Profesie 35

VERRAAI MET 'N SOEN!

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Sherrie Elijah
Mei 16, 1999

* * * * * * *

Hierdie is geskryf op 16 Mei, 1999 onmiddelik na die derde dag van my Jerigomars om 7:00 vm. Enige muur van boosheid, geeste wat verhinder, of enige bindinge wat teen hierdie dienaar en hierdie bediening staan, sal val soos die mure van Jerigo. Diegene wat my vernietiging soek en hierdie bediening se vernietiging, sal nie staande bly nie. Ek stem saam met al my broers en susters wie hierdie woord ontvang en in liefde bedien, en die Jerigomarse doen teen die mure van die bose, bindinge wat hulle op enige manier verhinder, dat dit sal val soos die mure van Jerigo. Ek glo dat die DAG VAN PINKSTER 'n dag van groot oorwinning sal wees vir diegene wat alreeds of wat nog persoonlike Jerigomarse doen vir OORWINNING. Dieselfde GOD wat ons nou dien, is dieselfde GOD wat die mure van Jerigo laat tuimel het. Dieselfde GOD wat Ragab gespaar het omdat sy die twee Israeliete versteek het, is dieselfde ALMAGTIGE GOD wie homself 'EK IS' noem. HY het dit eenmaal gedoen en HY sal dit weer doen. Glo net en vertrou en julle sal oorwinning sien.

* * * * * * *

MY Geliefde Kinders 'EK IS' is die Here julle GOD. Dit is MY NAAM en MY Glorie en EK gee dit vir geen ander nie, ook nie MY eer aan gegraveerde afbeeldings nie. Aanskou die vorige dinge wat weer gebeur en nuwe dinge wat EK aan julle verkondig voordat dit gebeur. Dié met geestelike ore om te hoor, sal luister en ander bly doof en stom. Onthou julle vir Simson en Delila? MY vyande soek om julle krag te steel, wat julle geloof in MY is. MY vyande soek om julle vryheid, finansies en lewens te vat. MY vyande soek om julle siele te vernietig, om dit aan satan as 'n offer te gee. Hulle dreig julle, intimideer julle, vervolg julle en menigte sal hulle lewens neerlê omdat hulle nie hul geloof sal prysgee nie. 'EK IS' het julle gesalf en in hierdie bediening geplaas om op elke gebied hulp aan hierdie bediening te bied. As julle hierdie woorde van MY glo, deel dan hierdie woorde wat EK aan hierdie Profetes gegee het.

Julle moet hierdie Profetes bedek en intree vir haar en ander Profete en Apostels deur wie EK tot julle gees praat. Hierdie Profetiese boodskappe help om die verlorenes in die Koninkryk van Hemel in te bring deur hulle te bedien, deur hulle op te lig en te bestraf. MY Kinders word aangemoedig en MY vyande word gewaarsku en MY verlore seuns en dogters keer terug. Julle moet daar wees om hierdie Profetes se hande op te lig wanneer sy te moeg raak op dit op te lig in tye van stryd. 'EK IS' sal aanhou om diegene te beskerm wie help, bemoedig, bid en ondersteun, soos EK deur MY RUACH ha KODESH lei, miskien 'n bemoedigende woord of 'n bemoedigende profesie is al wat EK julle sal lei om tot hierdie dienaar te spreek. Vra MY wat julle kan doen om te help. Vra vir haar wat julle kan doen om te help. Sy is maar net een stem. Bind julle stemme saam met hare en help haar om hierdie wêreld met MY Woorde te bereik. Julle sal MY seën deur al die boodskappe wat sy ontvang, te gehoorsaam en te help versprei.

'EK IS' sal julle name op die hekke van MY mure skryf. Julle sal aanhou skyn soos juwele geset in die Hemel se beste dekor. Al MY Ware Profete en Apostels het julle hulp nodig, hierdie een ingesluit. Hulle word op verskeie manier aangeval, sommige liggaamlik, sommige verstandelik, sommige emosioneel, sommige finansieel, sommige geestelik. MY Diensmaagd word daagliks aangeval op al hierdie gebiede. Nogtans hoor 'EK IS' die magtige gebede van intersessie en 'EK IS' rys MY swaard van die RUAHC ha KODESH en so seker as wat Goliat geval het, so seker sal ook die vyande val wie hierdie boodskapper bespot wat gestuur is om die profetiese boodskappe af te lewer. Soos wat Goliat deur Dawid gewaarsku is, gee 'EK IS' vandag hierdie waarskuwing. Al spot julle, MY Woord bly dieselfde : "Raak MY gesalfdes nie aan en doen MY profete geen kwaad nie. (Psalm 105:15; Kronieke 16:22 Ou vertaling).

'EK IS' sal elke woord beoordeel wat teen hierdie Diensmaagd en MY ander Apostels en Profete gespreek word, net omdat hulle spreek wat 'EK IS' spreek. 'EK IS' sal diegene seën wie ore het om te hoor en luister en sal diegene vervloek wat dinge wat Heilig is, onheilig noem. 'EK IS' ken die name en harte van hulle wie soos 'n vriend kom en voorgee om 'n seën te wees en as hulle dan wegdraai en die masker val af, is Judas daaronder. Ellende wag vir die Judasse wie soek om aan te sluit of die vernietiging van hierdie bediening soek en soek om die mond van hierdie Profetes wie hier praat, te ontmoetig, deur haar stil te maak of die RUACH ha KODESH binne-in haar te bedroef. Julle sien slegs die vrou, EK kan die RUACH ha KODESH sien en ken die hart van hierdie Profetes, soos EK ook hulle ken wie EK deur my RUACH ha KODESH gelei het om hierdie profetiese woord nou te lees. Aan die bokke sê EK, "BELY, DRAAI WEG VAN JULLE BOSE WEË, voordat daar nie meer tyd is om te bely nie.

Aan MY Babas, Bruid en Uitverkorenes sê 'EK IS', "Geseënd noem EK julle en sal bewys dat EK diegene vergoed wie ywerig na MY soek en daarna strewe om MY wette te gehoorsaam. Geseënd is hulle wie daarna strewe om Heilig te wees soos wat 'EK IS' heilig is. Geseënd is hulle wie hulle skatte in Hemel vergader en nie om Aarde nie. Wie na die merk (teiken) van die hoogste roeping hardloop. Om MY Bruid te word is die hoogste roeping van alles". Dit is die grootste skat van alles. Daar is gaste en daar is MY Bruid. Strewe daarna om MY Bruid te word. Ek noem nie almal MY Bruid nie, slegs hulle wie opsy gesit is vir MY Glorie sal MY Bruid genoem word. MY Bruid ken mekaar, hulle ken nie 'n vreemdeling nie. Hierdie is 'n bediening daargestel om MY Bruid te bedien en voor te berei. Hulle wie spot, wees gewaarsku, want julle spottery en vervloeking sal terugkeer na julle eie ore. Wie is julle om te sê wat 'EK IS' kan doen en wat nie? EK stuur MY Profete om te waarsku teen verdoeming voor dit gebeur. Sê MY Woord nie : "en as my volk oor wie MY NAAM uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en HULLE LAND GENEES". (2 Kron 7:14 Ou Vertaling).

O BELY julle bose generasie, want EK het julle gespaar toe EK julle lank gelede moes vernietig het. EK het julle slegs vir 'n kort tydjie gespaar van MY toorn. Julle is sekondes weg van middernag af en julle bespot en koggel MY Seun se terugkoms. Julle bespot en koggel die gruwel wat gaan kom. Julle bespot en koggel diegene wie geestelik voorberei vir daardie tyd en uitkyk vir hul Verlosser om te kom en hulle weg te neem op die vasgestelde tyd van verdrukking. Julle bespot en koggel selfs as EK ek 'n datum vir die komende katastrofe gee en as daardie katastrofe nie kom nie asgevolg van die trane, vas en gebede nie, bestempel julle daardie profeet as 'n valse profeet. Daar is baie valse profete maar as 'n Profeet of Apostel julle na Verlossing en Heiligheid lei en die waarheid verkondig en nie leuens nie, hoe kan hulle dan vals wees?

As 'n Profeet of Apostel julle weg lei van die Hemel na die Hel toe, dan is hulle inderdaad 'n valse profeet. As hulle julle na 'n ander god toe lei, of 'n valse teken, wonder of wonderwerk doen, dan is hulle inderdaad 'n valse profeet of apostel of leermeester. As 'n Apostel of Profeet, of leermeester julle leer om MY ou wette en Boeke (Ou Testement) te verwerp, is hulle inderdaad 'n valse profeet of apostel. Julle moet oor MY wette mediteer, dag en nag. (Psalm 1:2) Selfs as 'n engel kom en 'n ander weg na die Hemel verkondig of julle aanraai om nie na die Ou Boek (Ou Testament) te luister nie en net die Nuwe Boek (Nuwe Testament) te lees, PASOP want 'EK IS' die OU BOEK (Testament) wat VLEES geword het in MY Seun YAHUSHUA, want nie net was die ou boek (Ou Testament) gelees nie, maar GESIEN. MY WOORD was gesien in WOORD en DAAD en so MY Ware Kinders, moet die wêreld ook MY WOORD sien, beide die OU en NUWE Testament moet in JULLE gesien word!

Wees oor julle eie siele besorg omdat julle MY Ware Apostels en Profete verontmoedig het wie woorde van waarskuwing gespreek het en julle het julle self deur jul eie woorde gehang, net soos wat Judas homself opgehang het. Wat is die prys vir julle siel? Sien julle dit nog nie? MY vyande beoog om uit te vind waar julle krag is. Julle vyande beoog om julle krag weg te vat, julle begeerte om MY te dien, om julle te vernietig en ja selfs te dood as dit moontlik is. Julle vyande beoog om julle te verwar en te laat twyfel soos Petrus gedoen het toe EK hom beveel het om op die water te loop. Het Delila Simson verraai met 'n swaard? Nee, maar met 'n SOEN in die naam van liefde, het sy hom verraai nadat sy sy bron van krag ontdek het. Het Judas MY Seun verraai met 'n swaard? Nee, maar met 'n SOEN. Net so sal julle vyande wat in jul huise bly en julle families, ook sê, ek wil jou net help, en dan verraai hulle julle met 'n SOEN van die DOOD vir jul vryheid en lewens, as EK dit so toelaat.

Die vyande van MY Evangelie sê hulle glo, maar hulle het geen ideë wie 'EK IS' nie. 'EK IS' iemand van wie hulle gelees het, nie iemand vir wie hulle lewe nie. 'EK IS' dieselfde gister, vandag en vir altyd. EK verander vir geen man of vrou of kind nie. 'EK IS' nie geamuseerd as EK sien MY skape wei saam met bokke nie. 'EK IS' sal die skape van die bokke skei, hulle wie saam in huise bly en 'n getuie vir die bokke is met die hoop dat hulle sal begeer om 'n skaap te word. Dinge het verander in hierdie eindtye. "EK IS' bring 'n swaard wat tereg die koring van die kaf sal skei, die koring van die hooi (tares). "EK IS' treur en is woedend wanneer EK MY Skape se trane sien en soos in die ou dae sal 'EK IS' hulle verlos wie verlossing soek en wie swaargekry het teen die geeste van ongoddelikheid wat teen hulle opgerig is in slawerny. Waar daar geen uitkoms is nie, sal EK julle na die uitgang lei.

Het EK nie in MY Woord gesê : "Julle grootste vyande sal in jul eie huise gevind word nie?" Het EK nie gesê : "MY Seun YAHUSHUA bring skeiding met 'n swaard nie"? Lees MY Woord. Bestudeer MY Woord. Die Swaard van MY RUACH ha KODESH is die Swaard van Waarheid en MY vyande soek nie die waarheid nie, maar glo eerder die leuens wat soos 'n vinger 'n oog of 'n oor streel wat jeuk. Wanneer MY vinger van veroordeling op die ongoddelikes kom, draai hulle eerder daardie vinger van veroordeling terug na julle toe en verdraai dit in 'n vinger van beskuldiging, deur julle te beskuldig van vooroordeel, of kranksinnigheid, of dwaasheid. Julle vyande beskuldig julle van haat misdaad terwyl EK geen gees van haat in julle gegee het nie, behalwe vir satan en ongoddelikheid.

Die skape sal vind dit is moeiliker as ooit om vreedsaam te woon in huise of families waar die bokke is. Want julle sien, sê MY Woord nie : "In hierdie laaste dae sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges, onheiliger word" nie? Julle is 'n helder skynende lig. Die sondes word in die donkerte gedoen. Die kinders van die duisternis wil nie hê hul sondes moet as sondes ontbloot word nie. Julle wie in sulke huise woon, julle ligte is op 'n heuwel vir almal om te sien. Vertel vir hulle wie MY as HERE ontken en weier om vir MY te lewe of om Heilig voor MY te lewe, dat die GOD wie julle dien 'EK IS' en YAHUSHUA, dié wie gevul is met die Hemel se waarheid, gaan wegneem van die duisternis en hulle agterlaat in duisternis met hul sondes en dit was terwille van hulle wie MY kinders is wie EK My Skape noem, dat die bokke wie saam met hulle woon, nog nie MY toorn gevoel het nie. Wanneer die skape weggeneem word, sal die bokke MY toorn in volle maat ervaar.

'EK IS' spreek hierdie waarskuwing, soos MY vyande swaarde gelig het teen Simson en hom gemartel en verblind het, so sal 'EK IS' ook My swaard oplig en die bande sny waarmee die ongoddelikes julle vasgebind het. 'EK IS' sal MY swaard gebruik om MY vyande op baie verskillende manier te dood. 'EK IS' sal MY vyande agtervolg en hulle sal vreesbevange in sewe verskillende rigtings hardloop. 'EK IS' sal die gevangenes vrylaat wie uitroep na MY vir hulle verlossing (Passover). 'EK IS' sal verder die oë verblind en die ore verdoof van hulle wie weier om te luister, alhoewel hulle oor en oor gewaarsku is, hulle wil mos blind wees,so sal hulle dan, net soos die bose farao, sewe maal erger wees, totdat laasgenoemde groter as die vorige is, en hulle sou beter af gewees het as hulle nie geweet het nie, en hulle sodoende nie MY Apostels en Profete wie EK gestuur, gespot het nie. Die skape sal nie meer langer tevrede wees om by die bokke te lê nie. Die tyd het gekom dat dit groot gevaar inhou om so te doen. Bid vir 'n uitweg. Kyk hoe die mure van euwel neer tuimel, net soos die mure van Jerigo. Masjeer vir julle oorwinning, net soos Joshua gedoen het, elkeen vir sy eie behoeftes.

Moenie mismoedig wees nie, julle wie in slawerny is. Want net soos Saulus (Paulus) gesalf was om met MY Mense te praat, was dit omdat hy ongeag sy ellende geloof het, dat hy getoets was en gespreek het ten spyte van sy lyding. Net so seker as wat EK Saulus (Paulus) deur 'n engel bevry het uit sy tronk, so sal EK hulle ook bevry wie uitroep na MY vir bevryding van die bokke saam met wie hulle woon. 'EK IS' sal julle verlos as julle dit in geloof spreek en julleself nie gemaklik maak in die ongoddelikes se omgewings wie hulself familie noem maar tog nie familie is nie. Julle ware familie is gelowiges en geliefdes van 'EK IS', YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Hulle wie 'n begeerte het om Heilig te lewe en Heilig te wees en die hele woord liefhet wat vlees geword het, Sy NAAM is YAHUSHUA. Daar is geen ander naam wat julle kan red behalwe die NAAM YAHUSHUA nie. Geen ander weg as YAHUSHUA om met vrymoedigheid voor MY Troon te kom nie.

Moenie jul eie vuil vodde dra nie, maar kom met vrymoedigheid in die kleed van geregtigheid waarmee YAHUSHUA julle bedek. MY Seun se NAAM is YAHUSHUA en in Jesaja 53 in die OU BOEK (TESTAMENT), vertel EK vooruit aan julle van SY koms, word Sy koms geprofeteer. Net soos wat menigtes nie daardie tyd geglo het dat 'n Verlosser sal kom nie, net so is daar ook nou baie wat nie Joh 3:16 in die NUWE BOEK (TESTAMENT) glo dat YAHUSHUA kom en hulle red wie geestelike ore het om te hoor en luister en hulle met geestelike oë om te sien. Vir hulle wat glo en in hul harte sê en lewe asof HY enige oomblik gaan kom, julle sal nie teleurgesteld wees nie. Watter bruidegom weet nie wie sy ware bruid is nie? Daar sal geen sluier wees wat julle gesigte bedek nie, alles sal op daardie dag geopenbaar wees. Die gaste sal droewig huil wanneer hulle op daardie dag besef dat hulle ook die Bruid kon gewees het. Diegene wie die uitnodiging om YAHUSHUA aan te neem, geweier het, sal op hul tande kners weens pyn en sal ewiglik met hul siele betaal. Wie sal julle wees? 'EK IS' wie 'EK IS' en 'EK IS' weet alreeds!

* * * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf op Mei 16, 1999. Geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH en toevertrou aan hierdie Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA.