PROFESIE 32

PASOP VIR DIE GOUDKOORS HERLEWING!

('n Groot Misleiding)

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah

14 April 1999

* * * * * * * *

Hierdie Profesie praat nie net van die valse manifestasie van goudstof wat op die liggaam verskyn nie, maar ook van tande wat goud word sowel as die oorlog van Kosovo. Maar dit kan ook van die oorlog vandag in Irak en Afganistan praat, want dit geld nogsteeds. 'n Broer in YAHUSHUA het aan my geskryf en uitgevra oor hierdie profesie 32. Vader YAHUVEH het gesê dit moet weer gepos word op inJesus.com en hierdie e-pos moet bygevoeg word wat vanaf Maleisië aan my gestuur is, vanwaar ons baie het wie YAHUSHUA, in Grieks JESUS CHRISTUS, aangeneem het na aanleiding van die waarhede wat in hierdie bediening gespreek word.

Die Profesieë is oral oor Maleisië, Afrika, Indië, Engeland, om maar net 'n paar buitelandse nasies te noem. Selfs 'n Christelike Kerk in Irak het die profesieë en deel dit met hulle lidmate. Bid asseblief vir die Christene en Messiaanse Jode in Irak want hulle is 'n verborge minderheid en 'n broer het 'n jaar gelede aan my geskryf wie 'n Pastoor daar was. Ek gebruik die term 'was'... omdat ek nie weet of hy en sy kerk nog lewe na wat ek op die nuus gesien het nie... Ek weet dit, ek sal hom in die Hemel ontmoet, alhoewel ek nooit die voorreg sal hê om hom op aarde te ontmoet nie.

Liefde en seëninge in die NAAM van YAHUSHUA

Sherrie Elijah
Contact Us">mailto:Contact Us

Onderaan die Profesie is kommentare en 'n uittreksel van 'n persoon uit 'n geselskamer (chatroom) wie die Goudkoors herlewing beleef het. Die GOD van Abraham, Isak en Jakob het my na jou toe gestuur. Sy Naam is 'EK IS' YAHUVEH. 'EK IS' stuur my na beide Jood en Heiden, die geredde, die teruggevalle, die ongeredde. Mag julle die RUACH ha KODESH hoor praat deur hierdie geskrewe woorde en mag alles die NAAM van YAHUSHUA, YAHUVEH en die RUACH ha KODESH verheerlik. Hy wat 'n oor het laat hulle hoor wat die Gees aan die kerke sê, al die ander bly doof.

* * * * * * * *

'EK IS' en MY Seun YAHUSHUA, is nie verheerlikte tandartse nie. ONS is die GOD van die Skepping. ONS na-aap nie 'n mens se weë nie. Soek biddend die waarheid want daar is mense wat dit beoog om julle te mislei. Dit is niks meer as towery, kulkuns, middeleeuse chemie en betowering nie, die toorkuns om metaal in goud te verander. Pasop geestelike leiers en die mense wie bonatuurlik hierdie goudvulsels in hul monde ontvang (alhoewel sommige dit deur kullery eis), en boodskappe van satan opvang soos 'n radiosender, hulle sal nie instaat wees om ooit weer die ware stem van die RUACH ha KODESH te onderskei nie. Hulle het hulle siele verkoop vir 'n mondvol goud as hulle nie BEROU toon en dit verwyder nie. Studeer en bewys dat julle waardig is. Waar is dit in die Heilige Geskrifte wat EK julle gegee het?

Hulle noem dit 'n 'herlewing' maar die vlamme van die Hel lek aan hulle voete. Weet julle, MY weë is nie die weë van die wêreld nie? Julle hardloop heen en weer en selfs die heidene doen dit ter wille van die golf en julle hardloop agter tekens, wonders en wonderwerke aan en weet nie dit is wat die antichris gaan gebruik om so baie te mislei nie. Weet julle nie dat tekens, wonders en wonderwerke diégene agtervolg wat glo nie, dis nie julle wat tekens, wonders en wonderwerke moet agtervolg nie. My mees betroubare diensknegte word weggelei soos 'n vark met 'n goue ring aan sy snoet. Julle wie hierdie dinge doen wys julle ware vrugte, pasop want julle sal verantwoordelik gehou word. Hoe durf julle MY Ware Diensknegte beledig wie julle waarsku en julle daaraan herinner dat selfs die ware uitverkorenes mislei sal word indien moontlik. Dit is slegs moontlik as niemand gewillig is om te waarsku en te praat nie. Julle moenie hulle haat nie, maar wees dankbaar vir hulle vrymoedigheid. Nee, maar in hierdie tye sal wat goed is, boos genoem word en wat boos is sal goed genoem word. EK het nie nodig om metaalvulsels in tande in goud te verander om siele te red of om goudstof oor julle te sprinkel nie. Dit kos die Bloed van YAHUSHUA om julle te bedek, nie goudstof nie.

As dit al is wat nodig was, sou EK nie MY Seun YAHUSHUA as 'n offer op Golgota gegee het nie. Julle geestelike leiers EK beskuldig julle van hierdie dwaasheid, BELY VANDAG! Moenie deel hê aan hierdie goudkoors herlewing nie. Vind uit wie die towenaars in die kerke is wie dit in die kerke en tempels inbring en jaag hulle uit. Julle is die blindes wat die blindes lei. Beide sal in die ingewande van die Hel val as julle die mense na tekens, wonders en wonderwerke lei en nie na verlossing nie, YAHUSHUA is SY NAAM! MY Mense, vlug van sulke plekke as julle dit sien. Bestraf satan en vlug.

Julle bring skande oor julleself as julle honger en dors na tekens en satan gee julle wat julle begeer. Wat sal julle doen as satan sê bring my julle pennies en ek sal die metaal in 'n hoop goud verander? Verstaan julle nie dat julle gulsigheid julle oë verblind nie? Kan julle nie die kerke onderskei wat hulself oopgestel het vir dit en ook die lag- en koggelendegees van chaos het nie? Kan julle nie sien dat dit 'n ander vorm van misleiding is om julle daarvan te weerhou om sonder vlek of rimpel te wees nie? Dit is 'n ander misleiding om julle oë weg te draai van MY koms. Julle wat mislei is en nog nie berou getoon het nie, julle is nie MY Bruid nie.

EK roep na MY Verlore Skape wat hulself MYNE genoem het en nogtans na 'n ander herder se arms gehardloop het. 'n 'Vals" herder, een wat hulle wie eens MY Lammers genoem is, ter slagting sal lei. Hulle wie na MY toe kom en MY Redder noem, doen so slegs deur die tekens van metaal wat in goud verander of omdat hulle goudstof sien. Besef julle nie dat slegs liefde, ware liefde vir MY julle siele kan red nie? Besef julle nie dat berou, ware berou julle siele kan red nie? Onthou julle nie dat EK wondertekens, wonders en wonderwerke met Moses gedoen het en die bose farao sy goëlaars, towenaars en kulkunstenaars gekry het om dieselfde te doen nie?

Satan het toe gesoek om te mislei en hy doen dit nou weer. Hy het toe 'n goue afgod gebruik, hy gebruik 'n goue afgod ook nou. Julle met die gees van 'n Fariseer, julle jaag die vlees na en nie MY RUACH ha KODESH nie. Julle, na wie EK eens gekyk het met vreugde, EK draai nou weg en dit walg MY. Julle sê ter wille van hierdie bediening of daardie persoon wat julle op 'n voetstuk geplaas het omdat julle dink hulle is meer as wat hulle is. Omdat hulle sê dit is 'n handeling uit die Hemel uit, sonder om selfs te onderskei uit watter gees hulle praat. Julle aanvaar dit as waarheid alhoewel dit 'n leuen uit die put van die Hel is.

Ellende wag op hulle wat MY Mense leer om sonde te doen en te aanvaar wat nie van MY RUACH ha KODESH is nie. Julle is dieselfde persone wat hulle in die paadjies laat rol en soos honde laat blaf en in chaotiese spottery laat lag, en voorgee dit is die vreugde van die Here. Julle leiers, EK sal julle wie MY kudde laat verdwaal, so vinnig platslaan, julle sal nie eers gewaarsku word nie. Beskou dit as julle waarskuwing, maar so min sal nie eens MY stem hoor nie want hulle hoor die stem van 'n ander wat nou deur satan met hulle praat. Julle leiers, julle word aanspreeklik gehou en sal verantwoordlik gehou word vir wat julle weet. Julle valse leiers wie MY Mense op 'n dwaalspoor lei is dieselfde persone wat nou MY Woord gebruik om voor te gee dat dit YAHUSHUA is wat deur die mense kanaliseer. Kom uit die kerke uit wat al hierdie dinge doen waarvan EK hulle vandag beskuldig, of kuddes wat eens MYNE was, julle name sal vir ewig uitgewis word uit die Lam se Boek van die Lewe.

Julle buig in hierdie wêreld neer voor goud en dink een is beter as die ander, afhangende van hoe ryk hulle is, DWASE! Ja, Ek noem julle DWASE! Het die Israeliete nie vir hulself 'n Goue Afgod gemaak nie, dit is geen verskil nie. Omdat MY dwase eiewyse dogter Jerusalem ook deelneem aan hierdie dwaasheid en MY Dienaars wie EK eens vertrou het, hierdie dwaalleer verkondig, glo julle dat dit die werke van MY hande is? Vra julleself af, is die neerbuig en aanbidding van die valse god wat tande met goud vul verskillend van die neerbuig voor 'n goue kalf? Vra julleself die vraag : toe EK vir Moses die gebooie wat deur MY vinger op 'n steen geskryf is gegee het, op steen nie goud nie. Vra julleself af hoekom het EK dit nie op goud geskryf nie? Nogtans het satan terselfdertyd MY Mense se harte gevul en hulle het 'n goue afgod aanbid. Daar is geen verskil nie.

Julle leiers spog oor hoeveel gered word deur hierdie 'Goudkoors herlewing' en tog, dink julle nie EK ken die mense se ware motiewe en sien hulle harte nie? Weet julle nie dat satan weereens 'n goue afgod gebruik om MY Mense in valse aanbidding te lei nie en julle dink julle loof MY en verheerlik 'EK IS' terwyl julle MY beledig. Gaan weg van MY julle wie hierdie dinge doen, BELY VANDAG of julle sal met jul siele betaal. EK het ook verdere aanklagtes teen julle leiers, gemeentes en kerke wie sê julle is MYNE. Julle het selfs die heidene se oë op die goudkoors herlewing in hierdie tyd en as gevolg daarvan kla EK julle nou aan.

Hoekom val julle nie op julle knieë en vas en tree dag en nag in weens die gruweldade wat gepleeg word in 'n oorlog wat deur satan self georkestreer word nie. Besef julle nie dat 'EK IS' gaan op 'n streng manier hulle oordeel wie deelneem in NATO en hierdie gruweldade doen. Julle oë is op goud en nie op die onskuldige mans, vrouens en kinders wie julle bombardeer en daagliks vermoor nie. Pastore, Profete, Apostels, Evangeliste en Onderwysers, pasop, julle wie eens MY Woord gespreek het en nou die spel 'Volg die leier', speel, 'EK IS' is die engiste leier wat julle moet volg. 'EK IS' volg geen man of vrou nie. Julle moet 'EK IS' volg.

'EK IS' is nie in die populariteit van bedienings by wie julle handtekeninge soek vir skande nie. MY Dienaars is veronderstel om die mense te dien, maar instede daarvan word hulle deur regerings tot sonde verlei met omkopery deur belastingvrystelling in ruil vir stilswye, en waarsku julle dan dat as julle praat julle finansieel sal betaal daarvoor. Ter wille van geld muilband julle julself. Julle lewer bewys van watter God julle dien as julle nie sê dat homoseksualiteit 'n sonde is nie. Aborsie is sonde! Hierdie oorlog is sonde! Die weë van die wêreld is sonde! Iemand wat 'n vriend van die wêreld is, is nie 'n vriend van 'EK IS' of MY Seun YAHUSHUA nie, PASOP!

EK kla julle nou aan, julle wie julself geestelike leiers noem, julle wie op die maat van die wêreld se tamboerslaner masjeer. Hoekom hoor julle nie MY stem wat sê julle moet teen onheiligheid praat nie? Julle leer MY Mense om te sondig deur stil te bly en maak nie saak wat deur julle politieke leiers gedoen word nie, julle sê 'EK IS' wil nie hê hulle moet teen dit wat onheilig is, veg nie, en ook nie teen die leiers van die nasies wat hierdie dinge doen, praat nie. Bid dat hulle berou sal hê. Maar moenie toelaat dat die geestelike leiers en die politieke leiers julle tot binne in die ingewande van die hel lei nie. Moenie toelaat dat die bloed van ander julle kledingstukke deurweek nie. Moenie verblind word deur die roem en fortuin wat satan aan hierdie wêreld offer nie.

Ja daar is 'n herlewing, maar 'n groter herlewing van voetstappe wat na die Hel lei deur die groot wegval van MY waarheid. Satan het ook 'n herlewing aan die gang, so pasop vir die vervalsing, karnaval, herlewing. Ek kla julle geestelike leiers aan. Nie almal masjeer op die dromslag na die Hel nie. Daar is hulle, soos hierdie Diensmaagd en andere, wie dapper uitroep en protesteer en indien nodig, hulle lewens sal neerlê ter wille van MY. EK waarsku julle, vir Jakob het EK liefgehad, vir Esau het EK gehaat. As julle beoog om MY Jakoppe stil te maak, staan julle in gevaar om soos een te word met 'n gees soos wat Kain gehad het. Julle staan in gevaar dat MY liefde in haat teenoor julle sal verander. Dit is julle wie die RUACH ha KODESH belaster wanneer julle dit durf waag om te sê dat 'n werk van satan deur die RUACH ha KODESH gedoen word. Toets elke gees wat praat. Toets elke teken, wonder en wonderwerk. Is dit in lyn met die Woord van 'EK IS'? Die goudstof wat julle en julle klere besprinkel. Die goudstof word uit die hel vir julle gestuur om julle soos 'n kombers te omvou en julle oë te verblind en julle in 'n diep geestelike koma te plaas waar julle nie langer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie. EK kla julle geestelike leiers aan vir wie EK eens kon vertrou, EK kan nie meer nie.

Hoekom protesteer julle nie en laat julle mense nie toe om teen hierdie oorlog te protesteer nie? Hoekom noem julle julself 'n vriend van die politieke leiers wie hierdie gruweldade doen? Besef julle nie dat julle verantwoordelik gehou sal word deur nie te praat nie, uit vrees dat julle jul belasting vrystellings status sal verloor? Julle Geestelike leiers, julle het die omkoopgeld van die regering om stil te bly, aanvaar. Julle het julle geboortereg verruil vir 'n handvol goud, net soos Esau. Hoe groter die bediening, hoe meer kon julle MY Mense laat opstaan het en praat het en vir die heidene gesê het, nee. Maar julle het stilgebly ter wille van omkoopgeld en moorde op onskuldiges toegelaat en die bloed is op julle hande, geestelike leiers en almal wie hulle navolg en almal wie hulle ondersteun met julle tiendes en offergawes.

Moenie enige seëninge van MY verwag nie, want wanneer die tyd kom en julle roep uit vir MY verlossing, onthou julle waar julle was toe die onskuldiges julle stemme nodig gehad het om hulle te verdedig? Oorlog ter wille van gulsigheid. Die mens speel God en MY mense bly stil. Wat sal julle doen, julle wie stilbly en die bombardering van onskuldige mans, vrouens en kinders gadeslaan, julle het hulle bloed aan julle klere. As iemand net iets wil doen en praat , as elke kerk net teen dit wil praat. Vas, bid en tree in. Moenie julle deure toemaak totdat julle MY hand van verlossing sien nie.

Amerika, ellende wag op jou. Daar was nog nie gestorte bloed op jou strande deur baie jare van oorlog nie, maar jy het dit nou op jouself gebring. EK hou nogtans die hand van die laksman terug ter wille van die paar mense wie om genade uitroep. Maar wanneer dit kom, sal daar geen waarskuwing wees nie. In die stilte van die nag sal dit aanval, sonder enige waarskuwing. Jy is so opgeblaas met trots dat jy dink geen nasie sal terugslaan nie, maar ellende wag op jou, Amerika, want wanneer dit tyd is vir aanval, sal dit nie deur een hand wees wat jou slaan nie, maar deur baie hande wat jou slaan vir dit waarin jy deelneem. Jou bondgenote sal nêrens insig wees nie, want hulle sal besig wees om vir hul eie lande te veg. Ellende wag vir julle MY Kinders, wie hierdie oorlog ondersteun, julle geld is met bloed deurdrenk.

Julle geestelike leiers wie elke week in Kerke of Tempels bymekaarkom, en nogtans nie die mense lei om te vas, te bid en in te tree teen dit nie. Twee verkeerdes(minusse) maak nie een reg(plus) nie. Hoe kan julle moord aan die een kant veroordeel en dit nogtans aan die anderkant toejuig solank dit julle eie nasie is wat die moord pleeg. Huigelaars! Hoe kan julle sê 'ons moet ons politieke leiers ondersteun' wanneer dit wat hulle doen, verkeerd is? Ja, EK het die politieke leiers aangestel. EK het ook die bose farao as 'n korrupte regeerder aangestel. Het EK Moses aangesê om hom te gehoorsaam toe hy ongoddelik was? Het EK nie vir die Israeliete beveel om te vlug van hierdie ongoddelike regeerder nie? Het EK nie vir Moses aangesê om hierdie ongoddelike regeerder te waarsku nie? Het EK nie die bose farao geskape en ja, selfs Hitler en Mussolini geskape vir MY toorn en vernietiging vir die boosheid wat hulle voor MY aangesig gepleeg het nie?

EK beskuldig julle van dit, geestelike leiers en almal wat stilbly, julle is nie anders as die wat tydens die Menseslagting (Holocaust) stilgebly het nie. EK beskuldig julle van dit, politieke leiers wie stilbly wetende dat wat gedoen word, verkeerd is, nogtans dit nie waag om die boot te skud nie, uit vrees uit. Julle sal julle boot geskud hê maar dit sal deur die hand van 'EK IS' se toorn wees. EK sal dit nie net skud nie, EK sal julle lewens omkeer en julle onder hou.

BELY VANDAG! Praat vandag. Moenie die een haat wat hierdie boodskap aflewer nie; sy gehoorsam slegs MY wil. Iemand moet praat en soos Moses wees en sê "LAAT MY MENSE GAAN!" Wanneer die tyd kom en julle sien Israel word omring deur troepe, sal julle dan praat? Wanneer julle die dreigemente van jul eie nasie hoor wat MY Dogter Jerusalem dreig, sal julle dan praat? Wanneer die missiele in hulle rigting wys deur jul eie nasie, sal julle dan praat? Julle geestelike leiers wie vreesbevange in die hoek sit met julle monde gemuilband omdat julle die omkoopgeskenk van goud aangeneem het, toegedek in julle goudstof, louwarm met 'n vorm van Goddelikheid en geen Goddelikheid daarbinne nie.

Julle wie MY Woorde aan die mense voorlees en nogtans nie reageer op die woorde nie, geloof sonder werke is dood. Julle sing julle lofprysings aan MY en nogtans sê EK, "Weg met julle lofprysings want julle toon MY geen lofprysing net met die vorming van julle lippe in sang alleen nie. Julle harte is ver van MY. Julle praat van liefde en nogtans kla ek julle geestelike leiers aan, waar is julle liefde? As julle MY liefhet sal julle MY gehoorsaam. Julle sal MY Mense leer om te gehoorsaam. Praat soos Johannes die Doper en moenie vir julle lewens vrees nie".

Pasop, as julle BELY NIE, sal EK eendag aan julle sê : "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid. EK het julle nooit geken nie". Jakob het EK liefgehad, Esau het EK gehaat. Wees versigtig dat MY liefde vir julle nie verander in haat nie. Pasop! Kain het gedink hy gee MY ook 'n goeie offergawe en uit jaloesie het hy Abel vermoor, want hy het besef sy offergawe was nie genoeg nie. Hoekom het julle jul gemeentes se oë op hul tande en goud gerig? EK sal julle wys hoe die tande van die Leeu van Juda voel as dit hewig kwaad gemaak is. Julle bespot MY met julle aanbidding wat mense na 'n goue afgod lei en sus hulle aan die slaap vir die moorde wat hulle omring terwyl hulle oë op hul eie tande of in die monde van ander is. Dink julle EK hoor nie die gille uit die monde van die onskuldiges nie?

Ellende wag op die nasies en die mense wie deelneem in die beskerming van die werkers van die bose en wie diegene doodmaak wie MY aanbid. Ellende wag op enige nasie wat nie alles moontlik doen om Jerusalem te beskerm nie. EK het Israel verberg alhoewel sy MY eiewyse dogter is, sy is MY dogter en EK het haar baie lief en waak met jaloesie en sal beskerm wat MYNE is. Haar oë was verblind en nou probeer goudstof om haar verder te verblind, maar EK sal persoonlik haar oë met trane afvee, om helder te sien en sy sal haar Redder YAHUSHUA sien kom en Israel verlos. O Jerusalem, O Jerusalem, EK sal julle bymekaar maak by MY en MY arms om MY Mense slaan en enigeen wat dit durf waag om teen julle te staan, sal uitvind hoe dit is om te probeer om die ALMAGTIGE GOD te vernietig wie die GOD is van Abraham, Isak en Jakob.

'EK IS' is MY NAAM en EK deel MY Glorie met niemand of niks nie. Julle het MY liefgehad, maar nie MY Seun YAHUSHUA wie op aarde gebore was op julle grond uit die lendene van julle eie vlees nie. Nogtans verag julle steeds die enigste Verlosser wat julle ooit sal ken. Dog, dit is besig om te verander en MY RUACH ha KODESH waai oor Israel en die vyand kan dit nie stop nie. O ISRAEL, moenie opgee wat EK julle beveel om nie oor te gee nie. O Israel, moenie ingee teen die intimidasie van oorlog of gerugte van oorlog of verwoesting nie. Glo dat 'EK IS' julle sal red en verlos uit die hande van die vyand en uit die hande van vreemde kinders. Glo dat EK julle en al MY Kinders in al die nasies sal verlos uit die hande van vreemde vuur. Moenie mislei word nie. Jaag die towenaars uit julle kerke en tempels. Jaag die aanbidders van goue afgode weg van MY Kinders af. Leiers, BELY vandag omdat julle nie standpunt inneem teen die ongoddelikheid nie.

EK spreek hierdie boodskap deur MY Diensmaagd Sherrie Elijah en alhoewel die boodskap nie julle ore kielie nie, is dit 'n boodskap wat van die GOD van Abraham, Isak en Jakob afkom en die Hemelse Vader van YAHUSHUA. 'EK IS' is MY NAAM en 'EK IS' het op hierdie dag gespreek, so laat dit opgeteken wees op aarde net soos in die Hemel.



* * * * * * *



4/14/1999, 6:46 vm. So is dit gespreek, so is dit geskryf. Dit is die boodskap wat ek gehoor het om af te lewer. EK spreek dit nederig uit en vra vergifnis van GOD YAHUVEH,YAHUSHUA as ek nie alles volledig gehoor het nie of omdat ek nie wou beledig het nie, of as ek enige woorde gesensor het. Dit is 'n verskriklike ding om so 'n ontsaglike verantwoordelikheid te hê om die GOD van die Skepping 'EK IS' se woorde te spreek, dit is soos RUACH ha KODESH vuur wat in my beendere opskiet. Ek is deur die Here aangesê dat 'EK IS' my verantwoordelik hou vir wat ek sê en wat ek nie sê nie.

Bid asseblief vir die Apostels en Profete wie net soos ekself, aanslae moet verduur deur woorde te spreek wat mense nie wil hoor nie. Weereens bevind ek myself buite die hoofstroom kerke terwyl ek na binne kyk. EK het nog nie hierdie goud in iemand se mond gesien nie, maar ek ken 'n suster wie aangeval is en 'n godslasteraar genoem is omdat sy teen dit gepraat het wat die RUACH ha KODESH my vertel het 'Goudkoors herlewing' genoem word en wat geen herlewing hoegenaamd is nie. Toe die Israeliete rondom die goue kalf gedans het, het enigiemand dit durf waag om op te staan en te sê "Nee" dit is nie GOD nie? Hulle het hul goud gevat en 'n afgod gemaak dieselfde tyd toe GOD YAHUVEH, deur 'n ware beweging, die wette met SY vinger op 'n leiklip geskryf het.

Net omdat Richard Roberts, TBN en ander beroemde profete en leraars julle gerus stel dat dit 'n teken, wonder en wonderwerk uit die Hemel is, sodat julle glo dat YAHUVEH, YAHUSHUA 'n werklikheid is, MOENIE MISLEI WORD NIE MAAR DINK AAN DIE GROOT MISLEIDING! Moenie mislei word nie. Die Bybel sê : "Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag". Waar is die geloof wat nodig is in hierdie goudkoors? Asseblief, voordat julle jul siele verloor. Besef dat ek niks het om te wen deur teen dit te spreek nie. Ek gehoorsaam slegs die wil van my Hemelse Vader. Ook het ek die vrymoedigheid want ek is nie vrygestel van belasting nie. Ek het nie my geboortereg verruil vir belasting kwytskeldings status nie. So baie leraars tree op soos Esau en besef dit nie en sal ook nie, nie voordat dit te laat is nie. Dit is die aanklagtes wat ek teen die kerke en die leiers het. Wat is julle reaksie op hierdie aanklagtes? Alle oë in die Hemel is gerig op julle handelinge. Nou kan julle nie sê julle is nie gewaarsku nie.

Die GOD van Abraham, Isak en Jakob het deur hierdie Diensmaagd Sherrie Elijah gespreek. Julle sal op hierdie dag verantwoordelik gehou word wat julle met hierdie boodskap en met haar doen. Hierdie boodskap mag gekopieër en gepos word in totaliteit net soos dit is met niks bygevoeg, of verander nie.. Ek bly steeds net 'n nederige Diensmaagd van 'EK IS' en YAHUSHUA, Pastoor Sherrie Elijah.

Skryf of stuur 'n e-pos as julle daarin belangstel stel dat ek by julle kerk of Tempel moet kom bedien. Ek het nie geweet dat ek hierdie boodskap wat ek nou vir julle gegee het, gaan skryf nie. Dit is onder die salwing gespreek en is deel van 'n profetiese boodskap wat soos vuur in my beendere brand om uit te kom. Weereens bevind ek myself buite die hoofstroom kerke maar Eseg 3:17-21 sê as ek julle en andere nie waarsku nie, al is die boodskap beledigend, sal die bloed aan my hande wees. Deur julle te waarsku om ander te waarsku, is die bloed van my hande af.

Ek het gebid dat as hierdie wonderwerk werklik van YAHUSHUA af is, ek wakker sal word met holtes in my tande wat opgevul is. Want GOD weet dat ek 'n wonderwerk nodig het. As gevolg van gebrek aan fondse en vrees het ek gewag vir 'n wonderwerk of 'n verheerlikte liggaam waarvan die tande nie verrot nie. Ek wil hê julle moet weet dat ek YAHUSHUA belowe het dat as dit van HOM af was, dat ek dit op die internet sou uitbasuin. HY sou dit bewys het deur 'n wonderwerk te doen. EK het ook satan bestraf en hom gesê hy het geen eis op my nie. Nodeloos om te sê ek het nie goud of opgevulde gate in my mond nie.



Apostel Sherrie Elijah


* * * * * * *



Hier volg 'n gesprek met iemand in die geselskamer wie die goudkoors herlewing beleef het:



Rev : Hi ek sien op jou webblad van goudkoors herlewing, kan ek jou daaroor uitvra?

Ivan : Ja

Rev : Het jy dit gesien?

Ivan : Ek ken iemand wat dit gesien het .... dit is die naaste wat ek kon kom

Rev: Ek het dit ek weet nie wat dit veroorsaak het nie. hoe raak ek ontslae daarvan ek het nooit daarvoor gevra nie

Ivan : Wat het met jou gebeur ...

Rev : Ek het dit by 'n 'voorspoed-gulsige' kerk gekry

Rev : daar is 'n snaakse antichrisgees daar dit gaan saam met Dan 11:36

Rev : dit vloei uit die handpalms en vingers met olie

Ivan : Ja so hoor ek

Rev : Ek haat dit hoe raak ek ontslae daarvan

Ivan : Het jy enige goudvulsels gekry

Rev : Soos ek dit sien ons skatte is hemels soos wat JESUS leer

Rev : Ek het nie gekyk nie ek het net 1 tand wat gevul is

Rev : jy weet voorspoedbeweging is uit gulsigheid en nie GOD-gesentreerd nie, reg?

Ivan : Ja .... sal die hele profesie moet lees

Rev : Jip ek het

Rev : ek wil gladnie satan se fratsgoed hê nie

Ivan : Profesie 32

Ivan : het jy opgehou om na daardie kerk toe te gaan?

Rev : ek kry die goudgoed terwyl ons nou praat

Rev : jip ek het, ek gaan, ek gaan na nou Messiaanse Joodse plek waar ek gevoed word

Ivan : die goudstof gebeur nou .... hoe is jou verhouding met god

Rev : ek aanbid GOD ek het HOM met alles lief

Ivan : hoekom dink jy gebeur dit met jou ...

Ivan :satan gebruik die goudstof om sy mense te merk

Rev : bose wil hê ek moet na gulsighheid gaan miskien?? sien ek haat die goed self al die regte GOUD in die hemel kan nie vergelyk word met JESUS nie. JESUS is die ware skat.

Rev : dude ek wil NOU hierdie merk weghê

Ivan :dit is soos die merk van die dier

Rev : hoe raak ek ontslae van dit ek het nooit gevra daarvoor nie en wil dit nie hê nie ek het JESUS LIEF!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Rev : ek gee nie eers nie of gee tiendes nie en verwag iets in ruil nie ek wil net vir GOD dien

Ivan : ek kan jou net vertel wat God sê ....

Rev : wat is dit

Rev : het ek die merk per ongeluk gekry?

Ivan : bely en kry dit verwyder leer en bewys jouself aanvaarbaar

Rev : hoe kry ek dit verwyder ek het baie bely en ek leer dit is hoe ek uitgereken het dit is sleg

Ivan : ek weet nie hoe om dit te stop nie ... vas en bid

Rev : moet dit uitgedryf word? soos bevryding miskien? 245

Ivan : jy sê jy gaan na 'n messiaanse tempel

Rev : Ja

Ivan : het jy dit vir die rabbi vertel

Rev : ek het 'n vriend aanlyn wie bevrydings doen

Rev : ek sal my vriend vra miskien kan hy dit uitdryf

Ivan : ek vermoed probeer dit

Rev: k ty :) GBU



Stem asseblief saam met ons vir Rev se bevryding!



* * * * * * *

KOMMENTAAR OOR HIERDIE PROFESIE:

Onderwerp : goudstof en laggende herlewing?

Geliefde bruid van YAHUSHUA,

Groete in Jesus se Naam.

Ek wil graag weet rakende hierdie goudstof en laggende herlewing, het dit doodgeloop? Het julle enigiemand gesien wie nou bevry is van hierdie demone? Lei hulle 'n oorwinnende lewe as bybel christene?

Ek het hierdie herlewings wat deur my land Maleisië versprei, en ek het persoonlik 'n meisie van 'n ander kerk gesien wie goudvulsels het wat nou grys geword het. Sy manifesteer demone en was bevry toe daar vir haar in Jesus se naam gebid is. Sy het agteroor geval.

Ek glo die valse manifestasies is van dieselfde Rooms Katolieke geeste wat valse manifestasie en visioene van mary bring wat gekoppel is met Mary en antichris.

'n Dame van dieselfde kerk wie die laggende herlewing gehad het het ook gemanifesteer en was in die proses van bevryding, sy het alles wat 'n valse manifestasie gehad het in die naam van Jesus Christus uitgegooi.

As julle enige van dieselfde getuienisse het, laat weet my asseblief.



God seën

Ns. Michael

Maleisië


* * * * * * *



Wil julle hierdie "Goudherlewing" self sien? Kyk op die internet en sien self. Ons kan nie verantwoordelik gehou word deur die skape na die wolwe se lêplek te lei nie. As julle ons nie glo nie, julle word nou verantwoordelik gehou vir wat julle weet en gehoor het. Maak seker julle onthou ons en kom terug.



* * * * * * *


Datum : Vry, 16 Apr 1999 00:12:27 -0700

Alhoewel ek dit met julle deel het dit nog nie NZ lys gehaal nie.

Julle profesie bevestig slegs wat die Gees van God in my aangeroer het.



God seën jou suster


Elli

* * * * * * *


Datum : Maan, 05 Apr 1999 19:42:49 - 0700

Aan : [email protected]

Van : "Elli

Onderwerp : Re: Goudkoors en goue tande....



Om 10:32 NM 4/5/99 het K. Walters geskryf:

Ek het nie persoonlik hierdie wonderwerk ontvang nie (NOGNIE), alhoewel ek die voorreg gehad het om in baie se monde te loer... wat 'n gesig! Een vrou wie meeste van haar kinderjare op welsyn was het 8 nuwe goue tande! 'n Ander vrou het 4 goue tande &/of vulsels die Woensdag gehad en teen Saterdag het sy 11 gehad!! (Ek het haar op beide stadiums van hierdie wonderwerk gesien). Een man het twee pragtige, perfekte, helder goue tande gehad en een van dit het 'n kruis uitgegraveer gehad! Ek weet dit klink onmoontlik om te glo, maar ek het dit met my eie oë gesien!



Liewe Andrew en naamlys,

Ek wil graag 'n paar gedagtes met julle deel waarmee ek diep beïndruk is, nadat ek die pos oor die buitengewone 'goud' gelees het en dit het betrekking met die tyd van 'valse tekens en wonderwerk' wat uit die woonplek van God (die tempel van God) sal kom aka(?) "die kerk" in, wat ek glo "ons" tye is. Ek het gelees van die opgewondenheid wat mede Christene deel oor hierdie 'wonders', en ek vra myself, hoekom is dit dat *ek* as kind van God, nie dieselfde opgewondenheid voel nie, maar eerder hartseer binne-in my voel?


Terwyl ek die verslag op TACF volg, was my gedagtes gelei na die gedeelte in 2 Thess 2 en ek het by myself gewonder .... wat dink Christene word in daardie hoofstuk beskryf (hoe lees julle?), wat visioenaliseer hulle as misleiding van satan en hoe gaan dit manifesteer? Dink julle regtig dat die Valse Profeet op die toneel gaan verskyn, afskuwelik lyk en aankondig "Haai, ek is die valse profeet"? Dink julle regtig julle sal instaat wees om die leuen te onderskei wanneer dit in julle midde verskyn (midde in God se woonplek, die huis van God, aka (?)die "kerk")? Ek kry die gevoel dat meeste Christene, en veral hulle wie agter elke 'teken en wonderwerk'-bewegings aanhardloop, die idee het dat 'n "vals wonderwerk" die reuk van swael MOET hê of afskuwelik moet wees, om van die bose te wees.


MOENIE mislei word nie, broers en susters! Die sataniese nabootser SAL BINNE-IN die 'tempel van God' verskyn, en dit praat nie van 'n Tempel wat hulle een of ander tyd in Jerusalem sal bou nie .... omdat 1) God al vir die laaste 2000 jaar nie daar woon nie, en 2) God nie woon in tempels wat deur mensehande gemaak is nie.


Hoekom glo ek die 'goue tande' en 'goudstof' verskynsels is 'n VALS wonderwerk? Omdat, die wonderwerk op sigself van so 'n kleinlike natuur is en dit is een wat verwys na die 'begeerlikhede van die vlees' en 'die grootsheid van die lewe' (1 Joh 2:16 OV). Wie is dit wat Christus versoek het met die "mag en begeerlikhede van hierdie wêreld"? (Mat 4:8-10). Goue tande (om nie eens te praat van die gegraveerde kruis nie) was altyd 'n "besondere" item in hierdie wêreld wat slegs die RYKES kon bekostig, dit verteenwoordig 'n tipe van "klas".


Ek sê nie hier dat God nie kan besluit om hierdie soort ding te doen nie, maar eerlikwaar ek glo dit is buite God se karakter, wanneer Sy hart breek oor die behoeftes van gebroke harte en geeste. Dat Hy 'n vrolike tyd het deur "goue engel stof" in die trane van (blinde?) aanbidders te strooi.


WORD WAKKER MENSE! Satan se wonderwerke sal in julle midde verskyn en hy sal homself verhoog oor alles wat God genoem word (of 'van' God is), terwyl hy tussen God se mense sit AS GOD (of as 'van' God .... en soos Mnr Sandman 'goue' sand (Sterk verdunning) in julle slaperige oë strooi! Dit is hoogtyd om WAKKER TE WEES!!! MOENIE op 'n dwaalspoor gelei word nie.

Dienende in Sy liefde,

Elli aka(Grace2U)

2 Thess 2:3-12 (Ou Vertaling)


3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van

die verderf

4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal

sit en voorgee dat hy God is.


5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van

sy wederkoms tot niet sal maak,


9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het

om gered te word nie.

11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.