Profesie 38

ROOI PLAAG DROOM

YAHUVEH praat en waarsku onder andere deur
visioene, drome en openbaringe.
Gegee aan Apostel Sherrie Elijah

*******

Ek sien in die lug 'n donker rooi mistigheid aankom terwyl ek opkyk en soos dit nader kom en die wind dit waai val dit op die mense. Hulle velle was bedek met ROOI stowwerige mis (diep rooi) en die mense word BAIE siek en daar was 'n polisieman wat my bewaak het en hy het hierdie rooi mistige stof op hom en hy spring buite in 'n sement swembad, terwyl ek daar staan. Ek het geweet die poel sou besmet wees, maar hy wou die rooi stowwerige mis van hom afkry. Hierdie polisieman was iemand vir wie ek baie omgegee het. Ek het getreur want dit was nie genoeg nie. Die oomblik wat hierdie ROOI MIS die vel geraak het, het dit die vel bedek en groot siektes het ontstaan en die vel het begin versmoor.

Ek het my geliefde polisieman wie my wag was, dopgehou, hulpeloos om hom te help. Toe sien ek dit in die lug kom. Vir een of ander rede het ek dit nie gevrees nie maar ek kon sien dat dit van ver af kom. Dit het begin soos 'n donker vog, net ver af in die lug en toe, soos dit nader kom, het dit rooikleurig geword. Mense het probeer weghardloop van dit maar kon nie. Mense het dit probeer afwas, maar toe dit eers die vel raak, was dit te laat.

Dit is hoekom satan probeer om my stem stil te maak op enige manier wat hy kan. Laat die spotters spot. Ek is verantwoordelik vir wat ek sê en wat ek nie sê nie. Eseg 3:17-21.

*******

Hier is wat 'n ander Profeet, Gary gesê het toe ek hom geskakel en gevra het vir uitlegging van die droom. Ek weet hoekom ek beskerm was en hoekom die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH ook sal wees.

Elisabeth,

Toe ek my oë toemaak het ek die vinger van God gesien wat 'n huis binne-in 'n borrel vashou asof om dit te beskerm teen die buitewêreld en veilig binne-in die borrel.

My gedagtes dwaal toe na die Paasfees (Pasga) waar die Bloedverbond die mense beskerm het as hulle in hul huise gebly het nadat hulle hulself geheilig het en die bloed van die lam aan die deurposte gesmeer het. As dit hier die geval is, dan het ons inderdaad nodig om die menigtes te waarsku.

Gary, ons sal wag vir die getuie WANNEER om die sofar se waarskuwingsalarm te blaas.

"Julle Pasga Woon Waar Julle Geloof Is"

JUNIE 8, 2000

NUWE BOODSKAP VAN
Eerw Sherrie Elijah


Vandag terwyl ek vir YAHUSHUA vra dat SY lieflike RUACH ha KODESH die Bybel moet oopmaak en die vraag sal antwoord of HY werklik binnekort terugkom, miskien so gou soos hierdie jaar, val dit oop op Openbaring 3:7-21.

Die werk wat ons moet doen moet spoedig afgehandel word vir die Glorie van YAHUSHUA ha MASHIACH. Wanneer ons hierdie wêreld verlaat, sal niks anders wat ons doen, méér saak maak, as dìt wat ons met YAHUSHUA doen en wat ons gedoen het vìr YAHUSHUA nie en hoeveel siele ons na YAHUSHUA toe gelei het. Wat het jy onlangs vir YAHUSHUA gedoen?

Openbaring 3:10 : Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Ou vertaling)

Bid dat julle nie hier sal wees om die ROOI PLAAG DROOM 'n werklikheid te sien word nie.