Profesie 110

MY Skape Moenie Julle Kwel of Bekommer Nie, Want EK Dryf die Wolwe Weg!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah
Gegee op 5 April 2009
Vrygestel op 10 April 2009


(Vanaf Profesie 105 het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë gesit word: Elisabeth, EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was.  EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan het deur jou hand tot stand gekom nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.  Dit is uit die mond van YAHUVEH dat geboorte gegee was.  Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH dat geboorte gegee was.  Dit is uit die mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH dat geboorte gegee was.  As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.  Dit is deur die Shkhinyah Glorie se wind wat oor die aarde waai. Die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit lankal misluk het.  (Jesaja 42:8).

Nota: Amightywind is al vir 14 jaar op die internet maar het op 10 April 2009 21 jaar oud geword.  Die Bediening het vir 21 jaar bestaan maar is slegs 14 jaar op die internet.  Ek hoop dit verklaar al die verjaarsdae en herdenkings wat gevier is.  Elke verjaarsdag en herdenking wat hierdie Bediening het is ‘n oorwinning in YAHUSHUA ons MASHIACH omdat die duiwel probeer het om hierdie Bediening te stop voordat ek nog gebore was.

* * * * * * *

Niko, skree dit hard genoeg sodat elkeen eenvoudig die oorwinning kan sien wat hierdie Bediening vir 14 jaar op die internet gehad het.  Plaas in groot letters die datum 10 April vir dit wat die vyand gesê het vernietig sou word in Indiana, die plek van die geboortepyne van hierdie Bediening.  Op 10 April 2009 het dit nie net gelewe nie maar wêreldwyd gefloreer en 21 jaar oud geword.  Dit is geen man of vrou se oorwinning nie maar dit is julle ABBA se oorwinning, julle YAHUSHUA se oorwinning, julle geliefde RUACH ha KODESH se oorwinning, julle IMMAYAH.

So, EK wil nie hê dat iemand hierna moet soek nie.  EK wil dit reg in die vyande se gesig hê, want dit is ‘n dag van groot oorwinning.  Elisabeth, hoe yl gesaai was die vroue Profete toe EK jou op hierdie internet gesit het.  Jy het die pad gebaan en EK gebruik jou om te doen wat nooit tevore gedoen was nie, want jy Profeteer in Heilige Tale.  Jy kan nie eers die impak begryp wat dit op die vyand het terwyl dit oor die luggolwe na die vier uithoeke van die aarde gedra word nie.  Jou stem, vol van MY salwing, vol van MY krag, word nie net gestoor in gedrukte vorm nie, nie net op rekenaars en cd’s nie maar op ipods, op bandopnemers want dit word nie net geskryf nie, dit word gespreek.

So hierdie dag is nie net op aarde gevier nie, maar dit is ook in die Hemel gevier.  Nie net jou fisiese geboorte nie maar die geboorte van die Bediening op die internet en op 10 April, 21 jare getel soos die mens se tyd.  Eendag in die Hemel, en dit is nie meer ver nie, sal almal wat jou gehelp het, die resultate sien van die getrouheid van een nietige, nietige klein saadjie wat klein begin het.  EK gebruik dit nie net nou nie, maar dit sal selfs in die Groot Verdrukking gebruik word en MY waarhede sal aanhou om die mensdom vry te maak as hulle glo. 

Elisabeth, jy weet hoekom die vyand altyd wou hê jy moes doodgaan en as dit nie deur satan se hande was nie, was dit deur jou eie hand wat jy probeer het. (Lees Elisabeth se Getuienis).  Maar deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH het nie net jy die oorwinning nie maar almal wie luister en glo.

MY Geliefde Seun Niko, MY Niekie, (Ek het geen idee hoe om dit te spel nie maar dit is hoe dit klink) dit was alles deel van MY goeie plan toe EK jou gebring het, want die las het te swaar geword vir Elisabeth om te dra en as EK nie het nie, sou sy langal tou opgegooi het. (Lees die opgedateerde weergawe- Don't Give Up And Quit). EK het nie daar gestop nie, EK het haar gebruik om geboorte te gee aan YAHUSHUA se demon Stompers (YDS) en selfs daarmee het sy ‘n prys gehad om te betaal voordat EK die Heilige Engele op haar pad gestuur het. (Read about Elisabeth's healing by touching Archangel's Michael's wing). Nou staan hulle (YDS) teen die magte van die bose wanneer hulle intree en hulle bid elke dag vir ten minste ‘n uur op ‘n keer.  Hierdie is spesiale Heilige Gesalfde Gebedsvegters en hulle seëninge sal groot, groot, groot wees solank as wat hulle getrou bly aan MY.

Elisabeth: Dankie ABBA.

So, EK plaas julle in ‘n huis met ‘n weiveld langsaan waar skape rondloop om julle daaraan te herinner dat EK, YAHUSHUA julle Goeie Herder is en soos EK voorsien, onthou altyd , soos daardie skape langs julle geen bekommernis of kwelling het nie, hulle vertrou die boer om hulle na groen weivelde te lei, so het EK  julle ook na die groen weiveld gelei.  EK beskerm julle. EK slaan die wolwe af of enigeen wat probeer om julle skade te berokken.  Soos daardie skape geen bekommernis het nie en die lammers geen bekommernis het nie, so sal julle twee wat in daardie huis woon en hulle wie deel van julle is, geen gekommernis hê nie.  Dit is hier MY Geliefdes, wat EK julle siele verkwik wanneer julle neerlê in MY groen weivelde en nie afdwaal om julle eie te soek nie.

EK praat met almal wie MY, YAHUSHUA toelaat om julle MASHIACH te wees, om julle Goeie Herder te wees.  EK sal diegene beskerm wie MYNE is.  Aan hulle wie hierdie Bediening as ‘n seën beskou uit MY eie hand, die spykerdeurdronge hande van julle YAHUSHUA, sal oorvloedige wonderwerke van MY ontvang.  As hulle die woorde glo wat EK voortgespreek het en hulle was nie skaam nie en hulle berispe enige teenwerping.  Hulle berispe die leuens.  Hulle staan sterk in wat hulle glo en hulle voer oorlog teen satan die vyand en sy diensknegte wat gestuur word.

Enigeen wat hierdie Bediening onheilig noem, die ware gees wat binne-in is, is blootgestel en hulle is nie van MY nie.  Ja, EK sê, die Heilige Gees is nie in hulle nie, want julle kan nie dit wat heilig is, dit wat net die standaard van heiligheid oplig, wat mense waarsku om te berou voor dit te laat is, die Name van julle ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA julle MASHIACH en die Kosbare RUACH ha KODESH oplig,  enigeen wie dit as boos etiketteer, sê EK waarlik, hulle het gelaster en hulle moet eerder in angs bewe want EK het elke woord gehoor wat hulle gespreek het.  En op die oordeelsdag sal hulle woorde weer gespreek word en hulle sal hulle hoof in skaamte laat sak en as hulle kon sou hulle dit weer op ‘n ander manier wou doen.

Maar onthou MY Kinders, EK het dit nie verniet “Die Laaste Kans Bediening” (The Last Change Ministry) geëtiketeer nie.  Enigeen wie hierdie Bediening gekontak het, het van aangesig tot aangesig gekom met YAHUVEH en wat hulle aan julle doen word gedoen asof aan HOM.  Want geen man of vrou ontvang die eer vir hierdie Bediening nie, alle Lof, Eer en Glorie aan dit wat julle die Heilige Drie-eenheid noem.

So dit is op hierdie dag en dit is op 5 April die herdenking van die eerste keer, Elisabeth wat EK vir jou gesê het, jy is MY “Ringmaiden” en EK gebruik die woorde wat deur jou gespreek is om hierdie wêreld te bereik, aan hulle wie wil luister en ja, EK sê, selfs hulle wie geforseer is om te luister en aan hulle wie sal luister.

EK wil hê dat hierdie herdenking op 10 April 2009 ver en wyd uitgeroep moet word, 21 soos die mens die jare tel en hierdie Bediening is nogsteeds hier en dit is vir YAHUVEH se Lof, Eer en Glorie wat EK dit spreek.

Einde van Woord


Elisabeth : Dankie ABBA.  Dankie Geliefde YAHUSHUA.  Dankie Kosbare RUACH ha KODESH.  Alles net omdat ons U weereens gevra het en my man ....

Niko : Versigtig, moenie dit sê nie.

Elisabeth : (Lag) Dankie.  Ons dank U net Abba YAHUVEH.  My man het my gevra om te bid en ons het gebid.  Dankie Pappa dit is waarlik ‘n gelukkige feesviering, ‘n gelukkige verjaarsdag en dit is alles tot Lof, Eer en Glorie van die Aleph en Tav, Alfa en Omega, ons Abba YAHUVEH, ons Geliefde YAHUSHUA en Kosbare RUACH ha KODESH.

Dankie.  Dankie.  Dankie.  Dankie.

Amen


Gegee aan hierdie Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH.

5 April 2009

Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.