PROFESIE 111

EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun Julle ‘N HEILIGE Egskeidingsgebod, Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah
Gegee 22 Mei 2009
Vrygestel 27 Junie 2009

Geliefde Familie in YAHUSHUA MASHIACH,

Ek het ‘n nuwe mandaat om myself nog meer te verootmoedig en iets uit my verlede te deel om saam te val met die nuutste Profesie 111.  Ek moes dit alles neerskryf en aan ‘n man genaamd Stephen toevertrou wie na my en Niko gekom het vir huweliksberading, alhoewel hyself ‘n Christelike Huweliksberader is.  Die salwing het na vore gekom om hierdie nuwe profetiese boodskap te hoor, “EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun julle ‘n HEILIGE Egskeidingsgebod.”

Verduur my asseblief terwyl ek ‘n ware verhaal deel wat met my gebeur het met my eks-man in die wêreld se oë.  Dit sal in die komende outobiografie ingesluit word, dit is as die wegraping nie eerste plaasvind nie.  Ag, hoe bid ek en pleit dat die wegraping op Rosh Hashana 2009 sal plaasvind!  Ek deel wat baie min mense weet, en ek wou dit graag so hou.  Kathrynyah het ‘n harde tyd om my sover te kry of my lewe voor my huwelik op papier neer te pen, want ek hou nie daarvan om die pyn te onthou van hoe my lewe was nie.  Ek doen dit net in gehoorsaamheid aan YAHUSHUA MASHIACH om ander te help.  Ek krimp ineen as my vyande dit sal lees en hoe hulle dit as ‘n wapen teen my sal gebruik.  Ek weet dat wat ek deur YAH aangesê is om neer te skryf, sal ander vrymaak en ek weet YAH het my lank gelede gesê dat ek ‘n huwelik uit die hel moes verduur om die salwing te hê om gebruik te word om ander gevangenes vry te maak.  Dit is ongeveer 10 jaar gelede aan my gesê.  Ek besef nou, nadat ek profesie 111 ontvang het, hoe waar dit is.  Sover ek weet het geen Pastoor dit verkondig nie, weereens ek is die eerste Profeet wat deur YAHUSHUA MASHAICH gekies is om dit voort te spreek, sodat die Heiliges sal weet dat hul gebede gehoor en beantwoord is.

Ek besef nou vir die eerste keer hoekom YAHUSHUA MASHIACH jare voordat ek my geliefde Niko ontmoet het, vir my gesê het dat ek alreeds geskei en nooit getroud was met my man in die oë van die Hemel nie, maar asgevolg van die huwelikskontrak wat op daardie stadium deur hierdie baie jong tiener onderteken was, moes YAHUSHUA dit self nul, leeg en kragteloos vanuit die Hemel maak, geteken deur YAHUSHUA se eie naam in Sy gestorte Bloed, sodat ek vergewe kon word.  Dit geld vir almal wie getroud is met ‘n man of vrou wat nie uit die Hemel georden of geseën is nie.  Terwyl jy ‘n deel van my getuienis lees wat slegs nou vrygestel word, onthou die woorde wat YAHUVEH meer as 21 jaar gelede met my gespreek het toe hierdie bediening begin is, “As die lyding nie hewig was nie sou hierdie bediening nie groot gewees het nie.”  Ek weet nou my lyding was nie tevergeefs nie, my druiwe was saamgepers sodat YAHUSHUA MASHIACH die NUWE WYN kon voortbring wat die Salwing is tot seën vir almal wie sal ontvang en deelneem aan die Vars Manna uit die Hemel.  Dankie aan elkeen wat hierdie Bediening help ondersteun want ons bereik die 4 uithoeke van die aarde vir YAHUSHUA ons MASHIACH se LOF, EER en HEERLIKHEID!

Ons benodig steeds meer vertalers om na vore te kom om die profesieë te vertaal om meer buitelandse lande te bereik.  As jy gelei voel om jou dienste aan te bied, e-pos my asseblief by [email protected].  Hoe sal mense wat nie engels kan lees nie, die seën ontvang wat YAHUSHUA uitspreek oor egskeiding en of dit ‘n sonde is.

“AS DIE LYDING NIE GROOT WAS NIE, SOU HIERDIE BEDIENING NIE GROOT WEES NIE!”

My X-man het ‘n konstruksievennoot gehad, sy naam was John.  John het saam met ‘n vrou genaamd Tammy gewoon.  My identiese tweeling seuns, Jason en Jonathan was ‘n jaar oud.  Ek was nog nooit voorheen op vakansie nie.  My X het my nooit voorheen op ‘n vakansie geneem nie en ek het dit gevrees om êrens saam met hom te gaan want hy het altyd maniere gevind om my te beledig en te terroriseer, veral terwyl hy bestuur het.  Hy sou met opset jaag, somtyds so vinnig as 90 mpu of wanneer hy my regtig wou terroriseer, sou hy jaag en tot direk teenaan ‘n ‘semi’ se buffer kom, so na as wat jy kan.  Ek het ‘n huwelik gehad wat absoluut hel was.  Hy het gelewe om my te terroriseer en te bewys dat hy enige tyd my lewe kon neem as hy wou en tog het hy dit liefde genoem.  Ek het elke keer swanger geraak na ‘n verkragtingsdaad. Ek het ten minste 10 miskrame gehad asgevolg van mishandeling.  Goed, terug na wat ek julle wou vertel.

Eendag het my X by die huis gekom en vir my gesê hy gaan ons op ‘n vakansie na Disneyland in Florida neem, ons sou daarheen ry.  Hy het my brosjures gewys en vir my gesê om te kies in watter hotel ek in Disneyland wou bly.  Hy was regtig so gaaf, dit was skrikaanjaend.  Wel, om ‘n lang storie kort te maak, ek het ‘n hotel gekies en was verbaas dat hy gesê het ons sou vir ‘n week daar wees, en geen begroting nie, niks anders as net die beste van alles.  Hy het toe vir my gesê ek moet vir Tammy skakel en vir haar die hotelbesprekings gee want sy hanteer alles.  Ek het nie van Tammy gehou nie, ek het geweet sy was betrokke in heksery en sy het my gehaat omdat ek ‘n Evangelis was wat altyd probeer het om haar na Jesus toe te lei.  Dit was die naam wat ek HOM toe genoem het, ek was op daardie tydstip nog nie op die Internet nie.

Julle wonder seker hoe dit alles daartoe bydra dat YAHUSHUA ‘n heilige egskeiding toestaan.  Wel, dit doen, verdra my nog net ‘n klein rukkie langer.

Ek het vermoed dat Tammy en my X ‘n verhouding gehad het.  Hy het haar altyd geraadpleeg oor alles in die besigheid en nie vir John nie.  Hier word ek ‘n vakansie aangebied om my babas te vat en Florida en Disneyland te gaan besoek.  Tog het ek my X geweldig gevrees en wou nie saam met Tammy wees nie.

Ek het toe onmiddellik my gebedsvennote geskakel en gevra hulle moet my in gebed hou en dat ek Florida toe gaan saam met my X, maar dat ek vir my lewe gevrees het.  Ek het hulle gevra om my in gebed toe te maak sodat hy en sy my nie kon vermoor nie.

Oppad soontoe het hy soos gewoonlik gejaag en ek het probeer om nie my vrees te wys nie.  Hy het dit geniet om my in vrees te sien en ek het eenkeer gesien die snelheidsmeter wys 100 mpu en ek geskree, “Ry stadiger, dink aan die kinders!”  Hy het net gelag en aangehou jaag wetende dat hy sy doel bereik het om vrees in my te boesem.

Toe ons by Disneyland kom was daar so baie tekens dat die 2 van hulle ‘n verhouding het.  Byvoorbeeld, hy sou vooruit saam met haar loop en ek sou agterna kom met die stootwaentjie met die tweeling in en John het agter my geloop.  Ek wou net weghardloop, maar daar was nêrens heen om te hardloop nie.  Ek het ‘n kerk  besoek en ‘n Pastoor in my vertroue geneem wat vir my gesê het dat wat my X ookal aan my gedoen het, ek moes vir hom sê dat ek hom liefhet, want ‘n vrou is beveel om haar man lief te hê.

Die volgende dag het my X vir my gesê ons sou ‘n boot huur en vroeg die oggend uitgaan en my beveel om teen 4.00 vm gereed te wees.  Ek het gesê, “ek is nie iemand wat vroeg opstaan nie en dit sou moeilik wees om die tweeling so vroeg gereed te hê.”  Hy het gesê, “Moenie oor die tweeling bekommerd wees nie, John sal na die babas kyk, Tammy gaan saam met ons.”  Elke alarm het binne-in my afgegaan, ek het geweet hulle beplan om my te vermoor!  Ek het gesê, “Ek wil nie gaan nie, ek los nie my kinders vir John om op te pas nie!”

Hy het gesê, “Dit is afgehandel, Tammy het alreeds die kaptein van die boot betaal.”

Ek het die hele nag feitlik sonder ophou gebid, wetende wat hulle plan was en YAH het dit aan my bevestig.  Toe ek die oggend wakker word het ek vir hom gesê ek was siek en kon nie gaan nie, dit was waar, my maag was naar asgevolg van geen slaap en bekommernis.  Hy het vir my geskree, “Jy gaan!”  Ek het tot YAH gebid wat moet ek doen?  YAH het vir my gesê, “Vertrou MY, Ek sal jou beskerm”.  Ek het dit toe gedoen.  Dit was my eerste bootrit.

Toe ons Tammy ontmoet was sy alreeds saam met die eienaar van die boot.  Die wolke het regtig stormagtig gelyk.  Hy het ‘n opmerking gemaak dat hy nie gedink het dit was wys om in hierdie weer uit te gaan nie, maar beide die X en Tammy het daarop aangedring dat hy vooruitbetaal was en hulle wou die boot hê.  Ek het geweet dit was YAH wat die die storm gebring het.  Die kaptein van die boot het gesê, “Goed, maar as dit slegter raak gaan ek onmiddellik terugkom.”  Die wind het alreeds redelik sterk gewaai.

Die X-man in die oë van die wêreld, het my na die plek toe gelei waar hy wou hê ek moes staan en ek het opgemerk dat dit redelik naby aan die kant was en hy was weg van die kant af.  Tammy het langs hom gestaan.  Die boot het vinnig beweeg, die kaptein het met sy rug na ons gestaan en die branders was rof en dit was baie winderig.  Die X het al nader na my toe gekom en sy ook.  Ek het regtig geweet hulle beplan om my oorboord te stamp en ek kan nie swem nie, buitendien, ons was in ‘n oseaan.  Ek het probeer wegbeweeg maar hulle het my vasgekeer.

Ek het hard gebid en was baie bang.  Skielik het ek begin opgooi, en die mislikheid het my so skielik oorval ek het nie kans gehad om om te draai en in die water op te gooi nie.  Ek vermoed dit was seesiekte en dit was projektiele braking.

Ek was so verleë, ek het op albei van hulle opgegooi!  Dit het gemaak dat hulle na die ander kant van die boot gehardloop het en hulle het hul monde bedek en ook opgegooi!  Dit het ook die kaptein se aandag getrek en hy het gesê, “Ek draai die boot om, kyk na die lug, daar is ‘n tornadowaarskuwing en sy is siek!”

Wel, ek het geweet YAH het ‘n manier gevind om my te beskerm, maar ek het by myself gedink, kon HY hulle nie oorboord stoot nie, en nogtans het EK YAH Geloof dat HY my lewe gered het.

Toe ons terugkom by die hotel, was dit asof die land nogsteeds op die see se branders was.  Ek het op die bed neergeval en onmiddellik aan die slaap geraak.  Toe ek wakker word het ek uitgevind daar is geen elektrisiteit nie en het vir die X gevra wat gebeur het.  Hy het gesê ‘n tornado het die hotel se krag uitgeslaan!  Kan julle dit glo, ek het deur ‘n tornado geslaap en dit was later aan my vertel dat dit op daardie tydstip ongewoon vir tornados was om Florida te tref,.  Orkane wel, maar selde tornadoes.  Ek het geweet YAH se woede was in daardie tornado en het enige verdere moordaanslae op my verhoed.

Daardie aand het ons uitgegaan om te eet en ek het my mooi aangetrek.  Ek het hierdie pragtige swart uitrusting gedra.  Tammy en John het natuurlik saam met ons gegaan.  Ek sal nooit vergeet toe die X gesê het hoe mooi ek gelyk het en hoe lief hy my het nie.  Normaalweg neem ‘n vrou dit as ‘n kompliment om te hoor jou man het jou lief, maar elke keer as my X-man in die oë van die wêreld, dit gesê het, het ek geweet daar kom nog ‘n moordaanslag teen my.  YAH het hierdie presiese woorde aan my gesê, “Pasop vir die kobra want hy berei hom voor om aan te val.”  Ek kon ‘n visioen van ‘n slang sien met sy giftande wat uitsteek, gereed om my aan te val.

Ek onthou dat ek gevoel het, ag wel, laat hy my maar doodmaak.  Ek kan nie langer in hierdie vrees lewe nie.  Ek het vir hom gesê, “Jy weet, ek sou eerder hê dat iemand wat sê hulle het my lief, my doodmaak as ‘n vreemdeling wat nie eers voorgee nie.”  Ek het geweet wat ek op die punt was om te sê ‘n leuen was, maar ek wou hoor hoe die woorde klink en buitendien daardie Pastoor het vir my gesê ek was verplig om my man lief te hê.  So, ek deur die refleksie van albei van ons in die spieël gekyk, terwyl sy arms om my middel was, en gesê, “ek het jou ook lief”.  Die woorde was met ‘n klein hartseer stemmetjie gesê wat steeds trane in my oë bring terwyl ek dit skryf.

Goed, ek stem, dit was regtig ‘n baie dom ding om te sê, en YAHUSHUA het my later inderdaad bestraf omdat ek die woorde gesê het, want ek het sopas met my mond vir satan toestemming gegee om die X-man in die oë van die wêreld, te gebruik om my dood te maak!  Onthou daar is of lewe of dood, seën of vloeke in die tong.

Toe ons terugkom van ete af, wou ek net gaan slaap.  Ek wou regtig doodgaan omdat die X my ingespuit het met ‘hypo’ naalde vol watse gif of dwelm weet ek nie, terwyl ek geslaap het en dit was selfs later deur ‘n dokter bevestig.  Ek het geweet ek mag dalk in die Hemel wakker word.

NEEM KENNIS, DIE VOLGENDE DEEL HET BETREKKING OP HOEKOM YAHUVEH VIR MY SÊ OM HIERDIE GETUIENIS MET JULLE TE DEEL.  YAHUSHUA HET MY WAKKER GEMAAK EN EK HET HOM DUIDELIK GESIEN.  DIT WAS NIE ‘N VISIOEN NIE.  Ek het oor die groot koninggrootte bed gekyk, my X-man in die oë van die wêreld, het aan sy kant van die bed beslaap.  Dit was die eerste keer wat EK YAHUSHUA gesien het wie ek op daardie stadium JESUS CHRISTUS genoem het.

HY het daar in ‘n verblindende wit kleed gestaan, maar HY was kwaad en HY het hierdie presiese woorde gesê, woorde wat ek nou aangesê is om met julle te deel. Ek weet die woorde het betrekking op enigeen wat voel soos ek gevoel het en hulle huwelik vergelyk met ‘n doodsvonnis in die dodesel, net soos ek gedoen het met my X-man.  Jy probeer nogsteeds om jouself te oortuig jy is lief vir hulle.  Ek is nou aangesê om vir julle te sê dat wat YAHUSHUA vir my gesê het, HY nou vir julle sê,

 “MOENIE SÊ JY HET HIERDIE HEIDEN LIEF NIE, ANDERS SAL JY DEEL IN SY  STRAF!”

Ek was geskok!  Ek het nie geweet JESUS CHRISTUS my YAHUSHUA MASHIACH, sou kwaad word vir my nie!  Per slot van rekening EK het HOM lief, strewe daarna om HOM te gehoorsaam en dien HOM.  HY was kwaad oor die manier wat ek die woord liefde, gebruik het, dit was ‘n belediging vir YAHUSHUA want Heiligheid het niks in gemeen met goddeloosheid of huwelike wat nie uit die Hemel georden was nie!  Onthou ek is aangesê om julle ook te waarsku, selfs al het HY nie aan die leser hiervan verskyn soos HY aan my verskyn het nie, beskou dieselfde waarskuwing as ook vir jou!

HY het onmiddellik verdwyn en ek het hewig begin berou.  Ek kon nooit uitreken, het YAHUSHUA MASHIACH, JESUS CHRISTUS gesê ek sou hel toe gaan? Ek wil nie weet nie, want ek het daarna van beter geweet.

‘n Ander pastoor het my in groot moeilik gebring omdat hy my geleer het dat selfs wanneer my X my met die G-D woorde en F woorde vloek, dat ek my X in sy gesig moes kyk en sê, “JESUS SEËN JOU”!  Wel, ek het dit eenmaal probeer en het weer in groot moeilikheid beland, ek kom nie baie gereeld in die moeilik by YAHUSHUA MASHIACH nie, hierdie 25 jaar plus, is ek selde deur YAHUSHUA of YAHUVEH oor die kole gehaal.  Dit is hoekom ek so duidelik onthou wanneer ek fouteer.

Jare later het ek en die X in die kombuis gestaan en argumenteer.  Hy het my gedreig en my vloekwoorde genoem en het my rug hard teen die kombuistafel gedruk.  Sy gesig was naby my gesig terwyl hy op my geskree het.  Ek haat dit om mans te hoor vloek en skree, en dit is deur hom.  Ek het na hom gekyk en volgens wat die pastoor gesê het sou die demone wyk wanneer ek die woorde “JESUS seën jou!” sê.  So, ek het die woorde gesê.

Die volgende ding wat gebeur het was dit asof ek hom in die gesig geklap het!  Hy het net die woorde G-D M-F gesê en die woord JESUS CHRISTUS gebruik bo al daardie vloekwoorde.  Hy het teruggetree van my af terwyl ek saggies gesê het “JESUS SEËN JOU” en hom vierkantig in die oë gekyk het en dit was vir omtrent 5 sekondes stil, die volgende ding wat hy gedoen het was om baie geweldadig teenoor my te raak en my erger en harder gevloek het.  Ek kan nie sy woorde onthou nie, die belangrikste ding wat ek onthou was die pyn wat ek emosioneel en geestelike gevoel het, want ek kon nie verstaan nie en ek het vir JESUS gevra hoekom dit nie gewerk het nie?  Ek kon duidelik hoor YAHUSHUA sê iets in ‘n streng stem wat ek nooit vergeet het nie, “Jy seën nie wat EK nie vir jou gesê het om te seën nie en jy vervloek nie wat EK nie vir jou gesê het om te vervloek nie!”

Die wete dat ek vir YAHUSHUA MASHIACH kwaad gemaak het, het my erger as enigiets seergemaak wat die X ooit aan my kon doen en ek was wettig getroud met hom sedert ek ‘n jong tiener was tot my tweeling 21 jaar oud geword het, so julle weet ek het baie gely.  Ek vergelyk ook daardie huwelik met ‘n doodsvonnis in die dodesel.  Daarom verstaan ek as mense in ‘n ongelyke huwelik is of ‘n huwelik wat nie deur YAHUVEH georden was nie, selfs as dit met ‘n ander Christen is, as YAHUVEH nie daardie huwelik saamgevoeg het nie, is dit gedoem om nie ‘n seën te wees nie.  Selfs al eindig dit nie in ‘n wettige egskeiding nie sal jy altyd in jou hart weet jy het ‘n fout gemaak en dit is nie die maat wat jy vanuit die Hemel georden was om saam te wees nie.  Miskien sal jy weet dat jy nooit bedoel was om te trou en ‘n maat te hê nie.

Ek vertel vir julle wat YAHUSHUA MASHIACH vir my gesê het.  Dit is ‘n lewendige dood om vasgevang te wees in ‘n ongelukkige huwelik, soos om in ‘n dodesel te wees, waar die enigste ding wat julle in gemeen het, die pyn is wat beide van julle voel en die onsigbare tronkdeure wat julle gevange hou.  Ek onthou YAHUSHUA MASHIACH se presiese woord aan my wat my geskok het, want ek het ander geestelike leiers gehoorsaam wat gesê het ek was gedwing om getroud te bly in YAHUVEH se oë en dit maak nie saak hoe ongelukkig en misrabel ek was nie, selfs al het dit soos ‘n doodsvonnis gevoel.  Die kinders kry swaar en kan die spanning, woede, liefdeloosheid, bitterheid aanvoel en dit berokken hulle baie meer skade as wat ek kan neerskryf.  YAHUSHUA het vir my gesê, “Moenie enige belonings in die Hemel verwag omdat jy misrabel getroud bly met ‘n heiden nie.” Goeiste, dit was ‘n verrassing, ek het regtig gedink ek sou ‘n beloning kry.  Per slot van rekening, ek het 5 keer probeer om die man die skei en hy het aanhoudend my prokureurs omgekoop en in 2001 het ‘n regter in Conway, Arkansas hierdie presiese woorde gesê wat ek nooit kon verstaan nie, selfs nadat hy gehoor het hoe ek moes weghardloop uit vrees vir my lewe, hy het gesê, “Ek kon jou ‘n egskeiding toestaan, maar ek sal nie.”  Die duiwel het die regter gebruik om meer marteling vir my te bring en het geweier om my ‘n egskeiding toe te staan!

Ek het tydelik Arkansas toe gevlug met my 13 jarige seun om ‘n nuwe lewe vir myself te maak en my eks-man gedwing om na Arkansas te reis waar ek hom met egskeidingspapiere bedien het en hierdie dienskneg van satan het geweier om my ‘n egskeiding toe te staan.  My prokureur was verstom, hy het nog nooit van so iets gehoor nie!  Daar was ‘n groot finansiële skikking wat my X moes betaal en asgevolg van wat daardie regter gedoen het, het die X na sy staat teruggekeer en daardie selfde dag agter my rug om ‘n egskeiding aansoek gedoen en my nooit daarvan gesê nie, tot na die egskeiding finaal was nie en alles wat gesamentlik verdeel moes word, was van my weggeneem.  Hy het my opsetlik nie in kennis gestel nie so ek kon nie in die hof verskyn nie, so ek was van minagting van die hof beskuldig.  Om ‘n lang storie kort te maak, selfs die huis wat gewaardeer was vir $200,000 (+- R1,8m) het hy agter my rug gestaak om te eis aan ‘n ander persoon.  As gevolg van wat daardie bose Arkansas Regter Conway gedoen het, heelwaarskynlik deur omkoopgeld te aanvaar om my ‘n egskeiding te weier, was ek gedwing om met my 12½ jarige seun saam met Niko, my geliefde man, weg te kruip totdat my seun Daniel 18 geword het sodat ek hom veilig kon hou teen hierdie sluipjagter van ‘n X-man, in die oë van die wêreld.

Nietemin, YAHUSHUA MASHIACH het lank gelede vir my gesê in die oë van die Hemel was ek nooit met hierdie man getroud nie,.  Ek het eindeloos swaargekry as gevolg van die skrifte wat ander Pastore in my keel afgeforseer het deur te sê dat egskeiding ‘n sonde was!

Onthou in die oë van die wêreld was ek slegs deur ‘n wettige egskeiding vry van hierdie X man.  Ek is uiteindelik saam met my sielsgenoot en eggenoot vir meer as 7 jaar en die rede hoekom ons huwelik ‘n huwelik vanuit die Hemel georden is, is omdat beide van ons YAHUVEH, YAHUSHUA MASHIACH en Kosbare RUACH ha KODESH liefhet, gehoorsaam en dien, meer as wat ons mekaar liefhet.  Ons strewe daarna om hierdie HEILIGE DRIE-EENHEID te behaag meer as wat ons daarna strewe om mekaar te behaag en ons laat toe dat Hulle liefde met ons liefde kombineer en daarsonder sou ons nie ‘n gelukkige huwelik gehad het of ‘n huwelik wat deur die Hemel geseën was nie.  Ek sal altyd my geliefde eggenoot Niko gehoorsaam, solank as wat hy in lyn is met wat YAHUSHUA MASHIACH vir my sê om te doen.

Die Heilige Skrifte sê, “Vrouens gehoorsaam en onderwerp julself aan julle mans soos wat hulle aan die HERE YAHUSHUA MASHIACH is.”  Julle is nie verplig om ‘n heidense eggenoot te gehoorsaam nie!  Skrifte is deur mans verdraai om vrouens soos ‘n robot te laat optree met elke bevel terwyl YAHUSHUA nie ‘n diktator is nie, HY gee ons liefdevol en met meegevoel SY leiding, nie met brutale geweld, woede, intimidasie en manipulasie nie.  ‘n Ware heilige eggenoot sal dieselfde doen soos YAHUSHUA en dit is die liefde van ‘n heilige eggenoot wat homself onderwerp aan YAHUSHUA MASHIACH wat ‘n vrou laat begeer om hulle te onderwerp en julle heilige manne te gehoorsaam, outorieit aan hom gegee deur YAHUSHUA MASHIACH.  ‘n Heilige eggenoot sal julle nooit vertel om enigiets teen die Heilige Skrifte te doen of wat YAHUSHUA haar sê om te doen nie.

Ons het menige e-posse wat na ons toe kom en smeek vir antwoorde oor “Is dit sonde om hierdie huweliksmaat te skei?”  Meeste van die tyd skryf ons terug met Bybel Geskrifte of dele van die Profesieë wat in antwoord aan my gegee word.  Nou het ek iets nuuts om te gee wat ‘n antwoord op almal se vrae is, direk van YAHUSHUA MASHIACH se lippe na myne.

Indien die leser wat dit lees geseën is met hierdie woorde, skryf asseblief vir my, ek het die bemoediging nodig.  Ek weet ek sal aangeval word vir hierdie nuutste openbaring wat aan my gegee is oor YAHUSHUA WAT HEILIGE EGSKEIDINGS TOESTAAN, maar ek weet ook baie mense sal in hulle gees weet dit is die waarheid en YAH het hul vrae beantwoord en sal doen wat YAHUSHUA deur my gespreek het.

Jammer om te sê die man wie se naam Stephen is, vir wie hierdie woord spesifiek gegee was, was mislei en wil steeds in die dodesel sit in ‘n huwelik van sonde terwyl YAHUSHUA MASHAICH duidelik verklaar het dat hierdie huwelik met Hilda nie uit die Hemel georden was nie.  Aangesien Steve ‘n Christen Berader is en ‘n boek geskryf het oor die huwelik, wil hy nie as ‘n mislukking voorkom en gespot word nie, sy trots sal dit nie verduur nie.  My man en ek het hierdie man in Texas ontelbare dae en ure bedien en hom hoor sê hy is nie lief vir sy vrou nie, hy weet hy het ‘n fout gemaak en hy het sy huwelik vergelyk met ‘n lewensvonnis in die dodesel, wagtend dat hy moet doodgaan om vry te wees.  Hy het hierdie woorde aangeneem en alhoewel hy aan die begin gejuig het omdat hy vry was, glo hy nou weer die leuens dat egskeiding ‘n sonde is.  Hy het die woorde van YAHUSHUA MASHIACH gevat en die Kwytskelding soos ‘n man of vrou gegee word in die dodesel en vir YAHUSHUA gesê, “Selfs al is dit waarvoor ek gebid het, het ek besluit dit is makliker om in hierdie huwelik te bly wat nie deur U georden is nie.”  Is dit nie hartseer nie?

Daarom wil ek nie daaraan herinner word hoe YAHUSHUA MASHIACH se kwytskelding op hom gemors was nie en hierdie verborge woord tot dusver nie vrygestel was nie.  Ek voel so veroordeel omdat ek nie hierdie Kwytskeldingseën deur YAHUSHUA MASHIACH vrygestel het wat ek nou doen nie.  Laat hulle met geestelike ore om te hoor, die stem van YAHUSHUA MASHIACH hoor, laat hulle wie kies om geestelik doof te bly, doof bly.

Die bewys is in die Heilige Skrifte, “Hulle wie YAHUSHUA MESSIAS vrygemaak het, is waarlik vry.”

Genadiglik onthou ek baie min van die huwelik met my X wat uit die hel georden was, want wie wil sulke afskuwelike herinneringe onthou?  Ek het dit ‘n groot deel van my lewe gedoen om te oorleef voordat my geliefde man opgedaag het.  Ek erken ek het baie min herinneringe van die leeftyd van my jare.  Ek is ‘n oorleweraar (survivor) en ‘n oorleweraar sou nie oorleef het as hulle al die lyding, pyn en mishandeling in hul lewe onthou het nie.  Sommige wonde kan niemand aanraak behalwe YAHUSHUA MASHIACH nie en ek mag hulle saam met my Hemel toe neem, want na al die tyd bly hulle nogsteeds.  Ek besef nie hoe ek nogsteeds swaarkry asgevolg van die skande en pyn nie, totdat ek deur YAH gedwing word om iets van die verlede te vertel, soos ek so pas met elkeen gedoen het wat hier lees nie.

Die baie jare wat ek aan die hande van hierdie X man in die oë van die wêreld, gely het, het ‘n groter emosionele en fisiese tol van my geëis, maar ek het geestelik sterker geword en ek het die getuienis dat YAHUSHUA MASHIACH die Oorwinning in my lewe en my man Niko se lewe het.  YAHUSHUA MASHIACH het my lank gelede ‘n woord gegee voordat ek my geliefde eggenote op hierdie aarde ontmoet het en ek deel dit met enigeen wie die geloof het om te glo wat YAHUSHUA vir my gedoen het HY ook vir jou sal doen, as jy geduld het om te wag.  “EK sal vir jou die beste in ‘n man gee waar jy net die ergste geken het!”  Vir hulle wie dit lees en jy is ‘n man, weet net hierdie woord is ook op jou van toepassing, hoor net die woorde van YAHUSHUA MASHIACH wat vir jou sê, “EK sal vir jou die beste in ‘n vrou gee waar jy net die ergste geken het.”

Asseblief, ek het regtig nodig om van iemand te hoor vir wie hierdie woorde ook ‘n seën is en hierdie HEILIGE egskeidingsbevel van YASHUSHUA MASHIACH sal aanneem.  Dit het my vrygemaak van baie wonde en vrae in die verlede en nou bid ek dit sal dieselfde vir almal doen wie nodig het om te hoor dat egskeiding nie ‘n sonde is nie, dit is ‘n sonde om in ‘n huwelik te bly wat nie deur YAHUVEH georden was nie.

Ek het nou ‘n huwelik wat in die Hemel georden is deur YAHUSHUA MASHIACH se eie Hand.  Dit het byna 13 jaar gevat om Niko na my drumpel te bring en dit was nadat ek opgehou het om na my sielsgenoot en toekomstige eggenoot te soek.

Ek het niks om te wen deur hierdie jongste Profesie “YAHUSHUA MASHIACH Gee Heilige Egskeidingsbevel vanuit die Hemel” vry te stel nie.  Ek wen die seën van YAH deur te weet dat ek gehoorsaam en hopelik ‘n paar woorde van bemoediging en ‘n getuienis van ander wie die stem van YAHUSHUA MASHIACH hoor wat uit my voortspreek en weet dit is ‘n waar woord van YAHUSHUA MASHIACH, en deur te hoor het jy jouself nou uit die dodesel gehaal.  Jy sien, YAHUVEH wag vir jou om dit te doen, want dit is deur die begeerte van die vlees dat julle met hulle getrou het, maar moenie dat trots of vrees julle keer om vry te wees van ongelyk gebonde slawerny of ‘n wettige huwelik wat nie in die Hemel wettig is nie.

Hierdie woord was oorspronklik aan ‘n Christen man genaamd Stephen gegee, maar nadat dit uitgespreek en geskryf was, het YAHUSHUA MASHIACH gesê dat hierdie woord vir elkeen is wat vasgevang is in ‘n huwelik wat jou laat voel jy is ter dood veroordeel (death row) en die dae aftel tot jy sterf.  Wetende YAH moet ‘n ander doel in jou lewe het ander dan ongelukkig getroud te wees.  YAHUSHUA sê ek moet ‘n paar woorde verander om julle te laat weet dit geld vir beide mans en vrouens.  Ons is baie naby aan die Groot Verdrukking soos beskryf in die Bybel en om ongelyk gekoppel te wees aan ‘n ongelowige sal letterlik baie van julle jul lewens kos, want hulle sal julle verraai aan die anti-chris en hulle sal die merk van die dier aanneem.  Die hartseer ding is Stephen is ‘n Christen Berader in Texas en het selfs ‘n boek oor huwelike geskryf en verkoop dit en alhoewel hy sy huwelik aan my en my  man wie hom baie dae bedien het, beskryf het as liefdeloos en wag in die dodesel om dood te gaan, sal hy eerder in hierdie huwelik bly asgevolg van trots.

Ek het geaarsel om hierdie woord vry te stel totdat ‘n ander Suster in YAHUSHUA, wie ongelukkig getroud is met ‘n moslem, aan my geskryf  het en gesê het dat Pastore en ander haar vertel dat dit ‘n sonde is om hierdie man te skei.  Ek voel nou so veroordeel en kwaad vir myself omdat ek hierdie Heilige Egskeidingsbevel van YAHUSHUA MASHIACH teruggehou het van almal op wie dit betrekking het.  Jy sal weet as dit op jou betrekking het, jy hoef nie vir my te skryf en vir my te vra nie.  Hierdie woord het betrekking op al die gelowiges in YAHUSHUA MASHIACH wie Heilig voor HOM wandel.  ‘n Huis wat verdeeld is kan nie bly staan nie, ook nie ‘n huwelik nie.

EK, YAHUSHUA MASHIACH Vergun Julle ‘n HEILIGE Egskeidingsbevel,Vir Hulle Wie Dit Nodig Het.


22 Mei 2009 geskryf en gespreek deur

Apostel Elisabeth S. Elijah Nikomia

 

(Gegee gedurende die aftel van die Omer en terwyl ek gewag het vir Pinksterdag.)

“Geliefde Seun (of Dogter), EK sien jy vergelyk jou huwelik met ‘n vrou (of man) en merk die tyd af soos ‘n gevangene in die tronk in die dodesel.  Jy maak MY meer hartseer as wat jy besef.  Jy vrees om jou huweliksbeloftes te verbreek en dink egskeiding is nie toelaatbaar nie, maar hierdie huwelik was nie deur MY georden nie, dit was eerder deur beide van julle georden. 

Jy het hierdie vrou (of man) gekies en MY gevra om dit wat EK nie saamgevoeg het nie, te seën.  Dit was slegs ‘n kwessie van tyd voordat beide van julle julle keuses berou het en besef het hierdie illusie van ‘n huwelik is soos die lot van die skip titanic, dit het uitgedraai as nog een van satan se wrede grappe.

Wees bly MY Seun (of Dogter) en weet dit, EK IS YAHUSHUA MASHIACH, EK is jou EWIGE ROTS (ROCK OF AGES), jou anker en EK sal jou nooit begewe of verlaat nie. EK sal jou nooit laat gaan nie!

‘n Man (of vrou) in die dodesel (death row) kan vrygestel word deur die ondertekening van ‘n kwytskelding deur ‘n persoon of outoriteit.  Daar is geen hoër mag as “EK IS” nie, so, deur die Outoriteit van die Hemel teken EK hierdie egskeidingsbevel met MY Heilige Gestorte Bloed.  EK, YAHUSHUA jou HEER/GOD/MASHIACH skeld jou nou vry!  Onthou, EK het jou lewe in oorvloed en vol van MY Heerlikheid belowe en EK het gekom om die gevangenes vry te maak!

Nou, al wat EK van jou vra is om wettige aksie agter MY woorde te sit.  Maak dit daardeur wettig in die oë van die wêreld en bely hierdie sonde, laat dit nie weer gebeur nie.  Hou aan om jou oë op MY te vestig en wees ‘n gelowige waterwandelaar en onthou wat gebeur as jy jou oë op die moeilike stormagtige water in ‘n see van depressie en hopeloosheid hou.  Jy sal verdrink as jy nie jou oë op MY hou nie.

EK het nou die skille van jou oë verwyder en jou dowe ore geopen sodat jy eenvoudig kan sien en hoor dat die vrou (of man) met wie jy ongelukkig getroud is, deur jou eie wellustige toedoen was.  Julle is geestelik op verskeie maniere ongelyk gekoppel.  Julle geeste en persoonlikhede komplimenteer nie mekaar nie, maak nie saak hoe hard julle probeer nie.  Dit is alles ‘n skyn en ‘n leuen.  Dit is soos om te probeer om asyn en olie te meng, maak nie saak hoe hard julle probeer nie, dit sal altyd aan die einde skei.  Moenie hierna kyk as nog ‘n mislukking nie, besef eerder EK seën jou met nog ‘n nuwe heilige begin.

Die belangrikste ding wat albei van julle in gemeen het is gebreekte stukke van versplinterde harte, gewoel en pyn.  Want beide van julle het ‘n illusie gehad dat dit ‘n gelukkige huwelik sou wees en julle sou nooit weer misluk nie.  Beide van julle het gedink julle ken mekaar en nou hou nie een van julle van die gees wat julle in die ander waarneem nie.  Hierdie huwelik het nie uitgedraai soos wat beide gedink het dit sou wees nie. Seun of Dogter, dit is omdat dit nie in die Hemel georden is en as ‘n seën deur die HEILIGE DRIE-EENHEID beveel was nie.  Daarom, deur MY Naam, YAHUSHUA MASHIACH jou HEER, GOD en VERLOSSER, neem EK nou MY bloed en smeer dit aan daardie mensgemaakte huweliksertifikaat en EK sê wie EK, YAHUSHUA ha MASHIACH vrygemaak het, is waarlik vry.  EK vergun jou nou hierdie HEILIGE Egskeidingsbevel!

So is dit gespreek en so is dit geskryf.

Ek bid dat nadat jy dit gelees het, jy nie soos Stephen sal wees met wie YAHUSHUA MASHIACH oorspronklik gepraat het en dit geskryf het nie.  Stephen weet dit is ‘n Heilige Woord van YAHUSHUA MASHIACH af, maar hy wil dit gebruik as ‘n vrypas-uit-die-tronkkaart wanneer hy dit nodig kry, soos in die bordspel Monopoly.  Het jy ooit iemand geken wat kla oor hoe ongelukkig en mishandel hulle is en wanneer hulle die antwoord direk uit die Hemel gegee word dat hulle nie langer hoef swaar te kry nie, hulle steeds verkies om te kla en te ly?  Hulle trots weier om hulle gemoedsrus te gee.

Ons twyfel nie dat hierdie man YAHUSHUA MASHIACH liefhet nie, maar hy vrees die toorn van ‘n vrou meer.

Die hartseerste deel van dit alles is, Stephen het ook vir ‘n teken gebid oor sy vrou in die oë van die wêreld, en wat haar verhouding met YAHUSHUA MASHIACH werklik is, aangesien sy beweer sy is ‘n Christen.  Gedurende hierdie tyd wat ons hom bedien het, het Stephen ‘n droom ontvang oor sy vrou Hilda wat hom in die Groot Verdrukking verraai en die merk van die dier, 666 aanvaar.   Nogtans, toe YAHUSHUA hom laat weet het dit is nie ‘n sonde om haar skei nie, dring hy daarop aan om te ly.

‘n Ander hartseer ding is, hierdie man was geroep om ‘n Bruid van YAHUSHUA MASHIACH te wees en hy het weer ‘n droom gehad waar hy by ‘n bankettafel was en hy het vir my en Niko en die res van die Bruid gesien en ons het almal volgelaaide skinkborde vol van die beste voedsel gehad.  Net toe hy sy bord vol van die beste vleis wou skep, was sy bord skielik van hom weggeneem en in yswater gesit.

Onthou die Heilige Skrifte, “Baie is geroep maar min is uitverkies.”  Stephen was deur YAHUSHUA MASHIACH geroep om deel van die Openbaring 14 of Openbaring 7 Bruid te wees, maar hy het in plaas daarvan gekies om ‘n besluit te maak en toegelaat dat sy Bruidsbanketbord deur ‘n onsigbare hand weggeruk word en in yswater gesit word.  Stephen sê hy ontvang die waarhede in hierdie Bediening en het hierdie Woord van YAHUSHUA ontvang en nogtans bewys hy deur sy handelinge dat hy aanhou wil swaarkry.  Dit is werklik hartseer.  Ons is lief vir Stephen en nogtans sê YAH HY sal nie teen sy wil gaan nie.  ‘n Dubbelhartige man ontvang niks, moenie dit vergeet nie.  Wie jy ookal gehoorsaam is jou God.  YAHUSHUA MASHIACH het in die Heilige Skrifte gesê, “Hoekom noem julle MY Here en gehoorsaam MY nie?”

Ek het sommige van dit wat ek vir hom geskryf het gekopieer en mag almal wat vasgevang is in ‘n huwelik in die wêreld se oë, wat nie deur YAHUSHUA MASHIACH georden was nie, ook hulself dieselfde vrae vra wat ons hom gevra het.

‘Aangesien jy na my en Niko gedraai het vir raad, hy het gesê om hierdie by te voeg “hoekom wil jy in ‘n liefdelose huwelik bly?”   Wat dink jy sal jy daaruit kry?”  Ook as ek dit mag byvoeg, dit is satan wat alles het om te wen deurdat jy nie vry is van die dodesel nie, want dit is ‘n wapen om jou te laat ly en sonder vrede en harmonie in jou huis te woon en satan sal jou aanhoudend spot omdat jy ‘n kwytskelding van ons MASHAICH gehad het en jy het dit teruggegooi in YAHUSHUA MASHIACH se gesig.  ‘n Heilige huwelik is simbolies om verenig te wees in verstand, liggaam, gees en siel met mekaar soos die 2 liggame verenig is as een vlees.  Satan spot mense wat in ‘n huwelik vasgevang is wat nie deur YAHUVEH en YAHUSHUA MASHIACH georden is nie!

Egskeiding is pynlik om jou sonde te erken deur met iemand te trou wat YAH jou nie mee saamgebind het nie.  Alhoewel dit nie so pynlik is soos om in ‘n ongelukkige misrabele huwelik te lewe wat YAHUVEH nie geseën het nie.

Ek het verlede nag hierdie visioen van jou gesien nadat ek die woorde gelees het wat YAH direk met jou gespreek het.

VISIOEN VAN ‘N MAN OF VROU WIE DAAROP AANDRING OM IN ‘N ONGELYK SAAMGEVOEGDE HUWELIK TE BLY.

Ek jou in ‘n geslote tronksel gesien.  Ek het gesien YAHUSHUA kom en sluit die tronksel oop, want HY hoor jou pleit en ween om vry te kom.  Ek het gesien jy was verbaas dat die tronkseldeur oopgesluit is en deur YAHUSHUA MASHIACH se eie naeldeurboorde hand oopgemaak was.  Ek het gesien die tronkdeur swaai wyd oop, ek het gesien jy kyk verbaas daarna en kyk toe weg en kniel neer en bid en huil en soebat YAHUSHUA om vry te kom.  Selfs al het die seldeur oopgestaan, het jy steeds nie weggegaan nie.

Niko het so pas gehoor, “Die waarheid sal jou vrymaak.”

Elisabeth en Niko

Indien hierdie Profesie vir jou ‘n seën was, e-pos my asseblief en laat my weet.