Profesie 37


Seën en Bid Vir Die Vrede Van Jerusalem!

Geskryf/gespeek onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)
deur Apostel Sherrie Elijah
Oktober 19, 1999

*******

Jesaja 52:4-5 "Want so sê die Here HERE: In vroeër dae het MY volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk. v. 5 : Maar nou, wat vind EK hier? spreek die Here; want MY volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die Here, en MY Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster".

EK sal Seën wie Jerusalem seën, EK sal vervloek wie Jerusalem vervloek. O Jerusalem, O Jerusalem, MY Geliefde Dogter Jerusalem, jou klein benyde, mishandelde nasie genaamd Israel. Ek stuur MY Diensmaagd om 'n boodskap van hoop vir julle te bring. Julle ken die wette, maar nou gebruik EK haar om MY Belofte aan julle te bring. EK YAHUVEH het julle geseën en gespaar terwille van YAHUSHUA, My Geliefde Seun. EK alleen kies die Redder van alle mense om gebore te word, te bedien met tekens, wonders en wonderwerke en gee julle MY liefde. Vir julle het HY gesterf, is HY opgewek in Heerlikheid, het HY die teenstander van julle siele verslaan. Neem nou terug wat satan gesteel het.

YAHUSHUA sit nou aan MY regterhand as julle enigste intersessor. YAHUSHUA, MY Geliefde Seun se Heilige Bloed was in die grond van Jerusalem gestort sodat hierdie wêreld gered kon word. Slegs deur aanvaarding van hierdie Heilige Bloedbedekking as 'n Bloedoffer sal julle gered word. Daar is geen ander weg na MY teenwoordigheid nie. Weg met julle feeste, offers, vas, gebruiklike gebede en spesiale dae afgesonder om "EK IS" te verheerlik. As julle NIE MY Geliefde Seun, YAHUSHUA aanvaar nie, dan sal alles wat julle sê of doen, tevergeefs wees. Ek het MY geskenk,YAHUSHUA nie net vir hierdie wêreld gegee nie, maar EK het HOM eerstens vir julle gegee. O geliefde nasie wie EK Israel noem. SY Heilige Bloed was nie net vir hierdie wêreld gestort nie maar dit was eerstens gestort vir Israel. SY Bloed wat gestort was roep nou uit die grond en sê : "EK het dit vir jou gedoen, sal jy MY verewig verwerp, sal jy verewig MY NAAM vervloek, wanneer sal jy sien EK is jou enigste offer wat die woede van MY VADER sal laat bedaar, wanneer sal jy sien EK het jou toegelaat om dit aan MY te doen en dat jy nie te blameer is nie?"

O, daardie dag wat aan die kom is, wanneer julle MY jul geliefde sal noem en MY HEILIGE NAAM sal vereer! EK waarsku julle dit; lammers of diereoffers sal nie meer langer MY VADER se woede of MYNE laat bedaar nie, al wat gaan tel is om MY, YAHUVEH se Geliefde Seun, te aanvaar. EK het MY lewe gewillig neergelê op Jerusalem se grond sodat jy gered kon word. Slegs deur te erken dat EK, YAHUSHUA aan die regterhand van YAHUVEH sit as KONING VAN KONINGS en HERE VAN HERE, sal jy gered word. Slegs deur MY NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH aan te roep gedurende die komende verdrukking, sal jy gered word. Slegs deur MY lief te hê, te gehoorsaam en te soek kan jy MY Bruid genoem word wanneer EK jou gaan opraap om aan MY sy te wees. EK is die enigste verlosser van hierdie wêreld, die enigste redder, daar is geen ander. So, EK spreek nie net tot Jerusalem nie, maar tot hierdie wêreld, wees gereed vir dìt wat aan die kom is. Julle sal nie oorleef as julle nie die NAAM van YAHUSHUA aanroep nie. Om slegs MY VADER YAHUVEH lief te hê is nie genoeg nie. HY het MY nie net vir MY Joodse volk geoffer nie, maar vir mense van elke afstammeling en taal het HY SY Enigste Seun gegee vir hierdie nasie sodat julle 'n bedekking vir julle sonde kan hê, almal het gesondig en almal het gebrek aan YAHUVEH se Heerlikheid.

Alleenlik EK en MY VADER is Heilig en volmaak. Sedert die val van Adam en Eva is geen menslike wese geskape sonder 'n behoefte na 'n Verlosser en MY Bloedoffer nie. Jerusalem is so geseënd, want dit was in hierdie grond van Jerusalem dat die enigste rein Heilige, genesende, opwekkende, verlossende, Bloed van YAHUSHUA uitgestort was. Hoekom dink julle haat satan hierdie land so? Hoekom dink julle veg hierdie land vir oorlewing sedert dit gebore is? Hoekom dink julle is dit so deur oorlog geteister en wil elke nasie in die wêreld dit beheer? Hoekom dink julle het MY VADER dit geseën op maniere wat HY geen ander nasie geseën het nie? MY Bloed was gestort en sal nou geheime skatte voortbring ongekend aan hierdie wêreld. Die bose mense sal hap en op hul tande kners terwyl hulle probeer om die rykdom te beheer. Hulle sal onder mekaar stry oor wie vir Israel op haar knieë sal bring en hulle sal oorlog voer om die rykdomme en buit te gryp. Maar MY VADER spreek vooruit en sê aan die vyande : Julle sal nie voortgaan om 'n nasie en 'n mensdom wat EK geroep het, en vooraf as MYNE ingeseën het, te verdeel en oorwin nie!

Julle sal NIE daarin slaag om te steel van mense wie EK vooraf ingeseën het as MYNE nie. Hulle betaal 'n prys deur net die naam van Jood te dra en EK sal hierdie nasie, genaamd Israel beskerm op maniere wat niemand gedink het moontlik is nie. EK sal enigeen beskerm wat 'n liefde vir Jerusalem het. Alhoewel hulle MY Seun YAHUSHUA ontken, gaan daar 'n tyd kom waar daar weer na die naam van YAHUSHUA verwys sal word. Dit is hoekom die bose nou probeer om wette te maak wat selfs die noem van die NAAM, strafbaar sal maak met tronkstraf, marteling en dood. Satan beheer die tans die regering van hierdie nasie en die nasies van die wêreld. Julle moet julle slegs aan die regerings onderwerp tot die mate waarin hulle hulself onderwerp aan YAHUVEH en YAHUSHUA. Want die heerskappy is op die skouers van YAHUSHUA, HY alleen het die prys betaal. MY mense moet die GOD wat hul dien, gehoorsaam, nie die mens nie. Bid dat die korrupte regerings verslaan sal word en die Heiliges sal opstaan en terugneem wat gesteel is.

Die land Israel is verdeel net soos MY klere, daar is gedobbel en dis verkoop aan die hoogste bieër. Maar EK YAHUSHUA sal aan Israel teruggee wat gesteel is en haar vyande sal vlug in sewe verskillende rigtings. O Ellende vir julle wat julle hand lig teen die appel van MY oog, al word die NAAM van YAHUSHUA tans in hierdie nasie verag. EK sal hulle terugdraai na hul eerste liefde, en dan sal hulle deur hul swaarkry besef dat hulle en YAHUSHUA MY Geliedes is en MY Geliefdes is MYNE. Israel sal gebrek hê aan water omdat hulle dors na die Lewende Water waarna ek vreemdes sal stuur om van daardie Lewende Water te bring en almal wat daarvan drink se dors sal geles word, nie net in die geestelike nie maar ook in die fisiese. Almal wat MY Seun YAHUSHUA weier, se tonge sal uithang soos 'n dorstige man in die woestyn. Soos wat YAHUSHUA dors was, so sal diegene dors wie SY Geskenk op Golgota verwerp. Hoeveel sal gaan soos die vrou by die put? Hoeveel sal gewillig wees om aan die nasie Israel, MY Lewende Water te offer? Want hulle het dors en weet nie waarvoor hulle dors nie? Hulle word genoem 'n Heilige Land, tog is slegs 'n klein oorblyfsel Heilig voor MY.

EK sal nou hierdie Diensmaagd deur wie ek profeteer, met die beker met MY Lewende Water stuur. Sy sal so geseënd wees saam met ander wat voor haar uitgaan, soos wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, wanneer sy die hongeriges sal voed en die Lewende Water gee aan dié wat dors na geregtigheid. Sal jy die een wees wat haar help? Sal jy die een wees wat haar verhinder? Elkeen wat hier lees moet onthou dat as dit nie vir daardie klein nasietjie genaamd Israel was nie, waar sou jul Verlosser gebore geword het, bedien het, gesterf en opgestaan het? Dit was om julle onthalwe alleen dat Israel hierdie prys betaal. Want Satan haat Jerusalem en Israel met 'n ongekende haat. Hy bring sy antichris om te heers en te regeer in Jerusalem.

Pasop, want almal wie nie die enigste ware lewende GOD aanneem nie, sal val onder die krag van die bose regering wat gaan kom. Wie MY Seun YAHUSHUA soek, sal verborge voedsel en verborge water geniet wanneer hulle in nood verkeer. MY Kinders sal verborge skatte, verborge manna uit die Hemel vind wanneer hulle in nood verkeer. Moenie na hierdie korrupte wêreld kyk vir hulp nie, maar kyk na die GOD van Abraham, Isak en Jakob en onthou hoe EK altyd 'n Moses het wat voor MY Mense uittrek om hulle uit slawerny uit te lei, soos dit eens was so sal EK dit weer doen. Wonderwerke ongeteld, julle wie aan YAHUVEH en YAHUSHUA behoort, sal dit aanskou.

Moenie MY beperk nie. Moenie in MY twyfel nie. Glo slegs in MY Seun se Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH en roep uit na MY en wonderwerke en seëninge sal EK nie terughou van julle nie. As julle net in geloof vertrou. EK het 'n openbaring vir die sogenaamde 'Heidene'. As jy 'n gelowige is, lief is vir YAHUSHUA en HOM as Heer en Verlosser aangeneem het, is julle ingeënt en JULLE IS NET SO JOODS SOOS MY SEUN YAHUSHUA IS! Daar is geen Jood of Heiden meer nie. Nie meer langer sal die feeste Joodse Feeste en Heilige Dae genoem word nie. Dìt en die Sabbat is vir julle ook. EK het 'n openbaring vir die volbloed Jode, HOOR MY! Julle verwerp YAHUSHUA omdat julle dink HY is vir die Heidene, maar YAHUSHUA was gebore uit 'n Joodse Maagd en YAHUSHUA is 'n JOOD. O Israel, MY NAAM is 'EK IS'. EK het julle geseën. Moenie HOM langer vervloek nie want 'EK IS' is nie slegs die helfte van HOM nie, ONS is EEN! Diegene wie MY Geliefde Seun YAHUSHUA vervloek, verwerp en ontken, vervloek, verwerp en ontken die groot GOD 'EK IS'. Hiervoor is daar geen vergifnis van sonde nie, julle het jul eie put in die hel grawe en julle sal daarin woon.

Diegene wie MY RUACH ha KODESH verwerp, verwerp beide VADER en SEUN want daar is geen manier waarop iemand gered kan word as MY RUACH ha KODESH julle nie trek in die liefdevolle bevestigende wete dat YAHUSHUA alleen red nie en daar is geen ander weg na die Hemel nie, geen Heiliger NAAM nie. EK kom vir MY Bruid om opgeraap te word aan MY sy. Maar julle moet verlang na MY, nie uit vrees nie maar uit 'n diep LIEFDE. Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Vrees eer MY nie, julle geloof dat EK, YAHUSHUA hulle wie MYNE is, sal versorg, dìt is wat MY eer. Omdat MY Bruid in vrees lewe en nie uit geloof en liefde uitroep nie, kon EK nog nie kom nie. Ek kom vir MY Bruid met 'n rein hart, lojaliteit en motiewe, nie selfsugtige trots of gebrek aan geloof dat EK sal voorsien nie. Dit is ten dele hoekom MY Bruid nog nie aan MY sy is nie.

Soek MY, leer van MY, begeer MY, gehoorsaam MY, meer en meer elke dag. Kom onder die beskerming van MY VADER se vleuels soos 'n babakuiken en julle sal MY sien. Besef dat niks kan gebeur wat MY VADER nie besluit het nie. HY sal 'n uitkoms voorsien op daardie bose dag wanneer dit sal lyk asof alles verlore is. Kyk op, julle verlossing is naby. Kyk op en sien MY aankom in die oosterlig. Luister met julle ore en ken geen vrees nie, julle sal die sofarhoring van die verlostes hoor, met jul oë sal julle MY Heerlikheid aanskou slegs as julle kan glo.

* * * * * * * * * *

Gespreek/geskryf deur hierdie Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA onder die salwing van RUACH ha KODESH 7:00 vm op 10/19/99 Apostel Sherrie Elijah