Profesie 116

Julle Moet Geloof-Waterlopers Wees!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth [Elisheva] Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]
Gegee op 30 September 2009 aan die einde van Yom Kippur
Vrygestel op 14 Oktober 2009

* * * * * * *

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die Shkhinyah Glorie se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH,dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:

2 Kronieke 36:16maar hulle het die boodskappers van Elohim uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Verduideliking oor hoe die Profesie na vore gekom het:

Adam en Elisabeth [Elisheva] het oor die telefoon gepraat. Hulle het begin bid vir seën vir Adam en Kathrynyah vir ʼn reis wat hulle wou onderneem om Elisabeth [Elisheva] te gaan sien tydens Sukkot.

Die hele Profesie is nie op audioband nie. Die audioband begin na ongeveer 1/3 van die Profesie.

* * * * * * *

Profetiese Woord begin:

Sê vir hulle hulle moet op die 5de kom, want alhoewel daar nie vyf is wat vergader nie, simboliseer dit die 5 wyses (Mat. 25: 1-13)

As gevolg van die nuwe Woord wat uitgekom het, moet [jul] nie fokus verloor daarvan nie.

En hierdie Woord is verskillend van die ander want EK het dit alreeds bewys terwyl EK die aarde op hierdie dag van Oordeel in MY toorn skud!

Maak gereed om die dominoes te sien val. Onthou Psalm 91, al sien julle 10,000 langs julle val en dit lyk asof almal om julle val, want dit is EK, YAHUVEH wat hulle platslaan.

EK skud hierdie wêreld in MY toorn!

Maar hulle wat MYNE is hoef nie vir MY bang te wees nie. Want julle is in die palm van MY hand en MY ander hand bedek julle. Julle is soos ʼn babakuiken en EK sê dit nou vir julle sodat julle vere nie deurmekaar raak nie, want julle gaan sien wat julle liewer nie wou sien nie en hoor wat julle liewer nie wou hoor nie.

Maar moenie toelaat dat vrees julle oorweldig nie, onthou waar julle vertroue is. Moenie julle vertroue in die ekonomie plaas nie, nie in finansies nie, nie in julle werk waar julle in diens is of watter besighede julle besit nie. Plaas julle vertroue net in MY, ABBA YAHUVEH en MY Eniggebore Seun YAHUSHUA julle MASHIACH en die kosbare RUACH ha KODESH. Hou julle vertroue en julle oë op die beloftes wat EK vir julle gegee het. Wees waterlopers. Petrus sou nie geweet het dat hy op die water kon loop as hy nie uit die boot geklim het en daardie eerste tree na YAHUSHUA toe gegee het nie. Dit was vrees wat veroorsaak het dat hy begin sink het, maar toe sy oë weereens vir YAHUSHUA aanskou het,

Band-opname Begin Hier:

kon hy weer op die water loop. Dit is wat EK van julle vra.

(Mat. 14:28: En Petrus antwoord Hom en sê: Meester, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

29 En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Yahushua te gaan.

30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Meester, red my!

31 En Yahushua het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?)

Julle moet geloof-waterlopers wees want die dinge wat julle in hierdie wêreld gaan sien, veral in 2010, sal baie harte in vrees laat beswyk. Moenie julle geloof in enige regering van die wêreld plaas nie. Moenie julle geloof in enige politikus plaas nie, want hulle motiewe is hul eie. Hierdie is die Woorde wat EK vir julle wil sê, want EK het met MY skudding begin en dit sal nie ophou nie. EK weier om vir Sodom en Gomorra om verskoning te vra.

Julle lande wat aanhou om sonde te wettig, kyk wat EK aan julle gaan doen. Die van julle wat julself Christene noem en stilbly, moenie by MY kom kla wanneer julle geen vryhede meer het nie, want julle bly stil. Julle laat ʼn paar protesteer. Julle laat die ander voortpraat. Sien julle dat die vyand nie stilbly nie? Merk julle op dat hulle wat sonde verkondig nie stilbly nie? Hulle skree met harde stemme selfs wanneer hulle in die minderheid is. Satan se diensknegte is nie stil nie. Hoekom is YAHUSHUA se diensknegte stil? En wanneer EK praat van diensknegte, praat EK nie met julle asof julle ʼn dienskneg is, in die sin wat julle die woord gebruik nie. EK praat met hulle wat YAHUSHUA dien.

Hoe min praat. Hoe min verdedig dit wat Heilig is.

Onthou oordeel begin by die Huis van die Here. (1 Petrus 4:17) Hoekom protesteer al die kerke nie? Hoeveel kerke is daar? Hoekom protesteer die kerke in elke land nie teen hierdie afskuwelike wette wat uitgevaardig word nie? Hulle trek net hul skouers op. Hulle bemoei hulle met hul eie sake. So, moenie verbaas wees, o georganiseerde kerke, wanneer die regering na julle toe kom en julle vryheid om te preek wegvat en ʼn uitsluitteken (foreclose) op julle kerke hang nie. Moenie verbaas wees wanneer julle land afgeneem word nie. Moenie verbaas wees nie, julle wat so selfvoldaan met julle miljoene is.

EK praat nou met die welgesteldes - julle plaas julle vertroue in julle finansies, moenie verbaas wees wanneer dit alles maar net krummelrige stof - as in julle hande is nie. (Mat 19:24, Lukas 16:19-31)

EK sal julle wys.

EK sal hierdie wêreld wys.

Baie sal die boodskap begin kry wat in 2010 gaan begin, maar EK waarsku julle nou kinders, sodat julle nie kan sê Pappa het julle nie gewaarsku nie. EK berei julle nou voor sodat julle nie geskok sal wees nie en EK bemoedig julle nou, want julle ABBA wil nie hê dat julle harte ontsteld moet wees nie, want EK het julle lief. Net soos in die ou dae, toe EK wonderwerke voorsien het en niks het verander nie. So, hou styfvas aan die soom van YAHUSHUA se kleed.

Hou aan om in SY gestrote Bloed gewas te word.

Staan in die mantel van SY geregtigheid en EK verseker julle, julle gebede word in die Hemel daarbo gehoor.

Wandel in Heiligheid sodat satan julle nie kan beskuldig nie. Wandel in heiligheid sodat julle nie enige skande op die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH bring nie.

MY ore is op ʼn spesiale manier oop, Elisabeth [Elisheva] jy het dit weer gesê toe jy gebid het. Dit is asof jy ʼn speld kon hoor val toe EK sien julle bely enigiets wat MY nie behaag nie, want hierdie is ʼn spesiale dag vir almal wat Yom Kippur waarneem. Soos wat elke versoek in julle gebede voor MY gebring was, het MY woede terselfdertyd die aarde geskud. Net soos in die outyd met Moses, was die kinders van Israel beskerm en hulle wat ʼn ander skepper aanbid het, was nie. Niks het verander nie. EK sal hulle seën wat vir MY ʼn seën is. EK sal hulle vervloek wat vir MY ʼn vloek is, en so het EK vandag gespreek, julle ABBA YAHUVEH.

[As bevestiging vroeër vandag het Kathrynyah, terwyl sy in gebed was, in die geestesrealm gelowiges in YAHUSHUA soos klein kuikentjies gesien wat nodig gehad het om deur YAHUSHUA opgepas (herded) te word. HY het SY hande gevat en ons gelei asof ons klein kuikentjies is.]

So is dit Gespreek. So is dit Geskryf op 29 september 2009

ʼn Kind, Vegter, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH Apostel Elisabeth S. Elijah [Elisheva Eliyahu]

Psalms 2

Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?

Die konings van die aarde staan gereed, en die heersers hou saam raad teen Yahweh en teen sy Gesalfde en sê:

Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

Hy wat in die hemel woon, lag; Yahweh spot met hulle.

Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy gramskap sal Hy hulle verskrik:

Ek tog het my Koning gesalf oor Tsion, my afgesonderde berg.

Ek wil vertel van die besluit: Yahweh het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot.

Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!

Dien Yahweh met vrees, en juig met bewing.

12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Geseënd is almal wat by Hom skuil!

Jeremia 26:3

3 Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die rampspoed wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.

Deuteronomium 13:4

4 Julle moet Yahweh julle Elohim navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

Mattheus 25: 1-13

1 Dan sal die koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

6 En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

11Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!

Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê vir julle, ek ken julle nie.

Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

Lukas 16:19-31

19 En daar was 'n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe.

20 En daar was 'n bedelaar met die naam van Elázar wat vol swere voor sy poort gelê het.

21 En hy het verlang om hom te versadig met wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek.

22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die boodskappers weggedra na die boesem van Avraham.

23 En die ryk man het ook gesterf en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Avraham van ver af en Elázar aan sy boesem.

24 En hy roep en sê: Vader Avraham, wees my barmhartig en stuur Elázar, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

25 Maar Avraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Elázar die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

26 En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie.

27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur –

28 want ek het vyf broers - om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.

29 Toe sê Avraham vir hom: Hulle het Mosheh en die Profete; laat hulle na hulle luister.

30 Maar hy antwoord: Nee, vader Avraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.

31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Mosheh en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

Mattheus 19:24

24 En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van Elohim in te gaan.

Print Friendly and PDF