PROFESIE 18

PASOP VIR DIE SLUIER VAN DUISTERNIS WAT VAN DIE HEL KOM!

Gegee aan Eerw Apostel Sherrie Elijah op 6 Maart 1998


* * * * * * *


Geliefde familie van YAHUSHUA,

Ek het vandag hierdie ontvang terwyl ek gister geween het oor die jong kinders wat vermoor is vir geen ander rede as dat ander jong kinders deur 'n bose gees van moord en chaos beset was nie. Hierdie 11 jarige en 13 jarige verstaan nie eers wat hulle gedryf het om onskuldige kinders van hulle eie ouderdom te skiet nie, hulle saam met wie hulle gespeel en gelag het en vir wie hulle nou vermoor het soos 'n takbok in 'n bos, maar selfs die takbok het 'n kans om te hardloop en weg te kruip. Satan het self in hierdie kinders gemanifesteer om 'n manier wat ons nie kan verstaan nie. Ja, bid, maar bid dat hierdie regering, wat die enigste beskerming wat hierdie wêreld gehad het, verban het, SY Naam is YAHUSHUA ha MASHIACH, die Heilige Bybel vinnig sal terugbring in die skole. Die Tien Gebooie sal weereens in die publieke skole hang. Jy mag nie doodslaan nie. Ons sê dit en dan vertel die regering vir ons kinders dat hulle onskuldige babas kan vermoor solank niemand dit sien nie, solank die baba veilig in die moederskoot weg van nuuskierige oë is; dit is wettig om daardie hulpelose onskuldige baba te vermoor. Dit is die moeder se keuse.

* * * * * * * *

So spreek YAHUVEH, "HOE DURF JULLE, HOE DURF JULLE, HOE DURF JULLE! Julle vra MY hoe kon EK so 'n ding toelaat. Julle vra waar is YAHUVEH toe hierdie moorde op hierdie babas plaasgevind het? Maar EK was uit julle publieke skoolstelsels verban.MY NAAM word nie genoem, behalwe in vloekwoorde nie. Hoekom word MY beskerming benodig terwyl MY teenwoordigheid nie benodig word nie? Hoekom beskou julle dit 'n groter euwel as 'n onskuldige baba se gehuil wat tydens 'n daad van aborsie in die moederskoot gemartel word? Is dit omdat net EK hulle stille krete hoor? Kan julle nie sien dat dit dieselfde is toe die gille en gehuil van die babas op die skoolgrond oral gehoor was nie? Die gees van moord het in die kinders gevaar wat in satan se gebied gespeel het.

Het EK nie gesê dat wat ookal in julle harte is, geopenbaar sal word nie. Kinders word met bloeddorstigheid en bloed gevoed deur die flieks op televisie en speletjies wat hulle speel. Kinders word gevoed met geweld, dood, vernietiging, homoseksualiteit, pornografie, haat en opstandigheid, om maar net 'n paar te noem. Hulle word geleer dat Heiligheid nie meer vandag nodig is nie. Julle vra vir MY hoekom het EK dit toegelaat? Dit sou nie gebeur het as die kinders net geleer was om in MY NAAM uit te roep nie. Hulle wie hierdie chaos waargeneem het, sal getuig dat toe hulle MY aangeroep het, dat EK daar was. MY engele het vir hulle geveg en hulle met hulle vlerke bedek. Hierdie babas is almal in die Hemel, ja elkeen wat geaborteer was en hulle wat op daardie skoolgrond gesterf het. Maar EK het dit toegelaat om te wys wat met die publieke skoolstelsel gebeur, want die gees van die antichris is besig om alles wat Heilig is uit die skole te skuif.

Jy betaal 'n prys Amerika en al die nasies wat haar voorbeeld volg. Hierdie dinge sal aanhou totdat die sinnelose aborsies ophou. EK sal satan toelaat om in julle kinders te manifesteer wie nie geleer word om MY aan te roep nie. EK sal satan toelaat om die musiek en media te gebruik om julle kinders te verrot en hulle van MY en julle weg te neem en hulle sal toegelaat word om oorlog te verklaar teen ouers, volwassenes en persone met gesag. Want toe julle hulle geleer het om nie dit wat Heilig is, te respekteer nie en wat MY Wette is nie, het julle hulle oopgestel vir satan om hulle met sy bose geeste te vul wat Amerika en die skoolstelsel sal beskaam en verwar. Speletjies wat begin het as onskuldig en pret, wat kinders geleer het hoe om met ander klaar te kom, hits nou een teen die ander op om te sien wie kan mekaar vermoor.

Sê MY Woord nie, "Wanneer julle in jul hart sondig, het julle nie teen MY gesondig nie?" Julle verbeelding is nie julle s'n nie, elke verbeelding, elke gedagte moet gevange geneem word vir MY inspeksie. As dit teen jou broeder sondig, is dit sonde. Die grootste van al die Tien Gebooie is om jou naaste lief te hê soos jouself. Dit sluit ook in dat jy nie mag moordpleeg nie. Maar in julle kinders moor hulle en hulle vermoor die goeie sowel as die bose in speletjies. Pasop, soos wat EK voorheen deur hierdie diensmaagd gevra het, "Wat is satan besig om julle kinders vanaand te voed deur die media, deur hulle maats, deur die speletjies of boeke wat hulle lees en deur hulle musiek?" Pasop, satan weet dat EK as 'n onskuldige kindjie in hierdie wêreld gekom het en nou probeer hy om die kinders te straf, om hulle siele te verrot en hulle stelselmatig saam met hom hel toe te neem.

Julle babas raak swanger en word dan meegedeel dat dit reg is, kry net 'n aborsie, word vir hulle vertel. Nie een gedagte aan die onskuldige kind wat nooit geleer was dat vrye geslagsomgang 'n SONDE is wat tot korrupsie van die siel lei nie. Nie een gedagte aan die marteling van daardie onskuldige baba terwyl dit in die moederskoot lê nie. Alhoewel die moeder self nog 'n jongeling is, sondig sy teen MY, Almagtige GOD YAHUVEH en sy sondig teen haar ongebore baba wat sy tereggestel het terwyl dit slegs gebore wou word. Daar is geen verskil tussen 'n vuurwapen wat gebruik word vir moord en 'n dokter wat gebruik word vir moord. Dit is alles moord in MY oë. Die moeder sondig ook teen haar liggaam, siel en Gees. Haar verstand sal nooit vergeet nie, alhoewel EK kan vergewe as sy MY vra en wegdraai van hierdie boosheid.

EK profeteer nou iets so afskuwelik om te bedink, maar die moorde gaan meer algemeen word. Ouers sal hulle kinders vrees. Die kinders sal hulle ouers beheer soos wat hierdie rebellie toegelaat word om te groei. Die state sal sê hulle besit julle kinders. Die state sal wette uitvaardig wat verhoed dat julle kinders deur die ouers gedissiplineer word. Ouerlike regte sal stukkie vir stukkie afgestroop word totdat julle ouers binnekort geen regte meer sal hê nie. Moenie toelaat dat dit aangaan nie. Satan kan nie vat wat julle nie vir hom gee nie. Vat julle kinders terug in MY NAAM. Vat hulle uit hierdie hole van ongeregtigheid; julle is besig om hulle te onderrig ten koste van hulle siele.

Soek MY terwyl EK nog maklik te vinde is en EK sal vir julle 'n ander weg wys om julle kinders te onderrig, beide die dinge in die geestelike en fisiese ryk. EK sal weer vir hulle die begeerte na Heiligheid en moraliteit teruggee. Daar het 'n sluier van duisternis oor die publieke skoolstelsels neergedaal en die mantel van duisternis het uit die putte van die Hel gekom en dit bedek baie van die jeug van hierdie nasie, wie MY nie aanbid as hulle Heer en Verlosser nie. Die kinders is besig om te ly as gevolg van die ouers se sonde deur nie vir hulle te vertel wie YAHUSHUA ha MASHIACH is nie. EK is hulle enigste beskerming. Satan is in julle skole verwelkom en daar is 'n oorvloed van onheiligheid in hulle. Ouers, staan op; vat julle kinders uit die skole wat weier dat MY Heiligheid deel is van julle kinders se opvoeding. Staan op ouers en vertel aan die regering dat julle kinders die reg tot dissipline het. EK dissiplineer diegene wat EK liefhet. Hulle moet weereens die vrees van die Almagtige GOD YAHUVEH ken en die vrees vir hulle ouers. Godvresende, respekterende vrees wat karakter bou en die siel opvoed wetende dat daar reëls is en as jy hierdie reëls verbreek, sal jy betaal.

Die skole is besig om nou te betaal. Die regering is besig om nou te betaal. Die ouers is besig om nou te betaal. Hulle beoog om wette uit te vaardig en dit sal slegs gebeur as EK dit toelaat, wat julle sal verbied om julle kinders pak te gee. Meeste van alles, betaal die jeug van hierdie nasie en wêreld nou. Hulle het MY nodig en tog leer so min ouers hulle dat EK die enigste weg, waarheid en lewe is. Heiligheid is noodsaaklik en dit moet in hierdie eindtye beklemtoon word. Vrees hierdie wet! Beveg hierdie wet! Want as julle dink julle kinders is nou opstandig, het julle nou slegs 'n vlugtige kykie van hierdie opstandigheid gesien. Die bloed is nie op die hande van hierdie kinders wat gemoor het nie, die bloed is op die Raad van Onderwys. Die bloed is op die ouers se hande wat nie hulle kinders Heiligheid geleer het nie. Die bloed is op die regering se hande. Die bloed is op Amerika en dit is nie MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH se Bloed wat nou hierdie nasie bedek nie, maar die onskuldige bloed van die miljoene babas wat daagliks, 24 uur per dag vermoor word.

Wanneer julle sê dat dit wettig is om die babas te vermoor, solank hulle in die moederskote is en ons nie hulle stille gille en geween kan hoor wat net EK kan hoor nie. EK sê vir julle dat die gille en geween sal kom van die kinders wat julle kan hoor, kinders van die heidene, kinders wat julle kan sien, kinders wat so onskuldig is maar nie verskil van die babas in die moederskote wat vermoor word nie. Een moord is dieselfde, een rebellie is dieselfde, en die gees van onheiligheid is dieselfde. EK sien almal en EK hoor almal! Tensy hierdie nasie nie berou toon oor die vermoorde kinders nie, sal julle meer vermoorde kinders sien. Moenie dink EK is 'n GOD wat langer bespot sal word nie. Julle kerke verkondig MY liefde en nogtans wil hulle nie MY Kinders leer dat EK ook 'n GOD van ALMAGTIGE LIEFDE en ALMAGTIGE WRAAK is nie! In die vroeë tye het EK kinders voor die dorpsplein laat stenig.

Opstandige kinders wat ouers nie kon beheer nie en wat net tot meer opstandigheid gelei het, EK het laat die ouers die eerste klip gooi. Nou is daar wette wat die kind beskerm om selfs nie eers pak te kry op 'n agterstewe wat EK vir hierdie doel geskape het nie. Nou is daar wette wat die kinders na 'n kort opsluiting, vrylaat met 'n klap op die gewrig. Verstaan mooi, EK sê vir julle dit, hierdie kinders sal weer moor want daardie bose gees is nogsteeds in hulle en volgende keer sal dit 'n groter omvang hê as hierdie gees nie uitgedryf word nie. Julle jeug tehuise het YAHUSHUA nodig om die demone uit hierdie kinders te dryf. Hulle verstaan nie eers dat dit nie hulle is wat die snellers getrek het of die planne beraam het nie, hulle was pionne in 'n skaakspel en hulle het slegs die bewegings ervaar.

Amerika toon berou, want die sluier van duisternis wat uit die Hel kom laat julle dink dat wat julle in die geheim doen sal nie ontbloot word nie. Homoseksualisme is net nog 'n ander lewenswyse wat julle wil verkondig, maar dit is die duisternis van die Hel wat verhoed het dat julle die lig van die waarheid sien. Dit is 'n afskuwelikheid vir MY! EK het VIGS vir julle gestuur as 'n wekroep en julle het MY geïgnoreer en teenmiddels probeer soek. EK stuur nou 'n baie erger plaag as dit. SWART KOKENDE BLOEDPLAAG! Dit sal oor almal kom wat met goue lepels (welgesteldes) aan julle kinders die gees van homoseksualiteit voer. Dit het by Ellen Degenerate (Degeneres) begin en het tot in die Withuis gevorder. Julle bespot MY. Julle dink omdat EK onsigbaar is, kan EK nie hoor of sien wat julle gesê en gedoen het nie. Julle dink die Heilige instelling van die huwelik kan bespot word. Julle dink MY Tien Gebooie is van geen waarde in hierdie leeftyd nie. EK is KWAAD en EK sê aan almal wat julle onheiligheid voor MY gesig rondswaai. Julle sal sien dat EK nie 'n GOD is wat bespot kan word nie. Julle sal swaarkry, julle kinders sal swaarkry en julle land sal swaarkry. Maar nie hulle wie aan MY behoort nie, EK sal al MY Kinders beskerm, versorg, seën en lei wie hulle harte, lewens, Gees en siele aan die GOD van die Skepping en GOD van Verlossing gegee het.

Julle heidene wat afskuwelikhede in MY oë doen, en dit op die media en selfs in julle liedere sit, julle wie wil hê dat elkeen 'n keuse vir aborsie, genadedood en homoseksualiteit moet hê, julle wie die regte van ouers wegneem om hulle kinders met 'n Heilige vrees en respek op te voed. Julle sal uitvind dat EK YAHUVEH is en dat EK 'n GOD is van gelyke balans in liefde en toorn en julle sal sien wat gebeur wanneer hierdie straf van nêrens af op julle neerkom nie maar deur MY hand. Nêrens om heen te vlug, as na MY toe nie. Hierdie nuwe plaag het alreeds begin, geweldige uitputting, hoë koors, julle bloed sal swart voorkom, geen immuniteit, julle bloed sal uit julle monde stroom, bloedstorting! Want julle bespot die Heilige Bloed wat vir julle op Golgota gestort is en nou sal EK julle terug spot met bloed wat die onheiligheid in julle bloed wys. Julle sal bid om dood te gaan maar die dood sal nie maklik kom nie. BEROU NOU! Hou op om MY ongebore babas te vermoor. Hou op om die jeug en hierdie wêreld met julle stank van onheiligheid te verrot. BEROU NOU Amerika! Kyk hoe hulle vir wie julle as leiers aansien, nie meer leiers is nie. BEROU NOU! Die ontploffings uit die Hel wat alles wat Heilig is op julle media vervloek, wat die kleintjies nasê en nie eers verstaan hoe kwaad hulle MY maak nie, moet stop. EK gaan julle met MY STOK van toorn slaan totdat julle berou toon.

Hulle wie MYNE is en julle weet wie julle is, julle het 'n verhouding met julle Verlosser en julle het MY lief en plaas my eerste in alles wat julle doen. Julle herken die vervalsing terwyl satan MY in Garland, Texas bespot. Julle is nie mislei nie, julle weet julle YAHUSHUA kom spoedig weer en wanneer die bespotting en vervalsing plaasvind, sal julle nie mislei word nie. Julle MY Geliefde kleinode, meer waardevol as wat woorde kan sê, julle weet op watter NAAM julle staatmaak om julle en julle siele te verlos. Julle kinders is veilig en beskut in die palm van MY hand en MY ander hand bedek hulle asof hulle 'n pasgebore kuiken is. EK sal hulle wie aan MY behoort, beskerm, hulle wie begeer om aan MY te behoort, EK wag vir julle. EK het geen begeerte om julle met MY STAF van droefheid te slaan nie. MY STOK en staf is om julle te vertroos, om julle te beskerm en te lei.

MY STAF is om MY Kinders te beskerm terwyl EK wraak op hulle vyande en MYNE uitstort. MY STAF word ook gebruik as kastyding, net soos julle julle kinders moet pakgee, so moet EK MYNE soms pakgee indien nodig. MY STAF van wraak is gereserveer slegs vir hulle wat uiters opstandig is. Pasop, die STAF kom na Amerika toe. Pasop, die STAF van Toorn is oppad na ander nasies van die wêreld toe wat bepaal het dat hulle 'n ander god sal dien. MY begeerte is om julle met MY Herderstaf te lei wat julle beskerm en julle lei en slegs die vyande wegslaan, die wolwe wat kom en vermom is as goed maar in werklikheid boos is.

My Geliefde Kinders weet dat godsdiens hulle nie gaan red nie, slegs 'n liefdevolle verhouding met YAHUSHUA ha MASHIACH, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH sal hulle red. Slegs die waarheid, daar is geen verlossing behalwe deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH nie, die Bloed wat EK vir julle op Golgota gestort het en die Heilige Woord kan julle red wanneer dit gespreek word in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Slegs berou en wegdraai van sonde en strewe om 'n lewe van Heiligheid te leef en MY te gehoorsaam, kan julle red. Wetende dat julle nie perfek is nie, maar julle werk daagliks om MY te behaag en doen wat julle weet EK wil hê julle moet doen. Vir al die ander sê EK, HOE DURF JULLE? Hoe durf julle MY blameer vir die boosheid wat julle oor julself gebring het en dié van julle kinders? Julle het die duisternis van die hel gemaai en daar is geen verlossing behalwe deur die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH van Golgota nie. EK is julle enigste bron van lig, maar hoeveel sal MY aanroep sodat hulle gered kan word? EK spreek weereens hierdie waarskuwing deur MY Profetiese Diensmaagd Pastoor Sherrie Elijah, nie oor wie sy is nie maar oor wie EK IS. EK, die Groot Almagtige GOD YAHUVEH, het gespreek. Hulle wie ore om te hoor, luister en leer, hulle wie doof en blind is sal net geestelik meer blind en doof word.

* * * * * * *


26/3/98 3:54 pm gegee aan hierdie nederige kleipot Profeet Sherrie Elijah.

Terwyl ek dit aan my perseelbestuurder voorlees, het ek 'n koue deur my voel trek terwyl ons oor die telefoon praat, toe ek by die deel van die nuwe plaag kom wat hierdie wêreld erger gaan tref as VIGS. Die tale het begin, tonge wat oorlog voer. Toe, terwyl my oë gesluit was, het ek donderwolke gesien, swarter as swart. Ek het besef dat dit die donderwolk van SY woede was en dat HY net SY woedende woorde deur my mond gebulder het. Toe het die weerligte gevolg. HY sal Sy teikens tref. Ellende vir die opstandiges wat nie hierdie waarskuwing herken nie. YAHUSHUA stuur my vooruit as SY woordvoerder om hierdie waarskuwing uit te spreek terwille van SY genade sodat hulle kan berou toon. Dan sal die verdoeming volg. Pasop vir die STOK van Almagtige YAHUVEH! Draai terug na die GOD van ons voorvaders. Draai terug na YAHUSHUA ha MASHIACH, Amerika, voordat dit te laat is.

Hier onder is nog 'n profesie wat bevestig wat YAHUVEH deur die jongste profesie gespreek het wat HY aan my gegee het, "Pasop die sluier van duisternis het gekom." Die onderstaande woord was deur iemand anders aan my deurgegee. 'n Kleed van duisternis op ons skole: YAHUVEH het vir my gewys dat 'n kleed van duisternis vanuit die duisternis op ons skole gegooi is.

Ons moet bid en vas vir die wegneem van hierdie kleed, want YAHUVEH sê ..."EK hoor die gebede van MY volk wanneer hulle met hulle hele hart bid." Daar sal meer verwoesting verskyn, tensy ons bid en dit in die geestelike ryk beveg, nie die fisiese natuurlike ryk nie. Wat doen die vyand om ons te vernietig? Hy werk van binne. Ons moet meer besorg wees oor die huishoudelike as oor bedreiginge van buite. Bid en tree nou in vir hierdie generasie. Dit is goed om 'n spesiale dag van gebed opsy te sit, maar MY intersessors moenie wag nie, want dit is nou die tyd om die swaard van die Gees, wat MY Woord is, uit te trek en die gebede in die Gees om te begin terwille van hierdie kleintjies van MY. Het EK nie vir julle gesê dat dit vir iemand beter is dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see, as wat hy een van hierdie kleintjies wat in MY glo, laat struikel nie? Soldate, trek julle wapenrusting aan en gaan veg, want dit is MY, YAHUVEH se geveg, en EK, YAHUVEH sal daardie beskikbare kruike gebruik, daardie oop kruike wat gereed is sodat MY Gees in groot mate uitgestort kan word om julle te bekragtig om in die geestesryk te veg. Moenie bang of verskrik wees nie, want EK, YAHUVEH julle GOD het voor julle uitgegaan en EK stuur ontelbare beskermengele vooruit om hierdie kleintjies te beskerm. Kyk MY Kinders, so spreek YAHUVEH.

Ek het op 9/3/92 'n droom gehad, wat ek glo op 'n ander bladsy gepos sal word. YAHUSHUA het alreeds vir my van hierdie plaag vertel wat alreeds gekom het, maar ek het dit nie verstaan nie en ek sal die droom deel wanneer ek dit van my notas af gekopieer het. Ek beweer nie dat ek die volle openbaring het nie. As die RUACH ha KODESH aan een van julle die volle betekenis wys, e-pos my asseblief en ek sal die betekenis pos, soos die RUACH ha KODESH lei.