Profesie 33

DIE GRUWEL, DIE GRUWEL, DIE GRUWEL SOOS DIT IN DIE TYD VAN HITLER WAS, SO SAL DIT WEER WEES!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
April 29, 1999


*******

Waar julle ookal gaan sal EK julle veilig bewaar. Wat ookal gaan gebeur weet dat EK by julle is, en EK sal julle veilig bewaar. Sal 'n Bruidegom toelaat dat SY Bruid enige skade ly? Julle is MY Bruid, EK is julle Bruidegom. Ja, EK kom binnekort maar totdat julle MY sien, moenie dink EK sal nie MY Bruid beskerm en bewaar nie. Sê MY Woord nie : "Al val daar duisend aan jou sy en al omring die dood julle, EK sal julle beskerm"? Onthou julle toe die Israeliete en die Egiptenare omring was deur donkerte en lig? Onthou julle toe die Egiptenare die plae ondervind het en die Israliete nie? Hulle het langs mekaar gewoon, nie waar nie? Nogtans was die Israeliete beskerm. So was dit eens en so sal dit weer wees. GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL kom vir hulle wat MY wette teruggegooi het in MY gesig, op MY Tora gespoeg het en die Heilige Woord besmet en in stukke geskeur het.

GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, sal kom op hulle wie die woord van YAHUVEH bespot het, wat die woord stukkend getrap het en gesê het dit is gemors.
GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL! Julle sê EK is 'n GOD van genade en liefde en wanneer EK praat, of mense bestraf of in 'n skerp bewoording deur MY Profete praat, sê julle : "Dit is nie my liefdevolle en genadige Vader nie". Sê EK nie "EK tugtig die wie EK liefhet" nie? Watter ouer dissiplineer hulle kind sonder om hulle stem te verhef? DWASE, DWASE DWASE mense. EK sal julle klap, EK sal julle links en regs tref, EK sal julle skud. Maar uit MY liefde en genade en ter wille van julle siele, sal EK satan toelaat om die vlees dood te maak. Roep MY aan wanneer die tyd daar is en EK sal julle siele red.

GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, GROOT EUWEL, soos wat hierdie wêreld nog nooit gesien het nie. Maar luister, EK gee nie hierdie woorde vir MY Bruid, Babas en Uitverkorenes dat hulle bevrees moet wees nie. Dit is nie vir hulle wie MY stem hoor en MY vrees nie. Om die Here te vrees is wysheid. Om rein te probeer wees, is wysheid. Om Heilig te lewe en onheiligheid te vermy is wysheid. Vat die Woord van GOD en hou dit voor die heiden se gesig en sê : "So sê die Here", kyk en sien, jou buurman se huis sal platgevee word; plae, siektes, dood, verwoesting en armoede sal kom en kyk hoe beskerm EK die wat MYNE is. EK beskerm hulle wie MY Pasga ("Passover") ingegaan het, Hulle wie MYNE is, wie MY Passover ingegaan het, vir julle sal die euwel van MY komende oordeel oorslaan ("passover").

Daar kom groot verwoesting. Die aarde sal in vrees skud en bewe. Kan die son MY glans oorskadu as EK nader aan die aarde kom? Die larwa sal stroom, dit sal nie die woede van YAHUWEH langer kan dra nie. Ag maar julle sal MY engele sien as hulle diegene omkring wie MY liefhet, julle hoef nie te vrees nie. Julle wie MY stem hoor hoef nie te vrees nie, julle sal weet wanneer dit tyd is om te gaan. Het EK nie die Rooisee gekloof nie? EK het dit toe gedoen, so EK sal dit weer doen. Net soos die bose farao en sy troepe MY Kinders uit Israel gejaag het, net omdat hulle vry wou wees en Heilig wou lewe en MY wou aanbid. MY Kinders is dié wie EK beskerm het. Hulle vyande was vernietig. EK het dit toe gedoen en EK sal dit weer doen. Die Israeliete was ongehoorsaam en was deur my tugtiging teruggehou om die Beloofde Land in te gaan. Aanskou die verwoesting wat gaan kom vir die hoer van Babilon. Onthou vir Hitler, soos wat EK aan MY Profete gesê het, leer van Hitler en julle sal sien wat in die verlede was sal in die toekoms ook wees.

AG, AG, AG, Riviere van Bloed sal vloei! Julle sogenaamde christene met julle monde vol goud. Dit is goud uit die Hel gestuur. Goud uit die Hel, Goud uit die Hel, julle is DWAAS, DWAAS! So sal satan terugvat wat hy julle gegee het. Het Hitler nie die goue tande uit die Jode se monde getrek nie? Satan spot en lag, soos wat hy dit toe gedoen het, so sal hy dit weer doen. Hulle wie MY ken, hulle wie MY ken, weet dit is nie van MY nie. EK beveel julle om nederig te wees. Hoekom sal EK wil hê julle moet 'n mond vol goud wys? Is dit nie trots nie? EK verafsku die leiers wat dit verkondig en MY Mense mislei. Julle sal weet dat julle weet dat julle wrede geestelike leiers eendag voor MY sal staan en MY hoor sê : "Gaan weg van MY julle werkers van onheil, EK het julle nooit geken nie".

Val op julle aangesigte en BELY! Ruk die goud uit julle monde uit, voordat satan dit uitruk net soos wat Hitler gedoen het, hulle sal dit weer doen. Die antichris sal dit vernietigingskampe noem. Hy het voorheen 6 miljoen Jode vermoor, nou sal dit 666 miljoen christene en Jode wees. Menigtes sal louwarm in geloof wees, maar voordat hulle lewens geneem word, uitgedoof word soos 'n vuurhoutjie vlammetjie, sal hulle aan die brand wees met die liefde van YAHUWEH. Wat hulle nie nou het nie, sal hulle dan hê. Sal dit nie makliker wees om nou julle verstand, liggaam, gees en siel te offer en julle wil aan MY te gee en dit op MY manier te doen nie, of wil julle regtig eerder wag en die komende euwel verduur?

Sê EK nie in MY Woord die wie 'louwarm' is sal EK uit MY mond spuug nie? Hoe kan julle, terwyl julle MY Woord lees, dink dat enigeen wat homself 'n Christen noem, in die lug opgeraap sal word saam met MY? Die Bruid vir wie EK kom sal voorbereid, gehoorsaam en lojaal wees, MY in alle gevalle in gees, siel en verstand liefhê en ten volle gekleed wees sonder vlek of rimpel. Watter Bruid laat haar Bruidegom wag? Dit is die gaste wat talm. Die Bruidegom wag nie vir Sy Bruid nie; die Bruid is gereed wanneer hy opdaag. Die vernietigingskampe sal nie vol van MY Bruid wees nie. Nie een van MY Bruid sal daar gevind word nie, maar dit sal vol wees van gaste. EK het net een Bruid.

Wanneer julle afgerond is soos troppe vee, vasgedruk teen mekaar waar julle nie links of regs kan beweeg nie, sal die goud uit julle monde geruk word terwyl julle nog lewe. Die goud sal uit julle monde geruk word. Die goud sal uit julle monde geruk word en die juwele van julle liggame af. Dit is wat julle sal kry deur die valse misleidings, groot tekens en wonders te volg. EK stuur hierdie Profeet om julle te waarsku. Satan speel met julle; julle is die aas aan die hoek. Kyk en ween terwyl die geestelike leiers wie EK eens vertrou het, MY Mense soos aas aan 'n hoek oor die kake van die Hel swaai. Die bose geestelike leiers vul hul sakke met goud soos wat die Hel mense se monde met goud vul sodat die bose mense dit kan uitruk soos wat hulle met die Jode gedoen het. Wat julle saai sal julle maai. Julle in Israel wie dit weer volg, het julle nie geleer om nie goud te begeer sodat dit uit julle monde geruk kan word nie? Val op julle aangesigte, BELY vandag! Vlug weg van hierdie leiers wat julle mislei.

Julle wie nie 'n 'Passover Seder' gedoen het nie, wat nie geweet het wat om te doen of wat dit nie wou doen nie, leer nou. Julle het 'n 'Passover' van MY oordeel nodig. EK gee julle nog 'n kans, omdat ek 'n GOD van genade en liefde is. EK het deur 'n droom met hierdie Profeet gepraat, so julle kan nie sê julle GOD het julle nie gewaarsku nie. EK tugtig dié wie EK liefhet. So was dit toe, so sal dit weer wees. Dit is julle keuse. Wil julle nou gehoorsaam wees of wil julle MY tugtiging verduur of later MY verwerping? So was dit toe, so sal dit weer wees. (Sherrie se nota, "Ek het 'n droom gehad waar ek myself sien terwyl ek 'n 'Passover Seder' lei. Julle het slegs die minimum nodig. Ek het matzobroodjies gesien, appelsap, pietersielie, radyse, druiwesap of wyn. Bestudeer dit om julleself waardig te bewys. Daar is baie inligting op die internet. Lees die verhaal van Moses, glo dat julle 'n Passover teen die komende euwel sal hê. Lees Profesie 31).

* * * * * * *

So is dit geskryf, so is dit gespreek. Gegee terwyl in gebed, onder die salwing aan hierdie Kind, Kryger, Bruid en Diensmaagd van YAHUWEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Op 4/29/99 7:13 nm. Voel Asseblief vry om dit te kopieër en te versprei as julle wil. Dit is volkome. Die enigste vir wie ek nie toestemming gee nie, is hulle wie wil spot en 'n oordeel oor hulself bring. Die bloed is nie meer aan my hande nie.
Eerw. Sherrie Elijah.