Profesie 34

DIE MURE VAN JERIGO SAL WEER VAL!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
Mei 2, 1999

*******

Soos in die ou dae, gaan EK weereens die mure van Jerigo vernietig. Nasies en ekonomieë sal tuimel. Dit het alreeds begin. Nasies en mense wat sê EK sal nie doen wat EK gespreek het nie, sal MY wraak voel op maniere wat hulle nog nooit tevore beleef het nie. Want EK word gespot selfs deur hulle wie hulself afgesonderd vir MY noem en nogtans na goue afgode draai en verklaar dat EK deur hierdie goue afgode en deur manifestasies praat. Mensegemaakte en duiwelse afgode. Die Aanbiddingshuise het MY eens op 'n tyd aanbid, maar nou, alhoewel hulle MY NAAM aanroep en aanbiddingsliedere vir MY sing en in MY NAAM bid, is EK nie daar waar die manifestasies van goud in monde en op liggame verskyn nie. Die siele wat hulle dink hulle lei na MY toe, lei in werklikheid na 'n ander. Hulle sal sien wat gebeur terwyl hulle hierdie wierook van gebede offer, wat 'n aanstoot in MY neusgate is, want hulle offer hierdie vreemde vuur aan MY. EK het deur hierdie Profetiese Diensmaagd gewaarsku, soos wat EK deur Elia van Ouds gespreek en die profete van Baäl gekonfronteer het, so gebruik EK nou MY Nuwe Elia om dieselfde te doen.

Leser, neem kennis, as dit nog nie na julle kerke oorgespoel het om julle te versoek nie, dit sal kom want satan beoog om hulle wie aan hom behoort, af te sonder en te MERK, sonder dat hulle weet hulle is alreeds besig om GEMERK te word! Nie die MERK wat na enige verlossing lei nie, maar dit is die begin van die misleiding wat na die MERK van die DIER lei! Die Merk van die Dier sal net so geredelik aanvaar word soos hierdie goue MERK nou aanvaar word. (Goue tandstopsels of goue tande of goue stof). Wanneer die Merk van die Dier kom, sal mense dink dit is 'n seën, wanneer hulle in der waarheid hulle eie siele verdoem tot ewige vuur en swael. Omdat MY Nuwe Elia MY Woorde uitspreek, word sy vermy en belaster deur ander wie net MY seëninge wil hoor wat oplig en nie wil nie hoor wat MY vloeke is vir hulle wie weier om te luister na die woorde wat EK spreek nie.

Omdat die meerderheid weier om te luister en ander te waarsku, sal EK toelaat dat satan kom en dié MERK en mislei wie syne is, deur hulle monde te vul met goud uit die hel, en toelaat dat hulle 'n leuen sal glo, omdat hulle weier om te studeer en hulself aanvaarbaar te bewys. Hulle het die waarheid verwerp, daarom sal EK toelaat dat hulle 'n groot misleiding glo want hulle haat die boodskappers wat gestuur word om hulle te waarsku en hulle belaster hulle op alle maniere, deur vloeke uit te spreek, daarom sal EK satan toelaat om waar die waarheid vermy word, hul monde te vul met die wellus van hierdie wêreld, goud. Hulle sal eendag na MY toe kom en as hulle vir my sê "Here, Here" sal EK vir hulle sê "Gaan weg van MY julle werkers van onheil, EK het julle nooit geken nie". Vlug van hierdie manifestasies van goud wat in baie lande in baie kerke gevind word. Dit is net die begin van die misleiding wat kom vir dié wie sê hulle is MYNE en nie is nie. Leiers wie voorgee hulle behoort aan MY en onwetend deur duiwels beset is en demoniese manifestasie voortbring en dink hulle volg MY en inderwaarheid die god van wellus volg, sy naam is satan. Hulle wie voortgaan om deel te neem in wat EK verbied het, wie aanhou laster en haat koester teen hulle wie slegs MY waarskuwings uitspreek, sal MY toorn ervaar soos wat hulle nooit van gedroom het nie. Hulle wie EK eenmaal MY vriend genoem het, noem EK nou my vyand. Goudstof het hulle oë verblind. EK waarsku julle voortuit, as julle jul hande lig teen die Profete wat waarsku, sal EK MY hand lig en julle weg slaan van MY Ware Boodskappers af wat MY boodskappe bring, nie hul eie nie.

Wat het MY Ware Profete om te wen deur woorde te spreek wat die meerderheid weier om na te luister? Hulle word verseker nie finansieel vergoed nie, selfs nie deur hulle wie hulle as Profete beskou nie, want hoe min sal hulle help wanneer dit nodig is. Maar daardie getroue boodskappers van MY het die vertroue van hul Skepper verdien. Vir die enkeles wie hierdie Profeet wat hierdie praat geseën het, sal EK aanhou beskerm en wat MYNE is is hulle s'n en wat hulle s'n is is MYNE. EK beskerm en seën almal wie diegene seën en bid vir seëninge, wie MY boodskappe verkondig, soos hierdie Profetes nou doen. EK sal MY geheime met hulle deel en hulle waarsku voordat die vyand gaan aanval, sodat hulle uit die pad kan beweeg en andere waarsku om dieselfde te doen. Die Heilige Skrifte word uit verband geruk deur valse profete en leiers. LEES MY WOORD!

Het EK nie aan 'n man vertel, wie alles gedoen het wat hy kon om MY tevrede te stel en MY te gehoorsaam, en nogtans na MY gekom en gevra het : "Wat moet ek doen om U dissipel te wees?". Onthou julle nie dat YAHUSHUA aan hom gesê het "Verkoop alles wat jy het en volg MY", nie. EK het dit gesê omdat EK geweet het dat hy 'n baie ryk man was en sy oë op sy rykdom was, en alhoewel hy MY liefgehad en MY wette gehoorsaam het, het hy 'n ander God voor MY gestel en dit was sy rykdom. Sê MY Woord nie : "Die man het omgedraai en weggeloop nie", want hy het geweier om te doen wat EK hom gevra het om te doen. Hierdie man kon MY Dissipel gewees het, maar hy het die rykdom gekies en die wellus van hierdie goud om hom te verlei en hy het hierdie rykdom voor die God wat hy aanbid geplaas. Hoeveel van julle doen dieselfde?

Vir julle wie dit nie doen nie, weet EK bid : "VADER, wys my hoe ek hierdie geld kan gebruik om U te eer, hoe kan ek hierdie seëninge wat U my gegee het, gebruik om U te eer?" EK ken julle harte en dit behaag MY. Julle het nie die weelde van hierdie wêreld bo julle GOD geplaas nie en EK noem julle MY Dissipels. Waar julle skatte is daar is julle harte ook. Julle kan nie twee meesters dien nie. Julle sal die een haat en die ander liefhê, of die een liefhê en die ander een haat. EK sê nie julle moet alles verkoop en MY volg nie, maar offer dit liewer aan MY as 'n aangename offer. Deur dit te doen, sal EK julle seën. Hou aan om julle skatte in die Hemel bymekaar te maak en nie op aarde nie, want die een is ewig en die ander is tydelik.

Die goud wat EK aan julle offer is die goud van julle beproewinge wat julle deurstaan het. Nie die bonatuurlike opvul van gate in julle tande nie. Nie die sprinkeling van goudvlokkies op julle liggame nie. Sê MY Woord nie duidelik : "Die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud" nie? Die ou boeke (Ou Testament) word nou verwerp in wat EK eens MY Tempels van Aanbidding genoem het. Verstaan hulle nie dat MY wette nie verander het nie, so ook nie die GOD 'EK IS' nie. MY Seun het nie gekom om te verander wat EK as wet verorden het nie. MY Torah verander nie, vir geen man, vrou of kind nie. 'EK IS' is dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid. Die hele aarde sal bewe want 'EK IS' het begin om hierdie aarde hewig te stamp, en dit met slegs een voet. Wanneer EK hierdie aarde met BEIDE VOETE stamp, sal dit so erg wees dat geen nasie of stad of land die skudding gespaar sal word nie.

Maar weereens sal EK hulle spaar wie MYNE is en My Sabbatte Heilig, wie MY aanbid in krag en in waarheid. EK sal julle beskut. Leer wie 'EK IS' werklik is. EK het nog nie eers begin om op hierdie wêreld te blaas nie, maar julle sal sien wat gebeur wanneer die Skepper van Hemel en Aarde en alles wat daarin is, in WOEDE en met woedende TOORN met die asem van 'EK IS' op hierdie wêreld begin blaas!

Die mens dink hulle kan die atmosfeer beheer en hulle besaai die wolke met gif. Hulle besaai die lug met gif, hulle besaai die water met gif, hulle besaai die voedsel met gif, selfs julle klere dra die gif om julle siek te maak en julle weet dit nie. Selfs die suiweringsmiddels wat julle gebruik, die kosmetiek en toiletware bevat gifstowwe. Selfs die dokters vergiftig pasiënte wie hulle veronderstel is om te genees. Die dokters pleeg moord met die wysheid wat EK aan hulle gegee het om te red. Satan, die god van hierdie wêreld, vergiftig julle op alle maniere en julle dwases sien nie eers wat hy met die leiers van hierdie land doen nie, want julle verstande, liggame, gees en siele is vergiftig. Julle kerkleiers vergiftig julle gees deur julle op 'n dwaalspoor te lei met vergiftigde leuens en verdraaiing van die skrifte en valse tekens, wonders en wonderwerke. So min sal begeer om die waarheid te hoor wat hulle kon vrymaak.

EK spreek weereens woorde wat julle nie wil hoor nie, nogtans waarsku ek voor die tyd, moenie MY Boodskapper stenig nie, want dit is nie haar woorde nie. Waar is MY ander Profete wie MY stem hoor en weier om die boodskappe te verkondig wat die vlees van hierdie wêreld sal beledig? EK sal julle oordeel omdat julle dit nie doen en teen hierdie manifistasies praat en waarsku, wat die tempels en kerke met valse tekens, wonders en wonderwerke oorspoel nie. 'n Kermisatmosfeer, dog 'EK IS' word nie vermaak nie. Waar is MY Profete vir wie EK aangesê het om hierdie wêreld te waarsku om Heilige en afgesonderd te wees? Waar is MY Apostels en Profete en ander wie nie 'volg die leier' speel nie en besig is om te waarsku om nie deel te neem aan hierdie demoniese MERK wat in die tande van gemeentes geplaas word en op hulle liggame gesprinkel word en hulle laat dink hulle is meer heiliger en meer bevoorreg as die wat dit nie het nie. GEKKE!! Satan mislei julle en julle weet dit nie. Hitler het eenmaal tevore die goud uit monde gehaal en die antichris sal dit weer doen. Julle wie dit glo, is mislei en het goudkoors en het die waarheid verruil vir leuens uit die hel uit!

EK praat nou met MY Kinders wie hierdie euwel herken het as boosheid. Julle moet MY Joshuas wees en doen soos wat Joshua gedoen het en watter boosheid ookal wat in julle pad staan om julle in slawerny te hou, masjeer eenmaal rondom dit vir ses dae. Op die Sewende dag masjeer SEWE keer rondom dit en blaas op die Shofarhoring as julle een het, en SKREEU dan wat EK julle sal aansê om te sê. Julle sal oorwinning sien as julle dit doen en alles gehoorsaam wat EK julle sê om te doen. Maak seker julle harte is rein en dat julle geen skatte van hierdie heidense wêreld verberg nie, soos die van Jerigo nie. Maak seker julle is opreg en as julle geloof het om te glo en as julle Heilige voor MY lewe, sal julle sal die OORWINNING sien in wat julle ookal in slawerny gebind het, op maniere wat julle nooit van gedroom het nie.

Is dit 'n pakkie sigarette wat julle in slawerny hou? Is dit alkohol of pornografie? Is daar iemand wat julle in slawerny hou? Wat is dit MY Kind? Watter muur van Jerigo wil jy sien neertuimel? Maar pasop, want onthou DOOD het vir Jerigo gekom. DOOD kom vir MY vyande en ook diegene wie ongehoorsaam is. Aan die wie die mars gedoen het het EK oorwinning gegee. Lees MY Boek Joshua 6, die mure van Jerigo sal neertuimel as hulle wie geloof het om te glo, weereens sal sien nie deur die hande van 'n vrou of man nie, maar deur die hande of ALMAGTIGE GOD. 'EK IS' WIE 'EK IS', daar is geen ander.

EK praat nou van die komende aardbewing wat geprofeteer is wat hierdie aarde sal verwoes soos nooit tevore nie. EK maak nou hierdie Profeet vry om te spreek wat EK dae gelede aan haar gesê het. Wat sal EK doen, sal EK met albei MY voete stamp weens die wreedheid van hierdie wêreld en die mensgemaakte boosheid laat voortgaan voor MY skedule? Wat sal EK doen? EK het die vas gesien en die gebede gehoor om uit te stel, dit wat EK wou toelaat. Maar sê MY Woord nie: "As MY volk hulself verneder en op hulle aangesigte neerval, sal EK hulle land genees" nie? Nie baie doen dit nie en dit bedroef MY maar wat sal EK doen met die paar wie treur oor oorloë en treur oor die boosheid van hierdie land? Wat moet EK doen? As Ek dit toelaat, sal MY mense wie vertrou dat EK dit nie sal doen nie en dit gebeur, dink dat hulle gebede en vas was tevergeefs. Selfs sataniese navolgers en aanbidders, hulle wie die knie voor Baäl buig, weet daar is krag in eenheidsvas, hoeveel meer krag is daar wanneer MY Mense wat by MY NAAM geroep is, dit so doen? Sê MY Heilige Skrifte nie sommige dinge verander deur vas en gebed nie?

Tog, as EK nie dit doen en MY woede tentoon stel, deur die lande van die wêreld eenmaal te skud nie, sal MY Profete gespot word en vals profete genoem word. Hulle sal geëtiketteer word soos wat Jona geëtiketeer is toe die mense van Nineve gedink het hy profeteer valslik. Hy het kwaad geword vir MY. Nogtans vertel EK julle dat hulle wie geprofeteer het van die groot verwoesting wat op Mei 8 sal kom, nie vir julle gejok het nie. Nogtans, terwille van die vas en gebede en rein harte en trane, het EK die Oordeel uitgestel vir slegs 'n kort tyd. Daar sal skuddings wees maar nie tot die mate wat gespreek was nie, nie nou nie, julle het uitstel gekry, benut dit met wysheid. Moenie dit waag om MY Profete wie julle gewaarsku het te belaster of te beskinder nie. Instede daarvan wees baie dankbaar, want as hulle nie gewaarsku het nie, sou Meimaand 'n maand soos geen ander op aarde ooit gewees het nie.

Nou vir die slegte nuus, omdat EK MY Oordeel vir 'n kort tyd teruggehou het, het MY woede hewiger gegroei, want EK hou MY Toorn terug, maar dit groei hewiger teen die boosheid van hierdie wêreld. Julle gebede het slegs die onvermydelike vertraag, net soos Nineve. Moenie dit waag om te spot nie, want hulle wie MY Profete bespot sal sien wat gebeur wanneer EK hulle spot. Hulle wie spot en nie dankbaar is vir die uitstel nie, PASOP! Maak nie saak wat ander van julle dink nie, EK sal julle oordeel deur die woorde wat julle spreek. Julle sal nie uitstel kry nie, maar op 'n vasgestelde tyd sal die GOD van die Hemel julle vernietig, julle en julle huisgesinne wie saam met julle spot en alles wat julle besit. Ek sal die seëninge vir MY Geliefdes gee wie dit nie waag om te spot nie, maar instede daarvan, MY loof vir die uitstel. EK doen dit sodat baie kan sien EK is 'n GOD van GENADE en liefde sowel as toorn. EK doen dit sodat julle die krag van gebed en vas sal sien, wat MY Hande beweeg en MY komende oordele vertraag, wanneer dit gekombineer word in die NAAM van YAHUSHUA.

Maar geliefdes, soos wat die oordeel vertraag is, so is ook MY koms. Wanneer EK weer kom, sal groot verwoesting op die aarde plaasvind, soos nog nooit tevore nie. Geen waarskuwings sal gegee word anders wat die Profete reeds gespreek het, ooreekomstig met MY Heilige Boek Rolle wat julle geskrifte noem nie. EK moet ook nou deur hierdie Diensmaagd, hierdie waarskuwing uitgee wat EK reeds op 20 April 1999 deur 'n droom aan haar gesê het en nog nie vrygestel het om te spreek nie, tot nou toe, behalwe aan 'n paar getroues nie. Nou is dit die tyd wat EK dit uitspreek. Moenie dit waag om teen MY Boodskapper te vergader nie, want weereens wat het sy om te wen deur 'n boodskap vry te stel wat jeukende ore nie wil hoor nie?

EK het deur 'n droom met haar gepraat en haar aangesê om aan julle te vertel dat die tyd gekom het dat dit gevaarlik is om in dieselfde wonings as ongelowiges te woon. Want eggenotes sal mekaar verraai, kinders sal die ouers verraai en so aan. Julle wie ongelyk verbind is en nogtans daarin geslaag het om saam te leef, al het beide verskillende Gode gedien, en al het die ongelowige voorgegee om in 'n God te glo, is dit nie die GOD wat julle dien en aanbid en eerste stel nie. Bid nou vir 'n ontsnappingsroete voordat julle oorgelewer word as 'n offer. Vir hulle wie nie 'n weg van ontsnapping het nie en nogtans vir 'n uitweg gebid het, sal EK 'n uitweg maak. Ek verstaan, noem dit net in gebed en EK sal doen wat EK nog nie voorheen gedoen het nie. Ek sal die muur van Jerigo vir jou afbreek sodat die ongelowige nie langer 'n hindernis vir jou wees om MY te aanbid en te dien nie. Jy sal waarlik kan sê "Maar ek en my huis, ons sal die HERE dien".

Vir baie van julle het EK 'n finansiele uitweg voorsien en nogtans het julle nie beweeg toe EK gesê het BEWEEG NOU nie! Baie van julle het ander plekke gehad om heen te gaan en het nogtans gekies om by die ongelowiges te bly. Julle het jul eie bed opgemaak om op te lê. EK treur oor julle. Baie van julle het gesoebat en gehuil vir 'n uitweg en het niks gevind nie. Dit is diegene wie EK op maniere sal verlos wat hulle nie gedink het nie. Geen traan wat julle gestort het oor die wreedheid wat julle in jul huis omring het deur julle eggenotes of kinders, was ongesiens nie. Al die trane is opgevang en EK sal al julle trane afvee en julle seën op maniere wat julle nooit gedroom het moontlik kan wees nie. IS EK NIE JULLE PASGA (PASSOVER) NIE? Het EK nie in MY Heilige Woord gesê: "Wat het Lig te doen met Duisternis?" MY kind, daar sal of duisternis of Lig wees, daar kan nie albei wees nie. Waar lig is daar woon EK, waar duisternis woon, daar woon satan. Praat nou en bewys aan MY watter GOD DIEN JY! Soos wat jy geduldig was, so was EK geduldig, maar die tyd kom nader en die jaar is naby die einde en as julle nie nou luister nie, sal julle volgende jaar bid dat julle MY kan gehoorsaam en wegtrek van die werkers van ongeregtigheid af, maar vir menigtes sal dit te laat wees. Die ongelowiges sal julle as 'n offer opoffer, en EK waarsku vooraf van wat aan die kom is. Soos dit in die Heilige Skrifte opgeteken is, het EK MY Profeet van ouds opdrag gegee om MY Priesters te beveel om van die heidene te skei wie ander Gode aanbid, het EK nie? Die priesters het kinders by hierdie heidense vrouens gehad en nogtans het EK nie hierdie huwelike verorden nie. Julle het gesien dat 'n huis wat teen homself verdeel is, nie kan staan nie. Soos wat dit toe was, so sal dit weereens wees. Die priesters het aangehou en EK het my Profete hulle in die gesig laat slaan en hulle baarde laat trek. Wil julle hê EK moet dit weer doen? Hierdie keer sal dit nie 'n Profeet wees nie, maar ALMAGTIG GOD 'EK IS' wat dit doen en veel erger. Moenie twyfel nie MY Kinders: hulle wie begeer om vry te wees en nogtans nie weet hoe nie.

EK weet wie van julle is instaat om dit te doen en wie is nie instaat om dit te doen nie, EK sal hulle verlos wie nie instaat is nie, maar hulle moet met MY praat en tot MY bid en MY eerste stel, en waag om te affronteer waar hulle nog nooit vantevore geaffronteer het nie. MY Mense moenie die ongelowige vrees nie, die spotter, die koggelaar, want alhoewel hierdie wêreld julle as een beskou, EK het julle nooit as een met die ongelowige verorden nie. EK sal weereens verlos soos wat ek Joshua eens by Jerigo verlos het. Moenie net met julle verstand glo nie, maar met julle Gees. Doen 'n Jerigomars rondom dit wat julle deur MY hand van verlos wil word. Bid en EK sal julle MY verlossing wys. SOOS WAT EK DIT VOORHEEN GEDOEN HET, SO SAL EK DIT WEER DOEN!

MY Diensmaagd wat hierdie woord spreek het die prys betaal vir die salwing om hierdie Profetiese Boodskap te bring wat die gevangenes sal vrylaat in die NAAM van YAHUSHUA. Net EK weet watter prys sy betaal het en hulle wat teen haar opstaan, satan sal gedwing word om menigte los te laat wat in ongelyke huwelike en huishoudings gebind was. Weereens sal vas en gebede, en Jerigo Marse die mure forseer om te tuimel. Maar MY Mense wie dit doen sal nie in 'n gees van armoede verval nie, want lees weereens MY Boek van Joshua en sien hoe EK hulle geseën het deur die rykdom van die bose te vat en dit vir die regverdiges te gee. Hierdie rykdom is nie gebruik vir die plesiere van hierdie wêreld nie, maar vir MY Koninkryk om voort te gaan om die enkele Profete te ondersteun wat EK in hierdie wêreld het soos hierdie Diensmaagd wie dit waag om te praat wat geen Profeet voorheen nog gewaag het om met soveel vrymoedigheid te praat nie, ten spyte van die gevolge. Hoeveel van julle sal MY Profete en dissipels versteek wanneer die tyd kom?

Wie sal doen wat Ragab in die boek van Joshua gedoen het? Julle moenie vrees nie, want het EK nie vir Joshua gesê om die prostetuut en haar familie en haar hele huishouding en al haar besittings te spaar nie? Voordat hy die stad ingeneem het nadat die mure neergetuimel het, Jerigomure wat opgerig was om hierdie bose stad te beskerm, en nogtans het EK My Mense gebruik om 'n OORLOGSKREET te skree en die MURE het neergetuimel tot STOF! EK het MY Mense gebruik wie MY Stem gehoor en MY gehoorsaam het en nie 'n woord gepraat het terwyl hulle vir ses dae eers eenmaal en toe sewemaal op die SEWENDE DAG rondom gemasjeer het en toe die oorwinnende oorlogskreet geskree het. Want eenheid is belangrik, word verenig en doen wat Joshua gedoen het. EK beveel hierdie Profeet nou om te bid vir 'n dag wat afgesonder is wanneer julle tesame sal skree en 'n Jerigomars uitvoer rondom wat julle ookal verwyder wil hê wat nie Lof, Eer en Glorie aan MY bring nie. Selfs vir julle wie niks het wat verwyder moet word nie, beveel EK om deel te neem aan hierdie Jerigomars ter wille van julle Broers en Susters wie verlossing nodig het. Hou op om selfgenoegsaam in julle eie seëninge te wees, tensy EK dit wegneem van julle en aan ander gee. Julle hoef nie eers fisies bymekaar te wees nie, weet net wat nodig is om verwyder te word. Masjeer rondom julle eie huise ter wille van hulle wie se huise verdeeld is deur ongelowiges en gelowiges.

Bid en EK sal julle wys hoe om te help om julle broers en susters in YAHUSHUA te BEVRY! Dit sal julle vas en gebede en Jerigomarse wees wat gebruik sal word soos 'n sleutel wat die slotte sal draai wat al so lank daar is dat dit al toegeroes het. Nogtans in die NAAM van YAHUSHUA, as julle dit in eenheid doen, sal dit oopgemaak word en wat 'EK IS' oopmaak sal geen mens of duiwel toesluit nie. Weereens, as julle hierdie verlossing in geloof kan glo, sal julle dit oplaas sien. Breek die slotte van julle gevange broers en susters en maak hulle vry deur eenheid. Offer alle ongelyk gebonde huishoudings aan MY soos wat Abraham met Isak gedoen het en kyk wat EK met julle offers doen. Menigtes sal vry wees as julle net kan GLO!

* * * * * * * *

Gegee aan Apostel Sherrie Elijah