Profesie 17

JULLE WORD VERANTWOORDELIK
GEHOU VIR DIT WAT JULLE WEET!


Ek spreek dit uit onder die salwing van die RUACH ha KODESH in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH

Gegee aan Eerw Elisabeth Sherrie Elijah op 4 Maart 1998


* * * * * * *

So spreek YAHUVEH, "Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Pasop, Julle word verantwoordelik gehou vir wat julle nou weet. Nora Lam, berou. EK het jou lief MY Dogter, maar roem, rykdom en trots het jou eens Heilige sending in die lewe verrot. Onthou jy toe jou naam nie gebruik was om geld in te samel nie. Dink terug, MY Lief, toe jy honger was, geslaan en gemartel sodat jy vir YAHUSHUA moet ontken. So spreek YAHUVEH, MY Kleintjie, onthou toe EK jou enigste motivering was, het jy niks anders nodig gehad om van te lewe nie? Onthou jy toe 'n krummel brood vir jou soos 'n feesmaal was? Onthou jy, MY Kleintjie? Nou is jou enigste motivering om miljoene dollars IN TE SAMEL. Nora, kom terug na die liefdevolle arms van jou Vader. Jy kan nie twee here dien nie; jy sal die een haat en die ander liefhê.

Pasop; 'n woord aan alle beroemde predikers, so spreek YAHUVEH, Larry Lea, wat is jy besig om te doen? Hoekom het jy MY so beledig en MY NAAM as 'n skelmstreek gebruik, om die mense 'n gebed te belowe en dat jy hulle gebedsbedekking sal wees en dan sê jy, "Stuur geld daarvoor." Waar is die dienaar aan wie EK eens die salwing gegee het om MY Kinders te leer hoe om te bid? Hoekom is MY NAAM as advertensie gebruik om 'n mens te promoveer en nie die Koninkryk van die Hemel nie? Nie terwille van die verlossing van siele nie. Pasop vir enigeen wie deur die mens op 'n voetstuk geplaas word. EK, YAHUVEH, sal die een wees wat jou van daardie voetstuk sal afslaan om te bewys dat jy niks sonder MY salwing van die RUACH ha KODESH kan doen nie. Benny Hinn, O MY kosbare seun, waarheen het jy gegaan? Hoekom gebruik jy MY NAAM vir jou eie gebruik, vir jou eie eer en bou geboue wat EK nie gesê het jy moet bou nie.

EK het vir MY Ware Profete, soos hierdie suster wat nou hierdie woorde met julle spreek, gesê; dit is een minuut voor Middernag. EK kom in die middernagtelike uur. Hoekom mislei die herders die skape? Hoekom lei die herders hulle na die wolwe toe om hulle te verslind? Hoekom is die herders net geïnteresseerd om hulleself vet te voer en nie MY Skape nie? Hoekom gee die herders net om vir hul eie huis en of hulle kos het, of hulle klere het en die beste in die lewe het, terwyl hulle sien die kudde in hul kerke is haweloos, honger, naak en arm? Hoe kan hierdie herders die Heilige tiendes gebruik om te herdekoreer of om herehuise ter waarde van miljoene dollars te bou en nogtans is MY Skape sonder dak oor hulle hoofde, beskerming vir die skape se siele. So baie sal Hel toe gaan, want die herders van hierdie wêreld is meer besorg om hul koninkryke te bou vir hul eie eer en lof en nie vir die een wat die prys betaal het sodat siele gered kan word nie. Wees gewaarsku, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Die herders is veronderstel om vir die skape te voorsien, geeneen moet tekort hê nie. Dit is MY lammers wat julle ignoreer.

So spreek YAHUVEH van die ganse Skepping, julle het julle GOD, MY Seun, YAHUSHUA geneem en HOM in die skande gesteek voor die ganse Hemele en Hel. Satan spot met MY Herders vir wie EK agtergelaat het om die kuddes namens MY te versorg. Die Hemel ween terwyl die wolk van getuies toekyk hoe die vet herders vetter word en MY kuddes al maerder word. Niemand hoef na 'n kerk toe te gaan en geestelik honger weggaan nie, nogtans doen hulle. Niemand hoef liggaamlik honger te ly nie; deel dit wat julle het met hulle wat nie het nie. Dit is MY gebod. Hoe kan julle staan en toekyk en sê, 'ek sal vir jou bid', terwyl julle weet julle suster of broer is honger? Julle het voedsel, julle het skuilplek, MY Kinders hoef nie haweloos te wees nie. Waar is die herders vir wie 'EK IS' geroep het om MY Skape te versorg? Moenie julself 'n pastoor noem as julle nie MY Skape voed nie, beide liggaamlik en geestelik. Hou op om die Heilige tiendes en offergawes te gebruik om julself vet te voer, instede daarvan gebruik dit om MY Skape en Baba Lammers vet te voer. Julle word verantwoordelik gehou want dit is aan julle gesê. Sê MY Woord nie, "Moenie vir julleself silwer en goud op hierdie aarde bymekaar maak waar die dief inbreek en steel, en mot en roes verniel nie, maar maak julle skatte in die Hemel bymekaar."

Hoeveel van julle herders vir wie EK roem toegelaat het sodat julle name op die tong van elke skaap is, gehoorsaam die Ware Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH? Hoeveel van julle stel voorbeelde vir MY Skape en Lammers? Het EK regtig vir jou gesê om daardie 7 miljoen dollar gebou te bou? Nee. Die gees van trots het julle mislei. Kyk mooi, MY liewe skapies, MY Skape sal MY stem ken. Los hierdie herders wie julle uitbuit. EK is nie in hul kerke nie. EK is op die trappe en waarsku julle deur stemme soos hierdie Diensmaagd wat nou hier praat. Hardloop terug na die verhouding wat julle eens met MY gehad het. Hardloop weg van die gees van godsdiens. Daardie kerkgebou, so pragtig en in skuld kan nie julle siele red nie. Daardie pastoor wat in snyerspakke gekleed is, kan julle nie red nie. Die kerke is nie in MY Kleed van Geregtigheid geklee nie, maar in hul eie modeparades van smerige toiings. Stroop julleself van hierdie gees van trots wat daarop uit is om mekaar te beïndruk.

Skape wie ore het om te hoor en luister en oë om te sien, onthou, hierdie soort kerke kan nie julle gebede beantwoord nie. EK kan nie julle tiendes eer as dit gaan vir dit wat EK nie as Heilig geseën het nie. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH julle Redder, staan op die trappe en sê, pasop almal wie by hierdie kerke ingaan waar die herders geld hulle god gemaak het en goue afgode. Pasop vir die geboue waar die herders nie MY Woorde spreek nie, maar hulle eie woorde. Waar die herders byeenkomste hou maar geen woord oor belydenis, verlossing of waarskuwing van oordeel of verdoeming word genoem nie. Ellende vir die profete, herders wie MY Skape mislei met leuens wat die jeukende ore streel en die siele van MY Volk/Mense skade berokken. Julle bose herders, wie MY NAAM gebruik asof dit julle eie is. Julle gebruik die NAAM van JESUS (YAHUSHUA) om julle wêreldse wins te vermeerder. Julle is bang om aanstoot te gee daarom verkondig julle eenheid ten koste van die lammers wat op satan se altaar geoffer word.

Julle bose herders en vals profete, julle wie die mense leer om in julle beeld van god te verander en nie MY Woord wat nie kan lieg nie, die beeld van YAHUSHUA ha MASHIACH is die Woord van YAHUVEH wat vlees geword het. Julle bose vet welvarende herders, wie van die armes geneem en vir die rykes gegee het, julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle weet. Moenie dink julle sal "Mooi so goeie en getroue dienskneg, kom in en rus", hoor nie. Julle offers sal tevergeefs wees. Waarlik, hierdie wêreldse rykdom, roem sal julle enigste beloning wees. BEROU! Gee terug MY Heilige tiendes en offergawes aan bedienings wat MY Woord sonder kompromie en sonder vrees verkondig. Toon berou voor die GOD wie julle beledig het. Toon berou voor die kudde wat julle uitgebuit het. Toon berou voor die een wie EK gebruik om hierdie boodskappe te bring, want hulle sal vervolg word omdat hulle MY gehoorsaam. Toon berou, julle word verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Luister na MY Heilige Profete wat MY woede uitspreek oor julle hardkoppigheid, harde koppe, harde harte. Aanvaar die teregwysing en val op julle knieë voor YAHUSHUA ha MASHIACH neer en EK sal julle vergewe.

Julle boses wat sê ons moenie die skape waarsku waar die wolwe is nie, want as ons dit doen sal ons hulle beledig, die Almagtige GOD YAHUVEH sê dit vir julle, "Die magtige herders sal naak gestroop word van hulle roem en wêreldse krag. EK, YAHUVEH, bevorder een en raak ontslae van 'n ander. Bevordering kom uit MY hand alleen". Wees gereed want hierdie jaar sal julle hulle sien wie dwaling aan MY Skape verkondig het en hulle wol afgeskeer en hulle nakend gelaat het vir hul eie wins en hulle gemors gevoer het wat nie eers goed genoeg vir varke is nie. Julle sal hierdie jaar sien hoe EK die bome skud van hulle wie in hul eie geregtigheid staan, nie in MYNE nie, wie in hul eie krag en in hul eie beeld staan. Hulle sal val soos wat Dawid vir Goliat verslaan het; die Goliats wie hulself herders noem maar dit nie is nie. EK het die mag en mandaat gegee om julle te waarsku want EK wil nie hê julle moet val nie, maar dit is jul eie keuse. Toon berou voor die Koninkryk van die Hemel en hierdie wêreld. Toon berou want baie siele is Hel toe nadat hulle jul sogenaamde kerkedienste verlaat het, want julle het niks gedoen om die lammers te beskerm nie.

Julle boses wie probeer om MY Profete stil te maak, weet dit; as een val, sal EK 'n menigte oprig wie harder sal praat as die een wat julle mislei, beperk, muilband en verdoof. EK sal Profete oprig wat nie stilgemaak sal word nie, soos MY Dogter wie nie in haar dapperheid, krag of regverdigheid staan nie, want sy staan nie in haar krag nie, sy weet al hierdie kom nie uit haarself nie, maar van MY, die Groot GOD 'EK IS', wie haar stuur om die wolwe te waarsku dat julle maskers van julle gesigte afgeruk is. Julle is nie van MY kudde nie, julle het weggedraai van die Ware Lewende GOD en begin om 'n ander te aanbid wat nie EK is nie. MY gesig is nie op julle geldeenheid of julle land nie, MY gesig is nie op julle goue muntstukke gemunt nie, MY gesig is in die Woord van GOD. Julle probeer om MY te ken, lees dan die Bybel. Val op julle aangesigte voor MY neer en soek wie die GOD van Verlossing werklik is. Bose herders, valse profete, julle sal nie die helfte van julle dae uitleef nie weens die boosheid wat julle voor MY aangesig gedoen het. Julle is gewaarsku! EK spreek nou hierdie waarskuwing weereens uit, hou op om aan hierdie aardse koninkryk te bou en begin om weereens aan die Koninkryk van die Hemel te bou.

Jesse Duplantis, hoor MY stem. MY Profeet kon nie jou naam onthou nie, maar sy hou aan om jou gesig te sien. EK het jou naam op haar lippe geplaas want EK moet haar gebruik om jou te tugtig. Toon berou want jy bou multimiljoen dollar geboue wat EK nie vir jou gesê het om te bou nie. Jy word mislei want jou naam word gebruik om weereens die kudde se wol in te samel en hulle nakend agter te laat, terwyl jy, Benny en Jan en Paul Crouch dit wat hulle hande opgerig het, verheerlik. Maar EK het nie vir julle gesê om die wol van die kudde te steel om julself met trots op te pof nie. Ja, julle het goed sowel as sleg gedoen maar die goeie wat julle doen word oortref deur die boosheid van aanbidding van goue afgode van hierdie wêreld. Kenneth Copeland, keer terug. Hoekom het jy so ver afgedwaal van MY Waarheid en MY Wil af? Keer terug. Hulle wie eens by MY NAAM geroep was en nou antwoord julle op die geroep van 'n ander bose herder, maar hou aan om te sê dat dit MY NAAM is. Al julle offers was tevergeefs. Sommige sal hul siele verloor en sal tot in ewigheid in die Hel gemartel word as gevolg van wat julle gepreek het. EK sal julle verantwoordelik hou omdat julle nie MY kudde gevoed het nie en omdat julle hul uitgebuit en nakend, honger, blind en verdoof agtergelaat het.

Julle Profete het mekaar toegejuig en by 'n Profeteklub aangesluit sodat julle profesieë kon vergelyk en sien wie kan die vinnigste op watter TV kollig verskyn. EK profeteer dit nou, julle sal 'n profesie sien waar word, terwyl julle MY toorn sal ken, deur woorde uit te spreek wat EK nie gespreek het nie. Want julle het nie gedoen wat hierdie Diensmaagd nou doen nie, julle het nie die vet herders gewaarsku om hulle sondige maniere te staak nie. Julle het MY Opregte waarskuwing van oordele bestraf omdat julle populer wou bly. Julle sal aanspreeklik gehou word. As julle weet waar dwaling is, moet julle dit uitspreek. Het EK nie die bose profete deur Jeremia, Elia, Johannes, Jona, die lys gaan aan, gewaarsku nie. Het EK gesê, "Sjuut, moenie name noem nie, ons wil in eenheid bly", of het EK gesê dat die kwaad wat in die donker gepleeg word vanaf die huise se dakke af verkondig moet word. In hierdie geval die internet want dit is die hoogste dak wat EK op hierdie aarde kan vind. Hulle wie probeer om MY Boodskappers stil te maak wat vooruit gestuur word met hierdie waarskuwing, PASOP, die STOK van MY toorn kom op julle neer, hoe meer julle probeer om hulle stil te maak, te intimideer, hulle te skei en hulle as vals profete te etiketteer. Maak MY Profete los, laat hulle vry om MY Woord van Heilige Gees Vuur uit te spreek. Haal die muilbande van hulle monde af, haal die blinddoeke af. Julle hou konvensies en noem julleself bondgenote en beoordeel mekaar se profesieë. Enigeen wie probeer om hul profesieë deur 'n mens te laat beoordeel en nie deur Almagtige GOD YAHUVEH, wie die outeur van ware profesieë is en geen oordeel van man of vrou nodig het nie, PASOP.

Jy, Pam Clark, sê jy het 'n verbond van 'n Profeet, maar jy is nie van MY verbond nie. Jy vra geld vir gebede en EK het nooit vir enigiemand gesê om vir MY Skape te sê hulle moet iemand betaal om vir hulle te bid nie. Jy sê jou tyd is waardevol, hoeveel te meer was MY tyd waardevol op Golgota? Toon berou, val op jou knieë neer en bely teenoor MY en die mense. Gee elke sent terug wat jy van MY kudde gebuit het. Julle wie tiendes en liefdesoffers gegee het aan hulle wie MY Skape mislei, julle moet julle geld terug eis. Sê vir hulle julle weet julle het verkeerd gedoen. Sê vir hulle julle veroordeel hulle nie, maar die Woord van GOD het hulle veroordeel. Maar moenie verwag om julle tiendes en offergawes terug te kry nie, maar bewys aan MY dat julle jul fout besef het. Julle word verantwoordelik gehou waar julle jul tiendes en offergawes gesaai het. Pam Clark (Pax), jy skryf 'n boek en MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) word nie toegelaat om die waarheid te spreek nie want jy het enige Profeet weggejaag wat jou opreg gewaarsku het om berou te hê. Jy sê 'n engel verskyn aan jou en sê vir jou wie om weg te jaag en wie nie. Maar EK sê vir jou die Hemel het nie hierdie engele uitgestuur nie. Hel het jou jeukende ore weereens mislei. Jy omring jouself met profete wie slegs jou trots meer oppof. Jy noem jouself 'n onderwyser en tog verkondig jy dwaling.

Toon berou Pam Clark en Craig Martin, toon berou Andrew Strom. Julle gaan die toorn van Almagtige GOD se STOK van toorn voel en EK sal julle op maniere straf wat julle nie van geweet het nie en al die ander wie julle bose werke toejuig. Julle kan die mense mislei en so statig en Heilig lyk en tog kan julle nie die een mislei wat julle harte ken nie. Omdat EK julle liefhet, alhoewel julle MY seergemaak het, sal EK weereens vir julle sê voordat dit te laat is, VERBRAND die boeke. Begin weer van vooraf en spreek hierdie keer waarlik MY Profete se woorde onveranderd. Daar is nog tyd vir julle om julself dit wat gaan kom, te spaar. MY Mense weet dit; 'n Profeet is nie 'n populariteitswedstyd nie. Pasop vir hulle en vermy hulle wat dink dit is wel so 'n wedstryd. MY Ware Profete is diegene wat verwerp word deur die waarheid uit te spreek, die harde waarheid. MY Ware Profete is selfs bevrees om een woord, selfs grammatika te verander, wat hierdie wêreld as onvanpas sou beskou. MY Ware Profete sê, "YAHUSHUA, moet ek hierdie spreek, want ek wil niemand beledig nie. Ek wil geliefd wees deur almal en in eenheid bly?" Maar daar kan geen eenheid tussen onheiligheid en Heiligheid wees nie. Tog sê EK vir hulle, "Daar kan geen eenheid wees tussen hulle wie met die bose geeste van satan gevul is en hulle wie met die RUACH ha KODESH gevul is nie." Julle is in die midde van 'n Profeet terwyl julle dit lees en MY Skape sal die stem wat uit haar voortkom, herken as hulle enigste Goeie Herder. EK, YAHUSHUA ha MASHIACH, het hierdie woorde gespreek, nie om te beskuldig nie, maar om hulle te oordeel wie EK genoem het. Hulle is voorheen gewaarsku, een vir een, want EK het baie Profete gestuur om dieselfde woorde te spreek, maar hulle sluit hul ore.

Nou het EK hierdie webwerf gesalf en geplaas waar die wêreld MY Woord sal hoor en niemand sal instaat wees om MY Apostel en Profetiese Diensmaagd, Elijah stil te maak of te intimideer nie, want sy het onder die vervolging van die dieselfde persone gely na wie toe EK haar gestuur het om lief te hê, te beskerm en te waarsku. Nogtans het sy Almagtige GOD YAHUVEH en YAHUSHUA gehoorsaam en dit gedoen onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) nie vir beloning of wins nie, maar omdat sy waarlik 'n Profeet is wat geen wêreldse wins maak deur die woorde wat EK vir haar sê om te spreek nie. Haar wins sal in die wete wees dat sy die een gehoorsaam het wat haar salf en haar stuur om met die nasies te praat in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, soos wat EK ander Profetiese Soldate salf en stuur om dieselfde te spreek. Pasop, enigeen wat haar beledig, beledig die een wat haar stuur en salf. As julle haar seën en bemoedig is dit soos murg in haar gebeente en julle het YAHUSHUA jul Verlosser geseën. As julle haar vervloek het julle die vloeke op julself geplaas, want julle het nie vir haar vervloek nie maar die een wat haar stuur.

Julle is gewaarsku. Julle het 'n moeder van Profete in julle midde, sy verstaan nie eers hoekom EK haar vereer het met so 'n titel nie, maar eendag sal sy. EK het 'n kruik gekies wat nie 'n mens se keuse was nie, maar Almagtige GOD YAHUVEH se keuse was, vir MY eie redes en nie die wysheid of openbaring van hierdie wêreld nie. EK het hierdie woorde deur hierdie Profeet gespreek en sy is in julle midde tesame met menige ander Profete wat EK stuur. Wat sal julle met MY Seuns en Dogters doen wat slegs probeer om julle te seën deur MY seëninge te proklameer of van MY vloeke te waarsku, dit is julle keuse. MY Ware Profete staan in julle midde, wat sal julle met hulle doen? Want hulle wie beledig voel nadat hulle dit gelees het, gaan dan terug na julle profete toe wie julle jeukende ore sal streel, julle oë verblind, julle ore verdoof en julle monde toestop.

Gaan terug en sit onder die 3 apies en die 3 apie vloeke. Meeste wil nie berou toon nie, hulle harte is verhard , maar sommige bose herders sal hulle sonde erken, sal berou toon en besef EK kom en dit is die middernaguur en sal die kudde gereed kry sonder vlek of wrimpel. Bou aan die Koninkryk van die Hemel, nie aan die geboue van hierdie aarde nie. Selfs 'n tent sal beter af wees en meer gesalfd as hulle wie hierdie miljoen dollar geboue bou, want MY RUACH ha KODESH sal nie daar aangetref word nie. Ook sal MY Ware Profete en herders nie daar welkom wees nie. Skape en lammers waarsku die herders wat EK genoem het, sodat hulle kan berou toon. Slegs EK weet wie het die hart om MY stem te hoor en dieselfde woorde teenoor hulle pastore uit te spreek, wie so besig is om te herdekoreer en te herbou en nuwe dinge bedink hoe om die wol van die skape te buit, en hulle nakend agter te laat en selfs MY Heilige Woord te verdraai om dit tot hulle voordeel te doen. Waarsku hulle, want EK jaag hulle hierdie jaar met MY STOK van toorn en oordeel, so spreek Almagtige GOD YAHUVEH.

* * * * * * *

Gespreek deur hierdie gebroke erdekruik, maar Magtige Soldaat vir YAHUSHUA ha MASHIACH en toevertrou aan Profeet Elisabeth Sherrie Elijah, op 4 Maart 1998, 5:35 NM.