PROFESIE 12


DOGTERS MET 'N ROEPING KOM NA VORE!

Gegee aan Eerw. Sherrie Elijah


* * * * * * *

Geliefde Dogters van die Toekoms, moenie in jul eie vrede wandel nie, maar in YAHUSHUA se vrede wat alle verstand te bowe gaan. Moenie in jul eie krag wandel nie maar in die krag van die GOD wat julle dien. Moenie in die boot bly nie MY Dogter, maar klim uit op die water saam met MY. Wat julle dink is onmoontlik, sal EK 'n uitweg maak. Wat julle blokkeer en verhinder, sal EK wegneem. Al lyk dit of die golwe julle wil verdrink en die winde raas, hou julle oë gerig op julle Verlosser en julle sal nie verdrink nie. Julle is geseën om 'n waterloper te wees en nie 'n bootsitter nie.

Hardloop na Goliat toe soos 'n Dawid. Dawid het nie weggehardloop van Goliat af nie, alhoewel hy gespot en gedreig het, alhoewel hy bo al die mans uitgetoring het. Dawid het na Goliat toe gehardloop. Dawid het geen vrees getoon nie want hy het nie sy vertroue in 'n mens of koning geplaas nie, maar in die groot EK IS en EK het hom nie gefaal nie, en EK sal julle ook nie faal nie. Vrees is die teenoorgestelde van Geloof. Luister na MY. Vrees is foltering wat EK nie stuur nie. Toe Dawid gespot en gedreig was het hy nie geantwoord wat hy sou doen nie, maar instede wat SY GOD sou doen. Dawid het nie verwag om die vyand met die vyf gladde klippies dood te maak nie, want hulle was nie eers skerp klippe nie. Dawid het geweet sy wapens sou nie vir Goliat doodmaak nie, slegs die toorn van YAHUVEH sou vir Goliat doodmaak. EK het MY toorn in daardie klippies geplaas. EK het vir Goliat doodgemaak deur 'n jong skaapwagter seun vir wie die mense gespot het toe hy teen die vyand te staan gekom het en hulle het gesê, "Hy sal sekerlik sterf, hy sal misluk. Hoe kan 'n blote jongeling 'n reus doodmaak?" Hulle sê nou hierdie selfde woorde vir MY Dogters.

Die vyande praat op baie maniere en sê julle sal misluk. Julle sal sterf as julle teen die vyand opstaan, julle is swak en nie bedoel om in YAHUVEH se NAAM te bedien nie. Maar MY Dogters van Profesie, EK het julle gekies, EK het julle georden, EK het julle versterk. Mans is reg; as julle dit in julle eie krag en mag doen, sal julle misluk. Julle kan sterf, maar julle staan nie in julle mag, sterkte of krag nie. Julle staan in MY salwing, op MY Woord, in MY NAAM, dra MY Heilige Wapenrusting, gewas in MY Gestorte Bloed op Golgota. MY Dogters, EK noem julle MY Dogters van Profesie vandag. Want is EK nie die begin en die einde nie? Die Groot 'EK IS' is die GOD van Profesie.

Die Alfa en Omega is die GOD van Profesie want EK het die begin geprofeteer en EK het die einde geprofeteer. Wie behalwe EK IS, kan dit doen? EK sal MY geheime aan MY Dogters openbaar sowel as aan MY Seuns. MY Dogters, EK het julle gekies om dieselfde te doen as Dawid. Die vyand sal spot en tart, hy sal andere gebruik om te dreig en skade te doen. Julle sal gelaster word terwille van MY. Wanneer hierdie vyande teen julle te staan kom, moenie vrees wat om te sê of te doen nie, dit sal nie julle woorde wees wat julle sal spreek nie maar MY Woorde wat julle spreek. MY Geliefde kleintjies, moenie vooruit dink wat julle gaan doen nie. Moet geen vrees hê wanneer julle die uitdrukking op hulle gesigte sien nie. Hulle dink julle moet deur die mens beheer word, maar julle word nie deur 'n koning van hierdie aarde beheer nie, julle word regeer deur die Koning van Konings. Dawid het die wapens van hierdie wêreld afgegooi en in stede daarvan met die wapens, MY Wapens GOD ALMAGTIG, gestaan. So sal julle ook doen. Moenie treur as die vyand val nie. EK is by julle en niemand kan enigiets doen wat EK nie toelaat nie. EK het jou lief, MY Geliefde Dogter.

Wees gewaarsku almal wie teen MY Dogters van Profesie opstaan. Want so seker as wat Goliat geval het, so sal almal wat MY Dogters van Profesie pyn aandoen. PASOP! Want EK kyk en EK luister. EK sal hulle veroordeel wat MY Dogters veroordeel wat MY woorde uit spreek. As mans vrouens beskerm en EK het daardie Gees in hulle gesit om dit te doen, hoeveel te meer sal EK MY Dogters van Profesie beskerm? Want dit is in hierdie eindtye geprofeteer dat EK MY Gees op MY Diensmaagde sal uitgiet en hulle sal Profeteer.

EK sal wie ookal MY gesalfdes aanraak en hierdie Profete skade berokke, sekerlik en vinnig veroordeel. Hulle beter berou toon voordat MY toorn oor hulle aangesteek word. EK praat nie van die valse profete nie, want hulle kom in die gedaante van 'n man of 'n vrou. As hulle vals is dan moet dit geopenbaar word sodat ander nie aangesteek word nie. Maar moenie dit waag om MY Dogters van Profesie aan te raak of te ontmoedig of julle mensgemaakte idees op hulle van toepassing te maak oor wat EK sal doen en wie EK sal gebruik nie. Moenie sê YAHUVEH sal nie hierdie vrouens gebruik nie, want hulle het nie die voorkoms wat hulle moet hê nie; hulle het nie ons toestemming om te praat nie. O Manne van hierdie wêreld, wie is julle om MY Dogters van Profesie stil te maak? EK kies hulle wie die minste geag word om gekies te word. EK gebruik hulle wie vir MY sal sê, "O nee, YAHUVEH, U wil nie regtig hê dat ek dit moet spreek of dat moet doen nie?" Nogtans hoor MY Dogters MY stem baie duideliker as MY Seuns. EK ween oor die pyn wat MY Dogters van Profesie sal ly om MY NAAM ontwil. Onthou EK het terwille van julle gely. Deur MY Dogters van Profesie te wees sal julle so baie siele na MY toe bring, en het julle alreeds.

Nie al MY Dogters van Profesie sal 'n sogenaamde lisensie hê nie. Julle het meer vir MY gedoen as baie wie hulself pastore noem en nie pastore is nie. So moenie treur as mans julle nie wil orden nie. EK het julle georden. Dit is al wat saak maak. EK sal alles bewaak en beskerm en seën wat julle doen en sê. Moenie ongelyk gebind wees in enigiets wat julle doen nie. Onthou, as hulle nie vir MY is nie, is hulle teen MY. Julle oë sal aanskou wat julle liewer nie wil sien nie, hoor wat julle liewer nie wil hoor nie, maar dit sal nie julle vleeslike oë of ore wees wat die pyn sal voel nie, dit sal julle geestelike oë en ore wees. Julle sal seën ervaar wat bo julle wildste drome is en julle sal droefheid ken. EK sal MY Dogters van Profesie gebruik om die kleintjies te versorg, te bemoedig en hulle te onderrig. Want julle het alreeds hierdie instink waarmee EK julle geseën het. EK sal julle gebruik om te bestraf, want weereens, EK het alreeds daardie Gees in julle gesit om soos 'n moeder te bestraf, en so sal julle hierdie heidense nasie bestraf, asook almal van hulle wat weggelei is, en ook diegene wat MY Skape weglei.

MY Dogters van Profesie julle sal dapperheid hê soos 'n leeuin wat haar welpies verdedig. EK sal julle gebruik om die gewondes te verbind, want watter moeder het nie hierdie deernisvolle Gees wat EK alreeds vir haar gegee het nie? Julle sal die gawes van 'n moeder, onderwyser, soldaat gebruik en al die gawes van die RUACH ha KODESH hê wat so ryklik aan julle gegee is. EK het die beste vir laaste gespaar. Omdat die mans gesê het, "U kan nie 'n vrou gebruik nie," sal dit die vrouens wees wat die mees invloedryke bedienings sal hê in hierdie eindtye en wie laaste is sal eerste wees. EK sal met julle wees. EK het jou lief MY Dogter, as jy hierdie lees, sal jy weet dit is vir jou. As jy nie weet dit is vir jou nie, is jy reg, hou op om te lees, dit is nie vir jou nie. Vir al die ander wie hierdie boodskap ontvang, EK sit MY arms om julle, fluister in julle ore en sê vir julle, luister, hierdie boodskap is vir jou. EK het aan MY Dogters van Profesie die Gees van Dawid gegee. Gaan nou uit en neem in MY NAAM terug wat die duiwel gesteel het. So spreek YAHUVEH, GOD van die leërskare.

* * * * * * *

Gegee aan Pastoor Sherrie Elijah, Bruid van YAHUSHUA.