PROFESIE 31


JULLE PASGA ('PASSOVER') WOON WAAR JULLE GELOOF WOON!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
30 Maart 1999

* * * * * * * *

Jesaja 53 :4-5 : Nogtans het HY òns krankhede op HOM geneem, en òns smarte - dié het HY gedra; maar òns het HOM gehou vir een wat geplaag , deur GOD geslaan en verdruk was. Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op HOM, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Ou Vertaling)

* * * * * * *

EK het dit teen jou Amerika. Jou leier is nie net 'n hoer lustige nie, maar 'n oorlogslustige. Jou strate word nie deur genoeg verdorwenheid en genoeg bloedvergieting oorstroom nie, nou moet jy dit na ander nasies toe vat ook. Jy slag die ongeborenes af met minder genade as die diere wat jy dood ter wille van voedsel. Jy toon meer agting en meegevoel teenoor die kreature as teenoor die babas wat daagliks uitmekaar geskeur en lewendig verbrand word.


EK het dit teen jou Amerika. Jy was 'n nasie wat afgesonder was deur MY Goddelike Hand om die Here GOD ALMAGTIG te verheerlik wie se NAAM 'EK IS' is. Jy wat eens vir Goddelikheid bekend was, is nou niks meer as 'n leë dop nie. Jy stort jou wraak uit op 'n nasie op wie jy geen reg het om jou oordele uit te stort nie. 'EK IS' is die enigste een wie die reg het want die wraak is MYNE, sê die Here. Hoe kan jy splinters uit hulle oë haal terwyl jy 'n balk in jou eie oë het? Haal eers die balk uit jou eie oë en help dan iemand met 'n splinter.

Hoe kan jy 'diktator' skree terwyl jy jou eie diktators het? Amerika EK het dit uit die Hemel bepaal, as jy nie op jou knieë val en jou sondes erken, soos wat EK vroeër die waarskuwing deur hierdie Diensmaagd uitgeskree het nie, sal EK dit weer deur haar spreek, sowel as deur ander Profete : "Amerika BELY want jy sal nooit weer 'n oorlog wen nie!" Jy sal maai wat jy saai. Jy sal dieselfde maat van verwoesting wat jy nou uitstort en dieselfde maat van dood wat jy uitgiet, self drink uit MY beker van toorn, totdat daar niks meer oor is nie. Amerika, jy was eens 'n betroubare en gerespekteerde nasie, maar nou is jy 'n bespotting vir alles wat Heilig is. Jou mense was eens bekend vir sedelikheid, so ook jou leiers, maar nou staan jou mense en jou leiers oor die wêreld bekend as onsedelik en onbetroubaar. Jy verdedig die onreg en jy wil die reg stilmaak.

Jy bombardeer 'n land wat ten minste 'n God aanbid. Selfs 'n heidense God is beter as niks want selfs 'n heiden nasie erken hulle is nie oppermagtig nie. Amerika EK het dit teen jou. Jy dien geen God nie. Jy buig jou knie voor geen God nie, alhoewel jou geldeenheid sê : "In God We Trust", jy vertrou op geen God nie. Jy Amerika, het 'n vorm van Godsaligheid maar geen Godsaligheid in jou nie. Amerika jy sal maai wat jy saai.

Jy stuur sendelinge na ander lande en EK seën daardie sendelinge met MY salwing en heidense lande leer YAHUSHUA ken as Heer en Verlosser. Nogtans bespot jou eie land dieselfde boodskap. Nie almal doen dit nie, want EK het 'n volk. EK het 'n oorblyfsel wat nie beweeg sal word nie. Hulle sal nie hul knieë voor satan en die doktrines van die antichris buig nie, maar ag so min. O EK ween, so baie verdwaal. Menigtes luister na leringe oor vreemde vuur, demonstreer vreemde vuur in hul kerke en bid selfs vreemde vuurgebede. Kom uit hulle uit. Luister na die stem van MY RUACH ha KODESH julle ken die stem van julle Goeie Herder. Toets elke aksie met die woord van YAHUVEH. Toets die gees wat praat. Die valse profete lyk so goed in hierdie tyd en seisoen. Hulle spreek woorde wat sê "Alles is goed en vorentoe is daar slegs seëninge". Ja, MY kinders sal EK beskerm.

Maar onthou vir Moses en leer die les by die kinders van Israel. Die plae het nie naby hulle gekom wie hul vertroue in MY, die GOD van Abraham, Isak en Jakob gestel het nie. Maar hulle het die plae aanskou wat oor die ander gekom het. EK stuur MY Geliefde Seun YAHUSHUA, julle MESSIAS om te kom en om MY Bruid weg te raap. Het EK nie vir julle tekens in die Heilige Skrifte gee van wat om te verwag en waarna om op te let nie? Het julle nie gesien dat hierdie dinge begin gebeur nie? Het EK nie gesê. "Waarlik EK sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het en julle die Seun van God, YAHUSHUA se wederkoms gesien het nie". Hoekom twyfel julle aan MY? Hoekom is daar slegs 50% van julle wat sê julle het MY lief en dien MY, wat glo dat EK MY Geliefde Seun YAHUSHUA stuur om hulle te red wie nie bestem is vir MY komende toorn nie? Vir dié van julle wat weier om julle geloof te gebruik om te glo in hierdie SALIGE HOOP het EK nuus, HY kom nie vir julle nie.

Net soos julle nie gered kan word sonder om te glo dat dit die waarheid is nie, net so sal julle nie waardig geag word om YAHUSHUA se Bruid te wees as julle nie geloof het nie. As julle leef asof MY SEUN YAHUSHUA nie kom nie en jare vooruit beplan, en slegs geïnteresseerd is in wêreldse dinge en besittings. Dan het EK nuus vir julle, julle is nie ingesluit by die Bruidegom se lys van hulle wie verseël is om SY BRUID te wees nie. Nie enigiemand is geskik om 'n Bruid van YAHUSHUA genoem te word nie. Sommige is slegs geskik om Gaste te wees. Dit beteken nie dat julle nie een of ander tyd gered sal word nie. Dit beteken slegs dat tot julle in 'n wêreld beweeg wat slegs geskik is vir MY toorn, julle sal sien wat julle gemis het, en julle sal dan op 'n nuwe manier met 'n nuwe geloof na MY toe draai.

Dan is daar andere wie waardig is om MY Bruid te wees en nogtans het satan julle mislei deur julle te laat dink julle doen MY 'n guns deur agter te bly gedurende die Groot Verdrukking om te help om mense te bedien. Julle geloof is soos wat julle sê "Ek sal hier bly en die Groot Bruilofsdag misloop sodat ek vir ander tot hulp kan wees!" Waar julle geloof is daar sal julle woon. Dink julle nie dat EK ander kan oprig wie hierdie tugtiging nodig het om hulle gereed te kry vir die Hemel nie? Dink julle regtig EK het nodig om MY Geliefde Bruid agter te laat, vir wie EK in MY Heilige Skrifte sê : "Bid dat julle waardig geag sal word om die komende toorn te ontvlug? Nogtans sê julle julle is waardig en ag dit 'n voorreg om agter gelaat te word. Wees gewaarsku, waar julle geloof is daar sal julle woon. Sommige sal hulle self in die tyd van Groot Verdrukking bevind omdat hulle dit so verkies. Nie MY keuse nie maar hulle s'n. EK sal doen soos wat hulle glo en sal hulle beskerm as hulle geloof MY toelaat om so te doen. Soveel lyding sal egter onnodig wees as hulle slegs nou bely deur so te praat en te dink.

Die wêreld sal in volle en onverdunde maat maai wat gesaai is. EK het die bose Farao gewaarsku en EK waarsku weer MY vyande. BELY! Draai weg van die Bose. EK het Ninive gewaarsku en hulle was gespaar maar teen die einde het hulle weer teruggedraai na boosheid en EK moes vernietig wat EK vooruit beskik het om te vernietig. Want EK ken die harte van die voorafbeproefdes. Hulle soos die Bose Farao wie praat asof hulle jammer is en hulle bose maniere stop, net om met die volgende asem met die bose te verbind deur vir MY en MY Mense te lieg. Daar is geen waarheid in die voorafbeproefdes nie. Maak nie saak wat EK met hulle doen nie, hulle sal MY nie dien of MY aanbid nie.

EK het 'n boodskap vir MY Geliefde eiewyse dogter Israel. Geliefde Israel julle het nie nodig om te gee wat EK nie vir julle gegee het om te gee nie. Julle het baie meer weggegee. EK het aan julle 'n land van melk en heuning belowe. EK, die GOD van Abraham, Isak en Jakob het belowe om julle land met skoonheid en voorspoed te seën, het EK nie? Nogtans sit die leiers van hierdie land vreesbevange in 'n hoek soos swak vrouens deur die hande van 'n krenkende metgesel. Israel glo die leuens van 'n bullebak. Israel bid tot die GOD 'EK IS' en vra vir verlossing maar wys deur hulle handelinge dat hulle nie glo 'EK IS' kan en sal 'n land beskerm waar MY Seun YAHUSHUA binnekort SY voete op die Olyfberg sal sit nie. Israel weier om te glo die GOD van Abraham, Isak en Jakob het alreeds MY liefde vir hulle bewys deur aan hulle hul MESSIAS, hulle VERLOSSER, YAHUSHUA is SY NAAM te stuur.

MY Geliefde Joodse Volk, EK het MY Seun as een van julle eie gestuur, HY is nie net 'n Verlosser vir die Nie-Jode nie, maar ook vir julle geliefdes. MY begeerte is dat beide Jood en Nie-Jood een in YAHUSHUA sal word. Hoekom wag julle vir 'n ander Verlosser? Terwyl EK MY beste vir julle gegee het. Satan beoog om julle met sy beste te verlei. EK stuur MY Profete en EK stuur hulle weer om jou te vertel O pragtige eiewyse dogter van MY, luister na julle eie geskrifte. Kyk met nuwe oë van onderskeiding na julle eie Feeste en feesvieringe. Moenie net die helfte van MY liefhê nie, maar wees lief vir alles van MY. Julle wie sê julle behoort aan die GOD van Abraham, Isak en Jakob en EK het 'n oorblyfsel wat so doen, net soos in ander dele van die wêreld, maar julle moet MY geheel en al aanvaar.

Want YAHUSHUA is MY Geliefde Seun wie doodgemaak is as 'n perfekte vlekkelose offerlam vir almal wie die Reddende Bloed op Golgota aanvaar vir die verlossing van sonde. SY Bloed het die grond op Golgota deurdrenk maar soos dit uitgestort in die grond is, het dit ook vir Jerusalem met genade bedek. 'Vader vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie', is vir julle ook. EK het meer geduld met jou gehad geliefde eiewyse kind wie soek om MY te behaag en nogtans MY Geskenk op Golgota afwys. Die enigste weg na die Hemel is deur YAHUSHUA; daar is geen ander naam wat kan red nie behalwe SYNE.

EK het beoog om julle jaloers te maak en het hierdie begrip vir die Nie-Jode gegee, hulle wie nie eers na 'n MESSIAS gesoek het nie. Nou kom EK terug na julle deur hierdie Profeet en andere en EK sê moenie vir YAHUSHUA wegjaag nie. HY is nie net 'n MESSIAS vir die Nie-Jode nie, maar HY was eerstens na die Joodse volk gestuur, vir wie EK liefhet met 'n liefde wat julle nie kan begryp nie. Was YAHUSHUA nie uit die lendene van 'n Joodse Diensmaagd gebore nie? Jy Israel moenie die reuse in die land vrees nie. Hoekom vergeet julle dat EK belowe het om hulle te beskerm wie afgesonder en verlos is? Jy Israel, moenie meer land weggee as wat EK nie vir julle gegee het om weg te gee nie. EK het dit vir julle gegee deur julle voorvaders. Hierdie land kan nie geneem word nie, maar jy kan en is geboelie om te dink dat die reuse die land sal besit en hulle kan nie vat wat julle nie vir hulle gee nie. MY Volk skree weereens uit vir 'n 'Passover' van die bose Farao. MY Volk, 'EK IS' beveel die RUACH ha KODESH om hulle wie glo 'EK IS' is 'n GOD wat nie verander nie en wie dieselfde bly en almal beskerm wat sê wat MYNE is joune, wat joune is MYNE. Moet net nie voor 'n ander god neerbuig nie, Israel. Israel, moenie buig voor die heindse mense wie nie 'n god is nie maar slegs stof is wat onder julle voete vertrap moet word nie.

Moenie na die strelende woorde van die vyand luister wat sê gee ons 'n bietjie meer land, dan sal ons weggaan en julle in vrede laat. EK het MY Kinders in die Heilige Geskrifte beveel om te bid vir die Vrede van Jerusalem. Vandag, deur hierdie Profeet, spreek EK weereens hierdie woorde. Moenie diegene vertrou wat soos reuse kom en 'n klein kindjie intimideer nie. Jy is nie 'n klein kindjie nie Israel. EK het MY salwing op jou land uitgestort. Gebruik dit vir 'EK IS' se Glorie. Jou traandeurdronge Tempelmuur is ewig voor MY. Jou krete eggo in MY ore. O, EK verlang daarna om MY arms om jou te slaan en jou te troos en EK sal. Maar moenie langer MY Geskenk wegwys wat EK op Golgota vir jou gegee het nie, SY NAAM is YAHUSHUA. HY alleen is jou Verlossing.

Moenie slegs die gebede wat jy bid, herhaal nie Israel, maar glo die gebede wat jy herhaal. Moenie net 'Passover' vier nie, glo dat dit jou 'Passover' is. Dit geld vir al MY Geliefde Kinders wie soek om MY te behaag, wie MY gehoorsaam, wie my dien, MY aanbid, MY die groot GOD 'EK IS' eerste stel bo alle dinge. EK stuur hierdie boodskap en het dit alreeds tot menigtes gespreek deur MY RUACH ha KODESH. As julle 'n 'Passover' verlossing uit die hande van die vyande verlang, dan moet julle feesvier en glo en mekaar bemoedig. Dit is julle 'Passover' en julle sal waardig geag word om die komende toorn van 'EK IS' te ontvlug. Die plae sal verby julle gaan en julle nie raak nie, al die plae, soos in die tyd van Moses sal weer wees, maar julle sal 'n uitweg hê. Julle sal weereens 'n 'Passover' hê. Die Bloed van YAHUSHUA is julle 'Passover'. As julle dit nou lees dan sal julle verantwoordelik gehou word vir wat julle weet. Wat gaan julle met dit doen?

Die Pasga 'Passover' is julle belofte. Die God van Abraham, Isak en Jakob, die groot GOD 'EK IS' sal julle weereens verlos op maniere wat julle nie kan dink nie, as julle net kan glo. Waar julle geloof is dit is waar julle 'Passover' is. Hulle wie in Amerika woon en EK het die komende toorn geprofeteer, dit is waar maar vir hulle wie glo 'EK IS' is die 'Passover' en soos vir Moses, sal EK ook vir julle 'n uitweg voorsien, julle sal nie beskaamd staan vir wat julle geglo het nie. EK sal bewys dat die groot GOD 'EK IS' nie kan lieg nie en nie vir julle sal lieg nie. Waar julle geloof is, daar sal julle 'Passover' wees.

MY Geliefdes moenie dink EK sê niemand van julle sal nie ly nie, want daar is pyn en lyding in hierdie wêreld maar EK het 'n uitweg gestuur. EK stuur MY Seun soos EK belowe het. Nogtans, dit beteken nie sit terug en moet niks doen nie. Dit is nou die tyd dat julle die eindtydse oes bymekaar maak terwyl daar nog tyd is. Gebruik julle papier en plastiek as saad om Eer aan MY te bring. Ondersteun met julle gebede en aalmoese, bedienings wat EK aan julle gegee het om voor in te tree en saam te werk. Nie sodat hierdie bedienings skatte op aarde kan opgaar nie, want die bedienings wat dit doen, EK sal persoonlik toesien dat alles wat hulle doen afgestomp sal word en slegs geskik vir vernietiging sal wees.

Eet die brood van ellende wat matzoh genoem word. Eet dit nie net omdat dit 'n simbool is van wat die Israeliete geeët het toe hulle gevlug het voordat die brood kon rys nie EK wil ook hê julle moet deelneem in die dae van die ongesuurde brood en die brood van ellende eet, in herinnering aan YAHUSHUA en hoe HY die prys as die brood van ellende betaal het. HY was in ellende ter wille van julle. Die brood is hard want die prys wat HY vir julle betaal het, was nie maklik nie. Neem deel aan die Here se Laaste Avondmaal soos YAHUSHUA gedoen het. Doen dit op die vooraand van 31 Maart 1999. Doen dit in herinnering aan die Bloed wat YAHUSHUA gestort het sodat julle gered kon word en die Brood wat in die Bloed gedoop was, want YAHUSHUA is die Brood van die Lewe en SY LIGGAAM was geoffer sodat julle gemeenskap met 'EK IS' kan hê en tot vergifnis van sonde sodat julle 'n uitweg uit die vlamme van die Hel kan hê. Satan het geen reg op hulle wie waarlik MYNE is nie.

Elke keer wanneer julle bid, onthou nou is die tyd om te bid dat julle waardig geag word om die komende oordeel oor die aarde te ontvlug. Die toorn van 'EK IS' is nie net 'n onbeheersde woedebui nie, dit het opgehoop en dit is vreeslik om in die hande van 'n Lewende GOD te val. Maar MY Babas, Bruid en Uitverkorenes hoef nie te vrees nie. EK sal julle oorlaai met MY seëninge nie MY toorn nie. Ween oor dit wat Amerika en haar bondgenote besig is om te doen. Ween want selfs die heiden aanbid 'n god. Ween want sommige is julle broers en susters in YAHUSHUA op wie die bomme val. Hierdie bloed wat gestort word en wraak wat uitgevoer word en 'EK IS' kyk en dit word tot dusver toegelaat want hulle wat daaraan deelneem is besig om verwoesting oor hul eie lande en oor hulself op te hoop. Moenie deel hê aan hierdie oorlog nie, moenie die propaganda en die verskonings daaroor glo nie. Die regerings het hul eie motiverings en om die Groot GOD 'EK IS' te behaag, is nie een van dit nie. Om die vertraptes te red is nie een van dit nie. Arrogansie en trots is wel een van die redes. Bid dat julle leiers sal berou toon oor hierdie boosheid, voordat dit te laat is.

Protesteer, praat teen hierdie oorlog. Amerika, jy het dit oor jouself gebring deur jou trots en jou dominerende gees. Jy het dit wat gaan kom, oor ' n nasie gebring wat EK persoonlik tot nou toe met MY hand beskerm het. Oorlog het nog nie jou oorde bereik nie, maar dit sal. Ter wille van MY Geliefdes sal EK die hand van die laksman vir 'n kort rukkie terughou, maar ag vir slegs so 'n kort rukkie. Jy stuur oorlog na ander nasies. Jy sal die smaak van oorlog in jou eie nasie proe weens jou arrogansie. Jy praat teen 'n ander nasie en tog hoor jy nie die eggo van wat jy sê terugkeer na jou eie ore nie. Want dit is die woorde waarvan jy 'n ander nasie beskuldig, wat jou leiers self in die geheim doen. Elke Amerikaner moet sidder oor wat gebeur. Beide jou politieke en geestelike leiers beter bely en wegdraai van dit waarmee hulle besig is. As MY Volk , oor wie MY NAAM uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. Ag maar hulle is hardnekkig en hardkoppig en sê hulle sondig nie en tog sien die hele wêreld die sonde maar nie die Amerikaanse politici en hulle wie agter die bose mense aanloop, en dit doen nie.

As Amerika nie bely nie sal 'EK IS' hulle land vernietig, EK sal 'n bespotting maak van die land wat eens bekend was vir sy vryheid en dapperheid. Aan al MY Babas, Bruid en Uitverkorenes wat hier lees, moenie teen Jerusalem draai nie. Moenie teen Israel draai nie. Bid vir die vrede van Jerusalem sodat EK julle kan seën. Bid vir die nasies wat deur NATO in oorlog gedompel is. Bid MY Volk en treur oor dit wat gedoen word. MY Heilige Dae word weereens deur die heidene besoedel. EK is nie 'n GOD wat gespot moet word nie. Almal wie 'n 'PASSOVER' teen MY toorn begeer, EK gee hierdie opdrag wat nog nooit verander het nie, neem waar en bid dat julle 'PASSOVER' sal kom. SY NAAM is YAHUSHUA ha MASHIACH en bid dat julle waardig geag mag word om MY komende toorn en verdrukking te ontvlug.

Maak vir julleself 'n vlugplan vir ingeval julle dit nodig sal kry voordat julle MESSIAS julle kom haal. Daar is sommiges wat nou hier lees wat deur die vuur van MY toorn en verdrukking moet loop. Sommige sal dit doen en EK sal hulle beskerm op 'n manier wat julle nie kan dink nie. Andere sal hier lees en die Diensmaagd wat hierdie boodskap bring bespot. Pasop, hierdie is nie haar woorde wat julle bespot nie, so wees gewaarsku. Hierdie woorde wat julle nou bespot sal terugkeer en by julle spook want julle bespot die Groot GOD 'EK IS' en nie die woorde van Sherrie Elijah nie. As dit haar woorde was sou dit lugblasies gewees het, maar wanneer dit MY Woorde is wat gespreek word, is dit woorde van lewende krag en EK sal doen wat EK sê.

EK stuur MY Profete en Apostels vooruit om te profeteer voordat EK die verdoeming of seëninge stuur. Die van julle wat spot sal MY komende toorn proe. Sy het opdrag om MY Woorde te spreek ongeag of dit strelend op julle ore is of nie. Sy sal verantwoordelik gehou word indien sy terughou en skik uit vrees vir wat julle, of ander met gesag, sal sê. Al MY Profete wie die Groot GOD 'EK IS' hoor, en geskik het en slegs woorde gespreek het wat strelend op die ore is, maar baie droefheid sal veroorsaak wanneer dit wat julle spreek nie gebeur nie. Julle is bekommerd oor wat jul Profeteklub te sê het en nie wat die Groot GOD 'EK IS' spreek nie. Julle vergelyk notas en onderskei deur jul eie wysheid en openbaringe, nie MY wysheid en openbaring nie.

Pasop julle wie julself MY Profete noem en nooit die woord 'BELY en draai weg van sonde', noem nie. Pasop julle wie slegs van komende boosheid praat en nie vir MY Kinders hoop gee nie. 'EK IS' is nie in daardie profesieë nie. Daar is altyd 'n uitweg vir MY Geliefde Babas, Bruid en Uitverkorenes. EK sal 'n weg voorsien wanneer daar nie een is nie. Net omdat julle dit nie nou weet nie, dit is soos 'n man met 'n reiskaartjie, hy het nie die kaartjie nodig totdat dit tyd is om te vertrek nie. Julle het nie nou die wysheid nodig nie want as EK nou aan MY Profete MY maniere om te vlug bekend maak, dan geliefdes sal die vyande ook weet. EK het MY 'verborgenes' en dit is al wat julle nou nodig het om te weet. Nie almal sal aangesê word om te vlug nie. As julle MY nie hoor praat en bevestig en dit in julle gees getuig nie, dan sal EK julle beskerm waar julle is. As EK nie nou vir julle vertel waarheen om te vlug nie, sal EK julle vertel wanneer dit tyd is om te vertrek.

Soos in die tyd van Lot en Moses so sal dit weer wees, 'EK IS' sal julle jul 'Passover' stuur. YAHUSHUA is julle 'Passover'. Moenie dat sononder op 31 Maart 1999 verbygaan sonder om te bid dat julle Ware 'Passover', YAHUSHUA' moet kom nie. Moenie hierdie dag volgens die wet vier nie maar doen wat julle kan. Leer en bewys julself aanvaarbaar om te weet wat om op hierdie dag te doen. Is dit werklik te veel gevra dat julle vir 8 dae geen rysmiddels (suurdeeg) eet nie? Om die Brood van Ellende te eet om julle aan die Een te herinner wie die prys betaal het as die Brood van Ellende om aan julle jul 'Passover' te bring.

Dit was MY doel dat die Israeliete nie tyd sou hê dat die brood kon rys nie. Dit was MY oogmerk, maar hulle het nie geweet nie, maar dit was nie per ongeluk dat EK toegelaat het dat hulle gevlug het nie sodat dit kon plaasvind. Want weer het die Jode deelgeneem en was eerstens die Brood van Ellende, wat Matzoh genoem word, aangebied en nou gee EK aan hulle die wysheid wat hulle reeds toe ontvang het, want dit was YAHUSHUA wat sou kom, gegee as 'n wenk. YAHUSHUA is 'n 'PASSOVER' vir Jood sowel as Nie-Jood. Daar was en is geen ander perfekte Offerlam wat geslag kan word vir die verlossing van sonde nie, wat dit kan wegwas asof dit nooit was nie, behalwe net een. SY NAAM is YAHUSHUA ha MASHIACH, SY NAAM is VERLOSSING! HY alleen is julle 'Passover'. Vier dit op 31 Maart 1999 met sononder en leer die ware betekenis van die 'Passover' wat was en die 'Passover' wat kom.

Eer die Sabbatdae, so ook die Hoog Heilige Dae, 1 April, 2 April. Eer al die Sabbatdae wat vanaf Vrydag sonsondergang tot Saterdag sonsondergang is, nie Sondag nie, want so baie van julle onthou MY op 'n Sondag en lewe soos die duiwel op Vrydag- en Saterdagaande en neem deel aan die wêreldse dinge op die dae wat afgesonder is vir julle Sabbat. Bid vir die 'Passover' van die komende toorn oor hierdie wêreld. Bid dat julle waardig geag sal word en dat hierdie skale en trompette van MY toorn by julle verby sal gaan en julle waardig geag sal word om te ontvlug. Want 'EK IS' is 'n GOD wat nie kan of sal lieg nie, EK profeteer deur MY Profete wat gaan kom sodat niemand kan sê 'EK IS' het nie die mense gewaarsku nie.

Wanneer julle oorgaan (PASSOVER) na die anderkant toe, sal dit Hemel of Hel en vloeke wees? Wanneer julle oorgang (PASSOVER) kom, sal julle wegraping ervaar of Groot Verdrukking soos wat hierdie wêreld nog nooit beleef het of sal beleef nie? Wat gaan julle doen met hierdie profetiese boodskap van 'EK IS'? Sal julle (PASSOVER) oor dit gaan en dit vergeet en afmaak as dwaasheid of gekheid of sal julle voorberei vir julle 'PASSOVER' wie se NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH is? Bid vandag vir almal wie dit lees en nie weet hoe om sonder vlek of rimpel gereed te wees nie. Skryf aan hierdie Pastoor en sy sal julle aan die WARE 'PASSOVER' Lam voorstel wat geslag en weer opgewek is uit die dode op die 3de dag. Wie SY lewe gewilliglik neergelê het vir jou sodat jy 'n verloste genoem kan word wie se sondes weggewas is deur die perfekte BLOED van die ware 'PASSOVER', die perfekte, sondelose lam van GOD, Seun van 'EK IS' wie se NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH is, HY alleen is julle MESSIAS vir diegene wie 'EK IS' se 'PASSOVER' geskenk op Golgota aangeneem het.

Vir hulle wie lief is vir 'EK IS', MY dien en hard probeer om 'EK IS' se gebooie te gehoorsaam, wetende dat as julle misluk, julle 'n 'PASSOVER' Lam het wie se Bloed op Golgota gestort is vir julle sondes, julle weet ook dat julle MY nie kan versoek en bewustelik sondig nie omdat jul kan nie. 'EK IS' word nie bespot nie en elke persoon moet sy eie saligheid uitwerk met vrees en bewing want net 'EK IS' ken julle ware hart en motiewe en intensies. Nou het EK gespreek, wat gaan julle doen met jul 'PASSOVER'? Baie van julle wat hier lees sal nie Weer enige kans kry om die PASGA (Passover) te vier nie. Dit is tyd dat julle moet besluit, dit is julle keuse. Wees gewaarsku, EK weet reeds wat julle gekies het. Sal julle MY eer tydens hierdie PASGA (PASSOVER)?

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag 30 Maart 1999 4:26 vm, deur MY Diensmaagd Sherrie Elijah, onder MY salwing van die RUACH ha KODESH wie alle bande en jukke sal breek.

* * * * * * * *

Persoonlike boodskap van Eerw Sherrie Elijah. Voel asseblief vry om ander te bemoedig en stuur dit aan iemand anders om te onderrig en te bemoedig, ook om te waarsku. Ek het hierdie boodskap gespreek en geskryf wat soos 'n vuur in my beendere opgesluit was, wagtend vir die regte tyd en seisoen. Hierdie PASGA (PASSOVER) soek ek verlossing van die Bose Farao's wat probeer het om my en hierdie bediening te vernietig en ook vir die geliefde gemeente. Ek verwag om verlos te word van al die onheilige jukke en bande.

EK vier vir die eerstekeer Pasga 'Passover' soos wat baie van julle deur die RUACH ha KODESH gelei is. Hierdie jaar van 1999 is die mees onsekere jaar wat ons tot dusver aanskou het. Maar deur herinnering aan en viering van die dae van ongesuurde brood en die Pasga (Passover) kan ons verseker weet dat ons GOD YAHUVEH en YAHUSHUA se aandag het. Ek wil hê die bose moet verbygaan (PASSOVER) en nie myself of my geliefdes, bediening of hulle wie deel is van hierdie gemeente, aanraak nie. Skryf asseblief en laat weet ons waarvan julle verlossing soek gedurende hierdie PASGA (PASSOVER). As julle dit goedkeur sal ons julle behoeftes voor ander lê sodat hulle ook kan bid. Ons almal benodig verlossing van iets of iemand.

Ter wille van hierdie bediening sien ek ook uit na 'n 'PASSOVER' vir vryheid van die bande of skuld. Ons werk nou agter die skerms om 'n ander perseel te bekom en op te rig vanuit ISP in Israel. Dit is 'n groot stap in geloof en die duurste onderneming ooit. EK het 'n mandaat om dit te doen want wanneer die 'kragte in outoriteit' soek om my in een area in die wêreld stil te maak, ons sal aanhou spreek vanuit ander areas van die wêreld. 'EK IS' het aan my die mandaat gegee om dit te doen alhoewel die mensdom mag dink dit is dwaas. Ek gehoorsaam GOD nie 'n mens nie.

Indien iemand deur die RUACH ha KODESH gelei word om my met hierdie stap in geloof behulpsaam te wees, e-pos of skryf vir my. Ons het tans persele in Kanada, VSA en binnekort in Israel. Indien die Here vertoef om te kom, sal die volgende een in Afrika wees. Voel asseblief vry om dit te kopieer en te versprei aan hulle wie nodig het om die waarheid te hoor wat hulle sal vrymaak. Al wat ek vra is dat niks uitgehaal of verander sal word nie, lewer die volle boodskap ingeheel af, selfs die laaste deel wat ek skryf. Ek gee niemand toestemming om hierdie Heilige Boodskap te pos indien dit bedoel is om my of hierdie boodskap te bespot nie.

* * * * * * * *

Ek voel nederig om weereens gebruik te word om die Almagtige GOD se boodskappe vanuit die Hemel, af te lewer. Om 'n profeet te wees is 'n beloning en tog voel dit soms soos 'n vloek want almal vrees vir 'wat as ons GOD nie duidelik hoor nie'? Het ek alles gespreek wat GOD te sê het? Ek vra nou vergifnis as ek ooit die punt mis, ek doen die beste wat ek kan om te hoor wat YAHUVEH met die RUACH ha KODESH in my spreek. Ek moet die boodskappe aflewer en nie 'n kompromie aangaan deur toe te laat dat die gees van vrees inkom nie.

'n Voorwerp van klei maar 'n Magtige Kryger in YAHUSHUA, Apostel Sherrie Elijah