PROFESIE 10

NEEM TERUG WAT SATAN GESTEEL HET!


Gegee aan Pastoor Sherrie Elijah op 4 Desember 1997


* * * * * * *

O Magtige Krygers, eendag sal julle hoor, "Goeie en getroue kind, kom nou in en rus vir slegs nog 'n kort tydjie langer en julle Bruidegom sal kom." Hou vas aan die soom van MY kleed. Hou stewig vas en moenie laat los nie. Al raak julle uitgeput en moeg, dit is terwille van MY dat julle swaarkry. Want dit is nie julle werk, julle bediening nie, maar MYNE. Dit is terwille van YAHUSHUA (Jesus) dat julle swoeg en julle arbei nie tevergeefs nie. Want, Liewe Geliefdes, hoor die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) sê vir julle.

Daar is nie geen luuksheid wat julle verbeur wat julle nie sal terugkry, ingedruk, saamgeskud en oorlopend nie. Sal EK nie in julle binneste gee, en veroorsaak dat mense gee en ondersteun dìt wat van MY is en nie van julle nie? Want julle rykdomme is nie van hierdie wêreld nie, maar vir die wêreld wat kom, so spreek YAHUVEH. Julle rykdomme, MY Geliefdes word vir julle opgegaar in die Hemel. Julle rykdomme is die siele wat julle na MY toe gebring het. Julle rykdomme is die gawes wat EK vrylik vir julle gegee het. Julle rykdomme is die magtige gebedsoldate wat julle beskerm en ondersteun met julle gebede. Julle rykdomme is om te weet dat julle omring word deur 'n wolk van getuies en hulle kyk na alles wat julle doen en sê, dit is vir MY Glorie en MY ontwil wat julle gebrek ly.

Julle het baie vervolging geken, maar weet dit, EK het nie die vyande gestuur en deur hulle gepraat wat teen julle opstaan nie. Moenie mislei word nie, as hulle julle nie oplig nie, druk hulle julle af. As hulle wie sê 'ek is jou vriend' en julle nie ondersteun in klein sakies nie, sal hulle ook nie lojaal in groot sake wees nie, pasop, nie almal wat sê 'Here' is MY Kind of dienskneg nie. Nie almal wat sê 'vriend' is julle vriend nie.

Daarom sê EK vir julle, "Julle is omring deur hulle wat sê, 'Maar ek is jou vriend' maar tog weet hulle nie wat die woord vriendskap en lojaliteit is nie". Hulle is Judasse wat gestuur is om julle te verlei, maar EK waarsku julle nou deur julle suster, hierdie Profeet, sodat julle waaksaam kan wees. Hulle het hul eie oogmerke; hul eie agendas om hulleself te bevorder. Pasop want julle sal nou duidelik sien wat julle nie voorheen duidelik gesien het nie. Julle is nou 'n nuwe gawe gegee op hierdie dag en EK spreek dit nou uit deur hierdie suster van julle, MY kruik wat gevul is met MY RUACH ha KODESH.

Wat sy spreek sal gebeur terwyl julle hierdie brief lees wat wonderbaarlik in julle hande beland het. MY Geliefdes, EK gee aan julle 'n nuwe salwing sodat julle in die dieptes van 'n man se siel kan sien. Julle sal 'n groter gawe van onderskeiding ervaar as tevore. Maar julle sal nie hou van wat julle sien nie, want daar is hulle wat gaan kom wie julle gedink het julle kon vertrou en julle sal vind julle kan hulle gladnie vertrou nie. Hulle is vermomde Judasse. Pasop want hulle sal so ver gaan om te sien dat boosheid julle oorval. Maar EK sê vir julle wanneer julle dit sien, bestraf hulle in MY NAAM, en julle sal die vyand sien vlug in sewe verskillende rigtings. Hulle sal hardloop en skuiling soek want EK gee ook op hierdie dag aan julle 'n groter gawe van dapperheid.

Want EK is nie net 'n Almagtige GOD van liefde nie, maar ook van oorlog en EK het oorlog verklaar teen MY vyande. EK gaan julle gebruik om die nasies te bestraf wat teen MY en alles wat Heilig is, opstaan. Hierdie woorde is nie en sal nie julle eie woorde wees nie, maar julle sal weet wanneer om te praat en wanneer om nie te praat nie. Julle sal aanhou om saam te vergader MY Kinders, en terugneem wat die vyand gesteel het en hulle aan MY voorstel.

Julle is 'n lewende offer aan MY. Die werk wat julle doen word nie in jul krag en mag gedoen nie, maar onder MY krag en mag. Al word julle baie maal moeg, onthou om MY krag, MY dapperheid, aan te roep. Onthou om MY moed, MY gawes aan te roep want julle sal kragte meet met bose magte. Hulle wie boosheid praktiseer, en tot 'n ander god bid en nogtans sal julle hulle vloeke bemeester deur MY Bloed wat vir julle op Golgota gestort is en met die swaard van julle getuienis en met die Woord van MY Getuienis.

Wanneer die krag aan julle gegee word, die krag van MY NAAM, Woord en Bloed, gebruik dit dan om die vyand te verslaan. Bestraf die vyande in MY NAAM. Moenie hulle ignoreer nie, want dit versterk hulle net as julle hulle ignoreer Ontbloot die vyand en al die skelmstreke van die vyand en julle sal floreer op maniere wat julle nie van geweet het nie.

MY Geliefdes, Ag, hoe verlang EK om julle in MY arms te vertroetel en eendag sal EK. Want wanneer julle die eensaamheid aanvoel, is dit wanneer EK die naaste is. EK staan by julle soos wat julle vir MY staan. Die poorte van die hel sal nie seêvier teen MY Kerk nie. Julle is MY Kerk. Wanneer julle verlate en vergete voel, sal julle weet dat EK daar is, al kan julle MY nie sien nie. EK sal julle nooit verlaat of begewe nie en EK het julle lief met 'n liefde wat geen mens kan vergelyk nie. EK ken MY Kinders, MY Krygers en MY Bruid. Julle is alles van dit en so baie meer, EK profeteer nou aan julle deur MY Diensmaagd wie nie weet wat sy volgende gaan sê nie.

EK neem julle na 'n hoër vlak as wat julle voorheen was. Wees gereed, want wanneer die vyande julle omring, weet dit, dit is omdat die vyand weet julle is nie van hierdie wêreld nie, maar slegs in hierdie wêreld om MY te dien, MY wil te doen, terwyl EK die gawes van MY RUACH ha KODESH vrylik oor julle uitstort. Wat voorheen moeilik was sal maklik word. Wat voorheen maklik was, sal julle dink het moeilik geword.

Maar dit is omdat EK julle hoër skuif as wat julle voorheen was. Julle sal soos Petrus wees en EK sal sê, "Gooi julle net dieper in die see in," en julle sal sê, "Maar Vader, ek het nie voorheen dit gedoen nie, of was nie voorheen daar nie." En EK sal sê, "Maar Geliefde, die vis is oorvloedig aan die ander kant. Gooi julle net aan die ander kant. Gaan in die gebiede in waar julle nie voorheen gewaag het nie. Moenie vrees nie, want EK is die Meester Visserman. Ek weet watter aas om te gebruik wanneer EK julle in die see gooi. Julle sal nie met leë hande terugkom nie. Vertrou MY net ek EK sal julle lei en aanvoer om selfs groter vissers van mense te wees.

Wat sy in MY NAAM gespreek het, sal gebeur. EK begin nie met iets goed en maak dit nie klaar nie. Die bediening wat op hierdie dag aan julle toevertrou word, sal met spronge en opslae groei. Alle hel sal sidder want hulle sal sien julle gaan al meer in hulle gebiede in en neem die gevangenes terug en maak hulle vry in MY NAAM.

Lees hierdie profesie hardop uit, want die krag is nie net in die geskrewe woord nie maar die gesproke woord. Lees dit vir ander sodat hulle in ooreenstemming kan staan. Moenie verbaas wees oor die jaloesie en afguns wat rondom julle ontstaan nie, want EK gaan nou die skille van julle oê laat afval en dit wat julle geweier het om te erken sal julle nou duidelik sien, dit wat julle nie wou hoor nie, sal julle nou duidelik hoor.

MY Geliefdes, weet dit; alles wat gebeur word deur die Meester se hande georkestreer. Alhoewel dit as boos voorkom, sal EK dit omdraai ten goede. Selfs satan se planne sal EK omdraai en julle op so 'n magtige manier verlos. Mense sal moet erken dat die GOD wat julle dien, YAHUSHUA ha MASHIACH nogsteeds regeer en heers en lewe en daar is niemand soos EK nie.

Wanneer julle bid, sal blinde oë oopgaan, dowes sal hoor, die dooies sal weer lewe, siele sal gered word, vyande sal val, net so seker as wat Dawid vir Goliat verslaan het. Die vyand sal slegs deur MY hand alleen val. Maar Ek sal die woorde of bestraffing uitspreek wanneer hulle teen julle te staan kom met hulle vloeke. Julle sal sê, "Die GOD wat EK dien, YAHUSHUA ha MASHIACH is groter as enige boosheid wat julle aan my kan doen, en HY sê dat geen haar van my hoof sal afval as ek nie vrees nie en ek vrees geen man of duiwel nie, want ek hou die sleutel na die Hemel, YAHUSHUA is daardie Heilige Sleutel."

Profeteer aan hulle dit, so spreek YAHUVEH van die Leerskare, 'Dit sal die vyand, wat teen my opstaan en my lewe soek en die vernietiging van hierdie bediening, wees wat sal vergaan. Deur die hand van die Lewende GOD wat sê, moenie mislei word nie, EK word nie maklik bespot nie. Hulle sal maai wat hulle gesaai het. Maar MY dienskneg sal nie omkom nie maar lewe om MY werke te verklaar.' So spreek YAHUVEH van die Leerskare want dit is 'n vreeslike ding vir MY vyande om te val in die hande van 'n Lewende GOD, maar vir julle, MY Geliefdes, is daar skuiling en liefde.

Doen soos wat EK julle op hierdie dag beveel het om te doen, soos wat EK aan MY Dogter die woorde gegee het om vir julle te sê, MY Geliefdes en gaan voorwaarts en geniet oorwinning in YAHUSHUA ha MASHIACH se NAAM.

Alpha & Omega AlmightyWind Holy Ghost Fire Ministries.

* * * * * * *


Gegee aan Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA

Profeet Sherrie Elijah op 4 Desember 1997