PROFESIE 20

PASOP VIR DIE GRUWEL VAN NUWE SWART

KOKENDE BLOEDPLAAG WAT GAAN KOM!

Gegee aan Eerw. Sherrie Elijah op 25 Mei 1998


* * * * * * *


YAHUSHUA het met my gepraat en ek spreek nou dieselfde woorde aan almal van julle. Niks sal meer in ons lewens toegelaat word as dit waarvoor HY ons almal geroep het om te doen en in SY Naam sal bereik, beskaam nie. YAHUSHUA self sal nie net die Lam wees nie, maar die Leeu van Juda sal daardie skandelike ding of persoon totaal uit ons lewens skeur om ons heilig en aanvaarbaar voor HOM te hou.

Ek het niks verloor nie, julle het niks verloor nie, want ons het dit in die eerste plek nooit gehad nie. Dit was 'n leuen van satan. As ons saam met ongelowiges verbind is en hulle name word nie in die Boek van die Lam gevind nie en julle het jul lewens vir YAHUSHUA ha MASHIACH gegee en julle dien HOM en stel HOM eerste en praat as SY mondstuk, wees dan verseker dat dieselfde GOD wat julle dien, 'n jaloerse GOD is en HY sal julle op geen manier of vorm met satan deel nie. Pappa YAHUVEH sal self, en vir julle eie beswil, julle skei van dìt wat nie heilig en aanvaarbaar voor die RUACH ha KODESH is nie.

HY sal dit gou doen, want Terrah, jy het die salwing binne my aangewakker deur jou profesie en die wonde wat ek opgedoen het, het my weereens sterker gemaak, soos wat dit vir almal van ons sal doen. In ons gees mag ons dalk neergewerp voel en vertrap en op gespoeg, maar ons moet aanhou opstaan in die Naam van YAHUSHUA en dit is nie ons vlees wat opstaan nie, maar die Gees binne ons, dan sal dit satan wees wat neergewerp is en onder ons voete vertrap word in die Naam van YAHUSHUA.

* * * * * * *

So spreek YAHUVEH, "EK het in die verlede ingegryp in die lewens van MY kinders wat in ongelyke verbintenisse was, MY dienaars, hulle wie by MY NAAM geroep is wat hulself verbind het met kinders van satan deur ongelyke huwelike, vriendskappe, vennootskappe, inrigtings, kerke en alle ander vorme. Terwille van julle het EK geduldig en met langdurige lyding, met julle gewerk. EK het vir MY Kinders gewag om te besef waar MY RUACH ha KODESH nie gerespekteer, of liefgehê of nie welkom is nie, of dit huwelike, familie, vriende, inrigtings of enigiets wat nie van MY af is nie, julle is nie werklik deel van hulle nie en hulle was nooit een met julle nie.

So baie het verkeerde keuses gemaak en dan word EK geblameer. Want wanneer julle gewond is en na Pappa toe kom en sê, "Vader, kyk na my bloeiende wonde, kyk wat het hulle wat ek liefhet aan my gedoen, hulle wie ek vertrou het, hulle met wie ek my saamgebind het. Pappa, hoekom het U toegelaat dat dit met my gebeur, gee U nie om nie?" O MY Kleintjies, ja, EK sê weer vir julle, EK gee om en EK sal dit weer sê terwyl EK MY arms vir julle oopmaak en julle klim op julle Pappa GOD YAHUVEH se skoot en EK vertroetel julle in MY arms en laat toe dat julle bitter trane stort. Want julle hou dit al vir so lank in en as dit vrygelaat word, dan sal julle besef dat EK nie die een is wat julle gebind het nie, wat julle saamgebind het met onheiligheid nie.

Dit is julle wat julleself met die sonde van hierdie wêreld verbind het want julle het een geword met sonde toe julle gekies het om te trou sonder om vir MY te vra of dit die regte eggenote vir julle is. Is dit die een wat EK vir julle beplan het voor die grondlegging van die aarde af? Toe julle julself met die sonde verbind het, toe julle leiers oor die heidene geword het wie verkies het om heidens te bly, het julle jul oê gesluit sodat julle Pappa YAHUVEH julle oê moes oopruk sodat julle kon sien wat julle nie voorheen gesien het nie. Julle het julself met satan verbind en wanneer julle kinders afdwaal en hulle ontken MY, terwyl hulle opgevoed is op die weg wat hulle moet gaan, het EK gesê, "As hulle ouer word sal hulle nie daarvan afwyk nie" maar julle sien julle kinders wie julle heilig opgevoed het en julle wonder wat aan die gebeur is? Dit is omdat julle jul kinders toelaat om verbind te word met die onheiliges deur die TV waarna hulle kyk, die musiek waarna hulle luister, die speletjies waarmee hulle speel, die vriende wat hulle gelykes noem en die skole wat hulle bywoon.

Julle laat die heidene toe om julle kinders te onderrig in ruil vir 'n vrye wêreldse opvoeding, maar dan kom julle na MY toe en kwoteer hierdie skrif, "Voed 'n kind op in die weg wat hy moet wandel en wanneer hulle oud is sal hulle daar nie van afwyk nie," en tog het julle in die opvoeding gefaal toe julle bovermelde toegelaat het. Toe julle die Bybelstudie gestop het en hulle vertrou het om hul eie gebede op te sê, toe julle getrou het en nie navraag gedoen het oor wie die Vader of Moeder is nie, en julleself verbind met dit wat oor julle gekom het.

Wanneer julle MY stem hoor wat sê, "Skei", word MY genade teruggegooi in MY gesig en dan moet julle geskei word van dit wat daarop uit is om julle siele te steel. As dit nie gewilliglik gedoen word as 'n teken van Heiligheid nie, sal EK doen wat EK hier gedemonstreer het en op baie ander maniere, dit sal YAHUVEH se hand wees wat julle uit die vyand se ongelyke slawerny skeur. EK sal nie langer MY Dienaars, Kinders en MY Bruid met satan deel nie. Want as julle MY stem hoor wat sê, "Gee pad van hierdie werker van ongeregtigheid af" en julle verhard julle harte en sê, "Maar dit is my vriend, dit is my man, dit is my vrou, dit is my kind, dit is my kerk, dit is my werk," en as julle nie gehoorsaam nie, betreur EK dit wat EK moet doen.

Dit is die land wat sê aborsie is wettig en nou sterf mense weens honger want dit word al duurder om vir die siekes te sorg en genadedood sal meer algemeen voorkom as ooit te vore. Binnekort sal wette uitgevaardig word wat dokters beveel om dood te maak of hulle reg om te praktiseer sal weggeneem word. Dokters, dit is baie beter om te weier as dat MY woede oor julle uitgestort sal word omdat julle 'n lewe beëindig wat julle geen reg gehad het om te eindig nie. EK alleen het daardie reg en EK profeteer nou vir julle, hierdie keer is dit die terminale siekes of die ernstig gestremdes of die bejaardes, maar EK sê nou deur hierdie Diensmaagd dat binnekort gaan dit hulle wees wie hulle sê verstandelik gestremd of geestelik siek is wat doodgemaak sal word.

Dr Kevorkian is nie 'n mens nie, hy lyk net soos 'n mens maar hulle met oë om te sien en ore om te hoor kan die demoon sien wat deur sy oë spot en sy kop het selfs die vorm van 'n skedel. Sy naam is werklikwaar Dr Dood en hy het hierdie gees van moord en selfmoord na die VSA en na die wêreld oorgebring en hulle vir wie EK gesalf het om lewens te red deur die hande van dokters en hulle wie die kennis het om lewens te red sal gedwing word om lewens te neem.

Niemand het die reg om 'n lewe te neem behalwe die een wat lewe gee nie en EK, YAHUVEH, is die enigste een wat lewe gee en het die outoriteit om 'n lewe te eindig. Tensy MY wette dit bepaal, moenie hierdie sonde op julleself neem nie, want dit is nie net 'n liggaam wat dood is nie, maar 'n siel wat óf Hemel toe óf Hel toe gestuur word. Vir hulle wat së, "Ag wel, ten minste is hulle Hemel toe", maar het hulle voltooi waarvoor EK hulle geskape het om te doen? Was hulle sending op aarde voltooi, hoe sal julle weet?

Die babas, MY Kosbare Babas, is daar enigiets kosbaarder as 'n baba, of dit 'n mens of 'n dier is? EK het tyd gevat om skoonheid en onskuld in die babas te giet en nogtans word hulle vermoor. MY Kosbare Babas word vermoor terwyl hulle veilig in hul moeders se skote genestel het. As 'n vreemdeling dit gedoen het, sou die wêreld in afsku gehyg het oor die moorde wat gepleeg is en babas uit die moeder se skoot gesny is tydens sataniese handelinge, maar MY Babas word nie deur sataniese vreemdelinge vermoor nie, nee, iets veel ergers, MY babas word deur hul eie moeders vermoor.

Diegene met wie EK tyd gevat het om melk in hul borste te giet sodat hulle die kleintjies kon voed en versorg. Diegene in wie EK 'n moeder se liefde geplaas het om haar ongeborene te beskerm en tog, hoeveel van hulle vir wie die onskuldige baba 'Mamma' sou noem, het hulle verraai, dieselfdes vir wie EK beveel het om vrugbaar te wees en te vermenigvuldig. Niemand het hierdie moeders gedwing om hul kleintjies te vermoor nie; hulle het dit met opset en met voorbedagte rade gedoen. Hulle het dit gedoen ten spyte van die feit dat EK MY Krygers voor die aborsieklinieke geplaas het om te getuig van MY liefde en dat daar 'n ander weg is. Hulle het dit in rebellie teen die GOD van alle Skeppings gedoen en EK gee nog 'n sidderende profesie deur hierdie een deur wie EK nou spreek. Die wêreld sal haar 'n dwaas noem totdat dit wat EK gespreek het, gebeur en dit sal julle wees wie MY Babas in julle aborsiefabrieke vermoor, julle wie hulle geaborteerde liggamsele verkoop en skoonheidsmiddels maak en hulle gebruik vir ander gemene doelwitte.

Julle moeders wie nie eers toelaat dat die babas se liggaampies begrawe word nie maar in die vullisblikke gegooi word. Julle wie oor die straat loop of wegkruip vir MY Kinders wie MY Woorde spreek en julle soebat om nie hierdie gemene daad te pleeg nie. Satan vrees die krag van gebed so erg dat hy sy eie mense as 'n offer gebruik om die klinieke op te blaas en die dokters te vermoor sodat wette uitgevaardig kan word wat sê dat MY Dienaars nie naby diegene toegelaat word wat gereed is om hierdie daad te pleeg van moord op babas wie hulle moeders vertrou het en wat MY vertrou om hulle te beskerm teen hierdie euwel nie.

Ag hoeveel keer het EK dit berou om julle 'n vrye keuse te gee, maar EK het geweet wat sou gebeur want die GOD wat julle dien is alwetend, is EK nie? EK profeteer nou deur hierdie Diensmaagd Sherrie Elijah - daar sal 'n massiewe sinkgat onder elke aborsiekliniek op die aarde oopgaan en wanneer dit gebeur sal julle weet dit is die GOD van die Skepping en nie die hand van 'n mens wat dit gedoen het nie.

Al die mense in die klinieke wat deelneem aan hierdie bose vrug van moord, sal sterf en die aarde sal oopgaan en 'n groot aardbewing sal dreun en die aborsieklinieke sal binne in die aarde val, diep binne in die aarde en dan sal die aarde bo-oor hulle toemaak. Al daardie klinieke sal verdwyn in die ingewande van die Hel op 'n manier wat EK nie gedoen het sedert die tye van ouds nie. Die wêreld sal kopskud want hulle sal erken dat dit nie 'n aardse bom was nie maar 'n bom uit die Hemel en die GOD van alle Skepping, die Groot GOD YAHUVEH sal hierdie dinge doen en nog meer want hierdie is 'n land vol van boosheid en julle pornografie en julle hoerery en alle vorme van boosheid.

EK sal tekens en wonders doen om MY toorn te bewys aan enigeen wat durf waag om hierdie gees van Sodom en Gomorra in MY gesig te swaai. Radiostasies en TV stasies wat 'n wins gemaak het uit pornografie en alle vorme van bespotting teenoor MY, pasop, want julle het 'n toring van Babel gebou en julle dink dat niemand dit kan afbreek nie, maar EK sal. Die GOD van alle Skepping sal wys hoe pateties julle torings en ontvangstoestelle is.

Julle sien hoe homoseksualisme wat eens in die minderheid was, nou voor MY Heilige Kinders en hulle kinders rondgeswaai word en selfs die heidene se kinders sê, "Dit is net 'n ander lewenswyse solank dit liefde is, vir wie maak ons seer?" EK sal julle vertel vir wie julle seergemaak het, julle hoop MY toorn oor julle op, die GOD wat die Tien Gebooie bepaal en aan Moses gegee het en sulke dinge verbied het en selfs beveel het dat 'n vrou wat by 'n ander vrou lê, of 'n man wat by 'n ander man lê, DOODGEMAAK moes moet word sodat hierdie euwel nie versprei kon word nie.

Diegene wie seksuele omgang met diere het moes DOODGEMAAK word. Ag, maar hierdie bose land swaai nou alles wat onheilig is in MY gesig. 'Doen wat jy wil solank dit goed voel', is hulle leuse. Pornografie, homoseksualisme, owerspel is 'n slagyster van satan want dit het 'n onversadigbare aptyt na meer losbandigheid en hoerery en probeer om die laaste daad te oortref. Satan soek daarna om 'n mens elke keer meer te besoedel deur hierdie geeste. Satan het NIEMAND lief nie, selfs nie eens hulle wat hom aanbid nie. Hy verlei hulle deur hierdie sondes en ja, beloon hulle selfs met sondige plesiere, maar aan die einde sal dit julle jul siele kos as dit onbely bly en as julle nie wegdraai van hierdie sondes nie, sal dit eindig in ewige verdoemenis. Julle is gewaarsku.

EK profeteer nou weer deur MY Diensmaagd. Dit sal julle goed doen as julle bid vir ore om MY stem te hoor en oë om te sien wat binnekort gaan kom. Julle sal 'n nuwe kwaal en siekte sien wat baie erger as VIGS sal wees want EK het dit voorheen verkondig maar nie hard genoeg nie. Nou, julle moet almal waarsku wat hierdie boodskap hoor want hulle wie 'n silwerlepel (lepel wat heuning om mense se mond smeer) het en MY Kinders met 'n lepel voer en sê dat daar niks verkeerd is met die dinge wat hierbo genoem word nie. Daar is 'n nuwe plaag aan die kom wat nie diegene sal aantas wie Heilig is en nie hierdie dinge doen nie, so julle hoef niks te vrees nie. Dit sal 'n seksueel oordraagbare plaag wees en hierdie sondige wêreld het die aas wat EK uitgegooi het, gevat.

Wetende dat die euwel van hulle seksuele aptyte nie versadig kan word nie, het EK, YAHUVEH, die GOD van alle Skepping toegelaat dat hierdie dwelm vervaardig word. 'n Man sal enige prys betaal vir hierdie nuwe seksdwelm en hulle sal die seksuele energie hê om meer seksuelemaats te verower. Hulle sal 'n wellus vir ander hê, ongeag of dit dieselfde geslag is of nie, ongeag of hulle getroud is of nie, ongeag of hierdie pil of inspuiting hulle 'n week se salaris sal kos of nie, want dit begin teen een prys maar soos wat hulle meer verslaaf raak en hulle nie langer seksueel kan funksioneer nie, omdat hierdie verslawing gevoed is, sal hulle hul volle salaris betaal vir hierdie pil.

Want satan sal en het so 'n wellus in hierdie manne opgewek, dit is soos die vuur van die Hel. Dit is onversadigbaar. Hulle sal nie instaat wees om genoeg van seksuele plesier te kry nie. Mans sal hulle vrouens verlaat, vrouens sal hulle manne verlaat en kinders sal na dit toe draai, veral die tieners. As julle gedink het die kinders is nou opstandig, wag tot die volle boosheid van dit wat as 'n wonderdwelm begroet was, bewys dat dit 'n vloek van satan was, wat EK toegelaat het om oor hierdie bose nasie en ja, die wêreld te kom. Groot skuld sal kom, want selfs die kredietkaarte sal die verslawing aan hierdie dwelm weerspieël.

Wanneer die dwelm om een of ander rede gestaak word sal daar 'n begeerte na seksuele plesier wees en daar sal geen manier wees om sonder dit te funksioneer nie, daarom sal groot misdade gepleeg word ter wille van hierdie dwelm sodat mense dit kan koop. Weereens, MY Kinders het niks te vrees nie, want EK beveel julle nou, moenie deel hê in al hierdie dinge nie. EK het bepaal dat gemeenskap (seks) Heilig moet wees wanneer dit met iemand is wat in 'n gelyke verbintenis met julle in 'n huwelik is, dit is waar julle seën is. Maar vlug weg van die versoeking want daar sal handelsflitse wees wat vir julle vertel hoe veilig hierdie dwelm is. EK het alreeds geprofeteer hoe hierdie dwelm sal wees, hoe huise vernietig sal word, huwelike geruïneer en ja, sommige van MY Eie Kinders sal MY verlaat vir die gees van hoerery deur hierdie dwelm. Maar dan, weet EK nie wie MY Skape regtig is nie? Ja EK doen, maar waarsku en praat vrylik, daar is nog tyd.

Hierdie Diensmaagd is die eerste een wie EK gekies het om vrylik met vrymoedigheid te spreek en sonder vrees of reperkussies. Sherrie Elijah het geen kennis van hierdie dwelm anders dan wat EK nou hier spreek nie. EK het toegelaat dat hierdie euwel kom sodat MY Kinders weer eens sal sien dat EK nie 'n GOD is wat maklik gespot kan word nie. EK sal aan hierdie sondige wêreld die keuse gee om te kies, maar dit kom teen 'n prys. Daar sal nog een vloek oor hierdie wonder seksdwelm, die nuwe god van hierdie sondige wêreld, kom. Want hulle sal sê dat daar 'n tekort van hierdie dwelm sal kom en dit sal uiteindelik moeilik bekombaar wees, dan sal julle moorde sien oor hierdie seksdwelm. Maar die laaste en grootste vloek van alles is, soos dit in die hande van die homoseksualiste en biseksualiste val sal hulle betrokke raak in dubbelslagtelike verhoudinge, en EK profeteer nou aan julle 'n nuwe plaag waarvan EK vroeër gepraat het wat baie erger simptome as VIGS sal hê, baie meer dodeliker en pynliker en NIEMAND wat hierdie dwelm gebruik, na MY waarskuwing, sal gespaar word nie.

SWART KOKENDE BLOEDPLAAG!

Want daar sal 'n vloek rus op die bloed en vurige koors, verhongering en onvermoë om te eet. Bloed sal uit die mond vloei en dit sal wees asof die bloed swart word en uitspuit vanuit oop dele van die liggaam. Mans en vrouens sal dit kry deur EEN seksuele omgang met iemand wat dit het. EK sê weer, as dit MY Profeet is wat vervolgens spreek en julle Gees het alreeds hierdie feit waargeneem, EEN, hoor julle MY, EEN, EK herhaal EEN seksuele omgang is al wat nodig is en hierdie plaag sal op dieselfde wyse oor hulle kom as wat hierdie wonderwerk seksmiddel oor die wêreld gekom het, onverwags en met 'n spoed en daar sal GEEN GENEESMIDDEL wees nie, EK herhaal, selfs nadat hulle berou het op hulle sterfbeddens.

EK het VIGS genees want selfs die onskuldiges het die besoedelde bloed gehad en EK het sommige van hulle genees, alhoewel hierdie siekte ontstaan het deur seks met diere, ape. Die mens het dit wat EK bedoel het om Heilig te wees, bespot, deur omgang met ape te hê. Is dit enige wonder hoekom man met man omgang het, 'n ander perverse daad, 'n afskuwelikheid in MY oë, oorgedra deur homoseksualisme? Maar dan trek hierdie siekte in die bloed in. So sal hierdie nuwe plaag maak, want die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH was verwerp en daar is Verlossing in daardie Bloed, so hoekom EK sal nie die bloed vervloek van hulle wat MY bespot omdat EK MY Seun YAHUSHUA gegee het om hulle Bloedoffer te wees wetende hoe min dankbaar sou wees nie.

EK het VIGS genees, maar van hierdie eindtydplaag, sal niemand genees word nie. Alhoewel hulle berou en die reddende Bloed van YAHUSHUA aanvaar, sal hulle gered word, maar nogtans sterf want hulle sal maai wat hulle gesaai het. Alhoewel die liggaam sterf, sal die siel Hemel toe gaan as hulle waarlik weggedraai het van hierdie sonde, en YAHUSHUA liefhet en dien, wetende dat HY die prys vir hulle sondes betaal het en hulle skoon gewas het met Sy Reddende Bloed.

Hulle wat dit doen sal sterf, maar hulle siele sal gered word en om te weet of hulle waarlik jammer is, sal julle sien dat hulle met hierdie Swart Kokende Bloed Plaag, van MY getuig en waarsku en wegdraai van seksuele sonde en onheilige leefstyl. Maar niemand, EK herhaal en dit is ook nuut, want EK herhaal MYSELF nie gewoonlik in profesieë soos dié nie, maar gee aandag wanneer EK doen, want hierdie is ook 'n nuwe manier waarop EK vandag profeteer. NIEMAND SAL GENEES WORD NIE! Dit is die eindtydplaag waarvan julle gehoor het. Dit is wanneer mans en vrouens sal wil doodgaan en selfs probeer om hulle self dood te maak. Genadedood sal algemeen voorkom en die begraafplase sal nie die liggame wil begrawe nie. In plaas daarvan sal verassing aanbeveel word. Die vloek van hierdie verdoemenis word in hul bloed gedra, want omdat hulle Heiligheid verwerp het en na onheiligheid gedraai het, en wette uitgevaardig het dat gelyksoortige seks wettig is, en dit wat in die minderheid was bevorder, is dit nou 'n gees van homoseksualisme wat onbeheers voort spoed.

Hierdie siekte sal geen agting hê vir die heiden nie, hetsy hulle ryk of arm is nie, selfs die Withuis sal deur hierdie plaag geraak word. Wanneer julle hierdie simptome sien, onthou dat dit op hierdie dag, 4 Mei 98 geprofeteer was en ellende wag vir enige van MY Kinders wat dink hulle kan hierdie seksmiddel gebruik en EK sal verstaan. NEE, julle sal maai wat julle gesaai het want dit is nie 'n seën wat na hierdie wêreld gestuur is nie, maar 'n vloek. Gaan verkondig nou wat Ek gesê het. Hulle wat spot sal dit eerste kry. Hulle wat teen MY Diensmaagd uitvaar omdat sy MY Boodskappe verkondig en waarsku, sal dit eerste kry. Hulle wat teen MY rebelleer en sê 'n liefdevolle GOD sal dit nie doen nie, sal dit eerste kry want EK het beveel dat seks Heilig moet wees. Bedienings en leraars wie eens op 'n tyd MY Woorde verkondig het is besig om te val en het geval en sal aanhou om te val. Seks is slegs vir hulle wie saamgebind is in Heilige Huwelike want die twee Geeste het een geword. EK sal dit wat EK saamgevoeg het, seën.

Die van julle wie in huwelike is wat nie Heilig is nie en vir wie EK nog nie 'n uitweg gegee het nie en julle word gedwing om vir een of ander rede in hierdie huwelike te bly, dit is wat EK bedoel het toe EK vir julle gesê dat EK julle sal beskerm teen hierdie plaag. Want satan sal wil hê dat julle julle vroulike of manlike pligte moet nakom en omdat EK julle nog nie fisies losgemaak het van die maat saam met wie julle is nie, sal hy probeer om hierdie plaag op julle te laat kom want EK het gesê dat daar geen genesing is nie en dat dit net een daad neem, en hoe sal julle weet of julle maat hierdie seksdwelm gebruik?

Maar EK praat nou met julle wie in huwelike saam met heidene is; moenie julle bekommer nie want EK sal julle beskerm. Dit is die enigste uitsondering op bogemelde vloeke, want het EK nie gesê dat EK dit wat MYNE is sal beskerm nie en julle het geen kontrole oor wat julle heiden man of vrou doen nie. Of, as julle verkrag word deur iemand onder hierdie vloek, sal EK julle beskerm; hierdie plaag sal nie naby julle kom nie. Lees MY Woord, staan op dit en weet ook hoe baie EK julle liefhet, hierdie vloek is nie vir MY Kinders bedoel nie.

Seks sal die heidene se god word en is dit alreeds, maar nie julle s'n nie. En weet dit; julle sal nie veel langer in hierdie huwelike wees nie. EK sal 'n weg voorsien om te ontsnap, baie sal weduwees word en 'n man sal sien dat sy vrou voor sy oê sterf. Egskeiding plaas net MY Kinders in groter gevangenskap, maar as hulle verkies om te skei, laat hulle gaan. EK sal vir julle voorsien op maniere waarvan julle nie weet nie. As EK dit so verkies, sal EK vir julle 'n Godvresende maat stuur, afhangende van wat MY Wil vir julle lewe is, beide verskil. Want die tyd is so kort. Om mee af te sluit, weet dit en onthou dat hierdie plaag nie bedoel is vir MY Kinders nie. Julle sal beskerm word solank as wat julle langs MY loop. Moenie MY verwerp vir die god van hierdie wêreld nie.

Moenie aan hierdie sogenaamde wonder seksdwelm raak nie. Dit sal 'n wonderwerk wees, maar die wonder sal in die vorm van 'n liefdevolle Verlosser kom wat almal sal beskerm wat MYNE is, terwyl hierdie plaag en verslawing die wêreld verwoes. 'n Plaag is 'n straf vir ongehoorsaamheid. Lev. 26:25; Numerie 14:12; Deur 28:21, Jeremia 14:12; Jeremia 27:13; Esegiël 5:12; 6:11; 7:15; Matt 24:7, Lukas 21:11. Lees hierdie : Die GOD van Verlossing, YAHUSHUA ha MASHIACH, julle MESSIAS, het op hierdie dag gespreek deur hierdie Diensmaagd, nie haar woorde nie, want haar woorde sonder MY Naam en salwing van die RUACH ha KODESH , kan nie eers 'n hond skrikmaak nie. Maar MY Woorde wat hierdie aarde se ontstaan gespreek het en dieselfde Almagtige GOD YAHUVEH wat met hulle praat wat MY stem hoor, het op hierdie dag gespreek. EK roep hierdie vloeke in woede uit. Daar is seëninge vir hulle wat gehoorsaam is en vloeke op hulle wat nie gehoorsaam is nie. Waarsku hulle, MY Profete. Praat hard sodat hulle nie kan sê EK het hulle nie gewaarsku nie.

Lukas 21; 25-36, Lukas 21:26. Weet dat MY Woord nie leeg na MY sal terugkeer nie. Lees hierdie skrifgedeeltes en mediteer op almal. Die laaste een waaraan EK julle deur EK MY Dienaar herinner, is dat die mense se harte sal beswyk weens vrees en verwagting oor die dinge wat oor die wêreld gaan kom, want die kragte van die Hemele sal geskud word; Lukas 21:27 En dan sal hulle die Seun van die Mens sien kom in 'n wolk, met groot Heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.

(Jer 14:10-18) So sê die Here aan hierdie volk: Hulle het daarvan gehou om te swerwe. Hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het YAHUVEH geen behae in hulle nie. Nou sal HY aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek. Moenie meer vir MY vra om hierdie volk te seën nie, EK sal hulle nie aanvaar nie. As hulle vas, sal EK nie aandag gee nie. As hulle brandoffer en spysoffer bring, sal EK dit nie aanvaar nie. In ruil daarvoor sal EK aan hulle oorlog, hongersnood en siektes gee. Toe sê ek: Ag, Almagtige GOD YAHUVEH, kyk, die Profete sê vir hulle: julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar EK sal julle duursame vrede gee in hierdie plek. Toe het YAHUVEH vir my gesê: "Die Profete profeteer leuens in MY NAAM; EK het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie." Daarom, sê YAHUVEH, aangaande die Profete wat hierdie dinge in MY NAAM profeteer, wie sê dat daar geen oorlog of honger sal kom nie, deur oorlog en hongersnood sal hulle self sterf en die mense vir wie hulle geprofeteer het sal uitgewerp word op die strate van Jerusalem, slagoffers van hongersnood en oorlog. Daar sal niemand wees om hulle te begrawe nie, mans, vrouens seuns, dogters almal sal weg wees want EK sal vreeslike straf oor hulle sondes uitgiet."

Daarom, vertel dit vir hulle, nag en dag. My oê word oorstroom deur trane. EK kan nie ophou huil nie, want MY Volk loop deur onder 'n swaard en lê geestelik gewond op die grond. As EK uitgaan in die lande, lê hulle liggame daar wat deur die swaard gedood is. En as EK uitgaan in die strate, lê hulle liggame dood weens uithongering en siektes. En nogtans maak beide die Profete en priesters dit hulle besigheid om deur die hele land te reis en elkeen te verseker dat alles reg is, en hulle praat van dinge waarvan hulle niks weet nie.

So spreek YAHUVEH, hierdie is MY Woorde wat nie leeg na MY toe kan terugkeer nie. Hulle sal die feit volbring dat EK nie net 'n GOD van genade en liefde is nie, maar ook 'n GOD van almagtige toorn en wraak. Wraak behoort aan MY, sê YAHUVEH, want EK is Almagtig in Heiligheid en EK het 'n uitweg deur MY Seun YAHUSHUA voorsien, maar HY was verag en gespot en SY NAAM is verdoem en vervloek of HY word ontken. Slegs SY Bloed kan sondes wegwas.

Hoe min het hierdie Bloed aanvaar en hoeveel het dit vertrap en op die grond neergegooi, selfs hulle wie dit wel aanvaar het, en hulle bespot dit en sê nou kan ek enigiets doen wat ek wil, ek kan deur 'n gebed op te sê, met een voet in die Hemel lewe, en met die ander voet in die Hel lewe deur deel te neem aan die sondes van hierdie wêreld. EK sê nou vir julle leraars wie dink julle kan onheilig agter geslote deure en bankrekeninge lewe. EK kan van hulle wie EK oprig ook ontslae raak van en EK sal ander oprig en aan hulle die seëninge gee wat in julle naam gereserveer was. Want julle het 'n skyn van godsaligheid en geen godsaligheid binne-in nie. Die tyd kom tot 'n einde. Want julle lewens sal nie gespaar word nie en mense sal julle geheime ontdek wat julle verberg het, die geraamtes in julle kaste wat julle daagliks laat herlewe.

Julle wie julself leraars noem, maar julle is nie leraars van MY nie. Want EK gee nie om aan watter leerstellinge julle vashou of by watter Bybelskool julle gegradueer het of wie julle respekteer nie. As julle nie opstaan vir Heiligheid nie, is julle nie besig om van MY te verkondig nie en is julle nie deur YAHUSHUA ha MASHIACH georden nie. Julle is georden deur satan en hang die leerstellinge van satan aan en julle praat nie oor dinge wat kan aanstoot gee nie, daarom praat julle nie teen sondige lewenswyses, of homoseksualisme, of pornografie, of aborsie, of die reinheid van die huwelik en die waarskuwings teen owerspel nie. Julle praat nie van Heilig lewe nie. Dit is net 'n 'voel goed godsdiens' en julle het MY gladnie beìndruk nie. Die hel sal julle enigste beloning wees en die applous wat julle hier op aarde ontvang. Julle sal in die Hel se ewige marteling ly, want julle leuens het nie net julself mislei nie, maar ook vir ander Hel toe gelei saam met julle.

(Jer 15:1-3 Toe het YAHUVEH vir my gesê: selfs al staan Moses en Samuel voor MY aangesig en pleit vir hierdie volk, sal EK hulle nie help nie. Weg met hulle! Neem hulle weg voor MY aangesig. Maar, as hulle jou vra: waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek YAHUVEH: Wie vir die dood bestem is, na die dood; hulle wie deur die swaard moet sterf, na die swaard; hulle wie verdoem is tot verhongering, na hongersnood; en hulle wie vir gevangeneskap bestem is, na gevangenskap).

Want hulle wie bestem is vir siekte sal weens hulle siektes sterf en wanneer hierdie dinge gebeur, sal almal weet dat 'n Ware Profeet van MY gespreek het, as hierdie dinge nie gebeur nie, dan sal julle weet dat sy valslik geprofeteer het. Maar EK vertel vir julle dat die dinge waarvan sy praat sal gebeur en julle sal bly lewe om hierdie gruwel te sien gebeur. Maar hulle wie MYNE is, wie MY nie ontken nie, wie opstaan vir Heiligheid, ongeag hoe onpopulêr dit mag wees, of watter prys julle sal moet betaal, EK sê vir julle, "Glo 'n Profeet en julle sal voorspoedig wees," en nou sê EK weer vir julle, "Glo hierdie Diensmaagd van MY en glo dat dit MY RUACH ha KODESH is wat aan haar hierdie woorde gee om te hoor wat EK spreek en omdat julle dit geglo het, sal julle gespaar bly van die komende gruwel".

EK het hulle lief wie by MY NAAM geroep is, wie MY gebooie nakom, Heilig lewe soos EK Heilig is, gewas in MY Geliefde Seun se reddende Bloed, wie help om die profesie? wyd en syd te versprei, en hulle wie hierdie dinge uitspreek, ondersteun met julle finansies en ook julle gebede. Want hulle kan nie werk soos die wêreld werk nie, want hulle moet tyd met MY spandeer om MY stem te hoor, hulle werk is om te doen wat hierdie Diensmaagd en so baie ander doen. Die wêreld sal nie dink dat hulle geskik is vir 'n wêreldse pos nie, of dat hulle die tyd sal hê vir so 'n pos nie, daarom rig EK andere op wie instaat sal wees om te werk en hulle tiendes en offers gee om te verseker dat MY Profete gevoed en beskut is en die nodige finansies sal hê om te reis en hierdie boodskappe persoonlik onder MY salwing sal bring, want die tyd is so kort. Julle sien, EK het vir julle deur hierdie Diensmaagd gesê, julle is een minuut weg van middernag af, maar julle verstaan nie, soos wat die sekondes aftel, van 59 af, 58, so sal die vure van vervolging hewiger word. Julle het mekaar nodig. EK sê weer, geen alleenlopers meer nie. Maar so baie van julle dink julle het nie 'n ander mens nodig om julle agterhoede te dek wanneer julle satan se gebiede betree wat hy vir homself afgebaken het nie. Vergader saam, veral in hierdie eindtye.

Want EK sê vir julle, julle weet nie teen watter middernag EK kom nie, sal dit werklik 12:00 vm of wees of sal dit 1:00 vm wees en daar is baie ure voor dagbreek, so, watter uur sal EK kom? Wees waaksaam en hou aan bid en laat EK sien julle doen die dinge van julle Hemelse Vader, leef Heilig soos julle GOD Heilig is, anders kom EK en betrap julle op heterdaad dat julle aan die slaap is. Tensy EK kom en omdat julle jul eie planne en agendas het, julle nie wil hê dat EK gou moet kom nie. Moenie bekommerd wees nie; EK sal nie terugkom vir julle nie.

EK gee hierdie waarskuwing want EK sê weer dat die middernaguur aankom. Laat EK nie soos 'n dief in die nag kom en julle onverwags betrap nie. Die bose sal net boser word, die Godvresendes sal meer Godvresend word. EK sonder nou diegene af wat bestem is vir die Hemel en hulle wie bestem is vir die hel. Daar sal van nouaf 'n skeidingswaard wees en julle sal sien hoe EK verhoudings gaan skei wat EK voorheen toegelaat het, maar nie meer nie. So, moenie dit vreemd vind wanneer hierdie dinge gebeur nie.

Omdat EK julle liefhet, het EK julle gewaarsku, het EK julle bemoedig en ja op hierdie dag sal die salwing op almal wees wat dit glo en aanvaar terwyl julle Hemelse Vader deur hierdie Diensmaagd spreek, en almal sal die salwing van MY RUACH ha KODESH voel wat binne-in julle opgewek word en julle sal sterker en luider en met groter vrymoedigheid profeteer as voorheen. Want hulle wie dit lees en sê, "Waarlik, hierdie vrou is 'n dwaas, niks van dit sal gebeur nie." Julle sal eerste die gloed en bevestiging van MY toorn en wraak ervaar.

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH aan hierdie kleipot, Sherrie Elija vir geen ander doel anders dan om te bewys dat EK MY Profete uitstuur met woorde van berou en om weg te draai van boosheid voordat Almagtige YAHUVEH se toorn julle verteer.

* * * * * * *


So is dit gespreek, so is dit op hierdie dag van 4 Mei 98 geskryf en om 5:49 NM voltooi. So is dit gespreek, so is dit geskryf in YAHUSHUA ha MASHIACH se NAAM.

Apostel Sherrie Elijah


Kommentaar op Profesie 20



Van : IVAN0VA535067

Ja asseblief pos die e-pos.... Ek het meer navorsing gedoen.... oor die wonder seksdwelm.... moet Viagra wees .... YAHUVEH het gesê... In Profesie 20 .... "Julle sal uiteindelik moorde oor hierdie seksdwelm sien!"

Hier is 'n artikel oor een moord....

Vrou gevonnis weens moord op man oor Viagra

Deur JOE LAMBE - The Kansas City Star

Datum: 21l10/99 22:15

Area prokureurs het gesê hierdie is 'n Jackson Graafskap moordsaak

Mary T Frost, 33, het gesê sy het haar 77 jaar oue Kansas City huisvriend, doodgesteek, nadat die man, wie Viagra gebruik het, haar gevra het vir seks, haar gesoebat het vir seks en haar toe probeer verkag het.

Jurielede het Donderdag vir ses ure lank beraadslaag voordat Frost skuldigbevind is op moord in die tweede graad. Sy kan 'n vonnis van 10 jaar tot lewenslank opgelê word.

Een van die jurielede het later gesê dat hulle Frost skuldigbevind het, omdat hulle gedink het sy kon haarself verdedig het sonder om Oscar Fingers op 18 Junie 1998 in die hart te steek.

Sy was ook skuldig omdat sy vir meer as 'n uur gewag het voordat sy die polisie geskakel het en mediese hulp vir Fingers verkry het, het hy gesê. "Ons het gevoel sy het hom net gelos om dood te gaan," het die jurielid gesê.

Die saak was van die begin af ongewoon aan enige ander wat prokureurs al gesien het. Die saak het om Fingers se gebruik van Viagra en 'n video-opname van Frost se polisieverklaring verlede jaar, gegaan. Sy het nie getuig nie en die opname het haar verhaal by die verhoor vertel: Sy het maande tevore by Fingers ingetrek en het haar eie slaapkamer gehad. Die twee was slegs vriende, maar hy het Viagra begin gebruik en by ander vrouens geslaap.

Terwyl sy daardie aand televisie gekyk het, het hy haar vir seks gevra. Hy het toe op sy knieë gegaan en haar gesmeek vir seks. Hy toe na haar toe gegaan en meer geweldadig begin raak.

"Oscar was waarlik 'n aangename persoon, maar daardie aand het hy soos 'n maniak opgetree." Sy het hom met 'n keramiek hoender gegooi, kombuis toe gehardloop en 'n vleismes gevat. Sy het omgedraai en die mes rondgeswaai om hom weg te keer.

"Hy het begin gryp na my en ek het opgespring. Ek het hom gesteek," het Frost gesê. Hy het die mes gegryp en sy het hom op die vloer in 'n hoek gestoot. Hy het in die badkamer ingegaan. Sy het gegil dat dat sy polisie skakel. Sy het gesê dat sy vir hom gesê het, "As ek tronk toe gaan, sal jy ook tronk toe gaan, want jy het geen reg om my te probeer verkrag nie," Hy het vir haar gesê om nie die polisie te skakel nie. Sy het vir hom gesê sy is jammer omdat sy hom gesteek het en het haar moeder geskakel. Haar moeder het vir haar gesê om 'n handdoek oor die die wond te sit. (Maar die lem het Finger se hart deurboor en hy het inwendig gebloei). Fingers het die mes skoongemaak en dit aan haar oorhandig, en sy het dit teruggesit in die kombuislaai. Frost het weer haar moeder geskakel en haar moeder en broer het oorgery. Haar moeder het vir haar gesê om die polisie te skakel en Frost het dit gedoen --- meer as 'n uur na die stekery.

In sluitingsargumente Donderdag, het assistent aanklaer Kate Mahoney gesê dat die twee oor iets anders kon gestry het. Sy het die jurielede daaraan herinner dat Fingers Frost maande tevore ingeneem het as 'n guns aan haar moeder en wou gehad het dat Frost moes gaan. Frost het geweier. Fingers was ook bang vir Frost, het Mahoney gesê. Hy het die kombuis vleismesse in die kattebak van sy kar toegesluit, maar het die vleismesse gelos. Sy gebruik van Viagra het ook die aanklaer se saak gehelp, het Mahoney gesê. "Die feit dat hy Viagra geneem en ander vrouens gehad het, wys dat hy nie 'n potensiële verkragter was nie - hy het nie eens van haar gehou nie," het Mahoney gesê.

Die prokureur vir verdediging, Jarret Johnson het gesê sy kliënt het in selfverdediging opgetree in 'n afgryslike situasie deur 'n man wat deur wellus verteer was. "Hy het kwater en kwater geword en hy het sy intensies baie duidelik gemaak," het Johnson gesê. Fingers het nie geweet hoe ernstig hy gewond was nie en het haar beveel om nie die polisie te skakel nie want hy wou dinge uitwerk, het Johnson gesê.

Mahoney het dit weerlê: "Hy was gelos om dood te bloei op die badkamervloer." En al het Frost die waarheid gepraat, het sy nie nodig gehad om die 77 jarige ou man te steek om skade te ontvlug nie, het Mahoney gesê. Na die uitspraak het Mahoney gesê dat ander vrouens wat sal probeer om 'n Viagraverweer vir moord te gebruik, weer sal dink. "Dit het nie hier gewerk nie", het Mahoney gesê.