PROFESIE 19


GOOI AF JULLE DONKER SLUIER VAN PYN ..... MY KINDERS, MY KLEINODE!

Gegee aan Eerw Sherrie Elijah op 10 April 1998

* * * * * * *


So sê YAHUVEH, "MY Geliefdes, wie EK waardeer soos geen ander skat wat julle op aarde het nie. EK sien julle pyn. Dit is vernietigende pyn want julle word so misverstaan. Hoe kan mense wat nie van MY Gees is nie, julle pyn voel of sien wat EK vir julle gewys het of vir julle vertel het? Het hulle nie ook vir Johannes die Doper, dwaas genoem nie? Het hulle nie ook probeer om hom te kalmeer vir sy gedrag nie, en vir Elia, Jeremia en al MY Profete nie? Dink net wat hierdie moderne wêreld van vandag wat die stem van die Almagtige YAHUVEH uitsluit, met hierdie Profete van ouds sou doen?

Julle is soos 'n Jona wat na Nineve gestuur was en hoe min het MY waarskuwings gehoor of daarna geluister. Maar hulle sal sien as dit wat EK deur julle gespreek het, begin gebeur. Moenie dit vreemd vind nie, want is hulle wie julle dink gered is, waarlik gered? Ken julle waarlik hul harte, hulle wat groot gapende wonde in julle siele veroorsaak? EK het hulle nie gestuur om julle te pynig nie, want julle is MY Geliefde Kleinode.

Moenie op julle eie kennis staatmaak nie, maar erken MY en EK sal julle weë rig. Moet niemand vertrou behalwe dié deur wie julle weet julle MY stem hoor nie. Moet niks doen sonder dat EK vir julle perfekte vrede gee wat alle verstand te bowe gaan nie. EK het julle nie verlaat nie en EK sal ook nooit nie. EK is julle eerste liefde; al die ander is ondergeskik aan die Almagtige GOD YAHUVEH wie julle dien. Hou aan om van MY genade en liefde te praat, maar waarsku van MY toorn en wraak en komende verdoeming as hulle nie wegdraai van hulle bose weë nie en die Bloed aanwend wat op Golgota vir hulle gestort is, wat elke stank van sonde wegwas en daarna nie wegdraai van hulle sondes nie.

Julle het hierdie draaiskroewe as 'n kruk gebruik, maar EK gaan julle verlos van enigiets wat julle voel julle het nodig om vir julle vrede en troos te bring, want EK is al wat julle nodig het. EK YAHUVEH is genoegsaam in alle dinge. Maar alles het 'n tyd en 'n seisoen en EK sal niks meer op julle sit as wat julle kan verdra nie. Ja MY Geliefdes, julle het om MY NAAM ontwil gely. Ja, julle is geestelik siek genoem, maar hulle wie julle hierdie name noem, is geestelik siek. Julle ween, maar dit is MY trane. Julle sug, maar dit is MY versugtinge. Julle treur maar dit is MY verdriet. Hulle wie sê dat hulle julle liefhet, ken nie die ware betekenis van liefde nie, anders sou hulle dit verstaan het. Moenie hulle te skerp veroordeel nie, want hulle doen die beste wat hulle kan met die geeste binne hulle.

Ook dit sal verbygaan al voel dit asof riviere van wanhoop MY Geliefdes oorstroom. Dit sal ook verbygaan. Julle sal weereens verheug wees. Julle lewe is nie verby nie. Dit het nog net begin. Wonderwerke is net om die draai. Hoekom dink julle vertel satan vir julle om nou op te gee. Julle beveg dit al so lank, moenie nou opgee nie.

* * * * * * *

Deur YAHUVEH aan Pastoor Apostel Sherrie Elijah gegee op 10 April 1998