Profesie 117

EK, YAHUVEH SÊ, “Oordeel is Vasgestel!”

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die

RUACH ha KODESH

deur Apostel Elisabeth Sherrie Elijah

[Elisheva Eliyahu]

Gegee 6 Junie 2008

Vrygestel 3 Februarie 2010

* * * * * * *

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die Shkhinyah Glorie se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH,dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8


In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gesê om die volgende vanaf 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:


2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

1 Sam 15:22 :

22 Daarna sê Shemuél: Het Yahweh behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van Yahweh? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme

Filippense 2:12

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie verlossing uit met vrees en bewing;

* * * * * * *

Elisabeth[Elisheva]: (Besig om te bid terwyl die salwing so intens is en sy die teenwoordigheid van YAHUSHUA aanvoel.) Wat is dit YAHUVEH? Wat is dit Geliefde YAHUSHUA? In die middel van my gebede het U begin praat en ek het die Heilige vuur in my beendere begin voel. U het my vandag wakker gemaak en U het vir my gesê dat U wil praat. Heilig, Heilig, Heilig, ons aanbid U. Ons loof U. Ons het U lief. Ons bemin U. Wat is dit geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH? Wat is dit Geliefde ABBA YAHUVEH?

* * * * * * *
* * * * * * *

Profetiese Woord begin:

O, MY Geliefdes, EK het julle vandag wakker gemaak en EK bring in herinnering wat gebeur met die vyande wat satan hierdie kant toe stuur. EK herinner jou aan name wat lank reeds vergete is, nogtans is hulle nie deur MY, YAHUVEH vergeet nie.

Om jou emosies teen hierdie verraderlike, pynlike herinneringe te beskerm, blokkeer jy dit uit. Maar net EK ken die pyn wat hulle veroorsaak het. Nogtans gebruik EK dit, Elisabeth[Elisheva], vir MY Eer, om weer en weer aan satan te bewys dat nie roem, ook nie rykdom en selfs toe jou eie lewe oor en oor bedreig was, die lyding wat jy aan die hand van satan verduur het, jy MY nogtans nie verraai het nie. Jy sal MY nie uit-verkoop nie. Jy het nie hierdie Bediening vir satan gegee nie.

Die woorde wat jou vyande spreek maak YAHUSHUA so diep seer. Hoe durf enige vyand die BLOEDLYN kruis en sê, “Hierdie Bediening dien satan,” en jou daarvan beskuldig dat jy ʼn vals profeet is en siele na satan toe lei? Jy bid dat hulle moet berou toon, maar MY liewe kind, oordeel was alreeds vasgestel! Alhoewel die vyande, veral die louwarm Christene, net profesieë wil hoor wat hul jeukende ore streel, is hulle kwaad vir jou wanneer jy MY waarskuwings uitspreek om te berou en jy sê vir hulle om op te hou met ʼn vorm van heiligheid, maar daar is geen heiligheid binne-in nie! Net soos met Koning Saul toe die gees van kranksinnigheid van hom besit geneem het toe hy aanhoudend vir Dawid van Ouds vervolg en hom probeer skade berokken het. Hierdie vyande is gevul met donker demone van haat vir hierdie Bediening en almal wat Heilig voor MY is. Die bose herders lieg en verwar en probeer MY Skape en Lammers wegdraai van jou af want jy spreek MY waarhede voort.

Ellende wag vir almal wat voor ʼn woedende YAHUVEH sal staan op die Oordeelsdag! Die Heilige Boeke sal geopen word en almal se name is gelys, soos hulle wat verraad gepleeg het probeer het om alles wat Heilig is te vernietig! Sommige van MY Kinders is martelare en word gedwing om te sterf as gevolg van die vyande wat MY haat; vir beloning het hulle lasterlike leuens verkondig. Die vyande sal nou en in wat genoem word die Groot Verdrukking, selfs familielede verraai om gedood en gemartel te word (Matt 24; Markus 13:12-13). Sommige vyande teen wie jy nou veg, sal berou toon en weghardloop van wetteloosheid af en sal gemartel word terwille van YAHUSHUA se Naam.

Jy sal bose vyande op die geestelike Berg Karmel ontmoet en beveg. Die vyande se bose werke sal geoordeel word net soos die vals profete van Baäl (1 Konings 18:17-40). Wanneer die tyd kom sal EK jou gebruik net soos EK Elia van Ouds gebruik het, want EK noem jou MY Nuwe Elia

[in Hebreeuse taal Eliyahu]

Baie van die vyande wat jou nou en in die toekoms aanval, sal net soos Judas, hulle siel vir die 30 stukke silwer verkoop en die merk van die dier ontvang vir almal om te sien (Matt. 26:14-16, Open 14:9-11). Waarsku hulle nou dat dit ʼn onvergeeflike sonde is. Siele van verworpenes, wie alles wat Heilig is bespot en haat, sal Jeremia 6:27-30 dra en MY wraak sal hulle volkome toemaak. Dit is geen ongeluk wie hierdie Bediening vind nie, sommige sal die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wees, sommige sal die Gaste by die Bruilofsmaal van die Lam wees, sommige sal die vyande van jou siel wees, want hulle is MY vyande want almal sal getoets word!

Almal, almal, almal wat na Amightywind Bediening toe kom, almal wat dit lees of na een Woord daarvan luister, word getoets. Hoe hulle jou ontvang, is hoe hulle MY ontvang. Hulle kan ander mislei maar wat hulle saai sal hulle maai! (Gal 6:7-8).

Elkeen moet bid en hierdie vraag vra, “Voldoen hulle aan die mate van Heiligheid? Is hulle in die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH toegemaak? Begeer hulle en streef hulle daarna om MY Woorde in die Heilige Skrifte en Profesieë te gehoorsaam?”

Trek hulle hul skouers op, bedek hulle ore en sê, “Gaan weg! Ek kan sondig soveel ek wil. Niemand kan my keer nie. Per slot van sake, JESUS CHRISTUS het vir my gesterf en opgestaan. As jy vir my sê ek moet berou toon en wegdraai van my sondes, sal ek jou net weer vervloek!” Kinders, besef julle nie julle vrugte verteenwoordig die manier hoe julle jul lewe vir YAHUSHUA HA MASHIACH lewe nie? (Joh 15:1-16). Julle kan nie soos die duiwel lewe nie en sê, “ek verklaar ek is ʼn Christen, so genade en guns sal my in elkgeval dek”.

EK waarsku jou nou, jy sal gehaat word en bose dinge sal van jou naam gesê word, selfs wanneer jy in waarheid en liefde bedien (Lukas 6:22-23). Die vyande en veral hulle wat hulself Christene noem, maar aan hulle bose vrugte sal jy weet dit is ʼn leuen (Matt 7:15-23), die vyande haat hierdie Profeet en hulle haat almal wat deel van Amightywind Bediening is, want EK, YAHUVEH, sal nie die Leierskap wat in MY voetspore volg, toelaat om met sonde te kompromitteer nie. YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid sal nooit kompromitteer wat hulle weet die waarheid is nie! Hulle sal voor satan staan en sy diensknegte se leuens bestraf!

MY Geliefde Kinders, dit behaag MY omdat julle sonde en sondaars bestraf het wat weier om berou te toon en weg te draai van hul sonde en julle weier om deur die sondaars se leuens beinvloed te word. EK vertel vir julle ʼn geheim, EK het ʼn goue juweelversierde boek in die Hemel wat vir elkeen van MY Heilige Kinders ontwerp is wat sonde en sondaars bestraf, wat daarna strewe om te gehoorsaam, wat satan in YAHUSHUA se NAAM bestraf. Hier is ʼn geheim (Aan Sheren wie sê hierdie Bediening het baie geheime, Die Bybel sê in Amos 3:7 “YAHUVEH deel SY geheime met die Profete”), in jou spesiale boek is daar name wat jy lankal vergeet het, wat jou gespot en vervolg het, jou sonder rede gehaat het, wanneer al wat jy vir hulle gedoen het was om te bid dat hulle hul sonde sou los.

EK, YAHUVEH, het elke traan wat jy gestort het, in ʼn juweelflessie met ʼn Heilige Engel wat dit versorg (Psalm 56:8). En wanneer jy vervolg word terwille van YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam, weet dat wanneer die bose jou probeer veroordeel en jou beskuldig, dat EK, YAHUVEH sommige venynige vyande van jou, veroordeel het terwyl jy gebid het en sal aanhou om hulle te veroordeel! Die Heiliges wat uitroep na MY, “Verlos my uit die hand van hierdie bose vyande!”, sal verlos word (Jer. 15:21)!

Elisabeth[Elisheva], baie van jou mees boosaardigste vyande is nou in die hel, want deur MY Hand het EK hulle lank genoeg laat lewe om hul eie graf met hul tong te grawe, om hulle onbelyde sonde op te hoop, totdat hulle simbolies die vlak van die hel bereik het wat EK vooruit geweet het hulle sou betree. Jy het nie weer van hulle gehoor nie want EK, YAHUVEH het jou verlos uit die hand van die vyande wat jou lewe probeer neem het, en EK het hulle van die aangesig van die aarde verwyder toe hulle dit die minste verwag het! Sommige se name ken jy (Angie Ray, Bobbie Barnes om maar net twee te noem), want jy het gehoor hulle is dood. Ander vyande wat jy teen veg, neem skrifte en verdraai dit en sê dat hierdie Bediening ʼn haatbediening is. Dwase mans en vrouens, weet hulle nie dit is nie haar haat vir sonde nie, dit is MY, YAHUVEH sn, vir sonde! Vir elke onbelyde sonde is daar ʼn prys om te betaal (Rom 6:23). Die vyande grawe nou met hulle monde (tot) die vlak van die hel wat hulle sal bewoon wanneer hulle sterwe, as hulle nie berou en wegdraai van hierdie boosheid nie!

Onthou die man wat jy ‘die geleerde gek’ genoem het? (www.allmightywind.com/hell/soulbattle.htm)

Jy het sy brief voor die hele wêreld geplaas toe hy alles wat Heilig is bespot het. Jy het vir hom geskryf en vir hom gesê toe hy jou vervolg het, dat hy nie volgende jaar dieselfde tyd nog sou lewe nie. Wat jy geprofeteer het, het gebeur en hy het voor daardie tyd gesterf. EK het jou gestuur om hom te waarsku. Hy was na die Bediening toe gestuur en hy het dit ʼn vloek genoem en sy jong seun geleer dit is nie nodig om GOD te vrees nie want GOD bestaan nie. Jy het hom gewaarsku, hy het nie geluister nie en nou wens hy hy het! Die geleerde gek wat by jou gespog het met sy kollegegrade is nou in die hel en het uitgevind wat jy gesê het was waar en hy skree nou hardop, “YAHUVEH ek glo nou in U!”

EK kan in besonderhede ingaan maar dit sal geen doel dien nie. Weet net dit, jou vyande en die vyande van al YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid sal soos dominoes val en soos ʼn Goliat nooit weer opstaan nie. Jou vyande se lewens was nooit weer dieselfde nie. Vir diegene wat nog lewe, daar is nog tyd om te berou en jullself te verneder en om verskoning te vra. Want wanneer julle probeer om Heilige Bedienings soos hierdie en ander te vernietig, raak julle nie ʼn eenvoudige vrou of man aan nie, julle het die appel van MY oog aangeraak.

Julle wat soos ʼn wolf in skaapsklere optree, julle skree so hard, “Gee pad van Amightywind Bediening af!” EK sal julle veroordeel omdat julle die Skape en Lammers mislei as julle nie gou berou en verskoning vra omdat julle bose lasterlike leuens verkondig nie. Erken dat julle ʼn Heilige Bediening gehaat en aangeraak het. Dit is nie julle taak om dit te oordeel nie, want hierdie Bediening is deur MY georden. EK, YAHUVEH weier om jou, Elisabeth[Elisheva] toe te laat om verskonings vir hulle te maak terwyl hulle met sonde kompromitteer. Wanneer EK vir jou ʼn verworpe siel wys, moenie bid dat hulle sal berou nie, want hulle is slegs geskik vir MY Oordeel (Jer. 7:16, 11;14, 14:11-12; 1 Joh 5:16). Hulle sal net soos Kain, Esau en Judas hel toe gestuur word!

EK, YAHUVEH spreek nou ʼn nuwe Woord oor ʼn ander onderwerp. Wat hierdie salwing in jou opgeroer het, terwyl jy in gebed was het jy seëninge op YAHUSHUA se demon Stompers gebid. MY geliefde gebedsintersessors wat EK soos ʼn skild gebruik om die wapens te deflekteer wat teen die leierskap van die Bediening gemik was. YAHUSHUA se demon Stompers was getoets as lojaal en hulle is betroubaar op die voorste linies. O, hoeveel opofferings, hoeveel trane het hulle gestort! Hulle is MY Geliefde YDS en waarlik, hulle belonings sal hulle Hemel toe volg en al hulle gebede is vir MY ʼn seën en is uit die Hemel gestuur.

Moenie treur wanneer mense die waarhede in die Heilige Profesieë aanvaar en dan weer terugdraai na die hond se braaksel en hulle draai teen hierdie Heilige Bediening as hulle sê, “Dit is geen plesier om Heilig te lewe nie en ek (sal) liewer terugdraai na my sondige wee” (Spreuke 26:11; 2 Petrus 2:22). Nie almal is geskik om in MY Hemelse Weermag te wees nie.

EK vertel jou nou dit, sodat jy weet, EK vertel jou vooruit van vyande wat jou hierdie jaar 2008 in ʼn geestelike oorlog aanval soos nog nooit tevore nie. Moenie bekommerd wees nie. Deur die NAAM en die BLOED van YAHUSHUA sal jy oorwin! Vas, ook kommunie (nagmaal) en die Jerigo Marse is ʼn wapen wat jy nodig het, nie net vir jouself nie maar ook vir ander om die oorwinning te hê. Kommunie (nagmaal) is ʼn geheime wapen. Gebruik dit vrylik. Moenie ophou met dit wat jy weet werk nie.

Onthou MY Geliefdes, moenie julle pêrels voor die swyne werp nie (Matt 7:6). Die swyne is hulle wat weier om na die waarheid te luister. EK stuur jou voort na ander wat EK gestuur het wat sal luister en elke Woord gehoorsaam wat EK in die Heilige Profesieë spreek. EK, YAHUVEH profeteer dit alles, alles, alles, alles, die Profetiese Boodskappe wat EK uitgespreek het sal nie net in Engels wees nie maar dit sal in Samoans wees. En Elisabeth[Elisheva], die sterkste salwing wat jy ooit geken het, het EK in Maui, Hawaii op jou gesit voor ʼn kamer vol getuienisse. ʼn Buddis het erken dat Buddah nie kon doen wat hy toe gesien het JESUS CHRISTUS doen toe EK jou gesalf het nie, Elisabeth[Elisheva] en hierdie man genaamd Frank, het toe jy voor die mense in Maui, Hawaii gebid het, sy lewe daardie dag vir YAHUSHUA gegee en lei siele Hemel toe en vertel elkeen dat YAHUSHUA, JESUS CHRISTUS nie kan misluk nie!

(Sien asb Gesalf in Hawaii: http://www.allmightywind.com/Elisabeth/hawaii.htm lees oor die grootste Salwing tot dusver wat op ElisabethElijah [Elisheva Eliyahu] gekom het.)

ʼn Samoaanse pastoor wie sy kerk met ʼn ystervuis regeer het, het jou gehoor profeteer en alhoewel hy enige vrou verbied het om in sy kerk te preek, moenie die dag vergeet toe EK hierdie wonderwerk gestuur het toe hy jou met ʼn nederige gees gevra het om te kom en te profeteer en by sy kerk in Maui, Hawaii te preek nie. Jy het na die Samoaanse mense uitgereik waar EK jou na daardie Samoaanse pastoor gestuur het.

Jy was gegrief omdat jy nooit die vrugte gesien het nie, deur in daardie Samoaanse kerk te bedien as die eerste vrou wat toegelaat was om dit te doen, want jy was betrokke in ʼn egskeidingsgeveg vir toesig oor jou kind en moes gaan.

EK het ʼn Profetiese woord uitgespreek dat jou stem in die Samoaanse taal gehoor sal word. EK het jou uitgestuur sodat New Zealand die waarhede kon hoor wat EK in die Heilige Profesieë gespreek het. Samoane wat luister en YAHUSHUA HA MASHIACH as ALMAGTIGE GOD, HERE en VERLOSSER aanvaar, sal geseënd wees.

EK, YAHUVEH het dieselfde deur jou mond vir Afrika geprofeteer. Die (Profetiese) Woorde sal nie net in Afrikaans wees nie. Afrikaans Die Profesieë sal deur baie regoor die wêreld vertaal word. transcribed by many around the world EK, YAHUVEH, speel met jou vyande en lag vir hulle. Sien jy die verwarring van die vyand? Hulle het hierdie sonde op hulself gebring. Het EK nie in die Heilige Skrifte gewaarsku, “Raak MY gesalfde nie aan nie en doen MY Profete geen leed aan nie”(1 Kronieke 16:22, Psalm 105:15)? Nogtans weier hulle om te gehoorsaam, maar bespot en verag eerder dit wat hulle nie verstaan nie en wat hulle nie eers probeer om jou te vra of tot MY te bid nie.

Die vyande kyk met vrees na Amightywind se Dienaars wetende dat hulle hul nie kan stilmaak nie. Die vyande kyk hulpeloos toe, hoe Almightywind Bedienige voor hulle oë floreer en groei. EK hoor hulle komplotte en planne om jou te vermoei, om die bediening op te gee. EK, YAHUVEH stuur verwarring in die vyande se kamp en EK sal hulle skei wie wetteloosheid voortspreek en dit verkondig. Dit beteken EK, YAHUSHUA waarsku EK het MY skeidingswaard en EK skei families wat ʼn gevaar is vir MY Heiliges in die spoedig komende dae (Matt 10:34-36)! Die vyande weet nie hoe om julle te keer om die Heilige Profesieë uit te spreek nie. Die vyande se kamp is gefrustreerd en verslaan terwyl EK dieselfde Profetiese Woorde in baie verskillende nasies oprig en dit is net die begin.

EK, YAHUVEH, het baie jare gelede deur Elisabeth[Elisheva] geboorte geskenk aan hierdie Bediening. As haar lyding nie groot was nie, sou hierdie Bediening nie so ʼn groot salwing gehad het nie, want die dienskneg is nie groter as die Meester nie (Joh 13:16; 15:20). YAHUSHUA is die MEESTER. Die pyn wat sy verduur het, sal niemand ooit weet nie, net EK. Die prys wat sy betaal het sal niemand weet behalwe EK nie. Selfs die man wat sy haar eks-man noem, wat nooit in die oë van die Hemel ʼn man was nie, het oor en oor aan haar gesê hy “moet hierdie Bediening stop,” en hy “moet doen wat die satan beplan het om hierdie Bediening te stop.” Hy sou haar spot terwyl hy haar misbruik het en het gesê, “ ek het jou gewaarsku om hierdie bediening te stop. Sien jy wat jou GOD my laat doen?” Maar EK het daardie bose planne van satan gedwarsboom toe EK haar lewe soveel kere gered het van hierdie bose man wat haar probeer doodmaak het.

EK het haar gebede beantwoord. Sy is getoets. En nou het EK bewys wie EK, YAHUVEH kan vertrou - wie MY sal gehoorsaam as leiers van hierdie Bediening[Ek vertrou hulle wat MY gehoorsaam]. Waar daar voorheen een vrou die leier van hierdie Bediening was wat EK georden en gesalf het, is daar nou leiers van hierdie Heilige Bediening [leierskap van AMIGHTYWIND MINISTRY] en EK noem hulle.

EK gee ʼn mandaat aan almal wat EK orden en salf om Geestelike leiers in ʼn Bediening te wees: EK vereis julle gehoorsaamheid aan MY, YAHUVEH in alle opsigte, want dit is ʼn getuienis van hoe lief julle YAHUSHUA HA MASHIACH het. Wanneer julle HOM gehoorsaam, gehoorsaam en behaag julle MY. (Joh 14:23-24).

Wanneer julle ʼn Jerigo Mars doen en vas, het julle dit vir julleself net so nodig soos wat julle dit vir ander nodig het. Neem die name van die verworpe vyande na MY wanneer julle bid en net soos EK vir Joshua by Jerigo gedoen het en die mure ineengestort het (Jos 6)! So spreek EK ook hierdie waarskuwing aan enigeen wat probeer vernietig wat EK, YAHUVEH voortgebring het. MY vyande, wat julle vyande is, sal weereens onder die geestelike mure van Jerigo vergruis word!

Hierdie jaar sal jy met jou eie ore, jy sal sien, jy sal hoor hoe EK verworpe sondaars beloon wat MY Heilige Bediening vervolg het en dit wat EK YAHUVEH goed genoem het, boos noem! Jou vyande is MY vyande en hulle haat jou omdat jy die waarheid voortspreek, want hulle verkies die leuens. Die bose mense val almal aan wat Heilig is, wat verkondig, “Bely, draai weg van sonde voor jy hel toe gaan!” Die mees gevaarlike vyande is hulle wat hulself Christene noem maar dit nie is nie (2 Kor 11:12-14). Hulle is van die sinagoge van satan! (Open 2:9; 3:9)!

Die bose vyande wat satan stuur om jou te martel, oefen elke dag hoe om MY, YAHUVEH kwaad te maak en bespot die Gestorte BLOED van YAHUSHUA jou MASHIACH! Sommige sê hulle ken MY SEUN en tog ken hulle HOM net met hulle kop en nie met hulle hart nie. Daar is geen vrees wanneer hulle weet hulle het gesondig en HOM beledig nie. Die begin van wysheid is die vrees om jou SKEPPER te beledig! Die Heiliges het Heiliger geword, die bose het boser geword. MY wraak, MY oordeel het neergekom en sal aanhou neer kom tot MY woede uitgeput is.

Heilige Bruid, julle vra vir MY Oordeel teen homoseksualiteit en hierdie bespotting van dieselfde geslag huwelike, die kloning van mense, die vermenging van ʼn menslike embrio en ʼn dier. Julle gaan MY Oordeel sien neerkom. Hou aan om hierdie dinge op te lig na MY (1 Tess 5:17). Moenie moeg raak wanneer julle bid nie (Luk 18:1-8). Marsjeer in Oorwinning en weet dat EK gaan antwoord wanneer spoedige Oordeel op hierdie vyande neerkom. Julle sal ry vir ry, reel vir reel al hierdie dinge sien gebeur.

Wanneer Elisabeth[Elisheva] sê, “Daar is nie een persoon wat ons kan vertrou nie. Ons hou aan om die vals Bruid van YAHUSHUA te ontmoet. Waar is die regte Heilige Bruid wat weier om met sonde te kompromiteer?” Het EK aangehou om vir [haar] te sê om te wag, Ek sal die ware Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH bring. Nou het EK, YAHUVEH sommige van YAHUSHUA se Bruid gebring om sy aan sy te woon. Onthou, wanneer EK na een van YAHUSHUA se Heilige Bruid kyk, sien EK terselfdertyd almal van julle.

Hulle wat YAHUSHUA se demon Stomper Gebedsvegters, die Intersessor Gebiedsvegters van hierdie Bediening genoem word, julle ken alreeds die getroues, hulle bestraf sonde en kompromitteer nie met sonde nie en maak ook nie verskoning vir onbelyde sondaars wat weier om die sonde van die vlees te beveg nie. YAHUSHUA se demon Stompers staan vegtend langs jou.

YAHUSHUA se demon Stompers is oor die hele wêreld versprei. Jy ken nie eers hulle name nie maar hulle ken joune en jy het hulle geseën deur die Woorde wat EK, YAHUVEH vir hierdie Bediening gegee het. MY kinders ontvang MY woorde van lewe wat EK in die Profesieë voortgespreek het en die Profetiese Woorde wat uitgespreek is, gemeng is met geloof in wie YAHUSHUA is, het wortel geskied en gegroei tot waar hulle wat geseënd is, groei in hulle hordes!

Mense se lewens is verander want hulle hoor die gesalfde Woorde uit die Hemel en hulle gee Eer aan YAHUSHUA HA MASHIACH. Wanneer jy jou mond oopmaak en MY toelaat om dit met MY Woorde van Profesie te vul, gee EK hulle ʼn Woord van Lewe wat beloftes vir hulle inhou. Elisabeth[Elisheva], jy sal hulle wat geseën is deur die Heilige Profesieë, in die Hemel ontmoet, as jy hulle nie op aarde ontmoet nie. Heilige Profete was vervolg terwille van YAHUSHUA se NAAM, so ook evangeliste (Joh 15:20). Groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel! (Matt 5;11-12; Lukas 6:22-23).

Elisabeth[Elisheva], een van jou belonings is al die geseënde mense wat jou op alle gebiede ondersteun en help. Evangeliste wat siele bereik help jou om die mense na YAHUSHUA MESSIAS toe te lei. Mense wat vissers van mense is en siele na YAHUSHUA HA MASHIACH toe bring, julle sal in die Hemel beloon word hiervoor. Weereens, hierdie belofte is nie net vir Elisabeth[Elisheva] nie, maar vir alle evangeliste. Julle sal in die Hemel aan hulle voorgestel word, elke siel wat julle aangeraak en gewaarsku het, terwille van YAHUSHUA HA MASHIACH se Eer alleen. Onthou wanneer julle HOM verheerlik en HOM dien en HOM liefhet doen julle dit vir die RUACH HA KODESH en vir MY. Wanneer julle selfs net ʼn beker water vir hierdie Profeet gee, doen julle dit asof vir MY en dit geld vir almal van julle wat EK YAHUSHUA HA MASHIACH se Bruid noem. (Matt 10:40-42).

Elisabeth[Elisheva], EK het hierdie Profetiese Woord op jou moeder se geboortedag vrygestel, 6 Junie. Sy is nou in die hel, jy het probeer om haar na YAHUSHUA toe te lei en satan laat haar nou tallose doodsangs ly want sy het gefaal in haar pogings om jou lewe te neem voordat hierdie Bediening gebore kon word. Jy sien, EK, YAHUVEH het ʼn doel gehad en MY doel is bereik en maak nie saak hoe iemand probeer het om jou lewe te neem nie, en nogsteeds doen, EK het jou toe beskut en EK, YAHUVEH, beskut, voorsien en beskerm jou nou soos ʼn baba kuikentjie in die palm van MY hand. Maak nie saak watse wapen teen jou gesmee was nie, nie net jou lewe nie maar hierdie Bediening het oorleef (Jesaja 54:17). Maar jy lewe, tot vele ontsteltenis van jou vyande wat hulle haat wie MY gebooie gehoorsaam! En ALEPH en TAV Almightywind RUACH ha KODESH Bedienings groei steeds in die Salwing ,en lewe nie net nie, maar floreer! En EK gebruik hierdie Bediening tot Eer van YAHUSHUA HA MASHIACH om lewens te verander.

So is dit gespreek, so is dit geskryf.

Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah[Elisheva Eliyahu]

6 Junie 2008.

Tot U Eer, ABBA YAHUVEH. Amen! Amen!

* * * * * * *

Kommentaar deur Elisabeth[Elisheva]:

Weet dat YAHUSHUA jou sondes sal vergewe en dan moet jy jouself vergewe! Jy moet berou, wegdraai van sonde en glo dat deur YAHUSHUA jy ook die mag het om sonde te bestraf. Jy bid dat jy deur HOM die krag het om sonde te bestraf. Jy moet glo dat YAHUSHUA jou vergewe het en dan gaan jy weer vorentoe met ʼn skoon bladsy. (Ps 51:2-4) “Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ek ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou”.

Elke Profesie word deur die Skrif gerugsteun. Hier is die Skrifte wat dit rugsteun:

Deut 32:41 : “As EK MY glinsterende swaard skerp gemaak het en MY hand na die strafgerig gryp, sal EK wraak oefen op MY vyande en MY haters vergelde”.

Jesaja 59:19 : “Wanneer die vyand inkom, sal die GEES van YAHUVEH ʼn standaard teen hom oprig”.

1 Kor. 16:22: “As iemand YAHUSHUA HA MASHIACH nie liefhet nie, laat hom ʼn vervloeking wees! Maranata!” Kom YAHUSHUA! Kom!

1 Kor. 1:27 : “Maar YAHUVEH GOD het die dwase dinge van die wêreld gekies om die wyses te verwar; en YAHUVEH GOD het die swak dinge van die wêreld gekies om die dinge wat magtig is te verwar.”

Jer. 7:23-24 : “Maar hierdie saak het EK hulle beveel, naamlik : Luister na MY stem, dan sal EK vir julle ʼn Elohiem wees en julle sal vir MY ʼn volk wees; en wandel net in die weg wat EK julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie”.

Jer 7:27,28 : “Ook moet jy al hierdie woorde aan hulle meedeel maar hulle sal nie na jou luister nie en jy moet na hulle roep maar hulle sal jou nie antwoord nie.

28 Sê dan vir hulle dit is die nasie wat na die stem van YAHUVEH hulle Elohiem nie geluister het en nie en die tugtiging nie aangeneem het nie: die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond”.

Belangrike Skakels:

Die ‘geleerde dwaas’.

http://www.allmightywind.com/hell/soulbattle.htm

‘Geseënd in Hawai’.

http://www.allmightywind.com/elisabeth/hawaii.htm

Woensdag aand 3 Februarie 2010, is ʼn seldsame verskynsel van Vuurballe in die lug waargeneem wat Noord van Suid-Ierland getrek het na Noord Ierland waar YAHUSHUA se demon Stompers Krygers wat besig was om te vas, aan beide kante van Ierland woon. Dit was teen sononder op die laaste dag van die 21ste dag van vas waargeneem! Die vas met slegs water het op 14 Januarie vir 10 dae begin en die vas het 21 dae later op 3 Februarie 2010 geeindig. YAHUVEH het vir Elisabeth[Elisheva] gesê die YDS se Vaskrygers moet vir 21 dae vas want dit het 21 dae geneem voordat Daniel ʼn antwoord op sy gebede gekry het.

http://www.dailymail.co.uk/sciencetech/article-1248665/Fireball-lights-Irish-sky-extremely-rare-asteroid-falls-Earth-100-000mph.html

YAHUVEH is woedend vir die vyande van hierdie Bediening en ABBA YAHUVEH het vir Elisabeth[Elisheva] en al die YDS Krygers wat vas, ʼn teken gegee dat HY wraak sal neem op almal wat hierdie Bediening en Heilige Profeet belaster het! Dit is in SY tyd en SY manier wanneer hulle dit die minste verwag. Die ergste vyande van hierdie Bediening is nie hulle wie uiterlik boos is nie, maar dit is hulle wie voorgee om ʼn Christen te wees en in die naam van JESUS CHRISTUS bid! Hulle haat hierdie Bediening want dit weier om verskonings te maak vir sonde en sondaars en die boodskappe in al die Profesieë is : berou en draai weg van sonde, moenie soos die duiwel lewe en verwag om Hemel toe te gaan nie. Sy is allerhande bose name genoem omdat sy leer dat jy die 10 Gebooie moet gehoorsaam! Sy is ʼn vals Profeet genoem omdat sy leer dat daar ʼn hel is wat wag as jy YAHUVEH nie gehoorsaam nie!

ElisabethElijah[Elisheva Eliyahu] en al die YDS Heilige Gebedsintersessors het vir YAHUVEH gebid om wraak op SY vyande te neem en Elisabeth[Elisheva] het gebid “Bewys asb dat hierdie vas nie tevergeefs was nie en dat ABBA YAHUVEH SY oordeel op die vyande sal uitstort!” YAHUVEH het Elisabeth[Elisheva] se gebede geantwoord en die teken in die lug gesit met vuurballe wat baie raar in Ierland is en 100,000 myl per uur trek! Ellende wag vir die vyande. Die YDS het gevas en gebid dat YAHUVEH se Oordeel moet neerkom net soos toe Elia van Ouds teen die vals Profete van Baäl geveg het!

Die Rooi See Wonderwerk Vas het 21 dae geduur en ons het baie wonderwerke sien gebeur, maar dit is bo-aan die lys!

Hierdie Profesie was nie vrygestel aan die publiek nie, net 5 mense het dit gehoor. Ons het gedink dit is ʼn persoonlike Profesie wat op 6 Junie 2008 gegee is en sommige persoonlike dele is uitgelaat wat nie vir die publiek belangrik was nie. Ons mede Leraar het hierdie Profesie op 3 Februarie 2010 opgespoor toe sy vir iets anders gesoek het wat YAHUVEH deur Elisabeth[Elisheva] gespreek het. In stede daarvan het sy geweet toe sy hierdie lees dat sy vir Elisabeth[Elisheva] moes skakel. Terwyl sy hierdie Woord gelees het, het beide sy en Elisabeth[Elisheva] duidelik die salwing in dit gehoor en dit het vermeerder en dit moet vrygestel word want dit pas by die omstandighede wat hulle nou teen veg met die vals Profete van Baäl en Jesebel gees in hulle wie hulself Christene noem, maar geen Christus in hulle het nie!

YAHUVEH het gesê dit is nou tyd om dit vry te stel as Profesie 117, want niks het verander nie. Dit is dieselfde oorlog as in 2008 met die Gees van vals Profete van Baäl, Fariseers en Jesebel, net ander gesigte wat onder die Oordeel van YAHUVEH kom! ABBA YAHUVEH het gesê die 21 dae vas het die salwing verhoog en Oordeel was bepaal want dit is met almal gedeel, en veral hardop uitgespreek sodat die vyande dit kan hoor! Dit is nou in proses van handeling.

Malcom Heap, Linda NewKirk, Jack Barr, Sherry Shriner, Steve Thompson, die lys van vyande is in YAHUVEH se hande en HY het bewys deur vir Elisabeth[Elisheva], in YAHUVEH se tyd terwyl ander gebid en gevas het, dieselfde kragte as Elia van Ouds te gee toe hy gebid het en hy ʼn wonderwerk op die Berg Karmel ontvang het en YAHUVEH ʼn teken met vuur gestuur het. So het YAHUVEH dieselfde gedoen en vir ElisabethElijah[Elisheva Eliyahu] ook ʼn teken van vuur in die lug gestuur!

Die naam waaronder YAHUVEH se demon Stomper Gebedskrygers in Suid en Noord Ierland woon is nie belangrik nie, maar wat belangrik is, is die Vuurballe wat van Suid Ierland, waar die vas eerste aangekondig is, tot waar hulle beweer die meteoriete van Vuur in die lug in Noord Ierland geland het, waar ʼn Heilige mede Leraar woon en daarop aangedring het om die watervas langer as die res van die YDS Heilige Vasgebedsintersessors te doen.

Gaan voort en spot vyande, maar binnekort sal julle die vuur van YAHUVEH voel wat julle verteer in SY woede net soos hierdie Vuurballe in die lug! Hierdie Bediening behoort nie aan ʼn vrou of ʼn man nie, dit dra alleenlik net die name van die HEILIGE DRIE-EENHEID! Die Profesieë wat julle belaster is nie uit ʼn vrou nie maar van YAHUVEH, die Oue van Dae, Ewige HEMELSE VADER, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH wie die HEILIGE GEES is! Ons sal nie oor julle treur wanneer dit gebeur nie want julle was gewaarsku om op te hou om, dit wat goed is, boos te noem en nou sal julle maai wat julle gesaai het. In plaas van treur sal ons soos Deborah van Ouds wees en jubel want YAHUVEH het hierdie Bediening geregverdig en SY vyande vernietig net soos die vals Profete van Baäl en Jesebel!

* * * * * * *
Print Friendly and PDF