Profesie 125

Die Elite van satan sal
Die BLOED ROOI MAAN
gebruik op 27 September !

DRINGENDE WAARSKUWING!

(BLY IN JULLE HUISE & BID)

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die

RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

27 September 2016


* * * * * * *



Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth(Elisheva), EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die mond van die RUACH ha KODESH, jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit alleenlik deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND VAN HERLEWING, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK is YAHVEH, dit is MY Naam; en MY eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY lof aan die gesnede beelde nie. Jes 42:8


In Julie 2010 het GOD YAHUVEH ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie te plaas:


2 Kronieke 36:16
Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.

Skrifaanhalings vanuit die Woord EN Getuienis vertaling mits anders aangedui

* * * * * * *


Gedurende gebed, net na private nagmaal met mede Profeet Kathrynyah, oor die foon hierdie oggend, het ek nog ‘n Profesie ontvang. Dit is die volgende Profesie 125 - Profesie 124 word geseël vir toekomstige vrystelling. Ons het ‘n mandaat om hierdie Woord so vinnig as moontlik vir die mense te gee, so ons plaas dit op ons blog. En ons dank ABBA YAH vir SY genade teenoor ons!

Ek het ‘n droom gehad dat ons die vensters bedek, en toe het ek saam met Kathrynyah daaroor gebid.

Die Profesie volg hierdie instruksies vanaf die Hemel. Deel dit asseblief met ander, veral die wie julle weet leef Heilig vir YAHUSHUA (Hebreeus vir JESUS):

Moenie na die maan kyk nie (gedurende die eklips – beeld materiaal wat opgeneem word en later na gekyk word is nie die gevaar nie)

Bly in julle huise (bring julle diere ook na binne), en bid en wees in gebeds voorbidding vir beskerming teen satan se agenda.

Maak julle vensters toe. Bedek en salf julle vensters. Dit is:

Maak julle blindings en gordyne toe. Bedek letterlik julle vensters met iets. As julle vensters het sonder gordyne, kan jy dit met ‘n laken of doek bedek, of sny vullissakkke en plak dit met kleefband. Hou vensters toe en bedek dit.

Seël julle vensters af in gebed met salwings olie. (Jy kan olyfolie gebruik {enige olie wat jy het, of selfs water as jy niks anders het nie.} Bid net daaroor, dat dit die Bloed van die LAM, YAHUSHUA verteenwoordig – net soos Exodus 12 – plaas dan van dit op julle vensters.)

Ons moet die salwing ernstig opneem vanaand – voor die tyd – ons huise, deure en vensters

En neem Psalms 91 gebede ernstig op!

Indien jy geskeduleer is om by jou werk te moet wees gedurende die eklips, bel in dat jy siek is indien nodig en neem ‘n dag af, en bly by die huis of iewers binnenshuis waar jy kan bid. Indien jy in ‘n ongelyk gebinde huishoudelike situasie is, salf jouself en die area rondom jou af.

Die eklips is 27 of 28 September, afhangende van jou tyd sone. Kyk na hierdie webwerf skakel vir die tyd waar jy bly. Dit begin 28 Sept. UTC/GMT 00:11 (rondom middernag, 12:11 AM UTC) en eindig 5:22 (5:22 AM UTC). Die maksimale eklips is UTC 2:47 AM.

Selfs as die eklips nie sigbaar is in jou land nie, beteken dit nie dat die boosheid nie na vore gekom het nie. SO WEES IN GEBED!



Dit sal gedeeltelik sigbaar wees vanaf Europa, Suid/Wes Asië, Afrika, Noord Amerika, Suid Amerika, Stille, Atlantiese, Indiese Oseaan, Arkties, Antarktika. Wees asseblief in gebed, (en moenie na dit kyk nie).



Jesaja 26:20

Kom MY volk gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir ‘n klein oomblik, totdat die gramskap verbygaan’

Gaan in julle slaapkamers in, my volk, sluit die deure agter julle toe. Kruip 'n rukkie weg totdat GOD klaar is met straf. 1983 Vertaling

* * * * * * *


Elisabeth (Elisheva): Is daar enige iets anders HEMELSE VADER?

Kathrynyah: Dank U vir die waarskuwing voor die tyd.

E: Ok, ok. Ek hoor iets… Word ek opgeneem?

K: Ja.

[Heilige Tale & Profesie begin:]

MY kinders, MY kinders, MY kinders!

Wanneer julle die donkerte sien, of julle hoor (van) die donkerte wat die maan sal bedek, bly binne in julle huise! Want, wanneer die maan rooi gaan word, is dit tyd vir MY Heiliges om op te staan en om in voorbidding te wees en om te bid teen die donkerte!

Bid teen die geestelike donkerte, die vloeke, mense se onmenslikheid teenoor die mens – want die regerings wie jullle gedink het julle kon vertrou regoor hierdie wêreld, wat bedoel was om mense te beskerm – nou gee EK julle ‘n nuwe bevel – vra vir beskerming [van al hierdie dinge] omdat satan 'n meester plan het.

Moenie mislei wees nie. Dit is NIE, EK, YAHUVEH se woede nie.

Dit is die elite se woede op diegene wie hulle “landbouers” noem. Die woord “ontvolking” word net sorgloos voortgespreek deur hierdie elite. Pasop vir die elite. Omdat satan demone sal vrystel om hierdie elites in ‘n nuwe manier te vul. En hulle gedagtes sal nie wees om die mensdom te bewaar nie, en enige deernis (menslikheid) sal weggewas word.

Pasop vir die elites van hierdie wêreld. En julle sal sê, “Maar wie is die elites?” Hulle is die rykstes van die rykes. Hulle dien alreeds satan. Hulle sê hulle is “beter as enige iemand anders.”

Dwase mans en dwase vrouens – julle begeer om te hê wat hulle het. Tog besef julle nie – al wat hulle gaan kry is hel en die Poel van Vuur! Julle noem sommige “film sterre.” Sommige is in hoë regerings posisies. Sommiges is biljoenêrs. En baie keer oor miljoenêrs.

EK sal nie die name noem nie. Ek sal nie hierdie Profeet wat praat in gevaar stel nie. Ek het net vir julle ‘n kykie gegee van die elite: die verderwers van geregtigheid. Sommiges gee selfs die wette van die land! In hoë politiese plekke!

Pasop vir die elite!

So hierdie maan is net ‘n voor skaduwee. Omdat MY woede vir hierdie wêreld nog nie gekom het nie, maar dit sal (Openb. 6:16) en EK, en EK alleen, die SKEPPER van daardie maan, EK, YAHUVEH sal ‘n ander rooi maan daar plaas, wanneer julle dit die minste verwag. Dit sal NIE wees soos die wetenskaplikes dink nie.

EK IS YAHUVEH!

Het EK NIE tyd gestop nie (Josua10:13; Jesaja 38:8)?

Die Heilige Skrifte vertel nie leuens nie!

‘Hoe kan jy die draai van die wêreld stop, sonder dat almal af vlieg?’

Tog het EK YAHUVEH tyd gestop! Dink julle waarlik dit is onmoontlik vir MY om ‘n ander eklips oor die maan te bring – en die maan sal in bloed verander (Joël 2:31)!

EK IS YAHUVEH! DIE SKEPPER VAN ALLES!

MY woede word steeds opgebou. MY GENADE roep steeds uit (Spreuke 1:20; 8:1) “Kom na YAHUSHUA HA MASHIACH terwyl jy kan, omdat HY ALLEEN die ENIGSTE INTERSESSOR is!”

Dit is NIE ‘n man wat in ‘n rok geklee is nie! Hy beklee homself met ‘n gewaad, maar dit is nie EK, YAHUSHUA se geregtigheid nie! Hy het die hele ewigheid om te betaal omdat hy die aanbidding van mans en vrouens aanvaar het. Nooit sal hy sê, “Kyk op na YAHUSHUA! Kyk op waar jou WARE VERLOSSING nader kom nie” (Lukas 21:28)! Julle weet hy verheerlik in [geniet] die verering en aanbidding van ‘n mens. (Johannes 5:41; 12:43).

Pasop vir die elite! Pasop vir die een wie homself ‘n “Pous” noem! Pasop vir die Vatikaan!

Pasop vir die elite. Want, hulle IS NIE elite in MY oë nie. Hulle is die elite van satan. Hulle behoort aan satan – verstandelik, liggaam, gees en siel – en dit is hoekom EK sê, na die hel en die Poel van Vuur sal hulle gaan!

O maar EK het MY elite - hulle is gewas in die gestorte Bloed van MY SEUN YAHUSHUA, julle MASHIACH. Hulle is volgers en gelowiges en verdedigers van dit wat julle die Tien Gebooie noem. EK kyk nie na hulle finansiële inkomste nie. Hulle is MY elite. Hulle is MY elite magte wat teen die duisternis staan.

Want, dit is “die gebede van die regverdiges wat groot krag het” (Jakobus 5:16)! Nie die gebede van die onregverdiges nie!

Deuteronomium 28 is MY Woorde! Dit is jou keuse of jy die seëninge van EK YAHUVEH vir gehoorsaamheid dra, of die vloeke van EK YAHUVEH vir jou rebelsheid en jou ongehoorsaamheid en jou weiering om Heilig te lewe!

En in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, sal EK jou gebede hoor. EK sal jou vergewe. EK sal genade hê. So kom na MY toe, nederig – terwyl daar steeds tyd is.

Hierdie wêreld het dit wat EK ‘n “verafskuwing” noem gewettig (Lev 18:22) Maar hierdie wêreld is nie die WETGEWER nie.

EK, YAHUVEH IS DAARDIE WETGEWER!

E: Vir U GLORIE ABBA YAHUVEH! Vir U GLORIE YAHUSHUA! Vir U GLORIE! Ons bestraf die [bose] elite nou in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Die elites van satan – ONS BESTRAF JULLE!

Ons vra U ABBA YAHUVEH om die vloeke van Deuteronomium 28 los te laat! Laat hulle dit dra soos ‘n tweede vel (Psalms 109:17-19)! Ons vra U ABBA YAHUVEH, neem wraak. Omdat U gesê het, “Wraak is MYNE, Sê YAHUVEH” (Deut 32:25, Rom 12:19), U sal terug betaal!

Vir U Glorie ABBA YAHUVEH. Ons dank U en ons prys U vir U beskerming hierdie nag wanneer die super maan gaan kom – die eklips en dit verander in bloed rooi ABBA YAH – ons dank U vir U beskerming teen die demone wat vrygestel gaan word. En diegene met die vreemde vuur en wie in die okkult is, sal dit gebruik om hulle vloeke te stuur en om hulle rituele te doen.

Ons bestraf dit! Ons ontvang dit NIE! In die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons staan op die Skrif van Psalms 91 dat geen plaag naby ons huishouding sal kom nie! U het Heilige Engele gegee om ons te beskerm! Ons dank U en ons prys U ABBA YAHUVEH dat U die vyand verwar!

En instede daarvan dat die sogenaamde landbouers sal sterf, sal dit die einste elite wees wat U sal oordeel. Dit wat hulle op die onskuldiges van hierdie wêreld wil plaas, sal net weer terug gaan op die elite van hierdie wêreld – die elites van satan, die bruid van satan, die dienaars en dissipels van satan.

Dank U ABBA YAHUVEH! Dank U dat U ons beskerm! Dank U! Dank U vir die Gestorte Bloed van YAHUSHUA! Dank U vir die onsigbare krag veld – daardie koepel rondom ons huise! Dank U ABBA YAHUVEH!

Want U het gesê, “Gaan steek julleself weg MY kinders, vir ‘n kort tydjie” (Profesie 60, Jesaja 26:20) totdat U woede sal oorgaan. Dank U dat U ons beskerm teen mens se onmenslikheid teenoor die mens.

Dank U dat U legioene Heilige Engele sal loslaat. Terwyl donkerte die maan gaan bedek en dit sal voorkom of dit bloed rooi is, dank U ABBA YAHUVEH dat U legioene Heilige Engele op hierdie aarde sal loslaat om elkeen te bedek en te beskerm wie waarlik aan U behoort, YAHUSHUA!

Ek vra nie vir die bedekking van die wat louwarm is nie – diegene wie voorgee dat hulle aan U behoort!

[Praat onder ‘n sterk salwing:]

Die kerk van die wat voorgee – GAAN WEG VAN MY, GAAN WEG VAN MY! ONS het niks in gemeen met julle nie!

Ons is bloed gekoop deur die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. En ons uitsluitlike doel in die lewe is om Heilig te leef voor HOM! Ons is nie perfek nie! Alleenlik HY is perfek! Maar ons weet dit, ons toets ABBA YAH nie doelbewus en doen sonde nie.

So dank U ABBA YAHUVEH! Dank U GELIEFDE YAHUSHUA! Dank U KOSBARE, KOSBARE IMMAYAH, ons KOSBARE, KOSBARE, SOETE HEILIGE GEES! Dank U!

U skei die koring van die onkruid (Matt. 13:24-30). En ons dank U ABBA YAHUVEH dat ons U koring is! En nie enige genetiese gemodifiseerde koring is nie! Ons verteenwoordig die Hemelse koring.

Dank U vir die LIG wat ons gesigte vul, sodat die SOETE, SOETE HEILIGE GEES gesien kan word! En nie die VALSE lig (van die bose) nie – omdat dit soos ‘n fluorescent lig is!

Ons het die WARE LIG.

Ons dien die LEIDENDE LIG, ons HERDER, ons MESSIAH, ons HERE, GOD & REDDER, DIE ENIGSTE GEBORE SEUN VAN YAHUVEH, DIE GEKRUISIGDE & OPGESTANE – ons GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH, ons SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!

En ons dank U! Ons prys U, GELIEFDE YAHUSHUA, dat U ons salf, ons beskerm, ons seën, ons lei – ons onderskeiding gee (van) wie goed is en wie boos is, die begeerte om ‘n regverdige lewe voor U te lei – om U Glorie te bring. Verdedigers van die Tien Gebooie, ons dank U, om [ons] getel te word as een van die elite van ons GELIEFDE YAHUSHUA, ons MASHIACH – gebeds intersessors wat teen die boosheid van hierdie wêreld staan… Dit is al.

K: Amen! [Elisabeth(Elisheva) lag opgewonde.]

E: Dank U ABBA YAHUVEH!

K: Jy weet net nooit nie…

E: Dit is Profesie – wow. Dit is ‘n Profesie! [Lag, opgewonde en bly.] En dit sou nie na vore gekom het as ons nie nagmaal gehou het nie. As ons nie geweet het nie, as jy my nie gebel het nie…sou niks van hierdie gebeur het nie.

K: Ek weet.

E: Dit is so wonderlik VADER! Op dieselfde nag wat almal vrees, is ‘n nuwe Profesie gedurende die dag vrygestel!

K: Wel, terwyl jy dit voortgespreek het, en terwyl HY gepraat het van tyd, het ek ‘n grootvader horlosie gesien.

E: Ek hoop jy het hierdie opname.

K: Ja.

E: Ok, jy kan aangaan…

K: En toe sien ek – dit het gevoel of ek saam met almal in die Hemel was, en almal het gebuig terwyl HY gepraat het. Eintlik het ek dit gesien. Ek het almal sien neerbuig.

En toe, (dit was) asof ons op grondvlak was en dit was gespreek in die geestelike realm…



K: (...), ek het gesien, jy weet die middelpunt van ‘n aardbewing en die golwe kom daaruit? Die krake, nie krake nie – vibrerings. Dit is wat ek gesien het. En toe YAH gesê het – jy het gebid dat die bose sal omval. Het ek dit ook gesien. Ek het 2 donker figure sien omval, waar hulle afval van ‘n piramide.

E: John Hagee is een van hulle. John Hagee is een van die elite. En Joel Osteen is een van die elite.

K: Amen.

Adam: Wow.

E: Ja, ja. Die grootvader horlosie. Dit was interessant. So jy weet wat die GROOTVADER is – dit is ABBA YAH!

K: Ja!

E: GROOT VADER, GROOT HEMELSE VADER! Dit is wonderlik. Dit is absoluut wonderlik. Ek het dit nie verwag nie. Ek weet nie of die “Asiaanse Bruid Kom Na Vore”! nou124 is, wat nie vrygestel is nie – en of dit is waarom dit teruggehou word nie.

K: Moet ek aanhou opneem of stop?

E: Nee, hou aan opneem vir nou, sodat mense kan verstaan. Ek het dit nie verwag nie. Hahaha!

K: Wel jy – ons doen nooit nie!

E: Ek weet, ek doen nooit nie! [Lag terwyl sy dit sê!] Ek, waarlik, dit is waarlik – geen wonder dat ek onder aanval was nie. 28:01 VADER ek dank U en prys U nou dat U my mond seën. Ek gee aan U die Glorie HEMELSE VADER! Vir almal wie my probeer stil maak het – my mond, soos U gesê het HEMELSE VADER, skree net harder wanneer U dit gebied in die Naam van YAHUSHUA.

Offensief vir baie, en 'n seën vir ander, n Kind, Vegter, Bruid
van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS

* * * * * * *

Print Friendly and PDF