PROFESIE 27

YAHUSHUA SAL OP 'N SABBAT TERUGKEER
HERRYS VROUE APOSTELS EN PROFETE!


Geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH

deur Apostel Sherrie Elijah

4 Januarie 1999

EK, YAHUSHUA keer terug op 'n SABBAT, julle weet nie watter een nie. Kom na vore MY Vroue Apostels en Profete, herrys NOU! Moenie langer toelaat dat enigeen julle vertel dat EK julle nie geroep het om Profete en Apostels, Onderwysers, Evangeliste of Pastore te wees nie. EK is die Pottebakker julle is die klei. Hoekom wil julle na 'n man luister of na hulle met die Gees van Fariseërs? Spreek vervolgens hierdie boodskap wat EK aan hierdie Apostel gee om te spreek. Voeg julle stemme by haar stem, vrouens en manne wie MY stem herken wat vervolgens spreek wat EK deur haar skryf. Bemoedig mekaar. Satan het julle lank genoeg stilgemaak. Apostoliese Profetiese Krygers julle weet wie julle is. Skryf aan MY Diensmaagd en bemoedig mekaar, leer van mekaar. EK kom binnekort terug. Neem mekaar se hande, julle is nie alleen nie. EK het julle oor die wêreld versprei, maar julle sal mekaar op tyd ken.

Julle het mekaar nodig. Julle sal by die manne met dieselfde roeping aansluit. Nogtans, hulle wat weier om julle te erken, los hulle vir MY. Moenie met dié met dowe ore argumenteer, wat dit goed bedoel en nogtans groot skade aan daardie vrouens berokken aan wie vertel is hulle kan nie 'n roeping as Apostel hê nie, selfs die een wie hier skryf was ontmoedig en het dit vertel. Sy het gesê : "Ag wel, Ek sal aanhou doen waarvoor ek geroep was om te doen, wat ookal julle dit noem". Maar die man wat dit aan haar vertel het, was mislei deur 'n ander stem, nie MY stem nie. Hy moet bely omdat hy dit gedoen het. Sal julle gereed wees? YAHUSHUA KOM TERUG OP 'N SABBAT! Vertel vir almal wat wil hoor, behalwe hulle wie nie glo nie. Dit is nie julle probleem nie, maar hulle probleem. Julle moet net gehoorsaam.

Hulle wie EK saam met julle voeg sal soos 'n legkaart wees en geen ander stukke sal perfek inpas nie. Hou julle oë oop vir ander. EK bring troepe Profete, Apostels, Evangeliste, Onderwysers en Pastore saam en hulle sal nogtans as 'n eenheid werk. Wat nooit meer van hulself dink as wat hulle is nie. Wetende dat wanneer hulle saam staan, hulle sal bereik wat EK beveel het om te doen. 'n Groot siele-oes sal bereik word en dit sal een van die grootste siele-oesbedienings op aarde wees. Vir MY die VADER YAHUVEH, MY SEUN YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH se Glorie. Baie sou nie gered geword het as EK nie hierdie bediening opgerig het nie.

My Apostel wie manne verwerp as 'n Apostel, ken MY stem en skryf neer wat sy hoor. EK het ander vrouens as Apostels geroep en hulle is meegedeel dat hulle nie in hierdie amp gebruik kan word nie, maar EK sê vir julle soos wat EK vir hierdie Apostels gesê het, dit is nie vir manne om te besluit nie. Hoe EK My Diensmaagde gebruik is MY besigheid alleen. Hulle is MY klei en EK alleen vorm hulle en stel hulle op die proef deur die vuur van hul beproewinge op 'n manier wat EK verkies. Wie is 'n man om vir MY, YAHUVEH te sê wat EK kan doen en nie kan doen nie. Baie mans was mislei omdat hulle die Gees van Dawid, wat EK in MY Diensmaagde geplaas het, onderskat het.

Hoe meer die mans teen dit veg, hoe meer sal EK MY Dawid Geeste in MY Diensmaagde oprig. Dit is slegs trots wat die mans sulke dinge laat sê. TOON VANDAG BEROU! EK het haar beveel om beide die vroue Profete en vroue Apostels, Onderwysers, Evangeliste en Pastore te bemoedig. Sy ken die hitte van vervolging weens die hoë roeping wat EK op haar lewe geplaas het en op almal wie geroepe is om MY Apostoliese Profetiese Krygers in hierdie eindtye te wees. Menigtes is vrouens. Moenie toelaat dat die manne of Fariseërs JULLE TERUG HOU NIE! Dit is wat EK, YAHUVEH, gedoen het en besig is om te doen. Wie durf vir YAHUVEH vertel dat HY verkeerd is?

EK het jou en die mans en vrouens bymekaar gebring om een in MY RUACH ha KODESH te wees, julle sal as een in MY RUACH ha KODESH beweeg en julle sal praat as een in MY RUACH ha KODESH. Julle sal uitreik na die wat nie bereik kan word nie en na baie mense wat verwerp en weggegooi is, wat gesien word as iemand wat nooit gered kan word nie. EK sal julle met 'n salwing en met woorde en liefde uitstuur, wat nie uit julleself is nie om hierdie mense te bereik. Ja, EK sê julle moet 'n mensdom bereik, waarvoor julle bang sal wees om te beledig, maar deur nie te praat nie sal die grootste belediging van almal wees. EK vertrou MY werkers wie EK uitstuur, want EK is die Pottebakker en julle die klei. EK weet wat EK in elke werker geplaas het wat by haar aansluit. EK weet waarvan sy gemaak is en EK ken haar swakhede. Waar sy swak is, het EK ander sterk gemaak. Waar die ander wat moet aansluit swak is, is sy sterk gemaak, soos 'n metaal wat deur vuur gelouter is so het EK gedoen met almal wie by jou moet aansluit. Jy hoef bang te wees wie by jou sal aansluit nie, want EK sê vir jou dit is nie jou keuse nie maar MYNE.

Enige Judasse wat beoog om by hierdie bediening aan te sluit, sal dieselfde lot as Judas hê. EK sal nie toelaat dat enigiemand vernietig wat EK SELF opgerig het en aanhou oprig nie. Hierdie bediening sal die wêreld omhels. Moenie 'n klein begin verag nie want EK het begin as 'n baba in 'n krip, het EK nie? Op die aarde, in die begin, was dit al wat die aarde kon sien en tog, kyk hoeveel het EK in drie jaar aangeraak en gered. Al die boeke in die wêreld kan nie beskryf wat EK in daardie kort tyd gedoen het nie. Moenie die krag van MY Salwing onderskat nie. EK het julle almal gesalf en sal aanhou om MY Salwing op 'n groter mate uit te stort. Julle sal weet dat in julself julle niks kan doen nie, maar met YAHUVEH is alle dinge moontlik as julle maar kan glo.

Julle is nou apart in verskillende state, maar dit is slegs tydelik, want hierdie jaar sal julle bymekaar wees, naby genoeg om aan te raak. Julle sal reis en saam bedien. Moenie probeer om dit te laat gebeur nie, kyk hoe EK dit laat gebeur. Moenie probeer en sê watter tyd en seisoen nie, weet net dit sal MY tyd en seisoen wees. Bid en bedek mekaar. Werk saam; deel met mekaar wat julle geleer het. Toe EK die vennote uitgekies het wat by MY Dogter moes aansluit, het EK baie versigtig gekies en deeglik getoets. EK het julle so baie lief, EK vertrou julle so baie. EK weet julle sal nie MY Dienskneg seermaak nie, maar beskerm en sy sal julle nie seermaak nie maar julle beskerm. Almal wat aansluit is baie spesiaal soos 'n ketting wat van soliede goud gemaak is. EK sit nie enige metaal soos blik of silwer of lood saam met MY goue ketting nie, maar slegs die beste metaal wat EK kan vind wat gelouter is deur die gloeiende smeltoond en uitkom soos suiwer goud, sewemaal verfyn.

Moet nooit meer van julself dink as wat julle is nie. Julle is 'n geliefde kleipot waarin EK MY genade en barmhartigheid en gawes van die RUACH ha KODESH uitgestort het. Julle is 'n gewillige kruik wat nie teen die Pottebakker se hand veg nie. Julle het MY toegelaat en sal aanhou om MY toe te laat om julle te vorm soos EK julle wil hê en nie soos julle verkies om te wees nie. Julle moet alles wat julle het op die altaar plaas en MY toelaat om weg te neem wat EK nie wil hê julle moet hê nie, en terug te gee wat EK weet julle moet hê. Hou niks terug nie en vertrou MY. EK sal dit teruggee, nie net wat julle geoffer het nie, maar meer as wat aan MY geoffer is. Toets MY en kyk of EK nie sal doen wat EK sê nie. MY Apostel, gee vir MY Nikomia, sê vir MY, 'bring hom as U wil', plaas alles wat jy het op hierdie altaar, insluitende hierdie bediening, en kyk wat EK sal doen. Wees gewillig dat EK alles of almal in julle lewens kan verwyder wat julle nie help nie, maar instede, julle verhinder om alles te wees en te doen wat EK beveel het wat in MY NAAM gedoen moet word. Doen dit met alles, self julle kinders. Julle moet soos Abraham glo dat EK 'n goeie GOD is en EK sal teruggee alles wat bedoel is as 'n seên, en wegneem enigiets wat satan voor julle sit om 'n struikelblok vir julle te wees. Sal julle dit waag MY Kinders?

Finansies ingesluit, moet niks terughou nie want dit is in elkgeval MYNE. Wat julle s'n is is MYNE, wat MYNE is is julle s'n. Gee dit vir MY sodat EK dit in 'n groter maat kan teruggee. Vertel vir MY Mense. Skryf dit neer, nie net vir julle vennote wat by julle moet aansluit nie, maar ook vir MY Mense want dieselfde opdrag geld in hierdie eindtye. Vertel hulle, "LÊ ALLES WAT JULLE HET OP MY OFFERALTAAR NEER." Sê, "WAAG DIT OM JULLE VADER YAHUVEH, YAHUSHUA EN DIE RUACH HA KODESH TE VERTROU!" Waag dit om gewillig te wees dat EK snoei wat nie in julle lewens hoort nie. Waag dit om te vertrou dat EK die seëninge sal vermeerder wat EK teruggee. Doen dit nou, voor EK dit sonder julle toestemming vat. Doen dit, of dit man, vrou, kinders, finansies, huis, motorkar, bedienings is, die lys gaan aan. Doen dit met enigiets waaraan julle waarde heg, besigheid, vennootskap, kerke. Julle sal weet wat dit is.

Enigiets wat julle weet wat EK nie goedkeur nie, julle sigarette of enige ander middel wat julle gebruik om vir julle vrede te bring, wat in elk geval net 'n plaasvervanger is, want EK is die Prins van Vrede. Julle het niks anders nodig nie. Gee dit vir MY, offer dit aan MY en as dit bedoel is om jou te seën, Sal EK dit teruggee. As dit nie bedoel is om jou te seën nie, sal EK DIT VERWYDER! Want julle, wie julself MYNE noem, EK het die reg om weg te neem wat EK aan julle gegee het, sowel as dit wat deur satan aan julle gegee is, of deur julleself, enigiets wat julle wandel met MY verhinder. Verlang julle dat EK julle moet red in die komende dae vorentoe? GEHOORSAAM MY dan en doen dit. Bid as julle nie die bedoeling hiervan verstaan nie. Lê selfs julle huwelike op hierdie Offeraltaar neer. Die Godvresendes sal staande bly. Om die waarheid te sê, EK sal julle seên op 'n manier wat julle nooit gewaag het om te glo nie.

MY Kinders julle sê julle verlang MY perfekte wil? Regtig? Sal julle regtig een dag in die week vir MY gee? Die Sabbat, VRYDAG SONONDER TOT SATERDAG SONONDER moet julle in MY rus, verheug julle in MY, leer van MY. Sit julle werk opsy en instede daarvan, doen slegs MY werk, as enige werk gedoen moet word. Bid en EK sal vir julle wys wat om te doen en wat nie. EK is 'n GOD van perfekte balans. EK verafsku enigiets ongebalanseerd. Selfs die Sabbat moet in balans gehou word. Hierdie is 'n dag om te jubel in MY, nie 'n vloek nie; dit is 'n dag wat 'n seën vir julle moet wees, nie om te vrees nie maar om na uit te sien. Die Sabbat is nie 'n dag van slawerny nie maar 'n dag van vryheid in MY, YAHUSHUA. EK en MY Dissipels is 'n voorbeeld van wat om op 'n Sabbat te doen. Moenie by die Fariseërs leer wat sê dit is 'n dag om in slawerny te wees, wat sê dit is 'n dag om te ly nie. Ja, EK sê deur MY Sabbatdag te onderhou en deur dit Heilig te hou, sal julle seëninge groot wees.

Dit is die dag wanneer EK weer gaan kom! Ja, EK sê, "Onderhou die Sabbat van hierdie dag af, julle wie voorgee om MY Bruid te wees". Wees gereed vir julle Bruidegom wat kom en op 'n Sabbat gaan arriveer. Julle weet nie watter een nie. Maar hulle wie MY nie op die SABBAT verwag nie, sal MY MIS. Ja, EK sê weer, soos MY terugkoms aarde toe nader kom, laat EK op hierdie dag in julle gedagtes, woorde en dade wees. Geniet hierdie dag saam met MY. Kan julle nie vir een dag in die week julle wêreldse plesiere opsy sit ter wille van MY nie? Beoefen dit nou, die tyd kom wanneer die bose kennis sal neem wie waarlik MYNE is en wie nie waarlik MYNE is nie. Hulle sal deur die MERK weet of julle MY Wette onderhou en nakom. Hulle sal julle belet om op die Sabbat te vergader of te erken dat hierdie dag die Sabbat is. Onthou Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder is die Sabbat. Hou dit HEILIG as 'n dag vir julle en MY om te koester en mekaar te leer ken. Julle is MY Geliefdes. Diegene wie dit doen sal seëninge ervaar soos wat julle nooit tevore geken het nie.

EK het hierdie dinge aan MY Diensknegte gespreek en EK het hierdie boodskap aan julle, die mense gegee te midde van 'n persoonlike profesie aan hulle in hierdie bediening. Nogtans laat EK hierdie woorde met julle: vir hulle wie bely dat hulle MYNE is, en hulle wie siele na MY toe lei, wie MY Babas, Bruid en Uitverkorenes leer om Sabbat Onderhouers te wees nie Sabbat brekers nie. Hierdeur sal almal julle herken, hierdeur sal julle gereed wees vir MY koms. Hulle wie ore het om te hoor sal hoor, al die ander sal doof bly. Los hulle doof, want dit is 'n gees van rebellie wat in hulle harte en siele inkom. Los hulle, EK sê weer, moenie probeer om hulle van gedagte te laat verander nie. MY Skrifte spreek die waarheid, dit verander nie.

EK, YAHUSHUA het gekom om die wet te vervul, nie om YAHUVEH se Wette te kanselleer nie. Vertel vir hulle, en as hulle weier om te hoor, moenie julle asem op hulle vermors nie. Onthou in die verlede was baie doodgemaak omdat hulle nie MY Sabbat onderhou het nie. Die tyd kom wanneer julle groot tragedies sal sien en dit sal op die Sabbat gebeur. Mense sal hulle hoofde skud en wonder hoekom? Julle sal die rede weet hoekom, EK het julle nou net vertel. Maar hoe sal die ander weet hulle beledig MY as julle hulle nie vertel nie? Almal wat hier lees en MY stem herken, julle word verantwoordelik gehou om dit aan hulle wat nie weet nie, te vertel. Hulle dink deur kerk op Sondag by te woon eer hulle MY Sabbat. Maar MY Ware Sabbat gaan ongemerk by dieselfde mense verby. EK gee nie om dat hulle elke dag vergader en MY aanbid nie, maar op die Sabbat is dit MY Dag en julle dag wat ons spesiaal afsonder soos geen ander nie. Wanneer julle eet onthou julle het 'n onsigbare gas. Onthou wat julle op daardie dag doen, EK doen dit saam met julle.

As julle sonde doen, sal EK spesiaal daarvan kennis neem op hierdie dag. Julle word weereens gewaarsku, so MY Mense kan nie sê hulle het nie hierdie waarskuwing ontvang, voordat EK my oordele stuur oor diegene wat opsetlik ongehoorsaam is nie. Vir MY vyande is EK 'n GOD van Liefde en Toorn. Julle is slegs MY vyande as julle verkies om te wees. EK het vir almal gesterf, MY Bloed was vir almal uitgestort; EK is nie iemand wat mense sal hanteer volgens hulle rang of posisie nie, maar EK weet wie waarlik MYNE is en wie van die valse kerk is, wat net voorgee. Oppas as julle MY probeer bespot deur woorde te spreek wat ander wil hê julle moet spreek, en tog nie MY stem hoor nie. Oppas as julle praat en nie doen nie. EK het vervolgens deur hierdie Diensmaagd gespreek, toe sy dit die minste verwag het dat EK weereens aan die mense sou profeteer. So julle wat MY deur die hierdie laaste waarskuwingswoorde bespot, kan nie sê, LUISTER NA MY, VREES MY, GLO MY! nie. Was dit nie EK, die Here julle GOD YAHUVEH en YAHUSHUA wat dit deur haar gespreek het nie? Oppas as julle haar julle vyand maak want sy is nie verantwoordelik vir die woorde wat EK spreek nie. Sy is slegs verantwoordelik as sy bang is om dit met vrymoedigheid te spreek. Sy het MY tot dusver gehoorsaam.

Sal jy 'n Sabbat breker of 'n Sabbat onderhouer wees? Moenie verwag om deel van MY Bruid te wees as jy nie op hierdie dag gereed is vir MY nie. Berei nou voor MY Bruid, want EK KOM SPOEDIG! Groot tragedies sal plaasvind op MY Sabbat as 'n TEKEN dat dit 'n wet is wat nie verander het nie. Julle sal weet as julle dit hoor. EK verander vir geen man of vrou, tyd of seisoen nie, EK is dieseflde GOD, gister, vandag en vir ewig. Die GROOT GOD 'EK IS' het MY Gebooie met MY vinger op klip geskrywe en EK maak verskoning teenoor niemand nie.

EK vergewe maklik almal wat nie van beter geweet het nie. Hierdie Diensmaagd deur wie EK nou spreek, leer nou eers van MY bedoeling met die Ware Sabbat. Dit was vir 'n tyd en seisoen. Sy is nie beter of slegter as almal van julle wie EK nou onderrig nie. Onthou julle is nou verantwoordelik vir wat julle weet. EK weet reeds wat julle met hierdie kennis gaan doen. Vra MY op hierdie dag wat stoot MY af en wat nie. Bid op hierdie dag en offer alles as 'n offerande aan MY, EK sal dit wat 'n seën vir julle en vir MY is, seën en vermeerder, en vervloek wat 'n vloek vir julle en vir MY is. Hoeveel van julle wat hier lees, sal dit waag om julle GOD te vertrou? EK weet alreeds watter keuse julle maak.


* * * * * * *

So is dit Gespreek, so is dit Geskryf, onder MY salwing deur MY Apostel Sherrie Elijah, 4 Jan. 1999 9:49 NM.