Profesie 118

Pasop! Die Groot Verdrukking Is Net ʼn Asemteug Ver

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die

RUACH ha KODESH

Deur ApostelElisabeth Sherrie Elijah

[Elisheva Eliyahu]

Ontvang 19 Februarie 2010

Vrygestel op 27 Junie 2010

* * * * * * *

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH Glorie se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:


2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Profetiese Woord Begin:

[Elisabeth (Elisheva)begin in Heilige Tale bid]

“Genoeg is genoeg! Judas was net toegelaat om vir so lank saam met die Apostels te wandel! Ook hy kon nie langer die huigelaarspeletjie speel nie want daar is gelowiges en daar is volgelinge.

Dit is nie genoeg om te sê “Ek glo in YAHUSHUA/JESUS. Ek glo dat daar ʼn GOD in die Hemel is wat genoem word YAHUVEH/YAHWEH. Ek glo daar is ʼn HEILIGE GEES, die RUACH ha KODESH”. Die vraag is, volg jy ONS? Dit is nie genoeg om net te glo nie!

EK ontbloot die verskuilde Judasse. EK ontbloot hulle wie hulself Christene noem en dit nie is nie! EK ontbloot wie die bruid van satan is! Vervalsers is oral om julle. Hulle veg teen MY ware Bruid! Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is in ʼn oorlog teen die bruid van satan!

Julle wil weet wie julle dodelikste vyand is? Dit is nie die heidene wie weier om MY Naam te erken nie. Dit is die Kerk van die Huigelaars!

Op hierdie dag, terwyl dit aan die wêreld uitgeskree word toe iemand genaamd Elton John opgestaan en aan almal geproklameer het, “Ek dink JESUS was ʼn deernisvolle, super intellegente homoseksuele man wat menslike probleme verstaan het. HY het aan die kruis die mense vergewe wie HOM gekruisig het en JESUS wil hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie, want die Bybel sê JESUS was sonder sonde, so dit skakel homoseksualisme uit, so dit kan nie ʼn sonde wees nie.”

Maar EK YAHUVEH het genoeg gehad! Hierdie man, Elton John, durf dit waag om MY Heilige Woorde uit te spreek en dit te verdraai! En sê JESUS CHRISTUS van die Evangelies is ʼn homoseksualis?!

Wêreld, vir hierdie afskuwelikheid sal julle van die Kokende Swart Bloedplaag drink! Maak jou gereed, wêreld! EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vervolgens, EK het genoeg gehad!!!

Hierdie siekte was uitgebroei in diegene wat homoseksualiste en lesbiers is, hierdie siekte het vir MY tydsberekening gewag om na vore te kom. Julle wie verskonings maak vir die homoseksualiste, EK het vir julle tyd gegee om te berou.....

EK sal nie vir julle die dag sê nie, EK sal nie vir julle die maand sê nie, EK sal nie eers vir julle die jaar sê wat hierdie plaag fisies sal manifesteer nie, maar EK sal nou vir julle dit sê, die Kokende Swart Bloedplaag het die Withuis bereik. EK sê vir julle niemand sal ontsnap nie!

Hoe durf enige iemand sê dat wat EK in MY Heilige Woord as ʼn afskuwelikhêid verklaar het, durf julle nou sê dat MY Eniggebore SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH, die perfekte geslagte Lam sonder ʼn merk, sonder ʼn vlek van sonde, deelgeneem het aan ʼn afskuwelikheid, genaamd homoseksualisme,ʼn bespotting van dit wat EK geskape het toe EK Adam en Eva geskape het.

Die Judasse word voor julle oë ontbloot, ja, hulle wat Skrifte aanhaal en tog so baie mislei want hulle volg nie eers die woorde van die Skrif na nie. Ellende wag op die Judasse wat sê, “Moenie die Bybel glo nie. Moenie die Heilige Skrifte glo nie. Gooi weg die Torah, dit is net deur eenvoudige mense geskryf. Skeur uit hierdie Skrif. Skeur uit hierdie bladsy. Skeur uit hierdie hoofstuk”. EK sal vir julle vertel wat EK sal uitskeur, wat EK uitgeskeur het, wat EK uitgevee het, dit is julle name in die LAM se Boek van die Lewe!

EK, YAHUVEH/YAHWEH sê, EK het genoeg gehad, die stryd woed nou lank genoeg. Het EK nie gesê, “In hierdie dae voor die tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot Verdrukking, sal die Heiliges meer Heilig word en die onheiliges meer onheilig.’ (Profesie 90, "Wat is die Naam van die RUACH ha KODESH?")

Nou durf hulle hulself ‘Christene’ noem. Hulle sê, “Moenie bekommderd wees om te sondig nie. Ek waarborg julle in elke geval die Hemel”.

En nou probeer hierdie, goddelose, laakbare mens van wetteloosheid en met die gees van die anti-chris, Elton John, almal in die homoseksualisme gemeenskap en almal wie dit durf waag om hulself Christene te noem, gerus te stel, “Moenie bekommerd wees nie. JESUS CHRISTUS was een van julle. Homoseksualisme kan onmoontlik ʼn sonde wees want julle sien, Jesus Christus was sondeloos”. En tog praat hulle van MY en ken nie eers die Heiligheid van MY Seun YAHUSHUA nie, en hulle praat van MY Heilige Skrifte en tog dien hulle die satan met alles wat in hulle is.

Weet julle MY Kleintjies, MY Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK vertrou julle. EK laat die Judasse toe om in julle midde in te kom, net soos Judas Iskariot in die midde toegelaat was. Verstaan julle nie, hy het ook sy volgelinge gehad, maar EK vertel vir julle, soos EK lank gelede vir jou vertel het, Elisabeth[Elisheva], ellende wag op die Judasse wat probeer het om by hierdie Bediening aan te sluit. Hulle het begin deur die melk te drink en die geestelike vleis te eet en toe verraai hulle alles wat hulle geweet het Heilig was. Daarom verbied EK jou om oor ʼn Judas te treur, want EK doen nie!

Die Judasse wat jou op hierdie aarde verraai, verraai al MY Heilige Bruid, selfs hulle wie saam met hulle in hul eie huishoudings bly. Hoe baie het Judasse in hul eie huishoudings? Hoe baie is in ongelyk gebonde huishoudings, selfs hulle wat hulself MYNE noem? Hulle {die Judasse} het lank gelede in die Hemel in die oorlog met Lucifer verraad gepleeg. Dink julle EK is verbaas? Sê EK nie dat EK toelaat dat die koring saam met die onkruid groei nie? (Matt 13:30). Nou het EK vandag vir julle die onkruid gewys en EK sê dit vir julle, EK het vir julle gesê om die wêreld te waarsku, dit is net ʼn asemteug weg van die Tyd van Jakob se Benoudheid, die Groot Verdrukking.

MY Geliefde Seun (Amightywind Jeugleraar), jy het ʼn leerstuk (teaching) gedoen wat die leuens van die duiwel ontbloot het met betrekking tot die wegneming wat die Wegraping genoem word en hoe min wil die Waarheid weet. Die Kerk van die Huigelaars sal eerder die leuens glo, “leef soos jy wil, sondig net soos jy wil, dit is net genoeg om ander te oortuig dat jy ʼn Christen is, jy hoef nie regtig na te volg wat jy skryf, wat jy praat nie, jy hoef nie ʼn voorbeeld te wees van wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie, dit is net genoeg om voor te gee. Dit is net genoeg om te sê, “Jesus seen jou”.

Ellende wag op hierdie Judasse wat MY Skape en Lammers mislei, maar julle sien MY Skape en Lammers se name is in die LAM se Boek van die Lewe geskrywe en hulle sal weer na die GOEIE HERDER, YAHUSHUA toe terugkeer. Dit mag lyding vereis deur die vure van vervolging met ongekende kwellinge in die Tyd van Jakob se Benoudheid, dit wat julle die Groot Verdrukking noem, maar MY Skape en Lammers sal terugkeer na MY toe selfs al is dit met hulle laaste asem. Hulle geloof sal warm word deur die vuur van vervolging.

Pasop vir hulle wie louwarm is, EK het hierdie Bediening gestuur om MY Woord te spreek om julle te waarsku. EK salf MY Profeet om MY Woorde uit te spreek en omdat sy nie ʼn man met ʼn lang grys baard is nie, dank julle haar af. Julle sê, “GOD kan onmoontlik deur die mond van hierdie eenvoudige vrou spreek.” Julle wil nie hoor nie. Julle wys julle onnoselheid. Julle wys watse jeukende ore julle het.

Die ware rede hoekom julle hierdie Bediening haat is as gevolg van die oortuiging. Julle wil nie vertel word dat louwarm Christene hel toe sal gaan nie en dat julle glad nie Christene is nie en dat julle verkeerd doen wanneer julle nie die 10 Gebooie wil gehoorsaam nie. Julle wil net sê, “JESUS CHRISTUS het die prys vir my op Golgota betaal.”

Ja, YAHUSHUA ha MASHIACH het vir julle die prys op Golgota betaal, maar watter prys het julle vir HOM betaal? Is dit regtig teveel gevra dat julle gehoorsaam? Wanneer julle waarlik wedergebore en met die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES gevul is, het julle nie langer ʼn verskoning om te sondig nie, want julle het die RUACH ha KODESH in julle wat julle veroordeel wanneer julle sondig. Julle sal waarlik begeer om MY, YAHUVEH/YAHWEH te gehoorsaam met elke Woord wat EK spreek.

Ag, so baie sê die Verlossingsgebed en spog en sê, “Ek glo in Jesus,” maar hoe min beoefen wat hulle proklameer om te glo? Julle haat enige Bediening of enige persoon wat julle oor julle sonde veroordeel.

Lig en duisternis kan nie saamgaan nie. (2 Kor. 6:14). Met MY eie hand het MY Woord dit gespreek. YAHUSHUA ha MASHIACH het met ʼn skeidingswaard gekom. (Matt. 10:34). Met MY eie Woorde is dit gespreek en wat is julle reaksie?

Diegene wat nie julle ongelyk gebonde huishoudings wil prysgee sodat hulle julle nie in die Groot Verdrukking kan verraai nie, julle reaksie is, “Brandmerk haar as ʼn vals profeet. Skeur daardie Woorde uit die Bybel uit. Ignoreer dit. Wis hulle uit.” Dit is julle antwoord. “Verlei ander”. Niks het verander nie!

Dieselfde Fariseergees wat MY Heiliges, YAHUSHUA se Bruid, stenig. Hulle (YAHUSHUA se Bruid) lewe elke dag hul lewens om MY te behaag, hulle beweer nie dat hulle perfek is nie en wanneer hulle MY per ongeluk aanstoot gee, bely hulle gou met trane in hul oë en sê, “Ag help my asseblief om nie weer hierdie sonde te doen nie.” Daar is baie soorte sondes, selfs hierdie Profeet deur wie EK nou hierdie Boodskap spreek, sukkel met die sonde van uitstel. Hoe baie van julle struikel oor hierdie een? Julle weet wat om te doen, maar julle doen dit in julle tyd. Ag, julle weet wat EK wil hê julle moet doen en EK praat nie nou van die Tien Gebooie nie. Dit kan iets so gering wees, maar jy doen dit nie. Daar is baie soorte sonde.

Niemand is volmaak nie, elkeen is ʼn onvoltooide werk, maar EK sê vir julle dit, wanneer dit tyd is om YAHUSHUA se Bruid te kom haal, sal dit wees wanneer julle hemelse graderings op die hoogste vlak is, wanneer julle elke dag daarna streef om MY op elke gebied te gehoorsaam, wanneer julle julle liggame lewende offers maak, wanneer julle die eerste Torah Gebod ken, (1ste Gebod : Jy mag geen ander Gode voor MY aangesig hê nie) en dit nie eers terwille van ʼn huweliksmaat of geliefde sal verbreek nie, selfs al sou dit die einde van jou huwelik beteken. Julle besef niemand kan voor YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH kom nie.

Die sterkste en mees geseënde huwelike sal dié wees wat die Eerste Gebod onderhou en beide van hulle sal ‘uit balans’ wees in hulle liefde vir en gehoorsaamheid aan YAHUSHUA, albei sal YAHUSHUA meer liefhê as mekaar of enigiemand anders. YAHUSHUA is die Liefling van hulle lewe, siel en gees en wanneer EK praat van ‘uit balans uit’, is dit nie soos wat dit behoort te wees wanneer jy YAHUSHUA bo enigiets anders liefhet nie? Julle is vir so ʼn kort tydjie op hierdie aarde. Dit is net een asemteug in jou lewe. Ons praat van ʼn ewigheid in die Hemel.

Ag MY Geliefde Bruid, Geliefde Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, luister na MY, laat niks belangriker wees as die EEN wat jou hart laat klop, die EEN deur wie jou lewe asemhaal nie. Ag Geliefde, niemand kan jou liefhê soos EK, YAHUVEH/YAHWEH nie. Ken die een wat jy jou geliefde noem, jou huweliksmaat, die getal hare op jou kop? (YAHUVEH/YAHWEH huil deur Elisabet[Elisheva] terwyl HY dit gesê het, toe HY gepraat het van hoe lief HY SY Bruid het.) Moenie toelaat dat EK, YAHUVEH/YAHWEH en YAHUSHUA laaste op jou lippe wees nie.

O julle louwarm nare Christene, diegene wie YAHUSHUA as braaksel uit SY mond sal spoeg, dit is hoekom julle liefde yskoud geword het. Julle plaas so baie ander liefdes voor ONS, julle wêreldse welluste, vleeslike begeertes bo ONS, ja, selfs die wat hulleself MYNE noem en dit durf waag om julleself Christene te noem! En julle wonder hoekom julle nie langer die Waarheid van die leuens kan onderskei nie, maar julle stenig die Heiliges en hierdie Bediening wat praat, net so seker as wat Stefanus gestenig was. (Hand. 7:59). EK praat met die nare louwarm Christene, julle hoef nie naar en braaksels te bly nie! Dit is julle keuse!

EK het hierdie Bediening en ander Bedienings en individue gestuur, wie deel van die Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is, om julle te waarsku! EK het hierdie Nuwe Elia {in Hebreeus, Eliyahu}gestuur en EK gee nie om of julle daarvan hou om dit te hoor of nie, maar EK het MY Nuwe Elia {in Hebreeus Eliyahu} gebruik om geboorte te gee aan hierdie Bediening en dit het in Amerika begin en is nou al oor die hele wêreld, om te waarsku, te bestraf en te bemoedig. EK spreek nie net seëninge voort nie, maar EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek vloeke voort. Genoeg is genoeg! EK sal nie vir Sodom en Gomorra om verskoning vra nie!

Hierdie wêreld het ʼn Sodom en Gomorra in MY oë geword. Skaam julle! Skaam julle wie nie die Heiliges verdedig wat hierdie waarskuwings uitspreek nie!

Daarom, MY Geliefdes het EK vandag ʼn Judas ontbloot. Die lot van ‘n Judas is dood en Hel. Julle sal Judasse sien kom en gaan. Ellende wag op hulle wat die Judasse volg want julle lot sal dieselfde wees! Ellende wag op enigeen wat sê om Nagmaal te neem in herinnering aan wat MY SEUN YAHUSHUA betaal het deur SY Liggaam en Bloed te gee vir hulle sondes, is kannibalisme en bloedsuiery ! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Ellende! Dit is godslastering, die uiterste bespotting van YAHUSHUA se offer.

(Ons ken hierdie persoon vir ongeveer 3 jaar. Hierdie persoon was ʼn getroue ondersteuner en ons het hierdie persoon as deel van YAHUSHUA se familie beskou. Hierdie persoon het na ʼn web-adres op die internet gegaan wat sê om Nagmaal te gebruik is kannibalisties (mensvretery) en bloedsuiery(vampierisme) en die hartseer deel is, hierdie persoon het hierdie leuen van die duiwel geglo. Daarom het hierdie Judas eposse aan baie ander gestuur en probeer om hulle sover te kry om hierdie leuen te glo. Hierdie persoon het selfs probeer om vir Elisabeth[Elisheva] te oortuig van hierdie leuen. Hierdie persoon is nou ʼn Judas en hy sal dieselfde lot as Judas hê.)

Van wanneer af! Van wanneer af! Van wanneer af is dit boos as jy bid dat jy een met YAHUSHUA moet word, na gees, siel, liggaam en verstand en vergifnis vir jou sonde vra en SY Bloed was jou skoon? Wie durf so ʼn leuen verkondig? Wie durf dit waag om so ʼn leuen te glo? Die RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES is nie in hulle nie! Julle het kopkennis en nie hartskennis nie. Nagmaal is belangrik en is ‘n wapen teen die vyand.

Vir julle wat sê “Nagmaal is nie belangrik nie”, YAHUSHUA se laaste woorde toe HY saam met SY dissipels was, was “Dit is MY Liggaam, doen dit in Herinnering aan MY.” (Matt. 26:26-28; Markus 14:22-24; Lukas 22:17-20; 1 Kor. 11:22-30). Van wanneer af is dit ʼn sonde? Wie anders as satan sou so iets sê? Wie sou dit durf waag om so iets te sê? Dit is die ergste belediging want julle het MY SEUN se Bloed bespot! Julle het dit wat EK volmaak genoem het, boos genoem! Hierdie is die ergste belediging en dan probeer julle leuenaars om MY Profeet deur wie EK praat, te mislei én vertel vir ander hierdie leuen. Nagmaal is die mees dominante wapen teen satan en julle het hierdie gemeenskap boos genoem en dit wat EK uitgespreek het as goed, noem julle boos?

Net so seker soos wat julle nie net vir YAHUSHUA ha MASHIACH gelaster het of vir MY YAHUVEH/YAHWEH, wie MY enigste SEUN gestuur het om SY liggaam en Bloed vir julle te gee nie, het julle ook die RUACH ha KODESH beledig. Julle het al DRIE gelaster! EK het vir julle gesê, EK het julle gewaarsku, “Pasop wanneer boos goed genoem word en goed boos genoem word.”(Jesaja 5:20).

EK stuur altyd MY Profete vooruit om MY Woorde te spreek. Die Heilige Skrifte was nie deur ʼn mens gespreek nie. Daar is geen verskil as EK nou uit hierdie erdekruik se mond spreek nie. Dit is EK, YAHUVEH/YAHWEH wat daardie Woorde in hulle gesit het om te skryf. Die ware Woorde was deur verskeie vertalers en kopieerders verrot.

EK waarsku julle, moenie net op die King James Weergawe van die Bybel staatmaak nie, want King James brand in die hel. Hy het boeke en woorde uitgelaat wat hy nie ingesluit wou hê, net soos hulle vandag doen en sê, “Hierdie Geskrifte en Torah Wette is nie meer van toepassing nie. Dit strook nie met my idee van wie God is nie. HY is nie veronderstel om te vervloek nie. HY het SY Eniggebore SEUN gestuur om die prys op Golgota te betaal en in my plek te ly en te sterwe, so ek kan doen wat ek wil, dit maak nie meer vir GOD saak nie. HY gee nie om wat ek doen nie, want HY het SY Eniggebore SEUN gestuur om die prys te betaal. Die Wet was teen die kruis vasgespyker, so ek kan doen wat ek wil. Van die Vierde Gebod sê ek, enige dag sal as Sabbatdag deug, JESUS CHRISTUS, YAHUSHUA ha MASHIACH, het gesê “HY is HERE van die Sabbat, dit maak nie meer saak nie, want hulle het daardie dag weggegooi.”

Leuenaars! Leuenaars! Leuenaars! Dink julle EK sou MY tyd mors om met MY eie vinger op ʼn kliptafel te skryf en dit vir Moses te gee en die Israeliete verdedig en hulle beveel om MY op die Sabbatdag te eer deur te rus? Deur te rus? Om nie te werk nie maar om te rus?! Leuenaars!

Julle wie voorgee dat julle Christene is en die videos opsit oor hoekom “Christene nie langer bekommerd oor die Sabbat hoef te wees nie, dit maak nie saak watter dag nie, dit maak nie saak nie, die Rooms Katolieke Kerk het dit verander.”

Leuenaars! As julle nie berou nie sal julle julself in die Poel van Vuur bevind! EK gaan nie speletjies speel nie! Die Groot Verdrukking, die Tyd van Jakob se Benoudheid is byna op julle, die tyd van weeklaag, geween, van groot lyding, meer as wat hierdie wêreld ooit geken het!

Wat dink julle hou die hel aan die brand? Die vlamme word net warmer! Dit is MY, YAHUWEH se gramskap, toorn, en woede!

EK wil MY Bruid by die huis hê! EK wil YAHUSHUA se Bruid by die huis hê! SY Bruid is MY Bruid. EK wil hulle by die huis hê.

EK kyk na hierdie riool wat aarde genoem word. Daar is oral mis en EK sien hier en daar klein flikkertjies in die mis van al die Heiliges en hulle wie die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH is. Dit is asof hulle onder die mis begrawe is en ag, hoe baie mis! Daar is soveel stank in die ontlastings (feces), in dit wat hulself die “Christelike kerke” noem! Oordeel! Oordeel! Oordeel het gekom na dit wat julle die “Huis van die HERE” noem!!

Toe die Ikabod Christelike kerke opgehou preek het teen sonde soos aborsie, owerspel en selfde-geslag huwelike, toe julle sonde agter die kansel toegelaat het, toe julle homoseksualiste toegelaat het om agter die kansel te staan en preek en te spog oor hulle sonde, toe julle opgehou het om die sondaars te bestraf, was Ikabod op julle deure geskryf en MY RUACH ha KODESH/HEILIGE GEES was daar uitgeneem! (1 Sam. 4:21).

Julle sing julle liedere en vergader op Sondag en tog is EK nie daar nie! Ag, sommige van MY mense is daar, maar MY ware Teenwoordigheid, MY RUACH ha KODESH Salwing is nie welkom daar nie. Julle gebruik julle emosies en kry julself in ekstase met liedere, maar MY ware Profete word nie toegelaat om te praat nie.

ONS word nie daar toegelaat nie. Wanneer EK sê “ONS”, bedoel EK die werklike teenwoordigheid van YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. ONS teenwoordigheid is NIE daar nie, anders sou almal op hulle aangesigte geval het!

Hulle sal berou hê vir Amerika, maar sal hulle ander waarsku teen die sonde waarin hulle verkeer? Dit is ʼn bespotting. Wil julle weet hoekom die krag van die Salwing nie soos in die Eerste Kerk is nie? Kyk en neem kennis wat EK sien. Die stank is meer as wat EK, YAHUVEH/YAHWEH kan verduur!

Die heiden kyk na hierdie sogenaamde Christene en sê, “Daar is geen verskil tussen julle en my nie.” Elton John sê, “Daar is geen verskil tussen julle en my nie. Ek kan ook die Skrifte herskryf. Mense sê“Gooi uit die Vierde Gebod,” daarom kan ek sê, “JESUS CHRISTUS is homoseksueel,” dit is geen verskil nie.”

Maar julle sien, EK het hierdie Bediening opgerig, wat weier om met sonde te kompromitteer, die Aleph en Tav (Alfa en Omega) Almightywind (ook genoem Amightywind) RUACH ha KODESH Wildfire Bediening!

MY Amightywind Bediening is ʼn magtige voortstormende wind wat deur die wêreld gaan en satan kan dit nie keer nie! Daarom laat hy almal op ʼn blote vrou konsentreer (Elisabet Elijah[Elisheva Eliyahu]).

Hulle wie haar ken en liefhet kan die verskil sien wanneer sy en wanneer EK, YAHUVEH/YAHWEH spreek. Maar dit is nie ʼn blote vrou wat voortspreek nie. EK is YAHUVEH/YAHWEH en EK sê vir julle hierdie Bediening roep die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH om na vore te kom want julle het mekaar nodig. Almal van julle is aangeval. Julle is soos ʼn gewonde dier wat julle eie wonde lek, want julle kan nie enigeen vertrou nie, daarom het EK, YAHUVEH/YAHWEH hierdie groep bymekaar gebring en EK gebruik hierdie kruik wat hier praat om in die fisiese realm lewe daaraan te skenk. I, YAHUVEH het alreeds in die Geestelike realm lewe daaraan geskenk en dit is die YAHUSHUA Demon Stompers {YDS, Heilige Gebedsvegters).

Julle sal Judasse sien kom en gaan, dit is hulle keuse. EK het vir julle gesê, nie almal is geskik om die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH te wees nie, net hulle wat lojaal bly tot die einde toe. Julle sal weet wie die Bruid is.

MY Liefling Kinders, EK verbied julle om weer ʼn traan te stort oor nog ʼn Judas! EK verbied julle om te treur! Kyk liewer na al die Apostels en ware volgelinge van YAHUSHUA wie weier om met sonde te skik! Die Kerk van die Huigelaars weier om MY, YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH eerste te stel en julle is omring deur die huigelaars en hulle lot sal die van ʼn Judas wees. Dit was alreeds neergeskryf.

ʼn Judas is die uiterste vorm van besoedeling. Julle sien, hierdie Judas wou nie hierdie besoedeling (deur hierdie bediening en profeet te vertel om nagmaal te hou is van die duiwel net soos mensvretery en bloedsuiery) soos melaatsheid, vir hulself hou nie. Hulle was daarop uit om die Heilige Bruid, YAHUSHUA se ‘Demon Stompers’ en selfs hierdie Heilige een wat hier praat, te besmet en te besoedel, om hulle na die anti-chris toe te lei. Die Judasse sal dit altyd doen. Hulle wil nie die besoedeling vir hulself hou nie. Hulle wil dit deel, so moenie langer oor die Judasse huil nie!

Hierdie is ʼn somber Boodskap. Dink julle YAHUSHUA het dit geniet die dag toe HY geopenbaar het wie Judas was? Maar julle sien Geliefdes, EK sal ʼn Judas net toelaat om vir so lank weg te kruip.

Kyk oor die wêreld. Sommige het hulle vertroue in hulle werke/betrekkinge geplaas. Sommige is liewer vir hulle werke as vir MY, YAHUVEH/YAHWEH. Sommige plaas hulle vertroue in finansies. Hulle sien hoe hulle finansiële koninkryke voor hulle oë verkrummel. Sommige plaas hulle geloof in huweliksmaats en EK openbaar dinge wat julle liewer nie wil sien nie. EK skei en EK sal aanhou om iemand te skei wie MY Bruid besoedel.

EK toets julle, wie het julle die liefste, daardie heidense huweliksmaat? Hulle wie voorgee dat hulle gelyk gebonde is en tog, wanneer een van die gades sou sê, “Ek soek meer aandag van jou”, wie sal julle wys het julle die liefste? So baie wat begeer om die Bruid van YAHUSHUA te wees is in sulke huishoudings. (Matt. 10:37, Joh. 21:15-17).

EK toets. Die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. (1 Pet. 1:6-7). Dit is julle beproewing, wie het julle die liefste?

Vir julle wat nie getroud is nie, julle huil en kla en sê, “ek moet ʼn maat hê.” Wie het julle die liefste? Julle weet nie wat julle vra nie. Dit is hoekom EK gesê het EK sal nie ongelyk gebonde huwelike in hierdie Eindtye saambind nie. Julle kan al die verskonings maak soos julle wil. Die huwelike wat EK saamgevoeg het, het MY ewe lief, werk vir MY, gehoorsaam MY GEES en nie hulle vlees nie. Hulle wie nie getroud is nie en huil en kla, julle weet nie watse seën EK vir julle gegee het nie. Julle hoef nie besorg te wees om enigiemand behalwe MY, YAHUVEH/YAHWEH te behaag nie.

Op die ou end sal geeneen van MY Bruid ongelyk gebonde wees nie. EK sal herhaal, YAHUSHUA ha MASHIACH sal die skeidingsswaard gebruik en voordat die Bruid van die aarde weggeneem word, sal YAHUSHUA hulle skei as hulle ongelyk gebonde is. EK sal nie toelaat dat MY Bruid besoedel word nie, dit was slegs vir ʼn vasgestelde tyd, want lig en duisternis gaan nie saam nie. Dit is ʼn oorlog, YAHUSHUA veg vir SY Bruid, die vyand kan nie wen nie.

EK sit lig by lig en die lig word net helderder. Dit is nie ʼn gesukkel om saam te wees wanneer julle YAHUVEH/YAHWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH eerste in julle lewe en liefde plaas nie.

Het EK nie gewaarsku, “Julle grootste vyande sal in julle eie huishoudings wees”? (Miga 7:6, Matt 10:36). EK waarsku nou weer, hulle wie nie geskei wil wees nie, hulle wie hulle huweliksmaat liewer het as vir MY, YAHUVEH/YAWEH, hulle wat MY Woord terugspoeg in jou gesig en jou as ʼn vals profeet brandmerk Elisabeth[Elisheva], weet dit, hierdie is nie jou Woorde nie, hierdie is MY Woorde! En dit word in die Heilige Skrifte ondersteun!

(Profesie 111 - EK, YAHUSHUA MASHIACH, Vergun Julle ʼn HEILIGE Egskeidingsbevel, Vir Hulle Wat Dit Nodig Het.)

EK het dat ʼn ander profeet (Nehemiah, Neh. 13:23-30) die manne se baarde uit trek en hulle vervloek het en geslaan het omdat hulle ongelyk gebonde was, so, wanneer die aanvalle kom en ja, hulle sal kom, wees soos ʼn Stefanus, Heilige Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, moenie julle oë op die rotsblokke fokus wat julle gaan tref nie, hou julle oë gevestig op YAHUSHUA. Hulle stenig julle, maar stenig in werklikheid vir YAHUSHUA/JESUS en ja, EK durf praat met hulle wie dit durf waag om hulself ‘Christene’ te noem maar EK noem julle Ikabod Christene.

(Neh. 13:25: Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by ELOHIEM besweer: julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

V.27 : Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen ELOHIEM deur vreemde vroue te trou?)

Daarom los EK julle met hierdie Woorde. EK het julle gesê “Alles wat geskud kan word, sal Geskud word.”

(Profesie 105, “EK YAHUVEH Sê, “In 2009 gaan EK alles skud wat geskud kan word!”)

EK het vooraf gewaarsku hoe 2010 gaan wees. (Profesie 116, “Julle Moet Geloofs-Waterlopers wees”.)

EK, julle ABBA YAHUVEH/YAHWEH het vandag gespreek. Die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH wie hierdie Woord hoor, sal julle kontak, sal hierdie Woord bekragtig. Hulle het MY stem gehoor. Hulle sal langs julle staan, lojaal wees en julle verdedig. Hulle sal nie langer omgee wat mans en vrouens sê nie. Hulle sal dit wat hulle weet die waarheid is, verdedig.

Weet ook dit, hierdie Profesie gee net vir die vyande meer rede om julle te haat, maar dit is niks nuuts nie. YAHUSHUA was en is gehaat. Kan julle enigiets minder verwag, want julle is SY refleksie op hierdie aarde, diegene wie EK ‘YAHUSHUA ha MASHIACH se Bruid’ noem.

So is dit vandag 19 Februarie 2010, ʼn Sabbat, gespreek.

6:24 NM geëindig

Gespreek onder die Salwing van die RUACH ha KODESH aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah[Elisheva Eliyahu]

Beledigend vir baie, en ʼn seën vir ander, ʼn Kind, Vegter Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS en geen duiwel kan dit van my wegneem nie.

* * * * * * *

Hier is ʼn artikel wat van die internet geneem was met betrekking tot wat Elton John gesê het.

Elton John beweer Jesus was homoseksueel

19/02/2010

Elton John staar ʼn vyandige terugvoer van konserwatiewe Christengroepe in die gesig nadat hy in ʼn onderhoud gesê het Jesus was homoseksueel..

Die 62-jarige musieklegende het sy opmerkings gedurende ʼn onderhoud met ‘US Magazine Parade’ gemaak.

In die onderhoud, wat more (2010/02/20) in Amerika publiseer sal word, het Sir Elton gesê: “Ek dink Jesus was ʼn medelydende, super-intelligente homoseksueel wie menslike probleme verstaan het.

‘Aan die kruis het HY die mense vergewe wat hom gekruisig het. Jesus wou hê ons moet liefdevol en vergewinsgesind wees. Ek weet nie wat maak mense so wreed nie. Probeer om ʼn homoseksuele vrou in die Midde-Ooste te wees - jy is so goed soos dood.”

Green, direkteur van ‘Christian Voice’, het hierdie gay-bewering as ‘onsin’ beskryf.

Hy het gese: “Die Bybel se Jesus was sonder sonde en dit skakel homoseksualiteit as ‘n sonde uit”.

“Hierdie is ʼn desperate uitroep vir aandag.” Mike Judge, van die ‘Christian Institute’- het die ster se sieninge afgemaak en gesê: “As ʼn senior politieke figuur hierdie opmerkings gemaak het, sou ek ʼn opinie gehad het. Maar dit is Elton John en ek dink nie enigiemand neem hom ernstig op nie.”

Gay Christen Groepe wat Sir Elton erken, wie dikwels uitgebeeld word deur ʼn kruis wat hy dra, het weer ʼn debat oor homoseksualisme en die kerk geopen .

Jeremy Marks, stigter en direkteur van ‘Courage’, ʼn Christelike organisasie vir Homoseksualiste en Lesbiers, het gesê: “Nie een van ons weet en sal ooit weet wat Jesus se seksualiteit was nie.

“Mense se persepsies oor verhoudinge tussen mans en mans en vrouens was verseker toe al verskillend en sou ook nes vandag onherkenbaar wees.

“ Ek dink hy verduidelik hoe hy Jesus in sy lewe sien en wil ander bemoedig om dit ook te sien.”

John Blowers, mede-sameroeper van die ‘Evangelical Fellowship for Lesbian and Gay Christians’, het gesê: “Wat geneig is om tydens elke okkasie te gebeur wanneer hierdie debat geopen word, is dat die debat meer gepolariseerd raak.

“Die eenvoudige feit is dat ons almal God se kinders is.”

Sir Elton se opmerkings was in ʼn wye reeks onderhoude gemaak met die hoofopskrif, “Daar Is Baie Haat In Die Wêreld”.

Hy het aan die tydskrif gesê dat roem vir hom die aantrekkingskrag verloor het.

Hy het gesê: “Prinses Diana, Gianni Versace, John Lennon, Michael Jackson, is almal dood.

Twee van hulle is buite hulle huise geskiet. Niks hiervan sou gebeur het as hulle nie beroemd was nie.

Beroemdheid trek kranksinniges. Ek het nooit ʼn lyfwag gehad nie, nooit nie, totdat Gianni dood is. Ek hou nie meer van beroemdheid nie”.

Die musikant het ook bekend gemaak hoe hy en sy burgerlike vennoot, Mnr Furnish, hulle liefde sterk hou.

Hy het gesê: “Vir 16 jaar stuur ons elke Saterdag vir mekaar ʼn kaartjie om te sê hoe lief ons vir mekaar is, maak nie saak waar ons in die wêreld is nie.

Ons was nooit jaloers nie. Ons praat oor die seksuele sy van dinge, dinge wat my voorheen normaalweg sou bang gemaak het.”

Sir Elton het ook oor sy verhouding met dwelms gepraat en gesê, “Vir sommige mense kan ʼn gram kokaine tot ʼn maand hou. Nie vir my nie. Ek moet alles neem en dan wil ek meer hê.

Aan die einde van die dag, het dit net tot hartseer gelei.”

* * * * * * *
Print Friendly and PDF