PROFESIE 26

HOOR MY, VREES MY, GLO MY!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)
deur Profeet Sherrie Elijah
1 Januarie 1999 @ 9:00 nm

* * * * * * *


Belangrike Nota Oor Hierdie Profesie

wat YAHUVEH teruggehou het oor wat hierdie jaar gebeur het.
Net soos met Jona, was die Oordeel uitgestel en het nou in 2001 begin,
Bid dat dit weer uitgestel sal word.

* * * * * * *

MY Geliefdes, hoor MY Woorde en instruksies vir die komende dae van 1999 en verder. EK hoor MY Kinders se uitroep. EK is nie doof nie, ook nie blind nie, MY hand is nie te kort om julle te bevry van die komende beproewinge nie, wandel net in geloof en nie deur aanskouing nie. Julle natuurlike ore en oë sal julle in die steek laat of julle mislei. Moenie na die doemvoorspellings luister wat sê dat EK MY Babas, Bruid en Uitverkorenes sal verlaat nie. Staan op MY Woord, glo dit en sê in julle harte : "YAHUVEH het dit gesê, EK GLO DIT EN DIT IS DIT!"

In 1999 sal die woorde "Vrees of Vlieg" 'n nuwe betekenis aanneem. MY Babas en Bruid sal nie vrees nie. Gerugte van oorlog sal nie langer net gerugte wees nie en dit sal meer as een land op 'n slag wees. EK sien en hoor MY Babas, MY Kinders, EK voel julle pyn terwyl julle luister en vreesbevange in alle rigtings hardloop, of julle is oorweldig en verlam, asof in skok en julle geloof dreineer daagliks oor die wêreld se nuusberigte. Baie van MY Kleintjies is paniekerig want hulle sê "ek kan nie YAHUVEH se stem hoor nie." Hulle ween en kerm in angs en bid , "Asseblief YAHUVEH, sê my waarheen om te gaan en wat om te doen." MY Kinders, hoor MY, julle het nie gehoor wat om te doen of waarheen om te gaan nie, want dit is nog nie tyd nie. Vertoef nog 'n rukkie langer, EK sal op verskillende maniere in julle gees spreek en bevestig. EK het nie MY Geliefdes, Babas, Bruid en Uitverkorenes verlaat nie. EK sal ook nie. Julle name is in MY Handpalms gegraveer.

Baie van MY Kinders probeer uitwerk wat MY volgende stap sal wees. Het julle nog nie besef dat MY weë hoër is as hoe julle dinge doen nie? Dit is hoekom EK die groot GOD 'EK IS' is en EK maak geen verskoning aan enigiemand vir enigiets wat EK doen nie. Dit sal goed wees as julle in 1999 sal leer, soos julle lankal moes gedoen het, om nie op julle eie begrip staat te maak nie, maar om MY in al julle weë te ken, vra van MY en julle Hemelse VADER, ALMAGTIGE GOD YAHUVEH sal julle paaie rig. Hou op om MY te probeer verstaan. Dit is nie julle plek om MY te verstaan nie, dit is eerder EK wat julle elke gedagte, handeling, motief en intensies van die hart verstaan. Julle kry net 'n gedagte en voordat julle praat, weet EK wat julle wil sê. EK is die Pottebakker, julle is die klei, hou op om met MY te argumenteer.

Baie van julle neem besluite wat op vrees gebaseer is. EK het julle nie die vrees van julle Hemelse VADER gegee en MY Kinders verlaat of vergeet nie. Satan het julle hierdie vrees gegee tesame met geeste van depressie en hopeloosheid. Hou julle hoop lewendig; hou julle geloof lewendig deur die vernuwing van julle verstand. Lees MY Woord, alles wat EK in die vroegste tye gedoen het, het EK nie sedert die vroegste tye MY Kinders versorg, wie MY dien, aanbid en probeer gehoorsaam nie? Baie geestelike leiers maak julle bang met feite oor hoe MY Kinders ter wille van MY gemartel en doodgemaak is. Maar EK sê nou vir julle, ja daar was martelaars, EK het altyd Geliefde Kinders gehad wie hulle lewens gewillig neergelê het ter wille van MY. EK sal altyd martelaars hê; hulle bloed is so kosbaar vir MY, net soos MY Seun SY lewe gewilliglik op Golgota gegee het, so sal hulle ook hulle bloed stort vir MY Eer. 'EK IS' wie 'EK IS' en EK verander vir geen man, of vrou of vir julle seisoene of tye nie.

EK sal hulle seën wie vir MY 'n seën is, hulle vervloek wie 'n vloek vir MY is. Hulle wie MY skande bring sal verewig in pyn en ongekende geesteswroeging (anguish) leef, afgesny van hulle skepper af. Weereens, vanaf 1999 en verder, sal bogenoemde woorde "EK sal hulle seën wie 'n seën vir MY is en vervloek wie 'n vloek vir MY is', 'n nuwe betekenis hê. Hierdie woorde sal deur almal gevoel word. HOOR MY, VREES MY, GLO MY, EK lieg nie! Wat EK profeteer sal gebeur in 1999. 'EK IS' wie 'EK IS', ALMAGTIGE GOD YAHUVEH, die Alfa en Omega, die Heilige Drie-eenheid. EK sal MY Ware Kinders beloon, wie ywerig daarna soek om MY in alle weë te behaag. Ter wille van MY Eer, sal EK MY Kinders in 1999 beskerm teen die komende beproewinge en verdrukkinge. Nie ter wille van hulle eer nie. EK sal diegene beskerm wie volhard om Heilig te wees soos EK heilig is, Heilig lewe, Heilig dink, Heilig spreek, 'n lewende getuie vir die heidene. MY Bruid, My kinders julle is afgesonder vir YAHUVEH en YAHUSHUA se Eer alleen. EK het behae daarin om hulle te seën wie hierdie dinge doen.

MY Ware Skape en Lammers sal nooit 'n ander god voor MY aangesig hê nie. MY Bruid sal op geen manier 'n kompromie aangaan met dit wat EK Heilig verklaar het nie. MY Bruid sal MY Gebooie eer, insluitende die een wat deur menigtes oor die hoof gesien word. Dit was misverstaan, gespot, of die gees van rebellie wat die harte binnegedring en verhard het. Nogtans sal MY Bruid nou verantwoordelik gehou word terwyl sommige van julle jul koppe in skaamte sal hang, en nie besef hoe julle MY RUACH ha KODESH bedroef deur nie MY Sabbatdag te Heilig nie. Ag maar EK kan sien julle skud julle koppe en sê "Nie ek nie, U praat seker met iemand anders, want ek woon op 'n Sondag kerkdienste by," sommige spog selfs 'elke Sondag'. "Maar ag MY liefste kleintjies, DIT IS JULLE WIE MY RUACH ha KODESH BEDROEF HET."

Want het julle nie MY Woord, Eksodus 31:12-18 gelees nie : "Verder het die Here met Moses gespreek en gesê : Spreek jy met die kinders van Israel en sê : Julle moet sekerlik MY Sabbatte onderhou, want dit is 'n TEKEN tussen MY en julle in AL julle geslagte, sodat die mense kan weet dat EK die Here is wat julle heilig. Onderhou die Sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik GEDOOD word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die Here. Elkeen wat op die Sabbatdag werk doen, moet sekerlik GEDOOD word. En die kinders van Israel moet die Sabbat onderhou deur die Sabbat te vier in AL hulle geslagte as 'n EWIGE verbond. Tussen MY en die kinders van Israel is dit vir EWIG 'n TEKEN; want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het HY gerus en Hom verkwik. En HY het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klei, geskrywe met die vinger van GOD". (Ou Vertaling). Julle werk moet in ses dae gedoen word, maar op die sewende dag moet julle rus, Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder. Bid en EK sal julle wys hoe om hierdie dae af te sonder en julle leer om in MY te rus en julle sal MY stem hoor, bemoedig word, verkwik op 'n nuwe manier, geseënd en beskermd teen julle vyande. Het EK nie gesê EK is die groot GOD, 'EK IS' nie? en EK en MY Woord verander nie, vir geen man of vrou or tyd of seisoen nie.

Julle geestelike leiers wat dit nie verkondig nie, moet dit berou en bely. Draai weg van hierdie boosheid deur dit volgens die mens se manier te doen, met mensgemaakte leerstellinge. EK sê weer, MY weë is hoër as julle weë. Vlug weg van enige geestelike leiers wat weier om MY Heilige Woord, waarmee geen kompromie aangegaan kan word nie, te verkondig. EK sê weer, vlug. Dit is by verre beter om die waarheid deur hierdie Diensmaagd te leer as om te sterf met daardie leuen. Oefen nou om MY Sabbatdag te Heilig. Die swaar tye kom nader en julle sal verantwoordelik gehou word vir wat julle nou weet. Julle het nie meer enige verskoning nie. Weereens, julle wie MY Ware Babas en Bruid is sal geen ander gode voor MY aangesig hê nie. MY Bruid sal MY eer deur MY Sabbatte te Heilig. Moenie sê watter Sabbatdag nie, want EK het duidelik vir julle gesê dit is nie Sondag nie. MY Uitverkorenes weet dit lankal. Julle moet MY elke dag aanbid en erken, maar op die Sabbatdag, VRYDAG sononder tot SATERDAG sononder, moet julle rus, van MY leer, want EK wil julle graag op daardie dag net vir MYSELF hê, op die dag wat EK MY Sabbat noem.

Die wêreld beskou dit as belaglik en dink dit is hulle dag om te sondig en jolig te wees of te werk, en vertel vir MY Mense dat dit dwaas is om 'n Sabbat-onderhouer te wees; maar MY Mense sal weier om te werk en jolig te wees, en bewys dat die dae van die mense, 'n dwaasheid is. Nogtans is dit MY Heilige dag en satan het julle godsdienstige sisteem gebruik om MY op daardie dag te bespot. EK wil julle bemoedig, diegene wie Sabbat-onderhouers genoem word, julle is MY WARE BRUID. Julle aroma is aangenaam in MY neusgate, maar deur net 'n Sabbat-onderhouer te wees sal julle nie red nie. Dit moet gekombineer word met aanvaarding van YAHUSHUA as MESSIAS. As die sondige wêreld waarin julle leef, aanhou om opstandigheid te verkondig en MY Tien Gebooie te bemors of verander, sal EK soos in die dae van Moses, wys wat EK met 'n volk met 'n opstandige hart doen.

Menigtes wie voorgee om gelowiges in YAHUSHUA en YAHUVEH te wees, breek weereens die twee kliptafels soos Moses gedoen het, maar hierdie keer op 'n ander manier. Want die opstandige kinders breek MY hart wanneer hulle MY gebooie verbreek en sê om die Sabbat te Heilig is nie meer nodig nie. Die kliptafels is die koue klipharde harte wat ver van MY af is, anders as MY Gebooie. Geestelike leiers herskryf MY Gebooie wat EK aan Moses gegee het, bespot dit, en verbreek dit soos hulle wil. Hulle speel god oor wat geskryf is en wat hulle idee agter die betekenis van MY Gebooie is. Wat is 'n gebod? Dit is presies dit, 'n gebod, 'n wet, opdragte vanuit die Hemel verorden deur YAHUVEH. Dieselfde opdragte op aarde word in die Hemel gevolg. Soldate ontvang opdragte van die bevelvoerder, maar tog bevraagteken MY soldate MY, wanneer EK opdragte gee.

Hoekom is dit so, is EK nie dieselfde GOD 'EK IS' wat die Skelfsee gekloof het nie? Is EK nie dieselfde groot GOD 'EK IS' wat vir Noag en Moses voorsien het nie? Het EK nie 'n engel gestuur om die bek van die leeu vir Daniël toe te sluit nie? Het EK nie vir Sadrag, Mesag en Abednégo in die vuuroond beskerm nie? Kan julle glo dat EK dit weer sal doen? Dit is die geur van MY soete salwing wat verhoed het dat hulle na rook geruik het. Bid en glo in geloof dat EK julle daarvan sal weerhou om te buig voor ander valse gode. Plaas MY eerste in al julle weë soos wat hierdie drie Hebreeuse kinders gedoen het. Is EK nie dieselfde groot GOD 'EK IS' wat 'n vrou genaamd Debora as rigter gebruik het om duisende te verslaan en MY vyande na hulle graf toe en na die putte van die hel gesleep het nie? Is EK nie dieselfde groot GOD 'EK IS' wat 'n skaapwagterseun en een klein klippie gebruik het om Goliat vir altyd te verslaan nie? Is EK nie dieselfde groot GOD 'EK IS' wat die bose Farao vervloek het nie? EK het hom geskape vir vernietiging om te bewys 'EK IS' wie 'EK IS'.

Niemand verdruk of probeer om MY Uitverkorenes te beheer wie MY aanbid en dien en YAHUVEH en YAHUSHUA bo alles stel nie. Hulle wie MY Uitverkorenes vervloek sal EK vervloek. Hulle wie dit waag om MY Babas, Bruid en Uitverkorenes dood te maak, te martel, te verdruk, beheer en probeer stilmaak, sal EK terugbetaal soos in die dae van Dawid en Goliat, soos in die dae van die bose Farao. Hierdie komende jaar van 1999 sal EK weer doen wat julle in die verlede van gelees het. Julle sal MY groot hand van toorn of genade sien, almal sal die realiteit sien van watter GOD hulle gedien het. Hierdie geestelike leiers wat Apostels, Profete, Onderwysers, Predikers en Evangeliste is en sê dit maak nie saak watter dag die Sabbat genoem word nie, verkondig 'n leuen aan MY Mense. Hulle wie sê dat YAHUSHUA die Sabbat is, maar met die volgende asem hulself veroordeel deur te sê ons moet elke dag YAHUVEH en YAHUSHUA dien, dit is waar, ahh, maar luister na die volgende woord en toets die Gees wat met hulle praat wat bely dat hulle MY ken en MY nogtans nie ken nie, nou is hul kans om te bely en die waarheid te verkondig want hulle sê enige dag kan die Sabbat wees.

EK sê nou aan julle dat satan MY Dag van Aanbidding en rus, gesteel het en vervang het met 'n dag wat gerieflik is vir die mensdom. 'n Dag wat die mens ingestel het en nou opdragte uitskryf om te aanbid en te rus op wat nou Sondag genoem word. Maar EK het verklaar, en MY Uitverkorenes ken die dag van rus. Dit is nie bedoel om 'n gerief vir die mensdom te wees nie, maar 'n seën vir die mensdom en MY, YAHUVEH. Dit is nou net 'n dag wat julle inpas by julle besige werk- en speelskedule. Hulle het selfs die begin en einde van die week verander om by hulle skedule te pas. Selfs hulle wie nie MY Seun YAHUSHUA as hul Messias aanvaar nie, maar MY Sabbatdag aanvaar en eer as rus en dit Heilig, het meer guns in MY oë as julle wie julself MYNE noem, MY Seun as MESSIAS aanvaar, maar dit durf waag om MY Gebooie te herskryf. HOOR MY, VREES MY, GLO MY! MY kom die wraak toe, sê YAHUVEH.

Julle wat onder die geestelike leierskap is wat weier om MY Woord te verkondig sonder om 'n jota of titel weg te laat, pasop. Vlug uit hierdie kerke uit, julle sal van hierdie dag af in vlak, harde grond saad saai. MY RUACH ha KODESH sal weggeneem word uit hierdie plekke. Wat julle in onkunde doen, sal EK vergewe. EK sal julle Geestelike Leiers vergewe as julle sal berou toon en onderrig en doen wat reg is. Baie kerke sal in hierdie komende jaar van 1999, verlate wees, want oordeel het na die Huis van die Here gekom. HOOR MY, VREES MY, GLO MY! EK is nie 'n GOD wat bespot word nie. Nadat EK klaar met Moses op die Berg Sinai gepraat het, het EK hom die twee kliptafels gegee wat met MY vinger geskryf is, die wette van YAHUVEH. Hoekom het so baie geglo dat YAHUSHUA die Tien Gebooie gekanselleer het? Baie verkondig dat dit nie meer sonde is om die Tien Gebooie te verbreek nie, want, sê hulle, YAHUSHUA het die prys betaal. Hierdie bose geestelike leiers verdraai MY Woord; leer MY Mense dit is onmoontlik om die Tien Gebooie te gehoorsaam.

Moenie vergeet dat EK MY RUACH ha KODESH binne-in julle geplaas het wat 'n uitweg bied vir elke versoeking wat julle teëkom nie. Ander bose leermeesters sê dit is nie sonde om die minste van die gebooie te verbreek nie. Hulle vergeet dat om een te verbreek is om almal te verbreek. Die mens het die gebooie genommer van 1-10, EK sê "Hoekom sê julle julle het MY lief, maar gehoorsaam MY nie? Sal EK vir julle wette gee wat onmoontlik is om te onderhou? Onderhou MY Gebooie; pas dit toe, moenie links of regs daarvan afwyk nie. Om julle Skepper en julle MESSIAS, YAHUSHUA waarlik lief te hê is die essensie van die wet. MY Babas en Bruid het almal MY Wette verbreek en niemand kan anders sê nie, of hulle lieg. Dit is voordat julle YAHUSHUA aangeneem het as MESSIAS. Nou het julle MY RUACH ha KODESH wat julle aankla en maan as julle voete links of regs afdwaal. Hierdie jaar 1999, sal die Godvresenes MY teenwoordigheid in hulle spraak, handelinge uitstraal; selfs hul gesigte sal MY RUACH ha KODESH uitstraal. In 1999, van vandag af, sal die ongoddelikes meer ongoddelik word. Hulle sal word soos die son van ewige veroordeling en sal 'n glans manifesteer soos die engel van lig wat eens Lucifer genoem was of die aangesigte van die goddeloses sal word soos 'n donker mis. Namate MY SEUN die aarde nader, sal die skeiding tussen die skape en die bokke meer duidelik word. Die aarde sidder in groot angs oor die komende oordeel. Die hel spuug gesmelte lawa. Die poel van vuur is MY toorn wat oorloop. Hel is deur MY toorn aangesteek. Die rivier van lewe vloei met groot liefde en genade vanuit MY Troon. Vir MY Babas, Bruid en Uitverkorenes sal 1999 'n jaar vol verlossing wees vir hulle wie MY eerste stel. MY Kinders sal groot seën ervaar deur MY Sabbat te Heilig en wie die belangrikheid om MY Gebooie te onderhou, ken. MY Kinders weet ook dat as hulle teen MY sondig en bely; en wegdraai van daardie sonde, sal slegs YAHUSHUA se Heilige Bloed wat op Golgota gestort is, hulle weer kan skoon was.

MY Babas, Bruid en Uitverkorenes sal in 1999 MY liefdevolle hand van verlossing sien uitreik vanuit die Hemel en sal aanskou hoe YAHUVEH,YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH MY Babas, Bruid en Uitverkorenes verlos, en doen wat andersins onmoontlik was. Luister en leer in 1999 hoe om nie op die natuurlike te vertrou nie, maar eerder te vertrou dat YAHUVEH en YAHUSHUA bonatuurlik vir julle sal voorsien! EK, die Here julle GOD YAHUVEH, is nie beperk om dinge volgens die mens se manier te doen om vir julle te voorsien nie. Want EK het die hele Hemel tot MY beskikking. Want julle wie gebrek het aan geloof, kan julle verduidelik hoekom die son warm is? Wie veroorsaak dat die ys koud is? EK sal bewys dat wat EK gespreek het, sal gebeur. EK spreek dit vervolgens deur MY Ware Profete en Apostels en dit is slegs die begin.

EK sal begin in 1999 en EK sal vervolgens meer vrymoedig, harder, meer dikwels spreek, namate MY SEUN YAHUSHUA naderkom. Niemand sal kan sê EK het nie gewaarsku nie. Tekens in die lug en vrees wat niemand gedink het om te vrees nie. Selfs atëiste sal sidder oor wat EK in 1999 en 2000 gaan doen. Maar onthou, nie al die toorn wat julle gaan sien, sal van MY af kom nie. Satan is baie kwaad, sy tyd is kort. Satan sal sy diensknegte stuur om in 'n groter mate te steel, slag en te vernietig. Wat satan nie kan bereik nie, sal hy in satan se naam mislei en bereik deur MY SEUN, Jesus se NAAM te gebruik. Satan sal selfs mislei deur MY NAAM YAHUVEH te gebruik. Julle, MY Babas, Bruid en Uitverkorens sal die gruwel herken wat in die naam van wetenskap, regering en godsdiens gedoen word. Hoor en vrees, julle vyande van die Evangelie van YAHUSHUA, EK sal altyd 'n volk hê! MY Babas, Bruid en Uitverkorenes as EK sê VLUG, sal dit wees soos toe EK die Skelfsee (Rooi See) geopen het en EK sal julle die weg wys. MOENIE VREES NIE, VLUG NET soos Lot gedoen het, MOENIE OMKYK NIE!

Baie het aan die einde van 1998 gedink dit was 'n harde jaar, julle, wie saam 'n heildronk gedrink het, die einde van die jaar 1998 gevier het, die minute afgetel het totdat is verby was, weet nie dat EK ook getel het nie, en MY woede teruggehou het ter wille van siele nie. Eendag sal julle verlang om 1998 weer te sien, julle sal jammer wees julle het MY Seëninge weggegooi. Julle sal spyt wees omdat julle nie gehoorsaam was nie. Julle sal spyt wees omdat julle nie saad gesaai het vir die moeilike dae vorentoe nie. MY Ware Kinders sal opstaan in oorwinning, want hulle het alles gegee, hulle het niks teruggehou nie. As dit nodig sou wees, sou hulle hul lewens vir MY gegee het.

Want uiteindelik sal MY Babas, Bruid en Uitverkorenes die hand van YAHUVEH en YAHUSHUA sien wat die Goliats van hierdie wêreld sal oorgee en verslaan, en veroorsaak dat hulle vyande in sewe verskillende rigtings vlug. MY Kinders wie MY kan vertrou in hierdie nuwe jaar van 1999, in 'n wêreld wat lyk asof dit gevul is met chaos, maar te midde van daardie chaos, sal MY Kinders die betekenis aanskou van vrede wat alle verstand te bowe gaan. MY Babas, Bruid en Uitverkorenes sal meer seëninge, wysheid, kennis, openbaringe hê om te weet hoe om die vyande se lokvalle te ontduik. MY Kinders sal soos 'n Joshua wees en aanskou hoe die vyande en hulle mure van boosheid neer tuimel op hierdie bose mense. Veral in die helfte van hierdie jaar 1999, sal julle sien en onthou wat op hierdie dag 12/31/98 deur hierdie Diensmaagd gespreek is. Nog 'n ding, alhoewel hierdie Diensmaagd van Joodse afkoms is, beide moeder en vader, en EK spreek dit nie tot haar voordeel nie, maar vir ander. Dit is nie of julle 'n Jood of 'n nie-Jood is wat julle sal red nie, maar eerder of julle MY Seun YAHUSHUA as Messias aanvaar het. Het julle 'n Bloedoortapping gehad van YAHUSHUA se gestorte Bloed op Golgota?

Moenie soos die sinagoges van satan wees wie bely dat hulle MYNE is en nogtans nie MY Wette en Sabbatte onderhou en nog nie waarlik die geskenk van YAHUSHUA op Golgota ontvang het nie. MY Joodse volk onderhou MY Wette en Sabbatte, maar weier nogtans YAHUSHUA as MESSIAS. Daar sal geen ander MESSIAS wees nie, julle wag tevergeefs ten koste van julle siele. EK spreek dit vrymoedig deur hierdie Diensmaagd, vir wie EK persoonlik na Israel en Jerusalem en ander dele van die wêreld sal stuur om hierdie boodskap af te lewer, in MY liefde nie net hare nie, soos wat EK ook my ander diensknegte gestuur het om vir die Joodse volk te sê, "julle is lief vir en aanbid en dien YAHUVEH, julle hou selfs MY Wette, Feeste en Sabbatdag, maar dit alleen kan niemand red nie, of hulle Jood of nie-Jood is. Wees gewaarsku, Jood of nie-Jood, julle het slegs die helfte van MY lief as julle nie MY Seun YAHUSHUA as die enigste MESSIAS erken, aanvaar nie. Die enigste weg na die hemel. Die enigste bemiddelaar voor MY, YAHUVEH die VADER. Al julle offers was tevergeefs, almal wie nie MY Geskenk op Golgota aanvaar het nie, YAHUSHUA is SY NAAM.

Moenie MY Boodskappers haat wat EK vervolgens uitstuur met hierdie boodskap nie, wees eerder lief vir MY Boodskappers wat julle lief genoeg het ter wille van julle siele en met vrymoedigheid die waarheid gespreek het ten spyte van die vervolging. Dit sou vir hulle makliker gewees het om stil te bly, maar EK wou nie toelaat dat hulle lippe stilbly nie, want EK is lief vir MY Joodse volk. Wat sal maak dat julle jul GOD YAHUVEH se geskenk sal raaksien wat EK op Golgota gegee het? Satan beoog om deur diegene wat wette maak, MY Boodskappers wat gestuur is met hierdie boodskap, stil te maak. Hulle lewens is in gevaar, maar daar was altyd 'n hoë prys om MY Woorde sonder om 'n kompromie aan te gaan, te spreek. 1999 sal 'n jaar wees waar MY Ware Diensknegte sal staan en aan die wêreld sê "EK het besluit om YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH te volg." Om die woord tydig en ontydig te verkondig, in voorspoed of teëspoed, in waarheid sonder ENIGE VREES EN GEEN SKIKKING.

Daar is nou 'n geestelike leier, met 'n ander geestelike leier wat gaan kom, wie op 'n groot troon sit, hy dra 'n kroon van juwele, hou 'n staf in sy hand, mense buig laag voor hom, aanbid, eerbiedig hom, wette word gemaak deur hierdie ongoddelike mensgemaakte koning wat deur die Romeinse Ryk geskep is. En EK spreek met vrymoedigheid deur MY Diensmaagd en sê, "Julle sal in 1999 sien hoe hierdie sogenaamde onheilige koning MY Gebooie herskryf en 'n ander god voor die mense bring. Hierdie keer sal dit 'n vrou wees wat 'n godin sal wees. Dit word gesê sy is deel van die godheid, maar IS DIT NIE! PASOP wanneer hulle die naam Maria by die VADER, SEUN en Heilige Gees voeg. Pasop vir die leerstellings van mense." Daar is slegs een Godheid, die Groot GOD 'EK IS YAHUVEH, julle Skepper en Hemelse VADER en YAHUSHUA, MY Seun, julle MESSIAS en die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)! GEEN ANDER NIE! Daar is GEEN ander bemiddelaars in die Hemel nie. Kom slegs na MY in die NAAM van YAHUSHUA en EK sal julle aanhoor. Diegene wat weier om dit te glo, wat sal julle doen wanneer julle uitvind dat al julle offers, gebede in ander Heiliges se name, tevergeefs was.

Dit is satan wat julle mislei het. Want julle het ander gode voor MY aangesig gestel, wie hoegenaamd geen gode is nie. Wat sal julle sê wanneer julle voor YAHUVEH en YAHUSHUA staan en uitvind dat daar geen plek is waar julle tussen die hel of die Hemel is nie, slegs Hemel of Hel en dat julle nie iemand uit die Hel uit kan bid nie, ongeag hoeveel kerse julle brand nie. Julle kan nie vergewe word nie, ongeag hoeveel gebede (Hail Mary's) julle opsê nie. Hou op om in die uur van julle afsterwe MY SEUN se moeder, Maria se naam aan te roep, sy kan julle nie help nie, alleenlik die NAAM van YAHUSHUA kan. Dit was nie haar bloed wat op Golgota gestort was nie, maar MY Seun YAHUSHUA se Bloed wat op Golgota gestort was. Dit is die enigste verbond vir sonde.

MY Geliefde Kinders, wie MY Babas, Bruid en Uitverkorenes is, die heidene s? julle dink net in een rigting wanneer julle sê daar is net een weg na GOD die Vader se Troon en slegs in een NAAM, die NAAM van YAHUSHUA wat EK gebede sal beantwoord. Vertel vir hulle , "Ja, EK dink net in een rigting, want die Woord van YAHUVEH kan nie lieg nie en YAHUVEH sê, slegs in die NAAM van YAHUSHUA sal EK julle gebede verhoor en die weg na die Hemel is smal en die weg na die Hel is breed!" Vertel vir hulle "Dit is die vrysinniges wat in doodsangs sal ly en opeindig, eers in die Hel en dan in die Poel van Vuur!" Waarsku hulle MY Kinders, omdat julle YAHUVEH en YAHUSHUA en vir hulle liefhet. Wees lief genoeg vir hulle om aan hulle gramskap blootgestel te word. Wees lief genoeg vir hulle om 'n aanstoot te wees. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH praat die waarheid, die meerderheid wil nie hoor nie en ONS is vir hulle 'n aanstoot.

1999 is nie net 'n jaar van groot verlossing nie, want dit sal na MY Mense toe kom, onthou 9 is die nommer wat verlossing simboliseer en julle het dit driemaal. 3 maal is die getal van MY Drie-eenheid, daarom het julle volkome harmonie, Vader, Seun en Ruach ha Kodesh. Pasop, satan sal 1999 vat en die rigting omdraai, en dit onderste bo draai en dit sal 6661 wees. Soos wat hy alles van Heilig is vervals deur dinge agterlik te doen, en bemors selfs MY Heilige gebede in sy sataniese dienste. So, hierdie jaar 1999 sal vol van sataniese krag wees. Julle sal die mag van satan, die antichris en die valse profeet, die onheilige drie-eenheid sien manifesteer deur die wetenskap, regering en godsdiens en mensgemaakte leerstellinge, wat hulle gaan gebruik om baie te mislei. Satan sal die wetenskap gebruik en sê dit word gebruik ten goede, maar pasop, dit word gebruik vir boosheid. Pasop weereens, dit is ook vir die regering, godsdienste en liefdadigheidsinstansies. Bose dinge en erger, sal in die naam van God gedoen word. MY Geliefdes, julle kan nie sê EK het nie MY Profete en Apostels gestuur om julle te waarsku nie, sodat julle nie in die hande van die vyand se strikke sal val nie.

Want die mense wat sal lewe en die einde van 1999 sien, selfs die ateïste en heidene, sal moet erken, dat tekens, wonders en wonderwerke, verlossingskrag, diegene agtervolg wat in MY glo, MY dien, en aan hulle geloof vashou en as gevolg daarvan sal menigtes gered word, want hulle het hul geloof in YAHUVEH en YAHASHUA behou en vrymoedig verklaar dat hulle GOD hulle sal red. As gevolg van hulle vrymoedigheid, sal menigtes hoor en gered word. As gevolg hiervan sal baie nie hoor nie en veroordeel word. Want die heidene sal steeds YAHUSHUA as MESSIAS ontken, selfs nadat YAHUSHUA sy verlossingskrag bewys het vir alle oë om te hou, en sal verantwoordelik gehou word. Moenie soos die heidene sê "Gelukkige Nuwejaar!" nie. Want die heidene weet nie wat kom nie. Maar o MY Babas, Bruid en Uitverkorenes, julle het niks om te vrees nie. Die heidene se rampe is nie MY Kinders se rampe nie. EK is die GOD van die verlede, hede en toekoms en al wat MY Kinders moet doen is om soos 'n klein lammertjie of skaap te wees, hulle vertrou die herder, hulle hoef nie te kwel of te treur nie, hulle het geloof in die Goeie Herder om vir hulle te sorg. Dit is al wat EK van julle verlang, hou vas aan julle geloof in 1999 en moenie laat los nie. EK sal julle verlos.

* * * * * * *

Gespreek deur die salwing van die Heilige Gees deur hierdie kleipot, maar 'n Magtige Kryger in YAHUSHUA se NAAM, Eerw Sherrie Elijah 1/1/99.