Profesie 36

EK IS NIE NET JULLE GOD VAN GISTER EN VANDAG NIE,
MAAR OOK MORE EN SELFS IN DIE DONKERSTE UUR!

Gespreek deur hierdie nederige voorwerp van klei,
Eerwaarde Sherrie Elijah
Augustus 10, 1999

Om 6:00 vm het ek wakker geword met hierdie woorde

*******

O, EK treur en weeklaag oor die lot wat kom vir dìé wat volhard op die pad van rebelllie, wat MY outoriteit en bestaan ontken, wat die noodsaaklikheid verwerp om Heilig te leef soos 'EK IS" Heilig is. Die duisternis, Die duisternis, Die duisternis, EK sal die land met duisternis bedek om my woede teenoor julle sondes te wys. Ek sal MY oë toemaak wanneer alles klaar is teen julle vanuit die putte van Hel vir hulle wat volhard op die pad van rebellie en ongehoorsaamheid. Hierdie waarskuwing word gespreek nie net vir MY vyande nie, maar ook vir MY kinders, want hulle moet besef dat as hulle voet afdwaal van MY weg van Heiligheid en as hulle begin om in moedswillige ongehoorsaamheid te loop, sal hulle hulself ook nie meer onder MY sambreel van veiligheid bevind in tye van storms nie.

Ek spreek hierdie dinge nou deur MY Diensmaagd wie ook besef sy is verantwoordelik vir wat sy spreek en nie spreek nie. Hierdie woorde sal diegene wat dit lees en luister, veroordeel en waar hulle in duisternis verkeer, sal EK MY lig van veroordeling laat skyn om weereens te bewys 'EK IS' is 'n ALMAGTIGE GOD wie 'n GOD van Genade en Liefde is, maar 'EK IS' is ook ALMAGTIG in oorlog teen MY vyande. Inderdaad, diegene wat MY toets, sal uitvind 'EK IS' is 'n GOD wat nie veel langer gespot sal word nie, so wees gewaarsku op hierdie dag. Die Duisternis wat gaan kom sal die woede van 'EK IS' simboliseer, wanneer EK my oë sal bedek vir julle rampe, oorloë, hondersnode, dood, vernietiging, pessiektes, armoede, siektes en die lys gaan aan. Waarsku MY vyande dat hulle hierdie skande oor hul nasies gebring het, oor hulle self.

MY Babas, Bruid, en Uitverkorenes moenie bang wees nie, maar hulle sal saam met MY ween en treur as hulle hierdie dinge sien kom oor diegene wat kies om nie dieselfde GOD te dien as wat hulle dien nie. Hulle sal dit sien kom oor diegene wat nie die seël van verlossing op hul voorhoofde het nie. Die Bloed van YAHUSHUA is 'n bedekking vir hul sondes.

Wanneer julle aantygings van opstapeling hoor en regerings begin rantsoeneer wat nog nooit gerantsoeneer het nie, wanneer selfs water uitgedeel word soos 'n geskenk deur 'n mens, weet dan dit is die begin van wat EK hierbo profeteer. Wanneer oorlog aan weerskante uitbreek en julle land in 'n lokval gelei word, weet dat EK vooruit sommiges gewaarsku het om te VLUG en gesê het waarheen om te VLUG en as hulle gehoorsaam is, sal hulle onder MY sambreel van veiligheid wees, as hulle nie gehoorsaam nie, dan sal hulle ly op maniere wat nie nodig sou gewees het nie, al het EK hulle lief en treur oor hulle. Vrees slegs een vrees en dit is dat julle nie MY stem sal hoor nie. Soek die GOD van Abraham, Isak en Jakob, die GOD van Israel terwyl EK nog te vinde is. EK spreek nie in 'n harde stem tot julle gees nie, maar in 'n stil sagte stem, want net die wat genoeg omgee om met inspanning hul ore tot my te neig, sal hoor as EK praat. Is dit vir julle die moeite werd om om te gee om nader aan MY te leun terwyl EK MY instruksies vir julle fluister? Is dit die moeite werd om te vas wanneer MY RUACH ha KODESH sê vas sodat julle MY duideliker sal hoor?

O MY Kleintjies, hoe verlang EK om julle in MY arms te wieg, maar julle ontwyk MY opregte aanraking, want MY opregte aanraking is Heilig en vir MY om aan julle te raak, word julle veroordeel. So EK moet julle aanraak op 'n manier wat EK liewer nie wil nie, soos 'n Vader wat 'n kind tugtig sal EK julle aandag kry op een of ander manier. Maar diegene wie MY vertrou, diegene wie verlang na MY aanraking, julle sal EK koester en beskerm. EK sal julle in MY arms wieg en versorg soos 'n moeder 'n gewonde kind versorg. EK sê vir julle MY Geliefdes, die komende dae sal nie iets ontstellends wees so lank as julle jul geloof behou in die GOD wie julle aanbid, liefhet, dien en na strewe om te gehoorsaam nie. EK sal julle nooit begewe of verlaat nie. Moenie die mens vrees nie, maar vrees die GOD wie julle dien. As julle nie na MY stem luister nie, sal julle rigting verloor.

Soos wat Lot toegang geweier is deur die engel wat hom gewaarsku het om nie in te gaan nie, so sal EK julle ook waarsku wanneer EK sê vlug uit watter land julle ookal in is, GEHOORSAAM dan! EK sal engele na julle toe stuur, vermom as mans en vrouens en hulle sal MY Woorde spreek, maar moenie mislei word nie. As dit nie ooreenstem met die woord van "EK IS' nie, as die RUACH ha KODESH nie in hulle teenwoordig is nie, moet dan nie na enigeen luister wat MY nie aanbid, dien, liefhê en eerste stel in alles nie. Want die vyand sal mense stuur wat heilig lyk en heilig praat, maar luister fyn na die woorde wat hulle spreek. Moedig hulle julle aan om te bly glo, om Heilige te lewe, om MY Wette van ouds te gehoorsaam wat nooit verouderd het nie, MY Torah is tydloos, of verkondig hulle 'n ander evangelie wat sê daar is 'n ander weg na die Hemel en julle het nie die Bloed van MY Seun YAHUSHUA nodig om daar te kom nie? As hulle julle aanmoedig om mensgemaakte wette te gehoorsaam en MY Wette te ignoreer, dan sê EK vir julle dit, EK het hulle beslis nie gestuur om julle te lei of te onderrig nie.

Wat het lig en duisternis in gemeen? Wat het MY Seun YAHUSHUA en satan in gemeen? Sleg kan nie goed lei nie. Die politieke leiers is korrup en julle moet reg onderskei tussen goed en sleg. Julle politieke leiers in alle dele van die wêreld het MY uitverkoop. Satan was die hoogste bieër maar EK sal hulle wys wat dink EK, want die speletjie is nog nie verby nie. EK beheer en regeer, alhoewel hulle MY leierskap wil ignoreer. Selfs 'n nasie wat sê hulle aanbid MY en die leierskap weet nie wie EK IS' nie, wat MY ook nie wil dien nie, en MY ook nie wil gehoorsaam nie. Hy beplan om MY land te verdeel asof dit 'n koekieverdeler is, maar EK sal die laaste sê hê. EK praat deur droogte, Ek praat deur geweldige winde wat oor die lande waai, EK praat deur aardbewings wat die hoogste geboue sal laat tuimel en EK praat deur die vloede, soos MY trane neer stort vir my opstandige kinders. EK praat en die aarde sidder weens MY woede, EK praat en die lawa giet MY woede uit. Die nasies wat die ongebore babas slag en liggaamsdele aan die hoogste bieër verkoop, WEES GEWAARSKU!

Julle sal binnekort verantwoording doen voor die GOD van die Skepping. Julle verkoop julle pille en gebruik julle sjirugiese vaardighede wat EK gegee het om lewens te red, om onskuldige lewens te neem. Julle geneeshere sal boet omdat julle gawes en kennis wat EK vir julle gegee het, gebruik om onskuldige lewens te vermoor. Die siele van onwelkome babas keer terug na hul Skepper en terug in MY arms, maar dit is julle wat sal boet vir wat julle besig is om te doen. Dit is die nasies wat hierdie dinge doen, vir wie EK my ore sal toedruk wanneer hulle afgeslag word. Maar weereens, MY woede sal nie diegene tref wie aan my behoort nie, hulle wie treur oor die gruweldade wat in verontagsaming van wat reg en wat verkeerd is, gepleeg word.

EK sal julle pastore binnekort verantwoordelik hou. Bose herders wie so Heilig lyk en tog weier om teen homoseksualisme of aborsies te staan, want dit is nou buite beheer. Julle is banger om omkoopgeld te verloor wat julle ontvang. EK waarsku MY mense, julle sal verantwoordelik gehou word omdat julle saad saai in bedienings wat banger is om hul omkoopgeld van die regerings te verloor, wat hulle ontvang om hul lippe te snoer sodat hulle nie die immoraliteit en boosheid raaksien wat die land vul nie. Elke kerk moes opgestaan het, elkeen wie hulself MYNE noem, en gewaarsku het dat die BYBEL verklaar dat homoseksualisme is 'n gruwel vir 'EK IS'. EK waarsku julle in MY Woord dat hierdie gees aansteeklik is en mee gedeel moet word. Maar het julle gepraat toe julle gesien het die goedgekeurde wette beskerm dìt wat EK gruweldade noem?

Alle pastore, geestelike leiers en politieke leiers wat dit nie gedoen het nie, noem EK nou 'n GRUWEL vir 'EK IS'! Vat julle kastige Heiligheid en vat julle kastige aanbidding en EK sê: 'WEG VAN MY'. EK sal nie na julle luister in die dag van onheil nie. Julle sal verantwoording aan MY doen wanneer EK MY Ware Bruid huistoe neem saam met MY en julle geestelike leiers sal in julle gemeentes sit en probeer verduidelik hoekom hulle kerk nog daar is om die komende verdrukking te trotseer. Dit is omdat julle vir 'n skamele bedrag gekoop is wat julle jul siele sal kos, as julle nie nou begin praat nie. BELY NOU, daar is nog tyd, 'n baie kort tydjie. Ag, as julle wat dink MY Seun se koms is nog ver in die toekoms, net kan sien hoe naby dit is, nader as wat julle volgende asemteug is. Hoeveel van julle geestelike leiers is hierdeur gewaarsku? Hoeveel sal die GOD wat deur die Profete van ouds gespreek het, herken as dieselfde GOD wat nou weer dieselfde doen?

Soek MY terwyl EK nog te vinde is. EK IS NIE 'N GOD WAT GESPOT KAN WORD NIE! Julle sal in die komende dae sien. EK sal deur hierdie Diensmaagd spreek en julle lepel vir lepel voer asof julle 'n klein kindjie is, aangesien baie van julle wat hier lees, nie nog nie eers vleis kan of wil sluk nie. EK sal julle stukkie vir stukkie gee om te verteer, nie groot stukke nie, want julle het so baie gemis en daaraan verstik, of dit gegorrel, want dit was nie aangenaam om te hoor nie. Ander wie smag na meer omdat hulle die vleis verorber het, beveel EK om terug te gaan en weer te lees wat EK gespreek het, selfs vir hierdie Diensmaagd het EK beveel om dieselfde te doen. EK vertel julle, ALMAL van julle het iets gemis en as julle MY RUACH ha KODESH soek, sal julle sien wat julle gemis het.

Ek laat hierdie woorde by julle : "Het julle alles in jul vermoë gedoen om hierdie Diensmaagd te help in die bediening wat EK op haar skouer geplaas het? Het julle die waarhede wat EK gespreek het soos 'n skinkbord met lekker peuselhappies vir ander gegee om te proe of het julle net self geëet en daarvan vergeet ? EK het oor en oor deur haar gespreek van dinge wat gaan kom. Nou sal julle sien wat EK gespreek het, gaan gebeur. Vir diegene met geestelike ore om te hoor en dié met geestelike oë om te sien julle sal weet wat gaan kom, wat om te doen, wat om te verwag, want die wat kies om doof en blind te bly sal aanhou spot, aanhou soek na skuilplek, en daar sal niks gevind word nie."

EK het eenvoudig verklaar: "Wat het 'n gelowige en 'n ongelowige in gemeen? Die dinge van die wêreld raak bedorwe as dit nie gebalanseer word met Heiligheid nie. EK sê weer, soek MY terwyl julle MY nog kan hoor. Soek MY in My Woord. Leer wie 'EK IS' is. Soek MY RUACH ha KODESH en weet wie YAHUSHUA is. HY kom vir SY Bruid. Is julle die Bruid of 'n Gas van die Bruid? Is jy een van die wie genooi was en nogtans die uitnodiging geweier en weggegooi het? Daar is meer as een koms van MY Seun, maar daar is net EEN BRUILOFSONTHAAL. Een BRUID, WIE IS JULLE? Onthou,'EK IS' weet alreeds wie vir YAHUSHUA aangeneem het as Heer en MESSIAS. 'EK IS' weet reeds, want dit was al voor die wêreld gevorm was, opgeskryf in die Boek van die Lam. Ek weet watter keuse julle sal maak voor julle dit gemaak het. EK is Alwetend wat alles weet en alles sien.

Die duisternis wat besig is om oor verskeie dele van die aarde toe te sak, sal demone in alle rigtings loslaat. Die verduistering wat in die lug aan die kom is, is ook 'n teken dat die bose teen die goeie oorlog voer. YAHUSHUA en MY engele is besig om te veg en EK het daardie teken in die lug geplaas. Daar is 'n voorgevoel in die geestelike realm wat selfs dié wat MY nie as ALMAGTIGE GOD erken nie en voor ander gode neerbuig, erken as 'n verduistering ongekend. Satan sal die idee om te roof, te steel en te vernietig in 'n groter omvang in die mense se verstand plant. Satan sal die gees van oorlog in 'n groter graad op MY Kinders loslaat.

Julle is gewaarsku. Moenie sê dat 'EK IS' het julle nie gewaarsku nie. Wees nie bevrees nie, roep MY net aan en EK sal julle met MY ALMAGTIGE hand verlos. Maar EK sal slegs diegene beskerm wat met MY Seun se gestorte Bloed bedek is. Daar is slegs een vergifnis van sonde, een Bloed wat Heilig en suiwer is wat die stank van sonde kan weg was. Niemand is volmaak nie; almal moet bedek word met die Heilige Reddende Bloed van YAHUSHUA, die enigste weg na MY troon van genade. Die komende maande sal erger word in die oë van die wêreld, maar MY Babas wat in die palm van MY hand lê sal EK beskut en beskerm met MY ander hand.

Moenie julle beywer of bekommer nie, moenie angstig wees nie, steun nie op julle eie begrip nie, maar ken MY in al jul weë, bid tot MY, wees lief vir MY, gehoorsaam MY en EK sal nie MY getroues wat dit doen, teleurstel nie. Skuil onder die beskerming van MY vleuels totdat hierdie boosheid verbygaan. Smeer die Bloed van YAHUSHUA oor julle verstand, liggaam, gees en siel. Smeer dit aan julle deurposte en vensters sodat die demone nie kan inkom nie. Spreek dit in geloof en hou stewig vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed, Sy kleed van geregtigheid en moenie laat los nie. Die duisternis van 'n man se siel sal in die verduistering verteenwoordig word, die duisternis van die sondes wat die land bedek, die duisternis waar MY lig nie welkom is nie.

Ag, EK wil treur vir wat EK moet doen, tog is dit vooraf bepaal, vooraf gespreek, julle is vooruit gewaarsku as julle MY Woord bestudeer. Soos in die tyd van Lot, so gaan EK die nasie vernietig wat homself oppof met arrogansie, sonde, ongehoorsaamheid, moord, diefstal, verdorwenheid, hoogmoed, trots, dronkenskap en seksuele perversiteit. Baie wette wat nou in Amerika uitgereik word is opgestel om die antichris te eer, nie YAHUSHUA (Jesus Christus)nie. Julle weet dit nie, maar Amerika is soos gasserige vlamme in MY neusgate. So ook julle politieke leiers. Die politieke leiers wie probeer doen wat reg is, word stilgemaak of geìntimideer en doen aan die einde wat verkeerd, dit is NIE 'n leier nie. Die Hemele druk sy neus toe vir die stank van julle sonde wat satan daagliks voor MY gesig rondswaai. Julle voorvaders kyk en weet wat EK aan hierdie land gaan doen, wat soos 'n bedorwe kind sy broek besmeer en EK moet dit omruil en daarom EK sal die gemors in julle gesigte smeer want julle het MY kwaad gemaak.

Julle het geen skaamte nie. EK praat met die politieke leiers wat die wette goedkeur wat veronderstel is om MY Mense te lei en in plaas daarvan die mense leer om hul onderklere te besmeer en nie skaam te wees daaroor nie. EK het julle deur MY wette geleer, MY Torah is opgestel om julle nasies te lei en watter nasie op die hele aarde sal daardie wette gebruik om die mense te regeer? In die hele wêreld, selfs die nasie wie MY NAAM verhef, en veklaar dat hulle MYNE is, Israel GEHOORSAAM MY NIE! EK moet hulle aandag kry op 'n manier wat EK vooraf deur hul eie Profete gespreek het. EK SAL ALLES DOEN WAT EK BELOWE HET OM TE DOEN! ELLENDE, ELLENDE, ELLENDE VIR DIE NASIES OP WIE EK MY WOEDE LOSLAAT!

Terwille van die uitverkorenes sal EK die tyd van ELLENDE verkort, maar EK sal nogtans doen wat gedoen moet word. Soos die geveg vermeerder in die Hemele, so sal die geveg tussen goed en kwaad op die aarde vermeerder. EK is besig om MY Skape van die bokke te skei, donkerte van lig. Dit sal nie aangenaam wees vir my Babas, Bruid, en Uitverkorenes nie want vir sommige van die bokke het julle liefgehad en verlang om mee saam te wees en saam te bly en selfs mee getrou. EK beveel julle nie om te skei nie, maar EK vra julle om hierdie verhoudings op die offeraltaar te plaas, vertel MY julle begeer dat EK hulle moet red, ongeag hoe laag EK hulle sal moet vat, wat EK moet doen. Word ernstig hieroor. Vertel MY julle verlang MY WIL in hierdie verhoudings en vra MY om dìt wat EK nie in julle lewens wil hê nie, te verwyder.

Tot MY skande het julle verskonings gemaak vir louwarm liefde teenoor MY. Julle het verskonings gemaak vir gebrek aan begeerte om MY te gehoorsaam of om Heilig te leef of om van MY te leer of MY te dien. EK aanvaar GEEN verskonings nie. EK het julle oor en oor in MY Woord gesê dat julle nie gemeenskap met duisternis moet hê nie. Julle moet 'n voorbeeld vir MY Heiligheid wees en tog trek so baie van julle nou jul skouers op en gee nie meer om vir die boosheid in die land nie. Hulle vertel vir MY om diegene te red wat die siel van 'n bok het en in duisternis lewe, wat nie daarna verlang om 'n skaap te wees nie en tog bestraf hulle nie hul vriende, familie, eggenotes, of kinders nie uit vrees dat hulle hul sal beledig. MY Kinders hou aan om die reaksie van hul geliefdes te vrees, eerder as vir MY. MY Kinders julle moet verstaan, òf julle beledig hulle nou òf julle sal vir ewig 'n belediging vir hulle wees, wanneer hulle in die hel brand.

Waag dit om 'n belediging in die NAAM van YAHUSHUA te wees. Sommige sal beledig wees; ander sal verlig wees in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle word nou verantwoordelik gehou vir wat julle weet. Wat gaan julle met hierdie kennis doen?

* * * * * * * *

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie dag van 8/10/99 toevertrou aan hierdie Diensmaagd Eerw. Sherrie Elijah wie dit waag om aanstoot te gee in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Biddend dat julle nie verniet beledig sal wees nie maar dat julle verlig sal wees terwille van ons siele. Ek vertrou dat hierdie woord in geheel gespreek is soos wat dit aan my gespreek is onder die salwing van die RUACH ha KODESH. Ek bid nederig dat ek elke woord gehoor het soos wat GOD wou hê dit gespreek moes word.

N.S. Help my ASSEBLIEF om hierdie Profesie deur te gee aan ander wie dit soos 'n kettingreaksie aan ander sal stuur. Stuur dit asseblief na ander Internet webwerwe wie my kan help om te doen waarvoor ek geroep is. Spreek voort die Profesieë van die HERE YAHUSHUA want die tyd is kort, so geweldig kort. Kyk op, ons verlossing is naby. Beweeg in GELOOF en nie deur sig of vrees nie. Sommige is die oorsake van die regverdiges maar my Heer sal my verlos van hulle almal. Staan op SY Heilige Woord; moenie julle Salige Hoop opgee nie!