PROFESIE 29

WEE DIE WOLWE IN SKAAPSKLERE!

Gegee aan Eerw Apostel Sherrie Elijah
4 Februarie 1999 2:12 nm

(Verduideliking aangaande Profesie). WEE DIE WOLWE IN SKAAPSKLERE! Moenie aan MY gesalfdes raak nie, en moenie MY Profete enige skade aandoen nie. Alhoewel hierdie profesie aan 'n ander gegee is wie my verraai het as 'n perseelbestuurder, het sy haar bediening vernoem en na hierdie een. Dog, daardie bediening lei ander op 'n dwaalspoor na materialisme en sekere valse leerstellings. Die "Engles" het hulle bediening Heilige Gees Vuur (Holy Ghost Fire) genoem, en hulle het gekopieër wat God aan my gegee het as iets wat moet Heilig wees. Ek moet hierdie profesie deel want dit is bedoel om ander leraars en bedienings te bemoedig waar die wolwe besig is om te verslind of die mense met hul slagtande te byt. God is nie iemand wat 'n mens sal behandel volgens die rang of posisie wat hy besit nie. Net soos wat HY my beskerm, sal HY julle vyande in sewe verskillende rigtings laat wegvlug.

Hierdie vrou wie haarself 'n pastoor noem, was my webbestuurder vir een aand en het mense na "Amway" gelei en nie na YAHUSHUA nie. Ek het geen keuse as om haar naam daarop te laat nie, want sy het nie die naam van haar bediening verander nie. Sy het vir een aand 'n wins uit hierdie Profeet gemaak. Ek vra aan haar en ander wat dieselfde dinge doen : wat is die prys vir 'n siel? Leraars, pasop, almal wie die belastingvrystellingstatus aanvaar en deur die Regering omgekoop word om nie die mense te waarsku teen dit wat in hierdie land aan die gang is nie. Die RUACH ha KODESH het eerlikwaar aan my gesê dat belastingvrystellingstatus julle enigste beloning sal wees. Binnekort sal daar geen beloning van die Regering wees nie, wat sal julle dan doen? Hierdie leraar wat in die onderstaande profesie genoem word, se naam sou ek eerder wou uitgelaat het, maar ek is NIE toegelaat om dit te doen nie, want dit is 'n woord van God en 'n waarskuwing aan almal wat dieselfde doen. Dink aan YAHUSHUA en hoe HY die geldwisselaars se tempels vernietig het. Hierdie profesie is slegs 'n klein voorbeeld van hoe HY gevoel het. Ek vergewe haar en bid net dat sy sal ophou om die God van materialisme te dien.

Ek het vir 'n lang tyd hierdie profesie uitgelaat totdat ek gereeld versoeke daarvoor gekry het. Ek hou nie daarvan om vloeke van GOD YAHUVEH uit te spreek en nie seëninge nie. God is 'n God van Balans in alle dinge. Lees in Deut 28 van die vloeke van God vir hulle wie ongehoorsaam is en Seëninge vir hulle wat Gehoorsaam is. 4 Feb 1999.

Eerw Sherrie Elijah

* * * * * * *

Vyande van hierdie leraar en bediening wie soos 'n skaap gekom en julle wolfslagtande gewys het en met intensies om hierdie bediening en leraar en dit waarvoor dit staan, dood te maak, julle sal die dag berou (so spreek YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH) wat julle die naam van hierdie bediening gesteel het om die Babas, Bruid en Uitverkorenes te verwar. Julle het geen reg nie, ook het EK die Here YAHUVEH of YAHUSHUA nie aan julle die reg gegee om jul bediening 'Heilige Gees Vuur Bediening (Holy Ghost Fire Ministry) te noem nie. Toon vandag berou, Barbara Engle omdat jy gesteel het wat Heilig was en daardeur MY toorn oor jouself opgehoop het en jou motiewe en bediening onheilig is. Jy is die Judas teen wie EK My Dogter Sherrie Elijah lank gelede gewaarsku het. Gee sewevoudig alles terug wat jy gesteel het. Verwyder die naam wat jy gesteel het of jy sal jou siel verloor as jy aanhou om op die pad van vernietiging te loop. Niemand wat sulke dinge doen sal oorleef nie en die vlamme van die Hel sal tot in ewigheid aan jou gesig en liggaam lek. Gee terug. Gee alles prys wat jy gesteel het.

Pasop EK is 'n GOD wat nie bespot sal word nie. EK het MY Diensmaagd, My Geliefde dienskneg gebruik om jou te toets, om jou te waarsku, maar jy wou nie luister nie. Jy het die profesieë gelees en getik, MY oordele gehoor wat uitgespreek is oor die onheiliges en almal wat beoog om 'n bediening te vernietig wat nie deur 'n blote vrou se hande opgerig is nie, maar deur die hande van ALMAGTIGE GOD YAHUVEH, YAHUSHUA en MY RUACH ha KODESH. Jy durf dit waag om die naam van 'n bediening te steel wat van MY HEILIGE GEES vuur spreek. Deur dit te doen en as jy nie vandag beley en hierdie boosheid prysgee nie, sal jy jou siel verloor. Hierdie is MY laaste waarskuwing aan jou, Barb en Paul. Julle sal slegs geskik weer vir MY vernietiging, draai weg van jul bose weë. Onthou vir Jakob het EK liefgehad. Vir Esau het EK gehaat. Ikabod is jou naam.

Moenie dink dit is Sherrie Elijah wat hier praat nie want EK profeteer julle vernietiging op elke denkbare wyse, indien julle nie wegdraai van jul bose weë nie. EK het julle lank gelede gewaarsku en EK waarsku julle weer. Julle hond was slegs 'n teken. EK die Here GOD gee lewe en EK die Here GOD neem dit weg. Hoe broos is julle, TOON vandag BEROU! Neem die Heilige Gees Vuur (Holy Ghost Fire) af van die naam van 'n bediening wat EK nie vir julle gegee het nie. Julle noem julself 'droomsoeker' (dreamseeker) maar EK die Here GOD wie julle voorgee om te dien, sal julle grootste nagmerrie word as julle nie na MY Profeet luister wie nou hier spreek nie. Gee finansieel sewevoudig terug alles wat julle gesteel het. Toets MY en kyk of EK nie sal doen wat Ek gespreek het nie. Toets MY en kyk of Ek nie vernietiging oor alles bring wat julle met jul eie hande opgebou het nie. Het julle nie in die verlede geleer nie? Terwille van die feit dat EK nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie, het EK julle weer gewaarsku.

Moenie vir julle skatte op die aarde bymekaar maak nie maar vergader dit in die Hemel. So is dit gespreek, so is dit geskryf, so sal dit gebeur want hierdie is die woorde van die een en enigste GOD, 'EK IS'. 'EK IS' sal van vandag af soos julle grootste vyand wees as julle nie alles prysgee en alles sewevoudig teruggee wat julle gesteel het nie. Moenie jou man Paul, blameer, soos Eva nie, jy het geweet wat jy doen is verkeerd. Jy het MY droefheid in die vorm van depressie gevoel en nogtans het jy nie berou gehad nie. EK het jou MY woede gewys deur julle hond se lewe aan te raak en jou gewys hoe broos die lewe is, maar jy het ook gesien dat EK kan lewe gee waar daar dood is. Siekte waar daar gesondheid is. Armoede waar daar rykdom is. Hartseer waat daar vreugde was.

Jou moederskoot sal nie 'n kind verwek nie en alles wat jy dink EK het, sal nie gebeur nie, indien jy nie alles teruggee wat jy van Sherrie Elijah gesteel het en Heilige Gees Vuur (Holy Ghost Fire) verwyder van die naam van jou bediening nie. EK het jou nie aangesê om so 'n bose ding te doen nie. Om hierdie Heilige bediening te besoedel wat slegs staan vir Heiligheid en te bespot wat EK vir Sherrie Elijah gegee het. As jy nie gehoorsaam nie, sal al jou seëninge, selfs die kleinste in vloeke verander. Elke keer wanneer jy die naam Heilige Gees Vuur Bediening skryf of sien wat jy gesteel het vir jou eie wins en roem. Jy sal nog 'n vloek ontvang totdat jou lot soos die van Farao is. Kom uit die kerk van die nabootsers Barbara en Paul Engle uit. Sherrie Elijah het nie ten volle geweet waarmee julle besig was nie, maar EK het ander gewys. Terwyl julle gewerk het het EK tekens aan julle gegee om te stop waarmee julle besig was, maar julle het hierdie tekens geïgnoreer. EK sê weer : "Julle moet berou hê vir dit wat julle gedoen het. Gee terug die naam van hierdie bediening. Vee jul onheiligheid uit met MY Seun se Bloed; gee die bose leerstellings en ander winsgode op. Julle word op hierdie dag gewaarsku deur YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH, wie julle voorgee om te dien".

4 Februarie 1999 2:12 NM : Wat is die prys van jou siel? Wees gewaarsku en pasop, EK sal die seëninge terugneem wat EK aan jou gegee het as jy nie vandag BEROU TOON nie! EK het jou na Sherrie Elija toe gestuur en jou toegelaat om getoets te word, wetende dat sy MY Woorde sal spreek wanneer EK dit gespreek het. Jy kan nie sê dat niemand vir jou vertel het nie. So Spreek die Here GOD van die Leerskare. Bely die valse leerstelling waarin jy glo en onderrig. Jeukende ore en dwalende oë en wellus na goud het jou weggelei van Golgota af.

* * * * * * *

Gespreek en geskryf deur MY Diensmaagd, Sherrie Elijah op 4 April 1999 2:12 nm.