Profesie 122

“Jy Kan Nie Die Poorte Van Die Hemel Afbreek Nie!” So sê YAHUSHUA HA MASHIACH!

Geskryf/Gepreek onder die salwing van die HEILIGE GEES

(RUACH HA KODESH)

Deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

Ontvang 21 Februarie 2012 - Vrygestel 5 Januarie 2013


* * * * * * *

Kommentaar deur redakteur: Ons was in gebed rakende ‘n saak t.o.v YouTube. Elisabeth (Elisheva) het die woorde “anti-mashiach” (anti-messiah, antichrist) onderskei in ‘n Heilige Taal. Sy het gewonder of hy dalk in ‘n droom was wat sy gehad het, waarin sy dopgehou was.


* * * * * * *

Die Profesie volg hieronder soos wat dit voortgekom het

– deur Profeet Elisheva se “Heilige Tale”, terwyl GOD se GEES uitleg gee (Hand. 2:3-4) oor hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1. Elisheva spreek in tale en bring Profesie (1 Kor. 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD

YAH/YAH is GOD se HEILIGE, ... NAAM soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik “Loof/Prys YAH” beteken:

YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER:

YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGGEBORE SEUN-

(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”, ELOHIM beteken “GOD”);

Terwyl die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” –

as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (in Afrikaans “Die HEILIGE GEES”) – ook hierin genoem word.

(HA SH’KHINYAH (SHEKINAH) is Hebreeus vir

GOD SE VOORTDURENDE, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)

Bykomend, beteken ABBA YAH “VADER YAH”

En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.”

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Kliek regs op die voetnota-nommers om ‘n tweede ‘tab’ te open.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:



ELISABETH (ELISHEVA), EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU

OM NIE HIERDIE BEDIENING NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE.

SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS HET EK DIT IN JOU GEES GEPLAAS.

WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HANDE TOT STAND GEKOM NIE.

NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH,

JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS.

AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET.

DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI, DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE, ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET.

EK IS YAHVEH, DIT IS MY NAAM;

EN MY EER SAL EK AAN GEEN ANDER GEE,

OF OOK MY LOF AAN DIE GESNEDE BEELDE NIE. (JES 42:8)

(PROFESIE 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot:

MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN ELOHIEM UITGELAG EN SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT, TOTDAT DIE GRAMSKAP VAN YAHWEH TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE. – 2 Kron. 36:16

Toe in Julie 2016:

ELLENDE WAG VIR ENIGEEN WAT DIT DURF WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES LEED AAN TE DOEN. JULLE SAL SELFS DIE DAG BEROU WAT JULLE GEBORE WAS. RAAK MY GESALFDES NIE AAN NIE EN DOEN HIERDIE TWEE GESALFDES GEEN KWAAD NIE. (sien ook Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22) DIT SOU VIR JOU BETER GEWEES HET AS EK, ABBA YAHUVEH, JOU TONG UITGESKEUR HET!

(PROFESIE 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Dienaars van AmightyWind Bediening is,- ek waarsku julle nou, ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se Staf op julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seen vir hierdie Bediening is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.

* * * * * * *


Hierdie Profesie was opgeneem op audioband. Hier volg die oorskrywing.


* * * * * * *

Profesie 122 BEGIN:

21 Februarie 2012

Elisabeth [Elisheva], hoekom is jy so verbaas? Jy het lankal reeds die aandag gehad van hom [anti-messiah, antichrist]. Wie dink jy is agter al die aanvalle?

HIERDIE IS MY GEVEG! EK GEBRUIK AMIGHTYWIND!

EK GEBRUIK MY SPESIALE VEGTERS, MY SPESIALE BRUID,

-MAAR ALMAL VAN JULLE HET N' BESKERMING:

ALMAL VAN JULLE DRA MY GEVEGSMONDERING -

WANT EK IS REG LANGS JULLE.

YouTube was asof dit 'n smelters-oond was, was dit nie? Hoeveel keer het jy gesê, “O, nee, ek weet nie hoe ek gaan oorleef nie,” - terwyl die woorde van haat gedreig het om jou te verteer.

MAAR ELKE KEER HET EK JOU GEGEE WAT DIT VERG OM TE OORWIN!

ELKE KEER RIG EK JOU WEER OP!

EN EK PRAAT MET AL DIEGENE WAT AANGEVAL WAS.

WAAR JY SWAK WAS MAAK EK JOU STERKER!

WAAR JY BEVREES WAS MAAK EK JOU DAPPER!

O, MY kleintjies! Moenie die KRAG onderskat wat aan julle gegee is om teen die vyande van jul siele te veg nie!

MY VYANDE - IS JULLE VYANDE!

JULLE VYANDE - IS MY VYANDE!

SO MOENIE VREES NIE!

DIE OORLOG WAT TEEN JULLE WOED

-ALHOEWEL DIT LYK OF DIT KOM DEUR MENSE-HANDE -

DIS MEER AS NET STERFLIKE MENSE.

SOLANK JULLE DOEN WAT EK JUL BEVEEL OM TE DOEN,

SOLANK JUL MY GEHOORSAAM, SAL EK JULLE VEILIG HOU.

Moenie die krag van die vyand onderskat nie. Maar moenie MY KRAG onderskat nie! Want, EK sal hierdie vyande vernietig! 1

Dit sal gebeur op ‘n tyd wat jy nie gedink het dit sal kom nie. Moenie dom kanse waag nie. Neem alles na MY toe in gebed. Hou aan om die onsigbare kragveld om julle te bid. Want, weereens sê EK: julle het die aandag van die anti-messias. Dis later as wat julle dink! Tyd is korter as wat julle dink! Wees net dapper. Moenie dat die vyand jou sien sweet nie.

Sylvester, weet jy wat was nog die beste video ooit wat EK jou laat opneem het? Dis jou mees onlangse video. 2 Die oomblik toe die vyande sien dat jy staande gebly het, ongeag alles wat hulle aan jou gedoen het.

En dat jy geseënd was met 'n geliefde vrou aan jou sy en dat EK julle vreugde gee! En hierdie vreugde haat hulle. Hulle weet dat NIKS wat hul gedoen het hierdie seëninge kon wegneem nie. En nou weet hulle ook, waar hulle gedink het daar’s net een - sien hulle nou twee.

Want die blydskap- MY blydskap, is jul sterkte!

O, MY lieflinge! Julle kan nie eens begin om te begryp nie wat die OMVANG is van die siele wat jul bereik - die oortuiging wat oor hulle kom soos hul met traanbevlekte gesigte, hulle wil en lewens oorgee aan MY.

Waarom dink julle het jul die anti-messias se aandag? Want jul doen dit nie net in een taal nie! Een taal is moelik genoeg vir die vyand om te hanteer, maar wetende dat hulle jul nie kan snoer of stilmaak nie – en om te weet, jul begeerte is om hierdie wêreld te bereik in al die tale! Dit is hoekom EK jul hier gesit het. En EK gebruik die vyand se eie masjien om dit te doen. O, groot, groot, groot, groot, groot is jul seëninge!

BLY NET STAAN.

MOET NOOIT DAT DIE VYAND JOU SIEN VAL IN NEERLAAG NIE.

VAT NET MY HAND - WANT MY KRAG KAN NIE EERS BEGIN

OM VERGELYK TE WORD MET DIE VAN ENIGE VROU OF MAN NIE.

EK, YAHUSHUA, RIG JUL OP .

EK, YAHUSHUA, VOU MY ARMS VAN LIEFDE OM JULLE.

EK , YAHUSHUA, VEE DIE TRANE VAN JUL OË AF.

EN EK, YAHUSHUA, SAL DIE WAT EK VERAG DOODMAAK! 3

MY WOORD LIEG NIE! WAT DIE VADER HAAT, HAAT EK!

Mense wil die Boek, wat die Die Bybel genoem word, verdeel. En hulle wil reguleer en sê dat EK net in die Nuwe Testament is. Hulle vergeet dat EK die BOEK IS! EK IS DIE WOORD - wat vlees geword het! Daar is GEEN verdeling nie! EK was ook in wat julle noem die Ou Testament; daar word van MY gepraat - in die boek van Daniël.

DANIËL HET VAN MY GEPRAAT.

KYK EN JULLE SAL SIEN.

Hou julle net aan om te preek wat EK vir julle gee.

NIE ALLES HET OP DOWE ORE GEVAL NIE.

DIE VAN HULLE WAT MY SKAPE EN LAMMERS IS, SAL GEHOOR GEE.

Selfs as hul nie ALLES verstaan wat jul sê nie herken hul steeds MY stem. Hulle herken dat die goeie vrug in hierdie Bediening van die Hemel afkomstig is. Hierdie is die woorde wat EK vir julle wil sê - terwyl jul probeer om ‘n deur af te breek ten opsigte van iets waaroor EK nog nie ‘n antwoord wil gee nie.

RUS NET IN MY, VERFRIS IN MY!

LAAT TOE DAT EK MY LIEFDE IN JULLE IN-GIET - RESTORASIE.

EK IS NOOIT TE VROEG NIE. EK IS NOOIT TE LAAT NIE.

Julle sal weet wanneer dit tyd is. Julle het jul werk gedoen. Julle het na MY geluister – selfs nou - trek MY GEES jou om te luister en om te gehoorsaam.

Dis al wat EK vra. Jy doen jou deel en EK doen MYNE. Wanneer EK vir jou sê om voorsorg te tref, selfs wanneer jy sê, “O ek is nie bekommerd daaroor nie. GOD sal beskerm….” - solank julle MY gehoorsaam…Solank julle MY gehoorsaam. [d.i. as julle MY gehoorsaam is, sal EK julle beskerm]

Hou aan om tot MY te nader. Vra MY om met julle te praat in die stilte van die nag. Hou net aan om tot MY te nader. Want, GEEN wapen wat teen jul gevorm is , is groter as EK nie.(Jesaja 54:17)

DAAR IS NIKS WAT EK NIE KAN VERNIETIG NIE.

DAAR IS GEEN OË WAT EK NIE KAN VERBLIND NIE.

DAAR IS GEEN MASJIEN WAT EK NIE KAN VERNIETIG NIE.

JUL MOET GELOOF HÊ IN MY

JUL MOET GELOOF HÊ IN DIE LEGIOENE VAN HEILIGE ENGELE

WAT EK ORAL RONDOM GEPOSISIONEER HET.

MY KOSBARE BRUID –

JUL MOET GELOOF HÊ IN MY. MOENIE TWYFEL NIE.

MOENIE IN MY LIEFDE VIR JUL TWYFEL NIE.

HOU JOU ORE DOOF VIR DIE WAT SKREE,

EN SÊ JY BEHOORT NIE AAN MY NIE.

JY VERKONDIG MY WOORD

JY LEEF MY WOORD.

ELISABETH (ELISHEVA) EK GEE JOU DIE INSTRUKSIE.

AL WAT JY DOEN - IS HERUITSAAI.

JY IS NIE DIE OPPER-BEVELVOERDER NIE, EK IS!

JY VOER NET DIE BEVELE UIT WAT EK VIR JOU GEE.

JY IS NIE VERANTWOORDELIK VIR WAT DIE MENSE DOEN NIE!

JY IS NIE VERANTWOORDELIK AS HUL MISVERSTAAN NIE.

HÚLLE IS VERANTWOORDELIK.

OM DIT NET NA MY TOE TE NEEM EN TE SÊ “HELP MY VERSTAAN.”

EK IS GOD ALMAGTIG!

EK EN DIE VADER IS EEN!

EK KAN OP ELKE PLEK WEES - EN EK IS!

JY IS EEN VROU - EN JY KAN NIE.

SO DOEN DIT WAT EK VIR JOU SÊ OM TE DOEN.

ALMAL VAN JULLE DOEN DIT WAT EK VIR JULLE SÊ OM TE DOEN.

EK IS DIESELFDE YAHUSHUA

WAT DIE VYEBOOM VERVLOEK HET OMDAT DIT GEWEIER HET OM

VRUG TE DRA

EN DIT HET VERDOR EN DOODGEGAAN VOOR DIE OË VAN ALMAL.

EK HET NIE VERANDER NIE: EK SEËN EN EK VERVLOEK.

Die vyande wil jul ore verdoof en hulle wil sê, “’Jesus Christus’ is net 'n GOD VAN LIEFDE. Ek hoef my nie te bekommer om die 10 Gebooie te onderhou nie. Ek weier om volgens daardie wette te leef. Ek kan leef soos ek wil en ek gaan Hemel toe. Jý gaan hel toe - omdat jy dink jy kan GOD behaag , omdat jy ons oordeel – ons sal jou vernietig.”

Hulle skree dit weer en weer en weer.

[Nou skree EK, YAHUVEH:]

BOODSKAP! BOODSKAP! BOODSKAP! AAN DIE HELE WÊRELD NOU!

JULLE KAN NIE DIE POORTE VAN DIE HEMEL AFBREEK NIE!

JULLE KAN NIE VIR MY, YAHUVEH & YAHUSHUA

EN DIE RUACH HA KODESH VAN ONS TRONE AFSTAMP NIE!

EK LAG VIR JULLE! O, JULLE PIEPERIGE MANS EN VROUENS!

JULLE IS MAAR NET STOF - KAF, IN DIE WIND,

WAT EK KAN WEGBLAAS AS EK SOU VERKIES.

O, julle vyande van AmightyWind Ministry (Bediening) - so baie van julle - EK skud MY kop in afgryse, want julle sal daar wees - wanneer julle uitroep en wanneer julle wil hê dat ‘n rotsstorting jul moet verberg van die woede van HOM WAT OP DIE TROON SIT EN DIE LAM VAN YAH (Openbaring 6:16). Julle dink maar net dat jul weet wat swaarkry is. Julle het nog nie eens begin verstaan. Indien jy 'n vyand is van hierdie Bediening - wat alleenlik MY Woord en Heiligheid preek, wat 'n boodskap soos Johannes die Doper het en soos Elia (Eliyahu) van Ouds- dan is jy 'n vyand van YAHUVEH, van MY YAHUSHUA, & MY RUACH HA KODESH!

Julle wat sê , “ek sal hierdie Bediening vernietig.” - Nee dis EK wat júlle sal vernietig. Net soos EK die vyeboom vervloek het, so ook vervloek EK die vyande van Amightywind Ministry! Want hierdie Bediening is nie van 'n man of 'n vrou nie! Hierdie bediening is deur MY Eie Hande gevestig. Dis nét die SALWING VAN DIE KOSBARE RUACH HA KODESH wat manne en vroue na MY toe trek sodat hul siele gered kan word, maar EK gebruik hierdie bediening ook om die verworpenes te vernietig.

So, MY lieflinge wat hierdie Bediening beskou as ‘n seën - want julle kan die hele wêreld deursoek en jul sal geen gelyke vind nie - EK gee julle hierdie Woorde van Bemoediging. Die wat jou haat, haat MY. Hulle wat jou probeer vernietig, probeer om MY te vernietig. En EK en die HEMELSE VADER, jou ABBA YAHUVEH lag vir die slingse planne van hierdie pieperigemans en vrouens wat maar net - in ONS Oë - stof is. En baie, baie spoedig sal die vyande sien dat dit jy is, jy, vir wie EK so baie liefhet en dis hulle wat EK so baie verafsku.

So, hou julle aan om te werk in hierdie oesland. Daar is so baie meer seëninge wat vir jul wag van MY af. Die Bruid van YAHUSHUA herken wie julle is. Die Bruid van YAHUSHUA herken mekaar. Die Bruid van YAHUSHUA word - soos n magneet - na julle toe aangetrek. Want hulle weet aan hierdie bediening is die Waarheid gegee. Julle is ‘n uitreiking na beide Jood en Heiden. Julle is nie soos enige ge-organiseerde kerk nie. Julle is soos die eerste Apostels toe hulle bymekaar gekom het - en tekens, wonders en wonderwerke volg hulle wie aan MY gehoorsaam is.

SO, DIT IS WAT EK WIL DOEN HIERDIE DAG.

EK WIL JULLE 'N WOORD VAN TROOS GEE

- WANNEER JULLE DIT DIE MINSTE VERWAG-

EK WIL HULLE WAT SO NEERGEDRUK WAS WEER OPHEF.

EK WIL DIE TRANE IN JUL OË AFDROOG.

EK WIL ALMAL HERSTEL WAT RESTORASIE NODIG HET.

EK WIL JOU DAPPERHEID GEE WAAR JY VREES GEKEN HET.

EK WIL JOU HERINNER DAT EK HIER IS.

EK IS NADER AS JOU VOLGENDE ASEMTEUG. MY GEES LEEF IN JOU

EN , O, HOE LIEF HET EK JOU!

So hou net aan om styf vas te hou aan die Soom van MY Kleed. Moenie los nie! Want EK sal jou nie los of verlaat nie. EK weet wie se name in die LAM se Boek van Lewe geskryf staan voor die Grondlegging van hierdie Wêreld…EK weet wie se name daarin oorbly! En dis húlle waarmee EK praat hierdie dag. As jy hierdie Woord as ‘n seën ontvang van MY, weet dat jou naam daar is. Dis NIE uitgewis nie.

As jy hierdie Woord ontvang as n vervloeking - net om te spot en uit te lag - weet dit, EK het jou nooit geken nie! EK gee nie om hoe jy MY Woorde kwoteer nie. EK gee nie om hoe jy skree nie. EK sê jou dit, as jy hierdie Woorde as 'n vervloeking ontvang, as jy hierdie Bediening as n vervloeking ontvang, as jy nie berou en goedmaak wat jy gedoen het nie - wees verseker EK ken jou nie.

Elisheva: Is U seker U wil hê ek moet dit sê? Ek bedek my lippe met die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. ABBA YAHUVEH, as dit nie U is nie – as dit nie U is nie, YAHUSHUA, moet dan nie laat dit uitgespreek word nie.

SPREEK DIT! EK BEVEEL JOU OM DIT UIT TE SPREEK!

EK sê dit hard en EK sê dit duidelik!

Die wat nie berou nie, die wat nie die bose woorde goedmaak wat hulle gespreek het teen hierdie ALEPH & TAV, AMIGHTYWIND, RUACH HA KODESH, HEILIGE VUUR Bediening - wat liefdevol genoem word “AmightyWind of AlmightyWind” - EK sê vir julle dit - EK gaan dit weer eenkeer herhaal. Want MY Profeet, jy het probeer om MY stil te maak en MY woorde wat EK wou sê probeer sensor, so EK gaan dit weer herhaal - hulle wie na hierdie Bediening kyk en dit haat en die Woorde haat wat voortkom , EK ken julle NIE eens nie!

JY IS SOOS ‘n BASTERKIND!!! 4 - Jy beweer soos 'n ‘erfgenaam’ dat jy 'n reg het op die erfporsie. Maar EK sê vir jou dit - die wat weier om te berou, die wat weier om die bose woorde en die bose dade wat hulle gedoen het goed te maak, hulle wat die Tien Gebooie 5 gevat het en dit vermorsel het tot in die grond in en sê, “Ons hoef nie te gehoorsaam nie. Ons hoef nie Heilig te leef nie. Maak stil daardie Profeet. Maak dood daardie profeet!” - EK sê dit vir julle:

EK KEN JULLE NIE!

JY IS 'N BASTERKIND!‼!!!!

JY SAL JOU ERFDEEL KRY;

EN DIT SAL DIE HEL SE VLAMME WEES!

JULLE WAT SÊ, “DAAR IS NIE N HEL NIE.”

JULLE HAAT HIERDIE BEDIENING WANT DIT PREEK DAT DAAR 'N HEL IS.

JULLE HAAT HIERDIE BEDIENING WANT DIT WAARSKU DAT

DIE VLOEKE VAN DEUTRONOMIUM 28 NOG STEEDS GELD -

VIR DIE WAT REBELLEER

EN WEIER OM TE BEROU -

JULLE SAL JUL ERFDEEL KRY,

EN DIS DIE POEL VAN VUUR VIR JULLE!

NET OMDAT JULLE ONTKEN DAT DAAR 'N HEL IS

MAAK DIT NIE [JOU ONTKENNING] GELDIG NIE!

O, DAAR IS DIE HEMEL OM TE VERWERF!

O, DAAR IS 'N HEL OM TE VERMY EN VREES!

O, EK SEËN EN EK VERVLOEK

SO SEKER AS WAT EK DAARDIE VYEBOOM VERVLOEK HET!

So dit is wat EK te sê het: dit is jou keuse om aangeneem te word - of om verwerp te word as 'n basterkind! En die duiwel is daar om die basterkinders op te eis. Dis jou keuse.

MAAR MY SKAPE KEN MY STEM. MY LAMMERS KEN MY STEM.

EN HULLE SAL NA GEEN ANDER HERDER KOM NIE.

EN HULLE WEET EK TUGTIG DIE WAT EK LIEFHET (SPREUKE 3:12) 5

EN HULLE BEDANK MY DAARVOOR.

HULLE IS MY GELIEFDE KINDERS.

HIERDIE IS DIE KINDERS VAN DIE VADER.

HIERDIE IS HULLE WAT GEVUL IS MET DIE

RUACH HA KODESH, LIEFLIKE HEILIGE GEES.

EK VERTROOS JULLE MET HIERDIE WOORDE. JULLE IS MYNE!

EN EK BESKERM ALMAL WAT MYNE IS!

EK DEEL WAT EK HET MET JULLE.

EN EK BEMAGTIG JULLE. EN EK PRAAT MET JULLE.

As jy nie MY Stem kan hoor soos Elisabeth[Elisheva] dit nou hoor nie, het ek ander maniere om met jou te praat. Nader net tot MY want EK sê vir julle die Salwinge gaan net sterker word in hulle wat MY waarlik gehoorsaam en volg - en (wie) veg vir die standaard van Heiligheid en alles wat onheilig is bestaf.

DIE SALWING GAAN NET STERKER WORD.

DIS MY ERFDEEL VIR JULLE.

DIE HEILIGE ENGELE WAT WAG STAAN EN JULLE BESKERM,

DIS MY ERFDEEL VIR JULLE.

EK GEE DIT AAN JULLE, WANT EK HET JULLE LIEF.

Einde van Profesie

Elisheva: [asem diep in] Dis dit! [Hulle] het hier ingeharloop met die kasset opnemer…

Gespreek onder die Salwing van die

RUACH HA KODESH

aan Apostel Elisabeth Sherrie Elijah

[Elisheva Eliyahu]

Offensief vir baie, en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter,

Bruid van

YAHUSHUA ha MASHIACH/’JESUS CHRISTUS’

LUKAS 6:46 EN WAT NOEM JULLE MY: MEESTER, MEESTER! EN DOEN NIE WAT EK SÊ NIE?

JOHANNES 14:15 AS JULLE MY LIEFHET, BEWAAR MY GEBOOIE.

2 TIMOTHEUS 3:5 MENSE WAT 'N GEDAANTE VAN TOEWYDING HET, MAAR DIE KRAG DAARVAN VERLOËN HET. KEER JOU OOK VAN HIERDIE MENSE AF.

MARKUS 11:12-14 EN DIE VOLGENDE DAG, ONDERWYL HULLE UIT BET-ANYAH GAAN, HET HY HONGER GEHAD; EN TOE HY OP 'N AFSTAND 'N VYEBOOM MET BLARE SIEN, HET HY DAARHEEN GEGAAN IN DIE HOOP OM IETS DAARAAN TE VIND; EN TOE HY DAARBY KOM, VIND HY NIKS AS BLARE NIE, WANT DIT WAS NIE TYD VAN VYE NIE. EN YAHUSHUA PRAAT EN SÊ VIR HOM: LAAT NIEMAND OOIT IN DER EWIGHEID VAN JOU 'N VRUG EET NIE! EN SY DISSIPELS HET DIT GEHOOR.

MATTHEUS 25: 1-13 1DAN SAL DIE KONINKRYK VAN DIE HEMELE WEES SOOS TIEN MAAGDE WAT HULLE LAMPE GENEEM EN UITGEGAAN HET OM DIE BRUIDEGOM TE ONTMOET.

2EN VYF VAN HULLE WAS VERSTANDIG EN VYF DWAAS.

3EN TOE DIE WAT DWAAS WAS, HUL LAMPE NEEM, HET HULLE GEEN OLIE MET HULLE SAAMGENEEM NIE.

4MAAR DIE VERSTANDIGES HET OLIE IN HULLE KANNE SAAM MET HUL LAMPE GENEEM.

5EN TERWYL DIE BRUIDEGOM TALM OM TE KOM, HET HULLE ALMAL VAAK GEWORD EN AAN DIE SLAAP GERAAK.

6EN MIDDERNAG WAS DAAR 'N GEROEP: KYK DIE BRUIDEGOM; GAAN UIT HOM TEGEMOET!

7TOE STAAN AL DAARDIE MAAGDE OP EN MAAK HULLE LAMPE GEREED.

8EN DIE WAT DWAAS WAS, SÊ AAN DIE VERSTANDIGES: GEE VIR ONS VAN JULLE OLIE, WANT ONS LAMPE GAAN UIT.

9MAAR DIE VERSTANDIGES ANTWOORD EN SÊ: MISKIEN SAL DAAR NIE GENOEG WEES VIR ONS EN VIR JULLE NIE. MAAR GAAN LIEWER NA DIE VERKOPERS EN KOOP VIR JULLESELF.

10EN ONDERWYL HULLE GAAN OM TE KOOP, HET DIE BRUIDEGOM GEKOM. EN DIE WAT GEREED WAS, HET SAAM MET HOM INGEGAAN NA DIE BRUILOF, EN DIE DEUR IS GESLUIT.

11LATER KOM TOE DIE ANDER MAAGDE OOK EN SÊ: MENEER, MENEER, MAAK VIR ONS OOP!

12MAAR HY ANTWOORD EN SÊ: AMEIN EK SÊ VIR JULLE, EK KEN JULLE NIE.

13WAAK DAN, OMDAT JULLE DIE DAG EN DIE UUR NIE WEET NIE

DEUTERONOMIUM 32:39-43 39 AANSKOU NOU DAT DIT EK IS EN DAT DAAR GEEN ELOHIEM NAAS MY IS NIE; EK MAAK DOOD EN MAAK LEWEND, EK HET VERBRYSEL EN EK GENEES; EN DAAR IS NIEMAND WAT UIT MY HAND RED NIE. 40 WANT EK SAL MY HAND NA DIE HEMEL OPHEF EN SÊ: SO WAAR AS EK EWIG LEEF - 41 AS EK MY GLINSTERENDE SWAARD SKERP GEMAAK HET EN MY HAND NA DIE STRAFMAATREËL GRYP, SAL EK WRAAK OEFEN OP MY TEËSTANDERS EN MY HATERS VERGELD. 42 EK SAL MY PYLE DRONK MAAK VAN BLOED, EN MY SWAARD SAL VLEES EET: VAN DIE BLOED VAN HOM WAT VERSLAAN EN GEVANG IS, VAN DIE KOP VAN DIE VYAND SE AANVOERDERS. 43 JUBEL, O NASIES, OOR SY VOLK, WANT HY SAL DIE BLOED VAN SY KNEGTE WREEK, EN HY SAL WRAAK OEFEN OP SY TEËSTANDERS EN VERSOENING DOEN VIR SY LAND EN SY VOLK.

--------------------------------------

1 Deut. 4:24 Want YAHWEH jou ELOHIEM is 'n verterende vuur, 'n jaloerse EL.Job 4:8-9 Ooreenkomstig ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, daardie een maai dit. 9 Deur die asem van ELOHA kom hulle om, en deur die geblaas van SY toorn word hulle vernietig.

2 Oorspronklik op YouTube gelaai 18 Februarie 2012, valslik gemerk as ‘verwyder’ en weer opgesit 15 Maart 2012.]

3 Openb. 6:16 “ en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die LAM.” ; Jes. 11:4 “…HY sal die aarde slaan met die roede van SY mond en met die asem van SY lippe die goddelose doodmaak.” Deut. 32:41 “as EK my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafmaatreël gryp, sal EK wraak oefen op my teëstanders en MY haters vergeld.”

4 “Basterkinders” word genoem in Hebreers 12:8. Nasionale Woordeboek definisie van ‘n Basterkind is ‘n Onegte kind. Vir ons broers/susters in YAHUSHUA hier op aarde wat nie hul biologiese pa ken nie – julle het nog steeds ‘n PAPPA in die HEMEL. YAHUSHUA verwys nie hier na lewe op aarde nie; maar na die geestelike realm. Hy verwys na dié wat YAHUVEH op-eis as VADER, maar in werklikheid is hulle 'n geestelike basterkind in SY oë.

Heb. 12:5-8 “5 En julle het die vermaning totaal vergeet wat met julle as seuns praat: My seun, ag die tugtiging van YAHWEH nie gering nie en beswyk NIE as jy deur HOM bestraf word nie; 6 want YAHWEH tugtig hom wat HY liefhet, en HY kasty ELKE SEUN wat HY aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel ELOHIEM julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader NIE tugtig nie? Heb. 12:8 Maar AS JULLE SONDER tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. “

5 Ons word beveel om die 10 Gebooie te onderhou (Exodus 20: 2-17)

* * * * * * *

Print Friendly and PDF