PROFESIE 24 - Deel 1

PASOP, DIE ARK SE DEUR EN BOEK VAN DIE HEIDENE MAAK TOE!

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, Kind van YAHUSHUA, Kryger, Bruid

Pastoor Sherrie Elijah
15 November 1998 12:00 nm Sondag

* * * * * * *

Kom Nou in, die Ark se deur en Boek van die Heidene maak toe. Kom in die Ark in. Kom in My arms in waar dit veilig is. Hulle wie MY Beminde noem en EK noem hulle MY Geliefde Bruid, MY Kinders. Kom, glo nog 'n keer in julle SALIGE HOOP, Julle ALMAGTIGE GOD, Heer, Verlosser en BRUIDEGOM. Glo in die SALIGE HOOP. EK sal julle red van die komende toorn. Vir hulle wat die SALIGE HOOP weier, MY koms vir MY Geliefde Bruid, my geheime wegneming van haar in die middernagtelike uur. Julle beledig MY as julle sê EK sal haar laat ly onder die Toorn van die ALMAGTIGE GOD. Sy is MY Geliefde, hoekom sal EK MY Bruid aanrand? EK is nie 'n vroueslaner nie.

Julle is alreeds getoets en waardig bevind om MY Bruid genoem te word, anders sou EK julle nie kom wegneem saam met MY nie. So, hou op om MY te beledig en glo dat EK 'n beloner is vir hulle wat ywerig na MY soek en uitkyk na MY koms en verlang na MY wederkoms. Soos in die Dae van Noag, toe EK Noag gewaarsku het dat die reën sou kom. Alhoewel Noag nie geweet het wat 'n vloed was nie, het hy MY geglo. EK het vir Noag beveel om 'n Ark te bou, alhoewel die werk moeilik was en spottery en vervolging groot was. Alhoewel die werk wat EK vir Noag gegee het om te doen, baie jare geneem het om te voltooi, is julle vandag hier, as gevolg van sy gehoorsaamheid. Al die diere wat hy gered het, behalwe dié wat julle laat uitsterf het, het die aarde gevul. EK het vooraf geweet wie EK geskape het om met vrymoedigheid deur die krag en salwing van MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees), boodskappe te bring wat die harte veroordeel van dié met geestelike ore om te hoor en oë om te sien.

Noag het NIE getwyfel nie, daarom moet MY Profete vandag ook nie. Maar so baie doen, selfs al spreek EK MY Woorde van vuur en gebruik hulle monde om te praat en hande om te skryf, en nogtans waag hulle om te twyfel en wonder of hulle van die Hemel hoor. Noag het nie getwyfel nie, Jeremia het nie getwyfel nie, Jona het nie getwyfel nie, Elia het nie getwyfel nie, Esegiël het nie getwyfel nie, Daniël het nie getwyfel nie, waarom betwyfel MY Profete van vandag MY dan? Dit wat EK spreek sal EK doen. Moenie na die spotters en skimpers luister nie, want soos dit in die dag van Noag en Lot en Moses was, so sal dit weer wees. Daar kom 'n reën (rain) maar dit is die Regering (Reign) van MY Heilige Terreur, van die GROOT GOD 'EK IS' se toorn en Oordeel.

Daar is 'n vloed aan die kom maar nie net 'n watervloed nie, maar 'n vloed van die skale met vloeke wat uitgegiet word. EK sal hierdie aarde oorstroom met MY gramskap sedert die tyd van Adam en Eva se sonde teen MY. Soos wat EK 'n Noag gehad het wat teen die vloed gewaarsku het, Moses wat gewaarsku het teen die vloeke en Lot wat gewaarsku het dat die vuur van die Hemel sal val, so sal EK dit weer doen, so waarsku EK nou deur MY Diensmaagd. Dit sal julle goed doen om elke woord wat EK nou deur haar spreek en skryf, te bestudeer. EK sal altyd 'n oorblyfsel hê wat sal luister en MY stem sal hoor. Daar is altyd 'n skare wat sal skimp en spot, net so seker as wat die heidene vir Noag, Moses en Lot gespot het. Net so seker as wat die verwoesting en toorn van die Groot GOD 'EK IS' gekom het soos 'n vloed, vloeke en vuur, so sal dit weer wees.

So, julle sal goed doen as julle die woorde hoor wat MY Diensmaagd Elijah vervolgens spreek. Dit is nie haar woorde nie maar die woorde uit die mond van julle Skepper. Julle het MY gesoebat vir 'n boodskap. EK sal nou spreek. Hierdie woorde sal MY vyande kwaad maak en MY Kinders en Bruid laat juig met onuitspreeklike vreugde en vol van Heerlikheid. Die Hel het probeer om Sherrie Elijah se aandag af te lei om MY Woorde te hoor wat EK nou spreek, maar het dit slegs verhinder en kon MY nie stop om te spreek en vir haar om te hoor nie. Hierdie woorde laat satan sidder, want menigtes, ja, EK sê miljoene sal MY stem hoor en in MY Seun YAHUSHUA se reddende arms van Verlossing hardloop. Slegs deur YAHUSHUA se Gestorte Bloed sal enigeen gespaar word van dit wat gaan kom. EK gaan MY WOEDE uitstort! Julle wie hoor en hierdie lees, sal òf gespaar word deur MY wederkoms òf julle sal lewe om MY toorn te ervaar.

Wat julle nou vir MY Eer doen en wat julle gedoen het vir MY Eer alleen, sal veroorsaak dat MY Seun julle sal spaar teen die komende afgryse van MY toorn en Oordeel. Die deur na MY Ark maak toe; kom so vinnig in as wat julle kan. Die heidene het in die tyd van Noag teen die deur van die Ark geslaan om in veiligheid te kom, maar dit was te laat, toe die toorn begin neerdaal het. Die heidene het die eerste druppels reën geìgnoreer net soos wat hulle dit nou ignoreer, maar maak oop julle oë, die toorn het alreeds oral oor die wêreld begin val maar in 'n kleiner graad as wat dit gaan wees. Kom gou na YAHUSHUA toe, aanvaar HOM as julle Here, Verlosser en GOD. Julle ken die weg na ontsnapping, waarvoor wag julle? Die Ark is soos die Ark van MY Verbond. Die ARK is MY belofte van veiligheid. Slegs MY Seun YAHUSHUA is julle Ark van veiligheid.

EK sal slegs in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH julle gebede beantwoord. Julle kan nie in julle eie name of in julle eie oortuiging of krag bid nie. Moenie dit waag om MY troon in julle eie name aan te raak nie, want daar is geen naam wat vir julle kan intree behalwe MY Geliefde Seun YAHUSHUA nie. Moenie waag om julle kleed van geregtigheid te dra nie, want EK weet op wie MY SEËL geplaas is. Hulle wie waarlik verlos is deur die werk van MY Seun YAHUSHUA op Golgota. Kom in YAHUSHUA se NAAM na MY toe, deur SY Gestorte Bloed; Staan in SY Kleed van Geregtigheid. Want as julle dit doen sal EK sê "Kom met vrymoedigheid voor die Groot GOD 'EK IS' julle GOD YAHUVEH". As julle probeer om in enige ander naam in te kom, sal EK JULLE UITGOOI! Julle sal op geen ander manier gered word van die vloed van MY toorn, die vuur wat sal val, die vloeke, die plae nie, behalwe om NOU vir YAHUSHUA aan te neem as MESSIAS, julle Verlosser, julle GOD, voordat dit te laat is.

Boeddha kan julle nie red nie, hy kon homself nie red nie. Allah, Mohammed, Ghandi kan julle nie red nie; hulle kon hulself nie red nie, ALMAL HET GESTERF! Almal is onder Veroordeling omdat hulle toegelaat het dat ander hulle aanbid. Son Maan kan julle nie red nie; hy kan homself nie red van die komende Oordeel nie. Maitreya kan julle nie red nie! Daar is slegs een NAAM wat julle kan red en dit is die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Of julle hom YAHUSHUA of YAHSHUA noem, maak NIE saak nie, noem hom net op sy NAAM. Julle wie julle self Jode noem, luister mooi. Julle kan nie in die Hemel ingaan deur net in YAHUVEH se NAAM te aanbid en te glo nie, alhoewel dit MY NAAM is. Dit is YAHUSHUA wie die enigste MESSIAS is. Die prys wat MY Seun op Golgota betaal het, was vir julle Verlossing, beide Jood en Heiden. Ter wille van julle was YAHUSHUA gekruisig en gemartel en het HY gesterf en weer opgestaan. HY het die losprys vir julle sondes betaal. Beide Jood en Heiden, luister na MY; daar is geen ander Verlosser as YAHUSHUA nie. Hy is julle Verlosser, die enigste weg na ontsnapping van MY komende toorn. MY Kinders wie EK geskape het, wie Joods gebore is, luister na MY. Julle wag vir 'n ander Verlosser, maar julle wag tevergeefs. Daar is geen ander as MY Seun YAHUSHUA nie. Die een wie julle geleer word om te haat is die enigste Ark van veiligheid. Julle kan nie MY lief hê maar MY Geliefde Seun haat nie. YAHUSHUA is die een wie EK aarde toe gestuur het om die losprys vir julle sondes te betaal.

Dit is hoekom Israel en Jerusalem geen vrede ken nie, elke nasie wat YAHUSHUA as MESSIAS ontken SAL GEEN VREDE HÊ NIE. LUISTER OPNUUT NA MY! KEN YAHUSHUA EN JULLE SAL VREDE ERVAAR! YAHUSHUA bring 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan. YAHUSHUA is die Prins van Vrede. Hoe kan julle vrede hê en die enigste Prins van Vrede verwerp. Soos in die dae van Noag was die werk om die ark te bou, moeilik. Dit het lank geneem om die ark te bou en die diere bymekaar te kry. Net so moeilik as wat dit vir die Profete van Ouds en die Profete van vandag is, is dit nie maklik om MY Woorde te spreek nie. Dit verg dapperheid en julle sal meer beledig as seën. YAHUSHUA was 'n aanstoot vir baie. So, MY Profete wat woorde spreek wat nie vir jeukende ore is nie, maar eerder woorde wat veroordeel en van MY geheime spreek, waarsku om te bely, en bied ook altyd hoop en genade aan.

Die werk van die Profete en Apostels is nie maklik of gewild nie. MY Profete raak gefrustreerd om mense sover te kry om te luister wetende dat hierdie woorde nie hulle woorde is nie. Hulle gebruik hul eie finansies om die profetiese boodskappe te verkondig omdat EK altyd 'n oorblyfsel het wat MY stem sal hoor en gehoorsaam. EK het altyd 'n oorblyfsel wat sal begeer om te hoor wat die Profete spreek. Maar, EK treur omdat so min gewillig is om sy aan sy saam met MY Profete te arbei, en hulle laste te deel. Sê MY Woord nie "Glo 'n Profeet en julle sal floreer" nie, EK sê nou vir julle , "Beloon 'n Profeet en julle sal dieselfde beloning as hulle in die Koninkryk van die Hemel en op aarde ontvang". Wanneer papiergeld nutteloos raak en nie meer langer enige waarde het nie, sal EK onthou of julle MY Profete gehelp het of hulle in hulle nood gelaat het.

As julle dit betwyfel, onthou die Weduwee van Sarfat. Het EK nie alreeds geweet wie gewillig sou wees om Elia van Ouds se laste te deel nie? Het ek 'n vrou met rykdom opgehef om Elia te versorg? Nee, EK het iemand opgehef wat net soos hy in nood was. Hulle was albei honger, was hulle nie? Hulle het albei geen fisiese rykdom gehad nie, het hulle nie?, en tog het EK hierdie klein Weduwee van Sarfat gekies want EK het haar hart geken. Sy was nie selfsugtig nie, alhoewel sy besorgd was, want dit was haar en haar seun se laaste maaltyd en dan sou sy en haar seun sterf. Nogtans het sy die Profeet vertrou en hom geglo en daarom het sy geen gebrek meer gehad nie. Sy het die behoeftes van die Profeet bo haar eie behoeftes gestel. Onthou hoe EK haar kruike met olie vermeerder het en dit nie opgedroog het nie. Onthou hoe EK die meel in haar skottel vermenigvuldig het sodat dit nie leeg was nie.

Onthou hoe EK haar gevra het om in geloof die laaste te gee wat sy gehad het. Onthou dit MY Kinders, sy moes gaan potte en skottels by haar bure leen en toe hulle haar vra wat sy daarin gaan sit, moes sy sê dat haar GOD die leë kruike gaan vul. Soos wat EK vir haar gedoen het, so sal EK weer doen. Glo net! Geloof sonder werke is dood. EK sal dit doen vir hulle wie glo dat EK vir hulle sal voorsien net soos wat EK vir die weduwee van Sarfat gedoen het, hulle wie MY Profete seën. Wanneer julle papiergeld en kaarte waardeloos is, dan sal julle wil hê dat EK julle moet seën. EK sal nou onthou of julle tiendes en aalmoese gegee het toe EK vir julle gesê het om te deel. Sê MY Woord nie "Maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar waar diewe nie kan steel en roes nie kan verniel nie". Maak vir julle seëninge bymekaar soos wat julle julle skatte bymekaar maak. Waar julle hart is, waarin julle julle vertroue stel, daar is julle God.

EK vertel julle dit; enige een wie vir Noag gehelp het was gespaar. Maar wie het saam met Noag gearbei? Net sy familie, so sal dit ook weer wees. Slegs MY Ware Kinders sal begeer om die Profete te help om te praat en nie die Profete muilband of die osse se voete vasbind terwyl hulle die ploeg trek nie. Bid vir die Profete, spesiaal vir hierdie Diensmaagd wat vervolgens hier praat. Satan soek om MY stem op hierdie aarde stil te maak, want die Profete waarsku altyd voordat EK MY toorn stuur of voordat satan aanval. Dit is met MY Profete wie EK MY geheime deel. EK stuur nooit MY toorn en oordeel voordat EK nie die Profete stuur om te praat en te waarsku om te BEROU TE TOON nie! Satan haat veral die Profete. Die werk van die Profeet is nie maklik nie. Niemand is 'n Profeet tensy hulle bekend is met lyding nie. Hulle het gely vir die salwing van profesie.

EK sê nou vir julle, "Seën my Profete en EK sal julle seën. Beskerm MY Profete en EK sal julle beskerm. Arbei saam met MY Profete en julle seëninge sal groot wees, veral wanneer julle in nood verkeer. Bied aan om MY Profete weg te steek en EK sal julle wegsteek. Deel met MY Profete en Ek belowe julle sal nooit van honger omkom of haweloos wees nie." Die tyd is hier dat dit gevaarlik is om jou self 'n profeet te noem. Dit raak gevaarliker namate YAHUSHUA naderkom vir SY Bruid. EK hoef dit nie vir julle te vertel nie, julle moet dit alreeds weet. Skaam julle omdat julle nie doen wat julle weet wat EK in julle Gees gesê het om te doen nie. Hoeveel keer het EK gesê "Help hulle", maar julle het geweier. Hoe kan julle sê julle het MY lief wanneer julle MY nie gehoorsaam nie? Kom in die Ark van MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH in.

Glo dat EK 'n GOD is wat diegene beloon wat ywerig na MY soek. As julle glo dat julle die toorn wat binnekort die aarde gaan verspoel moet verduur, dan sál julle daardie toorn en oordeel verduur. As julle glo dat EK 'n GOD is wat diegene beloon wat ywerig na MY soek, luister dan ywerig na MY stem en doen MY wil en nie julle wil nie, loop wanneer EK sê loop, hardloop wanneer EK sê hardloop, staan stil wanneer EK sê staan stil, praat wanneer EK sê praat, bly stil wanneer EK niks sê nie en doen niks tot julle van die Hemel hoor nie. 'n Soldaat voer nie sy eie bevele uit nie; hy wag vir die bevelvoerder om die bevele te gee. So wag, al lyk dit of MY antwoord talm, dit sal kom. Die oorlog in die Hemele woed voort. Die hoorbare golwe is tot dusver geblokkeer. Hoe sou MY Profete, soos hierdie Diensmaagd, kon praat as die hoorbare golwe nie geblokkeer was nie, hulle sou weg wees. Dit is ter wille van julle dat EK toelaat dat die oorlog in die Hemele woed. Die seëls van die verlostes is verseël net soos satan hulle gemerk het wie aan hom behoort.

So het EK, julle Vader YAHUVEH, ook gemerk wie MYNE is. Die Godvresendes word meer Heilig. Die bose sal meer onheilig word. Ellende wag op die aarde want dit sidder en beef. Nie alleen verskuif die hemelruim namate YAHUSHUA die aarde nader nie, maar die aarde skud en bewe beangs want dit ken die boosheid wat aangerig is. Die aardbewings is die aarde wat in angs bewe en hulle sal in intensiteit toeneem en storms sal erger word en die lawa in die berge sal uitspoeg want die lawa word verhit deur MY toorn. Dit kook vurig teen die heidene van hierdie aarde wie MY bevele verwerp, wie YAHUSHUA se geskenk op Golgota verwerp en wie alles haat wat Heilig is. Die aarde sal harder bewe namate die SEUN van GOD naderkom. Die hemelruim skud weens satan se woede en die oorlog in die Hemele. Die lugruim kraam soos 'n vrou wat geboorte skenk. Dit sal wees asof die sterre uit die lug val. Die prins en mag van die lug skud die hemelruim, want satan weet. "YAHUSHUA KOM VIR SY BRUID, YAHUSHUA KOM WEER!" Satan moet vinnig sy boosheid doen want hy weet sy tyd is nou baie kort. Hy wil so veel as moontlik siele saam met hom Hel toe neem want hy weet dit is die enigste manier hoe hy YAHUSHUA kan seermaak. Want MY Seun het die prys op Golgota betaal sodat satan julle nie saam met hom Hel toe kan neem nie. Amerika, ja, daar kom 'n oorlog na jou kuste en land toe. Maar EK het jou tot dusver beskerm. EK het vir Amerika gewag om BEROU TE HÊ maar hierdie nasie bedroef MY net, vertoorn MY! Die Politieke leiers toon geen skaamte of berou nie en raak net meer verwerplik. Die mense wie vir hierdie skandelike leiers stem, toon geen berou of skaamte nie. Hulle verkondig nie heiligheid nie, maar stem meer onheilige heidene in die ampte in.

Amerika julle het waarvoor julle gestem het. Die enkele Godvresendes en regverdiges wat EK in die amp gehad het, was openlik beskaamd. Naak gestroop en hulle poste gesteel alles omdat hulle dit durf waag het om teen die valse profeet van hierdie land te praat, alles omdat hulle opgestaan het vir sedelikheid en Heiligheid. Ellende wag op die mense wie 'n keuse gehad het om die Godvresendes in te stem, en nogtans die heidene met die gees van die antichris ingestem het. EK het MY Mense, wie opgestaan het vir regverdigheid en uit hul ampte gestem was, gespaar om in die Withuis te wees wanneer alle Hel uitbreek in daardie plek. EK sal MY toorn openlik wys teenoor die verwerplike politici. Onthou Sodom en Gomorra, Die Prostituut is in die Withuis. EK sal hulle wie teen hierdie boosheid in Washington D.C. gestem het, seën en EK sal hulle wie vir die bose onsedelikheid gestem het, vervloek.

EK sal Amerika openlik beskaam voor die ganse wêreld. Julle leiers sal openlik ween oor wat EK gaan doen. Maar nie MY Kinders nie, julle sal weet wat om te doen wanneer die tyd kom. Die rede hoekom julle nog nie weet nie is omdat dit nog nie tyd is nie. EK is nooit te vroeg of te laat nie, EK, julle Here GOD is altyd betyds, julle dink net EK is laat. MY tyd is perfek. Julle kan nie voor MY of agter MY gaan nie, maar moet reg langs MY bly. Al MY Kinders, hulle wie aan YAHUSHUA behoort, en oor die hele wêreld na SY wederkoms verlang, hoor MY, die stem van julle Skepper, die groot GOD 'EK IS'. Ek sal ter wille van julle wonderwerke stuur soos wat julle nog nie tot dusver gesien het nie. Want julle sien MY Seun YAHUSHUA julle MESSIAS, nader die aarde, soos wat hierdie Diensmaagd Sherrie Elija al voorheen verkondig het, EK herhaal dit weereens.

Dit is waar dat Gabri?l reeds sy trompet geblaas het. Die klankgolwe was geblokkeer deur die oorlog in die Hemele, maar Gabri?l se trompet sal gehoor word en die klankgolwe sal nie geblokkeer wees nie. Julle liggame sal in 'n oomblik verander, in 'n oogwink. Die dooies in YAHUSHUA (Christus) sal eerste opstaan en julle wat nog oorbly sal opgeneem word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Maar julle sal vir 40 dae in julle verheerlikte liggame rondbeweeg en van MY getuig, en ander waarsku om NIE die Merk van die Dier te aanvaar nie. Dan sal julle die grootste getuie van MY Woord wees. Maar dié wat nie verander nie, sal treur want hulle sal besef dat hulle deur die Verdrukking sal moet gaan.

Dan sal julle saam met MY kom om MY in die lug te ontmoet en ons sal mekaar in die lug ontmoet. MY Bruid is nie bestem vir MY toorn nie. Satan sal met groot woede uit die hemel neergewerp word op die aarde tesame met sy demone. Ellende wag vir die inwoners van die aarde. MY BRUID SAL JUIG OOR MY VERSKYNING! Daardie gelowiges wie gespreek en geglo het dat YAHUSHUA nie SY Bruid voor die Groot Verdrukking sal red nie, sal verbaas wees as YAHUSHUA kom wanneer hulle dit die minste verwag dat die Bruidegom vir SY Bruid sal kom nie. Diegene wat besluit het dat hulle deur die Groot Verdrukking sal moet gaan, sal aan die slaap wees as MY Seun YAHUSHUA in die middernagtelike ure kom en wegloop met SY Bruid, terwyl sterflike liggame in onsterflike liggame verander.

Dan sal hulle, wie aan die slaap was en so seker was dat hulle reg was, sien dat hulle verkeerd was. Hulle sal ween en kerm want hulle het hul weg om van die komende toorn te ontsnap, gemis. Hulle sal moet wag vir hul Verheerlikte Liggame. Die heidene sal woed en die Almagtige GOD vervloek en intense haat sal opvlam teen die gelowiges van YAHUSHUA. Want na die 40 dae waartydens die Verheerlikte Heiliges getuig en gewys het wat hulle gemis het, sal groot droefheid en intense woede opstyg. Bid nou dat julle waardig geag sal word om MY Seun YAHUSHUA se Bruid genoem te word. Bid dat julle waardig geag sal word om die uur van hierdie groot versoeking om die Merk van die Dier te aanvaar, te ontvlug.

Roep MY nou aan in YAHUSHUA se NAAM. EK is 'n Hemelse Vader wat nie diegene sal uitwerp wie na hierdie woorde luister en dit ontvang en gehoorsaam nie. EK het met julle gespreek vir MY Eer aleen, dus kan julle nie sê YAHUSHUA het julle nie gewaarsku nie. Daar is slegs een bemiddelaar, een ARK van veiligheid en dit is die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Soos wat Noag bo die waters van MY toorn was, glo net en julle sal ook bo MY toorn wees en vanuit die Hemel kyk, veilig teen die Groot Verdrukking. Diegene wat aanhou om MY te toets en glo dat EK nie MY Bruid voor die Verdrukking sal red nie, en glo dat EK niemand waardig sal ag om die uur van oordeel te ontvlug nie, daar is vir julle ook hoop. Glo dat EK julle sal beskerm soos wat EK LOT beskerm het en Gehoorsaam MY en julle sal ook die Hemel aanskou.

EK waarsku julle, julle sal in daardie tyd meer as in enige ander tyd in die geskiedenis, in geloof wandel en nie in aanskouing nie. Niemand wat louwarm in geloof is, sal MY toorn oorleef nie. As julle dit nou moeilik vind om geloof te hê, hoeveel moeiliker sal julle kan glo dat EK julle sal red, en tog sal die meerderheid met geloof sterf en hulle sal gewillig hulle lewens as 'n martelaar gee, en verkies om voort te gaan om in geloof alleen te lewe. Hulle sal onthoof word vir hulle geloof en die dood bo lyding verkies. Tog sal almal wat die Merk van die Dier in die Verdrukking weier, gered word.

* * * * * * *


Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, en toevertrou met hierdie woord, kind van YAHUSHUA, Kryger, Bruid

Pastoor Sherrie Elijah 11/15/98 12:00 NM Sondag


Gaan Na Deel 2 Van Hierdie Profesie