PROFESIE 30

PASOP EK SAL DOEN WAT JULLE NIE SAL DINK NIE,
OP 'N TYD WAT JULLE NIE SAL DINK NIE,
OP 'N MANIER WAT JULLE NIE SAL DINK NIE!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah

8 Februarie 1999

* * * * * * * *

Die mens se hart sal beswyk weens vrees as hulle sien wat oor hierdie wêreld gaan kom in die jaar 2000 en verder. Omdat hulle wat waarsku, bespot word, sal julle die komende dinge proe. Pasop, moenie MY genade as vanselfsprekend aanvaar nie, moenie MY Seun se Bloed onder julle voete vertrap en onheilig maak deur te sondig en te sê : "Ag nou ja, ek is vergewe" nie. Want EK sê vir julle, daar is geen vergifnis as julle dit doen nie. Pasop vir diegene wie dink EK is 'n GOD wat bespot kan word. Pasop vir diegene wie MY liefde en genade en langdurige lyding as vanselfsprekend aanvaar. Pasop vir diegene wie sê : "Wraak is nie myne nie, sê 'n God van balans, beide liefde en oorlog".

Hierdie wêreld sal maai wat dit gesaai het. MY Babas, Bruid en Uitverkorenes wie Heilig lewe asof dit die laaste dae is en MY op die Ware Sabbat eer en dit Heilig, kyk uit vir MY, EK sal terugkeer en vind dat MY Bruid olie in haar lamp het, wagtend op haar Bruidegom, haar Verlosser. EK sal haar wegneem as MY Bruid. Maar diegene wat slegs die lamp het maar geen olie nie, sal uitvind hulle het 'n vorm van goddelikheid en geen goddelikheid daarbinne nie. Hulle sal weggaan en MY soek en EK sal nie te vinde wees nie.

Niemand kan sê hulle is nie op hierdie dag gewaarsku nie.

* * * * * * *

So is dit gespreek, So is die geskryf op hierdie dag en aan Pastoor Sherrie Elija gegee op 8 Februarie 1999