PROFESIE 126


   GOD SE TOORN  OOR HIERDIE WÊRELD STAAN OP DIE PUNT OM           UITGESTUUR  TE WORD!   



MOENIE  MY BABAS , BRUID,  UITVERKORENES  EN  UITGEKIESTES SKADE AANDOEN  NIE!”


Geskryf Gespreek onder Salwing van die HEILIGE GEES {RUACH   KODESH}

deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu

Ontvang 12 April --- Vrygestel 12 Julie 2016


Hierdie is die eerste lewendige en soos wat dit plaasvind Profesie soos dit voort gekom het met beide Profeet Ezra van Israel en Elisheva Eliyahu  teenwoordig.  YAHUVEH GOD het hom kragtig gesalf om haar te beskerm en toe te maak, en die Salwing aan te hits om te Profeteer.       

     Die volgende sluit hulle geseënde, gesalfde gesprek op 12  April 2016 in wat aanleiding gee het tot vurige Heilge tale teen YAH se vyande en Profesie 126 wat voort gekom het.    Die gesprek wys dat Profete inderdaad ook normale mense met 'n sin vir  humor is!

Hieronder is die   Profesie  soos dit  voort gekom het

met Profete Ezra en Elisheva  se “Heilige tale” terwyl GOD se GEES uitlegging gee (Hand 2:3) van Hemelse of aardse tale (1 Kor.13:1). Elisheva praat voort in tale e Profeteer (1 Kor.13:1).  Ezra begin met intersessorgebede in Heilige Tale (Rom 8:26-27; 1 Kor.14:15).


  Dit bevat die HEBREEUSE NAME van  GOD.

YAH/YAHU is GOD se HEILIGE, GEWYDE NAAM. 
soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH,”
wat letterlike “Prys YAH” beteken:
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGGEBORE SEUN—
HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM beteken “GOD.”

Die Openbaring van  “SH'KHINYAH GLORY”
— terwyl die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA KODESH,
in Afrikaans “Die HEILIGE GEES” genoem—ook hier voorkom.
(HA SH'KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus
vir GOD se DURENDE, GEESTELIKE/GODDELIKE TEENWOORDIGHEID.)
Bykomende beteken, ABBA YAH “VADER YAH”
en IMMA YAH BETEKEN “MOEDER YAH.”

Skrifgedeeltes kom uit die 1933 Afrikaanse Vertaling tensy anders aangedui.   Kliek regs op die voetnotanommers vir 'n tweede  'tab'.    


* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie gevoeg moet word:

ELISABETH (ELISHEVA), EK HET JOU LANK GELEDE GEWAARSKU OM NIE HIERDIE BEDIENING NA ‘N MAN OF ‘N VROU TE VERNOEM NIE, SELFS NOG VOORDAT DAAR ‘N BEDIENING WAS. EK HET DIT IN JOU GEES GEPLAAS, WANT NIKS HIERVAN HET DEUR JOU HAND TOT STAND GEKOM NIE, NIKS HIERVAN HET UIT JOU MOND VOORTGEKOM NIE. DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUVEH DAT GEBOORTE GEGEE WAS. DIT IS UIT DIE MOND VAN YAHUSHUA JOU MASHIACH DAT GEBOORTE GEGEE WAS. DIT IS UIT DIE MOND VAN DIE RUACH HA KODESH JOU IMMAYAH DAT GEBOORTE GEGEE WAS. AS DIT NET DEUR JOU HAND WAS, SOU DIT LANKAL MISLUK HET. DIT IS DEUR DIE SHKHINYAH GLORIE SE WIND WAT OOR DIE AARDE WAAI. DIE HEILIGE WIND VAN HERLEWING, DIT IS NIE DEUR JOU ASEM NIE ANDERS SOU DIT LANKAL MISLUK HET. (JESAJA 42:8).)

(PROFESIE 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê die volgende moet as waarskuwing bygevoeg word aan hulle wie spot/na-aap/hoon:

MAAR HULLE HET DIE BOODSKAPPERS VAN GOD UITGELAG EN SY WOORDE VERAG EN MET SY PROFETE GESPOT, TOTDAT DIE GRIMMIGHEID VAN DIE HERE TEEN SY VOLK OPGEKOM HET, TOTDAT DAAR GEEN GENESING MEER WAS NIE. – 2 Kron. 36:16

Toe in Julie 2016:

ELLENDE WAG VIR ENIGEEN WAT DIT DURF WAAG OM HIERDIE TWEE GESALFDES LEED AAN TE DOEN.  JULLE SAL SELFS DIE DAG BEROU WAT JULLE GEBORE WAS.  RAAK MY GESALFDES NIE AAN NIE EN DOEN HIERDIE TWEE GESALFDES GEEN KWAAD NIE. (Vry vertaal en sien ook Ps. 105:15; 1 Kron.16:21-22.)  DIT SOU VIR JOU BETER GEWEES HET AS EK, ABBA YAHUVEH, JOU TONG UITGESKEUR HET!

(PROFESIE 128)

En van Profeet Ezra:

Ek waarsku almal van julle – diegene wat teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en my, en al die Ministers van AmightyWind Bediening is - ek waarsku julle nou: ‘Raak YAH se Gesalfdes nie aan nie en doen SY Profete geen kwaad nie (Ps 105:15; 1 Kron. 16:22) anders sal die Toorn van GOD se staf op julle neerkom. Maar vir julle wie geseënd is en ‘n seën vir hierdie Bediening is, en wie die Profesieë aanvaar, groot seëninge sal oor julle kom – almal wie dít wat aan YAH behoort beskerm, in die NAAM van YAHUSHUA.

* * * * * * *

 Agtergrond: Elisheva was so onder geestelike aanval, vervolging en mishandeling, sy het nie geweet of sy ooit weer sou profeteer nie.  Dit het hierdie gesalfde Profeet van Israel, opgerig deur YAHUVEH GOD, gevat om die verflenterde vlerke van hierdie skoenlapper, Elisheva,  heel te maak en te genees en haar in die geestesrealm los te laat – alles in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

 Aanskou hoe YAHUVEH alreeds hierdie 2 Salwings bymekaar gebring het as een. Aanskou hoe die Salwing tussen hulle vloei. Aanskou die liefde wat YAHUSHUA hulle vir mekaar gegee het

Ons vra verskoning vir enige probleme om Elisheva se stem op die opname/video te hoor.  Die Profesie begin na 7 minute.

Elisheva: Hierdie video is die eerste lewendig en soos dit voort kom Profesie wat ek op 12 April 2016 saam met Apostel Ezra van Israel ontvang het. Min het ons geweet dat binne 2 maande gedurende Shavu'ot/Pinkster op 12 Junie 2016, ons liefde sou blom en tot sulke nuwe hoogtes groei en dat my geliefde Ezra op die dag toe ons ons liefde vir mekaar voor die wêreld geproklameer het, as die nuwe mede-leier van AmightyWind Bediening aangekondig sou word. [LINKS VOLG].

Hy is nou die manlike dekking van my en die Bediening en my ware sielsgenoot, die liefde van my lewe.  Hy het die plek van 'n goddelose ingeneem wie nou niks is behalwe vir 'n vêraf herinnering nie. Ezra wandel in die mantel van Apostel en Profeet en skram nooit weg van goeie, oudmodiese harde werk vir die Koningkryk van die Hemel of van die Salwing nie!

 Ons is nou gelyk gebonde in leierskap en liefde, waar daar voorheen net 'n illusie van die manlike mede-leier was.  Beide ek en Ezra plaas die HEILIGE DRIE-EENHEID eerste bo alles.  Ons dank almal wie die nuwe leierskapaankondiging ondersteun het.

 Dit is vandag 3 maande nadat dit op 12 April 2016 ontvang is, dat Profesie 126 nou op 12 Julie 2016 vrygestel word.

Op 7 Maart 2016 toe ek gedink het dit gaan die swartste dag van my lewe wees, was dit die eerstekeer dat wat ek met Ezra gepraat het.  GOD ALMAGTIG sê dat ons verhouding in hierdie 4 maande gegroei het waar dit ander meer as 4 jaar neem, en dit is net die begin! Ons moet wonder wat YAH volgende gaan doen?

Hierdie Profesie was op band opgeneem.  Hier is die transkripsie.

[ Ezra bid in Heilige tale... ]

Kathrynyah: Goed...

Ezra: Hallo, Hallo.

Kathrynyah: Ek is veronderstel om vir haar (Elisheva) te sê wat jy aan het..(1)

Ezra: O tog…

Kathrynyah: [Lag] O tog...

Ezra: Laat ek dan my klere aantrek.

Kathynyah: Hy sê “laat ek dan my klere aantrek” - hy is regtig snaaks. (Lag)

[gelag]

Kathrynyah: Hy  het 'n blou T-hemp aan.

Elisheva:  O, ek wou gister geweet het hoe hy in blou lyk.

Kathrynyah: Donker blou wat sê V.S.A.

Elisheva: Jy moes my in die gees gehoor het, want ek het net gewonder – onthou jy gister? Ek het gesê “Ek wonder hoe hy in blou lyk?”

Kathrynyah: En daar het jy dit.  Hy dra nou blou.  So, daar het jy dit.

Elisheva: Ek weet, jy moet hom sê as hy terugkom.

Elisheva: Ek weet, jy sal hom moet sê ek’t dit gesê as hy terugkom.

Kathrynyah: Hy is hier.  Hy het jou gehoor.

Elisheva: Wel ek kan hom nie hoor nie.  Praat met my.

Kathrynyah: Ag!  Ek het nounet my foon laat val! (Lag)

Ezra: Ek, ek- ek probeer om nie in te meng nie – elke keer as ek jou hoor nie

[ Kathrynyah lag]

Elisheva: En ek probeer hierdie kant om vir haar te sê, “Nee. Sms vir Ezra.  Ek het gebed nodig."

Kathrynyah: Ek het!

Elisheva: Dit was soos, “Ek kannie met hom praat nie.  Ek het nie 'n stem nie!”

Ezra: Ja..

Elisheva: En terwyl ek jou epos gelees het, het my stem reg voor Kathrynyah teruggekom!

Kathrynyah: Terwyl sy jou epos gelees het, het haar stem teruggekeer.

Ezra: Wat ek vir jou geskryf het - Ek het in die epos genoem – Ek het dit nooit met enigiemand gedeel nie, totdat die HERE vir jou geopenbaar het dat jou gees gemeng is met my gees en as dit dieselfde gees is, is dit dieselfde gees.

Elisheva: Jy is kosbaar.  Dit is al wat ek kan sê.  Jy is nie net kosbaar vir YAH nie, jy is ook kosbaar vir my.  Goed?

Ezra: Dankie, dankie.  Jy ook.

Kathrynyah: [Herhaal]  Jy ook.

Elisheva: Die enigste ding is, wanneer jy jou skoenlapper daar loslaat (2)—sy het regtig nou verflenterde vlerke - uhm, deur geloof glo ek ek sal vlieg...hoe klink dit?

Ezra: Ja, Ek....ek het eintlik...ek het jou eintlik voorgestel - ek het jou ....ek het daardie skoenlapper in my hande gevat.  Ek het eintlik - jy sal dit op die video sien (wat ek vir jou gemaak het).

Ek het die skoenlapper in my hande gevat en het dit verbind - en die (gebreekte) vlerke bymekaar gesit, en toe het ek 'n windjie geblaas – (Maak blaasgeluid) – ‘n klein windjie, vir jou om die wind op te vang en te vlieg en ek het jou losgelaat.

Kathrynyah: Dit is so pragtig.

Elisheva: So kosbaar.  Het jy oor my foto ook gebid?

Kathrynyah: Het jy oor haar foto ook gebid?

Ezra: Ja, ek sien die hele tyd jou foto.

Elisheva: Watter foto het jy gekies?

Kathrynyah: Watter een?

Ezra: Die een wat sy laaste vir my gestuur het, die onlangse een.

Elisheva: Nou het ek 'n man wat lewe oor my spreek en my loslaat om te vlieg.  (Lag vrolik)

Ezra: Dis reg.

[ Elisheva lag vrolik]

Ezra: Het die HERE nie in die Profesie vir ons gesê “Ezra leer haar hoe om te vlieg" nie?(3)

Elisheva: Ja, ja.

Kathrynyah: Dankie vir jou gebede geliefde broer.  Dankie dat jy daar was, net soos dit.

Ezra: Ek wil vir julle sê, ek was veronderstel om vandag uit te wees en alles was vertraag en ek kon nie gaan nie.

Kathrynyah: O! Sjoe, GOD het hom vertraag.  Hy konnie gaan nie so hy was beskikbaar om hier te bid.

Elisheva: Wel, ek prys U daarvoor ABBA YAHUVEH, want ek het jou nodig gehad (Ez{ra}, ek het jou nodig gehad (om te bid)!

Elisheva: Ja HEMELSE VADER, wie is die een wat daardie vloek gestuur het VADER? (Na Ezra)  Sal julle, sal julle net in die GEES bid asseblief?

Ezra: Ja.

[ Kathrynyah bind die duiwel in YAHUSHUA se NAAM en EZRA bid in Heilige tale... ]

Elisheva: Ons wag net vir U ABBA YAH om die Woord nou in Engels deur geliefde, U geliefde Ezra te spreek. Jy is kosbaar, Ezra.  Wat is dit wat U wil sê, ABBA YAHUVEH? Wat is dit wat U wil sê, YAHUSHUA?  Wat is dit wat U wil sê IMMAYAH?

ABBA YAHUVEH soos U ‘n Woord uitgespreek het, (praat weer) deur hierdie lippe van klei van my - en U het hulle gesalf – en hulle was U Woorde ABBA YAHUVEH, die SKEPPER van alle dinge. VADER wat is dit wat U wil hê ons moet weet?  Wat is dit ABBA YAH?

[Elisheva praat in Heilige tale en raak al vuriger, vol van YAH se Woede  totdat YAH deur haar praat).

Elisheva: Heilig, Heilig, Heilig, Heilig... O sjoe! HY is so woedend! 

Profesie 126 Begin:

12 April 2016

Raak MY Profete nie aan nie! Raak MY Gesalfdes nie aan nie en moet ook nie MY Profete skade aandoen nie!  Hy (Paul Hellem) het MY Woede laat ontvlam!

MOENIE MY BRUID SKADE AANDOEN NIE – EK MISHANDEL NIE MY BRUID NIE! (4)

ELLENDE wag vir enigeen wie die hare van MY BRUID se hoof aanraak!  Weet julle nie? Dit is MY Toorn, MY Woede, My Furie wat aanhou om die hel te ontvlam!  Die vlamme het vandag net warmer geraak!  Moenie MY Babas, Bruid, MY Uitverkorenes en Uitgekiestes skade aandoen nie!

ELLENDE vir hierdie wêreld!  Om boos te noem wat EK Heilig noem!  ELLENDE VIR HIERDIE WÊRELD! Ellende! Ellende! Ellende! Dit gaan nie (5) meer lank wees nie.  Hierdie wêreld gaan MY Toorn voel!  En dit sal nie net 'n Voetstamp van ABBA YAHUVEH wees nie --- maar dit sal EK, YAHUSHUA en IMMAYAH wees!

Hou op om MY te beproef! Hou op om MY Geduld te beproef! -- hoe vêr julle oor die hel kan leun en nie inval nie – HOU OP OM MY TE BEPROEF!

EK spreek nie hierdie waarskuwing vir MY kosbare Babas, Bruid, Uitverorenes en Uitgekiestes---hulle wie gewas is in die GESTORTE BLOED, hulle wie MY GESKENK op Golgota ontvang nie.  Vir Julle! Julle! Julle! Omhels EK! Julle het niks te vrees nie. EK praat met die vyande – die goddeloses (2 Tim. 3:8; Titus 1:16) (6)  die gebroedsel van satan. Ek praat met die “louwarmes” (Op.3:16) wie hulself ”Christene” noem, maar selfs die Naam van CHRISTUS onteer.

2 Timotius 3:8 : .....so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

Titus 1:16 Hulle bely dat hulle GOD ken, maar hulle verloën HOM deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.

Openbaring 3:16 Maar nou, omdat jy lou is sal EK jou uit MY Mond spuug.

   Julle vat MY Tien Gebooie en julle rol hulle op in 'n bal en sê, “Dit is sommer gemors.  Dit was klaargemaak mee aan die Kruis op Golgota.  Jy sien my siel sal nie verlore gaan nie. HY het die prys betaal!  Nou kan ek sonde doen soos ek wil.  Daar is geen reëls nie.  YAHUSHUA wie ons 'Jesus Christus' noem is net liefde.  Hy is net liefde!  Hy sal ons nie in die hel werp nie!'

Ag! Ag! Ag, ag, julle onnosele, onnosele mense!

Daar is 'n prys om te betaal–--vir almal wie die BLOED VAN YAHUSHUA onder julle voete vertrap.  Daar is 'n prys om te betaal–--vir die vloeke, vir die haat, vir die leuens en laster wat julle in hierdie Profeet in AmightyWind se rigting gestuur het.  Daar is 'n prys om te betaal!  Julle beter bely!

Vir sommige van julle is dit te laat.  Julle sal hierdie boodskap hoor en julle sal net terugdraai en haar meer haat!

 MAAR EK HET 'N PROFEET!  En sy sal dit dapper uitspreek!  So, julle kan nie sê julle was nie gewaarsku nie!  My ware Profete sal voortpreek.  Julle sal hulle nie stilmaak (muilband) nie.

En Ezra, EK het jou geroep.  Jy sal ook MY Woorde vat.  En waar jy voorheen net nederig weggedraai het met trane in jou oë, SAL EK VUUR DAAR SIT! ---waar dit nie voorheen was nie.

Want Ek het hierdie twee Salwings bymekaar gevoeg.  En niemand gaan dit uitmekaar skeur nie!  En dit maak nie saak of iemand dit verstaan nie.  Ek weet wat EK in hierdie vrou en hierdie man gesit het.

Julle spreek net MY Woorde voort. Dit is al waarvoor julle verantwoordelik is om te doen.  Julle is nie verantwoordelik vir wat hulle daarmee gaan doen nie!  Julle spreek net My Woorde voort – dit wat in die Profesieë is, dit wat toegesluit is in die Boek (Geheime van die HEILIGE GEES [RUACH HA KODESH])  Diegene met ware oë om te sien, sal die Waarhede in daardie Boek - deur IMMAYAH ontsluit. SY sal die Wysheid gee. SY sal die Openbaring gee vir almal wie soek en begeer om van MY te hoor.

EK IS WIE EK IS!

En ek vra vir geen man of vrou om verskoning nie!

Dit sal volgens MY manier gedoen word!

En EK waarsku hierdie aarde!

Julle gaan betaal vir julle rebelsheid.

Diegene wie die Woorde van die Waarheid van hierdie Bediening ontvang – word apart gehou (7) - sal beskerm en geseën word.  Want julle sien, dit is nie die woorde van 'n vrou of 'n man nie.  Maar hulle is van die Hemel!

Wees gewaarsku want elke vloek, elke towerspreuk, elke ritueel, elke demoon wat jy probeer stuur-- wees gewaarsku jy wie die okkult beoefen- dit sal 'n miljoenvoudig na JOU toe teruggestuur word!  EK het gesê dit sal 'n miljoenvoudig na JOU toe teruggestuur word! Maar dit sal nie net op hierdie aarde wees nie, dit sal in die hel ook wees—hel gekombineer met die Poel van Vuur!

Dit is beter dat jy jou mond bedek—dit is beter as jy in die ander rigting hardloop as jy nie van die Woorde hou wat EK sê nie!

 AG! AG! AG! AG! AG! Vir MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Uitgesoektes! AG! AG! AG! Vir My Bruid, MY kosbare, kosbare, pragtige Bruid - dit sal nie meer lank wees voordat EK julle na MY sy toe trek nie.  Hou stewig vas aan die Soom van MY Kleed!

HOU STEWIG WAS EN JULLE DURF DIT NIE WAAG OM TE LAAT LOS NIE!

Julle sal soms dink julle moet met MY stoei vir seëninge, maar dit help net julle geloof groei!  EK sal julle nie verlaat nie, EK sal julle nie in die steek laat nie!  Roep net in MY NAAM uit!  Want EK het julle lief met 'n liefde wat julle nie eers kan begin om te verstaan nie!  En julle belonings wag hier in die Hemel vir julle!

Kathrynyah: Prys YAHUSHUA!

Profesie gaan voort:

 AG HOE LIEF HET EK JULLE! EK HET JULLE LIEF! EK HET JULLE LIEF! EK HET JULLE LIEF! Julle is die rede hoekom ek Golgota toe gegaan het sodat julle kan terugkeer na MY toe!  Almal - EK praat nou - in die LAM se Boek van die Lewe, julle is die rede hoekom EK Golgota toe gegaan het!

En EK sal niks goeds van julle weerhou nie—as julle net stewig vashou en nie terugdraai nie—EK begeer om julle te seën!  

En julle wie in die oesland werk, julle wie by AmightyWind werk—HOU STEWIG VAS!  Moenie dit waag om te laat los nie!  Want julle doen 'n liefdeswerk vir MY, ABBA YAHUVEH & IMMAYAH.

 En EK IS so so so tevrede met die gebedsintersessors, “YAHUSHUA SE demon stompers”. En daar is meer as net dié wie se name bekend is.  Want hulle is oor die aarde versprei—500,000 vegters op daardie muur, net soos EK lank terug geprofeteer het!  En hulle is die sterk vegters!  In  alle soorte en tale!

Want die mondelingse woord het hierdie Bediening regoor die wêreld geneem en dit sal selfs meer wees in die dae vorentoe—julle bereik (8)  meer mense as wat julle voorheen instaat was om te bereik!

Want die BRUID VAN ISRAEL roep uit! Daar is 'n BRUID IN LIBANON. Daar is 'n Bruid! Daar is 'n Bruid! Daar is 'n Bruid — wie uitroep na MY, wie in meer plekke oor hierdie aarde Heilig wandel voor MY — en sommige van julle het nog nie eers dìe bereik wie vir julle wag nie.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het terwyl jy, Ezra die nuwe Profesie vandag aangesteek het. Dit is die rede hoekom die duiwel probeer het om hierdie Profeet vandag dood te maak—hy wou nie hê hierdie Profesie moes uitkom vanuit MY dogter se lippe nie—MY 'Ringmaiden'.

Daarom Ezra, Hou aan doen waarvoor jy geroep was om te doen.

Want daar is nie nou net een nie, maar daar is twee.

En daar is meer oppad!

Daar is die Hebreeuse vertalers!  Hou jou oë oop en soek hulle.  Want hierdie Boek is bedoel om in die Hebreeuse taal te wees, net soos EK geprofeteer het dat dit in die Asiese taal sou wees.

Hou jou oë oop vir almal in Israel wie hierdie Boek as die Waarheid ontvang, almal wie die Hebreeuse taal kan praat en die Engelse taal goed ken.  Hulle sal langs jou staan.  Hulle sal geëerd wees om jou te help.  EK roep [hulle] vandag na vore.

EK ken alreeds julle name.  EK spreek dit in die geestesrealm en EK roep julle na vore.

Welgedaan, welgedaan, welgedaan my getroue dogter!  Welgedaan, welgedaan my getroue seun.  

Julle moet net op daardie weg bly. Julle moet net op daardie koers bly. Want 'n nuwe avontuur het sopas begin.  Hou aan om uit te roep na MY.  Hou aan vra vir Wysheid!  En EK sal julle getrou Lei, Salf en julle oorvloediglik meer Wysheid gee.

Maar ellende, ellende, ellende, ellende, ELLENDE wag vir julle vyande!  EK stel julle in kennis vyande. Ellende, ellende, ellende, ellende wag vir A-L-M-A-L wie teen MY Babas, Bruid, Uitverkorenes & Uitgesoektes staan!

En aan enige iemand anders wie hierdie vandag hoor en sê, “O! Ek wil nie YAH se vyand wees nie,”

Dan beter julle vinnig bely!  Want MY TOORN vir hierdie wêreld is op die punt om uitgestuur te word!

Julle moet liewer op julle knieë neerval en uitroep na YAHUSHUA voordat dit te laat is!  Bely! Bely! Bely!  Neem SY GESKENK op Golgota aan sodat die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA - (HY) julle MESSIAS kan wees — en julle beskerm en vergewe en verlos.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het, terwyl die duiwel in woede raas en probeer om hierdie Profeet weereens stil te maak.  Instede daarvan laat EK haar net harder skree!  Julle kan nie MY Profete stil maak nie.

O, MY vyande, onthou dit!

'n Profeet is MY vriend!  Wat ookal julle aan hulle doen, is dit asof julle die aan MY doen!

En EK IS YAHUVEH!

Vandag het julle nie net van MY, ABBA YAHUVEH gehoor nie, maar julle het van MY SEUN, YAHUSHUA ook gehoor!  Wat gaan julle nou met die Woorde doen wat EK met julle gespreek het?  Alles is gespreek as gevolg van IMMAYAH.  Wat gaan julle doen?

Want julle word nou verantwoordelik gehou vir die Woorde wat uitgespreek is.

Einde van die Woord.

Elisheva: [Slaag 'n groot sug] Dit is al.

Kathrynyah: Prys YAHUVEH! Prys YAHUSHUA! Prys IMMAYAH!

Ezra: Dankie! Amen!

[ Elisheva lag]

Kathrynyah: Dankie VADER!

Elisheva: Jy beter gehoor het — Ezra, het jy?

Ezra: Wat het jy gesê?

Kathrynyah: Het jy dit gehoor?

Ezra: Ja. [Lag]

Kathrynyah: Ja.

Ezra: [Lag] Prys GOD.

Elisheva: [Lag] VADER, ek wil U net bedank en EK prys U iets regtig groots het vandag gebeur. Sjoe, dit is 'n nuwe Profesie.  12 April 2016. Dit is 'n nuwe Profesie.

Kathrynyah: Prys YAHUVEH! Prys YAHUSHUA! Prys IMMAYAH!

Elisheva: En dit alles omdat 'n man gekom het—wie nou in Israel is.

Kathrynyah: [Herhaal] Alles omdat 'n man gekom het—wie nou in Israel is.

Ezra: Sjoe, ongelooflik. Ongelooflik!

Elisheva: Julle sien ek hoor — ek kan nie verduidelik hoe hierdie gawe werk nie. Ek kan  dit nie verduidelik nie.  Dit is net....soms sal HY... Daar is net so baie wat op een slag na my toe kom.  Daar is geen manier om dit te verduidelik nie.

Maar Ezra het die Salwing aangesteek — en ons het gewag en ons het gewag en ons het gewag vir 'n Woord om na vore te kom.  Hy het in Heilige tale graat, (ons) het voor die Troon gekom en EK het gesê “Wat is dit wat U (YAHUVEH) wil sê?” En ons het gewag en ons het gewag en hy (Ezra) bid weer in tale.

Ons het toe gewag....en ek het (in my gedagtes) gesê, “Sjoe, gaan daar geen Woord wees wat U wil sê nie?”  En U is die EEN wie vir my gesê het om te bid, vir my gesê het ek moet hom kry om te bid (Ezra, in tale) - en natuurlik weet ons dit het gebeur -

Ek het, soos gewoonlik, geen idee gehad nie.  En toe HY praat, was HY so woedend...

Ezra: Ja.

Elisheva:... vir die een (Paul Hellem) wie my vandag so seergemaak het. En uhm...

Ezra: Sjoe.

Elisheva: Ek wil dit hierdie onder die aandag bring.  Ja.  Ellende wag vir ons vyande.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: Dit is al.

Ezra: Amen.

Elisheva: Ellende wag vir hulle.....

Ezra: Sjoe.

Elisheva: Jy gaan verantwoording doen vir elke woord wat jy gesê het. Jy gaan voor die GOD VAN DIE SKEPPING verantwoording doen. Jy ken my nie.  Jy weet niks van my af nie.  En nogtans het jy die mees...jy’t my gesig gevat en jy het dit in 'n pornografiese (video) gesit…jy durf waag om so iets te doen? Om ‘n pornografie ster te vat sê dis ek? jy waag dit nie eens om te kom...

Profetiese Woord (9)

Jy kan nie eers dink - ABBA YAH sê dit nou - die MARTELING!...wat vir jou wag nie.  Jy wie dit waag om te sê en maak videos, dat ek “'n apostel van die sataniese kerk, is” jy kan nie begin om te dink - ABBA YAH vertel my — die  marteling wat vir jou wag nie, want elke woord wat jy  gesê het, was voor die Hemelse Troon.

Elisheva: En my PAPPA YAH, YAHUSHUA en IMMAYAH....

Ezra: Sjoe.

Elisheva: HULLE weet, want ek behoort meer as 30 jaar aan HULLE.  HULLE weet.

Ezra: Amen.

Elisheva: En ellende wag vir jou. Ellende, Ellende, Ellende man!  (10)

Ek hoop, my gebed is — en ek sê dit voor die hele wêreld — en ek wil weet die oomblik wat daardie marteling begin.  Ek wil weet.

Ek wil nie te lank daarby stilstaan nie, maar dit was net soos Lazarus en die ryk man.  Hy het die ryk man gesien soebat vir water — net 'n druppel op die tong.  Ek wil weet wat my PAPPA YAH met jou doen.

Want jy...jy dink jy het die oorwinning.  Jy dink jy het my verneder.

 Maar raai wat?  Daar is niks wat jy kan doen wat my PAPPA YAH jou nie toe gelaat het om te doen nie. En dit was vir jou eie oordeel.  Jy het jou eie vlak gegrawe in die put van die hel (waarheen) jy sal neerdaal.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: So julle mense, wie aanhou om hierdie videos te wil maak, wat aanhou om my naam te besoedel, wie aanhou om hierdie bose dinge teen hierdie Bediening te spreek...julle is onnosel.

Kathrynyah: Amen. [Lag]

Elisheva: Julle moes net weggehardloop het.

Ezra: Ja.

Elisheva: . En vir julle wie hierdie hoor en kwaad word, ek stel voor julle bly stil.  

Kathrynyah: Amen!

Elisheva: Julle moet liewer weghardloop.

Ezra: Amen.

Elisheva: Want my PAPPA YAH speel nie speletjies nie.  HY weet wie behoort aan die Hemel en wie se name in die Lam se Boek van die Lewe opgeskryf is.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: Dit is die woorde wat ek wil sê.

Ezra: Amen.

Elisheva: Op 12 April 2016.

Kathrynyah: Amen.

Elisheva: YAHUSHUA is oppad.

Ezra: Sjoe.

Elisheva: HY is oppad.

Ezra: Sjoe.

Elisheva: (Bid in Heilige tale) Hallelu YAH — ABBA YAH! Dankie dat U my sterk maak vandag. (Lag) O ja.... Dankie dat U my sterk maak vandag. Dankie vir hierdie man van YAH wat U op ons pad gebring het om ons op 'n manier te help wat niemand ons nog ooit gehelp het nie - want dit is my begeerte van my hart om Israel te bereik.

Ezra: Amen.

Elisheva: En die Hebreeuse mense, die Joodse mense wat oor die hele wêreld versprei is, maar ons  stop nie daar nie.  Ons stop nie daar nie.

Ezra: Ja, sjoe....

Elisheva: Hierdie is 'n internasionale Bediening en ons is lief vir al die mense, volke en tale-

Ezra: Prys GOD.

Elisheva: - wie se name in die LAM se Boek van die lewe geskryf is en YAHUSHUA sal nie een verloor nie.

Ezra: Amen

Elisheva: [Lag vrolik] Dit is ons eerste Profesie saam.

Kathrynyah: Sy sê, “Dit is  julle eerste Profesie saam.”

Ezra: O... [Lag]

Elisheva: Dit is nadat jy die skoenlapper vrygelaat het.

Kathrynyah: [Herhaal] Dit is nadat jy die skoenlapper vrygelaat het.

Ezra lag: Sy was inderdaad vrygelaat.

[ Elisheva lag]

Kathrynyah: [Herhaal] Sy is inderdaad vry!

Elisheva: Dit was my eerste Profesie, want ek het nie geweet of ek weer sou profeteer nie.

Kathrynyah: Jy sê dit elke keer, ek is jammer maar (lag) jy sê dit altyd.

Elisheva: (Lag) Sy is reg.  Ek doen dit elke keer...wel, nie elke keer nie, maar dit was na jy my vlerke heelgemaak het en my vrygelaat het [dat ek weer kon profeteer]. Dankie ABBA YAH. Dank U dat U my gewys het.

Visioene

Kathrynyah: ....en toe het julle begin bid en ek het (in 'n visioen) gesien dat julle altwee 'n bofbalkolf gehad het en dit was oorkruis, julle was gereed om dit te gebruik.  Julle weet, soos julle jul swaarde kruis en toe het julle begin veg, soort van....

Elisheva: Maar 'n bofbalkolf?! (Lag)

Kathrynyah: Slaan hulle (die vyande) ek dink oor die kop.

Elisheva: [Lag] OK!

Kathrynyah: En toe GOD die vuur in Ezra spreek, het ek vuur in sy hand gesien, soos wanneer jy jou hand gelig het en daar was vuur aan die punt, julle weet, soos 'n vlam.  Dis wat wat ek gesien het.

Elisheva: Sjoe, prys YAH.  Sien jy wat gebeur as jy blou dra!?

Kathrynyah: [Herhaal]  Sien jy wat gebeur as jy blou dra?

Ezra: Ja. [Lag]

[ Elisheva lag]

Kathrynyah:  Dit gaan oor die kleure.  Ek is net besig om simpel te wees ABBA YAHUVEH.  U weet dit.

Elisheva: Reg.

Ezra: Ja. [Lag]

Elisheva: Dis is net die begin van wanneer ek en jy bymekaar kom in die Salwing.

Ezra: Ja inderdaad.

Kathrynyah: Awesome!

Elisheva:  ABBA YAH het gesê wanneer die duiwel dink hy gaan my breek, (sy hoor hierdie van die Hemel af), “Die enigste ding wat EK vandag gedoen het was om te buig.”  Dit is al.  Die enigste rede hoekom ek vandag gebuig en nie gebreek het nie, is omdat - omdat daar 'n man was (Ezra) wie 'n Staf het en hy is my ander helfte van die Salwing.

Kathrynyah: Amen!

Ezra: [Met gesag] Amen.

Elisheva:  En dit is wat ek te sê het.  En die hel bewe nou.  

Kathrynyah: Goed!

Ezra: Dis reg.

Elisheva: Die duiwel was verslaan.

Kathrynyah: In die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, goed!

Ezra:  Sê vir haar ek gee haar 'n vyf. “Gee my vyf.” (11)

Kathrynyah: Hy gee jou 'vyf', gee vir hom 'vyf'. (Lag).

Elisheva: Wel wat van 'n soen op die wang?

Kathrynyah: [Herhaal] Wat van 'n soen op die wang? (Lag)

Ezra: Goed.

Kathrynyah: Goed, hy druk sy wang teen die skerm.

Elisheva: [Lag]  Ek wil nie jou arm draai nie!

Kathrynyah: Nee, hy wil vir jou 'n 'vat vyf' gee!

Ezra: Ek moet sê jy het dit gedraai.  (Spottenderwys)

Kathrynyah: Nee, hy wil vir jou 'n “vat vyf” gee.

Elisheva:  [Laggend] Wat is 'n 'vat vyf'? O! Gee my 'vat vyf'! (Lag)

Kathrynyah: Goed, sy verstaan dit nou!

Elisheva: Ek hou my hand op.  Ons gesalfde hande is saamgevoeg.

Kathrynyah: Sy hou haar hand op vir 'n 'vat vyf'.  Sy sê sy verstaan dit nou.  Hy het dit nou ....

Elisheva: Nou is ons gesalfde hande saamgevoeg.

Kathrynyah: Amen!

Ezra: Onthou net, met al hierdie ontstuimigheid/verdrukking wat jy daar deurgemaak het, het iets goed uitgekom. So daar was ‘n rede daarvoor.  Oorwinningsdag.

Elisheva: Amen.

Kathrynyah: Sy sê altyd, “Ek is vyf en ek lewe!”

Elisheva: Wel, ons het eintlik nou meer gekry! Ons het vir Ezra gekry, jy weet!  En hy is daar vêr bo (geestelik)! (Lag)

Kathrynyah: Goed.

Ezra:  Nou verstaan ek hoekom my hele dag vertraag was en ek kon nie daar kom nie....dit was daarom, absoluut.  

Elisheva: Dankie dat jy daar is vir my.

Ezra: Ag, jy is welkom.

Elisheva: En VADER, DANKIE dat hy daar gehou is vir my.  Want as jy uit was - sou jy nie vandag daar gewees het vir my nie.  En hierdie Woord sou nie uitgekom het nie.

Ezra: Net soos ek gesê het, alles wat ons doen is “vooraf” geordineer.(12)

Elisheva: Amen. Amen, amen, amen.  So nou het jy.....jy was nou getuie van die eerste Profesie saam met jou. (Lag)

Kathrynyah: Sy het (vroeër) gesê ons het so lank gewag vir nog 'n Profesie en sy het Profesieë wat nog nie vrygestel is nie--

Elisheva: - oor hom (Paul Hellem).

Ezra: Wel - daar het ons dit.  Ja, verseker.

Kathrynyah: Vanweë 'stompkop'.

Elisheva: Ja.

Ezra: Verseker.

Elisheva: Want hy.....

Kathrynyah: Ek kan nie aan 'n slegter naam vir hom (Paul Hellem) dink nie.  

Elisheva: (Lag)  Ek ook nie.

Ezra:  Ek het gedink 'kaaskop' is goed.

(Opname breek af, maar die dames reageer en sê, beide hierdie name is nie sleg genoeg vir daar goddelose Paul Hellem nie!)

Elisheva: Ek moet jou gesig sien. Ek moet my man daar oorkant in blou sien!  Daardie gesalfde kleur!  Dit het die Salwing opgewakker!  

Ezra: O, goed.

Kathrynyah: Dit het die Salwing aangewakker.

Elisheva: Dit het die salwing aangewakker...

Ezra: Het julle geweet, ek gaan hiermee afsluit, as jy die naam “Jerusalem” vat - as jy die naam “Jerusalem” vat is U.S.A. (V.S.A.) reg in die middel van “Jerusalem”.

Kathrynyah: Ja.

Elisheva: Ja ek weet.

Ezra: V.S.A was slegs as gevolg van Jerusalem geseën. Oor Israel.  

Kathrynyah: Ja...

Elisheva: Ek glo dat....

Ezra:  En nou verwerp hulle vir Israel.

Elisheva: Hulle is vyande en nogtans wil hulle nie erken dat hulle vyande is nie.  Pasop vir die Trojaanse Perd! [Profesie 57].  (YAH het gepraat) Julle het Profesieë aan Israel.  Ek kon hulle nie met hierdie Profesieë bereik nie, jy kan - hulle waarsku.

Ezra: Ja.

Elisheva: En wanneer jy na die Verenigde State toe gaan moet jy hulle daar ook waarsku

Ezra: Ja beslis.

Elisheva: Daar is so baie Profesieë vir Amerika.  Goed?

Ezra: Ja, ja!

Elisheva: Wel, ek wil jou nou laat gaan. En...

Elisheva:  Al wat ek kan doen is om te sê dankie.  Daar is niks anders wat ek kan sê nie.

Ezra: Goed.

Kathrynyah: YAHUVEH seën jou! Lehitra'ot! [Hebreus vir 'sien jou weer!']

Elisheva: YAHUSHUA seën jou.

Ezra: Tot siens!

Kathrynyah: Tot siens!

Ezra: Dankie!

Einde van Opname.

So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,


1April 2016
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu


* * * * * * *

(1) Elisheva het hierdie besondere video-oproep indirek via Kathrynyah se telefoon gedeel—en was nie instaat om enige video-voetnotas te sien nie, en was nuuskierig oor wat Ezra daardie dag aangehad het.  Dit is hoekom Kanthrynyah kort-kort moes herhaal wat die ander twee gesê het - want hulle kon mekaar nie altyd duidelik hoor nie.

(2) Elisheva is die skoenlapper: “EK bring vir jou 'n vrou so delikaat, sensitief, breekbaar, emosioneel soos 'n skoenlapper met  gebreekte, verflenterde vlerke, om met 'n man te bind wie MY HEILIGE GEES se SALWING het om Genesing, Liefde, Medelye, Vrede en Gelag oor haar te spreek, en in MY Salwing haar stukkende vlerke heel te maak—sodat sy kan vlieg, hoog in die lug—met die gesalfde liedere wat EK vir hom sal gee om te sing.”  (“Been van MY Gebeente, Vlees van MY Vlees" Profetiese Gedig) 

(3) Sien vorige voetnota; ook 'n verwysing na privaat Woorde van Profesie.

(4) Die goddelose Paul Hellem het Elisheva vir jare geteister - totdat YAH genoeg gehad het! “Die Bruid van YAHUSHUA“ is 'n uitgesoekte groep en geheiligde gelowiges wie die bevel om YAH eerte in hul liefde en lewe te sit, bo enigiets anders. 

(5) gemeensaamheid vir “gaan” en kan 'n mate van opgewondenheid of dringendheid byvoeg

(6) Goddelose mag ook gedefinieer word as 'n persoon wie GOD verwerp het sonder hoop op verlossing (Jer. 6:26-30; Hebr. 6:4-8), wie teen die HEILIGE GEES gelaster het (Matt. 12:31; Hebr. 10:26-31), wat die enigste onvergeeflike sonde is (Luk. 12:10) en daarom 'voorafbeskik' is vir veroordeling (Rom. 9:22).  “Goddeloos” mag ook gebruik word as 'n byvvoeglike naamwoord om 'n verhouding in hierdie toestand te beskryf. 

(7)   Dubbele betekenis - beide die Waarhede in hierdie Bediening en mense wie apart gehou word, spesiaal, Heilige vir YAH.

(8) “julle bereik” in die teenwoordige tyd – YAHUVEH praat in teenwoordige tyd en bereik diegene wie nog onbereik was.

(9) Elisheva praat hier as 'n Profeet, en is so gesalfd dat die Profetiese Woorde van YAH met haar eie woorde meng.  Geen van haar woorde 'is onvervuld“ nie.  (1 Sam.3:19).

(10) “Man!”” -  Amerikaanse uitdrukking van ergernis of opgewondenheid.

(11) klap een hand teen 'n ander persoon s'n - 'n teken van vreugde, viering of groete.

(12) vergelyk met Profesien 71  Wat Geseël was is Nou Geopenbaar! - “Slegs die siele voor die grondlegging van die aarde af, wie toe lojaal teenoor MY, YAHUVEH en YAHUSHUA was, sal (MY) nou aanvaar, liefhê en gehoorsaam en onheiligheid beveg en satan beveg en al hierdie gruwelikhede beveg.


* * * * * * *
Print Friendly and PDF