PROFESIE 11


STAAN OP, PRAAT, Sê AAN DIE DUIWEL OM STIL TE BLY IN MY NAAM!


Gegee aan Eerw. Apostel Sherrie Elijah


* * * * * * *

Moenie die gawes verhinder wat EK aan julle gegee het nie, baie is geroep, min is uitverkies. Gideon se troepe was geroep, maar min was uitverkies. Vader YAHUVEH het hulle uitgesif. MY Geliefdes, so spreek YAHUVEH, weet dit, EK het julle nie geroep om te misluk nie, maar om in MY NAAM te slaag. EK begin nie 'n goeie ding en maak dit dan nie klaar nie. Hierdie roeping is nie uit julle nie, maar uit MY. S? MY Woord nie, "EK kies die swakkes sodat MY krag geopenbaar kan word nie?"

Almal sal weet dit is nie julle wat bedien nie, maar EK wat deur gesalfde potte van klei bedien. Sherrie (Elisabeth) kan nie en neem nie die krediet vir enigiets wat sy vir MY doen nie, want sy weet dit is nie uit haar nie maar uit MY. Sy weet nou EK praat deur haar met julle. Die dokters wie verstandmanipulasie praktiseer sal s? dit is 'n geestelike siekte, maar om jouself oor te gee aan die een wie jou die mond, emosies en verstand gegee het, is nie 'n geestelike siekte nie.

Maar deur te erken of selfs te glo dat YAHUVEH deur 'n persoon kan praat, dink dokters dat dit geestelike ongesteldheid is. As hulle daarin geslaag het om MY Dissipels van dit te oortuig, sou daar geen Bybel gewees het nie. Ja, daar is 'n vervalsing en hierdie mense is geestelik siek maar MY Profete is nie een van hulle nie. Satan veroorsaak geestelike ongesteldheid en die geestelike siekes het bevryding nodig. Sou hulle nie vir Petrus, wie op die water geloop het, beskuldig het van selfmoordneigings nie? Sinsbedrog van ?n grootheidswaan'. Die drie Hebreeuse kinders, sou hulle nie ges? het dat die drie Hebreeuse kinders, wie in die gloeiende vuuroond gegooi is 'n martelaarskomplek en geeste van selfmoord gehad het nie?

Maar die vlees is altyd in geveg met die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) in julle. Julle moet die vlees oorwin om te bedien. Julle kan slaag as julle dit in MY NAAM doen. Maar daar is altyd 'n geveg. Na elke profesie moet MY Profete teen hul vlees veg as dit opruk en s? 'wie dink jy is jy om met YAHUVEH se mense te praat en te s? HY spreek dit'? As dit nie met MY Profete gebeur nie en hulle erken nie hierdie geveg nie, dan spreek EK nie deur hulle nie.

'n Ware teken dat MY Gees deur 'n persoon gepraat of geskryf het is as hulle daardie stem te?kom, wat veroorsaak dat hulle wonder, 'is dit regtig U YAHUVEH'? Julle suster, die een wat nou aan julle skryf, het voortdurend hierdie geveg want sy voel onwaardig om op hierdie manier gebruik te word. EK moet haar dan herinner, soos wat EK ander gaan herinner deur toe te laat dat dit met ander gedeel word, 'dink jy regtig jy kan so pragtig en vol gesalfde krag praat? Dink jy regtig jy het so baie wysheid'? MY Ware Profete s? dan altyd, "U is reg, dit kan nie ek wees nie." Dink julle regtig julle het hierdie tipe dapperheid?

S? dan, "Vergewe MY, Hemelse Vader dit moet U wees, want ek kan nie, ook sou ek nie begeer om soiets te doen as om te s?, 'so spreek YAHUVEH', wanneer dit nie waar is nie." Dit is die merk van 'n ware Profeet; hulle betwyfel die vlees, maar het vertroue in die RUACH ha KODESH wat hulle gebruik. Hulle weet hulle kan niks doen nie of begeer om niks te doen sonder dat die RUACH ha KODESH hulle salf om dit te doen nie. Hou op om die gawes te vrees wat EK vir julle gegee het. EK sal julle nie dwing om MY Skape te voed nie en julle sal nogsteeds Hemel toe gaan, maar julle beloning sal nie so groot wees nie en EK sal 'n ander oprig om die plek te vul wat julle moes vul. Daar is siele wat wag dat julle hul moet bedien.

Vrees is die teenoorgestelde van vrees. EK spreek weereens die bevestiging uit, maar moenie aanhou om MY te toets vir dit wat alreeds bevestig is nie. Tyd is kort. MY koms is spoedig, doen nou wat julle vir MY moet doen, nie later nie. Dit is nou dat EK MY Predikers, MY Soldate nodig het. Dit is nou dat EK hulle nodig het wie gekies is om die oes van siele in te bring. Dit is nou dat EK julle nodig het om vissers van mans en vrouens te wees. Dit is nou wat EK MY Profete nodig het om uit te spreek. Dit is nou dat EK die evangeliste, Geeste soos Johannes die Doper nodig het om na vore te tree. Dit is nou die tyd vir verlossing, m?re mag dit te laat wees. So baie wat geroep is, wag tot m?re totdat toestande gunstig is vir hulle. Tog breek m?re en die regte toestande nooit vir hulle aan nie. WORD WAKKER, dit is 'n skelmstreek van die vyand.

'n Ander skelmstreek is, "Ek is nie waardig om die Evangelie van YAHUSHUA te verkondig nie, ek het te veel probleme. EK het 'n verlede waaroor ek skaam is, U kan my nie gebruik nie". WORD WAKKER, EK is die een wat kies wie MY moet dien, nie julle nie. Het EK nie vir Paulus gekies om MY op 'n magtige manier te dien nie en hy was 'n moordenaar van duisende Christene. Watter veel erger verlede het hy gehad? Nogtans het EK daardie verlede gevat en dit tot MY Lof, Eer en Glorie gebruik. Wat satan bedoel het om boos te wees het EK omgeswaai vir julle ten goede. Dit is wat EK doen; EK roep nie mense in die bediening wie nie gely het nie. Hulle sou nie met MY Kinders se lyding identifseer nie. Julle weet nie hoe seer 'n wond is nie, totdat julleself verwond was nie.

Wie kan die gewonde skape beter versorg as iemand wat die pyn geken het? Julle sal nie weet hoe om iemand uit die sonde te bring tot by die voet van Golgota se Kruis, as julle nie self iets het om met hulle te identifiseer nie. 'n Sondaar gered deur genade. Hoe kan julle die teruggevallenes bedien as julle nie self op een of ander tyd gedink het julle het julle geloof in MY verloor nie. EK sal julle grootste swakheid gebruik om julle grootste sterkpunt te wees, want EK sal daardie swakheid gebruik en julle help om dit te oorkom en die realiteit van YAHUSHUA bewys. As EK bevestig het dat julle gekies is, moenie daar staan en vir MY vra, "Hoekom ek?" nie. Weet net dat EK die groot 'EK IS' is en EK maak nie foute nie. Dit is egter julle keuse of julle sal gehoorsaam. Maar as julle dit weier, julle sal misrabel wees en altyd bewus wees dat julle ongehoorsaam was aan MY roeping op julle lewe.

Dit is hoekom EK s?, "Baie is geroep maar min is uitverkies." Wat kies julle om te wees? EK weet alreeds wat julle gekies het. S? MY Woord nie, "Hulle wat hul hand aan die ploeg slaan en omkyk, is nie geskik nie?" Slaan julle hand aan die ploeg; los julle verlede by die voet van die Kruis op Golgota. EK het die dinge wat gebeur het, toegelaat om julle sterker te maak vir MY, nie swakker nie. Want baie van julle het 'n getuienis wat van goud gemaak is, nie brons nie. Gebruik dit om siele na MY toe te bring, gebruik dit om Lof, Eer en Glorie aan MY te bring.

EK, julle Meester YAHUSHUA ha MASHIACH kom gouer terug as wat julle dink. Want die boosheid raak meer aggressief in hierdie w?reld en die bose swaai die sonde in MY gesig en s?, "Wat gaan jy daaromtrent doen YAHUSHUA?" EK sal hulle wys wat EK daaromtrent gaan doen. Soos wat EK MY kinders wys wanneer EK hulle tugtig, so sal EK hulle straf wat MY Gebooie, homoseksualisme, onsedelikheid en die Bybel in MY gesig swaai en dit durf waag om MY te bespot. Dit kom, MY wraak oor hierdie aarde is aan die kom, onverdun.

Hulle gaan op 'n magtige manier boet omdat hulle die kindertjies leer om te sondig en dat MY Woorde nie meer vandag van toepassing is nie.. EK was slegs eenmaal die offerlam; EK kom volgende keer terug as 'n Magtige Vegter. Maar eers gaan EK MY Kinders vergader huistoe. MY wraak is vir MY vyande gereserveer, nie vir MY Kinders nie! MY Kinders, hulle wie MY liefhet en dien, wie se sondes gewas is in die Gestorte Bloed op Golgota, het niks om te vrees nie!? Maar My vyande het nog nooit soveel vrees geken soos wat oor hulle sal kom nie, want wat hulle gevrees het sal oor hulle kom!? En wat hulle nooit gevrees het nie, sal hulle verteer! Omdat MY NAAM as 'n vloekwoord op die luggolwe gebruik word en alles wat Heilig is op die luggolwe gespot word, sal EK bewys dat EK die Almagtige GOD is, die Groot YAHUVEH 'EK IS' en dit is nie EK wat gespot en vervloek word nie. Dit is julle wat hierna luister en nie jammer voel om dit te hoor nie en julle harte verhard en dit toelaat en nie teen dit uitspreek nie. MY Kinders, neem die luggolwe terug in MY NAAM. Julle hoor nie dat Boeddah vervloek word, of satan of Mohammed nie, maar julle hoor die naam van Jesus Christus (YAHUSHUA ha MASHIACHA) vervloek word. Julle hoor hoe die GOD wat julle dien verdoem word. Dit is nie GOD Almagtig wat verdoem word nie; dit is die een wat hierdie vervloeking oor hulleself uitspreek. Slegs die Bloed van YAHUSHUA sal hulle skoon was van hierdie sonde.

EK s? vir julle, let op na die vulkane en aardbewings, die skrikbeelde in die lug en julle sal weet hoe naby MY koms is. Want EK beheer die een ding wat mens nie kan en nooit sal beheer nie, die elemente in die lug en die weer. 'n Mens kan nie die vulkane, aardbewings, sneeu of koue of hitte, tornados, orkane, oorstromings deur stortre?ns keer nie, want boosheid word boser en goed word Heiliger. EK skei MY Mense nou, en MY koms is verhewe. Wat julle vir MY gaan doen, doen dit gou.

Die bejaardes moet liefdevol en met respek behandel word want hulle is die stoorkamers van vele wysheid. Hulle is my aardse skatte, maar hoeveel is vergete, weggesluit en behandel soos ongewenste afval. Hul eie kinders vermoor die siekes en gestremdes wettiglik. Hulle is 'n finansi?le las "Laat die armes sterf, doen weg met welsyn, tot watter nut is hulle?" Het EK nie ges?, "Die armes sal altyd met julle wees nie?" Maar julle moet dit wat julle het, met hulle deel. Voed die armes, klee die naaktes, julle broers en susters. Hulle wie by MY NAAM geroep is, gewas is in MY Bloed en julle gee voor julle sien hulle nie raak nie. EK sien hulle, EK hoor hulle gille, EK laat dit toe om te sien hoeveel gee om. Maar uit die genade van GOD YAHUVEH, daar gaan julle. Julle is jul broeder se hoeder. Wanneer een deel van die liggaam van YAHUSHUA swaarkry, kry almal swaar. Hou op om die pyn te ignoreer.

Soos die moorde op onskuldige babas wat nog in hul moeders se baarmoeders is en so wreedaardig uitmekaar geskeur word en julle dink omdat hierdie sondige w?reld dit wettig, is die wettig vir MY. Julle probeer selfs vir julle moordenaars in die dodeselle genadige en vinnige sterftes uitdink. Die wet gee ten minste 10 jaar, meer in sommige gevalle, ten koste van belastingbetalers, julle belastinggeld, om hulle lewens te verleng. Om meer genadige maniere uit te vind om hulle dood te maak wie lewens geneem het sonder genade. Maar babas, so kosbaar vir MY, babas waarvan EK die dae afgetel het tot hul geboorte, MY Gees in hulle geplaas het, hulle toegelaat het om sterk en gesond in 'n moederskoot te groei, sodat hulle ten tye van geboorte kan asemhaal, en hierdie onskuldige babas wie nooit enige kwaad geken het nie, word gemartel terwyl hulle stille krete in MY ore weergalm.

Hulle wie hierdie aborsies gepleeg het en nie bely het en om vergifnis gevra het en weggedraai het van hierdie sonde nie, julle sal die ganse ewigheid die krete van al daardie babas hoor. Want dit is een van julle strawwe wat vir julle in die hel wag en daar sal nooit 'n blaaskans wees van die gille van die vermoorde babas of die geskree nie. Weet julle hoe 'n huilende baba op julle senuwees kan werk? Stel julle voor, miljoene in julle ore vir ewig. BEROU NOU, verpleegsters, dokters en vrouens wat hierdie dinge om julle eie ontwil doen. BEROU NOU, politici wie hierdie wette uitgevaardig het. Hooggeregshof (Supreme Court), julle is nie hoog (supreme) in MY o? nie. Julle is nie bokant MY wette nie. Almagtige GOD YAHUVEH alleen is Oppermagtig (Supreme). Almagtige GOD YAHUVEH alleen is die regter, jurie en laksman. YAHUSHUA ha MASHIACH het gekom sodat julle lewe en lewe in oorvloed kan h?. BEROU! Draai weg van hierdie sonde want EK sal julle verantwoordelik hou. Die bloed van die ongeborenes is op julle hande.

Hoekom, omdat EK aan die mensdom 'n keuse gegee het. 'n Keuse om te gehoorsaam dit wat instink is wat gegee is aan elke vrou en man, om die jonges te beskerm, die jonges te versorg en tog word hulle wreedaardig vermoor. Ellende vir diegene wat dit wettig noem. Ellende vir die dokters en verpleegsters wie deel neem in hierdie moorde. Ellende vir die politici wie die wette uitgevaardig het dat hierdie onskuldige babas vermoor word. Ellende vir julle wie te lank stilgebly het. Want EK hoor hulle geskree. Die babas se siele keer terug na die Hemel waar hulle vandaan kom. Maar hulle siele word ongenadiglik uit hierdie w?reld geskeur. Te wreed vir woorde. EK laat die siele toe om te gaan slegs om die mens se onmenslikheid teenoor die mens te bewys. Wetende watter keuse daardie moeder alreeds gemaak het. Treurende gee EK haar elke kans om te bely. Wetende dat sy nie sal nie, woedend omdat sy nie sal berou nie.

Vertel vir hulle, vertel weereens vir hulle MY Dogter, alhoewel selfs hulle wie by MY NAAM geroep is en tog niks doen nie maar net hulle hoofde skud en andere wie EK so trots is om MY Kinders te noem, l? hulle lewens, reputasies en finansies neer om die onskuldige babas in die moederskote te beskerm. Hulle is diegene vir wie EK sal beloon. Hoekom ondersteun die kerke nie di? wie gewillig is om hulle alles te offer om te protesteer teen hierdie moorde op onskuldige babas nie.?

Hulle verloor hulle poste, kry tronkstraf, word gespot, en hoekom? Omdat hulle MY stem gehoor en beskuldiging wat s?, "Praat, moenie stilbly nie." EK het hulle gebede gehoor, EK het hulle trane gesien en EK het hulle pyn aangevoel, het EK? Elke kerkdiens is veronderstel om vir hulle te bid. Elke kerkdiens is veronderstel om te bid vir MY skuldigbevinding, MY oordeel op hulle wat sulke dinge doen, wat hierdie moorde toelaat, maar hoe min doen. EK IS SMARTLIK WOEDEND want julle s? julle is MYNE, tog ignoreer julle die gille van die ongeborenes en die gille van hulle wat hulle alles opoffer om te beskerm en om die slagting op die ongeborenes te stop. Staan op! Praat! In MY NAAM! Bid, Bid, Bid totdat julle hierdie gruwel sien ophou.

Julle wil weet hoekom EK toegelaat het dat dit aangaan, omdat EK gewag het vir MY Kinders om MY NAAM aan te roep om dit te stop. Om te wys dat hulle omgee. Nie net 'n handvol nie, maar miljoene moes gepraat het toe hierdie wette teen MY gebooie uitgevaardig was. Daar moes nooit 'n kerkdiens gewees sonder dat hierdie gebed uitgegaan het nie. Pastore, julle sal verantwoordelik gehou word. Julle is gewaarsku. Gemeentes, waarsku julle pastore. Hulle is veronderstel om MY te verteenwoordig. Dring by hulle aan om elke diens te bid dat hierdie euwel moet ophou, vir MY oordeel oor hulle wat weier om te berou. Hou op om louwarm gebede vir MY te gee. EK sal nie luister nie. Gee vir MY gebede met passie en met 'n hart wat omgee. Stop die rituele gebede wat kwalik gememoriseerde woorde is, EK sal nie luister nie. Dit is uit julle verstand en mond, nie uit julle hart nie.

Groot sinkgate sal oopmaak en die aarde sal hierdie aborsieklinieke insluk. Niks wat die mens gedoen het nie, maar MY hand sal die aarde stamp. Waar die meeste bloed vergiet is, onskuldige bloed. Want selfs nie in oorlog is onskuldige bloed so gestort soos nou nie. Maar hierdie kinders word gerieflikheidshalwe op die altare van satan geslag vir ydelheid, uit selfsugtigheid, uit vrees en gulsigheid. EK sal hulle iets gee om te vrees, hulle sal die Almagtige GOD YAHUVEH vrees wie hierdie siele geskape het wat hulle so wreedaardig vermoor. Hulle sal YAHUVEH vrees vir wie hulle spot en s? dit is wettig. Hulle sal die een vrees wat die Christene voor hulle aangesigte bring en hulle waarsku dat dit moord is. DIT IS SONDE! Want dit sal nie wees oor enigiets wat die Christene doen wat sal veroorsaak dat hulle vrees nie, anders as om te bid en die hand van YAHUVEH deur hierdie gebede te beweeg nie.

Maar die vrouens, dokters, verpleegsters, politici, hulle wie die moorde van MY onskuldige siele toejuig, sal MY gesig en MY Gees op MY kinders sien wie uitgestuur word as biddende troepe. Onthou die mure van Jerigo. Onthou hoe dit nie mensehande was wat die mure van Jerigo afgebreek het nie. So sal dit weer gedoen word en hulle sal nie instaat wees om die aborsieklinieke vinnig genoeg te bou nie. Vertel vir hulle MY Kind en leer hulle.

Daar is nog tyd om te berou, maar binnekort sal daar nie wees nie. Onthou Sodom en Gomorra, dit was nie mensehande wat die vuur en swael laat neerkom het nie, dit het uit die Hemel gere?n waar dit opgeberg was en dit sal weer kom. Julle bose mense, julle wie dit uitvoer en baie erger, julle is gewaarsku. Julle wette kan homoseksuele huwelike wettig verklaar maar EK verklaar dit as sonde. Dit is 'n bespotting van die huwelik en dit wat EK geskape het om Heilig te wees. Dit is nie in MY o? gewettig nie. Pastore, sommige van julle het gedeel in hierdie liefdesfeeste van vreemde vlees en deur niks te s? nie, neem julle deel daaraan. Staan op! Praat uit! S? vir die heidene om stil te bly in MY NAAM! Moenie langer na hulle leuens luister nie. Hulle is agter die kinders aan, julle eie kinders, julle is gewaarku!

Julle moet nou berou toon anders sal ook julle swaarkry oor dit wat gaan kom en wat spoedig kom. Julle is gewaarsku. Julle is so bekommerd oor julle belastingvrystellingstatus maar nie bekommerd oor wat die GOD wat julle voorgee om te dien, met julle gaan doen omdat julle nie teen dit bid nie en nie MY hand beweeg om dit te eindig nie. Weereens, daar moet nie 'n kerkdiens afgesluit word sonder dat gebed uitgaan om hierdie gees te stop wat uitgestuur is om alles wat Heilig is te verteer nie. Die gebed van 'n regverdige man vermag baie. EK hoor nie louwarm gebede nie, Ek verafsku dit. Wees of warm of koud, maar moenie louwarm na MY toe kom nie, want EK sal julle uit MY mond spuug.

Moenie s? julle is MYNE en julle staan nie op vir alles wat Heilig is nie of bly stil as julle sien ander staan op vir Heiligheid en word vervolg terwille van MY, en julle help hulle nie op enige manier wat julle kan nie, uit vrees om julle belastingvrystellingstatus te verloor. Julle sal meer verloor as julle belastingvrystellingstatus. Julle sal meer as julle lewens verloor. Julle sal julle SIELE verloor! Julle is gewaarsku. Die tyd is nou! Staan op! Praat uit! S? vir die heidene om stil te bly in YAHUSHUA se NAAM! Een met YAHUSHUA aan hulle kant is 'n meerderheid. 'n Miljoen sonder YAHUSHUA aan hulle kant is 'n minderheid. Die tyd is nou!

* * * * * * *

'n Gebroke erdekruik, maar 'n Magtige Kryger van YAHUSHUA MESSIAS!
Pastoor Sherrie Elijah

Ek is beveel om van nou af die tyd by te skryf. Ek weet nie om watter rede nie. Ek het ook gedurende die skryf van hierdie profesie, internetkonneksie verloor, Ek het probeer om weer te konnekteer, slegs om uit te vind dat die telefoonlyne op een of ander manier aangeval is, dit is nou 2 ure en dit is nog nie gestuur nie. Dit is 3:37 NM en ek kan nie eens die operateur bereik nie.

Vir ure lank word ges?, "Hierdie lyn is besig." Dit het nog nooit tevore gebeur nie. EK bedek hierdie rekenaar en e-pos met profetiese boodskappe met die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH op Golgota. In geloof glo ek dat almal wie die RUACH ha KODESH wil h? hierdie boodskap moet kry, dit sal kry. Die hele aand nie in staat om te konnekteer en dit vanaand te stuur nie. Kan nie eers die operateur bereik, of langafstand skakel nie. Iets het in die hemele gebeur terwyl ek dit skryf. Slegs plaaslike oproepe gaan deur.

Dit is die eerste keer wat ek aanges? was om die tyd by te voeg. Julle sal sien dat iets gaan gebeur wat ooreenstem met hierdie datum en tyd. Ek weet nie wat nie. Ek vra dat waarheen hierdie profesie gepos of gestuur word, die volledige bladsy gestuur word.

Want daar is 'n rede voor en weereens, ek weet dit is YAHUVEH wat my beveel om dit te s?, moenie een woord uitlaat of verander nie, los dit in die volledige vrom wat ek dit stuur. Satan moet woedend wees, want dit word dwarsoor die luggolwe gestuur en die Bybel s? satan is die prins en het daardeur mag oor die luggolwe. Maar ek bedek die luggolwe wat hierdie boodskap dra en die rekenaars en ons telefoon- en internetdienste met die gestorte Bloed van YAHUSHUA. Die Bloed van YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, is teen jou satan.

En demone, julle kan nie deur die Bloed kom nie, in die Naam van YAHUSHUA. Telefoonlyne werk nou om 11:15 nm. Nou kan dit versend word. Hulle met ore van die RUACH ha KODESH sal die stem van Ons Almagtige GOD YAHUVEH hoor, al die ander sal doof bly. In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH stuur julle boodskappe uit aan almal wat ons Meester en Skepper se stem sal herken.

YAHUSHUA, ek vra dit slegs vir U Lof, Eer en Glorie. Amen.