Profesie 115

Pasop Vir Die Totalitêre Diktatorskap Wat Na Amerika En Die Wêreld Toe Kom!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah[Elisheva Eliyahu]
Gegee op 30 September 2009 aan die begin van Yom Kippur
Vrygestel op 12 Oktober 2009

* * * * * * *

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die Shkhinyah Glorie se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH,dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese dat die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie moet wees:2 KRONIEKE 36:16maar hulle het die boodskappers van Elohim uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Hersien Oktober 15, 2009. Die ongeredigeerde weergawe van Elisabeth[Elisheva] se gebed was per ongeluk geplaas. Hierdie is die geredigeerde weergawe van die gebed. Die Profesie self is steeds korrek.

In die Woord hieronder het YAHUVEH vir die web-bestuurder gesê om my foto by hierdie Profesie te plaas en ek wou nie regtig hê dat my foto geplaas moet word nie, daarom het ek gebid en vir YAHUVEH gevra hoekom my foto geplaas moes word en HY het vir my gesê, “Soos wat EK, YAHUVEH jou gesig in MY liefde aanskou, so aanskou EK hierdie vyande se gesigte in MY woede.”

* * * * * * *

Toe ek, Elisabeth [Elisheva] op hierdie Yom Kippur voor die troon van YAHUVEH gebid het, het ek by ABBA YAHUVEH gekla oor die mees venynige lasterlike aanvalle van leuens wat van diegene kom wat hulself Christene noem en ek het gehoor ABBA YAHUVEH sê, “Wat sou jy vir hulle sê as hulle nou voor MY Troon was om veroordeel te word,” en HY het dit in my hart geplaas om die vyande van YAHUVEH en hierdie Bediening te noem en HOM te vra om ons vyande stil te maak. Ek het teen my vlees geveg want ek het nie geweet ABBA YAHUVEH sou dat ek hierdie gebed voor die wêreld plaas nie, maar YAHUVEH het gesê HY wil hê die vyande moet weet dat hulle name na HOM toe geneem word op hierdie Yom Kippur. Dit is een van die mees nederigste dinge wat ek nog ooit gedoen het, want ek haat dit wanneer die vyande my so kwesbaar sien, maar ek gehoorsaam nietemin.

Gebed begin:

Elisabeth [Elisheva] : Dit is Yom Kippur ABBA YAH en ek kom net voor U op Yom Kippur ABBA YAH en ek het net vir U vertel en ek het dit in trane gedoen en ek het gesê “ ek huil voor U” terwyl ‘n Profesie weereens aan my voorgelees word, Hemelse Vader en een woord was verkeerd gespel, Hemelse Vader - Wat was die naam van die Profesie? Wat was die naam van die Profesie wat jy gelees het?

Elisabeth [Elisheva] : “O Israel, Waar is jou Bloedoffer” en daar was een woord wat verkeerd gespel was, Hemelse Vader. Waar daar nie veronderstel was om “behalwe(except” te wees nie, dit moes wees: “aanvaar(accept)”

Elisabeth [Elisheva] : Dit was deur iemand anders oorgeskryf, hulle het nie die verposing (pause) daar gesit nie. Daar was ‘n woord verkeerd gespel en ek het net .... en in plaas van om te sê “aanvaar - accept” (A-C-C-E-P-T)

het hulle ‘n “behalwe - except” (E-X-C-E-P-T) daar gesit en dit het dit verander. Ek het net voor YAH gehuil en ek het gesê “ek het nie gevra om ‘n Profeet te wees nie”. EK WIL DIT OP REKORD HÊ MENSE! –

Ja, sê HY vir my ek hét.

Maar sover dit my aangaan, ek het uitgeroep na YAHUVEH en ek wil hê mense moet dit verstaan. Ek is nie opgepof in trots nie. Ek huil aanhoudend voor YAHUVEH. Ek is so bang om een woord verkeerd te hê en ek het op hierdie Yom Kippur gehuil en ek doen steeds - verbrands, ek haat dit wanneer my vyande my so sien -

Maar ek het gesê, ABBA YAHUVEH en geliefde YAHUVEH ons MASHIACH, ek gaan voor U troon staan en ek gaan verantwoordelik gehou word vir die woorde wat uit hierdie mond gespreek is. Maar ek weet dit kom van U af,

Maar as een gekopieërde woord verkeerd is, as - as een woord uitgelaat is…

“ omdat U so vinnig praat wanneer U met my praat.... ek bid in Heilige Tale en terselfdertyd hoor my brein wat U sê maar somtyds het my mond probleme om by te hou om instaat te wees om dit in Engels te sê.(1 Kor.14:6-13)

En daar kan ‘n klein woordjie ontbreek: “’n” “van” of “die”,

Of, wagtend om te hoor wat U volgende gaan sê, kan ek se: “en”

En ek… hierdie gawe is juis so broos. Hierdie, hierdie hierdie gawe is iets wat ek nie verstaan nie. Hierdie gawe is so uniek. Ek ken niemand wat dit het nie. Ek wil graag iemand anders ontmoet wat dit het…in al hierdie jare”

En ek het net na U uitgeroep en ek hoor een woord is foutief gekopieër - Nou het al die vertalers die las om terug te gaan na die Profesie - watter nommer?

Is dit 63?. In elkgeval en ummm…ek wil net dit voor die wêreld sê: “julle weet, ek doen my bes. Ek hou aan om te sê dit is vreeswekkend om ‘n Profeet te wees - vreeswekkend. Ek weet die Bybel sê dit is die gawe bo alle gawes wat gegee is , dit is die een gawe waarvoor die mense moet bid, maar al wat ek kan sê, dit is ‘n vreeswekkende ding en ek hou aan uitroep en ek hou aan om vir ABBA YAH te sê, “ek het nie daarvoor gevra nie, ek het nie daarvoor gevra nie. Ek het nie gevra om ‘n Profeet te wees nie. Ek het nie gevra om U woordvoerder vir die Nasies te wees nie, dit is te vreeslik.”

En HY hou aan om vir my dieselfde ding te sê, “O Maar jy het Elisabeth [Elisheva], jy het in die Hemel. Jy het vrywillig jou dienste aangebied en eendag sal EK dit vir jou bewys.” (Jer.1:5)

maar in my vlees, op hierdie omblik, weet ek: ek is byna gereed om ‘n nuwe Profesie te gee want die Woorde begin uitkom en wanneer ek ‘dit die minste verwag’

Nooit ooit, ooit, ooit, ooit.... Iemand het dit gese wat vir my geskryf het ….

My kosbare broer Caesar het vir my geskryf, (en hy is in Singapore). En hy het gesê: “Wat jy ookal doen, Elisabeth [Elisheva] - (ek het dit sopas op Yom Kippur gelees. Ek is baie lief vir hom, hy is vir my ‘n nuwe broer in YAHUSHUA . Hy is ook ‘n Profeet, maar hy is so, so so nederig, hy wil nie eers ‘n Profeet genoem word nie) en hy het gesê, “wat jy ookal doen, moenie die gawe aanbid nie. Moenie van die gawe ‘n afgod maak nie.” -

Hierdie, hierdie gawe is nie ‘n afgod nie. Ek vra nie eers nie, dit gebeur net, (Die Profetiese Woorde en Profesieë) hulle kom net. Diegene wat by my is weet die woorde sal net begin voortvloei uit my lippe en dit is altyd wanneer ek dit ‘die minste verwag.’ Ek het vanaand net klaar vir YAHUVEH vertel, as dit 3 minute (gelede) was, sal dit ‘n wonderwerk wees”,

Ek weet nie hoekom dit soveel jare geneem het nie - watter jaar? in 2002! [In] 2002 was daar ‘n woord verkeerd gekopieër, ‘n woord wat verkeerd gespel was en dit was nie met ‘n komma en ‘n punt [waar dit moes wees] nie.

Maar wanneer YAH met my praat is ek soos die Profete van ouds. HY ........ meeste van die tyd rus ek nie eers nie. Ek gaan net oor van tale na Engels, so dit is baie moeilik om instaat te wees om woorde te skei waar YAH dit wil skei.

So, deur dit alles te sê, wil ek net hê julle moet weet dat wat ookal nou na vore kom, ek net voor die die troon van YAHUVEH gesmeek en gepleit en gesê het: “ ek het nie gevra om ‘n Profeet te wees nie - dit is te vreeswekkend”.

Die waarheid is, wanneer daar geen boodskappe tussen-in (Profetiese Woorde) is nie, gee ek ‘soort van’ ‘n diep sug van verligting, want dan kan niemand meer klippe na my toe gooi nie. Ek sê gewoonlik; “Moet asseblief nie die boodskapper stenig nie” (want, glo my, ek word baie met klippe gegooi - Dit is nie klippe nie, dit is rotsblokke… en die leuenaars is werklik besig om in gelid te kom... en die lasteraars(Mat.5:11-12) En die van julle wat nie hierdie Bediening verdedig nie, terwyl julle weet die waarheid kom van hierdie Bediening,

(JULLE) GAAN VERANTWOORDELIK GEHOU WORD VOOR YAHUVEH!

Omdat julle die werk baie moeiliker maak. Julle moet e-posse soos ‘n sneeustorting na hierdie vyande toe aanstuur. Julle moet sê, “VAT DIT OF BLY STIL! Bring julle bewyse”.

Want weet julle wat, hulle het geen getuienis dat ek ‘n vals profeet is nie.

Hulle vat selfs my ‘naam’ en sê, “dit is haar regte naam”. ONNOSELE MENSE! Hoe durf julle? Hoe durf julle die leuns vat! Ek is ‘n evangelis, ek het deur die hele wêreld gegaan en die rede hoekom ons reis, is omdat ons evangeliste is. Ek het dit so in my getuienis: Ek het van ‘n moorddadige x-man gevlug wie ..... ek het dit alles in my getuienis. As julle so blind is en nie kan lees nie en die van julle wat hierdie leuens glo, JULLE SAL VERANTWOORDELIK GEHOU WORD! JULLE SAL VERANTWOORDELIK GEHOU WORD!

Op hierdie dag van Yom Kippur voel ek met alles binne-in my, dat ek julle moet waarsku. Elke afsonderlike, enkele persoon wat al die jare na die webwerf van hierdie Bediening toe gekom het en gevoed is: Julle gaan na julle georganiseerde kerke toe. Julle gaan op Sondae en julle plaas julle klein offergawetjies in die offersak. Julle maak seker julle gee tiendes.

Maar vir die plek waar julle jul geestelike vleis kry, vir die plek waar julle vertrou YAH praat vanuit, gee julle niks nie, (want dit is verseker nie in julle georganiseerde kerke waar die Profete praat of julle enigiets nuuts kry nie.) Julle dink dis gratis net omdat dit op die internet is. Julle bereken nie die koste wat dit ons kos nie. Julle tel nie die lyding wat dit ons kos nie. Julle tel nie die vervolgings nie. Julle tel niks daarvan nie. Julle neem net en eet en hardloop! Julle verwerdig julle nie eers om ons te verdedig wanneer julle sien ons word voor almal gekruisig nie. JULLE GEE NIE EERS OM NIE!

Weet julle hoekom? Omdat dit julle niks kos nie. Dit het my ALLES gekos en dit het my my gesondheid gekos. (Elisabeth [Elisheva] huil).

Ek vertel vandag op Yom Kippur in trane vir julle, YAHUSHUA kom terug, maar HY kom nie terug vir hulle wat so selfvoldaan in die georganiseerde kerke sit nie, so selfvoldaan omdat hulle op ‘n Sondag kerk toe gaan. HY keer nie terug (vir julle) as julle HOM nie eerste in julle liefde en julle lewe plaas nie. Julle gaan HOM nie sien nie. Julle gaan HOM nie sien nie. HY gaan julle agterlaat in die Groot Verdrukking.

Julle gaan wonder hoekom, die van julle wat niks gedoen het om my te verdedig nie, die van julle wat absoluut geen vinger gelig het om hierdie Bediening te ondersteun nie. Ons is nou al in so baie tale: ten minste 14 tale en meer gaan kom. Maar die van julle wat niks gedoen het nie, nie eers ‘n woord van bemoediging nie, niks nie: Besef julle dat YAHUVEH julle hiervoor gaan veroordeel? Besef julle dat selfs al haal julle die Hemel, besef julle dat belonings van julle weggeneem gaan word,[vir dinge] wat julle wel ‘goed gedoen’ het – vir HOM, op hierdie aarde,

Ek weet nie wat YAH op die punt staan om te sê nie. So ek wou net dit op rekord hê want.... Soos ek gesê het, dit is asof, hoe meer tale ons bereik; ag, so baie siele kom na YAHUSHUA ha MASHIACH en, o my!, so tree die leuenaars ook aan: die lasteraars, die diensknegte van satan, die kinders van satan.

Ek kan dit van die sataniste vat, hulle stuur hulle vloeke en hulle towerkragte en hulle doen hulle rituele en hulle offers en hulle stuur hulle haatpos en hulle bedreig my lewe. O al hierdie gemors, hulle heksery! Al daardie gemors –

Maar weet julle van wie dit die moeilikstes is om dit te vat? Hulle wat [die Naam] op-eis en bid in die naam van Jesus Christus. Hulle wat aanspraak maak daarop dat hulle oppad Hemel toe is. Hulle is diegene wat die moeilikste is, want hulle is nie eers.... hulle is nie eers ‘n Christen nie. Hulle het slegs die naam, hulle het geen verhouding met YAHUSHUA nie. Hulle het geen Christus in hulle nie. Hulle is nie gesalf nie - anders sou hulle geweet het dat enige Bediening wat sedert 1995 op die Internet is[en goeie vrug dra van YAHUVEH], is.

En ek is ‘n “geordende, gelisensieerde Pastoor”. ‘Big deal’.

My ware inseëning kom van die Hemel af en ja, hande mag op julle gelê gewees het, en ‘ek is ‘n Apostel’. ‘Big deal’ in die oë van die wêreld. Dit beteken niks behalwe om deur iemand anders hande opgelê en [hulle] “bevestigings” te ontvang nie. My bevestiging om ‘n Apostel en ‘n Profeet te wees, kom van die Hemel af.(Gal 1:15-16).

En raai wat? Wat is sy naam? Wat is sy naam?

Wat is die ou van New Zealand se naam wat ek altyd vergeet?

Andrew Strom en jou Skool vir Profete! Jy kan jou Skool vir Profete vat en jy weet waar jy dit kan druk. Jy kan niemand leer om ‘n Profeet te wees nie(1 John 2:27)

en jy kan niemand geld vra om ‘n Profeet te wees nie. (Matt 10:8b; Matt 21:13). Jy is ‘n leuenaar. Jy is ‘n leuenaar vandat ek jou in 1995 ontmoet het en jy my op daardie moordlys van jou geplaas het.

JY IS OP YAHUVEH SE MOORDLYS, ANDREW STROM!

Jy sê, “Pasop vir hulle wat preek dat jy die Tien Gebooie moet gehoorsaam en glo en vir ander vertel, ‘as julle nie die Sabbatdag eer en dit heilig, nie pasop’ - Vlug weg van enigeen wie die Torah verkondig! Vlug van hulle af weg”.

Wel, raai wat Andrew Strom, jy was toentertyd ‘n satanis en jy is nou ‘n satanis!

Ek wil dit in 14 verskillende tale op rekord hê: Andrew Strom is ‘n satanis!

Hoor jy my? Jy is ‘n satanis!

Ek weet jy het met heksery begin en ek weet dit uit jou getuienis. En Pamela Martin.... sy het my op haar moordlys geplaas....sy was jou vriendin en sy is nogsteeds daar in Texas.

En ek het jou nie vergeet nie Pamela Martin. Ek het nie vergeet wat jy gedoen het nie.

En ek het nie vergeet dat Andrew Strom gesê het daar is nie soiets soos ‘n ware woord van God nie, dat dit alles vleeslik moes wees - en hy het my in 1995 daaroor afgesit.

En ek het nie vergeet nie, Pamela Martin dat jy oor die telefoon vir my gesê het jy vrees Andrew Strom omdat hy magte het en jy het gesê dat dit sataniese magte was.

Raai wat Andrew Strom? Raai wat Craig Martin? Ek het julle nie vergeet nie. Ek het niemand van julle vergeet nie. En ek wil dit net [op rekord hê] ......... nou, val hy my aan.

YAHUSHUA het julle nie op Yom Kippur vergeet nie! YAHUVEH wil dit op rekord hê! HY het julle nie vergeet nie!

Jy wat jouself “Malcolm Heap” noem. Jou “mishoop”! Jy wat ‘n boek skryf oor Elia en nou verklaar jy is Elia! Jy, wat hierdie webwerwe opstel om my te belaster en te beswadder!

Jou sogenaamde Christelike Berader genaamd Stephen Rossi Sr. Jy, wie ek eens broer genoem en gementor het! Jy, vir wie Profesie 111 was - as seën - wat jy uitgespoeg het as ‘n vloek omdat jy nie ‘n egskeiding wou kry nie (omdat dit teveel geld kos!)

Jy is geen Christelike Berader nie! Jy is satan in vermomming! Jy is ‘n Judas en ek verklaar dit voor die hele wêreld en nie net dit nie, (ek gebied dit nie, maar man) jy is in die moeilikheid want op Yom Kippur - (ek het nie geweet enige hiervan gaan gebeur nie, ek het net in Heilige Tale begin praat ) - wil YAHUVEH hê dat ek jou in kennis moet stel. Ken jy die lot van Judas? Raai wat Steve Rossi Sr, dit is jou lot.

Jou eie seun, jou eie bloedseun dien nou hierdie Bediening as ‘n jeugleeraar. Stephen Rossi Jr is ons seun, ons seun! Ons is lief vir hom. Ons het hom gementor. Hy is ‘n jeugleeraar en is nie soos jy nie. En hy aanvaar nie eers meer jou bloed nie. Hy het slegs die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH wat deur hom vloei.

Ek stel die vyande in kennis.

Ek stel Zeph Daniels in kennis.

YAHUVEH onthou julle! HY onthou julle op hierdie dag van Yom Kippur omdat julle ‘n deel is van alles. En ek weet daar is so baie ander…

Mense, ek het julle hulp nodig. Heiliges vir wie hierdie Bediening op enige manier geseën het, bewys dit. Bewys dit! (want julle gaan dit eendag voor YAHUVEH moet bewys! Wat het julle gedoen om enige van ons laste te verlig? Wat het julle op enige wyse, vorm of manier gedoen om ons te help? Het julle ons gehelp? Het julle ons verhinder? Het julle ons bemoedig?) Ek meen, woorde is mooi en ons waardeer die bemoedigende woorde, maar ons het hulp nodig.

Ons moet hulp hê. Die werk is so groot!

Ons bereik nou so baie Nasies. Ons het probeer waarsku teen Sherry Shriner. Ons het probeer waarsku teen Linda Newkirk...

Linda Newkirk. Ons het sopas iemand gehad wat vir ons geskryf en vertel het: Sy hou mense gevange(gyselaar). Sy is daar besig om haar demoniese, sataniese magte te demonstreer.

Hoe op aarde kan julle mense enige boeke van Linda Newkirk koop? Hoe op aarde kan julle enigiets wat sy sê, met die Bybel regverdig: “Om 17 maande swanger te wees”? en “geboorte te gee aan “ die manlike kind”.

Ag my genade mense! Wat is fout met julle? Hierdie vrou is gevaarlik. Sy is satan in vermomming.

En Sherry Shriner! Ag my genade! Jy is daar buite en jy begrawe orgone.

Orgone – dis ‘n opspoorder – haar “spesiale orgone”.

Haar spesiale orgone wat veronderstel is om aliens weg te hou. Wat veronderstel is om demone weg te hou. Dit is veronderstel om die ruimteskepe in die lug te vernietig.

Is julle regtig so onnosel?! Ek is jammer, maar ABBA YAHUVEH is kwaad. Julle noem julself Christene en daar is geen Christen in julle nie. Julle maak staat op ‘n vrou om aan julle die orgone te verkoop om in julle tuine te plant - om oor die wêreld te plant.

Verstaan julle nie? Lees julle nie die Heilige Profesieë nie? Julle het siektes na julle toe aangetrek. Julle het demone na julle toe getrek deur dit te doen. Julle het aliens getrek. - Moenie bekommerd wees nie; wanneer die VVV’s (UFO’s) kom sal hulle weet waar julle is. Julle gaan verantwoordelik gehou word vir enigiets wat julle gedoen het.

Om te sê dat enigiets anders, as die naam en die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, teen ‘n demoon kan staan. Julle is waarlik, waarlik, waarlik, waarlik blind en julle ore is waarlik, waarlik doof! Of julle is onder ‘n gees van gedagtebeheer of gedagtemanipulasie - wat julle wel is - as julle Sherry Shriner of Linda Newkirk volg.

Ons gaan die briewe plaas wat inkom en teen Linda Newkirk waarsku. Hierdie vrou is gevaarlik, gevaarlik!

Sy het mense na haar eiendom laat kom, hulle vertel om te kom en sy sal hulle veilig hou. Sy sluit hulle in ‘n pakhuis toe wat sy ‘n slaapplek noem en dan maak sy seker die slot is aan die buitekant sodat sy julle kan toesluit.

Mense ek vertel julle, julle gaan verantwoordelik gehou word. Ek meen, hoekom is hierdie profeet die een wat opstaan en mense waarsku oor hierdie diaboliese vyande? Hoekom moet ek die een wees? Die lys is so vreelik lank.

Rick Joyner en die “Manifested Sons of God” beweging. Julle verstaan nie eers die feit oor hoekom sy naam “Morningstar Publishing” is nie, hy vernoem homself ......

Wie is die Môrester wat uit die lug geval het? Verstaan enigeen dat dit Lucifer was? Verstaan julle nie wat die “Manifested Sons of God” beweging behels nie? Hulle verklaar dat hulle god is! Mense word wakker! Word wakker!

Ek is soos ‘n Profeet van ouds en ek is keelvol!

Ek is keelvol vir die onnoselheid. Ek is keelvol vir die dowe ore. Ek is keelvol vir die blinde oë. Laat die skille van julle oë afval en kyk wat aangaan! En dit is wat ek op hierdie Yom Kippur te sê het.

Ek weet dat YAH ‘n boodskap het wat na vore begin kom. Ek het in Heilige Tale begin praat, maar dit is ook ‘n dag van oordeel. Dit is dit.

Sommige van hierdie dinge ...... al hierdie dinge wat ek genoem het, nie sommige nie, alles was op my hart. YAHUVEH is kwaad. HY IS KWAAD!

Waar is die ander vertalers wat geroep is om deel van hierdie Bediening te wees? Hoekom bied julle nie vrywilliglik julle tyd aan nie? Ons ontvang hierdie e-posse wat sê, “o ek is geroep om julle vertaler te wees, maar dit sal julle ‘soveel’ geld kos”. WAT!

Ons vra niks om die Profesieë in Engels op te sit nie. Hoekom moet julle, (wat glo dat hierdie Bediening die waarheid uitspreek), hoekom moet julle dan sê ek moet julle so baie geld betaal?

Ons vertalers werk hard. Hulle staan in voltydse werke en tog offer hulle soveel tyd op om die Heilige Profesieë te vat, om die boodskappe af te neem en hulle vertaal dit in hierdie verskillende tale. Ek kan julle nie eers vertel hoeveel hulle ly om dit te doen nie, hoeveel tyd hulle spandeer om dit te doen nie, hoeveel slaap hulle verloor nie. Ek kan nie eers begin nie .

Maar hulle belonings sal hulle na die Hemel toe volg. Hulle sal die siele ontmoet, soos ons die siele sal ontmoet en hulle sal almal persoonlik bedank word terwyl hulle langs ons staan. Ons weet wanneer ons hierdie aarde verlaat, ons met die grootste beloning van alles sal gaan - dat ons siele na YAHUSHUA ha MASHIACH toe gelei het, dat ons Heiligheid verkondig het.

So, dit is wat ek op hierdie Yom Kippur te sê het. Nou gaan ek sien wat anders YAHUVEH nog vir my het om te sê, want alles hiervan, alles hiervan is op hierdie oomblik op YAH se hart…alles hiervan.

YAHUSHUA kom terug. Die Groot Verdrukking is byna op ons en ellende wag vir julle daar by Jim Bramlett se webwerf by die ‘5 Doves’. Jim Bramlett jy is in groot moeilikheid. Jy is in soveel moeilikheid. Jy gaan voor YAHUVEH staan. En jy gaan verantwoordelik gehou word vir elke keer wat iemand so opgewonde was: “Dit is die dag dat YAHUSHUA terugkeer”, “dit is die dag van die wegraping”

En elkeen van julle op die ‘5 Doves’ forum wat dit saam met Jim Bramlett gedoen het, elkeen van julle wat gesê het, “dis dit, dit is die dag…”

Daardie pastoor… wat is daardie pastoor se naam?

Oh, F.M. Riley, jou Baptis. Jy gaan waarlik op ‘n groot, groot wyse voor YAHUVEH staan. Jy wat mense leer dat hulle maar kan sondig en dit maak nie saak wat hulle doen nie, dit maak nie saak of hulle in die daad van owerspel is nie, “dit maak nie saak wat julle doen nie, solank julle ....., solank as julle weet .......”

Jy sien, dit is jou evangelie, nie die Bybel se Evangelie nie, F.M. Riley. Jy gaan voor ‘n woedende YAHUVEH staan. Jy sal uitvind. Jy sal uitvind oor dit wat jy gedoen het - jy het die mense geleer hulle kan (opsetlik) sondig en tog sal hulle weggeraap word en Hemel toe gaan. “Dit is reg, net solank jy die sondaarsgebed bid, moenie bekommerd wees nie, wees vrolik! Wanneer die wegraping kom sal julle nie in die Groot Verdrukking wees nie”.

F.M. Riley, ek het jou op ‘5 Doves” dopgehou terwyl jy datum, na datum, na datum gee.

Marilyn Agee, ek weet wie jy is. Ek het saam met jou in 1995 begin. Jy het dieselfde ding gedoen. “Dit is die jaar van die wegraping. Dit is die maand. Dit is die Rosh Hashanah. “Dit” is die Pinksterdag”..... Ek weet nie, [want Marilyn Agee, jy het so baie datums gegee.]

Almal van julle by ‘5 Doves’ het so baie datums gehad en die mense is stukkend. Elke keer wat hulle dit regtig glo word sommige selfs gered omdat hulle bang is om agter gelaat te word, daarom haas hulle en val op hul knieë en sê, “Ek wil nie agterbly nie”.

F.M. Riley het gesê ‘hierdie’ is die datum. Jim Bramlett het gesê ‘dit’ is die datum. Marilyn Agee het gesê ‘dit’ is die dag. Raai wat, almal van julle gaan verantwoordelik gehou word oor hierdie kosbare siele, wat, wanneer dit gebeur en hulle gaan en hulle val op die knieë neer en hulle berou voor YAHUSHUA en hulle gee hulle lewe aan HOM en dan gaan die dag verby en..... geen wegraping nie…

Hoekom op aarde sal hulle YAHUSHUA vir enigiets anders glo - dat HY hulle sondes vergewe het of enigiets anders wanneer julle vir hulle gelieg het en hulle ‘n wegraping belowe het? Julle het hulle daardie spesifieke datum belowe. En ‘5 Doves’ YAHUVEH sê ellende wag op julle op hierdie dag en almal wat deel was van die ‘5 Doves’

Ek gaan sommige name noem, Donna Cothran, ek weet nie hoekom nie, maar YAH noem jou naam. Jy was eens deel van hierdie Bediening. Jy het eens vir my woorde van bemoediging gegee. Nou sit jy by ‘5 Doves’ en jy glo die leuens. Nou neem jy deel in die leuens en jy gaan verantwoordelik gehou word. Ek weet nie hoekom YAH sekere mense nou vir my gee nie. Ek verstaan nie, maar julle gaan die boodskap hoor. Elkeen, elkeen:

‘5 Doves’ pasop vir ‘5 Doves’ hulle berei julle voor vir ‘n groot teleurstelling en hulle gaan almal verantwoordelik gehou word.

YAHUVEH neem dit nie ligtelik op nie. HY neem dit nie ligtelik op wanneer julle opstaan en sê: “dit is die dag” nie. Hierdie Bediening doen dit nie.

Daar is vir my gesê ..... ek is werklik[gesê], (en ek staan nou voor YAHUVEH [terwyl ek dit sê]) engele, heilige engele het werklik na my toe gekom en vir my gesê dat hulle gaan terugkeer en vir my die datum gee. Dit is nie iets uit my vlees nie. Ek het hulle gesien. Ek het hulle vlerke aangeraak. My getuienis is daar.

Ek weet dat HY my SY “Ringmaiden” noem. Ek weet dat ek weet dat ek weet. Julle kan my spot soveel soos julle wil, vyande. Dit is nie ‘n naam wat ek vir myself opgemaak het nie. Dit is so dom! Maar ek weet dat ek weet dat daar iemand moet wees wat uitroep, “Kyk die Bruidegom kom”. En ek weet dat ek weet dat ek weet dat wat YAHUSHUA vir my gesê het, sal gebeur. Die Heilige engele sal terugkeer.

(En ek sê niks anders as wat YAH gesê het nie: YAHUSHUA gaan op Rosh HaShanah terugkeer, dit sal op ‘n Sabbat wees en loof YAHUSHUA, ons hoef nie volgens die son se kalender te gaan nie, anders is dit 2020. Ons is aangesê om volgens die maan se kalender te gaan (Num 28:11a, 14b), soos wat YAH dit oorspronklik opgestel het.)

So al hierdie dinge is op hierdie Yom Kippur op YAH se hart. Ek het nie geweet ek gaan ‘n Yom Kippur boodskap hê nie. Ek het niks hiervan geweet nie. Ek het net uitgeroep en gesê, “ek hoef nie Profeet te wees nie, dit is ‘n vreeswekkende ding” en die volgende wat ek weet, ek bid in Heilige Tale.

Nou gaan ek sien wat ABBA YAH te sê het. Net dit: “Ellende wag op die vyande” Ellende, ellende, ellende, ellende wag op die vyande van ABBA YAHUVEH! Selfs as jy jouself ‘n Christen noem, as jy nie regtig ‘n verhouding, ‘n liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUSHUA ha MASHIACH het nie, dan sê ek vir julle dit, [enigeen wie klippe gooi, enigeen wie nou laster en lieg op hierdie Bediening, enigeen, enigeen, enigeen wie hierdie dinge doen en nie hierdie Bediening verdedig wanneer julle sien dit gebeur nie, en nie hierdie Bediening ondersteun en ons bemoedig nie]: Ek weet dat ABBA YAH sê, “julle gaan verantwoordelik gehou word”.

Julle sal verantwoordelik gehou word. Soveel kere soos wat julle ons pleidooie om hulp ge?gnoreer het, soveel kere soos wat julle gevoel het die RUACH ha KODESH trek julle en sê, “jy moet regtig daardie Bediening ondersteun, (selfs al het jy nie veel nie, moet jy iets doen om daardie Bediening te help)”.... Hulle wie die vertalers moet wees, soveel kere soos wat jy gehoor het, “jy ken die taal goed genoeg, jy kan dit hanteer, jy is geroep om dit te doen.” Maar jy maak steeds die stemme stil…

Dit is hoeveel maal YAHUVEH en YAHUSHUA gesê het, hulle hul ore sal toedruk wanneer julle bid (Jes 59:2). Soveel kere wat julle julle hand weerhou het om ons te help, soveel kere sal YAHUVEH SY hand weerhou om julle te help en julle sal in die Groot Verdrukking wees.

Ek meen…ek sal eerder nou swaarkry en die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH krý nou swaar. Ons word vervolg. Maar in Die groot Verdrukking - julle het geen begrip, geen idee van die lyding wat vir julle wag nie. Julle het géén en julle kan maar julle kerkspeletjies speel, julle kan sê, “o, maar ek moet deel wees van ‘n onderlinge byeenkoms en ek moet na ‘n Sondagkerk toe gaan, selfs al voer hulle my nie geestelike vleis nie, selfs al hoor ek dieselfde melkboodskap, selfs as hulle nooit teen sonde preek nie. Ek moet na hierdie Sondagkerk toe gaan, sien, want anders sal ek nie ‘n verhouding met God hê nie. Ek moet op ander mense staatmaak om seker te maak dat ek kerk toe gaan sodat hulle kan sien ek gaan kerk toe”.

Julle sien, dit is alles net ‘n groot kerkspeletjie, is dit nie? Julle sit die kerkbanke warm, nie waar nie? Julle wat dink dat julle iemand anders nodig het om julle heilig te hou; julle moet ‘n kerk hê. Julle moet ‘n pastoor hê om seker te maak julle bly heilig.

Julle is in die moeilikheid. Dan het julle nie eens ‘n verhouding met YAHUSHUA nie. Julle is in groot moeilikheid.

Wat gaan julle in die Groot Verdrukking doen, wanneer net die Regering se kerk daar gaan wees? Net hulle wat die dier aanbid, hulle is die enigstes wat ‘n kerk op die hoek gaan hê. Kan julle nie nou sonder ‘n kerk lewe nie? Kan julle nie nou alleen saam met YAHUSHUA loop nie? Julle is in groot moeilikheid. Hoe baie briewe kry ons wat sê, “O, maar ek moet ‘n gemeente hê” en selfs wanneer julle gewaarsku word sal julle steeds uitkyk vir ‘n ander kerk.

En Messiaans Joodse Tempels.... ek moet die mense waarsku. Ons het ‘n las op ons, ‘n nuwe las op ons en dit is:

YAHUSHUA het gewaarsku teen die georganiseerde kerke. Maar, wie is nou die Kerke van Babilon?

Julle gaan na julle Pastoor toe, julle wat in julle georganiseerde kerke sit, julle het hulle gewaarsku en julle het vir hulle gesê, “Kyk dit is nie regtig die Sabbat nie” maar julle Pastoor het julle oor die hoof gestreel en gesê, “Dit is goed, enige dag sal doen” en hulle het daardie skrif wat Paulus gepreek het gevat en hulle het dit weer en weer verdraai, en díé woord het na vore gekom, en gesê Paulus het met die Jode gepraat toe hy gesê het; “laat geen mens julle oordeel oor watter dag die Sabbat is nie” (Rom 14:5). Maar julle het weer en weer en weer daardie leuen gevat. Julle het daardie leuen geglo. Julle het daardie Pastoor vertrou.

Maar laat ons nou by die Mesiaanse Jode kom. Julle het die naam YAH uit die naam YAHUSHUA gevat. Julle het die naam “Yes” daar.

Wat is ‘n “Yes”? Die Vader se naam is nie “Yes” nie. Maar die VADER ABBA YAHUVEH se Naam moet in SY eniggebore Seun [se Naam] ingesluit wees en dit word genoem (Y-A-H) YAH.

Hoe baie Messiaans Joodse Tempels volg die Ortodokse rituele en mensgemaakte tradisies? Hoe baie raak net totaal, totaal so verdiep in die Ortodokse Joodse maniere en wettiese maniere? Hulle vergeet om die mense te vertel - soos nou op Yom Kippur - ons het versoening vir ons sondes. Ons het nie nodig om op hierdie dag te treur nie. Ons kan getroos wees en weet: YAHUSHUA is ons MASHIACH, HY is die perfekte Bloedversoening. HY is die enigste perfekte Bloedversoening wat vir ons sonde gemaak is. Ons is vergewe. Die van ons wat waarlik, waarlik glo ons is Bloedgewas in SY gestorte Bloed, die van ons wat elke dag ons lewens lewe om HOM te behaag, ons het vandag ‘n troos; ons hoef nie op ons borste te slaan en sê, “Ag wee, wee my, ek is ‘n sondaar” nie.

Nee, elke keer wat ons iets doen wat ons ABBA YAHUVEH mishaag, elke keer sê ons dadelik, “Ag YAHUSHUA vergewe ons.” Ons beplan nie sonde voor-uit nie. Ons sondig nie opsetlik nie. Wanneer jy opsetlik sondig, is jy in die moeilikheid. Julle bespot die Bloed van YAHUSHUA. En die Bybel sê, “wees julle heilig soos EK heilig is” So, moenie na enige Mesiaans Joodse Tempel toe hardloop nie. Julle moet versigtig wees. En sommige van hierdie sogenaamde Rabbies, weet nie van beter nie. Hulle verstaan nie. Hulle was geleer die naam was “Yeshua” net soos ek eers geleer was die naam was “Yeshua” Ek het nie van beter geweet nie. So julle moet hulle op ‘n mooi manier gaan vertel en hulle presies vertel, en as julle vir hulle een van die Profesieë wil gee wat aan my gegee was, [gaan voort].

Maar moenie verbaas wees as dit teruggegooi word in jou gesig nie, want hierdie sogenaamde Rabbies glo nie dat ‘n vrou ‘n leier moet wees nie. (Man, het ek dít op ‘n harde manier uitgevind!)

Maar weet julle wat? Ek noem geen man Rabbi nie. Ek het net een Rabbi en SY naam is YAHUSHUA ha MASHIACH. HY is die Hoogste van die hoëpriesters. HY is die enigste een, die enigste een wat daardie titel verdien. So ons waarsku julle net. Ons waarsku julle. Wanneer julle na ‘n Messiaans Joodse Tempel toe gaan: MOENIE verwag, móénie verwag om dit wat julle in hierdie Bediening vind, daar te vind nie, en indien nie, maak seker julle gaan na daardie leier toe en maak seker julle waarsku hulle. Maak seker julle vind uit watter God hulle werklik dien as hulle net sê, “God, God, God…” Watter God dien hulle werklik?( ek het dít ook op die harde manier uitgevind. Ons getuienis hieroor sal ook geplaas word in YAH se tydberekening net soos enige iets anders)

So, dit is wat YAHUVEH vandag op Yom Kippur 2009 op my hart geplaas het.

Dit is die aand van die 29ste waar ons in Europa is en dit is die begin van Yom Kippur (in die aand.)

Nou ABBA YAHUVEH, ek wil U net vra, gee asseblief ‘n boodskap. U het ‘n boodskap begin uitspreek en toe het U my op die manier laat praat soos wat ek het. Ek vra vergifnis as ek enigiemand te na gekom het. Ek het sommige mense onnosel genoem, maar ek glo dat U daardie woord in my mond geplaas het, want hulle is: Hulle tree op met die gees van onnoselheid om die leuens te glo; om nie dit te verdedig wat hulle weet waar is nie.

En daarom ABBA...... Elisabeth [Elisheva] begin in Heilige Tale te bid.

Profesie 115

Pasop Vir Die Totalitêre Diktatorskap Wat Na Amerika En Die Wêreld toe kom!

[Totalitarisme, ‘n moderne outokratiese regering [‘n Leier met onbeperkte mag; ‘n despoot.] waar die staat homself betrokke maak in alle fasette van samelewing, insluitende die daaglikse lewens van sy inwoners. ‘n Totalitêre regering soek beheer nie net oor alle ekonomiese en politieke sake nie, maar die houdings, waardes en oortuigings van sy populasie, en om die verskil tussen staat en samelewing uit te wis. Die burger se plig teenoor die staat raak die primêre belang van die gemeenskap, en die doel van die staat is die vervanging van ‘n bestaande samelewing met ‘n perfekte samelewing.

Van die state wat algemeen beskryf word as totalitêrend - die Sowjet Unie onder Stalin, Nazi Duitsland, en die People’s Republic of China’ onder Mao - die Kommunistiese regerings van die Sowjet Unie en China.]

Op 5 September 2009 het YAHUVEH met Elisabeth [Elisheva] gepraat terwyl sy geslaap het en HY het gesê, “Totalitêre Diktatorskap, Totalitêre Diktatorskap, Totalitêre Diktatorskap. Elisabeth [Elisheva], waarsku hulle, die een wat homself president van die Verenigde State noem, wil hê Amerika moet deur ‘n Totalitêre Diktatorskap regeer word. Die beste gesondheidsorg sal net vir die rykes wees. Daar sal slegs 2 klasse mense wees, die rykes en hulle wat nou as die middelklas beskou word. Die middelklas sal die rykes dien en die armes sal stadig uitgemoor word deur gedwonge inenting en gedwonge aborsies en weiering van mediese sorg. Die regering sal alles regeer en hulle sal besluit wie sal lewe en wie sal doodgaan.

Profetiese Woord begin:

Elisabeth [Elisheva], moenie dit waag nie, moenie dit waag nie! Moenie dit waag om vir enige woord verskoning te maak wat uitgespreek is nie - want Ek het elke woord in jou mond gesit.

EK het jou beveel om ‘n boek vry te stel met al die Profesieë daarin. EK het jou beveel om ‘n boek vry te stel oor wie die RUACH ha KODESH is - die openbaring wat EK jou in die geheim gegee het. Maar dinge was keer op keer vertraag.

Vir nou gee EK jou ‘n nuwe gebod, hierdie dinge moet nou op audio vrygestel word. Dit is die vinnigste manier om dit by die mense te kry, want die tyd is so kort en MY mense gaan ten gronde weens gebrek aan kennis (Hos 4:6) - die gebrek aan kennis wat EK in die Heilige Profetiese Boodskappe geplaas het wat EK tot jou gespreek het.

Daar is ‘n dringende nood - want die Groot Verdrukking blaas nou regtig op julle nekke.

EK, YAHUVEH kyk vanaand soos EK na hulle gekyk het wat ‘n ander kalender byhou.[Tradisionele Joodse Kalender] Hulle het ‘n ander datum maar hierdie boodskap is nie te laat nie. EK probeer sê dat EK hulle harte ken. Hulle vas steeds voor MY. Hulle treur steeds oor hulle sondes en EK waarsku hulle, kom nader aan YAHUSHUA as ooit tevore.

Want daar is ‘n Total....

(Elisabeth [Elisheva] kan nie die woord uitspreek nie. Sy sê, “Ag Vader ABBA YAHUVEH....”)

Totatêre diktatorskap.

Total- Totalitêre diktatorskap....

(Elisabeth [Elisheva]: “Ek kan die woord hoor maar dit is te moeilik om dit uit te spreek”)

......wat beoog om die ganse aarde te dek. Hulle weet as hulle in Amerika daarmee kan wegkom, dit die wêreld sal dek. Pasop vir hierdie Tolt.....

Pasop vir hierdie Totalitêre diktatorskap, want hulle sal julle geen keuses laat nie. Hulle neem die vryheid van julle spraak weg. Hulle sal enige luggolwe wegneem wat die waarheid sal verkondig. Hulle sal die ware nuusbulletine muilband wat sal wil waarsku wat die Regerings doen. Hulle sal alles sensor wat geskrywe is.

Amerika, jy het ‘n ‘president van die Verenigde State’ wie se held Hitler is. Hy soek dieselfde mag. Hy het dieselfde Messiaanse (MESSIAS) kompleks, (hy) sien homself as die Messias. Hy is ‘n Totalitêre Diktator in sy hart. Hy het julle verandering belowe, dit is die platform/basis waarop hy in die verkiesing gestaan het. EK het julle deur die Heilige Profesieë gewaarsku dat die verandering nie ten goede sal wees nie maar ten kwade.

Nou hang julle koppe en julle skud julle koppe in verbasing, want wat EK geprofeteer het is vervul en nou het julle die ergste president wat ooit as president verkies is. EK het hom nie daar geplaas nie. Dit was julle keuse. EK, YAHUVEH, het dit net toegelaat. Vir die van julle wat vir hom gestem het, hang jou kop in skaamte - want EK hou julle verantwoordelik as julle nie nou praat en bestraf wat julle gedoen het nie, en die boosheid het maar net begin.

Amerika is nie langer ‘die land van die vryes en die dapperes nie’. Daar is niks wat julle nie as sonde gekompromiteer het (wat nou) gewettig is nie. Julle was eens ‘n voorstaander vir moraliteit. Julle het eens ander Nasies bestraf wat gemartel het. Nou is julle die masogis . Julle het eens op ‘n tyd die ‘Geneva Convention’ omhoog gehou. Nou bespot julle dit. Enigiets is nou toelaatbaar in Amerika. Die wêreld kyk na Amerika en sien voor hulle oë hoe hulle wat vreedsaam protesteer, geslaan en toegesluit word. Hulle sien hoe Amerika se eie president, Barack Hussein Obama nou ‘n sosialistiese agenda navolg - waar Amerika eens op ‘n tyd teen sosialisme, kommunisme gestaan het. Nou het hulle ‘n president wat sy skouers op-haal en sê, “Wat is verkeerd met kommunisme?”

O Amerika, wat het jy gedoen. Jou Voorvaders sou gehuil het oor jou. Jy het toegelaat dat ‘n minderheid die vryheid waarvoor jy so hard geveg het, van jou stroop. Jou kinders word nou in skole ge?ndoktrineer om lofsange aan Barack Hussein Obama te sing. Jou kinders word nou in skole ge?ndoktrineer om die leefwyses van die homoseksualiste te aanvaar en hulle word geleer (om te sê) “wat is daarmee verkeerd?” Jou kinders word in skole geleer daar is nie so iets soos ‘n Skepper nie, dit was alles evolusie.

EK het julle hoeveel jare gelede deur hierdie Heilige Profeet gewaarsku, “haal julle kinders uit die hole van die anti-chris uit”. Want EK doen niks voordat EK dit nie aan die Profete openbaar nie. EK waarsku voor die oordele kom.

Kanada, EK het jou gewaarsku, moenie in jou suster Amerika se voetspore volg nie en nou loop julle in ‘n eenheid.

Dit is die Woorde wat EK op hierdie Yom Kippur moet spreek. Julle gaan dinge sien wat julle liewer nie wou sien nie, julle sal dinge hoor wat julle nie sal kan glo nie - want satan se diensknegte hardloop onbeheersd rond. Daar is nie ‘n kerk, daar is nie ‘n organisasie, daar is nie ‘n besigheid, daar is nie ‘n sinagoge, daar is nie ‘n regering - waar satan se diensknegte nie is nie.

Die skole leer nou julle kinders en vertel vir hulle daar is nie so iets soos moraliteit nie. Wat ‘n droewige, droewige dag dat nie méér opgestaan het en verdedig het wat hulle weet die waarheid is nie. Hierdie Bediening is soos ‘n stem in die woestyn. Hierdie Heilige Profeet is soos ‘n vrou in die woestyn en sy roep uit na julle, “Berou terwyl daar nog tyd is!”

EK sê weer, die Groot Verdrukking, die Dag van Jakob se Benoudheid (Day of Jacob’s Trouble) blaas op julle nekke en baie is onbewus daarvan. Julle leef jul lewens asof julle vir ewig gaan lewe. Julle maak planne jare vér vooruit, maar is EK nie die enigste een wat julle dae kan tel nie? Julle spaar vir ‘n aftrede wat nie gaan kom nie. Hoekom belê julle nie in die Koninkryk van die Hemel nie? Weet julle nie dit is die enigste ding wat sal bly staan nie? (Slegs) wat julle vir MY, YAHUVEH gedoen het en die Naam van MY Seun YAHUSHUA julle MASHIACH opgelig het (sal staande bly).

Daar is alreeds ‘n hongersnood, dit is versprei oor die wêreld. Die hongersnood is na MY ware Woorde (Amos 8:11). Hoe min weet Wie EK IS? Hoe min verstaan hoekom YAHUSHUA gekom het, wie YAHUSHUA is? Hoe min glo dat daar ‘n prys te betaal is vir onheiligheid? Dit is meer as net ‘n eenvoudige gebed. Dit is om jou lewe te leef, om aksie en geloof agter daardie gebed te sit. (Jakobus 1:22).

Skoolhoof Frank Lay vervolg a.g.v gebede!

Hoe min kerke staan nou op teen sonde? Hoe min verdedig ander wanneer hulle vervolg word net omdat hulle in ‘n skool bid? Hoekom het elke kerk nie opgestaan en hierdie twee manne verdedig nie?

Wanneer julle sien ‘n lugwaardin kan nie ‘n simbool van geloof, wat die kruis is, dra nie, wanneer julle sien die kruise word met dwang uit hospitale verwyder - julle wat julself ‘Christen Kerke’ noem - hoekom het julle stilgebly?

Nou sê julle, “ABBA YAHUVEH hoe kon U toelaat dat ons vryhede weggeneem word. Hoekom is ons vryheid van godsdiens en spraak weggeneem?”

EK sê vandag vir julle, “Wat het julle daarmee gemaak? Hoe het julle daarvoor geveg? Wat doen julle nou? Hoekom doen almal van julle nie iets nie?” Hierdie Bediening doen hulle deel. Vra MY en EK sal julle wys hoe julle jul deel moet doen. Aborsies is nou so algemeen, ‘n kind kan dit selfs sonder die ouer se toestemming kry. Wat het julle daaromtrent gedoen? Het julle iets gedoen?

Wat het julle gedoen om huwelike met dieselfde geslag teë te staan? Wat het julle gedoen om die homoseksualisme wat onbeheerd oor hierdie land beweeg, te stop? Het julle opgestaan? Het julle verdedig en gesê “ABBA YAH het met ‘n doel een man en een vrou geskape? Babas word aan die homoseksualiste gegee. Hulle kan wettiglik aanneem. Sonde het wettig geword.

Verbeel julle hoe die volgende generasie kinders gaan wees..... (2 Tim 3:1-5)

Geen moraliteit - geen kennis van ‘n GOD buiten die regering (as god) nie. Enigiets is toelaatbaar - solank dit jou ‘goed laat voel’.

Ongedisiplineerd - want die ouers word verbied om te dissiplineer. Verbeel julle die pad na die hel, wyer en breër as wat dit nou is. Dit is wat EK uit die mond van hierdie “Ringmaiden” profeet profeteer, sal gebeur.

So ‘n hongersnood is aan die kom (Amos 8:10). Net soos wat julle uitgehonger was na MY Woord, vertel EK nou vir julle: maak voorsiening vir die dae vorentoe. Julle sê, hoe moet ek voorberei? Voed julleself, voed julleself op MY waarheid, leer wie EK en YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH is. Voed jou siel. Moenie die Heilige Woord as vanselfsprekend aanvaar nie. Voed julleself met die Heilige Profesieë wat EK deur hierdie Diensmaagd vrygestel het, want elke Woord is waar. Julle sal weet wat julle moet doen. Soos in die dae van Moses so sal dit weer wees, maar EK los julle nie sonder hoop nie.

EK gee julle nou hoop. Die plae wat gaan kom is nie vir julle nie, want julle het die teken van die Bloed op julle deurkosyne. Dit bedek julle; dit is die Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, MY, YAHUVEH, se Eniggebore Seun. Soos die heidene in duisternis sal wandel, so sal julle in MY leidende lig wandel, die enigste ewige lig wat YAHUSHUA julle MASHIACH is. Soos EK, YAHUVEH die manna op die grond gesit het (Eksodus 16), moenie twyfel (Jakobus 1:6-7) dat EK dit weer vir julle sal doen nie. Soos julle nou op MY Hemelse manna voed, moenie twyfel dat EK julle sal voed nie, net so seker soos ‘n rots water voortgebring het toe Moses dit geslaan het, net so seker sal EK nou die Lewende Water uitgiet vir hulle wat dit ontvang (Num 20). Ek sal vir julle water voorsien wanneer dit lyk of daar geen water is nie.

Net so seker soos Sadrag, Mesag en Abednego in die vurige vuuroond gegooi was, net so seker as wat die vierde man verskyn het en in die vlamme saam met hulle geloop het en hulle nie verbrand het nie en hulle verlos en vrygemaak is, sodat almal kon sien daar was selfs geen stank van rook nie en selfs hulle bindinge was losgesny,(in ‘n visioen het Elisabeth[Elisheva] gesien hoe ‘n Vurige Swaard die bindinge lossny) - almal het uitgeroep, “Wie is die vierde man wat in daardie vurige vlamme geloop het (Dan 3)?”

EK sal julle vertel wie dit was. Dit was YAHUSHUA julle MASHIACH en wat HY toendertyd gedoen het sal HY weer doen as julle heilig wandel en gehoorsaam is aan MY, YAHUVEH en elke dag vergifnis vra vir julle sondes in die Naam van YAHUSHUA julle MASHIACH.

EK sal julle onsigbaar maak (Psalm 27:5). EK sal die regerings van die land verwar. Wandel in MY weë en besef op hierdie Yom Kippur dag dat almal gesondig het en dit ontbreek hulle aan MY Heerlikheid, want daar is maar net een volmaakte een wat hierdie aarde bewandel het, en dit is YAHUSHUA ha MASHIACH, MY Eniggebore Seun.

So, as julle vandag wil huil, huil vir dit wat gaan kom. Doen alles wat julle kan vir hulle wie nog ongered is, wat nog nie uitgeroep het tot YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam nie. Huil vir wat hulle gaan deurmaak. Want EK sê weer vir julle, soos wat julle die Totalitêre Diktatorskap in Amerika sien oprys, dit is hoe naby die Groot Verdrukking op julle is.

Bestraf die leuenaars. Bestraf die lasteraars. Staan op en verdedig hierdie Bediening as julle nog Heilige boodskappe van MY wil hoor. Help waar julle kan. Ondersteun waar julle kan. Offer ‘n bemoedigende Woord, maar sit aksie agter julle woorde (Jakobus 2:14-15). Help om die las te verlig, want die laste is groot. Moenie langer bang wees om MY Woorde te deel nie. Wanneer EK dit in julle harte sit, waarsku terwyl julle kan. Protesteer terwyl julle kan.

Ellende wag op jou Amerika, want jy is ‘n teken van hoe naby die Tyd van Jakob se Benoudheid [Time of Jacob’s Trouble] is. Jy is die horlosie waarvolgens EK my wraak stel (sowel as Israel), terwyl die wêreld toekyk en toekyk hoe jou vryhede sterf. Jy was gewaarsku. Jy was gewaarsku, want EK het hierdie Heilige Profeet eerstens gestuur om Amerika te waarsku. Maar toe hulle weier om te luister en die meerderheid Pastore die woorde uitgegooi het as vals en gesê het, “Amerika sal vir altyd lewe. Amerika is ‘n groot Nasie. Ons moet ons president ondersteun, ons moet die landswette verdra selfs as dit teen die Heilige Skrifte gaan”.

EK het vir My Heilige Profeet gesê Amerika sal nie luister nie. En tog het EK haar georden en haar geroep om’n Profeet vir die Nasies te wees. Die horlosie tik, veral wanneer julle die sogenaamde ‘gesondheidsorg’ sien waaroor daar baklei word. Hierdie wet gaan nie oor lewe nie, hierdie wet gaan oor dood. Wie sal lewe en wie sal sterf. Wie sal toegang tot dokters hê en wie nie, wie is wedergebore gelowiges wat vir YAHUSHUA volg - hulle het jou naam en hulle weet alreeds wie jy is.

Julle gaan ‘n gesondheidsorg kry wat julle nie wil hê nie, as julle nie nou protesteer en ten minste julle stem in die Hemel uitbring nie. Maar EK het ‘n weg, EK berei altyd ‘n weg vir MY ware kinders, daar is ‘n uitweg, maar EK openbaar dit nie nou nie.

Moenie vergeet Sukkot kom nie. Doen julle bes om dit te onderhou. As julle niks anders kan doen nie, slaap op die vloer en maak ‘n tent met ‘n kombers. EK ken jou hart. Ek weet wat jy kan doen en EK sal dit eer en EK sal jou seën.

Dit is ‘n droewige, droewige dag. Hoe min erken MY en bid selfs - selfs al stel hulle hul tyd vir Yom Kippur volgens die ander kalender?[Tradisionele Joodse Kalender] Hoe min het omgegee? Hoe min het omgegee? Hoe min buig selfs hulle hoofde?

En hoe min in die Christelike kerke het selfs geleer wat Yom Kippur is? Maar dit is julle verantwoordelikheid as julle in ‘n Christenkerk is, deel van die ge-organiseerde kerk, dit is julle verantwoordelikheid om hulle te laat weet. As die pastoor jou bestraf, weet jy dit is tyd om te gaan en EK sal “Ikabod” op daardie kerk se deur skryf. Dit is die droewige Woorde wat EK te sê het.

Hoop! -vir MY ware Heiliges wat YAHUSHUA ha MASHIACH volg, MY Eniggebore Seun, en ‘n geween en gekners van tande (vir hulle) wat daardie Bloed wat vir hulle op Golgota gestort is, geweier het.

So, stel julle horlosies en hou Amerika dop en julle sal weet wanneer julle al die vryhede sien gaan - die Groot Verdrukking het begin wanneer die laaste van die vryhede gaan.

EK, YAHUVEH het gespreek.

So is dit gespreek, so is dit geskrywe op 29 September 2009 om 11 nm (23h00).

‘n Kind, Kryger, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,

Apostel Elisabeth S. Elijah [Elisheva Eliyahu]

Net voordat Profesie 115 op die Bediendingswebwerf geplaas was, het YAHUVEH hierdie Woord op 12 Oktober 2009 gespreek.

EK is baie tevrede met die werk wat jy gedoen het.

Elisabeth [Elisheva], EK sê vir jou, EK weet wat EK jou laat doen laat jou meer kwesbaar voel want jy sê dit voel asof jy naak voor die wêreld staan, want hulle sien en hulle kan die emosie in jou stem hoor. Jy het gesmeek en jy het gesoebat want jy het nie geweet dat EK vir jou sou sê om dit voor die wêreld te publiseer sodat hulle jou hart kan sien nie, sodat hulle kan sien hoe jy in vrees bewe met elke woord wat EK uitspreek. Vir hulle wat sê dat hulle hierdie Bediening liefhet, en tog nooit ‘n vinger lig, selfs op ‘n sleutelbord, om jou te bemoedig nie. EK sê vir jou, soos EK gespreek het, dit is EK, jou ABBA YAHUVEH wat elke naam op jou hart geplaas het om uit te spreek.

EK gee vir jou ‘n nuwe opdrag.

Daar gaan meer veroordeling op hierdie vyande van MY neerkom en enigeen wie hierdie Bediening aanval is ‘n vyand van MY, want hoeveel keer en op hoeveel maniere moet EK dit voort spreek?

Die einste naam van hierdie Bediening sê aan wie dit behoort, en dit behoort aan die Aleph en die Tav en die RUACHA ha KODESH. So, wanneer hulle jou aanval, Elisabeth [Elisheva], moet jy baie mooi verstaan, hulle val nie net ‘n vrou aan nie, hulle val die OUE van DAE aan, die EWIGE EEN, die SKEPPER VAN ALLE DINGE.

Hulle val YAHUSHUA, MY Eniggebore SEUN aan en hulle waag dit om die naam Christen te gebruik; hulle waag dit om die naam van JESUS CHRISTUS te gebruik en val jou terselfdertyd aan; hulle sal verantwoordelik gehou word vir elke lasterlike leuen en almal van julle wat bygestaan het en niks gedoen het en tog die waarheid ken wat vanuit hierdie Bediening gespreek word en tog het julle niks gedoen om dit te verdedig nie; julle het niks gedoen om te help nie en EK praat nie met hulle wat so getrou is, wie van hulle tyd gee vir gebede, bemoediging en finansies nie, julle weet EK het gesê EK sal julle driemaal meer seën, maar EK praat met die stille meerderheid wat hiernatoe kom en weet hulle kan geestelike vleis kry om te eet, nuwe openbaringe uit die Hemel en hulle gaan terug na hulle georganiseerde kerke en sit die kerkbanke warm en gooi hulle offergawes in die offersak vir almal om te sien, want hulle sê, “is die internet nie gratis nie”? Tog het EK hierdie tempel sonder enige mure voor die wêreld gebou.

So, EK gee jou nou nog ‘n mandaat; EK wil hê hulle moet die gesig sien van die een wat hulle belaster. Sit ‘n klein foto’tjie daar. So terwyl hulle haar stem hoor, sal hulle verplig wees om haar gesig te aanskou. Hoeveel meer veroordeling sal EK op hulle stuur, hulle wat weier om te berou; en Elisabeth [Elisheva], EK sê vir jou, nie een traan wat jy gestort het, het tevergeefs geval nie. EK weet jy doen jou bes om MY Skape en Lammers te bedien. EK ken die leierskap en die span wat EK saamgevoeg het. Ek het elke vertaler versigtig gekeur en solank as wat hulle in gehoorsaamheid aan MY wandel, in Heiligheid, sal EK aanhou om hulle as ‘n seën te gebruik en EK sal hulle seën omdat hulle tot seën vir almal is, want almal van hulle offer so baie op, alles in die naam van liefde.

Welgedaan. Welgedaan. Wat ‘n stryd was dit nie. Jy het nog ‘n Profesie aan die kom, om nie te praat van die een wat EK in Elisabeth [Elisheva] se hart gesit het nie, maar welgedaan. Welgedaan, Kathrynyah. Welgedaan, Adam. Welgedaan, Stephen. EK het vir julle die taak gegee om vir die skape en die lammers te sorg, die nuwe baba arende en Elisabeth [Elisheva], jy probeer om elkeen te versorg en EK sê, en EK is ABBA YAHUVEH, MY SEUN YAHUSHUA julle MASHIACH word verheerlik want jy het hulle so lief, elkeen en iedereen wat EK vir jou stuur. Jy het lief, jy gee raad, jy bestraf as dit nodig is. En EK sê, “welgedaan”.

Julle wat hierdie Profesieë vertaal en voltydse werke het, tog plaas julle die werk wat EK vir julle gee, voor enigiets anders, EK sê, “Welgedaan” Julle belonings is groot.

Julle wie die YDS gebedsintersessors, gebedsvegters is, julle gee ‘n minimum van ‘n uur van julle tyd. Julle is die voorste linie wat in die bres tree en sê, “Julle moet deur ons kom voordat julle kan deurkom na die leierskap van hierdie Bediening.” En EK sê, “Welgedaan”. Julle weet wie julle is.

Niemand het julle ooit belowe dit sal maklik wees nie. Die enigste ding wat julle belowe is, is : dit is dit werd. Almal wat hulle kruis opneem en YAHUSHUA julle MASHIACH volg, wie vervolg word terwille van SY Naam, wie vervolg word omdat hulle weier om met sonde te skik, welgedaan. Julle is MY geliefdes. En julle sal eendag voor die Troon van YAHUVEH staan en julle sal julle belonings ontvang en julle sal MY hoor sê, “Welgedaan.” Julle was ‘n seën vir hierdie Bediening, julle het selfs julle finansies gedeel, julle kan nie eers begin om die belonings wat EK vir julle het, te begryp nie, want julle sal deel in elke beloning wat hierdie Profeet wat hier praat, in sal deel. Julle sal langs haar staan, elkeen wat ‘n seën was, elkeen wat hierdie waarheid verdedig het, elkeen wat die leuenaars en die leuens bestraf het, EK YAHUVEH sê, “Welgedaan”.

So, dit is die woorde wat EK bygevoeg het. Jy het gedink jy is klaar. Maar EK, ABBA YAHUVEH moet tyd hê om te sê, “Welgedaan my getroues.”

Einde van Woord

Visioen van Kathrynyah: Terwyl hierdie Woord gespreek was, het Kathrynyah ‘n visioen van Groen Baret Soldate gesien. Hierdie is die beste van die Amerikaanse soldate en YAHUVEH het aan Elisabeth [Elisheva] geopenbaar hierdie is die YDS.

www.allmightywind.com

www.almightywind.com

Print Friendly and PDF