PROFESIE 23

LAAT MY MENSE GAAN, WANT JULLE KEN MY NIE EERS NIE!

Geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH, deur Apostel Sherrie Elijah.
26 Augustus 1998

* * * * * * *

Kosbare YAHUSHUA, spreek vandag 'n woord aan U mense. U het 'n profesie in my Gees geplaas dat U met die wolwe in skaapsklere gaan praat en ek vra in die naam van YAHUSHUA, laat dit uitkom. Laat dit die wolwe wegjaag van U vreesbevange skape af. Ek vra in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, laat hulle nie my stem hoor nie, maar laat hulle U stem hoor. Ek vra in die NAAM van YAHUSHUA, praat vervolgens met U mense en laat geen woord voortspruit uit die lippe van die vlees nie. Maar laat dit waarlik van die RUACH ha KODESH wees. In YAHUSHUA se NAAM.... Amen

"LAAT MY MENSE GAAN!"

'n Nuwe Profesie kom vandag na vore. 'n Waarskuwing aan die wolwe in skaapsklere wat in die amp van die Apostel, Profeet, Evangelis, Pastoor en Onderwyser staan en daarop uit is om MY Skape te verslind, dood te maak of hulle te vermink, beheer, mislei, of hulle weg te jaag. "LAAT MY MENSE GAAN!" Soos in die dae van Moses, toe Ek met die Bose Farao gepraat het en EK gesê het "LAAT MY MENSE GAAN!" So sê EK vandag vir julle, aan die wolwe wie voorgee om MYNE te wees, maar nie eers weet wie EK is nie. Hulle wie voorgee om MY lief te hê en MY te dien en MY Woorde aanhaal, en nogtans nie eers weet wie EK is nie. EK sê vandag vir julle "LAAT MY MENSE GAAN!"

Daar is baie wolwe in skaapsklere, hulle doen wonderwerke en tekens en wonders. Hulle sê hulle doen hierdie wonderwerke in MY NAAM. Hulle is op julle televisies en radiostasies en EK vertel vir julle dit, dit is nie deur die krag van MY RUACH ha KODESH wat hulle hierdie dinge doen nie. Dit is deur die krag van Hel self. Moenie mislei word nie. Moenie op 'n dwaalspoor gelei word nie. Want die antichris gaan dit doen en baie meer. Pasop MY onskuldige kinders. Daar is sommige wat nou hier lees wat nie sal luister nie, maar julle sal later hierdie woorde onthou wat EK gespreek het. Nie almal wat tekens, wonders en wonderwerke doen is van MY nie. Daar is altyd 'n vervalser, onthou dit. Satan vervals slegs die ware salwing en gawes van MY RUACH ha KODESH.

Maar EK beveel hierdie wolwe vandag wie MY Skape mislei en hulle op 'n dwaalspoor lei met valse leerstelinge, gedagtebeheer, gedagtemisleiding, gedagtemanipulasie, leuen- en misleidende geeste : "LAAT MY MENSE GAAN!" EK is 'n GOD wat nie langer bespot sal word nie. Julle het hulle tiendes en offergawes gesteel. Dit wat bedoel was om Heilig te wees en EK sê nou vir julle, julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle gedoen het. Want julle het dit in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH gedoen. Julle het voorgegee om MYNE te wees maar julle harte is ver van MY af. So, EK sê vandag vir julle, "Wolwe in skaapsklere, oordeel begin in die huis van YAHUVEH, selfs vir die kerk van die aanspraakmakers (pretenders).

Vir die laaste maal "LAAT MY MENSE GAAN!" Julle het MY Skape en MY Lammers mishandel, bose herders, wolwe in skaapsklere en wolwe met 'n skaap se masker. Julle het hulle genadeloos geslaan. Julle het hulle laat dink julle is 'n god wat aanbid en vereer moet word en dat net julle van MY hoor. Julle het vir hulle gelieg en gesê dat selfs hulle 'n god is, hulle is klein messiasse. Julle verdraai MY Skrifte en lei hulle op 'n dwaalspoor. Die gees van die pastoor is die gees van die kerk. Julle bose herders, julle vat MY Heilige tiendes en offergawes en julle laat die mense dink dit gaan vir herdekorering of 'n nuwe gebou en julle vul julle sakke met hulle goud en julle dink hulle het geen reg om te weet waarvoor dit regtig gaan nie. Julle het MY kudde geskeer (fleeced). Julle bose herders onderrig nie reg van verkeerd nie.

NEE, O NEE, julle mag dalk julle tiendes of gemeentes verloor as julle die waarheid spreek dat onbelyde sonde, onvergifnis en nie wegdraai van sonde nie, na die Hel lei. Julle vertel nie vir hulle owerspel lei na die Hel as hulle nie wegdraai daarvan nie. Julle leer hulle nie dat aborsie MOORD is en na die Hel toe lei as dit nie bely word nie. Julle leer hulle nie dat homoseksualiteit en egbreuk sonde is en na die Hel toe lei as dit nie bely word nie. Julle leer hulle nie 'WEES HEILIG want EK IS HEILIG' nie, nee, julle stel julle self bloot vir MY gramskap. Julle is te bang is om teen die regering praat, omdat julle bang is julle verloor julle belastingvrystellingstatus. Julle praat nie teen ander leraars wat die kudde mislei of dat hulle moet oppas nie, want dit mag ander teen julle laat draai. Wanneer julle wel vir ander vertel om Heilig te lewe, lewe julle self soos die duiwel. Julle, wie dink dat EK blind is en dat EK nie kan hoor of sien wat julle sê en hoe julle MY en alles wat Heilig is, bespot nie PASOP! Want as julle nie BELY nie sal EK kom wanneer julle dit die minste verwag en julle sal slegs geskik wees vir MY TOORN!

"LAAT MY MENSE GAAN!" EK sê dit nog een maal vir julle. "LAAT MY MENSE GAAN!" Voordat die STAF van die Hemel neerkom en julle werkers van onheil en sonde vernietig. Die Groot GOD, 'EK IS' sal nie langer gespot word nie. Kerk van die aanspraakmakers (Pretenders) WEES GEWAARSKU! Pastore van die kerk van die aanspraakmakers PASOP! Apostels, Profete, Onderwysers en Evangeliste van die kerk van die aanspraakmakers, PASOP DIE STAF VAN MY TOORN IS AAN DIE KOM! Draai weg van euwel. EK is nie 'n godsdiens nie; EK is 'n verhouding met julle Skepper en Verlosser. Julle preek dit, leef dit nou. EK is nie 'n GOD wat bespot kan word nie. EK SAL NIE LANGER BESPOT WORD NIE! Julle sit in hierdie kerke en julle vul die kerkbanke en nogtans ken julle MY glad nie. Julle staan agter die preekstoele en hoor MY Woorde en preek MY Woord en sluit julle ore. Want julle ken MY glad nie. Hoe kan julle ander na MY toe lei en verwag dat hulle gered moet word, as julle MY nie eens ken nie? EK sê weer vir julle, "LAAT MY MENSE GAAN!"

Julle is wrede en gulsige pastore. Julle sê moenie teen mekaar praat nie. Julle bedek mekaar se sondes, nogtans slaan JULLE MY Mense genadeloos met julle woorde, aksies, liefdeloosheid en onbetrokkenheid. Julle het 'n dubbele maatstaf en wanneer julle sien 'n pastoor pleeg sonde, of ander in die bediening, moet hulle hul ore en oë sluit en dit nie waag om 'n woord te sê nie, want om dit doen, word vir hulle gesê: dit is sonde om die pastoor se sondes bekend te maak. Oordeel het by die Huis van die Here begin en by die geestelike leiers, selfs hulle wie voorgee om geestelike leiers te wees en vir hulle wie MY Mense mislei, julle sal op hierdie dag verantwoordelik gehou word.

Oordeel het by die Huis van YAHUVEH begin oor die dinge wat julle bose herders gedoen het. O, EK sal die heidene oordeel en EK het begin om die heidene te oordeel soos wat die plae uitgegiet is. Maar JULLE, JULLE, JULLE, wie daar so vroom sit, julle wie voorgee dat julle MY Woord ken. Julle wie MY Woord aanhaal, julle wie sê : "In YAHUSHUA ha MASHIACH se NAAM" en nogtans MY nie eens ken nie. "LAAT MY MENSE GAAN!" EK waarsku julle vooruit op hierdie dag want groot plae gaan op julle neerkom soos wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, soos toe EK die Israeliete en die Egiptenare geskei het, maar hierdie keer, hierdie keer sal dit nie net die heidene wees wat gestraf word nie.

Hierdie keer as die nuwe plaag uitbreek, sal dit neerkom op hulle wie voorgegee het om MYNE te wees en nogtans MY nie ken nie. Hulle het die tiendes en offergawes gesteel. Hulle gee voor om MYNE te wees, maar hulle ken MY nie eers nie. Hulle gee ook nie eers om nie. Hulle het MY Skape geslaan en hulle weggedryf en toe hulle hul nie kon beheer nie, het hulle hul monde toegestop en hulle het hulle tot onderdanigheid geslaan en hulle weggedryf. O, kom na MY toe, julle Here, julle GOD, julle Verlosser, My Skape en Lammers, want EK is die enigste Goeie Skaapwagter. EK sal julle wonde verbind, en EK sal julle rus gee.

O, O, O kan julle MY hoor Treur. EK het dit nie aan julle gedoen nie, MY Geliefdes. EK het dit nie aan julle gedoen nie MY Skape, MY Lammers, MY Kinders, MY Bruid. O, die wolwe gaan boet, want die STAF sal op hierdie dag op 'n magtige manier op die wolwe neerkom. EK sal vervolgens wys en EK sal die wolwe ontbloot en EK sal hierdie kruik wat nou hier spreek, gebruik en sy sal in MY krag die maskers van julle gesigte afruk en die skape sal julle sien vir wie julle is. Eers sê julle julle is 'n skaap en sit 'n masker op, maar onder het julle 'n ander masker en dit is die masker van die wolf. Maar EK sê vir julle onder daardie masker is die ware gesig, want dit is die gesig van 'n demoon wat hierdie leuens verkondig en dit kom uit die put van die Hel.

O, O, O EK sê weereens aan julle, voordat julle totaal beset word deur die demoon, wolwe in skaapsklere, kry nou bevryding. Erken wat julle gedoen het voor die ganse Hemel en aarde, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP want EK is die Here GOD ALMAGTIGE YAHUSHUA ha MASHIACH vir wie julle GESPOT HET! Julle sê julle is nie 'n bediening nie en gee nogtans voor om 'n leraar te wees of julle gee voor om 'n bediening te wees en julle skeer (fleece) nogtans MY kudde. EK sal die een wees wat julle met MY STAF jaag en EK bring 'n leërmag van Elias en Jeremias en Johannes die Dopers op die been en hulle sal agter julle aankom in MY NAAM en in MY KRAG vir MY EER ALLEEN!

Julle sê EK praat nie van oordeel nie. Julle sê EK praat nie van toorn nie. Julle onderdruk MY Heilige Profete en julle sê 'DIE RUACH ha KODESH (Heilige Gees) Ag, jou arme ding, jy ly gebrek!' Maar EK sê vandag vir julle bose mense, EK praat van oordeel en EK praat van toorn en JULLE, JULLE, JULLE wie in MY NAAM gespreek het. JULLE, JULLE JULLE wie MY Skape en MY Lammers mishandel het, julle wie MY Bruid, MY Klein Babas in YAHUSHUA mishandel het. JULLE, JULLE JULLE, JULLE sal op hierdie dag, MY toorn op 'n magtige wyse ervaar wanneer die oordeel oor julle kom,

O ja, julle sal 'n droewige les leer. O ja, julle bose skaapwagters julle sal dit deeglik leer as julle nie op hierdie dag bely nie. Dit is wat EK wél sê. Hierdie is nie 'n speletjie wat julle besluit het om te speel nie. Julle het MY kudde geskeer (fleeced) en hulle op 'n dwaalspoor gelei, maar EK sal julle laat boet. O, julle gaan boet. HARDLOOP WOLWE HARDLOOP! Hardloop weg van dit wat julle van plan was om te doen. Hardloop weg van dit wat julle gedoen het, hardloop weg, BELY! Gaan op julle knieë, en roep uit om genade vir dit wat julle gedoen het. Roep om genade wat nog kan kom. Julle maak MY Ware Profete en Apostels stil. Julle sê "As julle nie goed kan praat en my laat goed voel nie, as dit nie opbouend is nie, en bemoedig nie, en opbou nie", sê julle "NEE, julle wil geen profesieë van hulle hoor nie." Julle noem hulle valse profete en sê "Gaan Weg!"

Waarlik, die RUACH ha KODESH praat nie vandag deur julle nie. Alhoewel EK hulle keer op keer stuur en WAARSKU en WAARSKU en WAARSKU en julle sluit julle ore en julle gee voor dat EK nie eers praat nie, maar in julle hart vrees julle dat ander mense sal hoor. Hoeveel het julle laat afdwaal? Vir hoeveel het julle gelieg? Vir hoeveel het julle oortuig dat hulle 'n god is en hulle het voor MY gestaan en EK moes sê "GAAN WEG!" Dit is deur julle, julle bose leiers dat EK moes sê "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid, EK het julle nooit geken nie, gaan Hel toe om daar te bly". Julle vat MY Woorde en julle verdraai dit, sodat dit s? wat EK nie bedoel het nie.

Julle bose leiers, julle voer hulle gif wanneer MY Woord soos 'n Heuningkoek smaak, Soet, o, so soet. Dit is bedoel om aangenaam te wees en nogtans soos kragtige vleis. Die melk is bedoel om doodgewoon wees, selfs vir die kleinste kindjie maar julle verander dit in gif deur die leuens wat julle verkondig het. Julle leer hulle dat EK nie weer sal kom nie. Julle sê vir hulle dat dit al sedert die tyd van Noag gesê word. In plaas daarvan leer julle hulle om te spot en julle leer hulle om te lag vir alles wat MY RUACH ha KODESH doen en alles wat gesê is. Julle leer hulle dat aborsie reg is en dat homoseksualisme liefde is en dat EK nie hierdie sonde sal oordeel nie, maar kan julle nie sien dat EK alleen rein en Heilig is nie en dat die afskuwelikheid van benede kom en nie van bo nie. Dit is waar, EK het die sondaar lief. Dit is waar, EK haat die sonde. Dit is 'n GRUWEL in MY OË en elkeen wat luister sal MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) van binne hoor.

O! HOOR MY! O! HOOR MY! O! HOOR MY, julle predikers en leiers wie MY kudde laat afdwaal. O! HOOR MY! O! HOOR MY! O! HOOR MY, wolwe gee op hierdie dag pad van MY kudde af anders sal EK julle neerwerp in julle bloeityd. EK sal julle kansels platslaan. Daar gaan sterfgevalle wees. Tussen hulle wie dit gewaag het om MY op hierdie dag uit te daag. EK sal julle geheime sondes ontbloot in 'n groter mate as wat julle gedink het julle het tot dusver gesien; wag maar net want EK het maar net begin. Julle wie ongelyk verbind is EK sê vandag vir julle, LUISTER AANDAGTIG, neig julle ore tot elke woord wat EK sê. O, daar is soveel huwelike wat tot stand gekom het, maar dit was nie MY besluit dat die mense in huwelik moes tree nie. Daar is so baie huwelike en EK sê vir julle in MY oë kan EK nie die vlek van die sonde wat MY Bruid bedek verduur nie, want hulle is die persone wat dit gedoen het. EK sê vir julle dit, luister aandagtig wat EK nou gaan sê.

EK praat met die heidene met wie hulle getroud is, wie hulle bedek met elke soort van verleiding, boosheid, skuld en sonde. LAAT MY BRUID GAAN! Julle het haar besoedel met SEKSUELE SONDE! Julle hoereer rond en dan kom julle na haar toe. EK sê vir julle dit: julle mans wat afgedwaal het. EK sê vir julle dit, julle wie mans het wat hoereer. Satan soek om MY Bruid te besoedel, dit wat bedoel is om Vlekloos en Wit te wees en EK vertel vir julle nou. EK SAL DIT NIE LANGER VERDUUR NIE! EK sê nou vir julle; EK SAL DIT NIE LANGER VERDUUR NIE! EK neem MY Swaard en EK verdeel huwelike. Dié wat Godvresend is sal bly staan; dié wat nie is nie, sal val. EK is nie vir Egskeiding nie, dit is net groter slawerny.

EK kom om MY kinders vry te maak en dit is presies wat dit gaan wees. O, julle wie voorgee om MYNE te wees en getroud is met Godvresende vrouens en nogtans op die internet ingaan op soek na sonde en pornografie. Julle besoedel julle oë en julle pleeg egbreuk met julle gees en siel en julle dink niemand gaan weet nie. Wel, Ek het nuus vir julle en glo MY, EK sê vir julle en dit is waar want EK is 'n GOD wat nie kan lieg oor hierdie sonde nie, as julle nie bely nie GAAN JULLE STERF want julle het MY Bruid besoedel. Die huwelik is bedoel om Heilig te wees. Verstaan julle nie? Die huwelik is bedoel om Heilig te wees. Dit is tussen 'n vrou en 'n man. Die huweliksbed is bedoel om Heilig te wees want dit verteenwoordig Eenheid in MY.

Want wanneer julle werklik met Verstand, Ligaam, Gees en Siel saam is, dan is julle een met MY en die Heilige Drie-eenheid. Maar hoe kan julle een wees met iemand wie rond hoereer? Hoe kan julle een wees met iemand wie se gedagte aan elke vorm van sonde dink? Hoe kan julle een wees met iemand wat MY werklike NAAM haat? O, EK vertel vir julle dit, EK sal dit baie eenvoudig stel. EK sal dit nie langer duld dat MY Bruid besoedel word deur seksuele sonde nie. EK sal dit nie langer duld nie en julle beter hierdie woorde ernstig opneem, want julle sien, EK is nie 'n GOD wat bespot kan word nie en julle ken MY ware stem en EK sê vir julle dit, of julle die man of die vrou is, julle bedrieg hulle nie, julle bedrieg YAHUSHUA ha MASHIACH. Veral julle sogenaamde Christen mans wie voorgee om MYNE te wees en nogtans kan julle nie MY Gees hoor nie en julle geestelike oë is blind. Julle het nie net daardie man bedrieg nie en julle het nie net daardie vrou bedrieg nie. EK sê WEEREENS VIR JULLE, JULLE HET YAHUSHUA ha MASHIACH BEDRIEG! EK gaan julle uitlig en openlik BESKAAM. Dit was die begin toe hierdie President van hierdie nasie voor die mense gekom en gesê het "Alhoewel ek verkeerd gedoen het, is dit nie julle besigheid nie" en die mense het saamgestem.

Wel, EK sê vandag vir julle. Dit is die Here GOD ALMAGTIG se besigheid en EK waarsku julle vandag. Kerk van die aanspraakmakers (pretenders) luister aandagtig na wat EK sê. Selfs al gee julle voor om MYNE te wees, selfs al gee julle voor, soos hierdie leier van hierdie nasie voorgee om MYNE te wees, sal EK julle uitlig en openlik beskaam soos wat EK met hierdie leier gedoen het en EK sal dit weer doen. Julle wie voorgee om MYNE te wees, julle sluip agter julle huweliksmaat se rug en julle gaan knoop owerspelige verhoudings aan en pleeg seksuele sondes en wellus, en julle het geen tekort nie. Maar EK sê vir julle terwyl julle volgende keer besig is met owerspel, onthou dit, die volgende asemteug wat julle inasem, die volgende hartklop is MYNE, julle weet nie watter dag of tyd nie. EK gaan toelaat dat julle huweliksmaat presies weet wat julle is. Die wêreld gaan kopskud en hulle gaan nie verstaan hoekom PROSTAATKANKER so algemeen by mans voorkom nie. Maar EK gaan presies wys wat EK van seksuele sonde dink en EK gaan wys, en julle is vandag gewaarsku, dat julle verantwoordelik gehou word vir wat julle nou weet.

Julle beter BELY en op julle aangesigte en knieë neerval en julle beter BELY nie net voor julle Almagtige Here YAHUSHUA ha MASHIACH nie en EK sal julle vandag vergewe, maar julle moet dan voor julle huweliksmaat bely vir wie julle beledig en bedrieg het. Want EK sê vir julle dit, EK gaan nie bespot word nie, nee nie nog 'n dag nie. Julle mag besig wees met owerspel en dink dat julle weggekom het daaramee. Maar EK sê vir julle dit; Ek die Here GOD sal julle laat dood neerslaan en julle weet nie wanneer EK dit gaan doen nie en julle sal op jul eie SPERM tot in die HEL gly! EK vertel dit vir julle want EK is 'n GOD van Genade, julle hoor en julle hoor baie goed. Julle is geleer "Ag wel, ek is net 'n man. Ek kan doen wat ek wil solank my vrou dit nie sien nie, dan is alles wel."

Maar julle vergeet julle het 'n Hemelse Vader selfs as julle voorgee om MYNE te wees, EK ken julle o so goed en julle sogenaamde Christen vrouens wie voorgee om MYNE te wees, is nie beter nie. Hoeveel dae glip julle weg en julle dink solank as my man nie weet nie, dan is alles reg. Maar EK sê vandag vir julle, EK hou julle verantwoordelik en ook julle weet nie wanneer EK julle Lewe gaan neem nie. Ook julle sal deur kanker gepla word en daar sal geen genesing wees nie. Neem MY op MY Woord want julle weet dat hierdie woorde wat julle hoor van MY RUACH ha KODESH af is en julle is vreesbevange. Want julle weet met wie EK praat. Dit is JY en JY en JY! Julle kan al die wette uitbring soos julle wil, en probeer sê dat huwelike tussen dieselfde geslag Heilig is.

Maar, O!, hierdie state wat hierdie wet goedkeur gaan dit berou, want EK sal nie bespot word nie. Want die huwelik is 'n Heilige instelling. Dit simboliseer die eenheid van die Vader, Seun en Heilige Gees. Julle is EEN en wanneer julle trou, is julle EEN. As julle met 'n heiden trou gaan daar altyd 'n stryery wees of dit lig is wat duisternis probeer oorneem, of duisternis wat lig probeer oorneem. Maar EK het die krete van MY Kinders gehoor wie in ongelyke slawerny gebonde is en EK sê vandag vir julle deur hierdie Profeet Sherrie Elijah, EK spreek dit uit op 'n magtige manier! EK GAAN DIE LEWE EIS VAN DIE EEN WAT AANHOU OM MY BRUID VAN YAHUSHUA ha MASHIACH TE BESOEDEL! MY Kinders, diegene wie MY waarlik ken, julle moet in hierdie wêreld lewe, maar nie soos hierdie wêreld word nie. Wees julle Heilig soos EK Heilig is, lewe Heilig, praat Heilig, dink Heilig en handel HEILIG! Afgesonder van alles van onheilig is. Daar moet geen onheiligheid in julle wees nie. Kinders bid in die NAAM van YAHUSHUA want EK sal julle VRYMAAK! Julle moet dan geloof h? dat dit gedoen is en glo net.

* * * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van RUACH ha KODESH op 26/8/98 10:42 aan hierdie Kind, Kryger, Bruid, Diensmaagd Apostel Sherrie Elijah.