PROFESIE 25

AMERIKA, JY IS 'N STANK VIR MY NEUSGATE!

Gespreek met hierdie kleipot, onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)

aan Apostel Sherrie Elijah
2 Desember 1998

* * * * * * *

Op 2 Desember 1998, was ek besig om saam met 'n ander Suster Profeet te bid. Sy het my geskakel en die RUACH ha KODESH se salwing het op albei van ons gekom. Ons kon albei die woede en die droefheid van YAHUSHUA aanvoel. Dit het vir ure aangegaan. Ek het toe in tale begin bid. Die uitleggings het tesame met 'n diepe gehuil gekom (innerlike gesnik). Dit is die eerste keer dat beide van ons mekaar se tale kon uitlê. 'n Nuwe Gawe. Ek kan gewoonlik net die tale wat die RUACH ha KODESH aan my gee, uitlê en dan ook slegs as GOD dit toelaat. Vanaand het 'n nuwe gawe ontstaan.

Die woorde wat sy gespreek en wat ek neergeskryf het, is onderaan hierdie boodskap ingevoeg en is al wat ek kon verstaan. Alhoewel sy in ander tale gespreek het, het ek deur die gawe van uitlegging deur die RUACH ha KODESH, sekere woorde in Engels gehoor. Ons glo dat ander profete instaat sal wees om hierdie boodskap vir die mense uiteen te sit. Profete, lees asb en bid vir begrip van haar woorde, waarvan ons sommige nie volledige sinne het nie. Ek het onder die salwing gespreek en hierdie woorde het na vore gekom wat ek kon uitlê.

Ek weet nie hoekom die RUACH ha KODESH hierdie profesie vir soveel dae teruggehou het nie. Gewoonlik stel ek dit onmiddelik vry, maar iets is anders omtrent hierdie profesie. Ons het die woorde wat ons nie geken het nie, opgesoek en het 5 tale gevind. Die Bybel sê ons praat in tale van mense en engele. Ek het nooit geweet dat die RUACH ha KODESH in verskeie tale in dieselfde profesie praat nie. Hier is die tale wat in beide Verenigde State gespreek word : Frans, Spaans, Grieks, Indiaans, Protugees, WOW! Wat 'n ontsaglike GOD dien ons nie! Ek het gewoonlik die woord 'Horenda' 3 keer in 'n sin gebruik.

* * * * * * *


Verwoesting en gehuil is aan die kom, maar YAHUSHUA sal satan nie toelaat om MY Bruid wie op MY wag, aan te raak nie. Hou vas aan julle geloof, want julle afhanklikheid van julle geloof sal bepaal hoeveel EK julle GOD, julle sal beskerm. Hoor die uitroepe. Kyk oor die land en julle sal verwoesting aanskou so vêr as wat julle kan sien, maar nie vir MY Kinders nie, nie MY Babas nie, nie MY Bruid nie. EK sal julle onder MY vlerke wegsteek. Julle moet net in geloof wandel, nie in aanskouing nie. As julle dink dit is nou swaar om in geloof te wandel en nie deur aanskouing nie, hoe swaar moet dit vir hulle wees wat MY toorn moet verduur?

O MY Babas, O MY Bruid, EK is oppad om julle huistoe te bring aan MY sy. Julle sal nie in verwoesting wandel nie, MY Babas, MY Bruid. Julle wie gereed is, wat wagtend is en Heilig lewe, EK sal julle huistoe bring. Diegene wie nie gereed is, en wag en Heilig lewe nie, julle sal die verwoesting op hierdie komende dag sien. EK stuur vervolgens hierdie diensmaagd vandag met vars manna uit die Hemel. Daar sal ander wees wat hierdie manna sal verteer, want hulle is alreeds wagtend en lewe vir MY. Hulle het hul vrede in MY.

Pasop julle wie spot en sê EK sal nie kom nie. Daar is sommiges wat dink Amerika sal altyd wen. Hierdie land Amerika behaag MY nie. Julle sal nie oorwinning sien nie. Julle land en julle leierskap, EK druk MY neus toe. Die stank reik tot in die Hemel. Die stank van julle onsedelikheid. Die stank van julle politiek. Die stank van julle gulsigheid. Die stank van skynheiligheid. Die stank van julle godsdienstige sisteem. Amerika, julle sê "IN GOD WE TRUST", maar julle dien geen GOD nie, die Heidene dien ten minste 'n god, alhoewel dit vals is, hulle weet hulle moet 'n god hê.

Al kerf die primitiewes 'n boom uit en noem dit 'n god, weet hulle ten minste hulle moet 'n Skepper eer, alhoewel dit vals is. Hulle besef slegs dat hulle 'n god moet hê teenoor wie hulle verantwoording moet doen vir wat reg of verkeerd is. Om die Skepping te erken moet julle 'n Skepper hê. Die heidense lande erken en dien ten minste 'n god, alhoewel dit vals is. of dit Mohammed, Boedha, Allah is, die lys gaan aan. EK sal meer genade met hulle hê as met Amerika.

Amerika, julle vervloek MY NAAM. Julle verban dit uit juille skole en Regering. Julle Politieke leiers gebruik dit vir simpatie, maar nie vir krag nie. Julle Politieke leiers gebruik dit vir manipulasie, maar nie vir aanbidding nie en hulle verkondig nie gehoorsaamheid aan die GOD van die ganse Skepping nie.

Julle het julle geboortereg verkoop, dit wat Heilig was en julle voorvaders het MY erken en het maar nogtans teen MY gesondig. Maar, EK het was genadig met hierdie land wat afgesonder was vir MY Eer, en tog, hoe lank gelede het die Vlag met die Sterre (Star Spangled Banner) Eer aan MY gebring? Amerika, julle is 'n stank in MY neusgate. Julle het julle Skepper verraai, EK YAHUVEH kyk neer op julle en lag spottend want julle dink julle het 'n god.

Julle dink julle het geen ander god nodig nie. Julle het julleself verhef om julleself te aanbid. Julle top politieke leiers, en ja EK sê, selfs die top geestelike leiers, sê hulle het nie nodig om MY Gebooie te gehoorsaam nie. Julle President herskryf MY Gebooie. Julle politieke leiers is soos Sodom en Gommora in die Withuis, 'n plek wat veronderstel is om te staan vir leierskap in hierdie land. Amerika, jy dink jy is god. Maar nie MY Babas nie, nie MY Bruid, julle is MY Babas, julle is MY Verloofde. Hierdie woorde maak julle harte warm, waar die vyande se hart is, is dit koud. Amerika, EK sal julle soos 'n stuk papier vat en julle aan die brand steek sodat almal kan sien. Die handelaars van die wêreld sal ween oor al julle bose dade.

Julle het dit durf waag om julle vuis vir die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH te skud en EK sal julle en hulle wat nie gereed is vir MY koms nie, opfrommel. Julle sal 'n pad loop wat EK nie sou wou gehad het julle moes loop nie. Julle is gewaarsku. As julle nou dink dit is swaar om in geloof te wandel, hoeveel swaarder dink julle sal dit wees wanneer julle die komende gruwel sien? O Amerika, die vlamme van MY toorn sal julle omring.

Vir dié wat sê hulle kan MY nie nou vertrou om hulle te red nie, weens gebrek aan geloof, julle sal in geloof moet wandel of julle sal sterf. Julle sal 'n pad loop wat EK nie sou wou gehad het julle moes loop nie. Julle sal loop waar MY Bruid nie sal loop nie. Julle vra waar sal julle loop? Julle sal 'n pad van verdrukking loop en slegs deur in geloof te wandel en nie deur aanskouing nie, sal julle oorleef. EK doen vandag 'n beroep op julle, kom gou voordat dit te laat is. EK wil hê julle moet vandag geloof hê. EK wil hê julle moet geloof hê. Kom in die Ark in. Kom in MY arms in.

Hoekom wag julle? Hoekom vertrek julle? Julle wie MY nie eers ken nie, julle sal moet boet. Het julle enige idee van die lydings? Wees gereed om vandag nog na MY toe te kom, help om hierdie woord te versprei, BID! Waarsku die vier uithoeke van die aarde. Hou op om julle skatte op die aarde bymekaar te maak en begin om die skatte in die Hemel bymekaar te maak. MY Bruid roep uit na MY om te kom. Hoeveel langer moet EK nog wag? Die vloedgolf van boosheid is aan die kom. EK het hulle beveel om gereed te wees. EK spreek dit nou. Hoeveel van julle glo dat EK julle sal red? Bid dat julle waardig geag sal word om MY komende toorn te ontvlug. Ja, YAHUSHUA is MY NAAM. Ja, oorwinning is julle s'n.

Maak gereed vir die komende oorlog, julle wie sê dat julle bestem is om agter te bly en MY toorn moet verduur. EK kom om MY Bruid weg te neem. Sy is MY maagd en sy het haar lamppit getooi, en sy het olie in haar lamp, asook nog ekstra olie. Want hulle wie daarop aandring om die komende boosheid te beleef, sal in geloof wandel en nie deur aanskouing nie. Menigte sal doodgemaak word en baie sal nie die Merk van die Dier aanvaar nie. Hulle sal op die harde manier moet leer, omdat hulle weier om nou te luister. Diegene wat nie in geloof wandel nie, sal sterf. Moenie vrees nie, want daar sal dié wees wat nie aan MY sal twyfel as daar nie kos of water sal wees nie. Het julle die geloof om vir 'n rots te bid en glo dat daar water sal wees? Het julle geloof om te glo dat modder brood is?

Besef julle nie MY Geliefdes? Dit is hoekom EK julle nader aan MY sy wil bring, om MY Bruid te wees. Hoekom wag julle? Dink julle EK het gelieg? Moenie bekommerd of ongelukkig wees nie. EK sal julle wie gereed is, huistoe neem, julle wie gereed is en geloof het om te glo dat EK hulle sal verhef bo die komende Oordeel en toorn. EK het vir Lot teen die toorn bewaar. EK het vir Noag bo die toorn verhef. Hoekom sal EK nie MY Bruid verhef bo die toorn nie? Vir hulle wat vertrou sal EK so doen. Waar julle geloof is, sal EK antwoord. Het julle geloof om te glo dat EK sal kom en julle red voordat die Toorn van die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH neerdaal? Verlossing hang van julle geloof af. Hoekom dink julle dat dit enigsins anders is?

Elkeen is NOU verseël! Dit was voor die grondlegging van die aarde bepaal. EK het geweet watter keuse julle sal maak voordat julle dit selfs geneem het. EK is Alle Wysheid en Kennis , is EK nie? EK is die BEGIN en die EINDE, is EK nie? Niks wat julle doen, verras MY nie, want dit is alreeds neergeskryf. Verbaas dit julle? EK weet wie verseël is met die seël van VERLOSSING en die seël van VERDOEMING. Dit is alreeds eeue gelede bepaal. Daar is 'n boek opgeskryf, wat die Boek van die Lewe is. Twee boeke ineen, daar is 'n boek van VERLOSSING en 'n boek van VERDOEMING.

EK is die Woord wat vlees geword het. Aanbid MY, nie die boek wat die Woord bevat nie. MY NAAM is YAHUSHUA ha MASHIACH. 'n Boek is 'n boek. EK is nie die Torah nie. EK is nie 'n Bybel nie. EK is nie die Koran nie. EK IS die WOORD. EK is instaat om MY Woord te beskerm. Wees lief vir MY Woord nie die Boek nie. Hoeveel het Bybels en Torahs en bestudeer dit nie eers nie? EK is die GROOT GOD 'EK IS'. EK is die Woord wat vlees geword het. EK is die WOORD! EK IS wie EK IS, EK sê weer, EK is die Woord wat VLEES geword het. Moenie die Bybel aanbid nie. Moenie die Torah aanbid nie. Moenie die Koran aanbid nie. Julle GOD IS ALMAGTIGE GOD. Glo en staan om MY Woord. Aanbid ALMAGTIGE GOD die groot 'EK IS' want EK is die WOORD! EK KAN NIE LIEG NIE! EK is nie 'n Bybel, Torah of Koran nie. EK IS wie EK IS.

EK het MY woord in julle Gees en siel geskryf. Julle het MY Gees binne-in julle. Julle weet wat op die oomblik in Amerika aan die gang is. Die Withuis sal brand en al die politieke leiers, hulle wie teen die ALMAGTIGE GOD YAHUVEH en YAHUSHUA veg, sal terugkeer na die vlamme waar hulle vandaan kom. Daar is politieke leiers wat voorgee om vlees te wees, maar hulle is nie. Hulle word deur demone geleer en regeer. EK het aan hierdie Diensmaagd die vrymoedigheid gegee om vervolgens MY Woorde te spreek en ander Profete bevestig dieselfde, nie omdat hulle dit wil spreek nie, hulle vlees sidder, maar hulle gehoorsaam en skryf en praat wat EK vir hulle sê.

Sê MY Woord nie "EK sal MY Profete stuur voordat EK die verdoeming stuur" nie? Laat hierdie woorde bemoedigend wees vir hulle wie geestelike ore het om te hoor. Diegene wie MY RUACH ha KODESH het sal lewe en nie vrees nie. Die ander sal vrees en sterf. EK is besig om MY Skape van die bokke te skei en die koring van die kaf soos wat EK vir Abel en Kain, Dawid en Saul en die Egiptenare van die Israeliete geskei het. EK het dit voorheen gedoen en EK sal dit weer doen. Behou julle geloof in YAHUSHUA. Laat niemand julle van julle SALIGE HOOP beroof nie.

Wees gereed, maak nie saak wanneer julle dink EK gaan kom nie. Moenie laat EK julle aan die sluimer en in sonde aantref, besig om 'n Farise?rslewe te lewe nie. Want MY Bruid moet rein en Heilig bly voor MY. MY Bruid moet 'n maagd wees. Daar is voorskrifte vir MY Bruid. EK praat van 'n maagd wat nie deur mensgemaakte leerstellinge en godsdienste besoedel is nie. MY Bruid moet geen ander liefde voor MY aangesig h? nie.

MY Bruid moenie haar vertroue in enige ander god, behalwe haar Bruidegom plaas nie. MY Bruid moet glo dat EK haar sal beskerm en dat EK gaan kom om weg te loop met MY Bruid. Om weg te loop is 'n geheim. Geen uitnodigings na hierdie Bruilofsmaal van die Lam sal gegee word nie, behalwe aan die BRUID. Die bankettafel is klaar voorberei, alles is gereed. Die engele staan as getuies. Al wat nou oorbly is om MY Bruid te kom haal wie uitroep en hartseer is en daagliks MY koms mis. EK hoor julle MY Geliefdes, moenie vrees nie, julle Verlosser is hier. EK sal haar wegneem uit hierdie wêreld sonder enige ander kennisgewing, as wanneer EK deur MY Profete spreek nie. Wees gewaarsku, julle wie dink dat julle nog jare het om te berou. TOON NOU BEROU! Hardloop deur die Ark se deur. EK het gesê daar is twee boeke, en elke siel sal òf in die boek van VERLOSSING òf in die boek van VERDOEMING gevind word. Wat EK nou hier vir julle vertel is dat daar ook name is wat Uitgevee is.

Dit is julle keuse of julle name Uitgevee is. Hulle wie hul lewens vir MY gegee het en dit teruggeneem en in daardie kondisie gesterf het, wie se siele opgehou het om YAHUSHUA te vertrou om hulle te verlos en MY Geskenk op Golgota geweier het. Hulle wie MY Woorde gelees het en nie daarvolgens lewe nie, EK is nie geflous nie. EK weet wie MY net vir vertoon, voor die mense bely . EK weet wie MY voor die mense bely omdat hulle MY waarlik liefhet. Die kerk wat voorgee, is Farise?rs. Hulle het 'n vorm van Godsaligheid maar geen Godsaligheid aan die binnekant nie. Dit is nie MY Bruid nie. EK weet wie MY Geliefdes is. Moenie julself langer mislei nie. TOON VANDAG BEROU, VOORDAT DIT TE LAAT IS!

Daar is siele wie se name op die verlossingsblad geskryf was, maar weens gebrek aan geloof en lojaliteit teenoor hulle God en Verlosser, is hulle name uitgevee. Moenie dat dit met julle gebeur nie. Bewaar met jaloesie julle harte en siele. Julle, wie dit aan MY gegee het, laat niemand julle mislei om nie julle eerste LIEFDE lief te hê nie. Dien julle eerste LIEFDE, wees getrou aan julle eerste LIEFDE of EK sal julle as MY EIE ontken. Laat niemand julle SALIGE HOOP steel nie. MY Woord lieg nie.

Wat julle ookal in geloof spreek, sal julle hê in YAHUSHUA se NAAM. Hoe lief het julle MY? Sal julle MY dan vertrou? Sal julle verlang en hunker na julle ALMAGTIGE GOD, HERE en VERLOSSER en julle Spoedig komende KONING VAN ALLE KONINGS en HERE BO ALLE HERE om julle te verhef bo die komende toorn? Julle toekoms hang af van julle geloof. Julle geloof hang af van waar julle die ewigheid gaan deurbring. Luister aandagtig en gee ag op MY Woorde, EK sal op die gepaste tyd met elkeen van julle spreek oor wat om te doen en wat om te sê. Hou net om op MY op elke gebied te wantrou.

* * * * * * *

Gespreek onder die salwing aan hierdie Diensmaagd van YAHUSHUA ha MASHIACH, Sherrie Elijah, 2 Des 1998 4:46 en nie vrygestel tot 18 Des, op die tweede dag van Irak se bombardering. 6DE DAG VAN HANUKKAH. HY praat van afskuwelike dinge op Heilige Dae doen.

Woorde wat ons uitgelê het, maar nie vol sinne nie. Profete, bid asseblief, want dit is in baie verskillende tale. EK het die woorde verstaan wat Elicia in tale gespreek het. Om dit nou bymekaar te voeg het ek die hulp van die Profete nodig. Stuur asb e-posse aan my oor wat julle dink hierdie boodskap beteken. Ons het nà die tyd woorde opgesoek en verskillende betekenisse in ander tale gevind. 'Horror' (gruwel) of 'Horrendous'(Gruwelik) kan 'Horenda' beteken, wat 'horror' (gruwel) in Portugees is, maar daar is so 'n plek.

Gaan voorwaarts, gaan voorwaarts, Rusland. Toegewyd, wees versigtig oor beheer. Eenvoudige land situasie oorlog is in oos Rusland. Land in (basil) (vriendelik heilig) land. (Kan Brasil wees?) Drie lande, of drie konings, sedes (morals) slegs einde van ons land beheer. Sedes (Morals) kom in land in moeilikheid Israel. Einde, Ek sien nikome (oorwinning) baie heler einde nikome (oorwinning) einde oorsee gebied in suidoos China (Maco) daagliks op vlug, kom in land hier olyfolie Russiese oorlog is 'n morele land Midde-Ooste oorlog tydperk van morele, (meer) moreles gaan vorentoe Russies kom in nikome (oorwinning). O My Heer nikome (oorwinning) EK hoor die bruid elke dag.

Dit is die woorde wat Elicia uitgelê het toe Sherrie Elija in tale gespreek het: Gaan voorwaarts, gaan voorwaarts. Midde-Ooste hoër hoër hoër gesalfde (casa) huis gaan voorwaarts huis gaan hoër. Die bose gaan oor in die nag. Horenda gruwelik sal julle ken in die nag. parena nokatea holrenda pocasa hoya micatina micatina pocashoya.

Ek het geen idee in watter taal hierdie twee sinne is nie, weet iemand? Die spelling is foneties gespel.