Profesie 121

Is YAHUSHUA net julle Redder of Is HY
HERE GOD ALMAGTIG van Julle Lewens?

Dit is ook `n Woord vir Sielsgenote

Geskryf/ Gespreek onder die Salwing van Die HEILIGE GEES

(RUACH HA KODESH)

deur Apostel Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu]

Ontvang, 10 Mei 2011

Vrygestel 29 Desember 2012

* * * * * * *

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit lankal misluk het.

Ek is YAHVEH, dit is My Naam; en My eer sal Ek aan geen ander gee, of ook My lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gese dat die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie geplaas moet word:

2 Kronieke 36:16
maar hulle het die boodskappers van Elohiem uitgelag, Sy woorde verag en met Sy profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen Sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUSHUA het hierdie Woord gespreek vir ‘n geliefde dogter in YAHUSHUA, die duiwel was besig om haar te prober skei van haar sielsgenoot. As gevolg van seerkry in die verlede, was daar in die Gees, doringdraad om haar hart wat haar verhinder het om liefde te gee en te ontvang, maar sy moes self vir YAHUSHUA vra om die geestelike doringdraad te verwyder. Niemand anders sou dit vir haar kon doen nie.

Deur hierdie volgende pragtige, kragtige en gesalfde Woord van YAHUSHUA was sy bevry van jukke en bindings, maar slegs as sy dit vrywillig sou ontvang en aan YAHUSHUA gehoorsaam sou wees … en prys YAH, sy het!

Daar was ‘n lang telefoniese gesprek met ons geliefde dogter in YAHUSHUA voordat hierdie Woord voort gekom het. Hier volg die woorde wat gesê was net voordat die Woord van YAHUSHUA begin het.

Kathrynyah: Kosbare HERE, ons bid genesing nou vir U geliefde dogter se hart in die naam van YAHUSHUA MASHIACH asook vir die hart van haar sielsgenoot.

Elisabeth [Elisheva]: Ek hoor iets. Ek hoor iets op hierdie oomblik waar sy besig is om te bid, jy alleenlik kan dit doen geliefde dogter. Jy is die enigste een wat dit op hierdie oomblik kan doen. Jy het daardie tweesnydende swaard om te neem, daar is doringdraad om jou hart gesit sodat mense nie te naby kan kom nie, en jy kan ook nie naby hulle kom nie want doringdraad sal altwee uitmekaar hou. Verstaan jy? Dis soos jy gesê het jy’t jouself “onder kwarantyn” geplaas, maar daar is doringdraad, YAHUSHUA sê, jy moet dit nou neem en sien jouself - as jy dit regtig, regtig kan doen- sien jouself die doringdraad af-sny van jou hart af. Kan jy dit doen?

Geliefde Dogter in YAHUSHUA: Ek kan

Kathrynyah: Sal jy dit nou kan sê?

Geliefde dogter in YAHUSHUA: Nou goed ek vat my Heilige gesalfde doringdraad skêr en ek sny al die drade af wat binne-in my hart is, asook die dorings en enige iets wat my hinder om naby ander mense te kom of wat ander mense hinder om naby my te kom. Gee my ‘n hart van vlees YAHUSHUA.

Elisabeth [Elisheva] en Kathrynyah: Amen!

Kathrynyah: ABBA YAHUVEH ek dank U dat U daardie gebed verhoor. Ek bid dat ons gevolglik wonderwerke sal sien gebeur in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Elisabeth [Elisheva]: En ons bid dieselfde vir sielsgenoot want hy het dieselfde gedoen en dit is hoekom hulle sielsgenote is. Hy het dieselfde gedoen. Hy het doringdraad om sy hart en ek gaan vir hom dieselfde sê.

Kathrynyah: Wel, daar het jy dit.

Elisabeth [Elisheva]: So, ek sou nie die openbaring gekry het as ons nie daardie gebed gebid het nie. En geliefde dogter ek weet daar kom bevryding. Maar hierdie is die begin daarvan, nou, op hierdie oomblik. Reg so? So ek gaan nou jou geliefde sielsgenoot skakel, en ek wil nie die foon oproep met haar be-eindig nie , dis hoe lief ek haar het. Dit is nie net my liefde nie…

Elisabeth [Elisheva]: begin in Heilige Tale spreek…

* * * * * * *

Profetiese Woord Begin:

MY geliefde dogter vanaand het jy MY behaag deur jou vlees neer te lê en te sê: “Nie my wil nie maar U wil geskied, YAHUSHUA. Ek sal nie my eie pad loop nie, maar ek is vasbeslote om U pad te loop YAHUSHUA.” MY geliefde, jy behaag MY. Want dit is waar, niemand kan jou liefhê soos EK jou liefhet nie, maar hierdie feit moet jy nie betwyfel nie, dat EK MY liefde vir jou in ander sit. En hoeveel meer sal EK kan doen deur jou eie sielsgenoot as julle altwee MY sal toelaat om MY liefde te laat manifesteer deur julle. Enige iets wat satan so hard beveg - MY geliefdes, verstaan julle nie hoe groot dit is, dat dit MY wil is, dat dit gedoen moet word. Want hy veg net teen MY planne. Hy probeer dit verdeel, wat EK gesê het, EK saamgevoeg wil hê, maar EK sal nie enige een van julle twee se wil teëgaan nie. Maar ook gaan EK dit nie langer toelaat om die heiligdom te verdeel nie, luister vir jul geestelike moeder. Want verenig sal jul staan maar verdeeld sal julle val - so bly verenig, julle het mekaar nodig. Julle weet nie wat hierdie jaar gaan gebeur nie....

Maar MY geliefde dogter dit is EK wat dié woorde in jou mond sit: ”Ek bly in die ark want dis hier waar ek veilig is.” Dit beteken geensins dat storms nie teen jou deur gaan hammer nie, en jou probeer verdrink nie, maar wat dit wel beteken is dit: EK IS in die ark saam met jou. En EK sal nie die storms toelaat om jou te verdrink nie.

satan is bevrees wanneer een van julle bid, hoeveel te meer wanneer almal wat EK daar bymekaar gemaak het, saam bid - want elke een is gesalf. Maar nog steeds moet EK sê: niemand met die gees van rebellie kan bly nie. Want rebellie is soos ‘n vorm van heksery en indien enige iemand sou sê:”Ek dring aan om dit te doen soos ek wil” dan sal EK hulle moet wegstuur want dit is soos melaatsheid. So, My geliefde dogter, jy het geveg teen die gees van rebellie. Almal van julle veg teen die gees van rebellie, en weet dat alleenlik deur MY NAAM en MY BLOED kan julle die geveg wen teen die gees van rebellie. Want satan is die eerste een wat gerebelleer het; lucifer het gesê hy sal dit op sy manier doen. Nou probeer hy hulle , wie MY kinders is, korrup met die vuil stank van die gees van rebellie. Saam met die spesifieke gees kan ‘n legioen demone kom om te pynig, besit te neem en te onderdruk.

Moenie die gees van rebellie toelaat om binne te kom nie. Wanneer jy dit opmerk, dryf dit uit! Lag in die duiwel se gesig. Julle sal sien! Julle sal sien! Julle sal sien! En dit geld vir al die YDS. EK spreek hierdie Woord uit: Lag in die duiwel se gesig!

“Toets elke gees wat praat” beteken : hou elke gedagte gevange! Is dit EK YAHUSHUA, wat hierdie woorde sou voortspreek? Is dit EK YAHUSHUA wat julle hierdie gedagtes sou gee? Julle sal sien my skatte, hoeveel keer julle sal moet erken dat dit of jul vlees was of satan. Maar in beide geval, as EK dit nie sou spreek nie, moet jul dit nie ontvang nie. O, hoe lief het EK julle. EK het julle al so baie gegee, en EK het so baie meer om te gee as julle MY net sal vertrou.

Seun, lê neer jou trots. Wees gewillig om die doringdrade af te sny van jou hart af. Want dit is MY begeerte om julle twee bymekaar te bring om hand aan hand saam te bedien. Dit is MY begeerte om al hierdie paartjies te gebruik om ander pare te bedien. Almal van julle was voortgebring deur MY eie Hand. Almal van julle het gely vir MY Naams ontwil. Almal van julle het saam geveg, saam gelag, saam gehuil. EK het so baie belê. Daar was nie een ongeluk wat na daardie heiligdom toe gekom het nie.

Van vanaand af, as elkeen sal gehoorsaam: Sal EK , YAHUSHUA, siele daarheen trek.

MY liefling dogter, geen liefde kan so bevredig soos MYNE nie, maar laat MY toe om jou lief te hê deur ander. Moet nooit dink dat waneer twee sielsgenote bymekaar kom dat dit perfeksie op aarde is nie. Want daar is geen perfeksie op aarde in ‘n verhouding nie – mits dit EK is wat voortspreek - EK wat toegelaat word om te manifesteer, mits dit MY liefde is wat voort-kom, gekombineer met julle liefde. Deur julle self sal julle woorde spreek van haat. Deur julself sal julle woorde spreek van pyn. Deur julle self is julle selfsugtig.

Lê neer jul eie begeertes en kyk na die ander deur MY oë. EK sal geen minagting teen die Bruid duld nie! Moenie mekaar minag nie want julle betaal so 'n groot prys om aan MY te behoort. Almal van julle het dieselfde begeerte om MY Bruid te wees, om 'n getuienis soos Enoch te hê sodat EK julle kan trek tot aan MY sy!

Vergewe soos EK julle vergewe. Neem ‘n uitveër. Moenie die ander se sonde in ink skryf nie. Laat dit in potlood wees. Vee dit nou uit. Sien jouself, hoe jy dit uitvee, asof dit nooit bestaan het nie. Is dit nie dieselfde nie - hoedat EK jou sonde uitwis met MY gestorte BLOED, so ver soos die ooste verwyder is van die weste? Sê EK vir julle: “Onthou, op so en so dag, op hierdie tyd en hierdie uur, het jy teen MY gesondig?

EK het geen rekord as jy eers gesê het: “Vergewe my” en jy bedoel dit en het berou en draai weg van daardie boosheid. Hou op om kinders te wees en te sê: “ek soek my eie wil” Het EK dit so gedoen? Het EK nie die voorbeeld gestel nie, selfs na die kruis gegaan? Het EK nie gesê nie: “O, VADER laat U wil geskied, maar as dit nogtans moonlik is…”[ O, my VADER as dit moonlik is , laat hierdie beker by MY verbygaan: maar nogtans, laat nie MY wil nie maar U wil geskied. Mat. 26:39] En hierdie beker kan nie by MY verbygaan nie, EK wil hê dat U wil geskied en nie MYNE nie.”

Hierdie is ‘n geheim - om as deel van die Bruid genoem te word!

Niemand is MY Bruid indien hulle nie hierdie gedeelte regkry nie. As hulle nie hul vlees kan neerlê nie, hoe kan hulle dan in die Gees wandel? Hoe kan hulle die Kosbare HEILIGE GEES hoor wat in hul woon? As jy jou ore toe hou en jou oë toe hou en jy sê: “Ek wil nie hoor wat U vir my sê nie , en ek wil nie sien wat U my wys nie. Ek wil nie sê wat U wil hê ek moet sê nie, ek wil nie gaan waarheen U wil hê ek moet gaan nie. Ek wil nie doen wat U my beveel om te doen nie”… GAAN DAN WEG VAN MY jy is nie MY Bruid NIE! So, daarsy! EK het dit gesê! Op hoeveel maniere moet EK sê: “ Gaan weg van MY jou sogenaamde ongehoorsame bruid!”? Die wêreld wil dit nie hoor nie! Die ge-organiseerde kerke wil dit nie hoor nie!

EK IS nie net daardie ge-offerde LAM nie. EK IS nie net die liefde van jou lewe nie . EK moet gevrees word ook! Jy wil nooit die woede van die LAM smaak nie (Openbaring 6:16). Ek het jou lief genoeg om te waarsku! Die koms van die dae van verdoeming is naby. Jy sal nie wil agterbly nie. Niemand kan vergelyk met MY liefde wat ek vir jou het nie, en MY liefde is die VADER se liefde, en MY liefde is die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) se liefde. ONS is ALMAL gekombineer. Niemand kan vergelyk met ONS liefde vir jou nie. Maar moenie mislei word nie. Want niemand kan ook met ONS woede vergelyk word nie. Hulle wil dit nie preek nie , daarom het EK hierdie bediening tot stand gebring om dit te spreek. EK plaas in elke een van MY Bruid 'n vrees - om (MY) nie aanstoot te gee nie. Wanneer hulle berou het, is dit met trane. Hulle sê: “YAHUSHUA ek wil U nie seermaak nie.”

Die vyande sê: “jy kan genade nie weg sondig nie”. Die vyande lieg. Hulle toets MY weer en weer, keer op keer. Hulle sê: “want ons kan nou enige iets doen , net wat ons wil! Dit gaan alles oor wat aan die kruis gebeur het. Jy mag my nie oordeel nie. Jy mag nie vir my sê my siel is verlore nie!“ en hulle ken MY nie eers nie. Dis die letter wat doodmaak en die gees wat lewe gee. Hulle het nie eers die Gees nie. Die HEILIGE GEES is nie in hulle nie. Hulle het die Woord gelees. Hulle het dit gememoriseer. Hulle probeer aanspraak maak op MY as hul REDDER maar hul sê: “Gaan weg as HERE” ! Hulle sê: “ ek wil geen meester oor my hê nie, hierdie is my lewe en ek gaan dit leef soos ek wil!” O, maar ek het U lief Jesus. O, ek prys U! Johannes 3:16! Sien daar word dit gesê al wat ek hoef te doen is net glo. Ek hoef nie gehoorsaam te wees nie! AmightyWind Ministry (Bediening) gaan weg ! Ek kan sondig soveel ek wil , wie is jy om te sê? Dit gaan nie oor wat ek doen nie - dit gaan oor wat Jesus gedoen het. Niemand kan regverdig wees nie, sien, dit staan hier. 'Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die geregtigheid van GOD.' (Rom. 3:23) “

Maar dit sê EK vir julle, die gebed van 'n regverdige vermag baie (Jakobus 5: 16) want julle is geregverdig deur MY want julle is soos 'n David en wanneer julle onwetend teen MY sondig, [en julle besef dat jul sondig] is julle vinnig om te berou. Julle is nie bang om te berou nie. Julle weet , dat EK sê, jy bewys dat jy MY liefhet deur gehoorsaamheid aan MY. (John.14:15) Ek sê dit vir julle, niemand anders wil dit preek nie, so daarom spreek EK dit deur hierdie erdekruik. EK kan nie net ‘n REDDER wees nie, EK moet jou HERE GOD ALMAGTIG wees. Dit is alles saam as een. Dit is waarom hierdie bediening heilig is. Dis nie net gestuur na die laaste-kansers nie . Dit is nie net gebruik as ‘n smelters-oond nie. Dit word gestuur na hulle wat geroep word om MY Bruid te wees. Selfs hierdie nag het jul 'n woord sien voortkom. Elisabeth [Elisheva] kon nie, in haar eie tyd, jou skakel nie want hierdie Woord was nog nie daar nie. EK het nodig gehad om haar 'n droom te gee. EK het nodig gehad om hierdie woorde te spreek hierdie nag.

My geliefde dogter dit was nodig dat jy dit ontvang. Dit was nodig dat jy jou vlees neerlê en sê: ‘ Ek sal dit doen soos YAHUSHUA dit wil hê” en jy het en jy het die woorde gesê en as gevolg van jou, MY liefling dogter, het hierdie Woord voortgekom. Maar EK het geweet dit sal. Hierdie (afgelope) naweek was nie die tyd nie. Dit was nie die tyd vir hierdie Woord om geboorte te gee nie daarom het EK toegelaat dat die foon verbindings af was. Andersins, Elisabeth [Elisheva], jy was in sulke desperaatheid - jy wou dit net alles afhandel terwyl jy die ergste verwag het. Wanneer het jý ‘n gedagte gevange geneem, vir jou om te dink die ergste sal gebeur? Want die ergste het nie gebeur nie maar die beste het gebeur! En jy het gebind met jou dogter deur trane, en doringdraad was gesny, en sy het die begeerte na haar sielsgenoot want EK het dit daar geplaas. Omdat EK vir haar, haar sielsgenoot gegee het. Daar is geen ander.

Nou sal EK jou lippe salf om tot die ander helfte uit te spreek. Onthou MY skat, MY juweel, soos geen ander, want almal van julle glinster teen verskillende grade. Almal van julle, almal van julle glinster. Party van julle moet gepoleer word, en die manier waarop EK poleer, is met trane, trane, trane en pyn en smart. Want kyk na 'n klont steenkool, hoe hard dit gedruk moet word voordat dit in 'n diamant verander. Almal van julle, almal van julle, almal van julle was so hard onder druk geplaas maar dit was nie te vergeefs gedoen nie. Al hierdie het voort gekom omdat EK vanaand 3 gehad het wat gehoorsaam was. Elisabeth [Elisheva] jy het MY stem gehoor terwyl jy geslaap het. Kathrynyah jy was daar vir Elisabeth [Elisheva] om te help om die salwing te vermeerder, en geliefde dogter, EK gaan nie jou naam sê nie , maar jy weet wie jy is, jy moes ontvang. Jy moes jou hart oopmaak. Jy het nodig gehad om te begeer om die woorde te hoor wat EK te sê gehad het. Jy moes voorberei word. EK het jou lief.

EK het elkeen van julle lief. Die van julle wat YAHUSHUA se “Demon Stompers” is, julle beteken so baie vir MY! Julle is vernoem na MY! EK het vir julle jul eie temalied gegee! [I’m Going To The Enemy's Camp] want julle gaan na die vyande se kamp en neem alles terug wat die duiwel gesteel het, en vanaand dogter vat jy alles terug wat die duiwel gesteel het want satan is ONDER JOU VOETE! En die vyande is verslaan! Moenie gaan op dit wat jou oë aanskou nie! Jy het geen idee wat EK aan die vyande se kamp gedoen het nie!

Julle is so spesiaal, diegene wat bly in YAHUSHUA se “Demon Stompers” asook hulle wat nog moet kom. Julle is so spesiaal dat EK MY Heilige Engele gestuur het om die geboorte aan te kondig van hierdie spesiale uitspruitsel van Bediening en die vyande tart en spot en hulle sê: “niemand kan Heilig wees nie”. Hulle oordeel julle volgens wat húlle is omdat daar geen Heiligheid in hulle is nie. Hulle begeer nie Heiligheid nie. Hulle verlang nie om MY Stem te hoor nie. Hulle druk hul ore toe wanneer hul dit hoor en hul noem hierdie Profeet allerhande bose name, so ook enige iemand anders wat die Woorde wat EK sê, herhaal.

Maar nie julle nie MY geliefdes, nie MY ware Bruid nie, julle ken MY woorde. Julle herken dit. En EK het julle lief. En groot, groot, groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel. Al wat julle moet doen is om te oorwin. Wees oorwinnaars en neem elke gedagte gevange. En wanneer jy 'n gedagte hoor wat jy weet is nie van MY af nie, met 'n stem wat nie van MY af is nie, vat dit asof jy dit met jou hande gryp en, in die naam van YAHUSHUA, bestraf dit. Daardie leunagtige misleidende gees! En bestraf satan en sien jouself met daardie gedagte, wat nou verander het in die demoon wat die gedagte gestuur het, en sny die ding se hande af! Sny dit af met MY tweesnydende swaard! En gooi dit weg en werp dit en sê: “Ek sal geen leuens van jou aanvaar nie satan!” Want die planne wat EK vir jou het is ten goede en nie ten kwade nie. Almal wat MY stem kan hoor en dit geld vir die gaste ook.

Roep MY aan. Vertrou MY! Moenie vertrou op jou eie insig nie maar erken MY in al jou weë en EK sal jou paaie rig. Vertrou MY! Hou op om dit op jou manier te doen en doen dit op MY manier, jou HERE, jou REDDER, jou MEESTER, jou REGEERDER. EK gaan nie een verloor nie! EK ken elkeen wie se naam geskryf staan in die LAM se BOEK van LEWE voor die grondlegging van die aarde, en EK sal nie een naam verloor nie.

So wanneer vyande kom en vyande gaan. Judasse kom en Judasse gaan. Wanneer julle alles doen wat julle kan, jy stamp jou kop teen die muur maar jy kry daardie persoon net nie so ver om op sy knieë voor MY te val nie, en te erken, dat EK nie net veronderstel is om hul REDDER te wees nie- EK is veronderstel om hul MEESTER te wees - EK IS GOD ALMAGTIG, YAHUVEH se Eniggebore SEUN en julle behoort MY voetspore te volg, nie jul eie nie. As jul in jul eie voetspore volg sal dit jou reguit hel toe lei, dis waarom EK na hierdie wêreld toe gekom het, om vir julle voetspore te gee om te volg.

So, hierdie is die Woorde wat EK te sê het,'n onverwagte geskenk aan MY kosbare YDS. Want julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle werk so hard in hierdie saai-land. Die werkers is so min maar julle murmereer nie. Elisabeth[Elisheva] sal sê:” Dit moet gedoen word en dat moet gedoen word” en nie een van julle kla nie. Julle slaan jul hand aan die ploeg en dit maak nie saak wat na jul kant toe kom nie , julle is oorwinnaars! Alleenlik oorwinnaars is YAHUSHUA se Demon Stompers. Onthou dit . Die wat misluk kon nie die maatstaf handhaaf nie.

So EK laat julle met hierdie Woorde om vir jul ‘n seën te wees. EK het julle lief. Dit sal nie lank wees voor EK julle sien nie. Hou net styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie los nie! Dit maak nie saak wat jy sien in hierdie wêreld nie, moenie los nie. Hou net styf vas. Moenie dat die gees van godsdiens steel wat EK julle gegee het nie. Moenie dat die gees van twyfel, bekommernis, vrees, of paniek steel wat EK julle gegee het nie.

Geen godsdiens gaan jou red nie! Geen! Geen! Geen! Alleenlik 'n liefdevolle gehoorsame verhouding met MY, YAHUSHUA ha MASHIACH sal jou siel red.

Dankie dogter. Dankie dat jy die salwing aangeroer het in hierdie 'Ringmaiden' (Diensmaagd) van MY - Ek weet Elisabeth[Elisheva] dat jy selfs gehuiwer het om daardie woorde te sê want die woorde was besmet met leuens van satan, maar jy is MY 'Ringmaiden'(Diensmaagd) en die Woorde en die Profesieë lui/word gehoor, reg rond-om die wêreld. En satan jy weet dit. Jy kan dit nie stop nie want EK het dit besluit. En meer tale sal voortkom. MY dogter vanaand het EK jou Gesalf op 'n nuwe manier. EK salf jou nou met 'n nuwe hart en die doringdraad is weggesny. Moenie dat dit ooit weer groei nie. Moenie terug kyk nie, kyk vorentoe en soos jy aanhou om jou wil neer te lê, soos jy aanhou om elke gedagte gevange te hou, hou ook elke begeerte gevange! Sien as dit van MY af kom sal jy groei in die Salwing van die RUACH HA KODESH en dit geld vir almal wat nou na hierdie Woord luister.

Einde van Woord

Elisabeth [Elisheva]: Sug, dis dit! Dit was heeltyd asof ek nie asem gehaal het nie. Dis hemelse suurstof…

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu]

Affronteer meeste en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid

van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS

* * * * * * *

Print Friendly and PDF