Profesie 133

Profetiese droom van die uitgehongerde Baba!


Geskryf / Gespreek onder die salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)

Deur Apostel en Profeet Elisheva Eliyahu

'N Profeet sien dinge vooruit. YAH waarsku altyd deur SY ware Profete. En ek het hierdie droom gehad, 'n baie helder droom, waar YAH my vertel om te waarsku, en die rede waarom ek dit deel, is nie om vrees te veroorsaak nie, maar eerder om julle gebede te vra dat hierdie droom NIE sal gebeur nie! Ten tye van hierdie droom [2001] ... was dit DRINGEND en dit het gelyk of dit in Amerika sou gebeur. Ons wat in YAHUSHUA glo, het 'n kragtige 'militêre beskerming' wat reguit uit die Hemel kom; en dit is die engeleskare, die oorlogs engele. En net ABBA YAHUVEH sal ons meer genade kan gun want as die gebeur, dit wat hierdie droom gaan beskryf is 'n kernaanval! En in die laaste profesie wat ek gegee was ... wat binnekort opgesit sal word, waarsku dit [hieroor]. En ook in Donald Trump se Profesie het dit gewaarsku [hieroor]. (Donald Trump spring op soos Popcorn! [Dws Profesie 131, Donald Trump, Spring Op Soos Popcorn!])

Daar is 'n wedren om te sien wie daardie knoppie sal druk, daardie rooi knoppie. Want wie ook al sal... Wow! ... dit is kernaanval en daar sal vergelding wees! So ek noem hierdie droom, die "Uitgehongerde Baba Droom." Ek het ​buite gestaan en gekyk na 'n pragtige blou hemel. Als was vreedsaam. Terwyl ek opgekyk het, het ek gesien dat 4 sirkels in die lug getrek word asof die Vinger van GOD YAHUVEH hulle baie stadig trek. Toe die 4de sirkel getrek was, het ek 'n groot brullende geluid gehoor. Ek het binne-in die huis gegaan, en 'n GROOT wind het gekom en verwoes en vermoor. Dit was 'n kern ontploffing, soos van die gevolge van 'n kern bom! Ek het die dood en die vernietiging in groot skok aanskou.

Binne in my huis het ek 'n vrou met 'n klein baba in haar arms gesien. Ek het na die baba gekyk. En die baba het dood en so ondervoed gelyk. En ek het vir die vrou gesê, die ma, "Hoekom het jy nie die baba gevoed nie?" En sy het my koud aan gekyk en gesê: "Want die baba vas." Voor ek die baba van haar toe kon wegneem, het sy die venster oopgemaak en dit uit die 2de verdieping se venster uitgegooi. Ek het buite in die bestraling en die verwoestende wind in gehardloop en die baba in my arms gevang, en die baba het weer begin asemhaal! Terwyl ek daar staan, het 'n man na my toe gekom - en hy het net verby my geloop - sy gesig was so gebrand gewees van die bestraling van die kernontploffing, en dit was rooi met 3de graadse brandwonde of erger. Hy het nooit 'n woord gesê nie. Hy het net aangehou loop verby my.

Ek het teruggekeer in my huis in, ten volle beskerm teen die bestraling, want ek het geweet niks kan my en die baba seermaak nie. En ek het die baba melk uit 'n bottel gevoed. Na 'n rukkie het die verwoestende winde gestop. En als het vreedsaam gelyk. Toe kyk ek weer na die hemel en ek sien die eerste sirkel begin. Ek het begin skree: "BEKEER en draai julle harte na YAHUSHUA toe! Want die oordeel het weer gekom! "So min het geluister. Ek het die ander 3 sirkels almal in 'n ry gesien, 4 in totaal.

Toe ‘n geluid van 'n brul wat ek nie kan beskryf nie. Toe kom die verwoestende winde weer. En dit was nog 'n kern ontploffing wat afgegaan het! Dit is waar ons nou is. En ons bid net dat ons meer tyd het om meer siele te bereik. En in hierdie droom het ek 'n verheerlikte liggaam van een of ander aard gehad, want die bestraling het ek nie gevrees nie - die ontploffings, die winde. Ek was in 'n verheerlikte liggaam. Daar is ook ... Wanneer YAH 'n visie, drome, profesieë gee, kan daar meer as een betekenis wees. En so onderskei ​​ek dat dit ook 'n dubbele betekenis kan hê.

Want ons weet die kernaanval sal gebeur. Dit is net 'n kwessie van tyd! Die vrou is ‘godsdiens’. En die baba is die gemeente. Die georganiseerde godsdienste en die georganiseerde kerke honger die mense uit; dwing hulle om te vas vir meer geestelike kennis en profetiese waarhede en openbarings. Die meeste kerke sal nie eens 'n Profeet toelaat om te profeteer nie.

Die pastoor sal die persoon vroegtydig vra - voordat jy kan profeteer, [sal hy dit sê] - "Ek wil sien” - hulle sal gesê word – “Ek wil sien wat jy gaan sê”. Dit is onmoontlik vir 'n ware profeet! [Ek’t aan hierdie stuk in die bybel gedink toe ek besig was hiermee - 1Kings22 – dalk kan ons dit insit?] 'N ware profeet maak net hul mond oop en ABBA YAH, YAHUSHUA praat! Slegs die valses kan dit doen [weet wat hulle voor die tyd sal sê]. En ek word gebruik om die mense wat honger het, te voed - en tog nogsteeds na hul kerke toe te gaan - wat 22 jaar op die internet sal wees 4 April 2017.

En die pastore laat die volke ly om hulself rykdom en beheer te gee, en hulle dink hulle BESIT DIE SKAPE (die mense, die gemeente)! En hulle sal in groot huise woon, en ‘n Mercedes [Benze] ry, Rolls Royces bestuur - vliegtuie hê! Hul eie private vliegtuie! En nooit net net een huis besit nie, maar gewoonlik baie. En hulle vergeet dat daar net een GOED HERDER is. En dit is YAHUSHUA HA MASHIACH (WIE sommiges nou JESUS ​​CHRISTUS noem)! Waarsku almal asseblief! YAHUVEH het met my in daardie droom gepraat en my gewaarsku hoekom hy die ‘muur’ van beskerming weer sou lig, en dit is omdat selfs die heidene 'n heidense god aanbid, maar wie aanbid Amerika eintlik? Watter god aanbid enige land in hierdie wêreld? Die Jode aanbid ABBA YAH, YAHUVEH. Hulle het baie 'name' [vir HOM]: HaShem, Adonai; maar ek noem HOM op SY NAAM YAHUVEH!

In November (weer 2001) het ek 'n soortgelyke droom gehad. Ek het op 'n pad geloop en 'n koei vol melk het my gevolg waar ek ookal gegaan het. En dit was nie eens my koei nie. Die boer het my daarvan beskuldig dat ek sy koei steel! Ek het gesê ek kon nie die koei keer om my te volg nie, dit was die koei se keuse! Ek het 3 vierkante in 'n ry gesien wat deur die Vinger van YAHUVEH in die lug getrek is. Ek het 'n klank gehoor soos 'n brullende geluid wat ek nie kan verduidelik nie. Dis, dit was… dit was so hard!

Toe sien ek - ek was in die berge en groot rotse het in my rigting aan gekom. Ek het na die oseaan toe gehardloop waar my huis in die droom was. Ek het in die huis ingegaan en toe het ek gesien hoe die 3 vierkante weer in die lug getrek word. Ek het in skok gekyk en probeer dink wat die minste pynlike manier was om te sterf.

Want ek het gedink die oseaan sou die huis bedek en almal daarin sou verdrink word as ek [insluitend my] gebly het. So ek’t besluit om weer na die berge toe te gaan. En ek het die brullende geluid gehoor. En toe net nadat die 3de vierkant geteken was, het ek gesien - voordat ek selfs kon beweeg - VUURWERKE in die lug. En die eerste ligkleuriges, was die oninteressante soort wanneer die vuurwerk begin. Toe was daar helderkleurige vuurwerke! En dit was pragtige vuurwerke. Ek het nie hardloop nie, ek het net die vuurwerke gekyk. [Einde van droom.]

Ek is geïnteresseerd in die onderskeiding van hierdie drome. Ek weet dat die koeie die mense is, gevul met melk, hulle het die Melk van die Woord. Maar hulle het meer nodig. Hulle het geestelike vleis nodig! Net die vurige gebede van die regverdiges het groot krag (Jakobus 5:16). "As MY volk… berou toon en bid…sal EK luister….en hulle land laat herstel" (2 Kronieke 7:14)! Neem asseblief hierdie drome ernstig op.

Die een goeie ding is as jy aan ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA behoort, kan jy op die Skrif van Psalm 91 staan, dat HY jou onder SY Vlerke sal wegsteek; Die geheime plek van die ALLERHOOGSTE GOD - soos genoem in psalm 91!

Is iets te moeilik vir YAH? Die 3 Hebreeuse kinders (Dan 3) is in 'n vurige oond gegooi wat 7 keer warmer verhit is en niks was gebrand nie, net die toue wat hul hande en voete gebind het. YAHUVEH kan ons ook gedurende hierdie tyd van die kwaad weerhou! Hulle liggame het nie eens na rook geryk nie! So wat ek te sê het is ons weet die gaan gebeur. En vir diegene wat die Bruid van YAHUSHUA is, sal hulle óf in verheerlikte liggame wees óf hulle sal in die Hemel wees.

Ek bid in die NAAM VAN YAHUSHUA dat jy hierdie drome ernstig opneem. Donald Trump is pas as die volgende President aangewys. Hy is nie 'n oorlogstoker nie; Putin wil vrede met Amerika maak. Ek het 'n profesie gekry oor Donald Trump (Profesie 131 "Donald Trump, spring op soos popcorn!") En hierdie [AmightyWind] Bediening - hierdie Messiaanse Joodse Bediening - ons was gesê om te bid dat Donald Trump President sou word. En LOOF YAHUSHUA is hy!


* * * * * * *

Print Friendly and PDF