê, “Abba YAHUVEH maak soos U wil.”  Julle streef getrou daarnam om te behaag en te gehoorsaam.  So nou vra EK vir julle hierdie vraag, MY kinders.  Hoekom sal EK julle nie oorvloediglik op elke manier wil seën nie?  As Ek vir julle vra om die grootste stap van geloof te neem, hoekom sal EK julle nie getrou beskerm, julle seën solank julle dit volgens MY manier doen nie?.

EK spreek hierdie boodskap aan  almal, almal, almal wie MY, YAHUVEH en YAHUSHUA en die Kosbare RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH eerste in julle lewe en julle liefde plaas.  EK praat met al die Bruid van YAHUSHUA.  Dankie vir julle getrouheid.  Dankie vir julle getrouheid, dat julle satan aanhoudend bestraf.  Julle sal nie met sonde kompromiteer nie.  Julle oë is altyd op die Hemel.  Dankie vir julle getrouheid en wees verseker soos julle getrou is aan MY so is EK aan julle getrou.  MY oog is altyd op julle.  MY oor neig altyd tot elke woord wat julle spreek.

Net omdat EK nie julle gebede dadelik beantwoord op die manier wat julle dink EK moet nie, moenie dink dat EK julle nie hoor nie.  EK sal antwoord, soms is dit ja, soms is die antwoord nee en baie maal is die antwoord wag dit is nog nie MY tyd nie.  Maar wees verseker EK is nie doof nie,  EK, YAHUVEH is nie blind nie en enigiets wat julle aangaan, gaan MY aan.  EK, YAHUVEH, is julle Skepper en EK weet wat die beste is vir julle, selfs wanneer julle nie weet wat die beste vir julself is nie.  Soos julle MY getrou vertrou, so getrou sal EK julle nie in die steek laat nie.

So, EK wil weer sê, Dankie vir julle getrouheid.  Hou aan om in MY te glo.  Hou aan om nie op julle eie begrip staat te maak nie.  Selfs wanneer julle nie verstaan wat in die wêreld aangaan nie, selfs wanneer julle nie weet wat om te doen nie.  Hou aan om getrou te bly dat EK julle sal wys wat om te doen.  Selfs wanneer julle val, MY Kleintjies, is EK daar om julle getrou op te tel en julle wonde te verpleeg.  EK is getrou om MY toorn op julle vyande uit te giet, MY Kleintjies.  Net omdat julle eie oë nie sien wat EK doen nie, moenie dink dat EK nie getrou is om julle te verdedig nie.  Bly getrou en weet dit, die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH sal nooit sy krag verloor nie, die genesende, verlossende, vergewende, opwekkende krag.  Weet dit; die Woord wat vlees geword het, kan nie jok nie  Elke Woord in die Heilige Geskrifte is ‘ja’ en ‘amen’.  MY Woord sal nie leeg na MY toe terugkeer nie, dit sal doen wat EK dit geroep het om te doen.

So EK wou net sê en op hierdie dag van 27 Maart 2009 gee Ek julle ‘n nuwe Profetiese boodskap vir hulle wie soos ‘n hert smag na water.  Hulle kom na hierdie Bediening vir vars Lewende Water.  EK kan sê en profeteer oor dit wat gaan gebeur, maar julle het nie nodig om dit nou te hoor nie.  Julle het net nodig om te hoor, maak nie saak wat gebeur nie.  Maak nie saak wat julle sien nie.  Maak nie saak wat in die lug verskyn nie.  Maak nie saak wat die aarde gaan skud nie.  Maak nie saak wat se wapen teen julle gebruik word nie, of dit deur die hand van die duiwel, of dit deur die hand van ‘n mens, of dit deur die hand van ‘n vreemdeling (alien) is nie.  Weet net; EK sal diegene getrou beskerm wie MYNE is.  Roep MY aan in die tyd van benoudheid.  Roep MY aan.  Roep MY aan in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH.  EK is getrou om julle uitroepe te hoor.  EK is getrou om julle te verlos en regverdig te maak. (vindicate).

Julle gaan dit hierdie jaar nodig kry.  Julle gaan dit nodig kry om herinner te word, maak nie saak wat gebeur nie, EK is getrou.  YAHUSHUA julle MASHIACH is getrou.  Die soete RUACH ha KODESH julle IMMAYAH, SY is getrou.  Aan hulle wie getrou is aan ONS, ONS sal vir julle ‘n weg voorsien waar dit lyk of daar nie ‘n weg is nie.   Moenie julle oë op die branders en op die storm hou nie, anders sal julle verdrink.  Moenie julle vertroue in die geldleenheid van julle nasie plaas nie, anders sal julle neergevel word.  Hou julle geloof in MY.  Hou julle geloof in YAHUSHUA julle MASHIACH.  ONS is julle verskaffers.  ONS is julle beskutting.  Dit is ONS wat julle manna uit die Hemel voer.  Dit is ONS wat julle die Lewende Water gee om te drink.

En EK wil weer sê, Dankie vir julle getroudheid dat julle hierdie boodskap ontvang.  Dankie vir julle getrouheid dat julle steeds glo, ten spyte van die feit dat julle nie die Hemel met julle fisiese oë kan sien nie, want ONS beloon hulle wie ywerig na ONS soek.  ONS beloon hulle wie ONS ywerig dien.  ONS beloon hulle wie ONS ywerig gehoorsaam.  Daar is belonings vir heilig wees en daar is gevolge vir onheilig te wees.  EK is YAHUVEH en EK sal getrou wraak neem op MY vyande.  Moenie dink hulle kom weg daarmee om MY te bespot nie.  Hierdie wêreld sal binnekort sien wat gebeur met ‘n mens wat MY verlaat en bespot.  Maar MY Geliefde Getroues, kyk op, kyk op Bruid van YAHUSHUA; kyk op want waarlik julle verlossing is naby.


Einde van Woord.

Dankie, Dankie, Dankie, Dankie, Dankie, Halleluyah, Prys U Heilige Naam ABBA YAHUVEH.   Prys U Heilige Naam Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH.  Prys U Heilige Naam Soete HEILIGE GEES ons IMMAYAH ons Geliefde MAMMA WYSHEID.  Prys, o Prys, o Prys, o Prys U Heilige Naam.

U hou aan om vir my te sê en hou aan om vir my te sê en vir my te sê 27 Maart, 27 Maart en ek het gesê, liefie wat het op 27 Maart gebeur?  Wat is veronderstel om op 27 Maart te gebeur?  Toe ons dit die minste verwag het nadat ons nagmaal gehou het, het ons Pappa ons ‘n lieflike Woord gegee en ons hou vas aan U getrouheid Abba YAHUVEH.  Maak nie saak hoe U hierdie wêreld skud nie, ons glo getrou dat U nie sal toelaat dat ons geskud word nie.  U sal nie toelaat dat ons geloof geskud word nie.  Ons glo, getrou, getrou, getrou Abba YAHUVEH dat U ons sal beskerm.

O Dankie Pappa vir hierdie Woord.  Dankie dat U diegene bemoedig, Hemelse Vader wie hulle werk verloor het, diegene, Hemelse Vader wat nie hulle rekeninge kan betaal nie, diegene wat nie weet waar hulle gaan woon nie, diegene waar siekte en ongesteldhede en kwale hulle huisgesinne oorgeneem het, Hemelse Vader en hulle so swak is en hulle nie weet wat om te doen nie.  Dankie vir U getrouheid, Abba YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH.  Geloof gaan nou in hulle kom Hemelse Vader, diegene wat nie weet wat om te doen nie.  Diegene wat in ‘n huwelik is wat ongelyk gebind is en hulle weet nie wat om te doen nie, Hemelse Vader.  Hulle is op die punt van ‘n egskeiding, Hemelse Vader en hulle weet nie wat om te doen nie, Hemelse Vader.  Ons dank U vir U getrouheid, Hemelse Vader in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIAHCH dat U die skeidingswaard sal gebruik in die huwelike wat geskei moet word, Hemelse Vader en dat U die huwelike bymekaar sal bring wat bymekaar gebring moet wees deur die liefde van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Dankie vir U getrouheid, Hemelse Vader om die kinders terug te bring, Vader wie eens op ‘n tyd die pad van Heiligheid gewandel het, Hemelse Vader.  Dankie vir U getrouheid Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH vir die gestorte Bloed van YAHUSHUA en die verlossing wat na die huise van diegene kom wie gebid het vir die verlossing van hulle geliefdes.  Dankie vir U getrouheid, Abba YAHUVEH dat U ons beskerm teen die regerings, die korrupte regerings van hierdie nasies, Hemelse Vader.  Abba YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ons Geliefde MASHIACH, Dankie vir U getrouheid en U kragveld wat ons beskerm, Hemelse Vader en ons onsigbaar maak, Hemelse Vader deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH sodat die vyande ons nie kan sien nie en ons sal weggesteek wees en ons sal onsigbaar wees.

Dankie omdat U die papierwerk vernietig wat die vyand teen ons het Hemelse Vader.  Dankie en Prys U Abba YAHUVEH op hierdie oomblik.  U weet van watter papierwerk ek praat, Hemelse Vader.  U ken die geheime wat die regerings besit, Hemelse Vader.  Ek praat van die papierwerk, Hemelse Vader wat teen enigeen gehou word wie heilig is, Hemelse Vader terwyl hulle gevolg word en hulle name geregistreer word, Abba YAHUVEH, in ‘n databasis Hemelse Vader, gemerk om uitgewis te word Vader.  Dankie Abba YAHUVEH vir Heilige Skakel Engele (linking angels) op hierdie oomblik om hulle te omring en te beskerm en koepels oor hulle wonings, Hemelse Vader.  Dankie Abba YAHUVEH, net so seker soos wat U vir Lot gespaar het, net so seker soos wat U vir Noag en sy familie gespaar het, net so seker soos wat U vir Daniël in die leeukuil gespaar het en vir Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond.  Ons dank U vir u getrouheid, Abba YAHUVEH om al diegene te beskerm wie waarlik, waarlik, waarlik aan YAHUSHUA ons MASHIACH behoort.

Dankie vir U getrouheid om ons te beskerm terwyl hulle die gif in die lug versprei, Hemelse Vader, deur wat genoem word ‘contrails’ oor die hele wêreld om die populasie te verminder.  Hulle dink dit wat hulle in die geheim doen is nie bekend nie.  Terwyl U, Abba YAHUVEH gesê het, wanneer julle hierdie dinge sien, pleit die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, bid die wapen terug op die vlieëner, bid die wapen terug op die een wie hierdie gifstowwe vervaardig het, bid die wapens terug op die regerings wat dit toelaat, wat dit stuur.  Laat die Bloed van YAHUSHUA, ons Geliefde MASHIACH soos ‘n teenmiddel wees.  Verwar die vyand, ons dank U en ons Prys U, ons stuur verwarring in die vyande se kamp.  Hulle dink hulle het die teenmiddel en hulle gee dit vir hulle vriende en hulle familie, o maar Abba YAHUVEH, U sit die dood in daardie inspuitings.  U sit dood in daardie pille.  In plaas daarvan is dit die Heiliges wat beskerm is, want hulle kan ons geen skade aandoen tensy U dit toelaat nie.  So getroues, wanneer julle die gif ‘contrails’ in die lug sien, onthou om die gebed te bid, “Ek pleit die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH oor dit.  Ek stuur hierdie wapen terug na die vlieënier, die apteker wat dit vervaardig het en die regerings wie dit stuur.”

Want YAHUVEH is getrou en wanneer hulle die kos vergiftig en die water en selfs die luggowe stuur dood, siektes.  Ons dank U vir Abba YAHUVEH se getrouheid dat ons beskermd sal wees teen dit alles.  Maar dit is die een wat hierdie wapens uitstuur na wie dit sal terugkeer op hulself, want daar is geen beskerming teen die wraak van Abba YAHUVEH nie, want HY het belowe om ons getrou te beskerm en om wraak te neem op ons vyande.

Dankie U Pappa YAHUVEH, omdat U ons onder U vleuels weggesteek soos Psalm 91 sê. Dankie Abba YAHUVEH met ons oë sal ons die vergelding van die bose sien.  Enige vyand van U Abba YAHUVEH en Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH, is ‘n vyand van ons.  Enigeen Abba YAHUVEH, wat onheiligheid verdedig, wat sonde kwytskeld of hulle dit weet of nie, hulle dien satan en hulle is ‘n vyand van die Heilige Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Ons sal U getrou dien, Abba YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH, al die dae van ons lewens op hierdie aarde en tot in ewigheid in die Hemel.  Net soos ons U hier Prys en Loof so sal ons U vir ewig in die Hemel Prys en Loof.  Ons vra Abba YAHUVEH en ek staan nou namens die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH en ons vra dat dood nie hierdie liggame sal aanraak nie dat ons ‘n getuienis soos Henog sal hê en voor hy in die Hemel opgeneem was, het hy ons Abba YAHUVEH behaag.

Ons beloof getrou om elke dag daarna te strewe om U daagliks meer te behaag Abba YAHUVEH.  Om U al die Prys, Eer en Glorie te bring deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH.  Ons Aanbid U.  U is ons Majesteit.  Ons Aanbid U.  Ons het U lief.  Ons Bemin U.  Ons Prys U, Abba YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH, ons IMMAYAH, ons MAMMA WYSHEID ons MAMMA SHKHINYAH, ons MAMMA GLORIE.  U is al hierdie dinge, o Kosbare HEILIGE GEES en ons Aanbid U.

Ons dank U vir die salwing wat U vandag op my geplaas het om U stem te hoor op hierdie onverwagte manier net om vir U geliefdes te sê, Dankie vir julle getrouheid.  Dit het alles begin toe ons U gedank het vir U getrouheid en U het opgeëindig om ons te bedank.

Dank U.  Amen.  My hand is gevries.

Gespreek deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah Nikomia
27 Maart 2009.

As hierdie Profesie vir jou ‘n seën was e-pos my asseblief en laat my weet.

Contact Us
Contact Us

www.allmightywind.com
www.almightywind.com